{"id":97005,"date":"2018-12-07T08:00:37","date_gmt":"2018-12-07T06:00:37","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=97005"},"modified":"2018-11-20T11:16:21","modified_gmt":"2018-11-20T09:16:21","slug":"beeld-van-n-vrou-colette","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: Colette"},"content":{"rendered":"<p><em> Beeld van \u2019n vrou: Colette deur Corlia Fourie<\/em><\/p>\n<p>Die Franse skrywer <strong>Colette<\/strong> is in die res van die w\u00eareld veral bekend vir <em>Gigi, Ch\u00e9ri<\/em> en die <em>Claudine<\/em>-stories. Maar in haar tuisland word sy en <strong>Proust<\/strong> nou as die oorspronklikste skrywers van die eerste helfte van die twintigste eeu beskou.<\/p>\n<p>Toe sy in 1954 op 81 oorlede is, is sy met \u2019n staatsbegrafnis vereer. Haar kis, met die Franse Driekleur daaroor gedrapeer, is in die binnehof van die Palais-Royal in Parys geplaas. Duisende mense het hul respek daar kom betoon.<\/p>\n<p>Colette was nie net bekend vir die manier waarop sy in haar werk grense verskuif het, vroulike seksualiteit verken en die politiek van gender oopgeskryf het nie, maar ook vir die goed wat sy in die gewone lewe aangevang het. Sy het nooit vir \u2019n skandaal teruggedeins nie.<\/p>\n<p>In Maart 2011, honderd jaar nadat <em>La Vagabonde<\/em>, (Engelse titel:<em> The Vagabond<\/em>) \u2019n verhaal oor liefde en eensaamheid in die Paryse konsertsale gepubliseer is, het die Britse resensent <strong>James Hopkin<\/strong> \u2019n gloeiende resensie oor die boek in <em>The Guardian<\/em> geskryf. En ge\u00ebindig met: \u201cHet die verhaal verouder? Glad nie. Hier is genoeg energie en vindingrykheid om enige stowwerige, outydse sjarme weg te blaas. Ek s\u00ea al jare lank dat niemand met soveel begrip oor verhoudings skryf soos Colette nie.\u201d In die eerste deel van die resensie s\u00ea hy kort en klaar: \u201c<em>She has more punch than Proust.\u201d<\/em> Voorwaar groot aanprysing.<\/p>\n<p><strong>Sidonie-Gabrielle Colette<\/strong> is op 28 Januarie 1873 op die dorpie Saint-Sauvear-en-Puisaye in Boergondi\u00eb op die Franse platteland gebore. Haar pa, Jules, \u2019n belasting-beampte, het haar aan die letterkunde bekend gestel, maar haar ma, Sidonie (Sido), het die grootste invloed op haar lewe gehad. Sido was hartstogtelik lief vir die natuur en het di\u00e9 liefde aan Colette oorgedra.<\/p>\n<p>Selfs op skool het Colette daarop aangedring dat sy net op haar van genoem word \u2013\u2019n Europese gewoonte wat gewoonlik tot seuns beperk is. (Maar haar van is ook \u2019n naam in Frankryk.)<\/p>\n<p>Op 16 het Colette haar pa op \u2019n reis na Parys vergesel en <strong>Henry Gauthier-Villars<\/strong> ontmoet. Hy het haar betower. Villars, of Willy soos hy bekend was, het teen sy bourgeoisie-familie gerebelleer en heel gemaklik in die Boheemse lewe van die <em>Belle \u00c9poque<\/em>-tydperk (\u201cdie mooi tyd\u201d) ingeglip. Hy het stories, rubrieke en musiekresensies geskryf en was reeds bekend toe hy die jong Colette ontmoet. Sy het hom met haar elfagtige sterk skoonheid en vitaliteit bekoor. Die biseksuele Willy het buiten gay verhoudings ook talle minnaresse gehad.<\/p>\n<p>Op twintig is Colette met hom getroud en sy is saam met hom Parys toe. Colette het ongetwyfeld gedink dat sy baie by hom (hy was 15 jaar ouer as sy) kon leer en was ook gevlei deur sy aandag.<\/p>\n<p>Maar sy het hom eers n\u00e1 die troue werklik leer ken toe sy elke dag alleen met net haar kat as geselskap in \u2019n klein, koue Paryse woonstelletjie moes bly terwyl hy mense (ook sy minnaresse) besoek het om volgens hom, vonke vir sy stories en rubrieke te kry. Saans het sy hom na die musieksale vergesel waar sy mansklere gedra het (in \u2019n tyd toe dit &#8211; buiten op die verhoog &#8211; verbied was).<\/p>\n<p>Henry se belangstelling in Colette, s\u00ea <strong>William H. Gass<\/strong> in <em>Three Photos of Colette<\/em>, was di\u00e9 van \u2019n skoolseun wat skoon sneeu bemors. Henry het Colette nie net verneder met sy gay verhoudings nie, maar hy het later selfs sy minnaresse na hul woonstel gebring waar hulle in Colette se klerekaste rondgekrap het. Een keer het Colette hom gevolg om hom op owerspel te betrap, maar toe sy hom in die omhelsing van \u2019n gestremde vroutjie sien, was sy so jammer vir die vrou dat sy dit daar gelaat het.