{"id":97808,"date":"2024-12-18T11:57:18","date_gmt":"2024-12-18T09:57:18","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97808"},"modified":"2024-12-18T12:06:50","modified_gmt":"2024-12-18T10:06:50","slug":"kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/","title":{"rendered":"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk"},"content":{"rendered":"<p><em>Kyk nuut na jou huwelik deur Mariette Snyman. Hooffoto: iStock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/bernardbodo?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">bernardbodo<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kyk nuut na jou huwelik<\/h4>\n<p>N\u00e1 werk hou meneer Smit voor die huis stil. Sodra sy voet aan die stoeptrappie raak, maak mevrou Smit die deur met \u2019n warm glimlag oop. Sy lyk vars, ruik hemels en vra wat hy wil drink.<\/p>\n<p>In die woonkamer skop meneer Smit sy skoene uit. Die kinders kom groet en gaan lawaai elders verder. Die hond moet maar tot later wag; \u2019n man wat heeldag gewerk het, het rus en vrede nodig.<\/p>\n<p>Mevrou Smit sit \u2019n rukkie by haar man en vra na die dag se gebeure uit. Dan gee sy hom die koerant en verdwyn kombuis toe om sy gunstelinggereg te gaan afrond.<\/p>\n<p>Voel di\u00e9 prentjie bekend? Of laat dit jou aan \u2019n fliektoneel uit die jaar gunter dink?<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-beter-met-jou-lewensmaat-te-kommunikeer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om beter met jou lewensmaat te kommunikeer<\/a><\/p>\n<p>Huwelike en die rolle wat mans en vroue daarin speel, het ingrypend verander. Die tradisionele opset met die man as broodwinner en die vrou as voltydse ma en eggenoot, oorheers lank nie meer die toneel nie. Huwelike waar vroue die broodwinner is en hul mans na die huishouding en kinders omsien, word algemener, en tussen di\u00e9 twee uiterstes l\u00ea daar \u2019n rits moontlikhede.<\/p>\n<p>\u201cWanneer huwelike ter sprake kom, praat ek nie graag van geslagsrolle nie,\u201d s\u00ea Joke Nicol, Pretoriase verhoudingsterapeut en skrywer van Naak en naby, Ruimte vir twee en Liefde, seks en die hele kaboedel.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/valentynstroos-3-maniere-om-jou-ou-geliefde-in-n-nuwe-lig-te-sien\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om jou geliefde met nuwe o\u00eb te sien<\/a><\/p>\n<p>\u201cEk praat eerder van onderhandelde rolle en werkverdeling, omdat sekere take nie meer prim\u00ear aan die man of vrou toegedig word nie. Vroe\u00ebr was ma\u2019s vir die fisieke \u00e9n emosionele versorging van die gesin verantwoordelik. Vandag kan dit gebeur dat een ouer na die kos en klere omsien, terwyl die ander een die hoofrol in die kinders se emosionele ontwikkeling speel &#8211; heel moontlik die pa.\u201d<\/p>\n<p>Dis maar een van die maniere waarop die kant-en-klaar-bedeling waarmee baie van ons grootgeword het, \u2019n nuwe gesig gekry het.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat gaan regtig in jou man se kop aan?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135608 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/keith-tanner-iDBf7a9pn7s-unsplash-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vroe\u00ebr vas, nou vloeibaar<\/h4>\n<p>Die skuif weg van die tradisionele stelsel, wat volgens Joke vir sommige pare sowat twintig jaar terug begin het en steeds toeneem, is ingrypender as wat ons dalk besef.<\/p>\n<p>Waar die \u201cou\u201d stelsel met sy outorit\u00eare inslag duidelik omlyn was, kan die \u201cnuwe\u201d, demokratieser stelsel \u2019n magdom vorme aanneem. \u201cMan- en vrourolle het wegbeweeg van die stereotipe verwagtings na \u2019n oper rolverdeling. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel volgens elkeen se aard en die konteks waarin hulle hul bevind. Alles word moontlik: die man kan inkopies doen en kos maak, die vrou kan gras sny en \u2019n onderneming behartig.