{"id":97814,"date":"2024-04-25T22:19:56","date_gmt":"2024-04-25T20:19:56","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97814"},"modified":"2024-04-25T22:34:54","modified_gmt":"2024-04-25T20:34:54","slug":"as-die-onheil-jou-tref","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/","title":{"rendered":"As die onheil jou tref"},"content":{"rendered":"\n<p><em>Deur Anys Rossouw<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die alledaagse onweer hanteer \u2019n mens maar teen wien dank. Maar as \u2019n orkaan van rampe, geweld of misdaad jou tref, kan die stormskade jou reddeloos laat en word jy vasgevang in \u2019n maalkolk waarin jy beheer verloor.<\/p>\n\n\n\n<p>N\u00e1 \u2019n ernstige ongeluk word die beseerdes gehospitaliseer, bene word gespalk en die wonde word daagliks versorg. Dit gebeur meestal nie met emosionele wonde nie. Daarom laat traumas mense dikwels emosioneel stukkend met \u2019n gebreekte geborgenheidsgevoel, selfwaarde en geloof in mense. Jou w\u00eareldbeeld en lewensbeskouing dat mense tog goed is, dat jy tog veilig en dinge in orde is, het verkrummel. Dan voel jy weerloos en uitgelewer aan onvoorspelbare en onbeheerbare magte en ervaar verskrikking, vrees, magteloosheid en verlies aan beheer en vryheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons lewe ongelukkig in \u2019n samelewing waar traumas aan die orde van die dag is. Soveel mense word daagliks aan gebeure soos kapings, huisbraak, gewapende roof, ongelukke, rampe, vloede, moord en seksuele misdrywe blootgestel, hetsy as \u2019n bedreigde, oorlewende of as ooggetuie. Talle middeljarige Suid-Afrikaanse mans loop nou nog met die emosionele letsels van die bosoorlog wat hulle in hul jeug op die grens opgedoen het.<\/p>\n\n\n\n<p>Sielkundige trauma word bestempel as \u2019n ervaring van vrees, hulpeloosheid of verskrikking wanneer jy skielik en onverwags aan potensieel lewensgevaarlike gebeure blootgestel word wat buite jou beheer is.<\/p>\n\n\n\n<p>Party mense hanteer en verwerk \u2019n trauma heeltemal toereikend sonder professionele hulp, net met die hulp en ondersteuning van geliefdes en vriende. Om met vrees te reageer en daarna vir \u2019n tydperk meer waaksaam en op jou hoede te wees, is normaal. Maar vir ander is dit baie traumaties en post traumatiese stres sindroom ontwikkel wat die mens se normale funksionering inperk.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-4224ca128ebc5feafddcc2ee41b9528f\"><strong>Dr. Mark Creamer van die Universiteit van Melbourne in Australi\u00eb, gee \u2019n lys van tipiese reaksies op \u2019n trauma.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Skok. Jy kan nie glo wat gebeur het nie. Dit voel onwerklik en jy voel gevoelloos en ge\u00efsoleerd van mense en gebeure.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy voel bang en angstig oor baie dinge, ook oor jou eie en jou gesin se veiligheid en vir \u2019n herhaling van die gebeure.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy ervaar woede, ge\u00efrriteerdheid en oorsensitiwiteit teenoor mense, dinge en die onregverdigheid en koester wraakgedagtes.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy is depressief en hartseer oor die materi\u00eble en emosionele verliese.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy is skaam oor wat gebeur het, jou hantering daarvan en jou gevoel van hulpeloosheid.<\/li>\n\n\n\n<li>Slaappatrone verander. Jy is rusteloos, kan dikwels nie slaap nie en kry nagmerries.<\/li>\n\n\n\n<li>Daar is fisieke probleme soos hiperwaaksaamheid en bewustheid van geluide, moegheid, hiper- of onderaktiwiteit, hartkloppings, spierspanning, bewerasie, hoof- en ander pyne, asemhalingsprobleme, naarheid, diarree of hardlywigheid.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy kry terugkerende, indringende gedagtes en beelde van die gebeure; jy herleef die emosie en gebeure; jy probeer om die pynlike gedagtes uit te blok en daar is \u2019n onvermo\u00eb tot perspektief en om jou kop af te skakel.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy is verward en verbouereerd en sukkel om te konsentreer en te onthou. Dis ook moeilik om besluite te neem en probleme te hanteer.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy het sosiale probleme, onttrek jou van mense, voel ge\u00efrriteerd en emosioneel dood en stel nie meer in normale aktiwiteite en stokperdjies belang nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy wil nie werk toe gaan nie en is ongemotiveerd.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy rook meer, gebruik meer alkohol of dwelms, eet minder of meer, of verloor jou lus vir aktiwiteite wat voorheen lekker was.