{"id":95273,"date":"2018-12-30T08:00:51","date_gmt":"2018-12-30T06:00:51","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=95273"},"modified":"2018-12-18T23:01:14","modified_gmt":"2018-12-18T21:01:14","slug":"beeld-van-n-vrou-dalene-matthee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee"},"content":{"rendered":"<p><em> Beeld van \u2019n Vrou: Dalene Matthee deur Regina Malan<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Waar \u2019n varing wip, is daar \u2019n feetjie.\u201d Di\u00e9 woorde van <strong>Dalene Matthee<\/strong>, geliefde Afrikaanse skrywer van die gewilde Knysnabos-romans, s\u00ea dadelik jy het nie hier met \u2019n gewone mens te doen nie. Sy was oop vir \u2019n veel groter w\u00eareld as die hier en nou. Die vrou was vir haar die draer van wysheid en spiritualiteit, teenoor die man wat intellektualiteit vervat. Vandaar die magiese band wat sy met die bos gehad het. Met haar fyn intu\u00efsie het sy die bos as \u2019n persoonlikheid ervaar wat jou soms vertrou en soms nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 bospersoonlikheid moes gerespekteer word. Daarom het sy altyd met die bome gepraat en hulle gegroet elke keer wanneer sy in die bos ingaan. Haar kinders het geprotesteer: \u201cMa, die mense sal s\u00ea Ma is mal.\u201d Dalene het net ges\u00ea dis nie belangrik wat die mense van haar dink nie, maar wat die bos van haar dink.<\/p>\n<p>Haar betrokkenheid by die bos het die jong Dalene nooit voorsien nie. Sy het eers later in haar lewe, volgens die joernalis Cathy Knox, ingesien dat daar \u2019n grootse plan is wat haar telkens sou lei na waar sy moes wees, solank sy die ritme daarvan nie versteur nie.<\/p>\n<p>Dalene is op 13 Oktober 1938 as Dalena Scott op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. In \u2019n onderhoud met Izak de Villiers s\u00ea sy: \u201cDit is al \u2019n afgesaagde storie maar \u2019n aanvaarde feit dat ek die stoutste kind op Riversdal was. Dat ek baie rebels was.\u201d Selfs haar ouma was raadop met die onmoontlike kind wat nie borduurwerk wou doen nie en haar nie soos \u2019n dame wou gedra nie. Haar rebellie was goed vir die mensdom, want dit het haar op paaie laat loop waar sy die wysheid bekom het wat in haar boeke tot uiting gekom het. Sy s\u00ea ook dat sy haar leermeesters aan die uithoeke van die aarde gesoek het. \u201cEk het gesoek, gelees, gestudeer.\u201d<\/p>\n<p>Haar pa was \u2019n direkte afstammeling van die bekende Skotse historikus, sir Walter Scott. Dalene was die middelste van vyf kinders wat almal in een of ander mate die kunsgeen ontvang het. Reeds op skool is Dalene vir haar besondere opstelle geprys.<\/p>\n<p>Op 18-jarige ouderdom is sy met Larius Matthee, \u2019n bankklerk, getroud. Hy is elke paar jaar na \u2018n ander dorp verplaas en hulle het eers op Oudtshoorn, daarna Darling, Graaff-Reinet, Uniondale en uiteindelik Hartenbos gewoon.<\/p>\n<p>Hul drie dogters, Amanda, Toni en Hilary is tussen 1959 en 1964 gebore. Dalene se eerste kinderstories wat sy vir die radioprogram Siembamba geskryf het, het sy eers op die drie dogtertjies getoets. As hulle tot die einde geluister het, het sy geweet die storie werk, maar as hulle met die kombers se punte begin speel het, het sy dit oorgeskryf.<\/p>\n<p>Op Graaff-Reinet, waar die gesin van 1967 tot 1971 gebly het, het Dalene se liefde vir bewaring na vore getree. Sy het \u2019n halfdagpos as kurator van die Hester Rupert-kunsmuseum aanvaar en by dr. Anton Rupert se restourasiespan aangesluit. Op Uniondale het sy gehelp met die restourasie van die watermeule en die Ou Fort wat uit die Anglo-Boereoorlog dagteken.<\/p>\n<p>Die dorpsbiblioteek was vir hierdie ywerige leser in elke dorp \u2019n uitkoms en haar dogters moes saam met haar di\u00e9 versamelw\u00earelde van kennis ontdek.<\/p>\n<p>Met haar kortverhale het Dalene meer gesukkel as met haar kinderstories. Sy het byna \u2019n jaar gesukkel voor \u2019n tydskrif een van haar verhale aanvaar het. Haar bekendste bundel kortverhale, Die Judasbok, het in 1982 verskyn en is goed deur resensente ontvang.