{"id":97912,"date":"2018-12-30T09:16:32","date_gmt":"2018-12-30T07:16:32","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97912"},"modified":"2018-12-20T16:01:15","modified_gmt":"2018-12-20T14:01:15","slug":"hipnose-werk-dit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/","title":{"rendered":"Hipnose: Werk dit?"},"content":{"rendered":"<p><em>Hipnose: Werk dit? deur Corn\u00e9 Coetzee<\/em><\/p>\n<p>Die pasi\u00ebnt in die hospitaal in Wene het spesiaal van Suid-Afrika af Oostenryk toe gereis. Sy wou naby haar familie wees vir \u2019n operasie om \u2019n kankergewas aan haar kopvel te verwyder. Op die nippertjie wou die chirurg die operasie uitstel omdat daar nie \u2019n narkotiseur beskikbaar sou wees nie. Plaaslike verdowing is onvoldoende vir so \u2019n delikate operasie.<\/p>\n<p>Maar die pasi\u00ebnt was dr. Christa Hall-Sanford, die stigter en direkteur van die Suid-Afrikaanse Instituut van Hipnose, en haar kaartjie terug Suid-Afrika toe was reeds bespreek. Die operasie moes voortgaan, sonder narkose.<\/p>\n<p>Die chirurg het baie vrae gehad. Dr. Christa het vertel van haar jare lange ondervinding as hipnotiseur en iemand wat ander mense selfhipnose leer. Sy het die chirurg oorreed.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Deel van my was in die operasiesaal, maar \u2019n ander deel nie. Maar die oomblik toe die verpleegsters onder mekaar begin fluister, het ek onmiddelik uit my hipnotiese toestand gekom &#8211; bra agterdogtig. \u2018Wat is aan die gang? Is daar iets waarvan ek moet weet?\u2019<\/p>\n<p>\u201cMaar hulle het bloot onthou dat ek nie onder narkose was nie, al het ek so rustig gelyk, en saggies gepraat om my nie te steur nie. Die operasie het 47 minute geduur. Ek was twee dae lank in die hospitaal voor ek ontslaan is.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het nie aan hipnose geglo nie,\u201d het die chirurg later vir haar ges\u00ea, \u201cmaar nou glo ek.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-ophou-rook\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kan jy ophou rook met behulp van hipnose?<\/a><\/p>\n<p>Hoe nader die geboorte van Genevieve McCourt se tweede baba gekom het, hoe banger het sy geword. Weens \u2019n serviks wat nie ontsluit nie, kan sy nie natuurlik kraam nie. Aan die een kant wou sy vir di\u00e9 wonderwerk by haar positiewe wees, aan die ander kant wou sy nie die nagmerrie van haar eerste keisersnee herhaal nie. Plaaslike verdowing het die fisieke pyn weggeneem, maar tydens die geboorte het paniek haar oorrompel. \u201cEk wou met alle mag opspring en weghardloop.\u201d<\/p>\n<p>Genevieve het hipnose leer ken in \u2019n baie moeilike tydperk in haar lewe. Daar was \u2019n egskeiding, die dood van albei haar ouers en \u2019n ernstige motorongeluk waarin sy onder meer sewe ribbes gebreek het.<\/p>\n<p>Met behulp van hipnoterapie het haar emosionele wonde in \u2019n groot mate genees. Sy het weer liefde gevind, getrou en swanger geword. Toe maak ou herinneringe en vrese weer hul opwagting.<\/p>\n<p>Haar sielkundige en hipnoterapeut, Erika Basson, het haar die keuse gebied van kraam onder hipnose. Vyf jaar gelede was di\u00e9 idee nog baie vreemd, maar haar ginekoloog het ingestem.<\/p>\n<p>In die weke voor die geboorte was Genevieve \u2019n paar keer vir voorbereiding by Erika. \u2019n Uur voor die keisersnee het Erika haar in die hospitaal kom besoek en gehipnotiseer. Sy het gesuggereer dat<\/p>\n<p>Genevieve rustig en in beheer van die kraamproses sou wees. Sy sou ten volle bewus wees van wat met haar gebeur.<\/p>\n<p>En dis hoe dit was. Sy kon die wonder van haar baba se eerste lewenslig vreugdevol ervaar. Sy kon haar dogtertjie direk n\u00e1 die geboorte vashou. Vyf uur n\u00e1 haar keisersnee kon sy gaan stort.