{"id":93599,"date":"2024-01-26T14:34:01","date_gmt":"2024-01-26T12:34:01","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=93599"},"modified":"2024-01-26T14:39:40","modified_gmt":"2024-01-26T12:39:40","slug":"wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/","title":{"rendered":"Wat gaan regtig in jou man se kop aan?"},"content":{"rendered":"<p>Deur Mariette Snyman. Foto <a href=\"http:\/\/pexels.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Pexels<\/a><\/p>\n<p>Begryp jy hoe die mans in jou lewe se koppe werk, of is daar dae wanneer jou pa, seun, geliefde of kollega jou teen die mure uit dryf? Skep sommer dadelik moed! <em>Heroes, a psychological insight into men\u2019s perceptions on relationships<\/em> is \u2019n interaktiewe aanlynboek met betekenisvolle insigte in die spesie sonder wie ons vroue nie kan (of wil) klaarkom nie.<\/p>\n<p>Die brein agter <em>Heroes<\/em>, dr. Micki Pistorius, is \u2019n onverskrokke ontdekkingsreisiger. Sy is nie bang om die landskap van die menslike psige te verken nie; sy het as Suid-Afrika se eerste sielkundige reeksmoordenaar-profielopsteller naam gemaak en het \u2019n private terapie- en konsultasieprakty, maar met \u2019n agtergrond in die argeologie volg sy ook die spore van Odusseus, Agamemnon en ander antieke helde in lande soos Griekeland en Turkye. Daarby fokus sy op die neurosielkunde, maar d\u00eds \u2019n onderwerp vir \u2019n ander dag.<\/p>\n<h4>Waar kry Micki die inligting oor die manlike psige wat sy in <em>Heroes<\/em> oordra?<\/h4>\n<p>\u201cIn die Polisiediens het ek tien jaar lank hoofsaaklik saam met mans gewerk. In my sielkundepraktyk het ek opnuut besef hoe uiteenlopend mans en vroue se persepsies kan wees, en besluit om navorsing te doen. Ek het talle mans individueel en in groepe uitgevra oor verhoudings, <em>dating<\/em>, emosies, vrouevriende, die huwelik, egskeiding en tweede huwelike. Die bevindings het my verstom. Mans dink nie net anders as vroue nie, hulle dink anders as wat vroue gl\u00f3 hulle dink.<\/p>\n<p>\u201cNatuurlik is daar individuele verskille; as jy \u2019n fenomeen beskryf, moet jy in \u2019n mate veralgemeen. Die inligting in <em>Heroes<\/em> is nie die alfa en die omega nie. En dis nie vir feministe geskryf nie. Dit hoef nie t\u00e9 ernstig opgeneem te word nie, maar dalk beskerm dit \u2019n paar vroue teen seerkry.<\/p>\n<p>\u201cMoenie dink die spelre\u00ebls tussen mans en vroue is regverdig nie! As ek in die hof as \u2019n kundige getuienis lewer, beklemtoon ek dit dat ek nie daar is om sekere optredes te veroordeel of te verskoon nie, maar om dit te verklaar. Dieselfde geld <em>Heroes<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>In <em>Heroes<\/em> gebruik Micki die Griekse mitologie as \u2019n metaforiese agtergrond. Argetipes soos helde en krygers vloei gemaklik hieruit voort. \u201cDie feit dat ek in die Polisiediens profiele van die heel \u2018slegste\u2019 mans moes saamstel, het my waarskynlik gehelp om die goeie mans te herken: die helde wat in die openbare oog of ongesiens hul dagtaak verrig. Mans word gebore met die dryfkrag om te voorsien en te beskerm. Dis wat van hulle mans maak. Die vervulling van hierdie tweevoudige oogmerk laat hulle goed voel. Indien hulle misluk, voel hulle soos \u2019n antiheld. Dit werp hul psigiese balans omver en hulle sal enigiets doen om dit te voorkom.<\/p>\n<p>\u201cElke man het \u2019n <em>quest<\/em>, \u2019n passie wat hom aanvuur. Soms is dit sy loopbaan, soms \u2019n tydverdryf. Mans verklap nie noodwendig hul doelstellings nie, want hul grootste vrees is om iemand \u2013 veral die vrou in hul lewe \u2013 teleur te stel. \u2019n Man se ideale maat is een wat sy <em>quest<\/em> begryp, ruimte daarvoor skep en haar eie belangstellings het sodat haar lewe nie om hom draai nie. As hy haar alles is, raak sy ongelukkig as hy tyd aan sy passie bestee. Dit laat hom skuldig voel.