{"id":95282,"date":"2018-01-20T13:21:36","date_gmt":"2018-01-20T11:21:36","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=95282"},"modified":"2018-06-15T10:57:35","modified_gmt":"2018-06-15T08:57:35","slug":"beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Corlia Fourie<\/em><\/p>\n<p>Die Franse wetenskaplike \u00c9milie du Ch\u00e2telet is nie in haar lewe na waarde geskat nie. Net omdat sy vrou was. Maar onlangs het haar reusebydrae tot die Verligting opnuut onder die aandag gekom met die publikasie van die boek wat David Bodanis oor haar en Voltaire geskryf het.<\/p>\n<p>\u00c9milie du Ch\u00e2telet is jare lank as \u2019n mindere wetenskaplike beskou. Of dalk eerder bekend as die minnares van die beroemde Franse skrywer Voltaire. Ook n\u00e1 haar dood is daar nie die erkenning aan haar bydrae tot filosofie, wiskunde en wetenskap gegee nie, bloot omdat vroue en hul prestasies in \u2019n chauvinistiese w\u00eareldbeskouing gering geskat is.<\/p>\n<p>Min mense buite Frankryk sou dalk van haar geweet het as dit nie was dat David Bodanis op \u2019n voetnota met haar naam afgekom het toe hy navorsing vir \u2019n boek oor Einstein gedoen het nie. Die voetnota het verwys na die \u201cklein rolletjie\u201d wat sy in die ontwikkeling van die moderne konsep van energie gespeel het. Omdat die voetnota ook ges\u00ea het dat sy berug was vir haar wilde gedrag, was sy nuuskierigheid geprikkel.<\/p>\n<p>Maar hy kon eers jare later aandag aan sy navorsing oor haar gee en sy gevolgtrekking was dat \u00c9milie, \u2019n knap teoretikus, se insigte in die aard van lig die vertrekpunt was vir die toekomstige ontdekking van fotografie, sowel as infrarooi-bestraling.<\/p>\n<p>Om werklik te verstaan hoe groot haar prestasies was, is dit vir die leser nodig om jou na die begin van die agtiende eeu te verplaas. Vroue is destyds, selfs in Frankryk wat toe die mees gevorderde land in Europa was, nog deur hul mans getug (dit wil s\u00ea geslaan) sonder dat hulle hulle tot die reg kon wend.<\/p>\n<p>Selfs adellike vroue het omtrent geen onderwys en opleiding gekry nie. Op skool het hulle kunsnaaldwerk en etiket geleer, geen letterkunde, wiskunde of wetenskap nie. Universiteitsopleiding was net mans beskore.<\/p>\n<p>Maar in di\u00e9 opsig was Gabrielle \u00c9milie Le Tonnelier de Breteuil (gebore op 17 Desember 1706 in Parys) baie gelukkig. Haar pa, Louis Nicholas, \u2019n adellike, het vroeg in haar lewe reeds besef dat sy nie \u2019n gewone kind is nie. Sy het vrae oor die geskiedenis, die hof, die sterre en geloof gevra. Hy het toe private leermeesters na hul huis laat kom om haar in Latyn, Grieks, Italiaans, sterrekunde, maar veral in wiskunde, waarvoor sy hartstogtelik lief was, te onderrig. Hy het haar ook skermklasse laat neem sodat sy fiks en gesond was en dodelik met die swaard.<\/p>\n<p>Hierdie vaardighede het haar ma, Gabrielle-Anne, hoegenaamd nie be\u00efndruk nie. \u00c9milie was lomp en het nie in mode of etiket belang gestel nie terwyl dit vir haar ma absoluut noodsaaklik vir \u2019n \u201cgoeie huwelik\u201d was.<\/p>\n<p>Met verloop van tyd het \u00c9milie besef dat haar pa nie altyd daar sal wees om haar te beskerm nie. Sy het eintlik net twee keuses gehad. Sy moes \u00f3f ryk trou, \u00f3f andersins die res van haar lewe in \u2019n klooster deurbring \u2013 destyds die enigste ander opsie vir adellike vroue.<\/p>\n<p>Die deurmekaar dogtertjie wat in haar ma se o\u00eb niks reg kon doen nie, het \u2019n baie aantreklike jong vrou geword. Sy was ook fiks en het meer selfvertroue as ander mooier vroue van daardie tyd gehad.<\/p>\n<p>Op 16 is sy na die koninklike hof (haar pa was hoof van etiket by Versailles) sodat sy met haar kombinasie van skoonheid en geld \u2019n gesiene man kon bekoor \u2013 en hopelik haar mond sou hou om hom nie af te skrik nie, want min (indien enige) mans was aan slim vroue gewoond.<\/p>\n<p>Toe haar pa in \u2019n stadium nie meer geld vir boeke gehad het nie, was dobbel die enigste manier waaraan sy kon dink om geld te maak om boeke te koop. Sy was slim genoeg om \u201ckaarte te tel\u201d. Sy het meer as die helfte van die twee duisend goue Louis wat sy gewen het, op boeke uitgegee. Teen di\u00e9 tyd was selfs haar pa desperaat: \u201cWatter man sal belang stel in \u2019n vrou wat die hele dag lank net lees?