{"id":94405,"date":"2018-04-17T10:26:31","date_gmt":"2018-04-17T08:26:31","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=94405"},"modified":"2018-04-17T10:27:24","modified_gmt":"2018-04-17T08:27:24","slug":"verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/","title":{"rendered":"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene"},"content":{"rendered":"<p><em>Versorg deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur <a href=\"http:\/\/henryophotography.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Henry O Photography<\/a> en verskaf.<\/em><\/p>\n<p>Die ontwerper <strong>Marlize Coetzee Boshoff<\/strong>, eienaar van <em><strong>Immagika Creative Designs<\/strong><\/em> in Pretoria, is vanjaar genooi om twee Suid-Afrikaanse operasangeresse wat in Wene woon en werk vir die VN-bal aan te trek. S\u00f3 het dit gekom dat sy en haar man, Carl, die aand kon bywoon. Marlize beantwoord ons vrae.<\/p>\n<p>Lees meer oor Marlize se verbeeldingryke aanslag in die artikel <em><strong>Kreatiwiteit wat Werk<\/strong><\/em> in die Mei 2018-uitgawe van <em>rooi rose.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat behels die Verenigde Nasies-bal?<\/h4>\n<p>Die <strong>Internasionale Atoomenergie Assosiasie (IAEA)<\/strong> van die <strong>Verenigde Nasies<\/strong> hou jaarliks \u2019n bal in die Hofburg-paleis. Vanjaar is <strong>Megan Kahts<\/strong> en <strong>Bongiwe Nakani<\/strong>, Suid-Afrikaners wat albei in Wene woon en werk, genader om by die openingseremonie van die bal op te tree.\u00a0Bongiwe is vir vyf jaar as mezzo-sopraan by die Weense Staatsopera gekontrakteer en Megan werk as vryskutsopraan by onder meer die Teatro Barocco.<\/p>\n<p>Besoek <a href=\"https:\/\/www.wiener-staatsoper.at\/en\/artists\/artist-detail\/artist\/654-nakani-bongiwe\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">hierdie blad<\/a> vir meer inligting oor Bongiwe, en <a href=\"https:\/\/www.megankahts.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">hierdie blad<\/a> vir meer inligting oor Megan. Verdere inligting oor die Assosiasie kan <a href=\"http:\/\/www.iaeastaffassociation.org\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">hier gevind<\/a> word en besoek gerus <a href=\"http:\/\/www.immagika.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Immagika se webblad hier<\/a>.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-94423 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/m-bon-en-meg.jpg\" alt=\"swierig-verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-wene-meghan-marlize-en-bongiwe\" width=\"385\" height=\"336\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\">Megan, Marlize en Bongiwe<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is die bal \u2019n groot geleentheid?<\/h4>\n<p>Ja, daar is 4000 gaste! Drag is streng formeel met swart aandpakke, wit aandhemde en swart strikdasse of formele volksdrag soos \u2019n Skotse kilt vir die mans, en vloerlengte balrokke of formele aandrokke vir dames. Sou \u2019n dame volksdrag kies, moet dit ook lank en formeel wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vertel ons van Megan en Bongiwe se rokke.<\/h4>\n<p>Die tema van die bal was &#8220;Kleure van Afrika.&#8221; My inspirasie was geologies: die juweelkleure, metale en edelstene van Afrika. Ek het ook opgekyk na die lug, sonsondergange en die sterre. Ek wou raak aan die kulturele, maar ek wou nie \u2019n spesifieke stamkultuur gebruik nie, aangesien Afrika groot en divers is.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-94420 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/meg-mooi-foto-shoot.jpg\" alt=\"wene-meghan-rok\" width=\"299\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek wou <strong>Megan<\/strong> se rok ryk, romanties en feestelik maak; \u2019n spie\u00eblbeeld van die passievolle musiek wat sy sing. Die resultaat was \u2019n balrok met \u2019n korsetlyfie. Bietjie Slawies, Balties, maar met \u2019n Afrika-warmte.<\/p>\n<p>Megan se rok is gemaak van kleurryke, handgeweefde sy in die ryk, donker bessiekleur van die Afrika-sonsondergang. Geen tekstiel weerkaats kleur soos die sagte glans van sy nie. Dis versier met geborduurde kant-appliekwerk, krale en kristal, en baie spesiale handgemaakte rose uit <em>Immagika Creative Designs<\/em> se opleidings- en opheffingsprogram.