{"id":97914,"date":"2025-12-12T09:36:05","date_gmt":"2025-12-12T07:36:05","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97914"},"modified":"2025-12-12T09:36:17","modified_gmt":"2025-12-12T07:36:17","slug":"wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/","title":{"rendered":"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet"},"content":{"rendered":"<p><em>Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet deur Anys Rossouw<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jou liefde, vernietig dit jou?<\/h4>\n<p>Mede-afhanklikheid is die algemeenste vorm van verslawing. Dis die siekte van \u2019n verlore self. \u2019n Self wat die verantwoordelikheid vir jou lewe en geluk koppel aan iets of iemand buite jouself. Dis wanneer jy so fokus op dinge en mense buite jouself dat jy voeling met jou innerlike verloor: jou gedagtes, gelowe, gevoelens, ervarings, intu\u00efsie en selfs jou fisieke toestand.<\/p>\n<p>Mede-afhanklikheid se wortels l\u00ea dikwels diep versteek in wonde uit jou kinderdae. Die Amerikaanse psigoterapeut, prof. Charles Whitfield s\u00ea dit begin as \u2019n kind se gesonde behoeftes nie deur sy gesin en leefw\u00eareld bevredig word nie; wanneer die kind nie kry wat hy fisiek, emosioneel en spiritueel nodig het om in \u2019n aan-gepaste volwassene te ontwikkel nie.<\/p>\n<p>So \u2019n kind maak sy ouers se ontoereikendheid sy eie en dink sy ouers is reg en die fout l\u00ea by hom. Hy leer om sy behoeftes te misken. Dit veroorsaak oor jare emosionele onderdrukking, afsluiting en doodsheid wat soms in sielkundige toestande soos mede-afhanklikheid, aggressie, depressie, stres, verslawing, eetversteurings, angstoestande en fisieke siektetoestande na vore kom.<\/p>\n<p>\u2019n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie. Maar die seer, die vretende leegheid en die behoefte om beter oor homself te voel en deur ander aanvaar te word, bly. Di\u00e9 leegheid probeer hy vul met dinge van buite, en di\u00e9 futiele pogings lei dikwels tot een of ander vorm van afhanklikheid en verslawing.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-dinge-waaroor-elke-paartjie-moet-praat-vir-n-gelukkiger-verhouding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die 10 dinge waaroor elke gelukkige paartjie praat<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Melanie se storie<\/h4>\n<p>Die psigoterapeut, dr. Susan Forward vertel die verhaal van Melanie, een van haar kli\u00ebnte, wat haar oor depressie kom spreek het. Melanie het ges\u00ea dat sy permanent hopeloos voel. \u201cDit voel of my lewe buite beheer is. Ek voel leeg, of ek nog nooit na aan enigiemand in my lewe was nie. Ek was twee keer getroud en het met verskillende mans verhoudings gehad. Maar dis of ek altyd die verkeerde een kies. En dink ek sal hom regkry en help. Maar dit werk nooit uit nie. My eerste man het my verneuk. Die tweede een was \u2019n dronklap. En ek was goed vir hulle.\u201d<\/p>\n<p>D\u00eds die klassieke gedrag van iemand wat mede-afhanklik is.<\/p>\n<p>Die term mede-afhanklikheid is eers net gebruik vir die lewensmaat van \u2019n alkoholis of dwelmafhanklike wat die verslaafde se gedrag of probleem onwetend eintlik in stand hou, of dit vir hom moontlik maak om met die gedrag voort te gaan. Maar deesdae word die term wyer gebruik. Dit sluit alle mense in wat van hulself slagoffers maak in die proses om iemand te help, en verantwoordelikheid aanvaar vir iemand wat dinge of mense misbruik, kompulsief, verslawend, of ongesond afhanklik is.<\/p>\n<p>Melanie is aangetrek deur mans met probleme. Sy het geglo as sy goed genoeg is, hulle liefhet en hul probleme vergeef, sal sy hulle help om hul probleme te besef en sal hulle vir haar lief wees.<\/p>\n<p>Maar hulle was nie. Wat sy gekry het, was leegheid en \u2019n gevoel van \u201cek word misbruik\u201d.