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Gewoonlik sal di\u00e9 reaksies oor \u2019n tydperk van \u2019n paar weke verminder. Maar vir party mense neem dit maande, soms jare, en raak dit erger as hulle aan die trauma herinner word. Dr. Creamer s\u00ea jy moet hulp kry as die simptome erg is en langer as vyf tot ses weke duur. Dis nie \u2019n teken van swakheid of dat jy jou kop verloor het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Traumas verwond mense. Maar hoe hulle die pyn ervaar, hanteer en verwerk, verskil. Party hanteer dit met groot emosionaliteit, ander met rasionaliteit, ontkenning of onderdrukking. Dis vir hoogs sintuiglike, sensitiewe of angstige mense dikwels moeiliker om sulke gebeure te verwerk. Mense wat ook nog met ander persoonlike of finansi\u00eble probleme worstel, kan di\u00e9 trauma kwalik ook nog hanteer. Sulke mense het gewoonlik professionele hulp van \u2019n kundige of \u2019n ondersteuningsgroep nodig.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-82af202695cedc78acf258bac349d32c\"><strong>\u2019n Nagmerrie-ondervinding<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <strong style=\"font-style: italic;\">*Neem kennis; hierdie inhoud is ontstellend en bevat <\/strong><strong><em>&#8216;n grusame v<\/em><\/strong><em><strong>ertelling van geweld en seksuele aanranding. <\/strong><\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Markus* het op \u2019n Vrydagaand n\u00e1 \u2019n kuier in Polokwane op pad huis toe by \u2019n verkeerslig stilgehou en \u2019n sigaret aangesteek.<\/p>\n\n\n\n<p> <br>\u201cDie volgende oomblik het iemand \u2019n rewolwer teen my kop gedruk. Die motor het geruk en teen die randsteen gestol. Daar was \u2019n paar booswigte. Hulle het twee skote afgevuur en my platgedruk. Met my trui oor my kop het hulle met my weggery en by die openbare swembad stilgehou. Daar het \u2019n groot man my rondgepluk en met sy kop geslaan. Daarna het hulle \u00earens op \u2019n grondpad gery en stilgehou.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cToe maak ek \u2019n fout. Ek het uitgespring, die naaste ou geslaan en gehardloop. So twintig meter verder het iemand my bene onder my uitgeskop. Toe bars die hel los. Ek is verwoed geskop, geslaan, hulle het op my kop getrap en my klere van my lyf geskeur. Hulle het ook \u2019n stok in my anus opgedruk, waarvoor ek later sestien steke moes kry. Ek was bebloed en my tande was los. Ek is nakend teruggedruk in die motor met my kop tussen my bene reg by die handrem. Ek het by tye my bewussyn verloor.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHulle het weer gery en op pad die pinnommers van my kaarte ge\u00ebis, wat ek gegee het. Toe hulle dit nie regkry om geld te trek nie, het hulle woedend twee skote reg langs my kop deur die vloer van die motor geskiet sodat ek die teerpad kon sien. Dat ek saamgewerk het, was my behoud.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie mans het my weer geskop, my skouers ontwrig, my hande vasgemaak en agterin die kattebak gegooi. Daar het ek kort-kort my bewussyn verloor. Ek was so bang ek sterf, want my saak met God en my kinders was nie reg nie. Boonop het die een ou heeltyd vir my ges\u00ea hy kan nie wag om my te skiet nie.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHulle het kort-kort gestop, uitgeklim, mense op- en afgelaai en verder gejaag. Later kon ek aan die verkeer hoor ons is in \u2019n stad. Die pyn was toe erger as my vrees vir die dood. Iewers het ek gesmeek vir iets om te drink. Ek het \u2019n louwarm Hunters gekry en aan die omgewing gesien ons is in Hillbrow en dat dit al skemer is. Ek was al \u2019n hele dag in die kattebak. Toe laai hulle twee hondjies saam met my in die kattebak.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVoor het hulle ge\u00ebet, gedrink en dagga gerook en later in die kar opgegooi. Iewers het hulle die kar gestamp dat ek net hoor ligte breek.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cSondagoggend halfdrie toe blaas die turbo en die kar gaan staan en ek hoor hoe redeneeer hulle of hulle my gaan skiet of nie. Ek het \u2019n pistool hoor span. Maar hulle het my net daar in die kattebak gelos &#8211; waar \u2019n vlugsersant my later gekry het. Ek kon nie staan nie, ek het te veel pyn gehad.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cBy die polisie het ek nie hulp gekry nie, daar is ek erger getraumatiseer en verneder. Hulle wou nie my storie glo nie. Hulle het dit eers geglo toe die bank al die plekke van onttrekkings op my kaart bewys het. Ek moes by die polisie my broek aftrek en op \u2019n stoel staan, terwyl hulle vir my lag en vra of dit lekker was. Toe skop \u2019n polisieman die stoel onder my uit dat ek val. Dit was asof ek die krimineel was.