{"id":97819,"date":"2019-02-05T14:11:58","date_gmt":"2019-02-05T12:11:58","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97819"},"modified":"2019-02-04T13:09:58","modified_gmt":"2019-02-04T11:09:58","slug":"bele-in-jou-huwelik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/","title":{"rendered":"Bel\u00ea in jou huwelik"},"content":{"rendered":"<p><em>Bel\u00ea in jou huwelik deur Anet Schoeman<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Het jy al ooit gewens jy het aanwysings saam met jou trouring gekry sodat jul huwelik op geoliede wiele kon loop? As jou huwelik vir jou onhoudbaar geword het, moet jy mooi dink voor jy tou opgooi, waarsku die kenners. Mense kies meestal weer dieselfde soort maat wat jou met dieselfde probleme gaan opsaal as kwessies nie iewers uitgepluis word nie.<\/p>\n<p>Hier is twee beraders se wenke om die liefdesdans vloeiend te maak:<\/p>\n<p><strong>Liefde met die eerste oogopslag is \u2019n mite<\/strong>, s\u00ea Kobus van der Merwe, huweliksberader en Imagokenner van Pretoria. Jy\u2019t gedink hy\u2019t jou gekies oor jou pragtige o\u00eb, ho\u00eb wangbene, sin vir humor. Ja, dit ook, s\u00ea Kobus, maar daar is baie meer komplekse en onbewustelike oorwegings wat jou keuse vir \u2019n lewensmaat bepaal.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/\">Word weer hartsmaats<\/a><\/p>\n<p>Hoewel fisieke aantrekking \u2019n groot rol speel, is die deurslaggewende oorweging gewoonlik iemand wat leemtes in jou lewe aanvul. Kobus s\u00ea ons kinderjare en die manier waarop ons grootword, verteenwoordig \u2019n groot element van ons psige. Kritiek in daardie broos tyd laat \u2019n merk op jou wat jy probeer aanvul met \u2019n lewensmaat wat nie die \u201cdooie kolle\u201d het nie.<\/p>\n<p>Dit is nie noodwendig groot, traumatiese gebeurtenisse nie \u2013 bloot hoe ons opvoeding en plek in die gesin \u2019n invloed op ons emosionele samestelling het. En die sibbe ervaar dieselfde omstandighede verskillend. Jy voel dalk ontoereikend omdat jou broer altyd die uitblinker was. Jou suster onthou dit nie eens nie.<\/p>\n<p>Hy gebruik die voorbeeld van die verantwoordelike hoofmeisie wat met die skool se rebel uitgaan. Sy voel sy kan nooit \u201cspeel\u201d nie omdat van haar verwag word om korrek te wees, en nou kies sy \u2019n minder verantwoordelike ou wat die lewe nie so ernstig opneem nie.<\/p>\n<p>Kobus s\u00ea ons soek maats wat vir ons troos sal bied vir daardie dinge wat ons dalk ontbeer het &#8211; \u201ciets wat weggeraak het onder die invloed van druk, skande of vrees. Jy raak eintlik verlief op die dinge wat vir jou verlore geraak het. Die heling kom as jy verlief raak op iemand wat emosioneel anders is\u201d.<\/p>\n<p>Nou goed, jy\u2019t die maat gekry wat jou bekoor en jou emosionele ruimtes aanvul, is dit \u2019n waarborg vir lewenslange geluk en liefde?<\/p>\n<p>Nee, die huwelik is \u2019n delikate eierdans wat gedurig in die regte rigting gestuur moet word. Die bedankings vir die trougeskenke is skaars afgehandel, of die rosige waas van verliefdheid begin verdamp. Selfs navorsing bevestig die chemiese agteruitgang van die liefde n\u00e1 die troue. Binne twee en \u2019n halfuur n\u00e1 die troue daal die serotonienvlakke en styg die dopamienvlakke soms, het \u2019n studie getoon. Die dronkenskap van die liefde verdwyn &#8211; en vir die eerste keer sien jy die ander een vir wat hy werklik is.<\/p>\n<p>Sodra mense van hul verskille bewus word, ontaard dit dikwels in \u2019n magstryd waar een verwag dat die ander soos hy moet word, s\u00ea Kobus. Dis gewoonlik hier waar die huweliksbootjie in \u2019n stroomversnelling kom en waar konflikhantering gaan bepaal wat van die verhouding word.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">5 dinge wat niemand jou vertel voordat jy trou nie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Praat daaroor<\/h4>\n<p>Onthou, s\u00ea Kobus, konflik is nie sleg nie. \u201cIn \u2019n gesonde verhouding probeer mense oopkop dink en is hulle nie bang vir konflik nie. Die geheim is om konflik in woorde om te sit. Dan is daar geleentheid vir groei in die verhouding. Gelukkige pare leef nie hul pyn uit deur goed rond te gooi of stilstuipe te kry nie, maar verwoord hul griewe sodat elkeen iets daaruit kan leer en die verhouding kan groei. As paartjies nie die vermo\u00eb het om verskille in taal om te sit nie, draai hulle parallel en leef by mekaar verby. As julle die situasie langer as ses maande laat aanhou, kan dit julle duur te staan kom.