<\/p>\n<p>Omdat daar iets met die stoof verkeerd was \u2013 iets wat Henry nie laat regmaak het nie \u2013 het Colette van neute en bonbons geleef. So ongelukkig was sy dat sy n\u00e1 net \u2019n jaar se huwelikslewe onverklaarbaar ernstig siek geword het.<\/p>\n<p>Die pluspunt was dat sy kon teruggaan na haar tuisdorp waar haar ma haar versorg het. Sido het haar gesond gedokter en ges\u00ea: \u201cOnthou, die enigste mens op wie jy werklik kan vertrou, is jouself.\u201d<\/p>\n<p>Terug in Parys het haar man haar aangemoedig om oor haar jeugjare te skryf. In sommige bronne word selfs vertel dat hy haar bedags in die woonstel toegesluit het met die opdrag dat sy moes skryf. Sy het uiteindelik nege notaboeke vol geskryf &#8211; die eerste drie <em>Claudine<\/em>-boeke &#8211; en hulle vir hom gewys. Maar selfs n\u00e1 aanmoediging om die meisie se nuuskierigheid oor seks meer eksplisiet te maak, het hy gedink dis so-so en die boeke in \u2019n kas gegooi.<\/p>\n<p>Terwyl Colette haar hart uitgestort het in die stories wat later as die <em>Claudine<\/em>-reeks bekend sou raak, het sy in die lang briewe aan haar ma fiksie oor haar lewe in Parys geskryf \u2013 hoe wonderlik alles is. Beslis nie hoe alleen sy is of hoe vreeslik sy huis toe verlang nie.<\/p>\n<p>Willy kon nie met geld werk nie en ook vanwe\u00eb sy duur smaak in kos en klere het hy heeltyd op die rand van bankrotskap gewankel. Een keer toe die geldnood veral hoog was, het hy die notaboeke in sy kas \u201contdek\u201d en toe tog vir \u2019n uitgewer gegee. Dit was ook nie Colette se naam wat aanvanklik op die voorblaaie van die <em>Claudine<\/em>-reeks verskyn het nie, wel di\u00e9 van haar charlatan-man: Willy. (Willy was gewoond daaraan om mense te betaal om vir hom te skryf: spookskrywers sowel as sy gay vriende.)<\/p>\n<p>Nou nog word die <em>Claudine-<\/em>boeke gelees oor hul varsheid. Maar vroeg in die twintigste eeu het hulle veral geskok, tot Willy se tevredenheid en sy stewige bankbalans. Die <em>Claudine<\/em>-boeke was so gewild dat dit tot parfuum, lekkergoed en sigarette met di\u00e9 handelsnaam gelei het.<\/p>\n<p>Colette het die verhale vir die verhoog aangepas. Terwyl die trefferstuk opgevoer is, het Willy daarop aangedring dat Colette op straat verskyn in die klere wat die aktrise op die verhoog dra.<\/p>\n<p>Toe Colette uiteindelik haar ontroue man in 1904 verlaat, was haar lewe niks makliker nie. Selfs n\u00e1 die wegholsukses van <em>Claudine<\/em> het sy geen geld of beleggings gehad nie. Sy het ook (soos die meeste vroue in daardie tyd) geen opleiding gehad nie. Al wat sy in Parys leer ken het, was die musieksale waarheen sy Willy elke aand vergesel het. (Nog lank nadat hulle uitmekaar is en dit reeds bekend was dat Colette die verhale geskryf het, het hy geweier om die tantieme aan haar oor te betaal.)<\/p>\n<p>Colette was dalk onskuldig toe sy Willy ontmoet het, maar nadat sy hom verlaat het, het sy die kans gekry om haar onderdrukte fantasie\u00eb uit te leef. Sy het haar teen die samelewing se seksistiese morele norms verset en in di\u00e9 proses het sy die geleentheid vir vroue w\u00eareldwyd geskep om dieselfde te doen.<\/p>\n<p>Sy het op skool in musiek uitgeblink en het as sanger en danser in die musieksale begin werk. Dit was harde werk met lang ure en min geld. Hier het sy naam gemaak as \u2019n onkonvensionele vrou wat soms skokkende goed gedoen het. Sy het ook saam met haar vriendin<strong> Mathilde de Morny<\/strong>, die markiesin De Beleuf (op die verhoog bekend as Missy), opgetree.<\/p>\n<p>Die twee het \u2019n romantiese verhouding gehad en het saam in die pantomime <em>R\u00eave d\u2019Egypte<\/em> by die Moulin Rouge opgetree. Hul vryery op die verhoog het \u2019n opskudding veroorsaak en die polisie is ingeroep. Daarna is alle opvoerings van di\u00e9 produksie verbied en daar was soveel teenstand teen hul verhouding dat Colette en Missy nie meer saamgebly het nie, hoewel hul verhouding nog jare lank stilletjies voortgegaan het.