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bele-in-jou-huwelik\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\"> Bel\u00ea s\u00f3 in jou huwelik<\/a><\/p>\n<p>Baie van ons besef nie eens dat ons ons pad in di\u00e9 sin oopkap nie. Ons gee die eerste huwelikstre\u00eb met sterre in die o\u00eb, wonderlike verwagtings en die onvermydelike programmering van ons grootwordjare wat inherent die saadjies van spanning dra.<\/p>\n<p>\u201cDie ouerhuis is ons eerste leerskool waar ons leer om die lewe te hanteer. Een word byvoorbeeld geleer om op haar regte te staan, terwyl haar maat geleer word om die minste te wees. \u2019n Ander word weer geleer beplan en orden, en sy maat om dinge te vat soos dit kom. In \u2019n groot mate word ons dink en doen geprogrammeer.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leer-hoe-om-selfgeldend-te-wees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Leer nou hoe om selfgeldend te wees<\/a><\/p>\n<p>Dit geld nie net persoonlike optrede nie, maar ook ons uitkyk op die huwelik. \u201cDalk was jou ma die dominante een in jul gesin wat alles georganiseer het. Trou jy met \u2019n man wie se pa altyd die leiding geneem het, kan dit tot \u2019n magstryd lei. Dieselfde geld twee mense wat onderskeidelik grootgemaak is om gevoelens vry uit te druk en om emosioneel beheersd te wees. Een sal raas en blaas as sy kwaad is, terwyl die ander in sy dop sal kruip. Hoe meer jul raamwerke verskil, hoe groter die konflikpotensiaal.\u201d<\/p>\n<p>Hoewel vorige geslagte ook met verskille in programmering te make gehad het, was die geslagrolle sterker vasgel\u00ea, wat meer duidelikheid en minder beweegruimte beteken het. Omdat mans die hoofgesagdraers was, het hul programmering voorrang geniet. Van vroue is verwag om hierby in te val. Hulle het meestal te min gesag gehad om die huisre\u00ebls te hervorm.<\/p>\n<p>Sedertdien het baie verander. Gesagstrukture dwarsoor die samelewing het minder outorit\u00ear geword. Vroue het toenemend begin werk, bestuursposisies ingeneem en hulle in sogenaamde mansberoepe laat geld. Die klem het sterker op beroepsbevrediging as die aanvul van die gesin se inkomste begin val. Baie mans het meer intens by hul kinders betrokke geraak, vanaf die oomblik wat die kleinding die eerste skreetjie in die kraamsaal gee.<\/p>\n<p>Op gesinsvlak beteken dit dat vroue meer van \u2019n s\u00ea het. Hul programmering weeg net so swaar soos di\u00e9 van hul mans. Nie een van die twee geslagte hoef meer by rigiede rolverwagtings in te val nie, en oor werkverdeling kan hulle saam besluit.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-dinge-waaroor-elke-paartjie-moet-praat-vir-n-gelukkiger-verhouding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">10 dinge waaroor elke paartjie moet praat vir \u2019n gelukkiger verhouding<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Twee kernvrae wat paartjies hulle gerus kan afvra, is:<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Hoe verskil ons programmering en hoe hanteer ons dit?<\/li>\n<li>Watter werkverdeling gaan elkeen van ons en ons gesin die beste pas?<\/li>\n<\/ol>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pasop-om-wie-jy-by-die-werk-is-huis-toe-te-neem\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Pasop om jou werk-self huis toe te neem<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135606 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/priscilla-du-preez-aPa843frIzI-unsplash-400x600.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons is albei \u2018reg\u2019<\/h4>\n<p>Dis belangrik om die program onderliggend aan jou gedrag, optrede en reaksies te ken, s\u00ea Joke. \u201cSommige voorbeelde uit jou ouerhuis neem jy net so oor. Ten opsigte van ander slaan jy weer \u2019n teenoorgestelde rigting in. Maar n\u00e1 jare betrap jy jou dat jy \u2019n ding steeds soos jou ma of pa doen &#8211; al wil jy nie! Jy moet ook jou maat se program verstaan sodat jy die gedrag wat daaruit voortvloei met groter empatie kan hanteer.\u201d<\/p>\n<p>In \u2019n nabyverhouding is verskille &#8211; en frustrasie &#8211; \u2019n noodwendigheid. \u201cAs ek netjies is, gaan ek vies word as jy goed laat rondl\u00ea. Maar ek moet besef dis nie jou skuld dat ek kwaad word nie; dit gaan nie oor reg en verkeerd nie, maar oor jou manier en my manier wat nie altyd harmonieer nie.