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cNou, n\u00e1 maande sukkel ek steeds met pyn en sit ek moeilik. Ek kan nie slaap nie, ek voel soos \u2019n zombie \u2013 heeltemal emosieloos. My hele lewe het verander: Ek het my werk verloor, ek kan nie meer oefen nie. As iemand net vir my kyk, raak ek beangs en wonder: is dit dalk hy? Ek voel kwaad en wil wraak neem. Ek is beangs dat iets met my gesin kan gebeur. Ek sukkel met my verhouding met God. Dit voel of Hy nie na my behoeftes luister nie. Dan voel ek weer skuldig, want ek lewe en het weer werk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p><br><em>*\u2019n Skuilnaam is gebruik en die verhaal is met die betrokkene se goedkeuring vertel.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-2c7d27cb295b8833cce719f27c57cbc2\"><strong>Goeie terapie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p>Oogbewegingsintegrasieterapie (eye movement integration, of EMI) is een van die terapie\u00eb wat in traumaberading gebruik word. Di\u00e9 doeltreffende tegniek het uit die Neuro-linguistiese programmering-beweging ontwikkel om posttraumatiese stres, angstoestande en negatiewe en beperkende gedagtepatrone te behandel.<\/p>\n\n\n\n<p>Navorsers glo dat trauma die liggaam en brein oorstroom met streshormone wat met die mens se funksionering inmeng. Dit blokkeer sy vermo\u00eb om die trauma te hanteer omdat die gebeure in \u2019n angsvorm in die brein geb\u00eare is. Enige herroeping daarvan word met dieselfde emosionele intensiteit belewe. Dit stuit die slagoffer om die ervaring as onbedreigend en as deel van die verlede te ervaar. Wanneer die persoon aan die trauma herinner word, ervaar hy dit weer as terugflitse, nagmerries of angstigheid en angsaanvalle.<\/p>\n\n\n\n<p>In EMI-terapie laat die terapeut die slagoffer aan die trauma dink terwyl hy met sy o\u00eb bewegings op die voorgrond volg. Oogbewegings word geassosieer met die prosessering van spesifieke soorte inligting in die brein. Di\u00e9 tegniek help om die gebeure in die brein te herprosesseer sonder die traumatiese ervarings en bring dikwels vinnige en dramatiese veranderinge.<\/p>\n\n\n\n<p>Trauma is nie veronderstel om ons te breek nie, maar gee ons die onwelkome geleentheid om te leer om stresvolle lewensuitdagings te hanteer en innerlik sterker te raak. Berading versnel meestal die gesondword-proses. Maar wonde, of dit binne of buite is, neem tyd om te heel.<\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-vivid-red-color has-text-color has-link-color has-medium-font-size wp-elements-35af6d55c2f203d8d4a9ac0106434082\"><strong>Wat kan help<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Erken dat jy \u2019n uiters stresvolle ervaring beleef het en dat jou reaksie \u2019n normale reaksie op abnormale gebeure is.<\/li>\n\n\n\n<li>Aanvaar ander se praktiese en emosionele hulp. Praat en praat oor die gebeure \u2013 dis die heel beste medisyne.<\/li>\n\n\n\n<li>Konfronteer wat gebeur het stukkie vir stukkie.<\/li>\n\n\n\n<li>Besef jy is nou meer weerloos vir ander probleme.<\/li>\n\n\n\n<li>Sorg vir jou veiligheid. Kry rus en oefening. Leer ontspanningstegnieke deur asemhalingsoefeninge, diep spierontspanning, meditasie of joga.<\/li>\n\n\n\n<li>Gee jouself toestemming om af te voel en tyd vir herstel. Moenie vir jouself s\u00ea jy is mal nie \u2013 jy het gewoon normale reaksies.<\/li>\n\n\n\n<li>Moenie jouself blameer vir wat gebeur het nie. As jy vooraf geweet het wat sal gebeur, kon jy dit dalk vermy. Maar jy het nie geweet nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Struktureer jou tyd en probeer met jou normale lewe aangaan en dinge doen wat lekker en betekenisvol is. Maar moenie die simptome vermy of verdoof nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Vermy stimulante soos koffie, koladrankies en sigarette \u2013 jou liggaam is reeds oorgestimuleer. Vermy alkohol en pille as verdowing.<\/li>\n\n\n\n<li>Wees goed vir jouself, maar moenie in di\u00e9 tyd belangrike lewensbesluite neem nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Dis nodig om deur die emosies te werk en weer jou gevoel van veiligheid en sekuriteit te herstel. Dit vra veel meer as net om jouself reg te ruk en aan te gaan. Dikwels is professionele hulp nodig.