{"id":95202,"date":"2019-01-05T06:00:32","date_gmt":"2019-01-05T04:00:32","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=95202"},"modified":"2019-01-03T13:01:34","modified_gmt":"2019-01-03T11:01:34","slug":"beeld-van-n-vrou-coco-chanel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel"},"content":{"rendered":"<p><em>Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel deur Regina Malan<\/em><\/p>\n<p>Die spiraaltrap wat weerskante met spie\u00ebls versier is, kenmerk die modehuis van Chanel. Aan die bokant van die trap, uit die oog van die mense, het die ontwerper altyd gestaan en kyk hoe haar modevertonings verloop.<\/p>\n<p>Die spie\u00ebls suggereer iets van vlugtigheid, van tydelikheid. Volgens Jean Picardie in haar Coco Chanel-biografie weerkaats die spie\u00ebls gelyktydig uit alle hoeke. Soos jy die trappe opklim, sien jy jouself voortdurend, die beeld opgebreek in skyfies ledemate en gesig.<\/p>\n<p>Die Chanel-boetiek het ook versilwerde spie\u00ebls teen die mure waarin \u2019n video van modelle op \u2019n bewegende rondomtalie aanhoudend weerkaats. Ook die dubbeldeur na Coco se private woonplek is \u2019n spie\u00ebldeur, en in die ingangsportaal is daar soveel herhalende weerkaatsings in die bespie\u00eblde mure dat \u2019n mens jou sin vir rigting kan verloor.<\/p>\n<p>Net so vlugtig en onseker is die kennis wat die w\u00eareld van di\u00e9 suksesvolle vrou het. Een van die bekendste mode-ontwerpers van ons tyd, w\u00eareldberoemd, aan die sy van ryk mans, uitgesproke, suksesvol was sy, die enigste vrou uit die couture-bedryf op Time se lys van die invloedrykste vroue van die twintigste eeu.<\/p>\n<p>Maar wie was sy regtig? Die m\u00e9ns agter die Chanel-handelsnaam bly haar biograwe ontglip. En juis dit versterk haar legende, want dit verhoog die allure om die naam Chanel. Sy het stories oor veral haar kinderjare versin, haarself ook tien jaar jonger gemaak deur haar geboortedatum te verander. Onafhanklik en selfgenoegsaam wou sy uit eie keuse nooit trou nie, maar aan die einde van haar lewe, alleen, het sy ges\u00ea: \u201c\u2019n Mens moenie alleen leef nie. Dit was \u2019n fout. Ek het gedink ek moet my lewe op my eie leef, maar ek was verkeerd.\u201d<\/p>\n<p>Biograwe kon wel daarin slaag om feite in te win oor hierdie werklik unieke en talentvolle vrou, wat die mode in haar eie tyd en vir dekades daarna bepaal het, maar niemand kon ooit die mens Coco Chanel heeltemal kleinkry nie.<\/p>\n<p>Gabrielle Bonheur Chanel is op 19 Augustus 1883 in Saumur, Frankryk, gebore. Sy was die tweede dogter van Albert Chanel, \u2019n markstalletjiehouer, en Jeanne Devolle, \u2019n wasvrou. Toe Gabrielle twaalf was, is haar ma aan tuberkulose dood en \u2019n week later het haar pa die pad gevat en die gesin sonder sorg gelaat. Familie het Gabrielle se boeties en sussies grootgemaak, maar nonne in die weeshuis van \u2019n Rooms-Katolieke klooster in die dorpie Aubazine sou vir ses jaar na Gabrielle omsien.<\/p>\n<p>Daar was weinig vooruitsigte vir so \u2019n brandarm kind. Coco het haar droom van ontsnapping uit die afbrekende w\u00eareld van armoede begin koester, en as volwassene het sy nooit weer na haar tyd in die weeshuis verwys nie. Sy het trouens moeite gedoen om \u2019n verbeelde storie van haar tantes wat na haar omgesien het, die w\u00eareld in te stuur en alle spore van haar weeshuisagtergrond uit te wis. Sy wou haar heeltemal van di\u00e9 traumatiese tyd distansieer. Teenoor haar eerste minnaar, Etienne Balsan, het sy die swaarkry erken: \u201cRegdeur my kinderjare het ek gewens dat iemand my sou liefkry. Ek het elke dag planne bedink om myself om die lewe te bring.\u201d<\/p>\n<p>By die nonne in die klooster het sy geleer naaldwerk doen. In skoolvakansies het sy by familielede gaan kuier en daar ook fyner naaldwerkkunsies aangeleer. Di\u00e9 kennis het die grondslag vir haar latere loopbaan as modeontwerper gel\u00ea.