{"id":95296,"date":"2019-01-08T06:00:26","date_gmt":"2019-01-08T04:00:26","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=95296"},"modified":"2018-12-19T15:49:55","modified_gmt":"2018-12-19T13:49:55","slug":"beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer"},"content":{"rendered":"<p><em>Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer deur Henri\u00ebtte Linde-Loubser<\/em><\/p>\n<p>In \u2019n brief wat sy in die jare negentig aan die Indiese skrywer Salman Rushdie gestuur het, beskryf Nadine Gordimer haarself as \u201c\u2019n kaalvoetmeisie van Springs\u201d, maar die meisiekind sou uiteindelik as \u2019n liter\u00eare reus, asook die \u201cstem en die gewete van Suid-Afrika\u201d (\u2019n benoeming wat vir haar steurend was) bekend staan.<\/p>\n<p>Sy het hier aangebly terwyl ander stryders vir nie-rassigheid die land in selfopgelegde ballingskap verlaat het. Gordimer kon vreesloos die waarheid skryf soos sy dit sien, sonder om die persoonlike of openbare gevolge daarvan in ag te neem. Vir haar kon \u2019n skrywer nie bekostig om angstig te wees nie en eerlikheid was vir haar ononderhandelbaar.<\/p>\n<p>Dennis Walder skryf in \u2019n huldeblyk dat Gordimer in die dieptes kon delf van menslike interaksie binne \u2019n gemeenskap van rassespanning, politieke onderdrukking en seksuele ongemak.<\/p>\n<p>Haar skryfwerk het \u2019n sosiale agtergrond geskets wat subtieler was as enigiets wat politici kon opdis. Dit was \u2019n weerspie\u00ebling van die pad van passiwiteit en blindheid na een van weerstand en stryd, van verbode vriendskappe, gesensordes en ondergrondse netwerke. Sy het \u2019n milieu geskep waarbinne dit moontlik was om jou \u2019n w\u00eareld anderkant verdeling te verbeel.<\/p>\n<p>Gordimer was \u2019n skrywer en aktivis, iemand wie se boeke felle emosies kon ontketen en sekerhede kon skud. Sy was \u2019n voor-vegter vir die stemloses &#8211; Seamus Heaney het haar \u2019n \u201cguerilla of the imagination\u201d genoem.<\/p>\n<p>Nadine is op 20 November 1923 op Springs gebore. Sy was die dogter van Isidore Gordimer, \u2019n Jood uit Litoue en Hannah (Nan) Meyers, \u2019n immigrant uit die Engelse middelklas. Isidore was 14 toe hy hom as juwelier en horlosie-maker op Springs gevestig het. Nan het haar huishouding met \u2019n ysterhand regeer. Ronald Suresh Roberts skryf in sy biografie, No Cold Kitchen, dat Gordimer genoem het dat haar pa \u201cabove himself\u201d getrou het en dit is waarskynlik die rede waarom Isidore as \u2019n randfiguur in haar jeugherinneringe huiwer.<\/p>\n<p>Toe Betty, Nadine se suster wat vier jaar ouer as sy is, skool toe is, het Nadine vir haar \u2019n verbeeldingsvriend aangeskaf en haar eie sosiale w\u00eareld geskep. Op nege het sy haar eerste \u201cwerk\u201d, \u2019n patriotiese gedig ter ere van Paul Kruger, geskryf. Haar eerste kortverhaal is in \u2019n Suid-Afrikaanse tydskrif gepubliseer toe sy 15 was.<\/p>\n<p>Op skool was Nadine \u2019n ekstroverte meisie met \u2019n droom om \u2019n danser te word, hoewel haar \u201cliriese impuls\u201d daartoe gelei het dat sy begin skryf het.<\/p>\n<p>Nadat \u2019n ooraktiewe skildklier in 1934 by haar gediagnoseer is, het haar ma besluit liggaamlike inspanning is nou taboe. Weens haar \u201cswak hart\u201d is sy op elf uit die skool gehaal en dans was buite die kwessie.<\/p>\n<p>Nadine het haar vermaak deur in die bed te l\u00ea en lees. Oor hierdie eensame kinderlewe het sy haar ma verwyt en in No Cold Kitchen noem Roberts die hoofstuk oor Nadine se adolessensie \u201cHouse Arrest\u201d.<\/p>\n<p>Tog het hierdie fisieke inperking haar juis ontvanklik gemaak vir dit wat boeke haar kon leer. Formatiewe lees voed jou, het sy later opgemerk. Om te lees is om te leef.