{"id":93615,"date":"2024-01-25T11:32:21","date_gmt":"2024-01-25T09:32:21","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=93615"},"modified":"2024-01-25T11:36:19","modified_gmt":"2024-01-25T09:36:19","slug":"jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/","title":{"rendered":"Jy kan vanjaar R60 000 spaar"},"content":{"rendered":"<p>Deur Anet Schoeman. Foto <a href=\"https:\/\/www.freepik.com\/free-photo\/hand-inserting-coin-in-piggy-bank_991939.htm\">Freepik<\/a><\/p>\n<p>Suid-Afrikaners is nie bekend vir hul spaarvernuf nie. Dis meer \u2019n geval van o\u00eb toeknyp, die kredietkaart uitpluk en hoop op die beste. Uit navorsing wat Old Mutual gedoen het, het dit geblyk dat meer as die helfte van ons hoeka sukkel om ons salaris tot die einde van die maand te rek.<\/p>\n<p>Dis nie altyd moontlik om meer geld te verdien nie, maar deur slim te werk, kan jy die rande rek en selfs \u2019n lieflike neseier opbou.<\/p>\n<h4>Hou op rook en spaar tot R50\u00a0000*<\/h4>\n<p>As jy slim is, kan jy sommer baie spaar deur daardie sigaret morsdood te druk. Rokers neem soms net die koste van die pakkie sigarette in ag, maar daar is meer &#8230;<\/p>\n<p>Johan du Plooy (47) van Randburg het in een jaar byna R50\u00a0000 gespaar nadat hy ophou rook het. Hy het dertig tot veertig sigarette per dag gerook. Teen gemiddeld 35 sigarette per dag teen R40 vir \u2019n pakkie van 20 het hy R25\u00a0550 gespaar. Die bonus was dat sy lewensversekeraar sy premie met R2 000* per maand verminder het omdat hy met gereelde bloedtoetse kon bewys dat hy werklik ophou rook het. Dit het nog R24\u00a0000 bygevoeg \u2013 en \u2019n besparing van R49\u00a0550 vir die jaar.<\/p>\n<p>Die besparing op medisyne en dokterbesoeke wat hy danksy verbeterde gesondheid gehad het, is nie eens hierby ingereken nie. \u2019n Onlangse studie deur Discovery Vitality en die Rand Corporation wys dat vetsug en rook mediese uitgawes beduidend opstoot.<\/p>\n<p>*Die besparing op jou lewensversekering gaan van die bedrag waarvoor jy verseker is en die struktuur daarvan afhang, en almal gaan nie ewe veel spaar nie. Volgens Discovery Health kan \u2019n veertigjarige man met lewensdekking van R2 miljoen \u2019n bespa-ring van R400 per maand verwag. Dis steeds R4 800 per jaar, wat beteken dat jy altesaam R30\u00a0350 kan spaar.<\/p>\n<h4>Kantoorkos eet jou sak. Spaar R10\u00a0000<\/h4>\n<p>Dit kan dalk voel of daardie daaglikse cappuccino jou deur die dag kry, maar dit kom teen \u2019n prys. Teen R25 per cappuccino gaan 20 koppies jou R500 per maand kos. En die toebroodjie van R35 wat jy elke dag koop, las nog R700 by. Jou broodjies en koffie vir die maand kan \u2019n lywige R1 200 kos, of R14\u00a0400 per jaar. As jy \u2019n rojale R366 per maand gebruik en jou eie broodjies en koffie maak, is dit steeds \u2019n besparing van R10\u00a0000. En boonop sal jou begroting jou in staat stel om jou nou en dan met \u2019n cappuccino te beloon.<\/p>\n<h4>Wenke<\/h4>\n<p>Wees slim met jou geld. Besluit watter inkopies is belangrik en wat nie. As dit vir jou belangrik is om lekker koffie te drink kan jy kaas, melk en brood van \u2019n goedkoper handelsmerk koop. Dis noodsaaklik om \u2019n balans te kry, want as jy emosioneel gelukkig voel, is die moontlikheid groter dat jy jou spaarpoging sal volhou.<\/p>\n<p>\u2022 Sit die <strong>spaargeld<\/strong> opsy sodra jy jou salaris kry, dan weet jy hoeveel jy vir die res van die maand het.<br \/>\n\u2022 As jy \u2019n <strong>duurder voertuig<\/strong> besit, oorweeg \u2019n goedkoper model.<br \/>\n\u2022 Deel jou <strong>blyplek<\/strong> met iemand.<br \/>\n\u2022 Wees albei betrokke by die <strong>begroting<\/strong> en spaarplan sodat albei ewe hard werk om jul doelwit te bereik.<br \/>\n\u2022 <strong>Verkoop<\/strong> die goed wat jy nie gebruik nie. Jou oorbodige items is dalk iemand anders se hartsbegeerte.<br \/>\n\u2022 Kry \u2019n<strong> tweede inkomste<\/strong>. Wees op die uitkyk na iets wat jy naweke of saans kan doen. Samantha Carstens (28) werk as \u2019n bedryfsielkundige, maar het oor naweke as ontvangsdame by \u2019n veearts begin werk om vir \u2019n huis te spaar. Teen R525 per dag en vier tot vyf sessies per maand het sy in 2018 so R28\u00a0000* verdien (*voor belastingaftrekkings).