<\/p>\n<p>Op 18 moes Gabrielle die weeshuis verlaat. In Vichy en Moulin het sy \u2019n tydjie lank as sanger en kabaretdanser opgetree en die bynaam Coco gekry, blykbaar vanwe\u00eb twee liedjies wat sy gereeld gesing het, \u201cKo Ko Ri Ko\u201d en \u201cQui qu\u2019a vu Coco\u201d.<\/p>\n<p>Etienne Balsan was die eerste van \u2019n hele paar skatryk mans wat \u2019n invloed op Coco se lewe sou h\u00ea. Balsan was \u2019n berede weermag-offisier, tekstielerfgenaam en perdeteler wat Coco as sy minnares in die rojale en luukse leefstyl van die elite ingelyf het. Hoewel hy dikwels ontrou aan haar was, het Balsan tot aan die einde van sy lewe lojaal teenoor haar gebly en nooit enige geheime wat sy aan hom toevertrou het, oorvertel nie.<\/p>\n<p>Hul verhouding het nie lank geduur nie, maar deur Balsan het sy die groot liefde en anker van haar lewe ontmoet: kaptein Arthur Edward Capel, met die bynaam Boy. Jean Picardie suggereer selfs dat die beroemde ineengevlegte dubbel-C-embleem van die Chanel-modehuis nie net op haar eie voorletters dui nie, maar op di\u00e9 van Chanel en Capel.<\/p>\n<p>Boy Capel kom uit \u2019n skatryk Britse familie wat \u2019n fortuin uit steenkoolmyne in die noorde van Engeland gemaak het. Hy het \u2019n konserwatiewe Rooms-Katolieke opvoeding gehad en met groot sukses die familie-onderneming uitgebrei, maar was ook jonk en avontuurlustig, die spreekwoordelike playboy. Coco kon sy groen o\u00eb, aantreklikheid en charisma nie weerstaan nie en het dadelik op hom verlief geraak. Toe Capel n\u00e1 sy kuier in die Balsan-kasteel by Royallieu Parys toe is, het Coco nie gehuiwer nie. Sonder sy medewete het sy haar tas gepak en die volgende oggend was sy saam met hom op die trein.<\/p>\n<p>Om deur skatryk mans onderhou te word, het sy voordele gehad en het haar vakansies in die speelplekke van die rykes besorg, maar dit het nie by Coco se gedrewe, sterk persoonlikheid gepas nie. Wat sy regtig wou h\u00ea, was om finansieel onafhanklik en selfstandig te wees.<\/p>\n<p>Capel en Balsan het saam vir haar geld voorgeskiet om in 1910 \u2019n klein hoedemakery op die been te bring en danksy hul konneksies was dit nie moeilik om klante te kry nie. Soos met die latere modes wat sy geskep het, was haar hoede gestroop van die oormaat tierlantyntjies van haar tyd, die sogenaamde Belle Epoque. Sy wou vroue vry maak, hulle gemaklik laat voel. Haar eie klerestyl was altyd jeugdig en amper manlik in die eenvoud daarvan. \u201cNiks verouder \u2019n vrou meer as oordadige luuksheid, versierings en ingewikkeldheid nie,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Gaandeweg het Coco van hoede na klere-ontwerp oorgeslaan. In 1913 het sy \u2019n boetiek in Deauville oopgemaak en in 1915 een in Biarritz. In die Eerste W\u00eareldoorlog het haar eenvoudige ontwerpe en gemaklike materiale so gewild geword dat sy in 1919 die Huis van Chanel op die Rue de Cambon in Parys kon open, waar dit vandag nog staan. Haar sukses, wat meegebring het dat sy van niemand meer afhanklik was nie, het Boy Capel onthuts. \u201cEk het gedink ek gee jou \u2019n speelding,\u201d het hy half treurig ges\u00ea met verwysing na die winkel wat hy vir haar oopgemaak het, \u201cmaar ek het eintlik vir jou vryheid gegee.\u201d<\/p>\n<p>Capel het haar ook aan die coromandel-skerms bekend gestel. Di\u00e9 Chinese kamerskerms met rooi of swart lakwerk waarop versierings geverf word, het \u2019n kenmerkende dekorvoorwerp in haar huis en salon geword. Coco se skerms was onder meer met wit vo\u00ebls en spierwit kamelias versier.