{"id":93588,"date":"2018-03-23T13:37:38","date_gmt":"2018-03-23T11:37:38","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=93588"},"modified":"2018-03-23T13:37:38","modified_gmt":"2018-03-23T11:37:38","slug":"die-profeet-hoofstuk-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/","title":{"rendered":"Die Profeet, hoofstuk 2"},"content":{"rendered":"<p>Deur Martie Swanepoel. Foto <a href=\"http:\/\/pixabay.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Pixabay<\/a><\/p>\n<p>Chrissie s\u00ea die rondloper het wragtag nes die Jesus in Mariaantjie se Kinderbybel gelyk! Op \u2019n haar! &#8220;Net daar gestaan met so\u00a0\u2019n vreedsame uitdrukking op sy gesig.&#8221; Oom Thomas het gehuil en Mariaantjie het koortjies gesing &#8230; en tant Esther het Chrissie en Soois om die beurt geroep om te kom help met die chaos op die stoep.<\/p>\n<p>Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag. Hy het in die rigting van die plaaspad gekyk en dan weer na Chrissie. Asof hy wou vertel hoe onkant die vreemdeling se koms na die plaas hom ook gevang het.<\/p>\n<p>Chrissie het beduie waar op die grasperk die man uiteindelik kruisbeen gaan sit het.<\/p>\n<p>\u201cToe knoop hy sy lap bondel oop en haal\u00a0\u2019n soort plat brood uit. Nes\u00a0\u2019n roosterkoek. Effe verbrand. Hy het die brood in stukke begin breek en eerste vir oom Thomas aangebied. Tant Esther wou die stuipe kry en het die man van die stoep af probeer kry. Mariaantjie het gehuil want sy wou ook van die brood h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Die man het in stilte oor die stoep beweeg. Vir Chrissie ook van die brood aangebied, wat sy hoflik geweier het. Hy het blykbaar geweet wat goed is vir hom en niks vir tant Esther aangebied nie.<\/p>\n<p>\u201cToe gaan sit hy weer op die gras en tuur oor die plaas. Veral in die rigting van die kruise. Tannt Esther het dit raakgesien want die kruise was vir haar\u00a0\u2019n teer punt. Ek dink die kuise het haar altyd laat skuldig voel oor die ding tussen haar en die kerk. Sy kon nie verdra dat die man so na kruise staar nie. Vir haar was dit geen religieuse teken nie. \u2018Van de Satan!\u2019 het sy\u00a0\u2019n paar keer in die man se koers geroep, maar hy was doof vir haar beskuldigings.\u201d<\/p>\n<p>Chrissie het vertel hoe Soois later met Kaizer om die hoek gekom het.<\/p>\n<p>\u201cEk sweer nou dis die heilige waarheid. Hierdie hond het vir die eerste keer vandat ek hom ken nie vir \u0149 vreemdeling geknor of geblaf nie! Toe hy by die man se voete gaan l\u00ea, dog ek wragtag die Heiland het regtig op die plaas aangekom!\u201d<\/p>\n<p>Kaizer het op daardie oomblik van Chrissie se vertelling sy kop weggedraai. Soos\u00a0\u2019n hond wat skaam kry. Hy het oogkontak vermy en oor die plaaswerf gestaar. Volgens Chrissie het tant Esther die hond\u00a0\u2019n paar keer probeer aanhits tot aksie, maar hy het rustig langs die vreemdeling bly l\u00ea. Dit het tant Esther heeltemal ontsenu. Veral toe Mariaantjie ook langs die man op die gras gaan sit.<\/p>\n<p>\u201cEk dog die tannie kry die stuipe. Ek het dit oorweeg om vir haar ook van oom Thomas se kalmeerstroop te gee. Toe die man sy hande om Mariaantjie se gesig vou, het tant Esther handeswaaiend die trappe af gestorm. Maar sy woorde het ons almal vir\u00a0\u2019n oomblik stilgemaak: \u2018Jy is beeldskoon. Ek het geweet jy gaan beeldskoon wees, beloofde vrou.\u2019 Net so het hy dit ges\u00ea. Tant Esther het Mariaantjie aan die arm gegryp en haar opgetrek. Mariaantjie het natuurlik geprotesteer. Niemand het nog ooit so mooi met haar gepraat nie. Jy moet onthou, onder al haar armheid van gees het sy ook die normale behoeftes van\u00a0\u2019n vrou gehad. Sy wou altyd so graag\u00a0\u2019n\u00a0<em>boyfriend<\/em> gehad het. Sy het na baie sepies gekyk en presies geweet hoe\u00a0\u2019n man met romantiese intensies na\u00a0\u2019n vrou kyk. Die vreemdeling het op daardie oomblik die regte emosies aangeraak.\u201d<\/p>\n<p>Dit was die eerste woorde wat die man uitgespreek het. Chrissie s\u00ea sy stem was rustig.<\/p>\n<p>\u201cSnaaks, ek het in my agterkop altyd gewonder hoe Jesus se stem sou klink. Ek het altyd geweet hy sal nie soos dominee Jordaan klink nie. Ek het geweet my Jesus sal nooit so ferm, formeel of berispelik wees nie. In\u00a0\u2019n mate het ek soos Mariaantjie geglo: Aan die Jesus van die Kinderbybel. Kyk, hierdie prent van Jesus wat onder die boom sit en met die kindertjies praat, dis hoe ek nog altyd geglo het Jesus is.