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-94418 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/bon-in-rok.jpg\" alt=\"wene-bongiwe-rok\" width=\"299\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>Vir <strong>Bongiwe<\/strong> wou ek graag \u2019n rok maak met \u2019n kulturele verbintenis met Afrika, \u2019n rok wat haar as \u2019n koninging van haar kunsvorm sou identifiseer. Die kleur van haar rok en die blink kraletjies het my laat dink aan \u2019n sterbelaaide uitspansel oor Lady Frere in die Oos-Kaap, Bongiwe se familietuiste waarna sy so baie verlang.<\/p>\n<p>Hoewel ek haar nie voorheen ontmoet het nie, het ek na elke opname van haar geluister en haar op facebook bevriend om \u2019n idee van haar persoonlikheid te kry. Haar rok is ook van handgeweefde sy. Die spandrade en weefdrade is kontraskleure van mekaar, wat aan die sy \u2019n lewendige, veranderlike kleur gee. Die kralegedeelte van Bongiwe se rok is met die hand in blinkertjie- en glaskrale gekraal en verder met kristal versier.<\/p>\n<p><strong>Jenna Clifford<\/strong> het die pragtigste juwele saamgestuur om die twee sangeresse se rokke te komplementeer.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-94566 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/colours.jpeg\" alt=\"swierig-verenigde-nasies-bal-by-hofburg-wene-kleure-van-afrika\" width=\"448\" height=\"299\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Het die rokke aandag getrek?<\/h4>\n<p>Eerstens was albei die sangers heeltemal verlief op hulle rokke en \u2019n mens kon sien hoe mooi hulle voel en dat die rokke tot hulle optrede bygedra het. Megan se vriend, Berndt, was heelaand deur haar betower.<\/p>\n<p>Almal wat hierdie twee vroue gesien het, het komplimente uitgedeel. Ek het selfs \u2019n pragtige kompliment gekry van <strong>Dr Regina Kartner<\/strong>, die kurator van die Modeversameling van die Weense Museum!<\/p>\n<p>Ek is baie dankbaar vir <a href=\"http:\/\/henryophotography.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Henry Oechler<\/a>\u00a0wat \u2019n uur nadat hy \u00a0in Wene geland het by die Hofburg-paleis was om verruklike foto\u2019s van Megan in haar rok in die Radetsky-vertrekke te neem, en \u2019n paar uur later saam met ons deur Wene gejaag het om die asembenewende foto\u2019s van Bongiwe in die luukse Weense Paleis van <em>Gerstner Caf\u00e9, Restaurant <\/em>en<em> Konditorei<\/em> te neem. Die arme man het eers die aand tot ruste gekom, en was weer op sy beste met die oorsig van die bal, wat hy met soveel atmosfeer vir ons op film vasgel\u00ea het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe verloop die aand van die bal?<\/h4>\n<p>Daar was musiekopvoerings in verskeie sale. Mense het sale gewissel. Daar word ook kaartjies sonder tafelsitplekke verkoop wat &#8220;<em>floaters<\/em>&#8221; genoem word. Dis mense wat heelaand en heelnag rond beweeg en oral feesvier. Daar was tot \u2019n casino in die Radetsky-sale.<\/p>\n<div id=\"attachment_94430\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-94430\" class=\"size-full wp-image-94430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/meg-en-bong-saam-sing.jpg\" alt=\"ne-bongiwe-en-meghan\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-94430\" class=\"wp-caption-text\">Bongiwe en Megan tree op<\/p><\/div>\n<p>Met die openingseremonie het baie mense in die hooffeessaal op die vloer om die kante gesit om die debutantedansers, operasangers en hoofsprekers te sien. As gaste van die organiseerders was ek en Carl so bevoorreg om kaartjies te kry in die hooffeessaal, waar al die belangrike en tradisionele seremonies plaasgevind en waar die Weense fees-orkes, dansers en natuurlik Megan en Bongiwe opgetree het. Megan en Bongiwe het onder meer Xhosa-liedere en<em> Phatha-Phatha<\/em> van Miriam Makeba a cappella, dansend en ritmies uitgevoer.