\u201d wou hy weet.<\/p>\n<p>Uiteindelik het \u00c9milie bes gegee en gedoen wat haar ouers van haar verwag het \u2013 sy het \u2019n gere\u00eblde huwelik met \u2019n ander adellike aangegaan en is op 19 met \u2019n militaris, die markies Florent-Claude du Ch\u00e2telet (34) getroud. (Die Du Ch\u00e2telet- en die De Breteuil-erfenisse was nou veilig.) In die eerste twee jaar n\u00e1 hul troue is twee kinders gebore. Die versorging van die adellikes se kinders is aan kinderoppassers toevertrou en Florent-Claude het na sy regiment vertrek waar hy (soos destyds die gewoonte was) by ander vroue \u201cgekuier\u201d het.<\/p>\n<p>\u00c9milie is terug Parys toe waar sy (met haar man se toestemming en geldelike ondersteuning) verder studeer en intieme verhoudings met ander mans gehad het. (Niks vreemds vir daardie tyd in Frankryk nie. Wat wel vreemd was, was dat \u00c9milie later haar liefde vir \u2019n ander man, die digter Voltaire, in die openbaar gewys het deur hom openlik en hartstogtelik in die strate van Parys te soen.)<\/p>\n<p>Haar tweede minnaar van wie navorsers vandag bewus is, was die hertog van Richelieu, die kleinneef van die beroemde kardinaal Richelieu. Maar sy was heeltemal te slim vir die gewilde Richelieu en hy het die verhouding be\u00ebindig. \u00c9milie het dit so goed hanteer dat die twee vriende gebly het tot met haar dood \u2013 die talle briewe aan mekaar is \u2019n bewys daarvan.<\/p>\n<p>In 1733, drie jaar n\u00e1 die geboorte van \u2019n derde kind, het \u00c9milie onder aansporing van een van haar vernaamste leermeesters, Pierre Louis de Maupertuis, \u2019n bekende wiskundige en sterrekundige, die \u201cnet mans\u201d\u2013re\u00ebl verbreek by die <em>caf\u00e9s<\/em> waar intellektuele mekaar ontmoet en gekuier het. Toe sy daar opdaag, is sy sonder meer gevra om die <em>caf\u00e9<\/em> te verlaat. Maar \u00c9milie het \u2019n ander plan beraam. Sy het vir haar \u2019n manspak laat maak en sy is terug na die <em>caf\u00e9<\/em>. De Maupertuis het haar by sy tafel laat sit en sy het aan die intellektuele besprekings deelgeneem.<\/p>\n<p>Maar di\u00e9 hartstogtelike vrou was steeds op soek na \u2019n maat wat haar sou inspireer en intellektueel kon uitdaag. Di\u00e9 gelyke het sy gekry in die beroemde dramaturg, digter en romanskrywer Fran\u00e7ois-Marie Arouet (wat onder die skuilnaam Voltaire bekend gestaan het). Hul verhouding was aanvanklik so fisiek dat Voltaire gekla het dat hy nie daarmee kon volhou nie omdat hy \u201cal \u2019n ou man is\u201d. (Hy was twaalf jaar ouer as sy en reeds in die veertig toe hulle mekaar leer ken het.)<\/p>\n<p>Sy en Voltaire was ook nie van dieselfde stand nie. Hy was nie \u2019n arm man nie, maar hy het sy geld deur sy regspraktyk, skryfwerk en beleggings gemaak. (In die Frankryk van daardie tyd moes jy geld h\u00ea, waarvoor jy nie gewerk het nie, en jy moes \u2019n adellike titel h\u00ea.)<\/p>\n<p>\u00c9milie het by \u2019n ander minnaar betrokke geraak, maar Voltaire was steeds betower en het haar teruggewen. Kort n\u00e1 die troue van \u00c9milie se vriend Richelieu, is \u2019n lasbrief vir Voltaire se inhegtenisneming uitgereik &#8211; hy het vir die soveelste keer in sy artikels die Franse instellings gekritiseer. Omdat hy reeds twee keer tevore in die<em> Bastille<\/em> opgesluit was, het hy di\u00e9 keer gevlug. Dit was nie die enigste keer nie. Hy het in \u2019n stadium lank in Engeland gaan bly en ander kere ook by vriende in Frankryk weggekruip.<\/p>\n<p>\u00c9milie se man het hom toestemming gegee om in sy kasteel in Cirey te gaan bly. Die kasteel was naby die grens met Lorraine, destyds \u2019n onafhanklike staat, en Voltaire kon dus maklik oor die grens glip as die geregsdienaars sy skuilplek kry. Die kasteel in Cirey was taamlik vervalle en Voltaire het baie geld aan verbeterings bestee om \u00c9milie soontoe te lok. Hoewel sy Parys verkies het, het sy tog by hom aangesluit. Wanneer hy kon, het \u00c9milie se man ook daar gaan bly en hy en Voltaire het dikwels saam gaan jag. Al drie van hulle het in die grootste harmonie daar saamgekuier.