\u201d<\/p>\n<p>Chrissie het vir\u00a0\u2019n rukkie gesit met die Kinderbybel op haar skoot. Sy het saam met Kaizer in die niet gestaar. Die ding het almal op die plaas se lewens aangeraak.<\/p>\n<p>Tant Esther het gevra Chrissie moet Mariaantjie liewer invat. Di\u00e9 het\u00a0\u2019n vloermoer gegooi want die vreemdeling het die aandag aan haar gegee waarna sy so gesmag het. Tant Esther het Kaizer weer bevel gegee om die man te jaag, maar die boerboel het vreedsaam langs die man bly l\u00ea. Kaizer het\u00a0\u2019n reputasie in die distrik gehad. Niemand het verby hom gekom nie. Tot die man gekom het.<\/p>\n<p>Chrissie het met haar hand oor die werf beduie om te wys waar die man later rondgestap het. Al om die beddings. Kaizer agter hom aan.<\/p>\n<p>Die hond tussen my en Chrissie kon blykbaar nie meer die vernedering vat nie. Hy het opgestaan en weggestap.<\/p>\n<p>\u201cDie man het na elke blom gekyk en geglimlag. Dit was byna asof hy in stadige aksie beweeg. Maar Soois het ook besef die vreemdeling betree\u00a0\u2019n gebied waar hy en Kaizer veronderstel is om die wag te hou. Hy het die .22 gaan haal en al agter die man en Kaizer aangeloop. Toe het die man op die stoep by oom Thomas se voete gaan sit. Toe hy weer praat, het selfs my nekhare gerys. Dis darem nie reg nie, het ek gedink. Ek het mos toe al besef dit nie onse Jesus wat op die plaas aangekom het nie. Die man het waaragtig met oom Thomas begin praat asof hy Jesus is! \u2018Ek het gekom. Ek het jou gehoor,\u2019 het hy ges\u00ea en oom Thomas se hande geneem. Oom Thomas het gehuil, \u2018Rabboni, my Meester.\u2019 Oom Thomas het die man byna biddend aangestaar. Hy wou net by die man weet of hy voor planttyd genees sal word. Ek was self lus en jaag die man weg, maar ek kon dit nie oor my hart kry om oom Thomas se hart te breek nie. In daardie stadium het hy min gehad wat vir hom hoop gee. Hy het so gelukkig gelyk.<\/p>\n<p>Hy het alles ges\u00ea wat Oom Thomas wou hoor. Die hoop gebring wat hy op daardie stadium nodig gehad het. Tant Esther moes dit ook besef het toe sy sien hoe oom Thomas kalmeer. Hy wou so graag weer ploeg en plant. Hy wou net nog een oes op die lande h\u00ea. Die dokters het opgegee met die kanker en die toenemende dimensie, maar oom Thomas het geklou aan sy geloof en aan die lewe. As die morfien uitgewerk geraak het, het hy na die kruise sit en kyk en gebid. Ek het selfs in daardie tyd gedink die man se koms was die beste ding wat oom Thomas kon tref.\u201d<\/p>\n<p>In\u00a0\u2019n vreemde toeloop van omstandighede het die man op die plaas aangebly. Tant Esther het hom verdra oor die rustigheid wat hy oor oom Thomas gebring het. Sy het haar bes gedoen om die man weg te hou van haar dogter, maar soos Kaizer, het Mariaantjie al agter die man aan gedrentel.<\/p>\n<p>\u201cHy het saans sy wit kleed uitgewas en hom eenkant gehou. Sy naam was Christiaan, het hy een oggend uit die bloute ges\u00ea. Niks meer nie. Hy het dae lank langs oom Thomas op die stoep gesit sonder om te praat. Die oom het selfs minder morfien gebruik en dit was genoeg om tant Esther te oortuig dat Christiaan op die plaas mag bly. Maar sy het hom nooit vertrou nie. Sy het geglo die man meng daggapitte in die plat brode wat hy buite op sy vuurtjie bak. Hy het gereeld van die brood aan Mariaantjie en oom Thomas gegee en, die feit is, hulle was baie rustiger sedert hy op die plaas aangekom het.\u201d<\/p>\n<p>Die man het baie mooi met Mariaantjie en oom Thomas gewerk, maar tant Esther het gereeld nog uitbarstings oor hom gehad want dit was duidelik dat die man die een of ander soort Messias-sindroom het. Hy het oom Thomas en Mariaantjie doelbewus onder die indruk gebring dat hy gestuur is om hulle &#8220;te kom verlos.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cTant Esther se vete met die kerk en dominee Jordaan was toe al \u2019n paar jaar aan die gang. Nie dat sy nie gelowig was nie, maar sy was\u00a0\u2019n moeilike, siniese ou vrou wat haar hande vol gehad het met die boerdery,\u00a0\u2019n ewige sieklike man en\u00a0\u2019n verstandelik gestremde dogter. Sy het met die gemeente se susters baklei omdat sy glo hulle sit net rond en skinder en dweep.