{"id":95155,"date":"2020-02-25T07:45:08","date_gmt":"2020-02-25T05:45:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=95155"},"modified":"2020-02-25T10:09:23","modified_gmt":"2020-02-25T08:09:23","slug":"beeld-van-n-vrou-katherine-johnson","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson"},"content":{"rendered":"<p><em>Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson deur Corlia Fourie. Hooffoto: Shutterstock\/Greatstock<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Katherine Johnson is op 24 Februarie 2020 op die ouderdom van 101 oorlede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson<\/h4>\n<p>Katherine Johnson se wiskundige talent was so formidabel dat sy die berekeninge moes nagaan wat die eerste rekenaars by NASA gemaak het. Die ruimtereisiger John Glenn het byvoorbeeld daarop aangedring dat sy die data moes nagaan voordat hy in 1962 die eerste Amerikaner geword het wat in die Friendship 7-ruimtetuig om die aarde gereis het. Haar berekeninge was ook net so belangrik vir die sukses van die Apollo-maantuig soos Neil A. Armstrong se eerste tree op die maan.<\/p>\n<p>Katherine het op 24 November 2015 die presidensi\u00eble medalje vir vryheid vir haar werk in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama, ontvang. Sy het dit\u00a0 stellig as haar grootste verering beskou, want di\u00e9 besondere vrou het die toekennings ingeryg, nie net eredoktorsgrade nie, maar ook NASA-eerbewyse. \u2019n Nuwe Nasa-sentrum, die Katherine G. Johnson Computational Research Facility, is ook na haar vernoem.<\/p>\n<p>Katherine is op 26 Augustus 1918 in White Sulphur Springs in Wes-Virgini\u00eb, Amerika, gebore, die dogter van Joshua en Joylette Coleman. In \u2019n tyd toe die meeste swart Amerikaners skaars hul ho\u00ebrskoolloopbane voltooi het, het Joshua geglo geleerdheid is die hoeksteen vir sukses en het besluit dat \u00e1l sy kinders universiteitsopleiding moet kry. Met di\u00e9 doel voor o\u00eb het hy sy hele lewe lank oortyd gewerk.<\/p>\n<p>Katherine het geglo haar sukses was te danke aan die atmosfeer in haar ouerhuis. Waar ander kinders gespeel het, was \u201cdie mense in my huis altyd besig om iets te leer. En ek het baie van kennis gehou\u201d.<\/p>\n<p>Om op te tel en af te trek, was vir haar groot pret. Haar intense belangstelling in syfers het daartoe gelei dat sy verskeie standerds \u201cgespring\u201d het. Op tien was sy al reg vir die ho\u00ebrskool.<\/p>\n<p>Haar pa het besluit dat sy slim dogter die beste skool moontlik moet bywoon, en hy en sy gesin het getrek sodat sy die ho\u00ebrskoolkampus van die histories swart West Virginia State College kon bywoon. Haar pa se ondersteuning het vir Katherine geweldig baie beteken. Dat hy die regte besluit geneem het, was duidelik toe sy op 14 haar laaste skooleksamen afgel\u00ea het. En hoewel sy in wiskunde uitgeblink het, het haar ma haar ook al die tradisionele take geleer wat gewoonlik met \u201cvrouewerk\u201d vereenselwig word.<\/p>\n<p>Die ho\u00ebrskoolhoof het die eerste saadjies vir haar loopbaan in die ruimte geplant. Katherine het so ywerig op skool en ook n\u00e1 skool aan projekte gewerk dat dit in die winter dikwels donker was wanneer sy huis toe gegaan het. Die hoof het dan saam met haar gestap en die konstellasies aan haar uitgewys. \u2019n Familievriend en \u2019n lektor by die universiteit, het van Katherine se gawe vir syfers geweet en haar oortuig dat wiskunde haar toekoms is. Sy het gou die hele sillabus onder die knie gekry en \u2019n mentor in prof. W. W. Schiffelin Claytor gekry. Hy was die eerste swart Amerikaner wat \u2019n Ph.D. in wiskunde behaal het. Hy het vir haar ges\u00ea dat sy in die wieg gel\u00ea is om navorsingswerk in wiskunde te doen. Katherine het op 19 met die hoogste lof gegradueer en dieselfde jaar nog (1937) het sy as onderwyser by \u2019n swart openbare skool in Virgini\u00eb begin werk.<\/p>\n<p>Sy vertel dat sy op skool en universiteit goed gevaar het omdat sy so nuuskierig was. \u201cEk het altyd vrae gevra, selfs as die onderwysers en lektore my ge\u00efgnoreer het. My hand het doodeenvoudig in die lug gebly totdat daar aan my aandag gegee is.\u201d<\/p>\n<p>Toe Wes-Virgini\u00eb besluit om die universiteite vir gegradueerdes te integreer, het hulle dit stil gedoen. Daar was geen aankondiging of koerantberigte nie. Dr. John W. Davis het Katherine en twee swart manstudente gekies om aan die toonaangewende West Virginia-universiteit te studeer. Hoewel Katherine in daardie tyd \u2019n belangrike besluit oor haar toekoms geneem het, het sy tog vir \u2019n nagraadse wiskundeprogram ingeskryf. Maar reeds aan die einde van die eerste sessie het sy haar besluit aangekondig: Sy en haar man, James Francis Goble, wil met \u2019n gesin begin en sy sien nie kans om terselfdertyd verder te studeer nie.