<\/p>\n<p>Nadine het miskien nie formele skoolopleiding gehad nie maar boeke was haar vriende en deur die bestudering van ou meesters soos Proust, Tsjechof en Dostojefski het sy haar geskool. Haar intellektuele reis het begin met die lees van The Jungle deur Upton Sinclair, die werk wat haar van haar \u201conskuld genees\u201d en haar politieke bewussyn gevestig het.<\/p>\n<p>\u2019n Kursus aan die Universiteit van die Witwatersrand het \u2019n nuwe fase in haar lewe ingelei. Sy het die kursus nooit voltooi nie maar dit was \u2019n omgewing waar sy wonderlike vriendskappe met jong swart intellektuele en skrywers gesmee het. In Johannesburg het sy ook vriende gemaak met die arbeidsaktivis Bettie du Toit wat \u2019n geweldige invloed op haar politieke denke en haar groeiende teenkanting teen wit heerskappy gehad het.<\/p>\n<p>In 1949 verskyn Gordimer se eerste kortverhaalbundel, Face to Face en gou daarna nog twee, Town and Country Lovers en The Soft Voice of the Serpent. Hierna het sy internasionaal voelers uitgesteek en van haar verhale het in die tydskrif The New Yorker verskyn. Die eerste daarvan was \u201cThe Lying Days\u201d in 1951.<\/p>\n<p>Haar eerste huwelik in 1949 met Gerald Gavronsky waaruit haar dogter, Oriane, \u2019n jaar later gebore is, was volgens Roberts gou sonder fut. In dieselfde jaar nog verskyn The Talisman waarin \u2019n verveelde vrou \u2019n verhouding met \u2019n kunstenaar aanknoop en daarna voortdurend tussen die veilige mure van die huwelik en buite-egtelike eskapades huiwer. Hierdie wisselende hunkering tussen sekuriteit en waagmoed het \u2019n immer terugkerende tema in Gordimer se werk geword.<\/p>\n<p>Die enigmatiese Uys Krige is een van die mense wat die grootste invloed op Nadine se skryfwerk gehad het. As prot\u00e9g\u00e9 van Krige het sy in Sophiatown begin kuier en vriende gemaak &#8211; \u2019n ervaring wat die inspsirasie was vir haar tweede boek, A World of Strangers (1958).<\/p>\n<p>Nadat Nadine en Gerald uitmekaar is, het sy verlief geraak op Reinhold Cassirer, haar tweede man en die liefde van haar lewe. Hy was \u2019n Nazi-voortvlugtige en het uit \u2019n gesiene Duitse familie gekom. Hulle is op 29 Januarie 1954 getroud en het \u2019n seun, Hugo (1955). In Frerestraat, Parktown-Wes het die sigeuner uiteindelik rus gevind. Dit het nie beteken dat Nadine toegelaat het dat \u2019n gesinslewe haar verstik nie.<\/p>\n<p>Soggens het sy getrou geskryf en niemand durf haar steur nie. Sy het geglo \u2019n vroueskrywer kan slegs deur die toepassing van streng selfdissipline en \u2019n bietjie genadeloosheid die gesin oorleef.<\/p>\n<p>Roberts verwys in sy boek na die \u201cobsessiewe eienskappe\u201d wat Nadine as skrywer gehad het. Uit haar pen het uiteindelik 15 romans, verskeie bundels kortverhale, nie-fiksie en ander skrywes gevloei. Haar laaste novelle, Get a Life, het in 2005 verskyn. Haar werk is reeds in veertig tale vertaal.<\/p>\n<p>Vir Gordimer was die skrywer en skryfwerk androgeen. Dit is alombekend dat sy die uitlating gemaak het: \u201cons skryf nie met ons genitalie\u00eb nie\u201d. Sy het geglo dat vroulike en manlike skrywers nie deur geslag aan bande gel\u00ea word nie en daarom kan skrywers hulle die intiemste detail in die ander se geslagsidentiteit verbeel. Haar kortverhaal, Time Did (1980), was \u2019n voorbeeld van hierdie androgene aspirasies.<\/p>\n<p>Hoewel sy haarself nooit as \u2019n politieke figuur gesien het nie, was sy beslis \u2019n radikale kritikus van die politieke situasie in die land. Sy het dikwels benadruk dat sy nie \u2019n liberaal is nie, maar wel \u2019n wit Suid-Afrikaanse radikaal. Sy was \u2019n fel kritikus van swart sowel as wit liberalisme.<\/p>\n<p>Vir Gordimer was haar skryfwerk hoofsaaklik \u2019n voorstelling van die Suid-Afrikaanse werklikheid. Sy het graag die verbanne Tsjeggiese skrywer, Milan Kundera, aangehaal: Die stryd van die mens teen mag, is die stryd van die geheue teen vergeet. Vir haar was die groot stryd binne die meeste Suid-Afrikaners van die tyd, di\u00e9 van oorlewing deur te vergeet.