{"id":97913,"date":"2024-01-23T16:09:20","date_gmt":"2024-01-23T14:09:20","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97913"},"modified":"2024-01-23T16:13:11","modified_gmt":"2024-01-23T14:13:11","slug":"enkelmas-pas-jouself-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/","title":{"rendered":"Enkelma&#8217;s: Pas jouself op"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Corn\u00e9 Coetzee<\/em><\/p>\n<p>Die stres en gebrek aan ondersteuning wat enkelma\u2019s se daaglikse bestaan kenmerk, is oorweldigend. Baie sukkel met basiese lewensbehoeftes. Hulle is oormoeg, vol kwellings, maar ontdek ook dat dit \u2019n sterk vrou is wat di\u00e9 laste dra<\/p>\n<p>Kind grootmaak was nog altyd vrouewerk. Dit was mos maar van altyd af die mans wat knuppel, roer, graaf of aktetas in die hand \u00earens heen op pad is, en vroue wat by die huis, grot, pondok, paleis bly en kinders versorg.<\/p>\n<p>Maar \u2019n ma wat heeltemal alleen staan, se las word verdriedubbel. Eerstens beteken enkel-ouerskap gewoonlik dat daar hartseer, verydelde drome, vertrapte verwagtings, woede of bitterheid is.<\/p>\n<p>Tweedens is sy alleen verantwoordelik vir die daaglikse take rondom die huishouding en die versorging van die kinders wat gewoonlik by haar werk ingepas moet word. En derdens is daar hande vol kwellings wat sy alleen moet dra.<\/p>\n<p>Enkelma\u2019s het \u2019n veertig persent groter kans om aan depressie te ly as ander vroue, volgens navorsing wat in Amerika gedoen is. Dit word toegeskryf aan meer stresfaktore en minder ondersteuning.<\/p>\n<p>In die meeste gevalle is geskeide vroue met kinders n\u00e1 die egskeiding finansieel slegter daaraan toe as voorheen. Baie sukkel met basiese lewensbehoeftes.<\/p>\n<p>Daar is dikwels druk van familie en vriende om die verhouding nog kans te gee. Sommige godsdienstige gemeenskappe beskou dit as sonde om te skei. In swart gemeenskappe kan haar eie familie haar verstoot omdat die lobola-ooreenkoms verbreek is en sy die familie in die verleentheid stel.<\/p>\n<p>Die ouderwetse opvatting dat enkelouergesinne die rede vir kinders se probleemgedrag is, sterf swaar uit. Maar onlangse navorsing wys dat inkomste \u2019n belangriker rol as enkel- of dubbelouerskap speel as dit by oorsake vir skoolkinders se antisosiale gedrag kom. Wangedrag kom oral voor, maar die meeste wangedrag kom voor waar daar die minste sosio-ekonomiese ondersteuning is.<\/p>\n<p>As \u2019n enkelma lang ure moet werk, moet \u00f3f haar loopbaan \u00f3f haar kinders soms aan die kortste ent trek. Dit plaas haar in \u2019n onmoontlike situasie en is geweldig stresvol.<\/p>\n<p>As getroude ma\u2019s skuldig voel oor \u2019n honderd en tien goed, voel enkelma\u2019s skuldig oor \u2019n duisend en tien:<br \/>\n\u201cEk voel soms oorweldig en dan haal ek my frustrasies op die kinders uit.\u201d \u201cEk is saans te moeg om behoorlik te luister, stories te lees, te help met huiswerk &#8230;\u201d \u201cEk wil \u2019n lewe h\u00ea! Ek voel soms wrewelrig teenoor my kinders.\u201d<\/p>\n<p>Hulle moet die verantwoordelikheid van afhanklike kinders alleen dra en soms neem hulle &#8211; synde menslik &#8211; die verkeerde besluit. Dan is dit of \u2019n enkelma geen genade met haarself het nie.<\/p>\n<p>Wanneer \u2019n vrou haar mede-ouer verloor sonder dat sy dit so wou gehad het, is die aanpassing veel moeiliker. Dis hulle wat dikwels jare lank hartseer of wrokkig voel. Hoe meer emosionele bagasie sy saamdra, hoe swaarder die las van enkelma wees.<\/p>\n<p><strong>En tog hoor \u2019n mens by talle enkelma\u2019s:<\/strong><\/p>\n<p>\u201cEk moes sterk wees vir kinders. En toe stel ek vas ek is sterker as wat ek gedink het.\u201d<br \/>\n\u201cDit was \u2019n verligting om my eie paadjie in te slaan.\u201d<br \/>\n\u201cMy lewe is moeiliker op \u2019n praktiese vlak en geld is altyd \u2019n probleem. Maar ek is beter af.\u201d<br \/>\n\u201cEk rapporteer aan geen man nie.\u201d<br \/>\n\u201cEk het geestelik gegroei.