{"id":95671,"date":"2018-05-09T15:49:59","date_gmt":"2018-05-09T13:49:59","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=95671"},"modified":"2018-10-29T13:00:44","modified_gmt":"2018-10-29T11:00:44","slug":"ouerskap-ken-jou-regte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/","title":{"rendered":"Ouerskap: Ken jou regte"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Anet Schoeman. Foto: <a href=\"https:\/\/www.pexels.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">pexels<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Swangerskapverlof<\/h4>\n<p>Volgens die <strong>Wet op Basiese\u00a0Diensvoorwaardes<\/strong> is alle Suid-Afrikaanse vroue geregtig op vier maande se\u00a0 swangerskapverlof. Maatskappye is nie wetlik\u00a0verplig om betaalde verlof te\u00a0gee nie, maar maak vooraf seker wat in jou indiensnemingskontrak staan, en watter voordele jou maatskappy dalk bied. Sommige maatskappye gee n\u00e1 die bevalling ook vir pa\u2019s verlof.<\/p>\n<p>Jy mag die verlof neem van vier weke voor die bevalling, of wanneer \u2019n dokter of vroedvrou sertifiseer dat jou of die baba se gesondheid dit vereis dat jy ophou werk. Vroue mag nie meer hul werk verloor omdat hulle swanger is nie, en daar mag ook nie teen hulle gediskrimineer word nie. Jy mag ook nie binne ses weke n\u00e1 die geboorte teruggaan werk toe nie, behalwe as jy \u2019n doktersbrief het wat bevestig dat jou gesondheid sodanig is dat jy kan terugkeer.<\/p>\n<p>Jy moet jou werkgewer skriftelik in kennis stel wanneer jy die vier maande wil neem. Jy kan geld by die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) eis indien jy meer as vier maande tot die fonds bygedra het. Die fonds betaal 17 weke lank tussen 38% en 60% van jou salaris tot \u2019n maksimum van R14 872 per maand. Hierdie voordeel is nie belasbaar nie. Jy mag nie eis as jy betaalde kraamverlof het nie.<\/p>\n<p>Sommige maatskappye doen teen betaling al die administrasiewerk vir jou (R795 by Baby Benefits). Jy hoef nie tou te staan nie en die geld word in jou\u00a0bankrekening inbetaal.\u00a0Meer inligting oor werkloosheidsversekering:<br \/>\n<a href=\"http:\/\/www.uif-maternity.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.uif-maternity.co.za<\/a>.\u00a0 Besoek BabyBenefits se <a href=\"http:\/\/www.babybenefitsuif.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">webblad<\/a>\u00a0of skakel 081 767 4004.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Miskraam<\/h4>\n<p>In die geval van \u2019n stilgeboorte of miskraam drie maande voor die bevalling, kan jy op ses weke onbetaalde verlof aanspraak maak. Jy hoef nie reeds op kraamverlof te wees om hiervoor te kwalifiseer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Borsvoed<\/h4>\n<p>Solank \u2019n ma borsvoed, mag \u2019n werkgewer nie daarop aandring dat sy werk doen wat haar gesondheid benadeel nie. Ingevolge die wet mag \u2019n ma haar baba twee keer per dag vir \u2019n halfuur lank borsvoed as sy in \u2019n versorgeenheid by die werk is, of om borsmelk uit te pomp as die baba elders versorg word. Dit geld tot die baba ses maande oud is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Aanneming<\/h4>\n<p>Maatskaplike werkers sal nie \u2019n baba beskikbaar stel voor die biologiese ouers nie toestemming tot die aanneming gegee en die tydperk verloop het waarin hulle van plan kan verander nie.<\/p>\n<p>Die ouers het sestig dae om van besluit te verander. In gevalle waar hulle nie die pa kan opspoor nie, word dit in \u2019n koerant geadverteer. Daarna moet negentig dae verloop waarin die pa die aanneming kan teenstaan.<\/p>\n<p>As hy nie wil saamwerk nie, moet die hof hom van die aanneming en sy verantwoordelikhede en regte in kennis stel. Die kennisgewing moet deur \u2019n balju aan die pa bedien word en n\u00e1 bediening kry hy dertig dae om aanneming teen te staan. As hy dit nie doen nie, word aanvaar dat hy instem en kan die aanneming voortgaan. Hierna is die baba wettig beskikbaar en n\u00e1 alle dokumente gereed is, is die baba joune. Hierdie proses kan \u2019n paar maande duur. N\u00e1 die baba wettig in die sorg van die aanneemouers (as plek van veiligheid) geplaas is, hang dit af hoe lank die hof neem om die proses af te handel voor die baba werklik joune is. Eers as die finale aannemingsbevel in die hof geteken is, is dit \u2019n wettige aanneming.