{"id":94724,"date":"2018-04-16T09:13:25","date_gmt":"2018-04-16T07:13:25","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=94724"},"modified":"2018-04-16T09:13:25","modified_gmt":"2018-04-16T07:13:25","slug":"die-mooiste-die-heelal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/","title":{"rendered":"Die mooiste in die heelal"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Margaret Gardiner. Vertaal en verwerk deur Hannelie Diedericks.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wie is Demi-Leigh regtig?<\/h4>\n<p>Ek is \u2019n gewone meisie wat op \u2019n klein dorpie grootgeword het en lief is vir die buitelewe. Ek het van kleins af groot drome gehad oor die lewe in die stad met sy blink ligte.\u00a0Ek is baie gesteld op fiksheid, maar is ook mal oor lekker kos en is baie lief vir my honde.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Skoonheid is \u2019n genetiese toeval. Hoekom is Mej. Heelal \u2019n titel met \u2019n verskil?<\/h4>\n<p>Mej. Heelal bied \u2019n reuse-platform wat my in staat sal stel om \u2019n verskil in vroue w\u00eareldwyd se lewe te maak. Dis presies hoekom ek hierdie titel wou wen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat maak jou mooi?<\/h4>\n<p>Ek dink dis my persoonlikheid. Wanneer \u2019n mens iemand leer ken, word haar skoonheid deur haar persoonlikheid gekomplementeer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vertel ons van jou gesin?<\/h4>\n<p>My ouers is geskei. Ek is my ma se enigste kind, en my pa en stiefma het twee dogters &#8211; ek en my halfsussie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het jy geswot?<\/h4>\n<p>B.Com. Besigheidsbestuur en Entrepreneurskap aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Ek dink besigheid is in my bloed. Albei my ouers is entrepreneurs. Dit is \u2019n baie interessante veld omdat dit heeltyd verander en \u2019n mens daarby moet aanpas. Ek onthou ek was vyf jaar oud toe ek my ma geld gevra het om \u2019n pastei vir middagete te koop. Pleks van een pastei het ek tien gekoop en dit die volgende dag aan die ander kinders teen dubbel die prys verkoop (lag).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy het meer as een keer aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie deelgeneem?<\/h4>\n<p>Nee, ek het in 2017 vir die eerste keer vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie ingeskryf. Ek dink ek het gewen omdat ek goed voorbereid was. Ek was nog besig met my studie toe ek besluit dat ek eers sou inskryf nadat ek my graad gekry het. Ek wou seker maak dat ek alles gedoen het wat ek wou voor ek inskryf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe het jy gevoel toe jy as Mej. SA gekroon is? En hoe verskil die proses van die Mej. Heelal-kompetisie?<\/h4>\n<p>Die formaat verskil heelwat. Die Mej. SA-veldtog is agt maande lank. Maar ek dink die lang proses het my met my voorbereiding gehelp. My goeie vriende en familie het van die begin af in my geglo \u2013 hulle was ekstaties toe ek wen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Met die Mej. Heelal-beoordeling het jy sommer van die begin af \u2019n goeie indruk op die beoordelaars gemaak &#8211; jy was glo een van hul gunstelinge. Was jy bewus daarvan?<\/h4>\n<p>Nee, ek het nie geweet ek is \u2019n gunsteling nie. Ek het net elke dag daarop gefokus om die beste weergawe van myself te wees, en om elke dag \u2019n beter mens as die vorige dag te wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat was die uitdagings en hoogtepunte van die kompetisie?<\/h4>\n<p>Dit mededinging was baie straf, maar my grootste uitdaging was om seker te maak dat ek gesond bly en om my energie konstant op \u2019n ho\u00eb vlak te hou. Jy werk lang ure en is 24 uur per dag besig om met die res van die deelnemers mee te ding. Die lang vlug na Las Vegas en die tien uur-tydsverskil het dinge ook nie makliker gemaak nie \u2013 aan die ander kant het ek 91 nuwe vriende van oral in die w\u00eareld gemaak. Die kompetisie maak regtig die w\u00eareld vir jou oop en gee jou \u2019n nuwe perspektief.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy is in November gekroon. Wat het daarna gebeur?<\/h4>\n<p>Ek het New York toe getrek, die Filippyne besoek en die Golden Globes saam met jou bygewoon! Ek het dele van New York verken. Ek het ook die tyd gebruik om te beplan vir die jaar wat voorl\u00ea. Ek het ook \u2019n paar geleenthede gehad om oor my <em>Unbreakable<\/em>-veldtog te praat \u2013 ek wil die veldtog gebruik om vroue w\u00eareldwyd te ondersteun.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/demi-leigh-nel-peters-onbreekbaar\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees hier oor Demi-Leigh se <em>Unbreakable<\/em>-veldtog<\/a>.