<\/p>\n<p>Die 15 jaar wat \u00c9milie en Voltaire in Cirey deurgebring het, was die produktiefste van haar lewe. Sy en Voltaire was die hart van \u2019n intellektuele groep wat later as die Verligting bekend geword het. Wanneer daar nie gaste, veral intellektuele en wetenskaplikes, was nie, het sy en Voltaire albei tot laat snags in hul onderskeie studeerkamers gewerk. Danksy haar het Voltaire ook in die wetenskap begin belang stel, maar op di\u00e9 gebied was sy sy meerdere.<\/p>\n<p>In 1737 het Voltaire vir \u2019n kompetisie by die Franse wetenskap-akademie ingeskryf. Snags wanneer hy geslaap het, het \u00c9milie koorsagtig aan haar eie eksperiment oor vuur gewerk wat sy ook stilletjies ingeskryf het. Nie een van hulle het gewen nie, maar albei se inskrywings is saam met di\u00e9 van die drie wetenskaplike wenners gepubliseer.<\/p>\n<p>\u2019n Jaar later het net Voltaire se naam by die werk <em>El\u00e9ments de la Philosophie de Newton<\/em> verskyn. Maar in \u2019n voorwoord het hy ges\u00ea dat hy en \u00c9milie saam aan die publikasie gewerk het. Di\u00e9 werk het Newton verstaanbaar gemaak vir diegene wat nie wiskunde op \u2019n ho\u00eb vlak bestudeer het nie.<\/p>\n<p>Twee jaar later was haar eie naam voor in die boek <em>Institutions de Physique<\/em>. Maar intussen het een van haar vorige leermeesters, Samuel Koenig, ges\u00ea dat sy eintlik net sy idees oor Leibniz en \u201cdie oneindig kleine\u201d wat hy in sy lesse met haar gedeel het, opgedis het. \u00c9milie was woedend en het haar op Pierre Louis de Maupertuis by die Wetenskap-akademie beroep met wie sy oor Leibniz gepraat het lank voordat Koenig haar leermeester was. Maar Maupertuis wou nie by die dispuut betrokke raak nie. Dis toe dat \u00c9milie vir die eerste keer gevoel het dat sy benadeel word bloot omdat sy vrou is.<\/p>\n<p>\u00c9milie en Voltaire het met Stanislas, die afgesette koning van Pole wie se dogter met koning Lodwyk XV getroud was, bevriend geraak en vir hom in Lun\u00e9ville, waar sy Lorraine-hof gevestig was, gaan kuier. Voltaire se <em>Sceaux-<\/em>toneelstukke, met \u00c9milie in die hoofrol, is daar opgevoer en so goed ontvang dat dit weer opgevoer is. \u00c9milie het geskitter. Sy was die ster van die een vertoning n\u00e1 die ander. Teen di\u00e9 tyd was \u00c9milie en Voltaire se fisieke verhouding verby, maar hy het weer van voor af op haar verlief geraak en klein odes aan haar geskryf. Die ou Stanislas is tienuur bed toe en daarna het \u00c9milie en Voltaire mense in \u00c9milie se woonkwartier onthaal. Almal het die twee bewonder oor hul flambojante leefstyl, talent, pittige s\u00eagoed en lewendige geselskap.<\/p>\n<p>Emilie het op \u2019n howeling, die markies De Saint-Lambert, verlief geraak. Maar hy het haar sleg behandel en ook met die koning se minnares verkul.<\/p>\n<p>Toe sy agterkom sy is swanger, het sy Voltaire vertel. Hy het besef dat die enigste manier waarop sy kon verseker dat die Du Ch\u00e2telet en Du Breteuil-erfenisse in die familie sou bly, was om haar man om te haal om sy regiment in Dijon te verlaat en \u2019n tyd lank saam met haar te woon.<\/p>\n<p>Nadat haar man terug is na sy regiment, het \u00c9milie op Lun\u00e9ville voluit begin werk aan die vertaling van Newton se werk uit die oorspronklike Latyn in Frans. Sy het van vroeg soggens tot laat snags gewerk en haar en Voltaire se kneg, Longchamp, het later vertel dat sy skaars wou eet. \u00c9milie se dogtertjie (haar vierde kind) is in die nag van 3 September 1749 gebore. \u00c9milie is op 10 September aan \u2019n infeksie oorlede wat sy met die geboorte opgedoen het. Haar vertaling van Newton se <em>Principles<\/em> het tien jaar n\u00e1 haar dood, in 1759, verskyn. Di\u00e9 vertaling word tot vandag toe nog as di\u00e9 gesaghebbendste Franse vertaling van Newton se werk beskou.<\/p>\n<p>N\u00e1 haar dood was Voltaire ontroosbaar: \u201cEk het die helfte van myself verloor \u2013 \u2019n gees wat vir myne gemaak is.