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Mans verklap nie noodwendig hul doelstellings nie, want hul grootste vrees is om iemand \u2013 veral die vrou in hul lewe \u2013 teleur te stel<\/em><\/h4>\n<p>\u201cMans is aksiehelde. Dis wys om meer aandag aan hul volgehoue optrede te gee as aan dit wat hulle s\u00ea. \u2019n Man kan jou die son, maan en sterre belowe en sy eie woorde op daardie oomblik glo, maar sy optrede is \u2019n betroubaarder maatstaf. \u2019n Man wat \u2019n vrou liefhet, doen sy bes om haar probleme op te los, aan haar wense en behoeftes te voldoen, vir haar dinge te koop, en hard te werk om haar te versorg.<\/p>\n<h4>Kommunikeer s\u00f3<\/h4>\n<p>\u201cAl staan aksie vir mans voorop, is hulle antwoord op die vraag oor die belangrikste aspek van \u2019n romantiese verhouding nie \u2018seks\u2019 nie. Soos een man antwoord hulle: \u2018kommunikasie\u2019. En tog vlot die kommunikasie in \u2019n verhouding baie keer nie. Die volgende wenke kan help:<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Luister aandagtig<\/strong>, sonder om hom voortdurend te onderbreek. Dit wys hy is vir jou belangrik. Probeer om die boodskap uit sy perspektief te sien en die onderliggende emosies en motiewe te verstaan. Dis verstandig om hom nie dadelik advies te gee nie \u2013 dit kan ge\u00efnterpreteer word as kritiek of \u2019n poging om hom te beheer. \u2019n Dag of wat later kan jy s\u00ea: \u201cEk het gedink oor wat jy ges\u00ea het, en ek wonder of \u2026 \u201d<br \/>\n\u2022 \u2019n Man wil h\u00ea \u2019n vrou moet haar <strong>behoeftes<\/strong> aan hom oordra. Tog ervaar mans vroue baie keer as hulpbehoewend wanneer hulle dit doen. Wat is die verskil tussen \u2019n vrou wat haar behoeftes kommunikeer en \u2019n <em>needy<\/em> vrou? Skynbaar maak tydsberekening die verskil. Wanneer hy op iets anders gefokus is, of wanneer sy neul of hom kritiseer, werk dit nie.<br \/>\n\u2022 Vroue kla dikwels dat hulle mans vra om \u2019n werkie te doen, en dan gebeur dit nooit. Mans lag verle\u00eb as hulle dit hoor. Vra: \u201cSal jy asseblief hiermee \u2019n plan maak? Ek sal so bly wees!\u201d <strong>Wees sjarmant<\/strong>. Mans ken die verskil tussen manipulasie en sjarme. Hulle hou daarvan om liefies behandel te word. Een man het ges\u00ea: \u201cAs sy aandring dat ek alles los om die takie af te handel en ek kom agter dit was nie so dringend nie, spring ek nie weer so gou in nie. As sy my s\u00ea hoekom sy dit nodig het, kan ek bepaal hoe dringend dit is.\u201d<br \/>\n\u2022 <strong>Vroue praat, mans tree op<\/strong>. Ongelukkig reken vroue dikwels hulle moet mans vertel wat om te doen. Mans is mans. Hulle is helde en krygers wat w\u00e9\u00e9t wat om te doen. Wanneer \u2019n vrou hulle voors\u00ea, ervaar hulle dit as \u2019n mosie van wantroue en \u2019n poging om hulle te beheer. Mans wil nie opdragte van vroue ontvang nie. Hulle wil vertrou word om die besonderhede self uit te pluis en die taak op hul eie manier te verrig. As hy nie dadelik reageer nie, help dit nie jy herhaal die instruksies nie. Hy h\u00e9t jou gehoor.<br \/>\n\u2022 Omdat mans <strong>aksie<\/strong> bo woorde verkies, is \u2019n lang, uitgerekte argument nutteloos. Mans is ook nie ontvanklik vir skimpe nie.<br \/>\n\u2022 Wanneer \u2019n man iets vir jou gedoen het, kan \u2019n opregte <strong>dankie<\/strong> en \u201cjy is my held!\u201d \u2013 in die oomblik, nie later nie &#8211; wondere verrig.<br \/>\n\u2022 \u2019n <strong>Vrou se tong<\/strong> is die wapen wat mans die meeste vrees. Haar woorde of toon kan hulle emosioneel kastreer. \u2019n Vrou wat kwaai praat of skree, kry selde die gewenste resultate. Wanneer \u2019n man in vegmodus is, kan hy letterlik nie hoor wat jy s\u00ea nie omdat streshormone deur sy are pomp om hom op aksie voor te berei. Jou frons prikkel sy vegmodus. Jou glimlag of sagte uitdrukking prikkel sy bekermingsmodus.