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kontak met die biologiese ma<\/strong><br \/>\nAannemingsinstellings vereis gewoonlik, omdat die wet voorsiening\u00a0maak vir \u2019n na-aannemingsooreenkoms, dat ouers vir die eerste twee jaar foto\u2019s en spogbriefies oor die baba vir die maatskaplike werker stuur wat dit vir die biologiese ma sal stuur indien sy sou vra.<\/p>\n<p>Maar daar is nie direkte kontak tussen aanneemouers en biologiese ouers nie, tensy die ooreenkoms dit bepaal. Dit word ook nie aanbeveel nie, tensy daar reeds \u2019n bestaande verhouding tussen ouer en kind is (soos die aanneming van \u2019n ouer kind \/ familie \/ stiefouer \/ pleegsorg) wat dan in stand gehou moet word as dit in die kind se belang is.<\/p>\n<p>As terugvoer versoek word, sal dit vooraf met die ouers bespreek word en alle kontak tussen partye geskied deur die betrokke maatskaplike werker. Wanneer die kind 18 is, kan die kind of ma deur die maatskaplike werker aansoek doen om kontak te maak, maar albei partye moet instem voor dit kan gebeur.<\/p>\n<p>Inligting verskaf deur <em>Procare Adoptions<\/em> www.procare.co.za<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Surrogaatbevallings<\/h4>\n<p>Dis \u2019n liefdeswerk om \u2019n baba vir iemand anders te dra maar dis uiters belangrik dat die korrekte regsprosedures gevolg word. Die wet is baie spesifiek oor die moets en moenies om te verseker dat\u00a0die proses nie op \u2019n tragedie uitloop nie.<\/p>\n<p>As jy \u2019n wettige surrogaatkontrak sluit (sonder dat die surrogaatma se eiersel gebruik word), is die baba direk n\u00e1 geboorte die wettige baba van die voorgenome ouers. Sonder \u2019n wettige kontrak, bekragtig deur die Hooggeregshof, mag geen in vitrobevrugting op die surrogaatma gedoen word nie.<\/p>\n<p>Doen jou huiswerk voor jy jou in surrogaatskap begewe. Die Kinderwet van 2010 beskerm die regte van die ongebore kind, en gee duidelike riglyne vir die verantwoordelikhede van die voorgenome ouers en die surrogaatma.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is nodig?<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>\u2019n Suid-Afrikaanse surrogaatprokureur moet die ooreenkoms opstel.<\/li>\n<li>Alle partye, die voorgenome ouers sowel as die surrogaatma en haar man\/lewensmaat, moet die kontrak onderteken.<\/li>\n<li>Die surrogaatooreenkoms met al die nodige dokumentasie en aansoek moet deur \u2019n Suid-Afrikaanse surrogaatprokureur\u00a0 by die hof gebring word voor \u2019n hofbevel gegee kan word dat die surrogaatproses mag voortgaan.<\/li>\n<li>Een van die voornemende ouers se genetiese materiaal moet gebruik word (homoseksueel of heteroseksueel). Daar moet goeie mediese of biologiese redes wees waarom die ander party se eiersel\/spermsel nie gebruik word nie.<\/li>\n<li>Dis belangrik om te weet dat ander re\u00ebls geld as die surrogaatma se eiersel gebruik word. Dan mag sy volgens die Kinderwet binne sestig dae na die bevalling die surrogaatkontrak kanselleer en die baba hou.<\/li>\n<li>Die surrogaatma moet minstens een lewende kind h\u00ea en sy mag nie wins uit die swangerskap maak nie.<\/li>\n<li>Sy mag wel vergoed word vir koste aangegaan, en sy mag eis vir verlies van inkomste.<\/li>\n<li>Die surrogaatma moet ten tye van die sluit van die kontrak in Suid-Afrika woon.<\/li>\n<li>Daar moet geldige mediese redes wees hoekom die voornemende ouers \u2019n surrogaatma gebruik.<\/li>\n<li>\u2019n Hofbevel waarin die surrogaatma ouerskapsregte en -verantwoordelikhede opgee, moet verkry word voor die embrio&#8217;s ingeplant word.<\/li>\n<li>Die voorgenome ouers is vir die duur van die swangerskap verantwoordelik vir \u2019n mediese fonds en lewenspolis vir die surrogaatma en gewoonlik tot drie maande na die bevalling ook.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Meer inligting by Adele van der Walt Inc 012 460 3668; <a href=\"http:\/\/www.surrogacyagreements.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.surrogacyagreements.co.za<\/a>; e-pos <a href=\"mailto:jeanmarie@avw.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">jeanmarie@avw.co.za<\/a>; Kinderwet, hoofstuk 19.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ken jou regte wanneer jy swanger is, \u2019n kind wil aanneem of surrogaatskap oorweeg.