<\/p>\n<p>Colette was in di\u00e9 tyd ook in \u2019n heteroseksuele verhouding met die Italiaanse skrywer <strong>Gabriele d\u2019Annunzio<\/strong> betrokke.<\/p>\n<p>Colette het ook in \u2019n optrede haar een bors ontbloot. Sy het daarna die gebaar vir \u2019n fotograaf herhaal. Op die foto kan gesien word hoe sy in \u2019n geskeurde onderrokkie, haar een bors ontbloot, trots op haar mooi lyf, na die kamera staar. Die uitstalling het oral omstredenheid veroorsaak en die bourgeoisie tot in hul niere geskok.<\/p>\n<p>In 1912 is Colette met<strong> Henri de Jouvenel,<\/strong> redakteur van die dagblad <em>Le Matin,<\/em> getroud. (<em>Le Matin<\/em> is in 1944 gesluit.) \u2019n Dogter, <strong>Colette de Jouvenel,<\/strong> is uit die skrywer se tweede huwelik gebore. Die familie het die kind \u201c<em>Bel-Gazou\u201d<\/em> genoem. Sy is in \u2019n Britse nanny se sorg gelaat en het min van haar beroemde ma gesien.<\/p>\n<p>In di\u00e9 tyd het Colette bydraes en resensies vir <em>Le Matin<\/em> geskryf, asook die libretto vir <strong>Ravel<\/strong> se opera <em>L\u2019enfant et les sortileges.<\/em><\/p>\n<p>In die Eerste W\u00eareldoorlog het sy haar man se landgoed in \u2019n hospitaal vir die gewonde soldate omskep en in 1920 het die Franse regering die gesogte <em>chevalier<\/em> (ridder) van die <em>Legion d\u2019honneur<\/em> aan haar toegeken.<\/p>\n<p>Colette en Henri is in 1924 geskei, n\u00e1 nog \u2019n skandaal: Colette se verhouding met haar stiefseun, Bertrand.<\/p>\n<p>In die twintigerjare van die vorige eeu het Colette van haar belangrikste werk geskryf, romans soos <em>Ch\u00e9ri<\/em> en <em>La Fin de Ch\u00e9ri<\/em> (Die einde van Ch\u00e9ri). Die <em>Ch\u00e9ri<\/em>-boeke het gehandel oor \u2019n ouer vrou se verhouding met \u2019n jonger man. In ander werk soos <em>La Maison de Claudine<\/em> en<em> Sido<\/em> het sy teruggekyk na haar betowerende kinderjare op die Franse platteland.<\/p>\n<p>N\u00e1<em> Ch\u00e9ri<\/em> was Colette \u2019n \u201cmodernis\u201d, met die klem op moderne po\u00ebsie en skilderwerk, en sy was een van die skrywer, digter, dramaturg en skilder <strong>Jean Cocteau<\/strong> se talle vriende. Hul verhouding word in hul albei se boeke beskryf. Teen 1927 is sy dikwels Frankryk \u201cse belangrikste vroueskrywer\u201d genoem. N\u00e1 haar vyftigste verjaardag en tot met haar dood was haar lewe produktief en sereen. In 1935 is sy vir die derde keer getroud. Di\u00e9 keer met die skrywer <strong>Maurice Goudeket<\/strong> wat 16 jaar jonger as sy was. Hulle was tot met haar dood dertig jaar later gelukkig saam. Presies hoe gelukkig, het hy in sy memoires <em>Pr\u00e8s de Colette<\/em> (1955; <em>Close to Colette<\/em>), geskryf.<\/p>\n<p>In die Tweede W\u00eareldoorlog het Colette in Parys bly woon en werk. Sy het talle van haar Joodse vriende gehelp. Volgens een bron is Maurice, \u2019n Jood, deur die Nazi\u2019s in hegtenis geneem, en het sy sy vrylating bewerkstellig. \u2019n Ander bron s\u00ea dat sy hom die hele oorlog lank op haar solder weggesteek het.<\/p>\n<p>Haar roman <em>Gigi<\/em>, geskryf toe sy reeds in die sewentig was, het gehandel oor twee ouer susters wat \u2019n jong meisie grootmaak om \u2019n courtesan te wees. Gigi is vir die rolprentskerm sowel as die verhoog aangepas. Die rolprentweergawe van 1958 met <strong>Maurice Chevalier, Louis Jourdan<\/strong> en jong<strong> Leslie Caron<\/strong> in die hoofrolle was w\u00eareldwyd \u2019n treffer en is vier jaar n\u00e1 haar dood uitgereik.<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog het Colette baie siek geword. Sy het artritis in so \u2019n erge graad gekry dat sy die res van haar lewe in \u2019n rolstoel moes deurbring. Maurice het haar versorg en was altyd aan haar sy. \u201cHy is wonderlik,\u201d het sy ges\u00ea. \u201c \u2019n Ware heilige.\u201d<\/p>\n<p>Toe sy in 1954 oorlede is, het Colette vyftig romans geskryf, baie met outobiografiese elemente. Haar temas kan min of meer verdeel word in idilliese stories of donkerder verhale oor verhoudings en die liefde.