{"id":94874,"date":"2019-02-02T11:11:03","date_gmt":"2019-02-02T09:11:03","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=94874"},"modified":"2019-02-01T13:44:44","modified_gmt":"2019-02-01T11:44:44","slug":"beeld-van-n-vrou-mae-west","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/","title":{"rendered":"Beeld van \u2019n vrou: Mae West"},"content":{"rendered":"<p><em>Beeld van \u2019n vrou: Mae West deur Alita Vorster<\/em><\/p>\n<p>In die donker dae van die Groot Depressie en die drankverbod in Amerika het daar \u2019n blink ster in die donker tonnel geskitter, di\u00e9 van die aktrise Mae West. Dit kon nie anders nie. Die hele Mae West-pakkie was uniek: Sy was flambojant, onafhanklik, uitgesproke en het die erotiese sy van die lewe ligtelik benader.<\/p>\n<p>In die staaltjies oor die ontwikkeling van die teater en rolprentbedryf in Amerika het di\u00e9 vrou legendariese status behaal. Tog was haar roem nie net tot Amerika beperk nie &#8211; haar bewonderaars was w\u00eareldwyd versprei.<\/p>\n<p>Mary Jane West is op 17 Augustus 1893 in Brooklyn, New York gebore. Haar pa was \u2019n voormalige bokser wat die kleintjie al van vierjarige ouderdom af saamgesleep het boksgevegte toe. Haar ma was \u2019n korsetmaker.<\/p>\n<p>Mae het baie vroeg reeds haar buiging op die verhoog gemaak. In 1901, op agtjarige ouderdom, het sy lid geword van Hal Clarendon se teatermaatskappy wat toneelstukke in Brooklyn opgevoer het. Sy het talle van die bekendste kinderrolle vertolk, soos Little Eve, Little Wille en selfs Little Lord Fauntleroy.<\/p>\n<p>Aan die begin van die twintigste eeu was die vaudeville-teaters \u2019n baie gewilde vorm van vermaak. Vaudeville is ligte, komiese verskeidenheidskonserte wat deur rondgaande geselskappe opgevoer is.<\/p>\n<p>Die teater en sosiale elite het natuurlik neergekyk op hierdie vorm van vermaak, en dit as vulg\u00ear bestempel. Tog het hierdie vertonings toenemend gewild geword by diegene wat op soek was na stoute, dubbelsinnige komedies.<\/p>\n<p>Vaudeville het Mae soos \u2019n handskoen gepas. Sy het gou berug geword vir haar vertonings wat mettertyd al hoe gewaagder geword en teen 1913, op pad na haar twintigste verjaardag, het sy reeds die kuns bemeester om \u2019n woord of frase te neem en ietsie \u201csekstra\u201d daaraan te verleen.<\/p>\n<p>Haar ervaring van vaudeville-teater het een ding by haar ingeprent: gee die gehoor wat hulle wil h\u00ea &#8211; subtiliteit is nie nodig nie. Moenie huiwer om \u2019n ding reguit te s\u00ea nie.<\/p>\n<p>\u2019n Stuk wat haar gewildheid die hoogte laat inskiet het, was Sex wat sy in 1925 self geskryf het. In Sex maak sy haar verskyning as Margie La Monte, \u2019n prostituut met \u2019n hart van goud wat op die hawens ronddwaal.<\/p>\n<p>Die titel van die stuk was op sigself om-strede &#8211; die woord seks is in daardie stadium nog nie met vrymoedigheid in enige koerant gebruik nie.<\/p>\n<p>N\u00e1 die eerste 37 vertonings is die stuk met \u2019n skielike polisieklopjag op die teater be-eindig en Mae is tien dae lank op aanklag van obseniteit en sedebederf van die jeug opge-sluit. Die nasionale sedebewakers se hare het meteens penorent gestaan en Mae West is as teiken uitgesonder. Tog het die hele debakel op nasionale vlak besondere publisiteit aan die stuk verleen en natuurlik wou \u2019n ieder en \u2019n elk toe die stuk gaan sien.<\/p>\n<p>Boonop was die reklameveldtog vir die stuk formidabel. As jy nie in staat is om opwinding te hanteer nie, gaan spreek eers jou dokter voor jy na Mae West in Sex kom kyk, het die koerante in Chicago gewaarsku. Jong mans het rondgeloop met plakkers met die woord &#8220;Sex&#8221; daarop en dit oral opgeplak. Bewaar jou siel as jy te lank op \u2019n plek stilgestaan het! Die woord &#8220;Sex&#8221; kon dalk net op jou rug beland het.<\/p>\n<p>Die publisiteit rondom Sex het inderdaad baie bygedra tot die loketsukses van haar latere vertonings, Diamond Lil (1928) en The Constant Sinner (1931).<\/p>\n<p>Teen 1930 was dit duidelik: rolprente sou voortaan die vermaaklikheidsbedryf oorheers, veral toe daar klank by die beelde gesit is. Dit het van Mae, wat kon toneelspeel \u00e9n praat, \u2019n ideale kandidaat vir die silwerdoek gemaak. Daarby was sy \u2019n sensuele blondine met \u2019n formidabele boesem &#8211; iemand wat Hollywood beslis nie kon ignoreer nie. Nog \u2019n pluspunt, wat grootliks tot die sukses van enige rolprent bydra, was haar seksuele en sensuele ingesteldheid.