\u201d<\/p>\n<p>Nokuzola, mikro-sakevrou, vyf jaar lank alleen<\/p>\n<p>Nokuzola loop mank; sy het haar been sleg gebreek toe sy vyf jaar gelede uit \u2019n venster op die tweede verdieping geval het. Dis geen wonder dat sy haar balans verloor het toe sy daar probeer uitklim het nie: sy was sewe maande swanger, en voos van haar man se herhaalde loesings en aanrandings.<\/p>\n<p>Sy was in die destydse Pietersburg in die hospitaal toe sy besluit het: \u201cLaat ek liewer weg, hierdie man gaan my nog doodmaak.\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n rolstoel, swanger, met \u2019n driejarige dogtertjie en met geld \u2019n groot skaarste, het sy haar toevlug tot familie in Gauteng geneem. Die staat het haar \u2019n klein ongeskiktheidstoelaag betaal. Maar die innerlike krag om die skynbaar onmoontlike aan te pak, het deur haar geloof gekom.<\/p>\n<p>Wonderbaarlik is die baba volmaak gebore. Nokuzola het haar eerste dogter, wat toe 12 jaar oud was en by familie in die Oos-Kaap gewoon het, laat kom. Dit was nog \u2019n mond om te voed, maar sy het haar ma baie gehelp.<\/p>\n<p>Van die begin af was dit \u2019n uitgerekte verhaal van herhaalde pogings om haar man sover te kry om onderhoud vir sy twee kinders te betaal. Die onderhoudshof se meule maal stadig en nie altyd doeltreffend nie. Nokuzola het weer en weer teruggegaan. Sy het nie moed opgegee nie, want daar was baie dinge wat haar kinders kort- gekom het.<\/p>\n<p>Die toelaag het intussen weggeval; sy maak \u2019n bestaan deur gordyne en klere te verkoop, \u201cmaar besigheid is stadig in Kliptown\u201d. Sy droom daarvan om \u2019n onderneming te begin wat \u2019n bestendige inkomste sal inbring.<\/p>\n<p>\u201cGod maak vrede in jou hart. Ek het niks meer teen my man nie, ek wil net geen verhouding met hom h\u00ea nie.<\/p>\n<p>\u201cMy verhouding met my kinders is goed; hulle verstaan ek het nie altyd alles wat hulle wil h\u00ea nie. Ek gee hulle pak as ek moet, nie om hulle te mishandel nie, maar om hulle te leer.<\/p>\n<p>\u201cEk s\u00ea nie ek sal nooit \u2019n ander man vat nie, want ons weet nie wat gaan gebeur nie, maar ek wil nie sommer enige man h\u00ea nie. My lewe is goed. Ek is baie gefokus. Daar is altyd \u2019n oplos-sing as jy op God vertrou.\u201d<\/p>\n<p>Marie*, boekhouer: vier jaar lank alleen<\/p>\n<p>\u201cEk sal dit maar s\u00ea, want dis die waarheid: ek haat my eksman. Sy nuwe gesin is alles en ek en my kinders moet maar opsnork.\u201d<\/p>\n<p>Haar kinders was elf en sewe toe haar man haar verlaat het.<\/p>\n<p>\u201cEk moet hom lek vir elke sent. Hy betaal \u2019n belaglike bedrag vir onderhoud, en selfs dit gun hy my nie. Ek is elke nou en dan in die hof oor hy nie wil betaal nie, of met die een of ander slenter kom. Sy nuwe vrou ry met \u2019n nuwe kar maar my kar is vodde. Ek is die een wat die kinders elke dag moet skool toe vat. Dokter toe. Hiernatoe en daarnatoe. In die nag partytjies toe. My kollegas moet my die hele tyd help om die ding garage toe te vat en te gaan haal. Ek voel al so verle\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cEk haat dit om so te sukkel.<\/p>\n<p>\u201cEn as die kinders na hom toe gaan vir \u2019n naweek, speel hy Vader Krismis. Dan is dit uiteet en bederf en hulle mag doen net wat hulle wil. En ek is die nare ou heks wat maar altyd moet s\u00ea: \u2019nee, jy kan nie so maak nie, of jy kan nie dat kry nie.\u2019<\/p>\n<p>\u201cMy seun het leerprobleme ontwikkel van al die spanning van die egskeiding en nou lyk dit of my dogter aan depressie ly. Ek ly self ook aan depressie.<\/p>\n<p>\u201cEk is bekommerd oor haar, want ek vertrou nie haar k\u00earel nie. Maar ongelukkig is ons verhouding nie baie goed nie. Sy praat baie lelik met my. Hulle kort altwee \u2019n pa wat sy voet kan dwars sit, ek kan nie alles behartig nie.<br \/>\n\u201cDis maklik om te s\u00ea jy moet iemand vergewe. Woorde is goedkoop.\u201d<br \/>\n<em>* skuilnaam<\/em><\/p>\n<p>Linda: onderwyseres, negentien jaar lank alleen<\/p>\n<p>\u201cDit was op een manier traumaties om tot die insig te kom dat ek nie op die baba se pa kon staatmaak nie. Maar toe ek eers besluit het \u2018dis nou net ons twee\u2019 was dit bevrydend. Dit het my geweldig gefokus gemaak.