{"id":95138,"date":"2018-11-01T16:00:24","date_gmt":"2018-11-01T14:00:24","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=95138"},"modified":"2018-11-01T16:00:54","modified_gmt":"2018-11-01T14:00:54","slug":"beeld-van-n-vrou-elsa-joubert","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert"},"content":{"rendered":"<p><em>Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert deur Ilse Salzwedel<\/em><\/p>\n<p>*Hierdie artikel is oorspronklik gepubliseer in die Maart 2018-uitgawe van<em> rooi rose<\/em>.<\/p>\n<p>Min skrywers publiseer nog op die ouderdom van 95, maar dis presies wat <strong>Elsa Joubert<\/strong> onlangs gedoen het met <em>Spertyd<\/em>, die derde deel van haar outobiografiese drieluik. Dis voorafgegaan deur\u00a0\u2019n <em>Wonderlike Geweld<\/em>\u00a0(2005) en\u00a0<em>Reisiger<\/em>\u00a0(2009), en nes in haar romans, skryf sy net so onthutsend eerlik en reguit soos altyd. Hierdie keer is die onderwerp oudword en die dood, dinge waaraan die mensdom nie graag herinner wil word nie, en nog minder iets waaroor ons sommer praat.<\/p>\n<p>Nie dat die reguitpraat \u00f3f haar dapperheid haar aanhangers verras nie. Want Elsab\u00e9 Antoinette Murray Joubert het van jongs af altyd die gebaande we\u00eb uitgedaag. Eers was daar haar besluit om joernalis te word \u2013 destyds het min vroue joernalistiek as \u2019n loopbaan gekies. Toe haar besluit om (jong) vrou-alleen in Afrika te gaan reis. Dit was 1948, en soos baie van haar tydgenote wou sy Europa gaan verken. Maar sy wou nie net die posboot Europa toe haal nie. Eers wou sy gaan kyk hoe lyk Kenia, en waar ontspring die Nyl.<\/p>\n<p>\u201cEk het in die Paarl in \u2019n Afrikanerhuis grootgeword. My agtergrond en opvoeding was Europees. Die geskiedenis en die letterkunde van die Weste was my agtergrond. Ek wou mense wat anders as ek was, leer ken,\u201d het sy in 2002 in \u2019n LitNet-onderhoud met <strong>Amanda Botha<\/strong> verduidelik.<\/p>\n<p>Daardie eerste reis in Afrika het die saadjie gesaai vir talle latere reise en sewe reisboeke. Haar eerste reisboek, <em>Water en Woestyn<\/em>, het in 1957 verskyn, en die laaste een in 1997. Haar boeke het haar reise in Afrika en Europa gedokumenteer. Haar boek oor Angola,<em> Die Afrikaan<\/em> (1974), het indirek gelei tot<em> Die Swerfjare van Poppie Nongena,<\/em> \u2019n skokkend eerlike boek oor die onderdrukking van swart mense in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Juis omdat sy kort tevore \u2019n boek oor Angola gepubliseer het, het \u2019n vrouetydskrif haar en \u2019n fotograaf in 1974 na die destydse Suidwes-Afrika gestuur om te gaan verslag doen oor die lang konvooie voertuie met Angolese vlugtelinge wat die land binne-gestroom het. Elsa se opdrag was om te skryf oor wat beskou is as \u2019n \u201cnuwe verskynsel\u201d in Afrika: wit vlugtelinge, het sy in 2004 in \u2019n LitNet-artikel geskryf.<\/p>\n<p>\u201cEk het gestaar na die bakkies, die lorries, die motors oorlopens toe vol met warm, wanhopige, bedremmelde mense, grootmense, oumense, mistos, San huiswerkers, kinders, troeteldiere, honde, katte, vo\u00ebls, voertuie hoog gepak met matrasse, komberse, meubels, potte, panne: alles wat ingeboender kon word in die halsoorkop-vlug uit die dorpe van die suidelike Huambo- en Mossamedes-provinsies.\u201d<\/p>\n<p>Sy kon nie glo wat sy sien nie. Vir haar boek het sy Angola vyf weke lank deurkruis, en van oorlog was daar nie sprake nie. \u201cWas ek dan blind gewees? Maar by groepie n\u00e1 groepie vlugtelinge vertel die mense my: ons het nie geweet nie. Ek het ook maar net geweet wat die regering gewys het.\u201d<\/p>\n<p>Dis toe dat sy iets belangriks besef het: \u201cOok in ons land weet ons mense nie. Selfs di\u00e9 van ons wat op eie manier apartheid te\u00ebgaan en verafsku, weet nie diep nie. Op die diepste vlak is die swart en bruin mense se lyding, om ons, elke dag, vir ons nie bekend nie.\u201d En dis hierdie onkunde, wat lei tot \u201cnie-begrip en vervreemding\u201d, wat Elsa wou takel en afbreek. \u201cEk had baie lande in Afrika reeds met my reisboeke verken: Kenia, Uganda, Soedan, Madagaskar, Mosambiek, Angola. Maar daar by Tsumeb het dit hard en duidelik tot my gespreek: nou moet my o\u00eb oopgaan, ek moet my eie land se mense in volkome eerlikheid leer ken. Apartheid het ons van mekaar weggehou, ek moes ten spyte van apartheid die grense afbreek.