{"id":97823,"date":"2024-04-25T19:51:23","date_gmt":"2024-04-25T17:51:23","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97823"},"modified":"2024-04-25T19:55:41","modified_gmt":"2024-04-25T17:55:41","slug":"geboorte-orde-en-jou-toekoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/","title":{"rendered":"Geboorte-orde en jou toekoms"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Deur Anet Schoeman<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>In baie gesinne glo die ouer sibbe baie verontreg dat die kleintjies met moord wegkom. Die oueres s\u00ea vir hulle was die leisels maar baie kort en die druk om te presteer baie groter. Hoewel ons as volwassenes kan sien hoe onrealisties en eensydig ons as tieners die lewe beskou het en hoe maklik ons gevoel het dat ons verontreg is, dui navorsing tog op interessante aspekte van die rangorde in gesinne.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-a1c6c8ebc3288bed40543d2d422da172\"><strong>Die studie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Noorweegse studie dui op \u2019n besliste intellektuele voordeel vir eersgeborenes. Die studie, wat byna \u2019n kwart miljoen jong weermaglede se intelligensiekwosi\u00ebnt (IK) vergelyk het, toon dat eersgeborenes se IK dikwels 3,5 tot 4,5 punte ho\u00ebr as di\u00e9 van die daaropvolgende kind is.<\/p>\n\n\n\n<p>Die ander interessantheid is dat waar die eersgeborene gesterf het, die tweede kind se IK effens gestyg het. Amerikaanse oudpresident J.F. Kennedy se oudste broer is oorlede en volgens geskiedkundiges het dit hom as tweede kind genoop om meer soos \u2019n oudste op te tree. Wetenskaplikes skryf die ho\u00ebr IK toe aan die onverdeelde aandag wat die eersgeborene aanvanklik kry en die vaardighede wat hy later ontwikkel omdat hy die jongeres moet touwys maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoewel vier punte op jou IK nie \u2019n reuseverskil gaan maak nie (elke kategorie het \u2019n speling van 20 punte: \u2019n gemiddelde IK l\u00ea tussen 90 en 110), wys wetenskaplikes daarop dat dit aan die einde van jou skoolopleiding die verskil tussen \u2019n ho\u00eb B-simbool en \u2019n lae A kan beteken, wat studiemoontlikhede kan be\u00efnvloed.<\/p>\n\n\n\n<p>Is die eersgeborene dan nou die gesalfde wat verder in die lewe gaan kom terwyl die ander aan die agterspeen gaan suig?<\/p>\n\n\n\n<p>Hokaai, s\u00ea sielkundiges. Jou paadjie na sukses is glad nie so lynreg aan IK gekoppel nie. Emosionele intelligensie kan net so \u2019n groot rol speel. \u201cIntelligensie gee jou dalk \u2019n goeie wegspringplek, maar dis jou emosionele intelligensie wat vir die sosiale vaardighede, wilskrag en deursettingsvermo\u00eb sorg om \u2019n sukses daarvan te maak,\u201d s\u00ea Lesley-Anne Pedlar, \u2019n konsulterende sielkundige in Greenside, Johannesburg.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOns almal ken briljante kinders wat op skool skaars \u2019n boek hoef oop te maak om goed te doen. Ongelukkig is die slimmes ook baie keer die luies. \u2019n Blote syfer op papier wat jou IK verteenwoordig, belowe ongelukkig niks.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-7b5e7c0cea291b6c7feca798374357f3\"><strong>Beteken IK-toetse nog iets?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>IK-toetse het nie meer die status van dertig jaar gelede toe selfs klasse daarvolgens ingedeel is nie, s\u00ea Roelof Kachelhoffer, die hoof van Bryanston Parallel Medium Skool in Bryanston. \u201cDit kan hoogstens as \u2019n nuttige instrument ingespan word om poten-siaal en vakkeuses te identifiseer.\u201d Lesley\u2013Anne verduidelik ook dat IK-toetse se uitslae kan afhang van jou emosionele toestand op die dag wat jy dit geskryf het. \u201cAs jy angstig en ongelukkig is &#8211; dus te doen met jou emosionele intelligensie &#8211; gaan dit moeilik wees om jou ware intelligensie te benut.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cOuerskapstyle wat kinders die vryheid bied om hulself te wees en selfvertroue te ontwikkel, het \u2019n baie groter invloed op \u2019n kind se lewenspotensiaal as bloot intelligensie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-67319669e0247e9c57a36e1aaa851110\"><strong>Emosionele intelligensie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Emosionele intelligensie sluit jou sosiale vaardighede in wat in groot gesinne en onder jonger sibbe goed ontwikkel word. \u201cEnigste kinders kry nie soveel oefening om die sosiale vaardighede te ontwikkel nie, en al mag dit so wees dat eersgeborenes \u2019n effense ho\u00ebr IK het, kan die jonger sibbe die verskil met hul sosiale vaardighede uitwis,\u201d s\u00ea Lesley-Anne.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDaar moet ook onthou word dat die Noorweegse studie op mans gedoen is wat tussen 1967 en 1976 gebore is. Ouerskap-style van die nuwe generasie is losser en uiteenlopender as wat dit destyds was,\u201d maan Lesley-Anne. \u201cMet die ho\u00eb egskeidingsyfer is daar ook baie meer saamgestelde gesinne wat die dinamiek binne \u2019n gesin daadwerklik sal verander.