<\/p>\n<p>\u201cMy baba was ses maande oud; ek het die eerste keer begin skoolhou, pas in Johannesburg aangekom en met \u2019n meestersgraad begin.<\/p>\n<p>\u201cDit was soms verskriklik. Soos die paar kere toe ek regtig baie siek was. Een keer was op sy verjaardag. Verjaardagpartytjie gere\u00ebl gehad, kinders is uitgenooi \u2026 groot opwin-ding \u2026 ballonne \u2026 verjaardagkoek half gemaak, toe ek een van daardie verskriklike griepaanvalle kry wat jou binne \u2019n dag hondsiek maak. Ek het omtrent nie geweet waar ek is van die koors nie toe my skoonsuster soos \u2019n engel van die plaas af hier aangery kom en net kom oorvat. Ruimtetuigskipkoek klaargemaak, die hele partytjie by my oorgeneem.<\/p>\n<p>\u201cDit was soms baie eensaam. My sosiale lewe was baie beperk &#8211; ek was baie kere net te moeg. Om te date was bloot nie die emosionele energie werd nie. As ek gevoel het ek raak depressief, het ek in my tuintjie gewerk.<\/p>\n<p>\u201cDis vandag nog moeilik om enkelma te wees en \u2019n loopbaan te h\u00ea &#8211; dis onbeskryflik wonderlik noudat my seun kan bestuur! Werkgewers en ander kollegas &#8211; vroue ook &#8211; het dikwels nie \u2019n benul wat \u2019n enkelma moet deurgaan sodat sy laat of oor naweke kan werk nie.<\/p>\n<p>\u201cDie Britse romanskrywer A. S. Byatt praat \u00earens van \u2019n \u2018hard experience\u2019. Sy bedoel solied, kliphard, nie sag nie. My seun was die mees amazing ding wat nog ooit met my gebeur het. Om hom alleen groot te maak, was \u2019n soliede ervaring.<\/p>\n<p>\u201cEk glo nie daarin om soos \u2019n slagoffer te voel nie. Ek is nie arme Linda nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Pas jouself op<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n Pretoriase sielkundige wat self onlangs \u2019n enkelma geword het, se raad aan alleenouers is: pas jouself op en bou aan jou ondersteuningsraamwerk. Sy s\u00ea enkelma\u2019s kan gerus die volgende ter harte neem:<\/li>\n<li>As jy matig tot ernstig depressief voel, kry hulp.<\/li>\n<li>Vergewe jouself en ander mense, insluitende jou kind se pa.<\/li>\n<li>Moenie te trots wees om hulp te vra of te aanvaar nie. Sien ook raak wanneer daar fisieke of emosionele ondersteuning uit ander bronne kom.<\/li>\n<li>Leer kitsmaniere om te ontstres, soos om diep en stadig asem te haal terwyl jy vir die ketel wag om te kook of die rekenaar om te laai.<\/li>\n<li>As jy oor niks anders gedissiplineerd is nie, leer net een ding: hou \u2019n dagboek om jou te help onthou wat alles gedoen moet word en bestee elke aand vyf of tien minute om die volgende dag te beplan.<\/li>\n<li>Rig \u2019n roetine in rondom maaltye, badtye en selfs prettye, sodat argumente met jou kinders tot die minimum beperk kan word. As huistoekomtyd \u2019n nagmerrie is, maak dit \u2019n gulde re\u00ebl dat<\/li>\n<li>almal eers gaan sit en rustig \u2019n krag-happie eet voor enigiets anders gebeur.<\/li>\n<li>Moenie te veel vir jou kinders doen nie. Probeer di\u00e9: stel \u2019n tydhouertjie en laat almal saam huiswerk doen &#8211; binne vyftien minute kry \u2019n mens verbasend baie uitgerig.<\/li>\n<li>Sluit aan by infrastrukture en ondersteuningsnetwerke. Al is dit net om te weet wie se hulp jy kan vra as die kalf die dag in die put val.<\/li>\n<li>Vestig \u2019n goeie verhouding met jou dokter, apteker, loodgieter, elektrisi\u00ebn en motorwerktuigkundige. Hierdie mense is goud werd in jou lewe.<\/li>\n<li>Die kerk, Sondagskool of skoolaktiwiteite bied jou kind waardevolle geleenthede om te kan behoort.<\/li>\n<li>Lag \u2019n slag. Gaan kyk \u2019n komedie as daar niks in jou eie lewe is om oor te lag nie.<\/li>\n<li>Kry finansi\u00eble advies van iemand wat regtig weet wat sy doen.<\/li>\n<li>Moenie jou kosbare energie op kommer mors nie. Maak \u2019n lys van jou stresfaktore. Werk aan di\u00e9 waaraan jy iets kan doen, en laat vaar of \u201coorhandig\u201d die res in die geloof.