<\/p>\n<p>Haar eerste rolprent, Night after Night, is in 1932 gemaak en vir di\u00e9 silwerdoekdebuut, wat maar \u2019n kleinerige rol was, het sy die voorheen ongehoorde bedrag van vyfduisend dollar verdien. Tog het sy dit reggekry om met haar koketterige lyftaal en seksuele dubbelsinnigheid die kollig te steel. Die ster van die fliek, George Raft, het later ges\u00ea in hierdie rolprent het Mae alles behalwe die kameras gesteel.<\/p>\n<p>In Night after Night vertolk sy die rol van Diamond Lil, \u2019n madame\/kroegsangeres\/prostituut, \u2019n persona wat sy al voorheen in van haar toneelstukke gebruik het. Wanneer sy haar verskyning in die fliek maak, s\u00ea een van die meisies vir Diamond Lil: <em>\u201cGoodness, what beautiful diamonds!<\/em>\u201d Hierop antwoord di\u00e9 madame: \u201c<em>Goodness had nothing to do with it, dearie<\/em>.\u201d Hierdie woorde het Mae natuurlik self uitgedink en word tot vandag toe dikwels as deel van haar wonderlike skat van oneliners en stoute aanhalings gebruik.<\/p>\n<p>Toe Paramount haar \u2019n kontrak aanbied, het sy ingestem, maar op een voorwaarde: haar volgende fliek is die rolprentweergawe van die toneelstuk Diamond Lil. Di\u00e9 fliek is in 1933 uitgereik as She Done Him Wrong met Cary Grant as haar medespeler. Die fliek het w\u00eareldwyd alle bywoningsrekords verbeter.<\/p>\n<p>In die stadium was Paramount gereed om aan MGM uit te verkoop en sy 1 700 rolprentteaters in Amerika te sluit en in kantore te omskep. She Done Him Wrong kon nie op \u2019n beter tyd gekom het nie! Die vervaardiger, William Le Baron, het later ges\u00ea die prent moet bekend staan as die een wat Paramount van ondergang gered het.<\/p>\n<p>Teen 1935 het die kombinasie van haar glans, selfspot, seksuele innuendo\u2019s en sensualiteit van Mae die hoogs betaalde vrou in Amerika gemaak.<\/p>\n<p>Maar teen daardie tyd was die sedebe-wakers gereed om tot ernstige aksie oor te gaan. N\u00e1 \u2019n hele reeks Hollywood-seksskandale is die sogenaamde Hays Office in die lewe geroep om rolprente heilsaam te hou. In 1934 is die Hays-kode ingestel om te verseker dat die streng sensuur op Amerikaanse rolprente tot in 1950 sou voortleef.<\/p>\n<p>Die kode het die produksie van rolprente gereguleer en dit was ooglopend ingestel om spesifiek vir Mae West in toom te hou. Die Hays Office het dit in so \u2019n mate reggekry dat haar volgende fliek, wat It Ain\u2019t No Sin moes geheet het, verander moes word na Belle of the Nineties (1934).<\/p>\n<p>Hoe meer die keurders haar tekste met \u2019n vergrootglas gefynkam het, hoe meer het Mae dit reggekry om die opmerkings so dubbelsinnig te maak dat dit op verskillende maniere ge\u00efnterpreteer kon word.<\/p>\n<p>Hollywood het ook nie gehuiwer om haar stoute kant tot hul voordeel in te span wanneer dit by die publisiteit vir haar prente gekom het nie. So lui die plakkaat vir Klondike Annie (1936): \u201cSy het die bevrore Noorde rooiwarm gemaak.\u201d \u2019n Ander slagspreuk wat ook gereeld gebruik is, lui: \u201cHier is Mae West. Wanneer sy goed is, is sy goed, maar wanneer sy stout is, is sy nog beter!\u201d<br \/>\nMet Klondike Annie, waarin sy die rol van \u2019n Heilsle\u00ebrwerker speel, het haar gewildheid as aktrise \u2019n hoogtepunt bereik.<\/p>\n<p>In 1937 het die nasionale uitsaaidiens, die NBC, byna hul uitsaailisensie verloor n\u00e1 die uitsending van \u2019n radiodrama waarin Mae gespeel het. Natuurlik het sy haar gewaagde sy blootgestel wat \u2019n groot opskudding tot gevolg gehad het.<\/p>\n<p>Toe kom die teleurstellende My Little Chickadee, \u2019n komedie wat sy en WC Fields in 1940 gemaak en waarvoor albei hul eie tekste geskryf het. Die fliek was glad nie so \u2019n groot sukses by die loket soos haar vorige prente nie. Daarna kon sy Paramount nie sover kry om haar die hoofrol te gee in \u2019n prent oor die omstrede Russiese vorstin, Katharina die Grote nie.<\/p>\n<p>Maar sy het haar nie laat onderkry nie en haar teks oor die omstrede figuur Broadway toe geneem en dit in die middel van die jare veertig as Catherine Was Great opgevoer.