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/word-weer-hartsmaats\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Dis moontlik om weer hartsmaats te word<\/a><\/p>\n<p>Om hierdie frustrasie te hanteer, is kommunikasie nodig. En die tradisionele huwelikstelsel het oop kommunikasie moeilik gemaak. \u201cDie outorit\u00eare stelsel was, of is, \u2019n inpassisteem. As jy daarop ingekoop het, moes jy daarby inval. \u2019n Geslote stelsel skep geslote kommunikasie. Die een wat \u2018onder\u2019 staan &#8211; die vrou &#8211; is bang om haar te laat geld en die man te\u00eb te gaan. Die een wat \u2018bo\u2019 staan, is weer bang om kwetsbaar te wees.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-nie-hierdie-vakansie-te-baklei-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoe om nie te baklei wanneer julle vakansie hou nie<\/a><\/p>\n<p>\u201cIn my jare as terapeut het ek ervaar dat baie mense vanuit die outorit\u00eare stelsel konflik as riskant sien, en hul negatiewe gevoelens onderdruk. Hulle praat eerder nie daaroor nie. Hul kinders sien hulle selde verskil. N\u00e1 jare kom kla sommige die verhouding is dood. Dis vir hulle onverstaanbaar, want hulle is nie bakleierige mense nie. Intussen is dit die onderliggende negatiewe emosies wat verwydering bring. Dan vra ek: \u2018Hoe hanteer julle negatiewe gevoelens?\u2019\u201d<\/p>\n<p>Enige verandering in die huwelik, soos die koms van \u2019n baba of aftrede, maak dit nodig om die praktiese verdeling van take te heroorweeg. \u201cEn om die werkverdeling in \u2019n huwelik te herdefinieer, vra oop kommunikasie. Die take moet regverdig verdeel word deur elkeen se werklading in ag te neem. Een moenie swaarder as die ander dra nie.\u201d<\/p>\n<p>Hoe gemaak as die kommunikasie maar effentjies is? \u201cBerading kan baie help, veral om die proses tussen man en vrou te fasiliteer. Vroue s\u00ea dikwels hul mans sal nie kom nie, maar in 25 jaar se huweliksberading het ek net drie of vier mans gehad wat nie gekom het nie. Ek vra altyd om die man minstens een keer te sien sodat ek die vrou beter kan verstaan, of andersom. Dit werk goed.<br \/>\n\u201cMans raak al oper vir huweliksberading. Ek kry selfs mans wat aanvanklik sonder hul vroue kom.\u201d<\/p>\n<p>Waar berading nie haalbaar is nie, kan groter bewustheid en selfhelptegnieke ingespan word om kommunikasie met klein treetjies te verbeter. In Liefde, seks en die hele kaboedel gee Joke \u2019n paar wenke.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-jy-moet-weet-as-jou-maat-aspergers-het\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat jy moet weet as jou man Aspergers het<\/a><\/p>\n<p>Dis belangrik om te onthou dat verhoudingsmaats elk vanuit hul eie raamwerk optree. So s\u00ea Leon vir Lalie (wat reeds gefrustreerd voel oor hy so hard werk, baie weg is en haar afskeep &#8211; haar raamwerk): \u201cEk is bekommerd oor my base al meer druk op my plaas. Ek voel dikwels verskeur tussen my werk en gesin.\u201d<\/p>\n<p>Dit bevestig wat Lalie reeds bedreig, en sy antwoord: \u201cJou werk sal nog ons gesinslewe ru\u00efneer.\u201d<\/p>\n<p>Eintlik deel Leon sy innerlike worsteling. Hy gee seine dat hy wel gevoelig is vir die gesin. Lalie antwoord met \u2019n verwyt, omdat sy haar teen haar eie vrese blindstaar.<\/p>\n<p>Die manier waarop jy luister, bepaal of jou maat hom of haar vir jou gaan oopstel. Ware luister beteken dat jy werklik probeer raaksien wat jou maat in woorde, die gevoelstoon agter die woorde en deur lyftaal probeer oordra. Jy moet jou as \u2019t ware in die ander se \u201cprogram\u201d kan verplaas. Dit vra \u2019n doelbewuste besluit om veral \u2019n emosionele situasie met meer begrip te benader.<\/p>\n<p>Om j\u00f3\u00fa gevoelens en behoeftes eerlik te deel, kan net so moeilik wees &#8211; veral as jy sensitief is en bang voel dat jy, jou maat of jul verhouding skade sal ly as jy jou hart blootl\u00ea. Werklike oopstel bring pyn, maar dis die groeipyne in \u2019n verhouding wat mense mekaar op \u2019n dieper vlak laat ontdek.<\/p>\n<p>Hier kan \u2019n ek-boodskap help. Pleks van te s\u00ea: \u201cAl wat jy doen, is om heeldag voor die TV te l\u00ea!