<\/p>\n<p>Gedurende die volgende week of wat het sy selfhipnose vir pynbeheer gebruik.<\/p>\n<p>Deesdae begin al hoe meer mense hipnose in \u2019n kliniese hoedanigheid vir terapeutiese doeleindes gebruik: sielkundiges as deel van hul tegnieke in psigoterapie; mediese dokters en tandartse as \u2019n metode van pynbeheer. Die tegnologie van breinskandering wys dat hipnose \u2019n meetbare effek op die brein het, maar presies hoe dit werk, is nog nie bekend nie.<\/p>\n<p>Baie mense is steeds skepties &#8211; te verstane wanneer daar sulke uiteenlopende idees daaroor bestaan.<\/p>\n<p>Erika verduidelik dat hipnoterapie nie dieselfde as verhooghipnose is nie. \u201cAs jy jou hand opsteek in \u2019n verhooghipnotiseur se vertoning, gee jy toestemmming dat hy \u2019n gek van jou maak, niks meer nie. Baie mense meen hulle sal bewusteloos wees as hulle gehipnotiseer is en agterna niks weet van wat gebeur het nie. Maar dis nie so nie. Jy bly wakker en is bewus van wat aan die gang is.\u201d<\/p>\n<p>Tom Budge, instrukteur by die Suid-Afrikaanse Instituut van Hipnotisme wat ook \u2019n private praktyk in Fourways, Johannesburg het, s\u00ea in \u2019n sekere sin is alle hipnose eintlik selfhipnose omdat niemand sonder sy eie toestemming en samewerking gehipnotiseer kan word nie.<\/p>\n<p>\u201cEk vra my kli\u00ebnte om beheer oor die hele situasie te neem en die proses te stop sodra hulle ongemaklik is. Al wat hulle hoef te doen, is om hul o\u00eb oop te maak.\u201d<\/p>\n<p>Jou onderbewuste is \u2019n beskermingsmeganisme. Dis ook soos \u2019n soort stoorkamer waar traumatiese gebeure weggeb\u00eare word sodat jy dit nie op bewuste vlak kan onthou nie.<\/p>\n<p>\u201cHipnose is \u2019n metode om die onderbewuste te aktiveer,\u201d stel Erika Basson dit.<\/p>\n<p>Dis waarom hipnoterapeute dikwels ouderdomsregressie doen om iemand te help onthou wanneer en hoekom \u2019n spesifieke probleem, soos te veel eet, chroniese slaaploosheid of selfs \u2019n lae selfbeeld begin het.<\/p>\n<p>\u201cDie emosionele verwonding van jou verlede wat jy nie gesond maak nie, bly jy in jou hede oor en oor herhaal,\u201d s\u00ea Willa Wagenaar, sielkundige en hipnoterapeut in Roodepoort.<\/p>\n<p>Val Byron, \u2019n haarkapper in Johannesburg, het twintig jaar lank gerook. \u201cDit was my grootste begeerte om op te hou, maar ek kon nie. Dit was my kruk,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Toe hoor sy \u2019n radiopraatjie van Tom Budge en loop toevallig iemand raak wat hom as hipnoterapeut aanbeveel.<\/p>\n<p>Tom het haar in haar geheue teruggeneem na die tyd toe sy sewentien jaar oud was en begin rook het. Sy was ongelukkig; daar was probleme in haar verhouding met haar ma.<\/p>\n<p>\u201cIn wie se gesig blaas jy die rook uit?\u201d het hy sagkens gevra.<\/p>\n<p>Die trane het begin loop. \u201cMy ma s\u2019n.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy besef en erken dat sy uit opstandigheid haar eie mag weggegee het, kon sy dit terugneem. Sy kon met liefde en begrip uitreik na daardie sewentienjarige meisie. Sy kon die emosionele behoefte agter die rokery laat vaar.<\/p>\n<p>Daar was net een besoek. Dit was in Mei vanjaar, sy het nog nie weer gerook nie.<\/p>\n<p>\u201cDis genesing van ou seerkry wat plaasgevind het. \u2019n Mens se liggaam wat aan die nikotien verslaaf was, ervaar onttrekkingsimptome, maar ek het nooit weer vir \u2019n sigaret lus gekry nie.