<\/p>\n<p>Sy het haar probleme aan die mans toegeskryf. Sy kon nie insien dat sy elke keer die verkeerde keuses maak nie. Dat liefde jou nie moet verwond nie, of pynlik behoort te wees nie, het sy nie besef nie. Sy het nie besef dat haar \u201cliefde\u201d haar eintlik vernietig nie. Sy het vir almal gegee, behalwe vir haarself. Sy het ook nie besef dat sy die mans in haar lewe toegelaat het om met hul gedrag voort te gaan nie. Sy het dit onwetend in stand gehou deur hulle nie die verantwoordelikheid en gevolge van hul optrede te laat dra nie. Sy het agter hulle opgevee.<\/p>\n<p>Toe sy oor haar kinderjare begin praat, het die stukkies van die legkaart gepas. Haar patroon om sukkelende mans te help, was \u2019n herhaling van haar verhouding met haar pa. As iets verkeerd geloop het, het hy in duie gestort. Haar ma het haar onttrek en sy moes bemiddel en probeer om hom beter te laat voel &#8211; waarin sy selde kon slaag.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leer-hoe-om-selfgeldend-te-wees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Leer hoe om selfgeldend te wees<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Mede-afhanklikheid, soos ander afhanklikheid, het twee belangrike kenmerke:<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ontkenning<\/strong>. \u201cEk drink soms \u2019n paar biere, maar ek is nie \u2019n alkoholis nie.\u201d<\/p>\n<p>Die ander kenmerk is dat<strong> elke geval sy eie individuele voorkoms het.<\/strong> Whitfield beskryf die talle gesigte van mede-afhanklikheid:<\/p>\n<ul>\n<li><strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-lewe\/\">Die redders<\/a> <\/strong>is altyd besig om iemand anders te help en te red ten koste van hulself en hul eie behoeftes. Hulle verloor hul identiteit in ander.<\/li>\n<li><strong>Die mens wat ander tevrede wil stel,<\/strong> sukkel met gesonde grense: Om nee te s\u00ea en hul eie wil en behoeftes te kommunikeer.<\/li>\n<li><strong>Oorpresteerders<\/strong> probeer hul leegheid met prestasies vul en probeer so aanvaarding kry.<\/li>\n<li><strong>Die verloorders<\/strong> het \u2019n swak selfbeeld, voel skaam en sonder selfvertroue.<\/li>\n<li><strong>Perfeksioniste<\/strong> word gedryf deur \u2019n vrees vir mislukking.<\/li>\n<li><strong>Die slagoffer.<\/strong> \u201cNiemand verstaan my nie.\u201d \u201cWas dinge maar net anders.\u201d Hulle aanvaar selde verantwoordelikheid vir hul probleme en sukkel om dinge deur te voer.<\/li>\n<li><strong>Die martelaars<\/strong> sug gedurig, weier hulp, want hulle het al \u00e1lles probeer en dit werk nie. Hulle kla oor verantwoordelikheid, vermom hulle dikwels as helpers, is dikwels baie religieus en moet dan maar al klaend hul lot aanvaar.<\/li>\n<li><strong>Die verslaafdes<\/strong> se verslawing kan baie vorme aanneem: Alkoholiste, werkholiste of die slawe van dwelms, kos, dobbel, kompulsiewe koop, mense of dinge.<\/li>\n<li><strong>Die indrukwekkende macho-manne<\/strong> het die groot ego\u2019s en opgeblaasde selfvertroue, of jy kry die <strong>vreeslike breekbare, fyn, vroulike vroue.<\/strong><\/li>\n<li><strong>Die narcis<\/strong> of selfsugtige het eintlik \u2019n swak selfbeeld en probeer sy leegheid vul deur net op homself te fokus en die middelpunt van die aandag te wees. Hulle misbruik en mishandel ander meestal subtiel.<\/li>\n<li><strong>Die boelies<\/strong> haal hul onsekerheid op ander uit en probeer hulle emosioneel en fisiek beheer om sterker en in beheer te voel.<\/li>\n<li><strong>Die verlore kinders<\/strong> is dikwels die latere kind in \u2019n wanfunksionele gesin. Hulle voel oorweldig omdat daar nie aan hul behoeftes voldoen word nie en hulle nie aandag kry nie. Dan gee hulle moed op, onttrek of raak siek. Die oudste kind is gewoonlik die presteerder, die tweede een die boelie of sondaar en die derde kind word dikwels die verlore een, \u2019n slagoffer of martelaar.