<\/p>\n<p>Daar was \u2019n baie groot verskeidenheid musiek: van Vivaldi se <em>Vier Seisoene<\/em> en die <em>Vienna Pipes and Drums<\/em> se tradisionele Skotse marsmusiek, tot Argetynse tango-musiek en die tipiese Strauss-walse waarop die debutantedansers gedans het. Daar was soveel aan die gang in die Hofburg-kompleks dat niemand naastenby alles kon beleef nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_94416\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-94416\" class=\"size-full wp-image-94416\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/wit-en-swart-bal.jpg\" alt=\"wene-debutante-dansers\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-94416\" class=\"wp-caption-text\">Die debutantedansers<\/p><\/div>\n<p><span style=\"float: none; background-color: transparent; color: #333333; cursor: text; font-family: Georgia,'Times New Roman','Bitstream Charter',Times,serif; font-size: 16px; font-style: normal; font-variant: normal; font-weight: 400; letter-spacing: normal; text-align: left; text-decoration: none; text-indent: 0px;\">Tot middernag is daar toesprake, erkennings en vertonings. Om middernag roep iemand \u201c<em>Alle Walzen!<\/em>\u201d en dan is letterlik almal op die dansvloer in \u2019n lyndans, waarna daar nog lank gedans word. Die Weners het nie einde nie: toe ons om 04:00 die volgende oggend vir ons Uber wag, lyk dit nog soos Menlyn op Oukersdag.<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-94426 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/skare-dans.jpg\" alt=\"ofburg-wene-skare-dans\" width=\"448\" height=\"299\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Was die kos besonders?<\/h4>\n<p>Die spyseniers vir die bal is die bekende <a href=\"https:\/\/www.gerstner-konditorei.at\/index.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Gerstner restaurant en koffiehuis<\/a>\u00a0wat oorkant die Staatsoperahuis gele\u00eb is en al van 1847 af bestaan.<\/p>\n<p>\u2019n Kelner het ons spyskaartbestellings by ons tafel geneem. Ek en Carl is vegetari\u00ebrs, en het \u2019n geurige groente- en rysdis gekies.<\/p>\n<p>Vir my was die hoogtepunt van die maal natuurlik die nageregtafel met \u2019n hele verskeidenheid Weense <em>konditorei<\/em> (gebak) en lekkernye, alles in klein formaat sodat \u2019n mens \u2019n klompie verskillendes kon kies &#8211; insluitend <em>Mozartkugeln<\/em> en <em>Sachertorte<\/em>, om van die bekendes te noem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Het julle interessante mense ontmoet?<span lang=\"AF\"><span style=\"color: #000000; font-family: Calibri;\">\u00a0<\/span><\/span><\/h4>\n<p>O ja, ons het! Om net \u2019n paar te noem:<\/p>\n<ul>\n<li>Die organiseerder, Fabien Petit, \u2019n Fransman wat vir die IAEA in Wene werk<\/li>\n<li>Imed Zabaar, gebore in Tunisi\u00eb en president van die IAEA se personeelvereniging, ons gasheer en die hoofspreker by die bal. Ons het ook Imed se vrou, Lydia, ontmoet. Sy is redakteur, webmeester en sosiale media-redakteur van die IAEA. Lydia is Suid-Afrikaans gebore en is \u2019n gereelde besoeker aan Suid-Afrika. Imed en Lydia is sewe jaar gelede in die bosveld by Mpumalanga getroud.<\/li>\n<li>David Flloyd, \u2019n Britse skrywer wat in Wene woon, het in die jare sewentig in Johannesburg gewoon wat hy sy Oostenrykse vrou ontmoet het en met haar getroud is.<\/li>\n<li>Petra Opperman, beroepstileerder van die Weense Opera, is nou Immagika Creative Designs se agent in Wene.<\/li>\n<\/ul>\n<div id=\"attachment_94428\" style=\"width: 346px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-94428\" class=\"size-full wp-image-94428\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/marlize-en-carl-1.jpg\" alt=\"g-wene-marlize-en-carl\" width=\"336\" height=\"336\" \/><p id=\"caption-attachment-94428\" class=\"wp-caption-text\">Carl en Marlize<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het die geleentheid vir jou beteken?<\/h4>\n<p>Ek kan met groot dankbaarheid s\u00ea dat die geleentheid om Suid-Afrikaanse operasangers vir die VN-bal aan te trek, die reis na Wene, die mense wat ons ontmoet het en geleenthede wat daardeur vir ons geskep is, alle menslike verwagting oortref. Dit was \u2019n heerlike ondervinding met verreikende gevolge.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al ooit gewonder hoe dit voel om \u2018n bal by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk, by te woon? Die Suid-Afrikaanse ontwerper Marlize Coetzee Boshoff kon so \u2018n glansgeleentheid ervaar. <\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":94432,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[3949,49148,49149,49150,49151,49152,49153,49154,49475,49476,49714,49715,49716,628,1384],"class_list":["post-94405","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-wene","tag-bal","tag-verenigde-nasies","tag-marlize-boshoff","tag-immagika-creative-design","tag-vn","tag-hofburg","tag-hofburg-paleis","tag-megan-kahts","tag-bongiwe-nakani","tag-united-nations","tag-un","tag-vienna","tag-travel","tag-fashion"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Al ooit gewonder hoe dit voel om \u2018n bal by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk, by te woon? Suid-Afrikaanse ontwerper Marlize Coetzee Boshoff vertel.