\u201d<\/p>\n<p>Willa noem \u2019n ander voorbeeld van ou emosionele seerkry wat \u201cvergete\u201d is en probleme in die hede veroorsaak. Mense wat byvoorbeeld obsessief eet, eet dikwels om hulself te troos. Met behulp van hipnose kan iemand agterkom waarom. Hy het moontlik as kind gebrek gely &#8211; aan werklike kos, of aan emosionele voeding. Soms so ver terug soos by die pasgeborene, toe die eerste voedings om die een of ander rede problematies was.<\/p>\n<p>Wanneer jy verstaan wat die werklike rede agter jou probleem is &#8211; of dit nou te veel of te min eet of \u2019n gebrek aan konsentrasie is, of stres waarvan jy nooit ontslae kan raak nie &#8211; kan jy nuwe boodskappe aan die onderbewuste gee wat jou help om jou doelwitte te bereik.<\/p>\n<p>Hoewel \u2019n mens kan leer om selfhipnose te doen sonder om eers hipnoterapie te ondergaan, gebruik gekwalifiseerde en geregistreerde hipnoterapeute altyd eers hipnose voor hulle hul kli\u00ebnte selfhipnose leer. Die Suid-Afrikaanse Instituut van Hipnose noem dit outogeniese opleiding. Dit bestaan gewoonlik uit metodes om diep te ontspan, gevolg deur visualisering en voorstelle aan jou eie onderbewuste. Hoe meer jy gekonfyt raak in die vaardigheid, hoe vinniger, makliker en doeltreffender kan jy selfhipnose toepas.<\/p>\n<p>Een van Willa se kli\u00ebnte wat n\u00e1 hipnoterapie selfhipnose geleer het, is Julia Paris van Johannesburg. Sy het vreesaanvalle ontwikkel n\u00e1 sy in 1998 in \u2019n baie ernstige motorongeluk was, toe van die Kaap na Johannesburg getrek het &#8211; met die gepaardgaande kultuurskokke &#8211; en weer in \u2019n ongeluk was. As die eerste ongeluk haar die skrik op die lyf gejaag het, het die tweede een haar byna versteen. \u201cEk kon nie my voete in \u2019n motor sit nie.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy een oggend sterk voel en besluit om die kinders self skool toe te neem, skaars \u2019n kilometer van die huis af, het die laaste strooi die kameel se rug gebreek. Twee blokke verder moes sy stilhou en uitklim &#8211; oorweldig deur paniek.<\/p>\n<p>\u201cSo kan dit nie aangaan nie,\u201d het sy vir haar man ges\u00ea, en gaan hulp soek. \u201cEk is nie \u2019n konvensionele sielkundige nie,\u201d het Willa gewaarsku, \u201cek gebruik hipnose.\u201d<\/p>\n<p>Die hipnose het nie bloot die simptoom van die paniek oor motors aangespreek nie &#8211; sy moes gaan kyk na waar haar vrees oorspronklik vandaan gekom het, nog lank voor die twee ongelukke.<br \/>\n\u201cBaie interessante goed, nog van my kleintyd af, het uitgekom.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy patrone kon herken en begryp, kon sy dit laat vaar. \u2019n Jaar later het sy weer begin bestuur. En \u2019n selfbemagtigingsgroep vir vroue gestig. En begin skryf, gedigte en kortverhale.<\/p>\n<p>\u201cWilla het my ook geleer om selfhipnose te doen. As ek nou in \u2019n sielkundige penarie is, sal ek \u00earens heen gaan waar ek alleen kan wees en dan diep en egalig begin asemhaal. Met hierdie metode verbeel jy jou jy stap met trappies af en onder maak jy die deur oop na jou spesiale, veilige, mooi \u2018plek\u2019.<\/p>\n<p>\u201cEk het nou my vrees onder beheer. Ek kan my probleem herken, en ek weet wat om te doen.\u201d<\/p>\n<p>Al die hipnoterapeute wat aan hierdie artikel deel gehad het, l\u00ea klem daarop dat jy jou hipnotiseur moet kan vertrou. Dis jou reg om vrae te vra &#8211; aan die hipnotiseur en aan ander mense wat ondervinding het &#8211; tot jy tevrede is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Mites oor hipnose<\/h4>\n<ul>\n<li>Dis alles \u2019n liegspul.<\/li>\n<li>Liggaamlike reaksies soos sweet of hoendervleis bewys dat mense wat gehipnotiseer is, nie besig is om te jok oor wat hulle ervaar nie.<\/li>\n<li>Dis soos slaapwandel; jy is nie bewus van wat jy doen nie.<\/li>\n<li>Iemand wat gehipnotiseer is, is wawyd wakker en bewus van alles rondom hom.