<\/p>\n<h4>Hulp en steun<\/h4>\n<p>Mans en vroue sien hulp verskillend. Vroue is hulpvaardig. As een vrou in die tou by \u2019n kasregister \u2019n item vergeet het, sal \u2019n ander vrou solank haar trollie vorentoe stoot. Die kans dat \u2019n man dit sal doen, is skraal. Vir vroue is dit sosiaal aanvaarbaar om gehelp te word. Vir mans is dit \u2019n teken van swakheid. Moet \u2019n man nie help nie, tensy hy jou vra. Moenie vra of jy hom kan help om die stoele te verf nie; vra of jy by hom kan aansluit. As hy sukkel om die voordeur oop te sluit, moet jy nie die sleutel uit sy hand neem en dit doen nie, al is hy nie heeltemal nugter nie. Moet jy maar staan en wag tot hy dit regkry? Ja!<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Vir vroue is dit sosiaal aanvaarbaar om gehelp te word. Vir mans is dit \u2019n teken van swakheid<\/em><\/h4>\n<p>Een man het dit s\u00f3 verduidelik: \u201cVir \u2019n vrou is haar voorkoms van kernbelang. \u2019n Man moenie s\u00ea sy moet op \u2019n dieet gaan omdat sy vet is nie. Vir \u2019n man is sy bevoegdheid van kernbelang. \u2019n Vrou moenie s\u00ea hy moet \u2019n nutsman kry omdat hy niks kan regmaak nie. As sy uit haar eie op \u2019n dieet gaan, kan hy haar ondersteun, en as hy uit sy eie \u2019n nutsman kry, kan sy hom bedank.\u201d<\/p>\n<p>Die geslagte se siening van ondersteuning is ook uiteenlopend.<\/p>\n<p>\u2019n Ingenieur wat tydelik werkloos was, het ges\u00ea hy wens sy vriendin wil hom ondersteun. Op haar beurt het sy ges\u00ea sy ondersteun hom, maar hy weier om saam te werk: \u201cAs ek tuis kom n\u00e1 \u2019n lang dag, s\u00ea ek hy moet kom dat ek sy CV opdateer. Dan gee hy my \u2019n skewe kyk en bly voor die TV sit. Ek het ingenieurstydskrifte gekoop, die advertensies uitgeknip en ges\u00ea hy moet dit opvolg &#8211; alles tevergeefs.\u201d<\/p>\n<p>Wanneer \u2019n vrou vir \u2019n man vertel wat hy moet doen en boonop inmeng, voel hy soos \u2019n mislukking. Die ingenieur het die steun wat hy wou h\u00ea s\u00f3 verwoord: \u201cAs sy s\u00ea sy glo in my, dat die terugslag net tydelik is, dat dit weer beter sal gaan en dat ek die beste ingenieur in die w\u00eareld is, sal dit my aanspoor.\u201d Die versekering dat sy maat hom nie sal verlaat nie en dat sy daar is vir hom, besiel hom.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Wanneer \u2019n vrou vir \u2019n man vertel wat hy moet doen en boonop inmeng, voel hy soos \u2019n mislukking<\/em><\/h4>\n<p>Mans wil wel vroue se probleme oplos. Dis hoe \u2019n held optree. As \u2019n vrou haar maat van \u2019n onderonsie met \u2019n kollega vertel, onderbreek hy haar om te vra wat die uiteinde van die saak was. Hy wil uitwerk hoe hy kan help. As sy s\u00ea die saak is reeds opgeklaar, vra hy dalk verbaas. \u201cHoekom vertel jy my dan daarvan?\u201d<\/p>\n<p>Mans sukkel om te verstaan dat vroue oor \u2019n opgeloste situasie wil pr\u00e1\u00e1t. Een man s\u00ea selde vir \u2019n ander: \u201cEk het vandag \u2019n pap wiel gekry, en dit reggemaak.\u201d Dis iets wat vroue doen.<\/p>\n<p>Wanneer \u2019n man nie \u2019n vrou se probleem kan oplos nie, sal hy haar \u00f3f aanval \u00f3f ignoreer. As \u2019n vrou huil omdat haar hondjie dood is, s\u00ea die man: \u201cHou tog net op huil!\u201d en ry om \u2019n ander hondjie te gaan koop. Of hy ignoreer haar, klim in sy kar en ry troeteldierwinkel toe terwyl s\u00fd dink: Jou hartelose idioot! In albei gevalle kan die man nie begryp hoekom sy nie die hondjie wil h\u00ea wanneer hy daarmee by die huis aankom nie.<\/p>\n<p>Die saak staan so: \u2019n man los \u2019n probleem op deur pragmaties op te tree. Hy vervang die hondjie sodat sy sal ophou huil, want dit maak hom ongemaklik. Wanneer sy oplossing nie werk nie, voel hy soos \u2019n antiheld. Daarom loop hy weg en ignoreer haar, of nog erger \u2013 skree op haar. Dis nie regverdig nie, maar dis soos dit is.