<\/p>\n<p>Drie van haar werke is op verskillende tye in Suid-Afrika verban en \u2019n tydelike verbod is op talle ander geplaas. Sy het uit verskillende oorde teenkanting teen haar skryfwerk gekry. Sy het telkens beklemtoon dat sy nie van nature polities ingestel is nie maar dat omstandighede van 1958 tot 1989 dit onvermydelik gemaak het.<\/p>\n<p>In \u2019n kragtige toespraak in 1982, \u201cLiving in the Interregnum\u201d, noem Gordimer dat niks wat sy daar sou kwytraak soveel waarheid as haar fiksie kan praat nie. Dit was die soort skrywer wat sy was &#8211; gefokus op haar skryfkuns, want vir haar was dit deur skryfwerk dat die skrywer menslike gedrag probeer verstaan en die betekenis van wat mense beleef, probeer vasvang.<\/p>\n<p>Tot aan die einde het sy teen die beperkinge op vryheid van spraak geveg. So onlangs soos 2012 was haar kritiek teen die ANC fel. Met die opstel (saam met Andr\u00e9 P. Brink) van die petisie teen die beplande wetgewing op die vryheid van spraak het sy teenstand bly bied: \u201cLet\u2019s keep (the protest) going. Throw another log in the fire!\u201d was haar woorde.<\/p>\n<p>Sy was ook nie tevrede met die regering se hantering van sake nie en het nie geskroom om haar misnoe\u00eb te kenne te gee nie. Die misdaad, korrupsie, die verslapping van waardes binne die regering, die hantering van die MIV\/vigs-pandemie en die onderwyskwessie het haar diep teleurgestel.<\/p>\n<p>Nadine Gordimer was petite, met die fyn beenstruktuur van\u2019n ballerina, maar sy was gedug. Formeel, in beheer en sjarmant, maar onmiskenbaar \u2019n vrou van staal. Sy was uitge- sproke, sterk, prakties en het nooit daarvan terug gedeins om swaarde te kruis nie.<\/p>\n<p>Maar sy was ook \u2019n goeie luisteraar en vir Maureen Isaacson, \u2019n goeie vriendin, was Nadine \u2019n inspirerende mens. \u2019n Warm vrou met \u2019n wonderlike sin vir humor, al was sy reguit.<\/p>\n<p>Sy het nie dwase geduld nie. Menige joernalis wat met haar onderhoude moes voer, het dit in angs en bewing gedoen. Soos met haar vriendin, Susan Sontag, het Gordimer hierdie angstigheid en vrees as beledigend beskou. Sodra sy besef het iemand gaan haar sinvolle vrae vra, het sy haar waaksaamheid verslap en kon die mens agter die voorbehoud na vore tree.<\/p>\n<p>Karina Szczurek het n\u00e1 \u2019n onderhoud met Gordimer in 2011 met verwondering oor hierdie vrou geskryf. Szczurek onthou die oggend toe sy by Nadine se huis instap en die stralende vrou daar sien. Grasieus in \u2019n wit kaftan, met haar hare stylvol gekap, klein oorringe aan die ore, het sy Szczurek met lewendige bruin o\u00eb takseer. Op 88 was sy steeds \u2019n skoonheid.<\/p>\n<p>Al het Gordimer in die apartheidsjare in \u2019n bevoorregte posisie grootgeword, het sy dit haar lewenstaak gemaak om teen ongeregtigheid en ongelykheid te veg. Sy was vurig en reguit, maar immer patrioties. Die mens wat oor jare heen uit onderhoude, gesprekke en ook uit haar skryfwerk na vore tree, is iemand wat haar droom vuriglik bly soek het; \u2019n droom van \u2019n regverdige, nie-rassige Suid-Afrika. Haar werk word beskou as \u2019n toewyding aan diegene wat ly.<\/p>\n<p>Gordimer bly \u2019n skrywer wie se invloed nog vir geslagte kan geld. Sy is \u2019n inspirasie vir jong kunstenaars. Opkomende skrywers kan by haar leer van fokus en dissipline, want sy was nooit bang om die ongemaklike ding by die naam te noem nie, om te waag en dan daarvoor in onguns te wees nie. Sy het onwrikbaar volstaan by dit waarin sy geglo het. En so sal Suid-Afrika en die w\u00eareld haar onthou, soos saamgevat in die woorde van Craig Higginson: \u201cEen ding wat Nadine Gordimer beslis nie was nie, is bang. Vir so \u2019n klein mensie, was sy baie magtig\u201d.<\/p>\n<p><em>Bronne: Bazin, N.T. en Seymour, M.D. 1990. Conversations with Nadine Gordimer. University Press of Mississippi: Londen.