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p> <\/p>\n\n\n\n<p> <strong>Lees ook: <\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/\">Kruispaaie \u2013 hoe jy krisistye kan oorleef<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die alledaagse onweer hanteer \u2019n mens maar teen wien dank. Maar as \u2019n orkaan van rampe, geweld of misdaad jou tref, kan die stormskade jou reddeloos [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":144584,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662,1],"tags":[],"class_list":["post-97814","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","category-funksie-artikels"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>As die onheil jou tref | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons leef in \u2019n land waar mense elke dag vermoor, beroof, gekaap, verkrag word. Dit verwond die slagoffers ook emosioneel. Hoe gemaak met di\u00e9 pyn en verwarring?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"As die onheil jou tref | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons leef in \u2019n land waar mense elke dag vermoor, beroof, gekaap, verkrag word. Dit verwond die slagoffers ook emosioneel. Hoe gemaak met di\u00e9 pyn en verwarring?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-04-25T20:19:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-04-25T20:34:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-rdne-6669922.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"As die onheil jou tref\",\"datePublished\":\"2024-04-25T20:19:56+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-25T20:34:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/\"},\"wordCount\":1851,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-rdne-6669922.jpg\",\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\",\"Funksie artikels\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/\",\"name\":\"As die onheil jou tref | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-rdne-6669922.jpg\",\"datePublished\":\"2024-04-25T20:19:56+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-25T20:34:54+00:00\",\"description\":\"Ons leef in \u2019n land waar mense elke dag vermoor, beroof, gekaap, verkrag word. Dit verwond die slagoffers ook emosioneel. Hoe gemaak met di\u00e9 pyn en verwarring?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-rdne-6669922.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-rdne-6669922.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-onheil-jou-tref\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"As die onheil jou tref\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"As die onheil jou tref | rooi rose","description":"Ons leef in \u2019n land waar mense elke dag vermoor, beroof, gekaap, verkrag word. Dit verwond die slagoffers ook emosioneel. Hoe gemaak met di\u00e9 pyn en verwarring?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"As die onheil jou tref | rooi rose","og_description":"Ons leef in \u2019n land waar mense elke dag vermoor, beroof, gekaap, verkrag word. Dit verwond die slagoffers ook emosioneel. Hoe gemaak met di\u00e9 pyn en verwarring?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-04-25T20:19:56+00:00","article_modified_time":"2024-04-25T20:34:54+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-rdne-6669922.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"As die onheil jou tref","datePublished":"2024-04-25T20:19:56+00:00","dateModified":"2024-04-25T20:34:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/"},"wordCount":1851,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-rdne-6669922.jpg","articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe","Funksie artikels"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/","name":"As die onheil jou tref | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-rdne-6669922.jpg","datePublished":"2024-04-25T20:19:56+00:00","dateModified":"2024-04-25T20:34:54+00:00","description":"Ons leef in \u2019n land waar mense elke dag vermoor, beroof, gekaap, verkrag word. Dit verwond die slagoffers ook emosioneel. Hoe gemaak met di\u00e9 pyn en verwarring?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-rdne-6669922.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-rdne-6669922.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-onheil-jou-tref\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"As die onheil jou tref"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97814","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97814"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97814\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/144584"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97814"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97814"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97814"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}