\u201d<\/p>\n<p>En jy dink verniet jy kan met \u2019n egskeiding jou probleme soos \u2019n naelstring afbind. \u201cMense kies keer op keer dieselfde soort mens, juis omdat hulle \u2019n maat soek wat hul emosionele tekortkominge gaan aanvul,\u201d verduidelik Kobus.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_107421\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-107421\" class=\"size-full wp-image-107421\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/pexels-photo-712468.jpeg\" alt=\"Bel\u00ea in jou huwelik\" width=\"640\" height=\"960\" \/><p id=\"caption-attachment-107421\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die \u2018derde persoon\u2019<\/h4>\n<p>Wat meestal gebeur, is dat mense nie maniere het om die konflik en vervreemding te hanteer nie en ander aktiwiteite kry om \u201caf te skakel\u201d. Dit beteken nie noodwendig \u2019n verhouding nie; dit kan \u2019n aktiwiteit wees wat die persoon uit die huwelik neem, soos om ure voor die televisie te sit, rekenaarspeletjies te speel, liewer met vriende te kuier, langer ure te werk, of op jou kinders te fokus. Dit skep natuurlik die teelaarde vir \u2019n verhouding.<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verhoudings-swaai-uit-vir-die-slaggate\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Verhoudings: Swaai uit vir hierdie slaggate<\/a><\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens kom ongelukkig nie jou eie verlore deel so gou agter as wat jou maat dit raaksien nie,\u201d s\u00ea Kobus. \u201cAs jou maat vir jou sou uitwys dat jy nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie, wil jy dit ook nie hoor nie. Die sleutel is dat julle na mekaar moet luister en oop vir dialoog moet wees. As dit na harde werk voel, is dit grotendeels omdat jy eers jou vrees vir kritiek moet oorkom.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Reageer op mekaar<\/h4>\n<p>Studies bewys ook dat verhoudings baie krisisse kan deurstaan as mense op mekaar se toenadering reageer, soos as jou maat jou in die verbygaan aanraak en jy kyk op en glimlag. Of as julle in die bed l\u00ea en jy skuif jou voet teen syne en hy erken dit met \u2019n beweging van syne. Kobus s\u00ea navorsing het getoon dat as jy op 80% van hierdie \u201cimpulse\u201d reageer, dit jou verhouding kan red, selfs as ander aspekte van die huwelik nie so gesond is nie. Maar as jy op so min as 30% reageer, het dit \u2019n negatiewe impak op die huwelik.<\/p>\n<p><strong>Blaas nuwe lewe in jul verhouding<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Luister \u2019n slag.<\/strong> Dis goed en wel om oor jul probleme te praat, maar soms is dit belangriker om te luister wat jou maat te s\u00ea het. Moenie net brand om jou eie storie te vertel nie.<\/li>\n<li><strong>Verandering bring vars pret<\/strong>. \u201cOnthou, die bekende maak verliefdheid dood,\u201d waarsku Kobus. \u201cJy moet die onbekende skep om passie te laat opvlam. Moenie oor en oor dieselfde dinge doen en by dieselfde restaurant gaan eet en op dieselfde plek vakansie hou nie.<\/li>\n<li><strong>Wat is my aandeel?<\/strong> Gee elke nou en dan \u2019n tree terug en kyk wat jou aandeel in jul droom of nagmerrie is. Dalk sluit jy jouself deur een of ander optrede (soos deur eindeloos televisie te kyk) uit die verhouding uit omdat dit nie lekker is nie. Vra jou af wat jy kan doen om die verhouding te verbeter.<\/li>\n<li><strong>Leer om liefde te ontvang.<\/strong> Dis net so belangrik om liefde te ontvang as te gee, s\u00ea Kobus. Die maniere waarop julle liefde gee, verskil ook vanwe\u00eb die manier waarop julle grootgeword het. Leer om jou maat se liefde en geskenke in die regte gees te ontvang.