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-94729 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi04RR-500x503.jpg\" alt=\"demi-Leigh Nel-Peters April 2018\" width=\"500\" height=\"503\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy bly nou permanent in New York. Hoe lyk jou woonstel?<\/h4>\n<p>Dis baie knus en gemaklik met ongelooflike uitsigte oor die stad. Dis vir my \u2019n veilige hawe &#8211; my rusplek weg van bedrywige Manhattan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat was die grootste uitdaging in New York?<\/h4>\n<p>Vir seker die koue. Ek het geleer om in lae aan te trek. Solank my voete, hande en kop warm is, is ek oukei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het jy gedoen toe jy die eerste keer sneeu sien?<\/h4>\n<p>Ek het soos \u2019n tipiese toeris buitetoe gehardloop en heeltemal te veel foto\u2019s en video\u2019s van die sneeu geneem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Volg jy \u2019n skoonheidsroetine?<\/h4>\n<p>Ek drink baie water \u2013 drie liter per dag. Ek gebruik goeie velsorgprodukte \u2013 vogroom en oogroom is veral belangrik, en ek probeer soveel moontlik slaap en oefen minstens vier keer per week.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><strong>&#8220;Drome word net waar wanneer jy daaraan werk&#8221;<\/strong><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter rol speel die vorige titelhouers in die wedstryd?<\/h4>\n<p>Jy het 39 jaar gelede gewen. Almal in Suid-Afrika was baie trots daarop dat ons \u2019n vorige Mej. Heelal gehad het. Ek dink jy was \u2019n groot inspirasie vir elke meisie wat deelgeneem het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het jy as Mej. Heelal geleer?<\/h4>\n<p>Ek het geleer dat dit oukei is om nie perfek te wees nie. Dis makliker om met mense te kommunikeer wat eg is. Benut d\u00edt wat jou anders maak ten volle. \u2019n Mens kan jou skoonheid met selfvertroue vier, dit hang nie van \u2019n titel af nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is die grootste verandering wat die titel in jou lewe gemaak het?<\/h4>\n<p>Beslis die reis. Ek het nog nooit so baie gereis nie! Asook die verantwoordelikheid om \u2019n verskil te maak. Ek probeer nie eens meer om by die tydsverskille aan te pas nie. Ek slaap maar net wanneer ek kan. Oefening help baie om vlugvoosheid te\u00eb te werk en dis goed vir\u00a0jou lyf as jy soveel uur moet stilsit. Ek probeer ook om baie water te drink en gesond te eet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat doen jy gedurende \u2019n lang vlug?<\/h4>\n<p>Ek slaap, of ek skryf in my dagboek en dink na oor wat ek gaan doen. \u2019n Goeie fliek en musiek laat ook die ure verbyvlieg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter pryse het jy met Mej. Heelal gewen?<\/h4>\n<p>Die feit dat ek vir \u2019n jaar in New York kan bly, die w\u00eareld kan platreis, mense ontmoet en plekke besoek wat ek nooit andersins sou kon doen nie. En natuurlik die geleentheid om hierdie platform te kan gebruik vir die dinge wat vir my belangrik is. Dis die grootste prys!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het jy altyd in jou handsak?<\/h4>\n<p>Gesigpoeier, lipglans, my beursie, naelvyl, handeroom, oogdruppels en vitamien C-tablette.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wie is jou gunsteling- Suid-Afrikaanse ontwerpers?<\/h4>\n<p><strong>Gert-Johan Coetzee<\/strong> en <strong>An\u00e9l Botha.<\/strong> An\u00e9l het ook my finale uitrusting vir die Mej. Heelal-kompetisie gemaak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan jy die klere hou wat mense vir jou ontwerp het?<\/h4>\n<p>Ek kon nie die rok hou wat ek by die Globes gedra het nie, maar ek kry soms geborgde klere. Ek is oukei daarmee om \u2019n rok net een keer vir \u2019n spesiale geleentheid aan te trek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_94727\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-94727\" class=\"size-medium wp-image-94727\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi02RR-500x376.jpg\" alt=\"Demi-Leigh en Margaret Gardiner_April 2018\" width=\"500\" height=\"376\" \/><p id=\"caption-attachment-94727\" class=\"wp-caption-text\">Margaret Gardiner en Demi-Leigh Nel-Peters by die Golden Globes<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe het jy die Golden Globes ervaar?<\/h4>\n<p>Die Globes was nou een geleentheid waarvan ek\u00a0gedroom het. Ek het baie ge\u00eberd gevoel om langs jou by die rooi tapyt af te loop. Dit was \u2019n b\u00e1ie spesiale oomblik. Dit was ook vreemd om van my gunsteling-aktrises te sien \u2013 mense soos <strong>Meryl Streep, Angelina Jolie<\/strong> en <strong>Oprah<\/strong>. Maar gelukkig het ek gemaklik gevoel omdat jy by my was. My vriende en familie by die huis het tot in die vroe\u00eb oggendure wakker gebly om dit te sien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat was vir jou die hoogtepunt van die aand?