<\/p>\n<p>Die wit, skoon en strakke eenvoud van die kamelia het Coco met haar afkeer van oordadigheid, gefassineer. Afgesien van die coromandel-skerms het sy die kamelia ook in kandelare in haar woonstel gebruik, en later het dit dikwels as versiering op een van haar couture-items soos handsakke, sandale of selfs sambrele en sonbrille verskyn. Die bekendste simbole van die Chanel-handelsmerk is juis die wit kamelia, die dubbel-C-embleem en die stringe wit p\u00earels wat dikwels die enigste versierings vir haar eenvoudige uitrustings was.<\/p>\n<p>In 1919 is Boy Capel in \u2019n motorongeluk oorlede. Dit was, volgens Jean Picardie, \u201cdie diepste sny in Coco se hart; die wond wat nie wou heel nie\u201d. \u2019n Vriend wat die nuus aan haar oorgedra het, het vertel hoe haar gesig van smart vertrek het. \u201cDie ergste was om hierdie vrou met dro\u00eb o\u00eb te sien huil.\u201d<\/p>\n<p>Sy het later weer verhoudings met ryk en aristokratiese mans aangeknoop, onder andere met aartshertog Dimitri van Rusland en die fabelagtige ryk hertog van Westminster, maar die verlies sou vir altyd \u2019n leegheid in haar lewe meebring.<\/p>\n<p>Haar modehuis, aan die ander kant, het gefloreer. Uiters hardwerkend, kreatief en dinamies het sy al die konvensies van die tyd uitgedaag. Sy het die groot pofmoue, ingerygde lyfies, korsette en strikke van daardie tydperk as beperkend vir vroue afgemaak. Met kort gesnyde hare, korter rokke, regaf ontwerpe sonder klein middeltjies, en sagte breistowwe het sy vroue ge\u00ebmansipeer. Vroue het oor hul voete geval om die sogenaamde \u201cFlapper\u201d-voorkoms te kry. Die eenvoud van haar ontwerpe, die sagte luuksheid van die materiale en die neutrale kleure het \u2019n gemaklike maar sterk elegansie uitgestraal.<\/p>\n<p>Enigeen wat vandag \u2019n \u201cklein swart nommertjie\u201d in haar kas het, kan Coco Chanel daarvoor bedank. Knielengte rompe, haar bekende cardigan-baadjie, langbroeke vir vroue en klokpypbroeke is vandag nog stapelitems en \u2019n bewys van die enorme invloed wat sy op die modebedryf gehad het. Sy het die bonte mengelmoes van kleur wat in haar jong dae mode was, vervang deur neutrale kleure &#8211; wit, swart, donkerblou en roomkleur. \u201cVroue dink aan alle kleure behalwe aan die afwesigheid van kleur,\u201d het sy ges\u00ea. \u201cSwart is alles. Wit ook. Hul skoonheid is absoluut. Dit is \u2019n volkome harmonie.\u201d<\/p>\n<p>Coco Chanel was die eerste modeontwerper wat haar eie parfuum geskep het. In 1925 is die legendariese No. 5-parfuum aan die w\u00eareld bekend gestel. Volgens Wikipedia lui \u2019n verslag van die Franse regering dat daar w\u00eareldwyd elke dertig sekondes \u2019n bottel No. 5 verkoop word en meer as honderdmiljoen euro per jaar verdien. Chanel het haar herinneringe aan die blomtuine van die klooster in Aubazine waar sy grootgeword het, in di\u00e9 fyngeur verewig.<\/p>\n<p>Twee broers van Joodse afkoms, Pierre en Paul Wertheimer, het die finansiering vir die stigting van die maatskappy Parfums Chanel verskaf. Coco het slegs tien persent aandele in die onderneming gehad. Sy het verontreg gevoel en later, rondom die Tweede W\u00eareld-oorlog, het sy selfs anti-Joodse sentiment en wetgewing probeer gebruik om haar onderneming uit die Wertheimer-hande te kry. Uiteindelik, in 1947, is \u2019n nuwe ooreenkoms gesluit waarvolgens Chanel \u2019n eenmalige bedrag aan oorlogswins uit die parfuum sou ontvang, asook twee persent van alle Chanel No. 5-verkope w\u00eareldwyd. Daarmee het sy een van die rykste vroue ter w\u00eareld geword. Coco was nie net \u2019n briljante modeontwerper nie, maar ook \u2019n gedugte sakevrou.<\/p>\n<p>Die Tweede W\u00eareldoorlog het Europa verander. \u201cDit is nie nou \u2019n tyd vir modes nie,\u201d het Coco ges\u00ea, en haar modehuis gesluit. Met die Duitse besetting het sy, op 58 jaar, \u2019n omstrede verhouding met \u2019n Duitse offisier, Hans Gunther von Dincklage, aangeknoop en in die Ritz-hotel gebly waar die ho\u00eb offisiere van die Duitse weermag ook tuisgegaan het.