<\/li>\n<li><strong>Die grapjas of klein prinses<\/strong> is dikwels die familie se gelukbringer of troetelkind. Hulle het geleer om die aandag te kry deur oulik te wees of almal te vermaak en snaaks te wees. Hulle reageer dan op elke situasie met humor, of dit van toepassing is of nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Robert Burney, skrywer van<em> Codependance: The Dance of Wounded Souls,<\/em> s\u00ea ons moet ophou om ons mag weg te gee deur op te hou om volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef. Ons moet leer om met onderskeiding na dinge om ons te kyk, te luister &#8211; te kan onderskei tussen waarheid en ons eie verwronge persepsies van situasies. Ons moet die moed h\u00ea om die emosionele wonde wat ons houdings, gedagtes en lewe beheer, te erken, te voel en te heel. Ons moet die verskil tussen mede-afhanklikheid en interafhanklikheid verstaan.<\/p>\n<p>In mede-afhanklikheid gee jy jou mag weg, want jou selfbeeld, selfwaarde en wie jy is, hang van dinge en mense buite jou af: geld, mense, voorkoms, besittings, \u2019n verhouding &#8211; en dit is tydelik en maak dat jy vroe\u00ebr of later \u2019n slagoffer word. Interafhanklikheid is om bondgenote of deelgenote te maak &#8211; om met mense te deel en jou aan hulle te verbind. In die proses gee jy ook mag weg, maar jy het nog die beheer.<\/p>\n<p>Maar dis belangrik om te besef dat om heel te word \u2019n groeiproses is wat nie oornag of met \u2019n enkele wilsbesluit gebeur nie. Dikwels is dit \u2019n moeisame pad wat moeilik is om alleen aan te pak. Die hulp van \u2019n professionele persoon maak dit net makliker om oor \u2019n paar van die berge te kom.<\/p>\n<p>Elkeen van ons is geluk aan onsself verskuldig. Om vry te word om te wees wie ek wil wees of wie ek ten diepste is. Vry van my vrese &#8211; vry om lief te h\u00ea sonder vrese vir verwerping.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raad-vir-ongesonde-vriendskappe\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die beste raad vir ongesonde vriendskappe<\/a><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Die verskil tussen gesonde en toksiese liefde<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Melody Beattie, skrywer van boeke Co-Dependant no more, en Terence Gorski, kenner op die gebied van geestesgesondheid, gee die onderstaande onderskeid tussen liefde en toksiese liefde:<\/p>\n<p><strong>Gesonde liefde<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Liefde ontwikkel elkeen as eerste prioriteit.<\/li>\n<li>Daar is ruimte vir groei en ontwikkeling en dit wil die ander persoon ook laat groei en ontwikkel.<\/li>\n<li>Elkeen kan \u2019n eie lewe, aktiwiteite, belangstellings en ander sinvolle verhoudings h\u00ea.<\/li>\n<li>Voel veilig en waardevol en moedig jou maat aan om sy eie waarde uit te bou.<\/li>\n<li>Vertrou jou maat, gee en ondersteun.<\/li>\n<li>Los probleme saam op, onderhandel en gaan \u2019n kompromie aan.<\/li>\n<li>Vind vreugde in die ander een se uniekheid en individualiteit.<\/li>\n<li>Die verhouding hanteer alle aspekte van die werklikheid.<\/li>\n<li>Elkeen kan vir sy eie emosionele toestand sorg en is nie afhanklik van die ander een se bui nie.<\/li>\n<li>Kan \u2019n liefdevolle afstand handhaaf: gee om, maar kan laat gaan.<\/li>\n<li>Seks is elkeen se vrye keuse en \u2019n liefdevolle uitdrukking van omgee.<\/li>\n<li>Kan alleen wees en dit geniet.<\/li>\n<li>Gesonde liefde bring geluk, ondersteuning en \u2019n gevoel van \u2019n rustige tevredenheid.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/raak-ontslae-van-jou-emosionele-bagasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Raak ontslae van jou emosionele bagasie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Toksiese liefde<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Liefde het \u2019n obsessie met die verhouding.<\/li>\n<li>Sekuriteit l\u00ea daarin dat albei dieselfde is, en liefde word bewys deur algehele afhanklikheid van die ander een.<\/li>\n<li>Algehele betrokkenheid by jou maat en geen ruimte vir \u2019n eie lewe nie en beperkte sosiale interaksie met ander.<\/li>\n<li>Is angstig as jou maat verander en l\u00ea beslag op sy doen en late.<\/li>\n<li>Jaloesie, besitlikheid, oorbeskerming.<\/li>\n<li>Beheer met blamering, magspeletjies en manipulering om jou sin te kry.