<\/p>\n<p>Die kunstenaar se kreatiwiteit is \u2019n misterie. Elke kunstenaar se gees werk op \u2019n unieke wyse om, in die digter William Blake se woorde, die hemel in \u2019n sandkorrel raak te sien, of die ewigheid in \u2019n veldblom. In Dalene het die misterie wat kreatiwiteit is, ook snaakse draaie gemaak. Nie baie mense weet dat sy \u2019n kranige pianis met \u2019n lisensiaat in musiek was nie. Sy het musiekles gegee en elke dag van haar lewe klavier gespeel, tot die dag dat sy aan Kringe in \u2019n bos, haar eerste bosroman wat haar onmiddellik op die w\u00eareldkaart geplaas het, begin werk het. Daarna het sy nooit weer aan \u2019n klavier geraak nie. Die skrywersmuse het die oorhand gekry. Haar medium het die taal geword.<\/p>\n<p>Larius, Dalene se man, moes in 1978 om gesondheidsredes aftree en so beland die gesin op Hartenbos, die plek waar sy waarskynlik bestem was om te wees, want hier sou sy die magiese Knysnabos leer ken en sou haar skryfloopbaan behoorlik vlamvat met die skryf van Kringe in \u2019n bos, die eerste van haar vier bosromans. Die ander drie stories is Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos.<\/p>\n<p>Aan joernalis Elmarie Rautenbach het Dalene vertel dat sy in di\u00e9 tyd by \u2019n kruispad was met haar skryfwerk. Kortverhale wou sy nie meer skryf nie, maar wat sou die leemte vul? Om helderheid te kry het sy en haar man \u2019n staptog deur die bos aangepak. Van die eerste tree af was sy onder die bekoring van die bos en het haar vrae begin: Hoekom was daar \u2019n uitheemse eikeboom in die middel van die bos? Hoe het die grootskaalse verwoesting van die bos begin? Wat het van die olifante geword?<\/p>\n<p>Dalene se aard was om na te vors, te probeer deurdring tot die hart van dinge en sy sou di\u00e9 karaktertrek ten bate van die bos gebruik. Nooit het sy die bos sommer net geromantiseer nie. Dit was vir haar \u2019n entiteit met sy eie siel en het eerbied en ontsag ontlok. Partykeer kan jy aanvoel dat hy jou vertrou, ander kere nie. Elke groen blaar was vir haar \u2019n klein fabriek, en die bos \u2019n kragstasie waarvan die energie ver buite sy grense uitgesaai is. Sy het ingesien dat die dag wanneer die mens die laaste oerwoudbos op aarde verwoes het, hy vir altyd \u2019n deel van sy innerlike vrede, vryheid en vreugde sou verloor, want die bos raak \u2019n mens se siel aan.<\/p>\n<p>Volgens \u2019n artikel in The Citizen begin sy in 1981 met \u2019n tydperk van elf maande van intensiewe navorsing oor die bos &#8211; die aard daarvan, die plante, die taal van die bos, die bewoners, die bome, die seisoene. Sy het onderhoude gevoer met elke houtkapper wat die tydperk voor 1939, die jaar toe di\u00e9 gemeenskap uit die bos verwyder is, kon onthou.<\/p>\n<p>Die belangrikste tema wat deurgebreek het, was die geleidelike verwoesting van die bos en die hartelose uitwissing van die olifante. Die gierigheid vir hout en ivoor in die negentiende eeu was die direkte oorsaak hiervan. Weens diepe standverskille was die armoedige boswerkers so verpand aan die uitlandse houthandelaars dat hulle die bos moes uitroei om hul skuld afgewerk te kry. Dis hierdie armoediges wie se storie sy wou vertel, en hulle was dankbaar daaroor. Een van hulle het op \u2019n dag vir Dalene ges\u00ea: \u201cSal iemand dan uiteindelik voor die Here ons storie vertel?\u201d<br \/>\nMet \u2019n diep seer en woede in haar binneste het Dalene uitgevind dat daar honderd jaar gelede nog drie tot vier honderd olifante in die Knysnabos was. Vandag is daar net drie oor. Al wat haar donker bui oor die verwoesting kon verlig, was die bewaringswerk wat tans gedoen word.<\/p>\n<p>Uit haar navorsingswerk het Kringe in \u2019n bos voortgevloei. Haar taalvaardigheid, onmiskenbare liefde vir die bos en die passie wat in die boek tot uiting gekom het, het haar gewildheid ook buite die landsgrense verseker. Sy het die Engelse vertaling van die roman gedoen. \u201cAfrikaans is \u2019n hoogs emosionele taal,\u201d het sy ges\u00ea. \u201cJy kan tot by die kern indryf. Engels is meer gereserveerd, pragtig gereserveerd. Maar ek wou op \u2019n manier daardie emosie in die Engels laat deurkom.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 die sukses van Kringe het Fiela se kind in 1985 gevolg en weer was die kritici gaande oor die boek. Net soos met Kringe in \u2019n bos verwerf Dalene \u2019n ATKV-prys vir di\u00e9 roman en in 1999 word Fiela as die Afrikaanse Boek van die Eeu aangewys. Dit word ook vir die verhoog en as \u2019n rolprent verwerk en word selfs as \u2019n musiekblyspel opgevoer &#8211; wat met twee Vita-toekennings bekroon is.