<\/p>\n<p>Vroue ervaar empatie op \u2019n emosionele vlak. Mans empatiseer op \u2019n kognitiewe vlak. Omdat mans aksiehelde is, distansieer hulle hulle noodgedwonge van die emosionele inhoud sodat hulle objektief kan beplan en rasioneel kan optree.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Vroue ervaar empatie op \u2019n emosionele vlak. Mans empatiseer op \u2019n kognitiewe vlak<\/em><\/h4>\n<p><em>Heroes<\/em> bied nog tientalle skerp, soms verrassende insigte in die verskille tussen mans en vroue. Dit laat jou wonder hoekom vroue so min van die manlike psige weet. \u201cOns vroue luister nie,\u201d s\u00ea Micki. \u201cMans s\u00ea en wys hierdie dinge vir ons, maar ons glo dit nie omdat \u00f3ns nie so is nie.\u201d Wel, nou weet ons \u2026 en as ons wil, kan ons met die nuwe inligting eksperimenteer om te sien hoe-veel gelukkiger ons met die aksiehelde in ons lewe kan saamleef!<\/p>\n<p><em>Heroes<\/em> bevat ook uiteensettings van verskeie sielkundige konsepte. Dis slegs beskikbaar as Internetboek by heroes-warriors.com &#8211; nie as harde- of sagteband nie.<\/p>\n<h4>S\u00f3 verskil mans en vroue<\/h4>\n<p>\u2022 Mans doen. Vroue praat.<br \/>\n\u2022 Vroue is gemaklik met emosies, mans nie.<br \/>\n\u2022 Vroue fokus op die liefde; mans fokus op hul <em>quest<\/em>.<br \/>\n\u2022 Vroue glo die liefde oorwin alles. Mans glo hulle kan die w\u00eareld oorwin.<br \/>\n\u2022 Mans se grootste vrees is om iemand teleur te stel; dit laat hulle skuldig voel. Vroue se grootste vrees is om verstoot te word; dit maak hulle hulpbehoewend.<br \/>\n\u2022 Wanneer \u2019n vrou oor \u2019n eerste afspraak fantaseer, eindig die fantasie met \u2019n soen. Wanneer \u2019n man oor \u2019n eerste afspraak fantaseer, begin die fantasie met \u2019n soen.<br \/>\n\u2022 \u2019n Man se seksuele sintuig is sig. \u2019n Vrou se seksuele sintuig is aanraking.<br \/>\n\u2022 Mans kan seks h\u00ea sonder om emosioneel betrokke te raak. Vroue sal eers emosioneel betrokke raak, en dan seks h\u00ea.<br \/>\n\u2022 Wanneer \u2019n paartjie baie tyd eksklusief saam deurbring en saam slaap, beskou die vrou dit as \u2019n verhouding. Die man beskou dit slegs as \u2019n verhouding as hy haar formeel gevra het om sy meisie te wees.<br \/>\n\u2022 As mans trou, offer hulle hul vryheid op. As vroue trou, wen hulle sekuriteit.<br \/>\n\u2022 Vroue benader \u2019n huwelik vanuit \u2019n romantiese oogpunt. Mans benader \u2019n huwelik vanuit \u2019n pragmatiese oogpunt.<br \/>\n\u2022 Mans is bedraad om te voorsien en te beskerm, en vir hulle verteenwoordig geld status. Dit wys hulle is bekwame voorsieners. Vroue wil veilig en versorg voel, en vir hulle verteenwoordig geld sekuriteit.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-om-beter-met-jou-lewensmaat-te-kommunikeer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoe om beter met jou lewensmaat te kommunikeer<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mans is aksiegerig, pragmaties, nie aldag gemaklik met emosies nie, en soms moeilik om te peil. Maar as jy weet wat hulle op \u2019n diep vlak motiveer, maak hul optrede skielik vir jou sin. <\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":142368,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[23443,23446,29661,38564,1930,2053],"class_list":["post-93599","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-relationships","tag-marriage","tag-well-being","tag-communication","tag-kommunikasie","tag-huwelik"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat gaan regtig in jou man se kop aan? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Mans is aksiegerig, pragmaties, nie aldag gemaklik met emosies nie, en soms moeilik om te peil. Maar as jy weet wat hulle op \u2019n diep vlak motiveer?