\u201d s\u00ea jy: \u201cEk voel ongelukkig oor jy so baie voor die TV sit. Ek bekommer dat jy nie by jou ander werk gaan uitkom nie.\u201d Jy fokus dus op jou belewenis en die effek wat jou maat se gedrag op jou het.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-dieper-betekenis-van-seks\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die dieper betekenis van seks<\/a><\/p>\n<p>In kommunikasie staan tydsberekening &#8211; wanneer albei rustig is &#8211; sentraal.<\/p>\n<p>Dis belangrik om spesifiek en konkreet te wees: \u201cGister was ek ontsteld toe jy laat kom\u201d is doeltreffender as \u201cJy is altyd laat.\u201d<\/p>\n<p>Omdat mans tradisoneel die \u201charde\u201d rol na buite moes vertolk terwyl vroue toegelaat is om kwetsbaar te wees, is mans dikwels minder in voeling met hul emosies. Hulle verkies \u2019n rasionele benadering. As vroue hul emosies meer rasioneel kan verwoord, kan dit begrip aanhelp, maar mans moet ook leer om hul innerlike belewenisse te erken en te deel. Die besef dat emosionele intimiteit vir baie vroue tot groter seksuele intimiteit lei, kan hulle aanspoor.<\/p>\n<p>Baie huwelikspaartjies het weens omstandighede of persoonlike oortuiging, die vastigheid verloor wat die tradisionele stelsel bied. In ruil daarvoor kry hulle die vryheid om hul eie werkverdeling te skep aan die hand van wie elkeen regtig is. Om dit met goeie gevolg te doen, vra insig, oopheid, eerlikheid, deursettingsvermo\u00eb, kreatiwiteit en \u2019n goeie skoot genade.<\/p>\n<p>Uiteindelik is dit om\u2019t ewe watter toneel hom afspeel wanneer Meneer en\/of Mevrou Smit van die werk af kom. Wat saak maak, is of dit \u2019n bewuste en gesamentlike skepping is &#8211; en of dit w\u00e9rk.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dis-moontlik-om-jou-huwelik-te-red\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Dis moontlik om jou huwelik te red<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-135610 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/zarina-iskarova-7NZU5I2BlIE-unsplash-480x600.jpg\" alt=\"\" width=\"480\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vyf stappe vir ware luister<\/h4>\n<p>Di\u00e9 stappe moet gereeld geoefen word, maar werp vrugte af:<\/p>\n<ol>\n<li>Maak oogkontak en gee jou volle aandag aan jou maat.<\/li>\n<li>Spie\u00ebl die boodskap terug met: \u201cVerstaan ek jou reg? \u2026\u201d<\/li>\n<li>Erken jou maat se gevoelens. Elkeen se gevoelens is sy werklikheid. Bekragtig (validate) dit. As jy s\u00ea, \u201cJy oorreageer\u201d, betree jy nie jou maat se w\u00eareld nie.<\/li>\n<li>Verstaan sy gevoelens deur met sy o\u00eb te kyk en met jou hart te voel.<\/li>\n<li>Aanvaar sy siening van die situasie; maak vrede daarmee.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lewe-jy-saam-met-n-beheervraat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lewe jy saam met \u2019n beheervraat?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Beter balans<\/h4>\n<ul>\n<li>Sake om aan te roer en uit te pluis as jy weet dat dit jou (of jou maat) gelukkiger kan maak:<\/li>\n<li>Hoe sien elkeen van julle \u2019n man en \u2019n vrou se rol? Verskil dit van die tradisionele sienswyse?<\/li>\n<li>\u2019n Gesin is \u2019n bedryf in die kleine en alles moet glad verloop. Maak \u2019n lys van al die huistakies en kyk wie wat behartig. Vergelyk dit met elkeen se beroepsbetrokkenheid. Trek jy of jou maat te swaar? Hoe kan die ander een, die kinders of iemand van buite help?<\/li>\n<li>Hoe word die kinders se versorging &#8211; prakties \u00e9n emosioneel &#8211; tussen julle verdeel?<\/li>\n<li>Het elkeen ruimte vir ontspanning en eie ontwikkeling?<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-pa-betrokke-ouerskap-is-goed-vir-pa-en-kind\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hoekom dit goed vir pa&#8217;s en kinders goed is wanneer pa&#8217;s meer betrokke is<\/a><\/p>\n<p><em>Joke Nicol se boeke is ongelukkig uit druk en net by tweedehandse boekwinkels te kry.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Huwelike het \u2019n nuwe gesig gekry. Jou geslag hoef nie meer te bepaal wie die inkopies in die huis doen of die kinders versorg nie. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel aan die hand van wie elkeen regtig is: die man kan kos maak en die vrou kan gras sny en \u2019n onderneming behartig. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":149952,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[135,23443,24736,60333],"class_list":["post-97808","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-relationships","tag-family","tag-jou-lewe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Huwelike het \u2019n nuwe gesig gekry. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel aan die hand van wie elkeen regtig is\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Huwelike het \u2019n nuwe gesig gekry. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel aan die hand van wie elkeen regtig is\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-12-18T09:57:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-12-18T10:06:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-cottonbro-4009036.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk\",\"datePublished\":\"2024-12-18T09:57:18+00:00\",\"dateModified\":\"2024-12-18T10:06:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/\"},\"wordCount\":2168,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-cottonbro-4009036.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"relationships\",\"family\",\"jou lewe\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/\",\"name\":\"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-cottonbro-4009036.jpg\",\"datePublished\":\"2024-12-18T09:57:18+00:00\",\"dateModified\":\"2024-12-18T10:06:50+00:00\",\"description\":\"Huwelike het \u2019n nuwe gesig gekry. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel aan die hand van wie elkeen regtig is\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-cottonbro-4009036.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/12\\\/pexels-cottonbro-4009036.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk | rooi rose","description":"Huwelike het \u2019n nuwe gesig gekry. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel aan die hand van wie elkeen regtig is","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk | rooi rose","og_description":"Huwelike het \u2019n nuwe gesig gekry. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel aan die hand van wie elkeen regtig is","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-12-18T09:57:18+00:00","article_modified_time":"2024-12-18T10:06:50+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-cottonbro-4009036.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk","datePublished":"2024-12-18T09:57:18+00:00","dateModified":"2024-12-18T10:06:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/"},"wordCount":2168,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-cottonbro-4009036.jpg","keywords":["Verhoudings","relationships","family","jou lewe"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/","name":"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-cottonbro-4009036.jpg","datePublished":"2024-12-18T09:57:18+00:00","dateModified":"2024-12-18T10:06:50+00:00","description":"Huwelike het \u2019n nuwe gesig gekry. Pare moet nou oor hul eie rolle en werkverdeling onderhandel aan die hand van wie elkeen regtig is","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-cottonbro-4009036.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/pexels-cottonbro-4009036.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kyk-nuut-na-jou-huwelik-en-laat-dit-vir-julle-werk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kyk nuut na jou huwelik en laat dit vir julle werk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97808","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97808"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97808\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/149952"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97808"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97808"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97808"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}