<\/p>\n<p>Toe haar drie dogters hul babaskoene ontgroei het, en kanker by James gediagnoseer word, het sy weer gaan skoolhou. Haar oudste dogter, Katherine Moore, vertel dat haar ma elke middag reguit huis toe gekom het om haar pa te versorg. Sy het dit tot op die einde met die grootste liefde gedoen en nooit gekla nie.<\/p>\n<p>Intussen het NASA se voorganger, die National Advisory Committee for Aeronautics, (NACA) in 1935 die \u201congewone\u201d stap gedoen om vroue aan te stel. Di\u00e9 vroue moes vervelige en presiese werk doen soos die meet en die berekening van toetse in die windtonnel. In \u2019n tyd voor elektroniese rekenaars het die vroue die werkstitel van \u201crekenaar\u201d gekry.<\/p>\n<p>In die Tweede W\u00eareldoorlog is ook swart vroue as \u201crekenaars\u201d aangestel. NACA was so in hul skik met die resultate dat hulle die \u201crekenaars\u201d n\u00e1 die oorlog behou het. Die wit en swart vroulike wiskundiges het n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog in afsonderlike groepe vir vlugnavorsing bly werk.<\/p>\n<p>In 1953 het \u2019n familielid vir Katherine vertel dat daar poste vir \u201cswart rekenaars\u201d by die Langley Research Center\u2019s Guidance and Navigation Department is. En dis hier waar Katherine se merkwaardige wiskundige vermo\u00ebns die beste gebruik kon word. Daar was nog nie \u2019n Amerikaanse ruimteprogram nie en vlugnavorsing is by Langley gedoen. (Dit was die voorloper van Houston se Johnson-ruimtesentrum.) Net twee weke nadat sy op \u2019n proefbasis daar aangestel is, is sy \u2019n projek in vlugnavorsing aangebied en haar tydelike werk het gou permanent geword. Haar werk was hoofsaaklik om groot syferkolomme te balanseer en komplekse berekeninge in haar kop te doen.<\/p>\n<p>Die volgende vier jaar het sy die data van vlugtoetse ontleed en ook die data in die swart bokse van neergestorte vliegtuie ondersoek. Sy was so te s\u00ea klaar met di\u00e9 werk toe haar man in Desember 1956 aan kanker oorlede is. Drie jaar later is sy met kolonel James A. Johnson getroud. Die pastoor van hul kerk het hulle aan mekaar voorgestel.<\/p>\n<p>Volgens Katherine was die \u201cswart rekenaars\u201d die beste, want die manlike ingenieurs het verkies om saam met di\u00e9 groep te werk. Katherine dink dis omdat al die swart vroue naskoolse opleiding gehad het, terwyl sommige van die wit vroue nooit op universiteit was nie.<\/p>\n<p>Katherine het in \u2019n onderhoud in 2011 vertel dat die vroulike wiskundiges nooit dieselfde respek as die manlike ingenieurs gekry het nie, maar dit het haar nie gepla nie. \u201cVroue kan enigiets doen wat mans kan doen. Soms het vroue selfs meer verbeelding as mans. Mans gee nie aandag aan die besonderhede nie. Hulle stel net in die antwoord belang, nie in die stappe wat jy volg om daarby uit te kom nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy het toegegee dat sy geweldig hard gewerk het, \u201cmaar,\u201d het sy bygevoeg: \u201cek het elke etenstyd brug gespeel\u201d. Sy het daarin geglo dat jy harde werk met pret moet afwissel om goeie resultate te kry. Maar dan was dit ook altyd vir haar heerlik om met syfers te go\u00ebl.<\/p>\n<p>In 1957 is die Russe se Spoetnik 1 die ruimte in. Dit was die w\u00eareld se eerste kunsmatige satelliet. Spoetnik was min of meer so groot soos \u2019n strandbal en het 83,6 kg geweeg. Die satelliet het binne 98 minute om die aarde gewentel. Di\u00e9 lansering het nuwe politieke, milit\u00eare, tegnologiese en wetenskaplike ontwikkelinge meegebring. Spoetnik het die begin van die ruimte-eeu en die ruimteresies tussen Rusland en die Verenigde State ingelui.<\/p>\n<p>Die afvuur van die satelliet het ook \u2019n hele omwenteling in Katherine se lewe meegebring. Daar was druk dat Amerika nie agter moet raak nie. In 1958, die jaar n\u00e1 Spoetnik 1, het Katherine meegewerk aan die Amerikaanse dokument Notes on Space Technology.<\/p>\n<p>Toe die ruimteprogram \u2019n aanvang neem, was sy in \u2019n span saam met manlike ingenieurs en die mans het opdragte gekry, maar niemand het haar gevra om die vergaderings by te woon nie. Toe sy vra om ook by te wees, is daar ges\u00ea dat vroue nie di\u00e9 vergaderings kan bywoon nie. \u201cIs daar \u2019n wet daarteen?\u201d wou sy weet, \u201cwant as daar nie so iets is nie, gaan ek.\u201d<\/p>\n<p>Katherine het ondervinding van rekenmasjiene gehad voor sy by NACA aangesluit het en daarom was sy goed voorberei toe die agentskap di\u00e9 tegnologie begin gebruik het. NACA was ook aan die begin bang om op elektroniese rekenaars staat te maak, veral omdat die berekeninge die lewe of dood van die ruimtevaarders sou beteken. Hulle het meer vertroue in Katherine se vermo\u00ebns gehad.<\/p>\n<p>Op daardie tydstip was sy die regte mens op die regte tyd op die regte plek, ook omdat sy maklik nuwe tegnieke baasgeraak het as \u201crekenaar\u201d het Katherine die trajek vir Alan Shepard, die eerste Amerikaner in die ruimte, uitgewerk vandat die vuurpyl afgevuur is totdat Shepard in die see geval het. As haar berekeninge uit was, sou NASA nie weet waar om hom op te pik nie.