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-beter-oor-seks-te-praat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoe om beter oor seks te praat<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_107422\" style=\"width: 650px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-107422\" class=\"size-full wp-image-107422\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/pexels-photo-1378723.jpeg\" alt=\"Bel\u00ea in jou huwelik\" width=\"640\" height=\"959\" \/><p id=\"caption-attachment-107422\" class=\"wp-caption-text\">pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hanteer konflik s\u00f3<\/h4>\n<p>Elsabe van Niekerk is \u2019n pastorale berader van Randburg en help baie paartjies ter voorbereiding vir die huwelik, verryking binne \u2019n verhouding, sowel as krisishantering. Sy gee raad oor hoe om jou verhouding op \u2019n goeie voet te hou.<\/p>\n<p>Konflikhantering is gewoonlik die lakmoestoets vir die verhouding. Hanteer dit reg en die verhouding groei, s\u00ea Elsabe. Hanteer dit verkeerd, en jy kry vervreemding en beland in \u2019n doodloopstraat.<\/p>\n<p><strong>Hier is \u2019n lysie re\u00ebls wat baie pyn en lyding kan voorkom.<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li><strong>Wag \u2019n bietjie:<\/strong> As emosies hoog loop, loop adrenalien ook hoog, en s\u00ea of doen jy maklik iets waaroor jy later spyt is. Maak binne 24 uur \u2019n afspraak met mekaar waar julle albei kalm gaan wees, en s\u00ea vooraf waaroor jy kwaad is.<\/li>\n<li><strong>Identifiseer die kwessie<\/strong>: Identifiseer die probleem sodat jou maat ook daaroor kan dink. Soos: \u201cDit maak my baie ongelukkig as jy my in die steek laat sonder om my vooraf van veranderinge in jou program te vertel.\u201d<\/li>\n<li><strong>Kies die regte tyd:<\/strong> Moenie die saak aanroer as albei reeds laat is vir werk nie, of sodra die ander een saans stokflou by die huis instap nie. Dit moet \u2019n rustige tyd wees waar albei op die probleem kan fokus.<\/li>\n<li><strong>Kies die regte plek:<\/strong> Moenie mekaar in die openbaar in \u2019n restaurant takel nie. Hier is geen wenners nie.<\/li>\n<li><strong>Begin altyd positief:<\/strong> Ja, al is dit moeilik. Soos: \u201cEk weet dat jy baie hard werk en ek waardeer dit &#8230; \u201d<\/li>\n<li><strong>Bly by die kwessie:<\/strong> Moenie oor ander goed ook begin baklei nie, anders gaan hierdie een ook soos \u2019n rondomtalie geen eindpunt h\u00ea nie.<\/li>\n<li><strong>Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie:<\/strong> Sit \u2019n wag voor jou mond en kyk eerder vorentoe as agtertoe.<\/li>\n<li><strong>Moenie mekaar se persoonlikhede aanval nie:<\/strong> Of name noem nie.<\/li>\n<li><strong>Respekteer dit wat vir die ander een belangrik is:<\/strong> Moenie jou maat se punt afmaak as dit nie vir jou so \u2019n belangrike kwessie is nie.<\/li>\n<li><strong>Moenie beledigend wees of skel nie:<\/strong> As jy die grense oorskry, is dit vir jou maat maklik om dieselfde te doen.<\/li>\n<li><strong>Moenie emosionele speletjies speel nie:<\/strong> Bly weg van uitsprake soos: \u201cEk kan mos niks reg doen nie.\u201d \u201cEk is altyd verkeerd.\u201d<\/li>\n<li><strong>Moenie passiewe aggressiewe gedrag openbaar nie:<\/strong> Moenie jou aksies gebruik om jou woede op \u2019n ander manier te toon nie. Dus, moenie aspris stadig regmaak vir \u2019n geselligheid sodat julle laat is nie.<\/li>\n<li><strong>Moenie in die regter se stoel klim nie:<\/strong> \u201cHoe kon jy dit aan my doen?\u201d \u201cHoekom het jy my verneuk?\u201d Los die veroordeling en probeer liewer \u2019n oplossing kry.<\/li>\n<li><strong>Vermy \u2019n driehoek:<\/strong> Moenie \u2019n derde persoon as getuie by jul konflik insleep om te \u201cgetuig\u201d nie. Julle moet dit oplos.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vyf planne vir \u2019n gesonder verhouding<\/h4>\n<ul>\n<li><strong>Skep lekker tye.<\/strong> Maak seker julle het genoeg lekker tye saam. Maar dit verg beplanning. Maak \u2019n re\u00ebling dat elkeen \u2019n beurt kry om een keer per maand (of week) iets lekkers te beplan. Werk vooraf \u2019n begroting uit as geld skraps is.<\/li>\n<li><strong>Konflik is nie sleg nie.<\/strong> Dit hang af hoe jy dit oplos. Konflik wys die skaafplekkies in die verhouding uit, en gee jou die geleentheid om dit op te los voor dit \u2019n monster word. As julle verskille positief kan oplos, verbeter jul intimiteit.<\/li>\n<li><strong>S\u00ea hoe jy voel.<\/strong> Behoeftes in die huwelik moet duidelik uitgestippel word. Moenie verwag jou maat moet aanvoel iets is fout, of wat jou verwagtings is nie.<\/li>\n<li><strong>Seks is baie belangrik.