<\/p>\n<p>Hoewel Mae West se rolprentloopbaan in die Tweede W\u00eareldoorlog tydelik opgeskort is, kan dieselfde nie van haar gewildheid ges\u00ea word nie. Die Geallieerde Magte het selfs hul opblaasreddingsbaadjies na die uurglasfiguur van die seksgodin vernoem. Die woord is tot vandag toe nog in woordeboeke opgeteken. Toe Mae van di\u00e9 verering hoor, het sy sardonies opgemerk: \u201cEk was al in die Who\u2019s Who, en ek weet Wat is Wat, maar dit is die eerste keer dat ek in die woordeboek gaan beland.\u201d<\/p>\n<p>N\u00e1 die Broadway-sukses van Catherine was Great het sy in 1947 &#8211; 1948 \u2019n baie suksesvolle toer met Diamond Lil na Engeland onderneem. Sy het ook nog vier jaar lank met die gewilde en geslaagde stuk oor die lengte en breedte van Amerika getoer. Hierna het Mae haar loopbaan op die verhoog en nagklubs toegespits.<\/p>\n<p>Sy het in die jare sewentig nog twee silwerdoekverskynings gemaak. Eers in die groteske rolprentweergawe van Gore Vidal se Myra Breckenridge, \u2019n komedie oor \u2019n geslagsverandering. Hierin speel Mae die rol van \u2019n Hollywood-agent. Hoewel daar baie wenkbroue oor die rol gelig is, het sy dit vir oulaas reggekry om die kollig te steel.<\/p>\n<p>Sy het 350 000 dollar vir tien dae se werk verdien en met die premi\u00e8re van die rolprent het \u2019n oproerige skare van \u2019n nuwe geslag bewonderaars haar ingewag en bewys die ou girl is oud, maar nog lank nie koud nie!<\/p>\n<p>Haar heel laaste verskyning in \u2019n fliek was in Sextette, die 1977-weergawe van haar eie drama. Maar helaas, die prent is iets wat die meeste Mae West-bewonderaars liewer sou wou vergeet.<br \/>\nDie Hollywood Times het oor die nuwe Sextette geskryf: \u201cSy maak haar verskyning as \u2019n 84-jarige, maar probeer hard om \u2019n onweerstaanbare seksgodin te wees, steeds omring deur \u2019n le\u00ebrskare mans. Haar vel is so styfgetrek, sy kry dit skaars reg om haar mond toe te maak oor daardie pragtige tande waarvoor sy altyd so bekend was.\u201d<\/p>\n<p>Mae sukkel ooglopend ook om haar woorde te onthou en \u2019n radiosender is in haar pruik ingeplant om haar te help om haar gevatte oneliners te help onthou.<\/p>\n<p>Wat \u2019n oneervolle uittrede, maar beslis nie die einde van die legende nie. Sy is in 1980 op die ouderdom van 87 oorlede.<\/p>\n<p>Van die begin af het Mae West daarop gefokus om die lewe voluit te geniet. Sy het groot slukke van die beker van die lewe geneem, en beslis nie versigtig daaraan geteug nie. Skelm afsprake, vinnige motors, swierige pelse, dae langs die renbane en boksarenas, laat nagte in nagklubs, jazz-musiek en diamante is van die plesierighede wat altyd deel van haar lewe was. Di\u00e9 energie, wat spesifiek op genot gerig was, is net so tasbaar in al die toneelstukke uit haar pen.<\/p>\n<p>Met die skryf van haar toneelstukke was Mae nooit daarop ingestel om kuns te skep nie. Sy het bloot probeer om soveel mense moontlik na die loket te lok: \u201cEk gee die mense wat hulle wil h\u00ea,\u201d het sy gereeld in mediaonderhoude ges\u00ea.<\/p>\n<p>Al haar toneelstukke, van Sex af, was openlik sensueel, wellustig en waaghalsig. Daar was vurige omhelsings en sappige soene en sy het gereeld van haar klere ontslae geraak, maar gestop net voor sy volkome naak was.<\/p>\n<p>Sy het graag in liefdestonele voor gehore optree, want dit het haar ook seksueel opgewek wanneer sy dit reggekry het om \u2019n klomp mense op te werk.<\/p>\n<p>In een van haar personderhoude s\u00ea Mae: \u201c\u2019n Skrywer wat vir die teater wil skryf, moes al self die lewe ervaar het. Sy moet die gehoor bewus maak van al die opwinding wat daar in die lewe te vinde is. Toneelstukke moet so opwindend wees soos die jongste uitgawes van die poniekoerante. Mense kan maar tuis verveeld wees, in die teater moet hulle opwinding smaak. Hulle moet voel, en nie dink nie!\u201d<\/p>\n<p>Daar word dikwels daaroor gedebatteer of Mae werklik die woord seks deel gemaak het van die Amerikaner se algemene woordeskat. Voor die vertoning van haar toneelstuk Sex is die woord inderdaad ook net agter \u2019n bakhand gefluister of in mediese handboeke genoem.<\/p>\n<p>Mae het dit in \u2019n groot mate reggekry om die Victoriaanse siening dat seks net aan mans plesier verskaf, die nek in te slaan. Sy het inderdaad baie gedoen vir vroue se seksuele bevryding. Haar credo eggo in die woorde van een van haar karakters: \u201cEk is \u2019n vrou wat my reputasie verloor het, maar dit nog nooit gemis het nie!