\u201d<\/p>\n<p>Chrissie het\u00a0\u2019n paar keer voorgestel dat tant Esther tog die dominee se raad moet vra oor die vreemdeling op die plaas, maar die ou vrou het botweg geweier.<\/p>\n<p>\u201cSy het een dag iets baie treffend ges\u00ea: \u2018Laat die skepsel maar hier rond dwaal, hy gee Thomas hoop en die hemel weet, hier was lanklaas hoop op hierdie plaas.\u2019 Maar tant Esther het ook dikwels ges\u00ea sodra die oom beter is, moet daai blessidse Krisjan met sy profeet-rok waai!\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag. Hy het in die rigting van die plaaspad gekyk en dan weer na Chrissie. Asof hy wou vertel hoe onkant die vreemdeling se koms na die plaas hom ook gevang het.&#8221; Lees hoofstuk 2 van Die Profeet hier.<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":93593,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[1392,1393,1471,3230,3378,23450],"class_list":["post-93588","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-short-stories","tag-books","tag-kortverhale","tag-vervolgverhale","tag-fiksie","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die Profeet, hoofstuk 2 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&quot;Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag ...&quot; Lees hoofstuk 2 van Die Profeet hier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Profeet, hoofstuk 2 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&quot;Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag ...&quot; Lees hoofstuk 2 van Die Profeet hier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-03-23T11:37:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"563\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Die Profeet, hoofstuk 2\",\"datePublished\":\"2018-03-23T11:37:38+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/\"},\"wordCount\":1521,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg\",\"keywords\":[\"short stories\",\"books\",\"kortverhale\",\"vervolgverhale\",\"fiksie\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/\",\"name\":\"Die Profeet, hoofstuk 2 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg\",\"datePublished\":\"2018-03-23T11:37:38+00:00\",\"description\":\"\\\"Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag ...\\\" Lees hoofstuk 2 van Die Profeet hier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg\",\"width\":1000,\"height\":563,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die Profeet, hoofstuk 2\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Profeet, hoofstuk 2 | rooi rose","description":"\"Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag ...\" Lees hoofstuk 2 van Die Profeet hier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Profeet, hoofstuk 2 | rooi rose","og_description":"\"Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag ...\" Lees hoofstuk 2 van Die Profeet hier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-03-23T11:37:38+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":563,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Die Profeet, hoofstuk 2","datePublished":"2018-03-23T11:37:38+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/"},"wordCount":1521,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg","keywords":["short stories","books","kortverhale","vervolgverhale","fiksie","entertainment"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/","name":"Die Profeet, hoofstuk 2 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg","datePublished":"2018-03-23T11:37:38+00:00","description":"\"Asof hy Chrissie se vertelling wou beaam, het die gesin se Boerboel, Kaizer, tussen ons kom sit. Op aandag ...\" Lees hoofstuk 2 van Die Profeet hier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Sonsondergang-op-die-plaas.jpg","width":1000,"height":563,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die Profeet, hoofstuk 2"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93588","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=93588"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93588\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/93593"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=93588"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=93588"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=93588"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}