<\/strong> Almal het verskillende behoeftes en dit kan tot onmin en vervreemding lei as julle nie aandag daaraan gee nie. Praat daaroor om \u2019n balans te kry wat vir albei werk.<\/li>\n<li>Paartjies moet leer om hul <strong>verskillende persoonlikhede positief aan te wend.<\/strong> Die een wat georganiseerd is, moet dalk eerder die administrasie doen.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bel\u00ea in jou huwelik deur Anet Schoeman &nbsp; Het jy al ooit gewens jy het aanwysings saam met jou trouring gekry sodat jul huwelik op geoliede wiele kon loop? As jou huwelik vir jou onhoudbaar geword het, moet jy mooi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":97833,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[135,825,1515,23443,37516,60333],"class_list":["post-97819","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-liefde","tag-trou","tag-relationships","tag-love","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Bel\u00ea in jou huwelik | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bel\u00ea in jou huwelik | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bel\u00ea in jou huwelik deur Anet Schoeman &nbsp; Het jy al ooit gewens jy het aanwysings saam met jou trouring gekry sodat jul huwelik op geoliede wiele kon loop? As jou huwelik vir jou onhoudbaar geword het, moet jy mooi [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-02-05T12:11:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/bele-in-huwelik.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1020\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"680\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Bel\u00ea in jou huwelik\",\"datePublished\":\"2019-02-05T12:11:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/\"},\"wordCount\":1800,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/bele-in-huwelik.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"Liefde\",\"trou\",\"relationships\",\"love\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/\",\"name\":\"Bel\u00ea in jou huwelik | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/bele-in-huwelik.jpg\",\"datePublished\":\"2019-02-05T12:11:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/bele-in-huwelik.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/06\\\/bele-in-huwelik.jpg\",\"width\":1020,\"height\":680},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bele-in-jou-huwelik\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Bel\u00ea in jou huwelik\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bel\u00ea in jou huwelik | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Bel\u00ea in jou huwelik | rooi rose","og_description":"Bel\u00ea in jou huwelik deur Anet Schoeman &nbsp; Het jy al ooit gewens jy het aanwysings saam met jou trouring gekry sodat jul huwelik op geoliede wiele kon loop? As jou huwelik vir jou onhoudbaar geword het, moet jy mooi [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-02-05T12:11:58+00:00","og_image":[{"width":1020,"height":680,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/bele-in-huwelik.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Bel\u00ea in jou huwelik","datePublished":"2019-02-05T12:11:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/"},"wordCount":1800,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/bele-in-huwelik.jpg","keywords":["Verhoudings","Liefde","trou","relationships","love","jou lewe"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/","name":"Bel\u00ea in jou huwelik | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/bele-in-huwelik.jpg","datePublished":"2019-02-05T12:11:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/bele-in-huwelik.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/06\/bele-in-huwelik.jpg","width":1020,"height":680},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Bel\u00ea in jou huwelik"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97819","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97819"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97819\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/97833"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97819"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97819"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97819"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}