<\/p>\n<h4>Haal die beste uit \u2026 motorkoop<\/h4>\n<p>As jy droom om vanjaar in jou droommotor te ry moet jy mooi dink, s\u00ea Rudolf Mahoney, hoof van Brand and Communications by Wesbank. Die beste manier om die aankoop van \u2019n nuwe voertuig te beplan is om met \u2019n begroting te begin en al die uitgawes in ag te neem wat met eienaarskap en \u2019n nuwe aankoop gepaardgaan.<\/p>\n<p><strong>Wenke<\/strong><br \/>\n\u2022 Onthou, buiten jou maandelikse paaiement is daar ook <strong>ander uitgawes<\/strong> soos versekering, onderhoud, brandstof, tolgeld en lisensi\u00ebring.<br \/>\n\u2022 Moenie tot op jou <strong>perk<\/strong> koop nie. As brandstofpryse byvoorbeeld styg, duik jou brose begroting in die hek.<br \/>\n\u2022 Neem die <strong>vervangingskoste van jou bande<\/strong> in ag. Hoe groter die bande en laer die profiel, hoe meer gaan jou o\u00eb traan wanneer jy die bande moet vervang.<br \/>\n\u2022 <strong>Versekering<\/strong> is verpligtend op enige gefinansierde voertuig, en hoewel dit jou dalk grief om maandeliks versekering te betaal is dit min in vergelyking met die uitgawes wat jy n\u00e1 \u2019n ongeluk of diefstal sal h\u00ea.<br \/>\n\u2022 Onthou, die <strong>versekering<\/strong> op \u2019n goedkoper voertuig gaan minder kos omdat vervangingskoste laer is. Boonop word jou premie gelaai as jy \u2019n nuwe bestuurder is en \u2019n duur verrigtings-voertuig bestuur. Wag tot jy 25 is voor jy dit doen, dan is jou premies gewoonlik outomaties laer.<br \/>\n\u2022 Die beste manier om jou maandelikse paaiemente te verminder is om \u2019n <strong>groter deposito<\/strong> te betaal. Omdat jy rente betaal op die bedrag wat jy geleen het, gaan die voertuig jou uiteindelik minder kos omdat jy op \u2019n kleiner bedrag rente betaal.<br \/>\n\u2022 Ligloop vir <strong>ballonbetalings<\/strong>. Dis wanneer jy \u2019n groot bedrag (net soos in die geval van \u2019n deposito) aan die einde van jou finansi\u00eble termyn betaal. Dit kan nuttig wees om jou aanvanklike maandelikse afbetalings te verminder, maar dan moet jy seker maak dat jy genoeg spaar om die \u201cballon\u201d aan die einde te kan betaal. As jy bv. \u2019n voertuig van R100\u00a0000 op hierdie manier finansier, sal jy R90\u00a0000 oor die beplande tydperk afbetaal en R10\u00a0000 aan die einde. Rudolf Mahoney waarsku dat hierdie manier van afbetaling as \u2019n laaste uitweg gesien moet word en verstandig benader moet word.<\/p>\n<p>Besoek <a href=\"http:\/\/wesbank.co.za\/wesbankcoza\/calculate\/repayment\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">wesbank.co.za\/wesbankcoza\/calculate\/repayment<\/a> om uit te werk wat jou afbetalings op \u2019n voertuig sal wees. Inligting verskaf deur Rudolf Mahoney, hoof van Brand and Communications by Wesbank.<\/p>\n<h4>Waarop moet jy ni\u00e9 spaar nie?<\/h4>\n<p>As jy die sente begin omdraai, moet jy mooi dink wat kan waai. <strong>Mediese <\/strong>en <strong>voertuigversekering<\/strong> is nie een daarvan nie! Kyk mooi wat jou mediese plan behels en kyk of jy werklik alles gebruik. Jy kan besluit dit is meer lonend om net \u2019n hospitaalplan te h\u00ea. Maar as jy ouer as vyftig is, is jou kanse op ernstiger siektes soos kanker groter en behandeling kan maklik by die honderde duisende draai. \u2019n Hospitaalplan maak nie hiervoor voorsiening nie. Dink mooi sodat jy nie op kort termyn sente spaar en uiteindelik in \u2019n geldelike verknorsing sit nie.<\/p>\n<h4>Nog wenke om geld te spaar<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Skryf elke dag neer<\/strong> wat jy uitgegee het. Dis soms skokkend om te sien hoe onnodige uitgawes jou geld laat verdwyn. Nou kan jy sien watter jakkalsies die wingerd verniel.<br \/>\n\u2022 <strong>Klere koop<\/strong> is \u2019n groot sondaar. Koop eerder een ordentlike ding wat jy weet jy gaan dra as drie goedkoper goed. Onthou, jy kan net een ding op \u2019n slag dra!<br \/>\n\u2022 Koop \u2019n maand lank alles <strong>kontant<\/strong>. Dit gaan jou op \u2019n emosionele vlak meer onder die indruk van jou besteding bring as wanneer jy jou kredietkaart gebruik.