<\/p>\n<p>Met die na-oorlogse anti-Duitse sentiment, is sy daarvan verdink dat sy vir die Duitsers gespioeneer het, maar sy het haar so verweer: \u201c\u2019n Vrou van my ouderdom kan nie bekostig om na sy paspoort te kyk as sy \u2019n kans het om \u2019n minnaar te kry nie.\u201d<\/p>\n<p>Tog het haar glans in die o\u00eb van die Franse verdof. Sy het \u2019n paar jaar in Switserland gaan bly, maar in 1954, op 71-jarige ouderdom, besluit om \u2019n terugkeer na die modew\u00eareld te maak.<br \/>\nIn die jare twintig van die vorige eeu, toe sy beroemd geword het, het vroueontwerpers die botoon gevoer, maar n\u00e1 die oorlog het mans ook begin naam maak. Christian Dior se New Look het die verbeelding aangegryp. Dit was juis deels uit rebelsheid teenoor sy modes dat Coco besluit het om haar modehuis te heropen. Sy het Dior daarvan beskuldig dat hy weer, soos in die negentiende eeu, vroue stereotipeer as mooi voorwerpe vir mans se gemak. \u2019n Vrou wat in \u2019n Dior-rok gaan sit, het sy ges\u00ea, lyk soos \u201cn ou leunstoel\u201d.<\/p>\n<p>Haar eerste n\u00e1-oorlogse uitstalling het vernietigende kritiek opgelewer. \u201c\u2019n Fiasko,\u201d het die pers dit genoem, \u201c\u2019n moe\u00eb herhaling\u201d van ou modes. Die negatiewe kritiek het Coco net aangevuur om met \u2019n vegtersinstink voort te gaan, ure der ure se vermoeiende werk te lewer en weer fenomenale sukses te behaal.<\/p>\n<p>Een van die bekendste vroue wat haar in di\u00e9 tyd ondersteun het, was die Amerikaanse presidentsvrou, Jackie Kennedy. Die pienk klassieke Chanel-pakkie en pienk pildooshoed wat sy aangehad op die dag toe haar man, president J.F. Kennedy, in 1963 vermoor is, is op foto\u2019s van die gebeurtenis verewig.<\/p>\n<p>Die dinamiese, rebelse Coco Chanel, \u2019n klassieke skoonheid in haar jong dae met \u2019n strewe na sukses en \u2019n hartstog vir vernuwende vrouemodes, die intelligente skepper van raaisels wat haar persoonlike lewe gekenmerk het en \u2019n magiese bekoring aan haar sakeryk verleen het, het oud geword. Haar nagte in haar stil, wit slaapkamer in die Ritz is deur nagmerries en slaapwandelings onderbreek; haar dae is steeds deur werk gevul. Die aand van 9 Januarie 1971, reeds 88 jaar oud, het sy moeg bed toe gegaan en vir oulaas vir haarself \u2019n slaapinspuiting gegee. Daardie nag het sy gesterf. Met haar begrafnis is haar kis bedek met wit blomme, kamelias, katjiepierings, orgide\u00eb en asaleas.<\/p>\n<p>Oor haar navorsing oor Coco se lewe, s\u00ea Jean Picardie dat jy vir ewig kan soek, maar nooit al die verlore deeltjies sou opspoor nie. Die raaisels l\u00ea oral soos verwaaide blomblare.<\/p>\n<p>Maar oor Coco se bydrae aan die modefront kan daar nooit twyfel wees nie. Vandag nog, onder leiding van die talentvolle Karl Lagerfeld, simboliseer die Huis van Chanel eenvoudige, tydlose elegansie met \u2019n jaarlikse verdienste van miljoene rand.<\/p>\n<p>Marina Carlson vertel op \u2019n web-blog van haar onlangse besoek aan die Chanel-mode-huis waar klassieke, goeie smaak steeds die wagwoord is. Klere hang in eenvoudige hokkies, toebehore word op verligte rakke uitgestal. Die parfuum wat sy koop, word as \u2019n geskenk toegedraai. Dit word in \u2019n kraakwit Chanel-sak gesit en met \u2019n foutlose strik van die kenmerkende swart-en-wit lint afgerond. Die kwitansie word geb\u00eare in \u2019n wit vouertjie met die ikoniese wit kamelia daarop gebosseer &#8211; mademoiselle Chanel se stylvolle nalatenskap.