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Maak kinders met goeie waardes groot<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Corn\u00e9 Coetzee Die stres en gebrek aan ondersteuning wat enkelma\u2019s se daaglikse bestaan kenmerk, is oorweldigend. Baie sukkel met basiese lewensbehoeftes. Hulle is oormoeg, vol kwellings, maar ontdek ook dat dit \u2019n sterk vrou is wat di\u00e9 laste dra [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":142300,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662,1],"tags":[],"class_list":["post-97913","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","category-funksie-artikels"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Enkelma&#039;s: Pas jouself op | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Enkelouers trek swaar. Hulle het twee mense se werk en verantwoordelikhede. Maar di\u00e9 laste word ligter as jy jouself oppas.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Enkelma&#039;s: Pas jouself op | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Enkelouers trek swaar. Hulle het twee mense se werk en verantwoordelikhede. Maar di\u00e9 laste word ligter as jy jouself oppas.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-23T14:09:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-01-23T14:13:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Enkelma&#8217;s: Pas jouself op\",\"datePublished\":\"2024-01-23T14:09:20+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-23T14:13:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/\"},\"wordCount\":1880,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg\",\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\",\"Funksie artikels\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/\",\"name\":\"Enkelma's: Pas jouself op | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2024-01-23T14:09:20+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-23T14:13:11+00:00\",\"description\":\"Enkelouers trek swaar. Hulle het twee mense se werk en verantwoordelikhede. Maar di\u00e9 laste word ligter as jy jouself oppas.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelmas-pas-jouself-op\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Enkelma&#8217;s: Pas jouself op\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Enkelma's: Pas jouself op | rooi rose","description":"Enkelouers trek swaar. Hulle het twee mense se werk en verantwoordelikhede. Maar di\u00e9 laste word ligter as jy jouself oppas.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Enkelma's: Pas jouself op | rooi rose","og_description":"Enkelouers trek swaar. Hulle het twee mense se werk en verantwoordelikhede. Maar di\u00e9 laste word ligter as jy jouself oppas.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-01-23T14:09:20+00:00","article_modified_time":"2024-01-23T14:13:11+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Enkelma&#8217;s: Pas jouself op","datePublished":"2024-01-23T14:09:20+00:00","dateModified":"2024-01-23T14:13:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/"},"wordCount":1880,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg","articleSection":["Ouerskap","Jou lewe","Funksie artikels"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/","name":"Enkelma's: Pas jouself op | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg","datePublished":"2024-01-23T14:09:20+00:00","dateModified":"2024-01-23T14:13:11+00:00","description":"Enkelouers trek swaar. Hulle het twee mense se werk en verantwoordelikhede. Maar di\u00e9 laste word ligter as jy jouself oppas.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/xavier-mouton-photographie-ry_sD0P1ZL0-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelmas-pas-jouself-op\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Enkelma&#8217;s: Pas jouself op"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97913","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97913"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97913\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142300"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97913"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97913"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97913"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}