<br \/>\n\u2022 <strong>Verduidelik aan kinders<\/strong> hoekom julle spaar. As julle altyd op \u2019n Vrydagaand wegneemkos kry, wys vir hulle hoeveel dit kos en verduidelik dat julle vir \u2019n huis, vakansie, universiteitsopleiding, wat ook al spaar. Dalk kan julle dit nou een keer per maand doen. Of kry almal bymekaar en maak jul eie hamburgers of pizzas.<br \/>\n\u2022 Moenie in die week <strong>alkohol<\/strong> gebruik nie. Die gewoonte kan jou heelwat uit die sak jaag. Twee klein glasies wyn (2 x 175 ml) per weeksaand tussen jou en jou liefie is byna tien bottels wyn per maand. Teen R60 per bottel drink julle R600 per maand uit, of R7\u00a0200 per jaar. \u2019n Craft bier kos tussen R20 en R30 elk. As julle albei elke weeksaand een bier drink, is dit R1 000 per maand.<br \/>\n\u2022 Loop katvoet vir <strong>aanlynaankopies<\/strong>. Die argument is dat jy minder koop as jy nie in die winkels ronddrentel nie. Maar dis so maklik en opwindend om deur aanlynwinkels te koop, en hoewel jy jouself vertel dat jy dit maklik kan terugstuur, gebeur dit selde.<br \/>\n\u2022 Moenie uitstel nie. <strong>Boetes<\/strong> op laat betalings kan jou onnodig geld kos.<\/p>\n<h4>Hoe jonger hoe beter<\/h4>\n<p>Spaar moet deel van jou uitkyk wees en nie laaste op jou lysie staan nie. Die belastingvrye spaarrekenings wat die regering in 2015 beskikbaar gestel het, is \u2019n groot aanmoediging om te spaar.<br \/>\nDarryll Welsh, hoof van produkontwikkeling by Investec Management Services, s\u00ea sedert die bekendstelling van hul eie belastingvrye spaarproduk het hulle \u2019n merkbare toename gesien in ouers wat rekeninge vir hul jong kinders oopmaak en maandeliks vir hul toekoms spaar.<\/p>\n<p>Daar is groot belastingvoordele aan hierdie spaarrekenings waar jy jaarliks R33\u00a0000 belastingvry kan spaar. Die eenvoud van hierdie spaarrekenings maak dit ook ideaal vir mense wat vir die eerste keer \u2019n spaarrekening oopmaak. \u201cHoewel daar min belastingvoordele te kry is uit hierdie rekenings op kort en medium termyn, is die langtermynvoordele groot,\u201d s\u00ea Darryll.<\/p>\n<p>Die meeste mense begin eers spaar wanneer hulle \u2019n salaris verdien. Ongelukkig is dit juis ook \u2019n tyd wanneer die salarisse nie noodwendig hoog is nie, en die ho\u00eb lewenskoste maklik die spaarplanne in die wiele ry. Mense begin dan eers spaar wanneer hulle meer finansi\u00eble sekuriteit het. Wat \u2019n mens nie besef nie, is dat hoe langer jy uitstel om te spaar, hoe meer sal jy moet wegsit om \u2019n gerieflike aftrede moontlik te maak.<\/p>\n<p>Darryll s\u00ea as ouers R2 750 per maand spaar (en jou belegging se opbrengs 10% per jaar was n\u00e1 alle koste afgetrek is), sal die belegging n\u00e1 16 jaar op sowat R1,2 miljoen staan. Indien jou kind hierdie belegging net so laat (dus sonder enige bydraes), sal dit teen sy 65ste verjaarsdag R2,9 miljoen werd wees. Dit sou \u2019n kind, wat vanaf 21 jaar elke maand R2 000 spaar, 44 jaar vat om dieselfde belegging op 65 jaar te h\u00ea.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/geldslim-kinders\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Maak geldslim kinders groot<\/a><\/p>\n<h4>Spaar so vir \u2019n deposito op \u2019n huis<\/h4>\n<p>Jongmense kla dat hul begroting hulle nie soos in die ou dae die ruimte bied om vir \u2019n huisdeposito te spaar nie. Maar kyk jy na watter uitgawes deesdae as noodsaaklik beskou word, is dit te verstane. Die gemiddelde jongmens het waarskynlik \u2019n slimfoon met \u2019n kontrak, \u2019n goeie voertuig en DStv; alles dinge wat \u2019n vorige geslag nie gehad het nie. \u2019n iPhone 14 kos op kontrak sowat R900. As jy \u2019n Samsung Galaxy A45 teen R428 per maand kies en die Premium DStv-kontrak van byna R1 000 \u2019n maand ops\u00ea, kan jy amper R 2000 spaar. Skaf jy boonop \u2019n meer bekostigbare voertuig met goedkoper versekering aan, kan jy n\u00f3g meer spaar.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/16-maniere-om-geld-op-jou-klerekas-te-spaar\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Werk versigtiger en wyser met jou geld en jy  kan dalk \u2019n netjiese bedrag wegsit. Hier is \u2019n paar wenke wat kan werk.