<\/p>\n<p>Uit respek vir haar lesers &#8211; \u201cjy skryf altyd vir daardie een mens wat meer weet as jy\u201d- het sy vir al haar boeke, en veral die historiese romans, uitvoerig navorsing gedoen. Vir Moerbeibos, die bosroman oor die Italiaanse sywurmboere wat ingevoer is om \u2019n sybedryf hier te vestig en wat in die bos krepeer het, het sy byvoorbeeld in Itali\u00eb en Engeland gaan navorsing doen. Vir Pieternella van die Kaap, die lewensverhaal van die opstandige Pieternella van Meerhoff in die Kaap van die sewentiende eeu, is Dalene Nederland, Londen en Mauritius toe. Dit was nie vir haar moeite om tot vier jaar lank navorsing en agtergrondwerk te doen voor sy by die skryf van \u2019n boek uitgekom het nie.<\/p>\n<p>Dalene Matthee was \u2019n eerlike mens sonder enige pretensie. Sy het byvoorbeeld met die manuskrip van Kringe in \u2019n bos in \u2019n plastiek-inkopiesak by Tafelberg-Uitgewers opgedaag. Van haar eerste besoek aan Engeland het sy ges\u00ea: \u201cEk het soos \u2019n boerpampoen tussen aarbeie gevoel.\u201d \u2019n Mens moes ook nie met kunsmatige goed soos margarien by haar aankom nie. Net botter, want \u201cek eet regte kos\u201d. Joernaliste, veral anderstaliges, het hulle verwonder aan di\u00e9 enigmatiese vrou met die vonkel in die oog, die gebrek aan \u2019n wag voor haar mond en die groot gebare wat haar woorde vergesel het.<\/p>\n<p>Oor haar talent om \u2019n storie te kan vertel het almal saamgestem. Sy het nie \u2019n kitsresep vir voornemende skrywers gehad nie, net ges\u00ea \u201cjy moet \u2019n boek laat lewe\u201d. Die reeks toekennings wat sy ontvang en die groot impak wat haar boeke ook oorsee gehad het, het getuig van die lewe wat sy in haar boeke ingesit het. Volgens Frederik de Jager van Tafelberg-uitgewers het sy dit reggekry om haar eiesoortige idees in \u2019n storieboek in te ploeg \u201csodat jy die boek agter die storie aan lees, maar baie meer daarmee saam kry\u201d.<\/p>\n<p>Haar boeke is in 14 tale vertaal. Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as \u2019n miljoen boeke in Afrikaans by Tafelberg-Uitgewers in Suid-Afrika verkoop is. Kringe in \u2019n Bos en Fiela se Kind is langer as twintig jaar in skole voorgeskryf.<\/p>\n<p>Uitgewer Charles Fryer het ges\u00ea: \u201cDie olifant Oupoot het begin loop en sy pad dwarsdeur die Afrikaanse letterkunde gebaan.\u201d<\/p>\n<p>Naas \u2019n rits plaaslike liter\u00eare pryse, ereburgerskappe en erkenningspryse vir haar boswerk, het Dalene in 1993 \u2019n Switserse letterkundeprys gekry vir haar \u201clewenskragtige liter\u00eare werk en hartstogtelike belangstelling in natuurbewaring\u201d.<\/p>\n<p>Dalene Matthee is op 20 Februarie 2005 op Mosselbaai aan hartversaking oorlede. Sy het drie weke voor haar dood nog aan die Engelse vertaling van haar laaste roman, Die uitgespoeldes, gewerk.<\/p>\n<p>Haar dood was vir almal onverwags. Haar dogter, Amanda, vertel: \u201cSy was in die hospitaal vir toetse. Sy het nooit van hospitale gehou nie en wou haarself die dag voor haar dood met alle mag ontslaan. Ons het gedog as sy nog so <em>difficult<\/em> kan wees, hoef ons nie bekommerd te wees nie. Miskien was dit hoekom haar dood vir ons kinders so \u2019n groot skok was &#8211; ons het dit nie sien kom nie. Sy is die Sondag in die vroe\u00eb oggendure oorlede. Ek en my susters het in ons dommigheid gedink om niks te s\u00ea nie, die Dinsdag \u2019n beriggie in die koerant te sit en die Woensdag stilweg begrafnis te hou, want sy was \u2019n baie private mens. Maar voor ontbyt Sondag het die eerste koerante gebel. Ons was nie voorbereid op die stortvloed boodskappe en blomme van oor die hele w\u00eareld nie. Ons het nie besef hoeveel mense weet wie my ma is nie.\u201d<\/p>\n<p>Die Knysnabos en sy besoekers sal Dalene nie vergeet nie. Haar laaste rusplek waar haar as gestrooi is, is by Krisjan-se-Nek, een van haar geliefde plekke in die bos. In 2008 is \u2019n gedenksteen vir haar by Krisjan-se-Nek onthul. \u201cDalene het dikwels hier by Krisjan-se-Nek haar siel kom voed om haar stories oor die bos te kon skryf. Dit is waar sy nou rus,\u201d lui \u2019n gedeelte van die inskripsie. Die groot Outeniekwa-geelhoutboom van meer as 880 jaar oud by Krisjan-se-Nek heet nou die Dalene Matthee Big Tree en die staproete wat daar begin, die Kringe in \u2019n bosroete. Die roete neem jou na die hart van die inheemse bos. Dit loop verby eeue oue geelhoutreuse en boomvarings van drie meter hoog. Waar jy \u2019n varing sien wip, is daar dalk \u2019n feetjie en as jy doodstil is, sal jy dalk Dalene Matthee se hartklop hier hoor.