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat gaan regtig in jou man se kop aan? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Mans is aksiegerig, pragmaties, nie aldag gemaklik met emosies nie, en soms moeilik om te peil. Maar as jy weet wat hulle op \u2019n diep vlak motiveer?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-26T12:34:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-01-26T12:39:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1537\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Wat gaan regtig in jou man se kop aan?\",\"datePublished\":\"2024-01-26T12:34:01+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-26T12:39:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/\"},\"wordCount\":2210,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"relationships\",\"marriage\",\"well being\",\"communication\",\"Kommunikasie\",\"huwelik\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/\",\"name\":\"Wat gaan regtig in jou man se kop aan? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2024-01-26T12:34:01+00:00\",\"dateModified\":\"2024-01-26T12:39:40+00:00\",\"description\":\"Mans is aksiegerig, pragmaties, nie aldag gemaklik met emosies nie, en soms moeilik om te peil. Maar as jy weet wat hulle op \u2019n diep vlak motiveer?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1537},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat gaan regtig in jou man se kop aan?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat gaan regtig in jou man se kop aan? | rooi rose","description":"Mans is aksiegerig, pragmaties, nie aldag gemaklik met emosies nie, en soms moeilik om te peil. Maar as jy weet wat hulle op \u2019n diep vlak motiveer?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat gaan regtig in jou man se kop aan? | rooi rose","og_description":"Mans is aksiegerig, pragmaties, nie aldag gemaklik met emosies nie, en soms moeilik om te peil. Maar as jy weet wat hulle op \u2019n diep vlak motiveer?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-01-26T12:34:01+00:00","article_modified_time":"2024-01-26T12:39:40+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1537,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Wat gaan regtig in jou man se kop aan?","datePublished":"2024-01-26T12:34:01+00:00","dateModified":"2024-01-26T12:39:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/"},"wordCount":2210,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg","keywords":["relationships","marriage","well being","communication","Kommunikasie","huwelik"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/","name":"Wat gaan regtig in jou man se kop aan? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg","datePublished":"2024-01-26T12:34:01+00:00","dateModified":"2024-01-26T12:39:40+00:00","description":"Mans is aksiegerig, pragmaties, nie aldag gemaklik met emosies nie, en soms moeilik om te peil. Maar as jy weet wat hulle op \u2019n diep vlak motiveer?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/invadingkingdom-D6Hkl-wot_E-unsplash.jpg","width":1920,"height":1537},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-gaan-regtig-jou-held-se-kop-aan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat gaan regtig in jou man se kop aan?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93599","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=93599"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93599\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142368"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=93599"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=93599"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=93599"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}