\u201d<\/p>\n<p><em>Bronne: Passionate Minds \/ The Great Enlightenment Love Affair deur David Bodenis. Little, Brown, Engeland, 2006, asook verskeie webwerwe.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meer as twee en \u2019n half eeue n\u00e1 haar dood word die Franse wiskundige \u00c9milie du Ch\u00e2telet se bydrae tot die wetenskap ho\u00ebr geag as toe sy geleef het. Boonop het sy niemand minder as Voltaire as haar minnaar gekies nie<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":95055,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[147,1387,23450],"class_list":["post-95282","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Meer as twee en \u2019n half eeue n\u00e1 haar dood word die Franse wiskundige \u00c9milie du Ch\u00e2telet se bydrae tot die wetenskap ho\u00ebr geag as toe sy geleef het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Meer as twee en \u2019n half eeue n\u00e1 haar dood word die Franse wiskundige \u00c9milie du Ch\u00e2telet se bydrae tot die wetenskap ho\u00ebr geag as toe sy geleef het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-01-20T11:21:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-06-15T08:57:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV06RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"370\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet\",\"datePublished\":\"2018-01-20T11:21:36+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-15T08:57:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/\"},\"wordCount\":1983,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV06RR.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV06RR.jpg\",\"datePublished\":\"2018-01-20T11:21:36+00:00\",\"dateModified\":\"2018-06-15T08:57:35+00:00\",\"description\":\"Meer as twee en \u2019n half eeue n\u00e1 haar dood word die Franse wiskundige \u00c9milie du Ch\u00e2telet se bydrae tot die wetenskap ho\u00ebr geag as toe sy geleef het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV06RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV06RR.jpg\",\"width\":370,\"height\":567},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet | rooi rose","description":"Meer as twee en \u2019n half eeue n\u00e1 haar dood word die Franse wiskundige \u00c9milie du Ch\u00e2telet se bydrae tot die wetenskap ho\u00ebr geag as toe sy geleef het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet | rooi rose","og_description":"Meer as twee en \u2019n half eeue n\u00e1 haar dood word die Franse wiskundige \u00c9milie du Ch\u00e2telet se bydrae tot die wetenskap ho\u00ebr geag as toe sy geleef het.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-01-20T11:21:36+00:00","article_modified_time":"2018-06-15T08:57:35+00:00","og_image":[{"width":370,"height":567,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV06RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet","datePublished":"2018-01-20T11:21:36+00:00","dateModified":"2018-06-15T08:57:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/"},"wordCount":1983,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV06RR.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV06RR.jpg","datePublished":"2018-01-20T11:21:36+00:00","dateModified":"2018-06-15T08:57:35+00:00","description":"Meer as twee en \u2019n half eeue n\u00e1 haar dood word die Franse wiskundige \u00c9milie du Ch\u00e2telet se bydrae tot die wetenskap ho\u00ebr geag as toe sy geleef het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV06RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV06RR.jpg","width":370,"height":567},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-emilie-du-chatelet\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: \u00c9milie du Ch\u00e2telet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95282","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95282"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95282\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/95055"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95282"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95282"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95282"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}