<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":142337,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680,662],"tags":[1261,1922,29127,47324],"class_list":["post-93615","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld","category-jou-lewe","tag-spaar","tag-geldsake","tag-money","tag-savings"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy kan vanjaar R60 000 spaar | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Werk versigtiger en wyser met jou geld en jy kan dalk \u2019n netjiese bedrag wegsit. Hier is \u2019n paar wenke wat kan werk.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy kan vanjaar R60 000 spaar | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Werk versigtiger en wyser met jou geld en jy kan dalk \u2019n netjiese bedrag wegsit. Hier is \u2019n paar wenke wat kan werk.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-25T09:32:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-01-25T09:36:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1279\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Jy kan vanjaar R60 000 spaar\",\"datePublished\":\"2024-01-25T09:32:21+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-25T09:36:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/\"},\"wordCount\":1777,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg\",\"keywords\":[\"spaar\",\"geldsake\",\"money\",\"savings\"],\"articleSection\":[\"Sukses en geld\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/\",\"name\":\"Jy kan vanjaar R60 000 spaar | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg\",\"datePublished\":\"2024-01-25T09:32:21+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-25T09:36:19+00:00\",\"description\":\"Werk versigtiger en wyser met jou geld en jy kan dalk \u2019n netjiese bedrag wegsit. Hier is \u2019n paar wenke wat kan werk.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg\",\"width\":1279,\"height\":853},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy kan vanjaar R60 000 spaar\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy kan vanjaar R60 000 spaar | rooi rose","description":"Werk versigtiger en wyser met jou geld en jy kan dalk \u2019n netjiese bedrag wegsit. Hier is \u2019n paar wenke wat kan werk.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy kan vanjaar R60 000 spaar | rooi rose","og_description":"Werk versigtiger en wyser met jou geld en jy kan dalk \u2019n netjiese bedrag wegsit. Hier is \u2019n paar wenke wat kan werk.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-01-25T09:32:21+00:00","article_modified_time":"2024-01-25T09:36:19+00:00","og_image":[{"width":1279,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Jy kan vanjaar R60 000 spaar","datePublished":"2024-01-25T09:32:21+00:00","dateModified":"2024-01-25T09:36:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/"},"wordCount":1777,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg","keywords":["spaar","geldsake","money","savings"],"articleSection":["Sukses en geld","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/","name":"Jy kan vanjaar R60 000 spaar | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg","datePublished":"2024-01-25T09:32:21+00:00","dateModified":"2024-01-25T09:36:19+00:00","description":"Werk versigtiger en wyser met jou geld en jy kan dalk \u2019n netjiese bedrag wegsit. Hier is \u2019n paar wenke wat kan werk.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-cottonbro-studio-3943716.jpg","width":1279,"height":853},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-vanjaar-r60-000-spaar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy kan vanjaar R60 000 spaar"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93615","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=93615"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93615\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142337"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=93615"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=93615"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=93615"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}