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Opvoedkundige sielkundiges stem saam. \u201cOns is bewus van rangorde as ons kinders konsulteer, maar daar is nooit genoeg parallelle om \u2019n re\u00ebl oor rangorde neer te l\u00ea nie,\u201d s\u00ea Carien Lubbe, lektor in opvoedkundige sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cGeboorte-orde kan \u2019n invloed op kinders h\u00ea, maar net so is daar verskeie ander faktore wat \u2019n kind se persoonlikheid en sukses kan be\u00efnvloed. Geboorte-orde is ook meer \u2019n Westerse verskynsel en word nie in alle kulture dieselfde ervaar nie. Ouerskapstyl en waardestelsels is oor die algemeen meer deurslaggewend. Kinders raak rebels oor baie redes en nie net omdat hulle kwansuis die middelkind is nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-016dd42eb0fc597530ca6c44c3d1a23a\"><strong>Rangorde<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Daar is voor- en nadele aan elke posisie in die gesin. \u201cOuer kinders voel maklik dat die jongstes as die \u2018baba\u2019 in die huishouding bederf word, maar net so kan hulle ook afgeskeep word omdat die ouers net nie genoeg tyd het nie en hulle maar so onder almal se voete grootword.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Die middelkinders kla soms dat hulle verlore raak, maar dit wil lyk of hulle uiteindelik uitblink as entrepreneurs (omdat hulle op hulself aangewese is) en in beroepe waar hulle moet onderhandel (soos in die diplomatiek) skryf die sielkundige dr. Kevin Leman in sy boek The Birth Order Book.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoewel sekere studies toon dat \u2019n groot persentasie enigste kinders uiteindelik voorsitters van maatskappye word, het die posisie ook sy slaggate, s\u00ea Carien. \u201cEnigste kinders kan soms selfsugtig wees omdat hulle nooit hoef te deel nie. Wend dus \u2019n groter poging aan om sosiale vaardighede by hulle te ontwikkel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy reken tog rangorde is \u2019n verskynsel wat ouers in gedagte kan hou en sorg dat dit tot \u2019n kind se voordeel ingespan word, eerder as wat dit hom tot nadeel strek. \u201cDaag kinders se persoonlikhede uit en moenie altyd die verantwoordelikheid op die oudste laai nie. As die jongste weet dat hy nie verantwoordelik hoef te wees nie, leer hy dit moeilik aan.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>As ouers die indruk kry dat die middelste kind \u201cwegraak\u201d tussen \u2019n oudste en jongste moet hulle seker maak dat daardie kind ook voel hy is uniek. \u201cDis tog juis ouers se rol om die uniekheid in elke kind te sien en hulle moet hulle daarop toespits om \u2019n gesonde selfbeeld in kinders te vestig,\u201d s\u00ea Carien.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-480c9f612d7bff3169435c938f7b0290\"><strong>Wat s\u00ea kinders?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die middelkind voel afgeskeep<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Tersia* (35) van Durbanville in Kaapstad is \u2019n dieetkundige en s\u00ea hoewel sy nie sou omgee vir \u2019n derde baba nie, sy nie kans sien dat die huidige jongste dan die middelkind moet word nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cEk is die oudste van drie kinders met \u2019n jonger suster en dan \u2019n boetie. Vandat my suster haar tienerjare betree het, moes ons hoor hoe smartvol en onregverdig dit is om die middelkind te wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoewel ons al drie akademies presteer het en in baie opsigte eenders was, het sy ons altyd verkwalik vir haar \u201cminderbevoorregte\u201d posisie en my ouers beskuldig dat hulle minder aandag aan haar gee en haar minder liefhet.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSelfs in ons volwasse jare hou die verwyte nie op nie. Sy verkwalik ons vir haar mislukte huwelik en alles wat in haar lewe fout gaan. Nogtans is sy \u2019n gerespekteerde fisioterapeut en uitstekend in haar beroep. Uiteindelik het sy meer materi\u00eble dinge as ek en my broer gekry omdat my ouers altyd wou vergoed vir haar onredelike aantygings. \u201cEk gee nie om wat die kenners s\u00ea nie, in ons huis het die middelkind-sindroom beslis bestaan en ek sien nie kans om die risiko met my kinders te loop nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-black-color has-text-color has-link-color wp-elements-8826deb40c49717a27add3a93b8bd0c3\"><strong>Die oudste is verantwoordeliker<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Karien* is die oudste en het \u2019n broer wat ses jaar jonger is. Hoewel sy nooit haar aanvanklike opleiding as verpleegster voltooi het nie, is sy op 43 die eienaar en bestuurder van \u2019n baie suksesvolle gastehuis in Sandton, Johannesburg. \u201cOmdat ons ses jaar verskil, was ons eerder soos twee enigste kinders. Ons was nooit in kompetisie met mekaar nie, maar omdat my broer alles so maklik gekry het, het hy ook nooit geleer om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar nie. As kind moes ek in die huis help omdat ons nie voltydse hulp kon bekostig nie. Teen die tyd dat my broer oud genoeg was om te help, het ons \u2019n voltydse helper gehad en my ma het nie verwag dat hy \u2019n vinger lig nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cToe ek my studie laat vaar, het ek \u2019n werk gesoek, my ma se ou motor gekoop en my ouers betaal om in die huis te bly. My broer het die een kursus na die nader aangedurf en nooit iets voltooi nie, maar hy het \u2019n motor by my ouers gekry en nie \u2019n sent tot die huishouding bygedra nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cMy broer het vir jare in die huis gewoon. Hy is nou al byna 37 en n\u00e1 \u2019n mislukte huwelik en verskeie onsuksesvolle be-roepe, leen hy steeds groot bedrae geld by my ouers en by my en my man wat hy nooit terugbetaal nie. Ek is jammer vir hom wat nooit geleer het om verantwoordelikheid te aanvaar nie en ek blameer my ouers daarvoor.