<\/li>\n<li>Probeer die ander een verander na die beeld wat jy wil h\u00ea.<\/li>\n<li>Verhouding fokus op onwerklikhede en vermy dele of onaangenaamhede.<\/li>\n<li>Die verwagting dat my maat my gemoedstoestand moet lig en beter maak.<\/li>\n<li>\u2019n Obsessie met die ander een se probleme en gevoelens.<\/li>\n<li>Eise en druk rondom seks vanwe\u00eb eie behoeftebevrediging of weens onsekerheid en vrese.<\/li>\n<li>Kan nie verwydering hanteer nie, wil klewerig altyd by die ander een wees.<\/li>\n<li>Toksiese liefde bring hartseer, pyn, ontevredenheid en leegheid, want dit tap jou.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-beter-met-jou-lewensmaat-te-kommunikeer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om beter met jou lewensmaat te kommunikeer<\/a><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Toets of jy mede-afhanklik is<\/h4>\n<ul>\n<li>Om sy probleme op te los of sy pyn minder te maak, is die belangrikste ding in my lewe.<\/li>\n<li>My positiewe gevoelens hang van sy goedkeuring af.<\/li>\n<li>My gedagtes en denke is op hom gefokus &#8211; om hom tevrede te stel.<\/li>\n<li>Sy probleme en swaarkry affekteer my emosies en vermo\u00eb om dinge te kan hanteer.<\/li>\n<li>Ek probeer hard om hom te kry om dinge te doen soos ek dit wil h\u00ea.<\/li>\n<li>Ek heg meer waarde aan sy mening en manier van doen as aan my eie.<\/li>\n<li>Ek is nie altyd bewus van hoe ek voel en wat ek wil h\u00ea nie.<\/li>\n<li>Ek doen alles om sy verwerping te vermy.<\/li>\n<li>Ek is \u2019n perfeksionis en blameer myself vir alles wat verkeerd loop.<\/li>\n<li>Ek voel dikwels kwaad, misbruik en dat niemand my waardeer nie.<\/li>\n<li>Ek gee voor alles is in die haak.<\/li>\n<li>My vrese vir sy verwerping bepaal meestal wat ek s\u00ea en doen.<\/li>\n<li>My eie aktiwiteite, stokperdjies en vriende word eenkant toe geskuif en ons fokus op syne.<\/li>\n<li>Ek offer soms van my waardes ter wille van die verhouding op.<\/li>\n<li>Ek gebruik omgee en sorg as \u2019n manier om ons verhouding te probeer beveilig en red.<\/li>\n<li>My pogings om sy liefde te wen, oorheers my lewe.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Is dit moontlik om jou huwelik te red?<\/a><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Hoe word ek weer heel?<\/h4>\n<ul>\n<li>Eerstens moet jy erken dat jy mede-afhanklik is. Ontkenning is gewoonlik \u2019n mens se hanteringsmeganisme van dit wat te bedreigend is om te hanteer.<\/li>\n<li>Probeer verstaan wat die oorsprong van jou mede-afhanklikheid is. Erken jou eie kindertydwonde.<\/li>\n<li>Identifiseer die patrone van mede-afhanklikheid in jou lewe. Definieer hoe dit jou lewe be\u00efnvloed.<\/li>\n<li>Neem verantwoordelikheid en eienaarskap vir jou eie heelwordproses:<\/li>\n<li>Hou op om ander mense of omstandighede vir jou lewe en gevoelens te blameer.<\/li>\n<li>Neem eienaarskap van jou gevoelens en leer om jou emosionele pyn te hanteer: Erken dit, voel dit, ervaar dit, werk daardeur, gebruik dit, en laat dit gaan \u2026<\/li>\n<li>Werk deur jou verlede en voltooi rouprosesse as dit nodig is.<\/li>\n<li>Kry \u2019n plan om ou patrone van verslawing en kompulsies op te los.<\/li>\n<li>Stel vir jou duidelike gesonde grense.<\/li>\n<li>Oefen en begin met nuwe gedrags- en denkpatrone:<\/li>\n<li>Om in kontak met jou eie emosies te wees; om seker te maak dat jou behoeftes en wense ook geld. Sorg dat jy kry wat jy wil h\u00ea sonder magspeletjies en manipulasie.<\/li>\n<li>Leer intimiteit wat jou nie afhanklik maak nie.<\/li>\n<li>Waag jouself in nuwe verhoudings.<\/li>\n<li>Bou jou ware identiteit, selfbeeld en selfgeloof. Sorg dat dit wat jy van jouself dink en s\u00ea opbouend en positief is. Raak betrokke by spirituele aktiwiteite.<\/li>\n<li>Doen dinge wat vir jou lekker en goed is.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-dieper-betekenis-van-seks\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die dieper betekenis van seks<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? As di\u00e9 liefde pynlik is, ly jy dalk aan mede-afhanklikheid en maak jy van jouself &#8216;n slagoffer. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":160457,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[135,23443,60333],"class_list":["post-97914","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-relationships","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help, maar dit werk nooit uit nie? Dis wat jy oor mede-afhanklike verhoudings moet weet\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help, maar dit werk nooit uit nie? Dis wat jy oor mede-afhanklike verhoudings moet weet\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-12-12T07:36:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-12-12T07:36:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1654\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"973\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"13 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet\",\"datePublished\":\"2025-12-12T07:36:05+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-12T07:36:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/\"},\"wordCount\":2191,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"relationships\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/\",\"name\":\"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg\",\"datePublished\":\"2025-12-12T07:36:05+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-12T07:36:17+00:00\",\"description\":\"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help, maar dit werk nooit uit nie? Dis wat jy oor mede-afhanklike verhoudings moet weet\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg\",\"width\":1654,\"height\":973},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet | rooi rose","description":"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help, maar dit werk nooit uit nie? Dis wat jy oor mede-afhanklike verhoudings moet weet","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet | rooi rose","og_description":"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help, maar dit werk nooit uit nie? Dis wat jy oor mede-afhanklike verhoudings moet weet","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-12-12T07:36:05+00:00","article_modified_time":"2025-12-12T07:36:17+00:00","og_image":[{"width":1654,"height":973,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"13 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet","datePublished":"2025-12-12T07:36:05+00:00","dateModified":"2025-12-12T07:36:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/"},"wordCount":2191,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg","keywords":["Verhoudings","relationships","jou lewe"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/","name":"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg","datePublished":"2025-12-12T07:36:05+00:00","dateModified":"2025-12-12T07:36:17+00:00","description":"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help, maar dit werk nooit uit nie? Dis wat jy oor mede-afhanklike verhoudings moet weet","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/eric-ward-7KQe_8Meex8-unsplash-e1765524739129.jpg","width":1654,"height":973},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-nou-oor-mede-afhanklike-verhoudings-moet-weet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat jy nou oor mede-afhanklike verhoudings moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97914","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97914"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97914\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":160458,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97914\/revisions\/160458"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/160457"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97914"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97914"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97914"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}