<\/p>\n<p><em>Bronne: www.dalenematthee.co.za; Onderhoud met Dalene Matthee in Radio &amp; TV Dagboek, 29 Jul. 1985; I. L. de Villiers: \u201cDie Formidabele Vrou van die Bos\u201d in Sarie, 19 Nov. 1986; Alan Franks: \u201cA Forest Killed for Greed\u201d in The Times, 28 Aug.1984; Cathy Knox: \u201cThe Making of a Novelist\u201d in Fair Lady, 25 Jul 1984; Erika Terblanche: \u201cDalene Matthee (1938\u20132005)\u201d op www.litnet.co.za; Suzette Truter: \u201cDalene Matthee: So skryf ek\u201d in Sarie, 28 Okt 1992<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op \u2019n vraag wat sy in die hemel gaan doen, het die skrywer Dalene Matthee ges\u00ea: \u201cEk gee nie om nie, die hemel moet net \u2019n bos wees.\u201d Haar besonderse verhouding met die Knysna-bos het vir \u2019n onvergeetlike nalatenskap in die Afrikaanse storievertelkuns gesorg.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":96932,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[147,1387,23450],"class_list":["post-95273","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Op \u2019n vraag wat sy in die hemel gaan doen, het die skrywer Dalene Matthee ges\u00ea: \u201cEk gee nie om nie, die hemel moet net \u2019n bos wees.\u201d\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Op \u2019n vraag wat sy in die hemel gaan doen, het die skrywer Dalene Matthee ges\u00ea: \u201cEk gee nie om nie, die hemel moet net \u2019n bos wees.\u201d\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-30T06:00:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Dalene-Matthee.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"275\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee\",\"datePublished\":\"2018-12-30T06:00:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/\"},\"wordCount\":2165,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Dalene-Matthee.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Dalene-Matthee.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-30T06:00:51+00:00\",\"description\":\"Op \u2019n vraag wat sy in die hemel gaan doen, het die skrywer Dalene Matthee ges\u00ea: \u201cEk gee nie om nie, die hemel moet net \u2019n bos wees.\u201d\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Dalene-Matthee.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Dalene-Matthee.jpg\",\"width\":275,\"height\":425},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee | rooi rose","description":"Op \u2019n vraag wat sy in die hemel gaan doen, het die skrywer Dalene Matthee ges\u00ea: \u201cEk gee nie om nie, die hemel moet net \u2019n bos wees.\u201d","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee | rooi rose","og_description":"Op \u2019n vraag wat sy in die hemel gaan doen, het die skrywer Dalene Matthee ges\u00ea: \u201cEk gee nie om nie, die hemel moet net \u2019n bos wees.\u201d","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-12-30T06:00:51+00:00","og_image":[{"width":275,"height":425,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Dalene-Matthee.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee","datePublished":"2018-12-30T06:00:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/"},"wordCount":2165,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Dalene-Matthee.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Dalene-Matthee.jpg","datePublished":"2018-12-30T06:00:51+00:00","description":"Op \u2019n vraag wat sy in die hemel gaan doen, het die skrywer Dalene Matthee ges\u00ea: \u201cEk gee nie om nie, die hemel moet net \u2019n bos wees.\u201d","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Dalene-Matthee.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Dalene-Matthee.jpg","width":275,"height":425},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-dalene-matthee\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: Dalene Matthee"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95273","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95273"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95273\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/96932"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95273"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95273"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95273"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}