<\/h4>\n<p>Ek was trots daarop om deel te wees van die <em>Times Up<\/em>-beweging deur \u2019n swart rok te dra en saam met vroue w\u00eareldwyd ons afkeer van seksuele molestering en mishandeling duidelik te maak. Dit was baie emosioneel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat was die beste raad wat jy gekry het?<\/h4>\n<p>Moenie meegesleur word deur die daaglikse chaos nie. Staan terug, haal diep asem en beleef die oomblik ten volle.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter raad sal jy vir jong meisies gee wat groot drome het?<\/h4>\n<p>Drome word net waar as jy daaraan werk. Met harde werk en toewyding kan jy enigiets vermag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is die belangrikste boodskap wat jy vanjaar wil uitdra?<\/h4>\n<p>Ek het agt maande gelede, n\u00e1 ek \u2019n motorkaping oorleef het, \u2019n veldtog genaamd <em>Unbreakable<\/em> in Suid-Afrika van stapel gestuur. Ek wil ek ander vroue help om hulself te kan beskerm sou iets met hulle gebeur. Ek was gelukkig genoeg om die regte opleiding en kennis te h\u00ea om so \u2019n situasie te hanteer. Ek het landwyd werkwinkels aangebied waar ek die opleiding en kennis wat ek het met ander vroue gedeel het. Ek hoop dat ek die Mej. Heelal-platform kan gebruik om meer hieroor te praat omdat geweld teen vroue \u2019n w\u00eareldwye verskynsel is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><em>Oor Demi-Leigh se kuier in Suid-Afrika<\/em><\/h4>\n<p>\u201cMy hart is vol vreugde en dankbaarheid. Die week in Suid-Afrika was die beste week van my lewe. Ek het dit glad nie verwag nie en ek is so dankbaar teenoor almal wat my week so spesiaal en onvergeetlik gemaak het. My huis is waar my hart is, en Suid-Afrika sal altyd my hart h\u00ea. Ek is so ge\u00eberd om ons pragtige re\u00ebnboognasie te verteenwoordig en om die w\u00eareld te wys wat dit is wat Suid-Afrikaners spesiaal maak.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><em>Margaret uit Hollywood<\/em><\/h4>\n<p>Ek staan op die punt van die rooi tapyt by die Golden Globes toe my telefoon lui. Dis Demi-Leigh se assistent wat s\u00ea dat hulle by sekuriteit verby is. Hoe het ek hulle gemis? Ek trek my stilettos uit en hardloop terug na die onthaalsaal. My telefoon lui weer: \u201cOns is hier!\u201d \u201cWaar is hier?\u201d \u201cBy die begin van die tapyt.\u201d<br \/>\nDie Golden Globes is \u2019n reuse-geleentheid in Los Angeles en groot dele van Beverly Hills word heeltemal afgebaken. Bomspesialiste met honde patrolleer die gebied en die gaste moet deur verskeie sekuriteitshekke gaan voordat die limousines die sterre by die punt van die rooi tapyt aflaai.<br \/>\nN\u00e1 39 jaar het \u2019n Suid-Afrikaner weer die Mej. Heelal-titel verower, en my geskenk aan Demi-Leigh was die uitnodiging na die Golden Globes \u2013 een van Hollywood se glansrykste aande van die jaar. Sy is my persoonlike gas en word op die hande gedra nes die A-lys-sterre wat die plek vol staan. Ek het elke moontlike voorsorg getref om seker te maak dat ek hier is wanneer sy opdaag, en nou is daar \u2019n misverstand! Ek tel die soom van my lang Oliver Tolentino-rok op, my skoene in die ander hand en hardloop terug terwyl die mense vir my lag en s\u00ea ek hardloop in die verkeerde rigting. Net voor sekuriteit gaan staan ek, trek my skoene aan en trek my rok reg. En daar reg voor my staan sy. Doodstil tussen die chaos wat haar omring. Ons bars gelyk uit van die lag en gee mekaar \u2019n drukkie. Ons giggel en lag soos ou vriende. Daar is soveel wat ons vir mekaar wil s\u00ea. N\u00e1 \u2019n paar rooi tapyt-<br \/>\nonderhoude is dit duidelik hoekom Demi gewen het. Mense is vinnig om grappies te maak oor skoonheidskoninginne, maar Mej. Heelal verg baie meer as net skoonheid. Jy moet vinnig en uit die vuis kan dink en \u2019n goeie kop op jou skouers h\u00ea. Sy is welsprekend en weet hoe belangrik die platform is wat saam met die titel gaan. Tussen die aand se verrigtinge deur gesels ons land en sand. Ek vra haar uit oor haar aspirasies, haar nuwe lewe en haar familie. En ek vertel haar dat vanjaar haar jaar is. Dit word gou duidelik dat Demi alles met \u2019n plan aanpak. Sy bly kalm te midde van die storm en is baie gemaklik in die kollig. Haar jaar sal tel. Haar visie en vasberadenheid sal haar goed te pas kom, nog lank nadat sy haar Mej. Heelal-kroon afgehaal het. Sy is \u00f3ns meisie. Ons Mej. Suid-Afrika. Ons Mej. Heelal.