<\/p>\n<p><em>Bibliografie: Justine Picardie, Coco Chanel the Legend and the Life, Harper Collins, 2010; www.bangkokpost.com\/arts-and-culture; www.famous-women-and-beauty.com;www.independent.co.uk\/arts-entertainment; http:\/marina carlson.wordpress.com\/2011\/01\/13\/theworld-ofchanel; http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/CocoChanel<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Winston Churchill het van Coco Chanel ges\u00ea: \u2018Sy is sterk genoeg om \u2019n koninkryk &#8211; en \u2019n man &#8211; te regeer.\u2019 Tog het sy ook \u2019n weerloosheid gehad. Maar sy het selde geglimlag.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":96930,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[147,1387,23450],"class_list":["post-95202","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Winston Churchill het van Coco Chanel ges\u00ea: \u2018Sy is sterk genoeg om \u2019n koninkryk - en \u2019n man - te regeer.\u2019 Tog het sy ook \u2019n weerloosheid gehad.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Winston Churchill het van Coco Chanel ges\u00ea: \u2018Sy is sterk genoeg om \u2019n koninkryk - en \u2019n man - te regeer.\u2019 Tog het sy ook \u2019n weerloosheid gehad.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-01-05T04:00:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Chanel.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"638\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel\",\"datePublished\":\"2019-01-05T04:00:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/\"},\"wordCount\":2321,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Chanel.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Chanel.jpg\",\"datePublished\":\"2019-01-05T04:00:32+00:00\",\"description\":\"Winston Churchill het van Coco Chanel ges\u00ea: \u2018Sy is sterk genoeg om \u2019n koninkryk - en \u2019n man - te regeer.\u2019 Tog het sy ook \u2019n weerloosheid gehad.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Chanel.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Chanel.jpg\",\"width\":638,\"height\":425},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel | rooi rose","description":"Winston Churchill het van Coco Chanel ges\u00ea: \u2018Sy is sterk genoeg om \u2019n koninkryk - en \u2019n man - te regeer.\u2019 Tog het sy ook \u2019n weerloosheid gehad.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel | rooi rose","og_description":"Winston Churchill het van Coco Chanel ges\u00ea: \u2018Sy is sterk genoeg om \u2019n koninkryk - en \u2019n man - te regeer.\u2019 Tog het sy ook \u2019n weerloosheid gehad.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-01-05T04:00:32+00:00","og_image":[{"width":638,"height":425,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Chanel.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel","datePublished":"2019-01-05T04:00:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/"},"wordCount":2321,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Chanel.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Chanel.jpg","datePublished":"2019-01-05T04:00:32+00:00","description":"Winston Churchill het van Coco Chanel ges\u00ea: \u2018Sy is sterk genoeg om \u2019n koninkryk - en \u2019n man - te regeer.\u2019 Tog het sy ook \u2019n weerloosheid gehad.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Chanel.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Chanel.jpg","width":638,"height":425},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-coco-chanel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: Coco Chanel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95202","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95202"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95202\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/96930"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95202"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95202"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95202"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}