\u201d<\/p>\n<p>Met wat sy beskryf as \u201cdie ewig-geldige paspoort\u201d van \u2019n joernalis het sy Suid-Afrika se swart woonbuurte, plakkerskampe en tuislande deurkruis. Van Nyanga, Langa en Crossroads tot Soweto, Transkei en KwaNdebele. Sy het in hofsale gesit, met maatskaplike werkers, tradisionele genesers en amptenare in paskantore gepraat om \u2019n prentjie te kry van hoe swartmense onder apartheid leef. \u201cEn ek is nie langer mislei deur die fasade nie. Ek sou met \u2019n nuwe soort reisboek begin.\u201d<\/p>\n<p>Oor presies hoe hierdie boek sou lyk, was sy nog onseker. Toe kom stort haar huishulp een oggend n\u00e1 Kersfees 1976 haar hart uit oor wat Elsa beskryf as \u2019n \u201cnag van verskrikking in die lokasie\u201d, en skielik het die finale legkaart van haar boek vir Elsa in plek geval. Sy sou die storie vertel deur die o\u00eb van \u2019n vrou, wat sy vir die doeleindes van die verhaal Poppie Nongena sou noem. (Haar huishulp het verkies dat haar regte naam nie gebruik word nie.)<\/p>\n<p>Vir mense wat dit as \u2019n \u201cgelukskoot\u201d beskryf het dat Poppie vir Elsa haar verhaal vertel het, het Elsa \u2019n besliste antwoord: \u201cDit was \u2019n gese\u00ebnde toevalligheid. Maar nie net \u2019n gelukskoot nie. Ek was gereed vir haar storie en omdat ek die agtergrond had, kon ek begryp. Sy hoef niks te verduidelik het nie; die pennie het onmiddellik in die gleuf geval.\u201d<\/p>\n<p>Sy en Poppie het drie oggende per week die telefoon van die mikkie gehaal en \u2019n uur of langer gesels. Elsa het die gesprekke opgeneem. Sy beskryf dit as \u2019n \u201cwonderlike toegif en binding\u201d dat hulle albei in Afrikaans, hul gedeelde moedertaal, kon gesels. \u201cDie gesprekke was van hart tot hart omdat daar geen taalversperring was nie.\u201d<\/p>\n<p>Poppie het haar verhaal broksgewys vir Elsa vertel, wat dit dan uitgetik en op die twee beddens in haar gastekamer uitgel\u00ea het. \u201cEk het die stukkies wat bymekaar hoort, bymekaar gesit, min of meer die tydsverloop deur herkenbare anekdotes uitsorteer, die volgende dae die vrae in bepaalde rigtings gestuur, nog besonderhede, nog motivering, nog menslikheid probeer bekom.\u201d Mettertyd het Elsa besef: Poppie het, nes sy, \u2019n Afrikaanse lewe gehad, en van haar uitdrukkings het selfs op Hollandse wortels gedui.<\/p>\n<p>Geleidelik het Elsa die legkaart van Poppie se storie begin bymekaarsit. \u201cEk was gegru deur wat die Stellenbosse professore later sou noem &#8220;die strukturele geweld&#8221; waaronder sy moes lewe: \u2019n ysterharde, onvermurfbare struktuur wat haar daaglikse kom en gaan, haar kinders, haar huislike lewe, haar man se werk, beheer het. Waarvan ek, as huisvrou, wat daagliks met huishulp, met tuinhulp in aanraking is, geen snars van geweet het nie. Ek is gedryf om die boek so vinnig ek kon klaar te skryf.\u201d<\/p>\n<p>Di\u00e9 boek, wat in 13 tale vertaal is, is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon (maar nie met die gesogte Hertzogprys nie \u2013 \u2019n mens kan maar net raai oor die invloed van die destydse Broederbond op hierdie besluit).<\/p>\n<p>Elsa het Poppie se verhaal ook saam met <strong>Sandra Kotz\u00e9<\/strong> in \u2019n toneelstuk verwerk. Dis van 1982 tot 1984 internasionaal opgevoer by die Edinburg-fees en in New York, Londen, San Francisco, Australi\u00eb en Kanada. Die stuk is bekroon met die Laurence Olivier-toekenning vir toneelspel in Londen se Weseinde, asook die Obi-toekenning vir die beste draaiboek in die Off-Broadway Theatre in New York.<\/p>\n<p>N\u00e1 die sukses van Poppie het Afrikaanse lesers, skrywers \u00e9n letterkundiges behoorlik van Elsa kennis geneem. Al het sy, soos haar goeie vriend <strong>Jan Rabie<\/strong> en ook <strong>Etienne Leroux<\/strong> kort voor 1960 en in die jare sestig verskeie boeke gepubliseer \u2013 onder meer die bekroonde roman <em>Ons wag op die Kaptein<\/em> (1963) \u2013 is sy nooit as \u2019n Sestiger erken nie. Haar werk is ook nooit in hul blad opgeneem nie, en sy is nie genooi om aan hul besprekings deel te neem nie.<\/p>\n<p>\u201cEk was \u2019n ma met drie jong kinders. Voor di\u00e9 tyd, as \u2019n skrywer, was ek seker maar soos \u2019n Sondagskrywer. Waar my regtige plek gekom het, was met die Afrikaanse Skrywersgilde. Dit het my laat voel ek is nou deel van die skrywerskorps van Afrikaans.