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":95775,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[3318,23444,24736],"class_list":["post-95671","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-jou-kind","tag-parenting","tag-family"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ouerskap: Ken jou regte | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ken jou regte wanneer jy swanger is, \u2019n kind wil aanneem of surrogaatskap oorweeg. Lees hier om meer uit te vind oor jou regte.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ouerskap: Ken jou regte | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ken jou regte wanneer jy swanger is, \u2019n kind wil aanneem of surrogaatskap oorweeg. Lees hier om meer uit te vind oor jou regte.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-05-09T13:49:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-10-29T11:00:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1050\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"700\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Ouerskap: Ken jou regte\",\"datePublished\":\"2018-05-09T13:49:59+00:00\",\"dateModified\":\"2018-10-29T11:00:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/\"},\"wordCount\":1112,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/05\\\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg\",\"keywords\":[\"jou kind\",\"parenting\",\"family\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/\",\"name\":\"Ouerskap: Ken jou regte | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/05\\\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg\",\"datePublished\":\"2018-05-09T13:49:59+00:00\",\"dateModified\":\"2018-10-29T11:00:44+00:00\",\"description\":\"Ken jou regte wanneer jy swanger is, \u2019n kind wil aanneem of surrogaatskap oorweeg. Lees hier om meer uit te vind oor jou regte.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/05\\\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/05\\\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg\",\"width\":1050,\"height\":700,\"caption\":\"Ouerskap: ken jou regte\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ouerskap-ken-jou-regte\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ouerskap: Ken jou regte\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ouerskap: Ken jou regte | rooi rose","description":"Ken jou regte wanneer jy swanger is, \u2019n kind wil aanneem of surrogaatskap oorweeg. Lees hier om meer uit te vind oor jou regte.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ouerskap: Ken jou regte | rooi rose","og_description":"Ken jou regte wanneer jy swanger is, \u2019n kind wil aanneem of surrogaatskap oorweeg. Lees hier om meer uit te vind oor jou regte.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-05-09T13:49:59+00:00","article_modified_time":"2018-10-29T11:00:44+00:00","og_image":[{"width":1050,"height":700,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Ouerskap: Ken jou regte","datePublished":"2018-05-09T13:49:59+00:00","dateModified":"2018-10-29T11:00:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/"},"wordCount":1112,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg","keywords":["jou kind","parenting","family"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/","name":"Ouerskap: Ken jou regte | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg","datePublished":"2018-05-09T13:49:59+00:00","dateModified":"2018-10-29T11:00:44+00:00","description":"Ken jou regte wanneer jy swanger is, \u2019n kind wil aanneem of surrogaatskap oorweeg. Lees hier om meer uit te vind oor jou regte.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/adult-affection-baby-132418-e1525790256679.jpg","width":1050,"height":700,"caption":"Ouerskap: ken jou regte"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ouerskap-ken-jou-regte\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ouerskap: Ken jou regte"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95671","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95671"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95671\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/95775"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95671"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95671"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95671"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}