<\/p>\n<div id=\"attachment_94728\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-94728\" class=\"size-medium wp-image-94728\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi03RR-500x553.jpg\" alt=\"Demi-Leigh en Margaret Gardiner_April 2018\" width=\"500\" height=\"553\" \/><p id=\"caption-attachment-94728\" class=\"wp-caption-text\">Margaret Gardiner en Demi-Leigh Nel-Peters by die Golden Globes<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Demi-Leigh Nel-Peters, ons tweede Mej. Heelal, het saam met Margaret Gardiner, ons eerste Mej. Heelal, die glansryke Golden Globes bygewoon. Sy vertel eksklusief vir rooi rose hoe haar lewe sedert haar kroning verander het.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":94730,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[49566,972,1111,2693,3895,29390,43713],"class_list":["post-94724","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-demi-leigh-nel-peters","tag-margaret-uit-hollywood","tag-plaaslik","tag-local","tag-margaret-gardiner","tag-celeb","tag-miss-universe"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die mooiste in die heelal | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Demi-Leigh Nel-Peters het saam met Margaret Gardiner die Golden Globes bygewoon. Sy vertel eksklusief vir rooi rose hoe haar lewe verander het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die mooiste in die heelal | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Demi-Leigh Nel-Peters het saam met Margaret Gardiner die Golden Globes bygewoon. Sy vertel eksklusief vir rooi rose hoe haar lewe verander het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-04-16T07:13:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"398\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Die mooiste in die heelal\",\"datePublished\":\"2018-04-16T07:13:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/\"},\"wordCount\":2019,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg\",\"keywords\":[\"demi-leigh nel-peters\",\"Margaret uit Hollywood\",\"plaaslik\",\"local\",\"Margaret Gardiner\",\"celeb\",\"miss universe\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/\",\"name\":\"Die mooiste in die heelal | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg\",\"datePublished\":\"2018-04-16T07:13:25+00:00\",\"description\":\"Demi-Leigh Nel-Peters het saam met Margaret Gardiner die Golden Globes bygewoon. Sy vertel eksklusief vir rooi rose hoe haar lewe verander het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg\",\"width\":398,\"height\":400,\"caption\":\"Demi-Leigh Nel-Peters April 2018\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-mooiste-die-heelal\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die mooiste in die heelal\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die mooiste in die heelal | rooi rose","description":"Demi-Leigh Nel-Peters het saam met Margaret Gardiner die Golden Globes bygewoon. Sy vertel eksklusief vir rooi rose hoe haar lewe verander het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die mooiste in die heelal | rooi rose","og_description":"Demi-Leigh Nel-Peters het saam met Margaret Gardiner die Golden Globes bygewoon. Sy vertel eksklusief vir rooi rose hoe haar lewe verander het.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-04-16T07:13:25+00:00","og_image":[{"width":398,"height":400,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Die mooiste in die heelal","datePublished":"2018-04-16T07:13:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/"},"wordCount":2019,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg","keywords":["demi-leigh nel-peters","Margaret uit Hollywood","plaaslik","local","Margaret Gardiner","celeb","miss universe"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/","name":"Die mooiste in die heelal | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg","datePublished":"2018-04-16T07:13:25+00:00","description":"Demi-Leigh Nel-Peters het saam met Margaret Gardiner die Golden Globes bygewoon. Sy vertel eksklusief vir rooi rose hoe haar lewe verander het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/APRDemi01RR-e1523624330386.jpg","width":398,"height":400,"caption":"Demi-Leigh Nel-Peters April 2018"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-mooiste-die-heelal\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die mooiste in die heelal"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=94724"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94724\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/94730"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=94724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=94724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=94724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}