\u201d<\/p>\n<p>Maar twintig boeke later (waaronder sewe hoog aangeskrewe romans) is daar geen twyfel nie: Elsa Joubert is een van die grootste skrywers wat ons land en ons taal opgelewer het. Dit word beaam deur die twaalf plaaslike letterkundige pryse, insluitend die Hertzogprys vir <em>Die reise van Isobelle<\/em> (1995), wat aan haar toegeken is. Tel daarby talle ander toekennings en die British Royal Society of Literature se Winifred Holtby-prys, twee eredoktorsgrade en die Orde van Ikhamanga in silwer (2004), en jy weet: Afrikaans, haar geliefde taal, sou sonder die bydrae van Elsa Joubert veel armer gewees het.<\/p>\n<p><em>Aanvullende bron: <a href=\"https:\/\/www.litnet.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">litnet.co.za<\/a><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skrywer Elsa Joubert het onlangs haar 95ste* verjaarsdag gevier met \u2019n nuwe boek, presies sestig jaar n\u00e1 die publikasie van haar eerste boek. Tog het erkenning vir haar belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde haar lank ontwyk. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":95069,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[147,1387,23450],"class_list":["post-95138","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die skrywer Elsa Joubert het op 95 haar vyfde boek gepubliseer. Tog het erkenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde haar lank ontwyk.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die skrywer Elsa Joubert het op 95 haar vyfde boek gepubliseer. Tog het erkenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde haar lank ontwyk.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-11-01T14:00:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-11-01T14:00:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV21RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"368\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert\",\"datePublished\":\"2018-11-01T14:00:24+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-01T14:00:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/\"},\"wordCount\":1384,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV21RR.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV21RR.jpg\",\"datePublished\":\"2018-11-01T14:00:24+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-01T14:00:54+00:00\",\"description\":\"Die skrywer Elsa Joubert het op 95 haar vyfde boek gepubliseer. Tog het erkenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde haar lank ontwyk.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV21RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/BeeldVV21RR.jpg\",\"width\":368,\"height\":567},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert | rooi rose","description":"Die skrywer Elsa Joubert het op 95 haar vyfde boek gepubliseer. Tog het erkenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde haar lank ontwyk.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert | rooi rose","og_description":"Die skrywer Elsa Joubert het op 95 haar vyfde boek gepubliseer. Tog het erkenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde haar lank ontwyk.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-11-01T14:00:24+00:00","article_modified_time":"2018-11-01T14:00:54+00:00","og_image":[{"width":368,"height":567,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV21RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert","datePublished":"2018-11-01T14:00:24+00:00","dateModified":"2018-11-01T14:00:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/"},"wordCount":1384,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV21RR.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV21RR.jpg","datePublished":"2018-11-01T14:00:24+00:00","dateModified":"2018-11-01T14:00:54+00:00","description":"Die skrywer Elsa Joubert het op 95 haar vyfde boek gepubliseer. Tog het erkenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde haar lank ontwyk.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV21RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/BeeldVV21RR.jpg","width":368,"height":567},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-elsa-joubert\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: Elsa Joubert"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95138","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=95138"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/95138\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/95069"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=95138"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=95138"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=95138"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}