<\/p>\n<p>Selfs nadat NASA elektroniese rekenaars begin gebruik het, het verskeie ruimtevaarders haar gevra om die berekeninge voor hul ruimtevlugte persoonlik na te gaan. Daar was groter vertroue in haar vermo\u00ebns as in di\u00e9 van die rekenaars.<\/p>\n<p>Sy het tot in 1986 vir NASA gewerk waar daar altyd aanvraag was vir haar wiskundige vermo\u00ebns wat sy uiteindelik met elektroniese rekenaarvaardigheid gekombineer het.<\/p>\n<p><em>Verskeie webwerwe<\/em><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s=beeld+van+%E2%80%99n+vrou\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vir nog verhale oor sterk vroue, loer hier.\u00a0<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ingewikkelde probleme en rye en rye syfers was vir Katherine Johnson, die Amerikaanse wiskundige wat \u2019n belangrike rol in haar land se ruimtesukses gespeel het, tegelyk werk en spel.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":126725,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[147,1387,23450],"class_list":["post-95155","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ingewikkelde probleme was vir Katherine Johnson, die wiskundige wat \u2019n belangrike rol in haar land se ruimtesukses gespeel het, tegelyk werk en spel.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ingewikkelde probleme was vir Katherine Johnson, die wiskundige wat \u2019n belangrike rol in haar land se ruimtesukses gespeel het, tegelyk werk en spel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2020-02-25T05:45:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2020-02-25T08:09:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/KatherineJohnson.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2441\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2250\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson\",\"datePublished\":\"2020-02-25T05:45:08+00:00\",\"dateModified\":\"2020-02-25T08:09:23+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/\"},\"wordCount\":1584,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/KatherineJohnson.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2020\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/KatherineJohnson.jpg\",\"datePublished\":\"2020-02-25T05:45:08+00:00\",\"dateModified\":\"2020-02-25T08:09:23+00:00\",\"description\":\"Ingewikkelde probleme was vir Katherine Johnson, die wiskundige wat \u2019n belangrike rol in haar land se ruimtesukses gespeel het, tegelyk werk en spel.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/KatherineJohnson.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/KatherineJohnson.jpg\",\"width\":2441,\"height\":2250,\"caption\":\"Shutterstock\\\/Greatstock\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson | rooi rose","description":"Ingewikkelde probleme was vir Katherine Johnson, die wiskundige wat \u2019n belangrike rol in haar land se ruimtesukses gespeel het, tegelyk werk en spel.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson | rooi rose","og_description":"Ingewikkelde probleme was vir Katherine Johnson, die wiskundige wat \u2019n belangrike rol in haar land se ruimtesukses gespeel het, tegelyk werk en spel.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2020-02-25T05:45:08+00:00","article_modified_time":"2020-02-25T08:09:23+00:00","og_image":[{"width":2441,"height":2250,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/KatherineJohnson.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson","datePublished":"2020-02-25T05:45:08+00:00","dateModified":"2020-02-25T08:09:23+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/"},"wordCount":1584,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/KatherineJohnson.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2020","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/KatherineJohnson.jpg","datePublished":"2020-02-25T05:45:08+00:00","dateModified":"2020-02-25T08:09:23+00:00","description":"Ingewikkelde probleme was vir Katherine Johnson, die wiskundige wat \u2019n belangrike rol in haar land se ruimtesukses gespeel het, tegelyk werk en spel.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/KatherineJohnson.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/KatherineJohnson.jpg","width":2441,"height":2250,"caption":"Shutterstock\/Greatstock"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-katherine-johnson\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: Katherine Johnson"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95155","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95155"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95155\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/126725"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95155"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95155"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95155"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}