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Min Amerikaanse vermaaklikheidsterre het so \u2019n onuitwisbare stempel op die popul\u00eare kultuur in Amerika afgedruk soos Mae West. <\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":94997,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[51523,675],"tags":[147,1387,23450],"class_list":["post-94874","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-beeld-van-n-vrou","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beeld van \u2019n vrou: Mae West | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Min Amerikaanse vermaaklikheidsterre het so \u2019n onuitwisbare stempel op die popul\u00eare kultuur in Amerika afgedruk soos Mae West.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beeld van \u2019n vrou: Mae West | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Min Amerikaanse vermaaklikheidsterre het so \u2019n onuitwisbare stempel op die popul\u00eare kultuur in Amerika afgedruk soos Mae West.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-02-02T09:11:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Mae-West.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Beeld van \u2019n vrou: Mae West\",\"datePublished\":\"2019-02-02T09:11:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/\"},\"wordCount\":2014,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Mae-West.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Beeld van 'n vrou\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/\",\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Mae West | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Mae-West.jpg\",\"datePublished\":\"2019-02-02T09:11:03+00:00\",\"description\":\"Min Amerikaanse vermaaklikheidsterre het so \u2019n onuitwisbare stempel op die popul\u00eare kultuur in Amerika afgedruk soos Mae West.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Mae-West.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Mae-West.jpg\",\"width\":425,\"height\":567},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beeld-van-n-vrou-mae-west\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beeld van \u2019n vrou: Mae West\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beeld van \u2019n vrou: Mae West | rooi rose","description":"Min Amerikaanse vermaaklikheidsterre het so \u2019n onuitwisbare stempel op die popul\u00eare kultuur in Amerika afgedruk soos Mae West.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beeld van \u2019n vrou: Mae West | rooi rose","og_description":"Min Amerikaanse vermaaklikheidsterre het so \u2019n onuitwisbare stempel op die popul\u00eare kultuur in Amerika afgedruk soos Mae West.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-02-02T09:11:03+00:00","og_image":[{"width":425,"height":567,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Mae-West.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Beeld van \u2019n vrou: Mae West","datePublished":"2019-02-02T09:11:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/"},"wordCount":2014,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Mae-West.jpg","keywords":["bekendes","celebs","entertainment"],"articleSection":["Beeld van 'n vrou","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/","name":"Beeld van \u2019n vrou: Mae West | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Mae-West.jpg","datePublished":"2019-02-02T09:11:03+00:00","description":"Min Amerikaanse vermaaklikheidsterre het so \u2019n onuitwisbare stempel op die popul\u00eare kultuur in Amerika afgedruk soos Mae West.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Mae-West.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Mae-West.jpg","width":425,"height":567},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beeld-van-n-vrou-mae-west\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beeld van \u2019n vrou: Mae West"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94874","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=94874"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94874\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/94997"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=94874"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=94874"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=94874"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}