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Al ooit gewonder hoe dit voel om \u2018n bal by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk, by te woon? Suid-Afrikaanse ontwerper Marlize Coetzee Boshoff vertel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-04-17T08:26:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-17T08:27:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/hoof.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene\",\"datePublished\":\"2018-04-17T08:26:31+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-17T08:27:24+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/\"},\"wordCount\":1266,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/hoof.jpg\",\"keywords\":[\"wene\",\"bal\",\"Verenigde Nasies\",\"Marlize Boshoff\",\"Immagika Creative Design\",\"VN\",\"Hofburg\",\"Hofburg-paleis\",\"Megan Kahts\",\"Bongiwe Nakani\",\"United Nations\",\"UN\",\"vienna\",\"travel\",\"fashion\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/\",\"name\":\"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/hoof.jpg\",\"datePublished\":\"2018-04-17T08:26:31+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-17T08:27:24+00:00\",\"description\":\"Al ooit gewonder hoe dit voel om \u2018n bal by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk, by te woon? Suid-Afrikaanse ontwerper Marlize Coetzee Boshoff vertel.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/hoof.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/04\\\/hoof.jpg\",\"width\":1280,\"height\":853,\"caption\":\"ne-meghan-katz\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene | rooi rose","description":"Al ooit gewonder hoe dit voel om \u2018n bal by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk, by te woon? Suid-Afrikaanse ontwerper Marlize Coetzee Boshoff vertel.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene | rooi rose","og_description":"Al ooit gewonder hoe dit voel om \u2018n bal by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk, by te woon? Suid-Afrikaanse ontwerper Marlize Coetzee Boshoff vertel.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-04-17T08:26:31+00:00","article_modified_time":"2018-04-17T08:27:24+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/hoof.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene","datePublished":"2018-04-17T08:26:31+00:00","dateModified":"2018-04-17T08:27:24+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/"},"wordCount":1266,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/hoof.jpg","keywords":["wene","bal","Verenigde Nasies","Marlize Boshoff","Immagika Creative Design","VN","Hofburg","Hofburg-paleis","Megan Kahts","Bongiwe Nakani","United Nations","UN","vienna","travel","fashion"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/","name":"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/hoof.jpg","datePublished":"2018-04-17T08:26:31+00:00","dateModified":"2018-04-17T08:27:24+00:00","description":"Al ooit gewonder hoe dit voel om \u2018n bal by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk, by te woon? Suid-Afrikaanse ontwerper Marlize Coetzee Boshoff vertel.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/hoof.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/hoof.jpg","width":1280,"height":853,"caption":"ne-meghan-katz"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verenigde-nasies-bal-hofburg-paleis-in-wene\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Swierig: by die Verenigde Nasies se bal in die Hofburg-paleis in Wene"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94405","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=94405"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/94405\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/94432"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=94405"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=94405"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=94405"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}