<\/em><br \/>\n<em>Roberts, R.S. 2005. No Cold Kitchen. STE: Johannesburg.<\/em><br \/>\n<em>Smith, D. 2014. \u201cNadine Gordimer dies aged 90\u201d. The Guardian, 15 Julie 2014.<\/em><br \/>\n<em>Spector, J. Brooks. 2014. \u201cFarewell Nadine Gordimer, Creator of a Universe of Anger, Angst, Irony and Hope.\u201d http:\/\/www.dailymaverick.co.za<\/em><br \/>\n<em>Szczurek, K.M. 2014. Nadine Gordimer (1923-2014). http:\/\/karinamagdalena.com\/tag\/uys-krige<\/em><br \/>\n<em>Walder, D. 2014. \u201cNadine Gordimer Obituary. The Guardian, 14 Julie 2014.\u201d<\/em><br \/>\n<em>http:\/\/zar.co.za\/print\/gordimer.htm<\/em><br \/>\n<em>http:\/\/www.achievement.org<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Fyn soos \u2019n elf, maar kragtig soos \u2019n storm. Sy was die stem van die stemloses wat die ganse liter\u00eare w\u00eareld oorrompel het. Nadine Gordimer was di\u00e9 skrywer wat byna hardnekkig die ware gesig van rassisme in al sy menslike kompleksiteit bly uitwys het.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":96940,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[147,1387,23450],"class_list":["post-95296","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Fyn soos \u2019n elf, maar kragtig soos \u2019n storm. Sy was die stem van die stemloses wat die ganse liter\u00eare w\u00eareld oorrompel het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Fyn soos \u2019n elf, maar kragtig soos \u2019n storm. Sy was die stem van die stemloses wat die ganse liter\u00eare w\u00eareld oorrompel het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-01-08T04:00:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer\",\"datePublished\":\"2019-01-08T04:00:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/\"},\"wordCount\":1818,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg\",\"datePublished\":\"2019-01-08T04:00:26+00:00\",\"description\":\"Fyn soos \u2019n elf, maar kragtig soos \u2019n storm. Sy was die stem van die stemloses wat die ganse liter\u00eare w\u00eareld oorrompel het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg\",\"width\":280,\"height\":425},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer | rooi rose","description":"Fyn soos \u2019n elf, maar kragtig soos \u2019n storm. Sy was die stem van die stemloses wat die ganse liter\u00eare w\u00eareld oorrompel het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer | rooi rose","og_description":"Fyn soos \u2019n elf, maar kragtig soos \u2019n storm. Sy was die stem van die stemloses wat die ganse liter\u00eare w\u00eareld oorrompel het.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-01-08T04:00:26+00:00","og_image":[{"width":280,"height":425,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer","datePublished":"2019-01-08T04:00:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/"},"wordCount":1818,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg","datePublished":"2019-01-08T04:00:26+00:00","description":"Fyn soos \u2019n elf, maar kragtig soos \u2019n storm. Sy was die stem van die stemloses wat die ganse liter\u00eare w\u00eareld oorrompel het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/nadinegordimer_tellingtimes.jpg","width":280,"height":425},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-nadine-gordimer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: Nadine Gordimer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95296","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95296"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95296\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/96940"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95296"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95296"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95296"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}