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die jongste word altyd voorges\u00ea<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Elna* (53) van Randburg, Johannesburg is 15 jaar jonger as haar vier sibbe. \u201cMy ouers en ouer broers en susters het my vreeslik bederf, maar ek is ook altyd voorges\u00ea en reggehelp. As ek iets gedoen het, was daar altyd een wat dit beter kon doen en verduidelik het hoe dit eintlik gedoen moes word.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDit het beslis \u2019n invloed op my selfvertroue gehad. Hoewel ek \u2019n A vir wiskunde en wetenskap in matriek gekry het, het ek eerder biblioteekwese soos my twee broers gaan studeer, omdat ek nie gedink het ek is goed genoeg om \u2019n B.Sc.-kursus te volg nie. Hoewel ek suksesvol in my beroep is, is ek spyt dat ek nie die kans gewaag en in die wetenskap studeer het nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>*<em> skuilname<br>Bronne: New York Times 22 June 2007; Time Magazine 2 Oct 2007; Psychologies Feb\/March 2008<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p><strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jou-kind-adhd-of-begaafd\/\">Is jou kind ADHD of begaafd?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Anet Schoeman In baie gesinne glo die ouer sibbe baie verontreg dat die kleintjies met moord wegkom. Die oueres s\u00ea vir hulle was die leisels maar baie kort en die druk om te presteer baie groter. Hoewel ons as [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":144563,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662,1],"tags":[],"class_list":["post-97823","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","category-funksie-artikels"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Geboorte-orde en jou toekoms | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Eersgeboortereg kan nie altyd vir \u2019n pot lensiesop gekoop word nie, maar maak dit werklik saak waar jy in die geboorterangorde l\u00ea?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Geboorte-orde en jou toekoms | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Eersgeboortereg kan nie altyd vir \u2019n pot lensiesop gekoop word nie, maar maak dit werklik saak waar jy in die geboorterangorde l\u00ea?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-04-25T17:51:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-04-25T17:55:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Geboorte-orde en jou toekoms\",\"datePublished\":\"2024-04-25T17:51:23+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-25T17:55:41+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/\"},\"wordCount\":1597,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg\",\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\",\"Funksie artikels\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/\",\"name\":\"Geboorte-orde en jou toekoms | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2024-04-25T17:51:23+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-25T17:55:41+00:00\",\"description\":\"Eersgeboortereg kan nie altyd vir \u2019n pot lensiesop gekoop word nie, maar maak dit werklik saak waar jy in die geboorterangorde l\u00ea?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Geboorte-orde en jou toekoms\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Geboorte-orde en jou toekoms | rooi rose","description":"Eersgeboortereg kan nie altyd vir \u2019n pot lensiesop gekoop word nie, maar maak dit werklik saak waar jy in die geboorterangorde l\u00ea?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Geboorte-orde en jou toekoms | rooi rose","og_description":"Eersgeboortereg kan nie altyd vir \u2019n pot lensiesop gekoop word nie, maar maak dit werklik saak waar jy in die geboorterangorde l\u00ea?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-04-25T17:51:23+00:00","article_modified_time":"2024-04-25T17:55:41+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Geboorte-orde en jou toekoms","datePublished":"2024-04-25T17:51:23+00:00","dateModified":"2024-04-25T17:55:41+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/"},"wordCount":1597,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg","articleSection":["Ouerskap","Jou lewe","Funksie artikels"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/","name":"Geboorte-orde en jou toekoms | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg","datePublished":"2024-04-25T17:51:23+00:00","dateModified":"2024-04-25T17:55:41+00:00","description":"Eersgeboortereg kan nie altyd vir \u2019n pot lensiesop gekoop word nie, maar maak dit werklik saak waar jy in die geboorterangorde l\u00ea?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/juliane-liebermann-cI8mTFfjkwk-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geboorte-orde-en-jou-toekoms\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Geboorte-orde en jou toekoms"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97823","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97823"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97823\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/144563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97823"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97823"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97823"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}