<\/li>\n<li>Dis gevaarlik.<\/li>\n<li>Die onderbewuste aanvaar niks wat skadelik is nie &#8211; dis juis \u2019n beskermingsmeganisme.<\/li>\n<li>Dit kan jou die verlede laat herleef.<\/li>\n<li>Onthou, ja, \u201cherleef\u201d, nee: volwassenes wat hul kleuterdae onder hipnose onthou, se denkpatrone, redenasies en handelinge lyk en klink soos di\u00e9 van volwassenes wat speel asof hulle kinders is, en nie werklike kinders nie.<\/li>\n<li>Die hipnotiseur kan jou programmeer om \u2019n misdaad te pleeg.<\/li>\n<li>Mense wat gehipnotiseer is, tree altyd in ooreenstemming met hul persoonlike waardes op.<\/li>\n<li>N\u00e1 hipnose kan jy nie onthou wat gebeur het nie.<\/li>\n<li>Post-hipnotiese geheueverlies gebeur nie spontaan nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>As pyn jou metgesel is<\/h4>\n<p>Chroniese pyn kan \u2019n geweldige tol aan lewensgehalte eis. \u2019n Professionele hipnoterapeut kan help om die emosionele skakels met pyn te vind; sodoende kan diep emosionele genesing plaasvind en kan pyn dikwels verminder word. Maar \u2019n mens kan jou in \u2019n groot mate ook self help.<\/p>\n<p>Sielkundige Willa Wagenaar verduidelik \u2019n paar pynbeheertegnieke in selfhipnose:<\/p>\n<ul>\n<li>Die eerste en belangrikste stap is om gemaklik te sit of l\u00ea en diep te ontspan; begin deur stadig, diep en egalig asem te haal. Ontspan jou hele lyf.<\/li>\n<li>Skep jou eie pynverdowingsmiddel. Verbeel jou jy het \u2019n houer met genesende vloeistof. Besluit in watter helende kleur jy dit wil h\u00ea. Kies ook \u2019n geur vir jou gene-sende vloeistof. \u201cSien, ruik en voel\u201d jou houer en jou vloeistof. Doop jou hand in die vloeistof en vryf dit oor die pyn.<\/li>\n<li>Verbeel jou daar staan \u2019n groot emmer yswater langs jou. Verbeel jou jou hand word yskoud in die water tot dit gevoelloos van die koue is. Vryf dan die pynplek en dra die verdoofde gevoel oor na waar die pyn is.<\/li>\n<li>Verbeel jou dat jou pyn swart is en die gesonde plekke waar daar nie pyn is nie, wit, of \u2019n ander, ligte kleur. Verbeel jou dat die gesonde kleur die swart wegkalwe en oorneem.<\/li>\n<li>Onthou \u2019n tyd toe jy sonder pyn was. Verbeel jou dat die pyn soos \u2019n film wat agteruit speel, minder word.<\/li>\n<li>Of ontwerp jou eie \u201cpynknop\u201d wat jy kan afdraai. As pyn 10 is, verbeel hoe jy verligting ervaar soos jy afdraai na 9, 8, 7 &#8230; tot waar jy dit kan hanteer.<\/li>\n<li>Verbeel jou daar is \u2019n hek in die senuweepaadjies na jou brein waar jou sensa-sies as pyn ge\u00efnterpreteer word. Die pyn word so geblokkeer of skadeloos na ander, gesonde plekke gekanaliseer.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Sielkundiges, dokters en tandartse registreer by die Kliniese Hipnose-vereniging van Suid-Afrika. Bel hulle by 011 622 1598 vir \u2019n verwysing na \u2019n geregistreerde hipnoterapeut in jou omgewing, of kyk by www.sasch.co.za<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Hipnose lei hipnoterapeute op wat \u2019n internasionaal erkende kwalifikasie behaal en bied ook kort kursusse in selfhipnose aan &#8211; www.hypnotherapy.co.za<\/p>\n<p>Baie dankie aan Erika Basson, Willa Wagenaar, en Thomas Budge, wat met inligting gehelp het<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hipnose: Werk dit? deur Corn\u00e9 Coetzee Die pasi\u00ebnt in die hospitaal in Wene het spesiaal van Suid-Afrika af Oostenryk toe gereis. Sy wou naby haar familie wees vir \u2019n operasie om \u2019n kankergewas aan haar kopvel te verwyder. Op die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":97864,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,1394,2792,23458,23664,62575],"class_list":["post-97912","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-news","tag-leef-gesond","tag-lifestyle","tag-health","tag-wellness"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hipnose: Werk dit? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hipnose: Werk dit? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hipnose: Werk dit? deur Corn\u00e9 Coetzee Die pasi\u00ebnt in die hospitaal in Wene het spesiaal van Suid-Afrika af Oostenryk toe gereis. Sy wou naby haar familie wees vir \u2019n operasie om \u2019n kankergewas aan haar kopvel te verwyder. Op die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-30T07:16:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/Hipnose-werk-dit.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"680\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"680\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Hipnose: Werk dit?\",\"datePublished\":\"2018-12-30T07:16:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/\"},\"wordCount\":2099,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/Hipnose-werk-dit.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"news\",\"leef gesond\",\"lifestyle\",\"health\",\"wellness\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/\",\"name\":\"Hipnose: Werk dit? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/Hipnose-werk-dit.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-30T07:16:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/Hipnose-werk-dit.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/Hipnose-werk-dit.jpg\",\"width\":680,\"height\":680},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/hipnose-werk-dit\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hipnose: Werk dit?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hipnose: Werk dit? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hipnose: Werk dit? | rooi rose","og_description":"Hipnose: Werk dit? deur Corn\u00e9 Coetzee Die pasi\u00ebnt in die hospitaal in Wene het spesiaal van Suid-Afrika af Oostenryk toe gereis. Sy wou naby haar familie wees vir \u2019n operasie om \u2019n kankergewas aan haar kopvel te verwyder. Op die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-12-30T07:16:32+00:00","og_image":[{"width":680,"height":680,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/Hipnose-werk-dit.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Hipnose: Werk dit?","datePublished":"2018-12-30T07:16:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/"},"wordCount":2099,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/Hipnose-werk-dit.jpg","keywords":["Gesondheid","news","leef gesond","lifestyle","health","wellness"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/","name":"Hipnose: Werk dit? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/Hipnose-werk-dit.jpg","datePublished":"2018-12-30T07:16:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/Hipnose-werk-dit.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/Hipnose-werk-dit.jpg","width":680,"height":680},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hipnose-werk-dit\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hipnose: Werk dit?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97912","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97912"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97912\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/97864"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97912"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97912"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97912"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}