<\/p>\n<p>Toe sy \u2019n paar jaar voor haar dood die premi\u00e8re van \u2019n dokument\u00eare prent oor haar lewe bywoon, het sy vir Maurice ges\u00ea: \u201cEk het darem \u2019n mooi lewe gehad.\u201d En \u2019n veelbewo\u00eb een.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Franse skrywer Colette het in die vroe\u00eb twintigste eeu mense met haar stories en haar gedrag geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":95262,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[23450,147,1387],"class_list":["post-97005","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-entertainment","tag-bekendes","tag-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: Colette | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die Franse skrywer Colette het in die vroe\u00eb twintigste eeu mense met haar stories geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: Colette | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Franse skrywer Colette het in die vroe\u00eb twintigste eeu mense met haar stories geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-07T06:00:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Beeld-VV12RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"345\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: Colette\",\"datePublished\":\"2018-12-07T06:00:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/\"},\"wordCount\":1901,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/Beeld-VV12RR.jpg\",\"keywords\":[\"entertainment\",\"bekendes\",\"celebs\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Colette | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/Beeld-VV12RR.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-07T06:00:37+00:00\",\"description\":\"Die Franse skrywer Colette het in die vroe\u00eb twintigste eeu mense met haar stories geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/Beeld-VV12RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/Beeld-VV12RR.jpg\",\"width\":345,\"height\":567},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-colette\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Colette\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: Colette | rooi rose","description":"Die Franse skrywer Colette het in die vroe\u00eb twintigste eeu mense met haar stories geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: Colette | rooi rose","og_description":"Die Franse skrywer Colette het in die vroe\u00eb twintigste eeu mense met haar stories geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-12-07T06:00:37+00:00","og_image":[{"width":345,"height":567,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Beeld-VV12RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: Colette","datePublished":"2018-12-07T06:00:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/"},"wordCount":1901,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Beeld-VV12RR.jpg","keywords":["entertainment","bekendes","celebs"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: Colette | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Beeld-VV12RR.jpg","datePublished":"2018-12-07T06:00:37+00:00","description":"Die Franse skrywer Colette het in die vroe\u00eb twintigste eeu mense met haar stories geskok, maar vandag tel sy onder die grotes van die Franse letterkunde.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Beeld-VV12RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Beeld-VV12RR.jpg","width":345,"height":567},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-colette\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: Colette"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97005","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=97005"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/97005\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/95262"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=97005"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=97005"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=97005"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}