{"id":93356,"date":"2018-03-16T11:48:12","date_gmt":"2018-03-16T09:48:12","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=93356"},"modified":"2018-03-16T11:48:12","modified_gmt":"2018-03-16T09:48:12","slug":"die-profeet-hoofstuk-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/","title":{"rendered":"Die Profeet, hoofstuk 1"},"content":{"rendered":"<p>Hooffoto <a href=\"http:\/\/pixabay.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Pixabay<\/a><\/p>\n<p><strong>DIE PROFEET<\/strong> is \u2019n kort novelle uit die pen van Martie Swanepoel.\u00a0 Dit raak aan sensitiewe kwessies soos mense se na\u00efwiteit, kwesbaarheid en die wreedheid van\u00a0\u2019n terminale siekte. Maar dit wys ook hoe sterk emosies soos liefde en haat kan meeding.<\/p>\n<p><strong>DIE PROFEET<\/strong> is\u00a0die verhaal van\u00a0\u2019n vreemdeling wat op\u00a0\u2019n dag op\u00a0\u2019n plaas aangestap kom. Sy koms bring vir die verstandelik gestremde Mariaan en oom Thomas, wat in die terminale fase van kanker is, nuwe hoop. Maar die sterk matiarg, tant Esther, beje\u00ebn Christiaan met agterdog. Chrissie, die tuisversorger, probeer die gemoedere balanseer en die besoekende joernalis is die waarnemer in die verhaal wat deur geloof, hoop en liefde ploeg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die Profeet, hoofstuk 1<\/h4>\n<p>Ek het die deuntjie van die ou kerkkoortjie dadelik herken. Iewers vanuit die ou plaashuis het die woorde na my aangesweef gekom:<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>Gaan my nie verby my Heiland<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>Gaan my nie verby<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>Wyl U ander se\u00ebn Heiland<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em>Se\u00ebn nou ook my &#8230;<\/em><\/p>\n<p>Ek kon onthou hoe ek in my kinderjare langs my ma in die kerk gestaan en sing het. Toe was dit vir my een van die mooiste melodie\u00eb. Ek kon my verluister hoe haar alt-stem vir \u2019n breukdeel van\u00a0\u2019n noot voor die res van die gemeente en die elektriese orrel uitstyg. Ma was\u00a0\u2019n sterk gelowige mens. Sy het aan wonderwerke geglo, maar sy het ook\u00a0\u2019n siniese onderskeidingsgees gehad wanneer dit by mense kom. Ma het\u00a0\u2019n nuwe predikant eers vir maande uitgekyk voor sy hom as\u00a0\u2019n gesant van haar Heiland beskou het.<\/p>\n<p>Dit was op dae soos hierdie warm somersmiddag op die rooi gepoleerde plaasstoep van Leeufontein wat ek Ma meer as ander dae gemis het. Ma sou my kon raad gee oor die moeilike opdrag wat ek moes uitvoer. Sy sou kon s\u00ea watter vrae ek moet vra oor die tragiese, vreemde gebeure wat op die Vrystaatse plaas afgespeel het. As joernalis moes ek neutraal bly, maar my hart laat hom so maklik verlei as dit by mense en hul diepste emosies kom. Dit gaan nie maklik wees om hierdie storie so te skryf dat my siniese redakteur daaraan byt nie.<\/p>\n<p>Chrissie was\u00a0\u2019n effe gesette vrou in haar laat dertigs. Haar yl, muisvaal haartjies was kort gesny en haar bleekblou o\u00eb lewensmoeg. Sy het my op die groot stoep van Leeufontein ingewag. Die le\u00eb, verweerde rottangstoele het getuig van die inwoners van die plaashuis wat eens lang ure van lief en leed op die stoep meegemaak het.<\/p>\n<p>Chrissie het my vertel van die dag toe die vreemde man op die plaaspad aangestap gekom het. Die oomblik toe hy oor die plaaswerf na die stoep gestap het, het die lewens van die plaas se inwoners vir altyd verander, het sy vertel terwyl sy vir ons tee geskink het.<\/p>\n<p>\u201cDit was\u00a0\u2019n mistige dag toe hy hier aangekom het. Vroegoggend, so uit die mis het hy aangestap gekom met die plaaspad. Met \u2019n spierwit gewaad soos die Moslem-mans op die dorp dra as hulle gaan bid. Kaalvoet met\u00a0\u2019n lapsak oor die skouer. Oom Thomas het op die stoep gesit en koffie drink. Siestog, hy was toe al bietjie deurmekaar van die morfien vir die kanker.\u201d<\/p>\n<p>Sy het gehoor hoe roep die oom sy vrou, tant Esther. Hy was kinderlik opgewonde want hy het toe al vir weke vertel dat Jesus hom gaan kom haal.<\/p>\n<p>\u201cToe hy die man in die wit kleed sien, het hy dadelik geglo dit is Jesus. Jy moet verstaan, hy was terminaal en het geweet sy tyd loop uit. Vir hom was die man die verhoring van sy gebede. Hy was gereed om te gaan.\u201d<\/p>\n<p>Maar volgens Chrissie was tant Ester\u00a0\u2019n siniese, halsstarrige vrou. Sy het die plaas, die plaashuis \u00e9n oom Thomas met \u2019n ysterhand regeer.\u00a0\u2019n Ysterhand met deernis en liefde, het Chrissie darem verdedig.<\/p>\n<p>\u201cTant Esther het die man so gekyk en van die stoep af geskree: &#8216;Draai maar om, hier is nie aalmoese vir bedelaars nie!&#8217; Die man het hom nie laat afskrik nie en tot hier by die stoep gekom. Teen daai tyd was Chrissie en Mariaantjie ook al hier op die stoep.\u201d<\/p>\n<p>Chrissie was hoofsaaklik die versorger van Mariaantjie, wat effe verstandelik gestremd was, maar toe die kanker oom Thomas verswak het, was die oom ook onder haar sorg.<\/p>\n<p>\u201cDie koms van die man was\u00a0\u2019n groot konsternasie op die werf. Daar was lanklaas soveel aksie en opwinding. Oom Thomas het vreeslik gehuil en gevra ek moet sy goedjies gaan pak want hy is gereed om te gaan. Hy het geglo dis sy Heiland wat voor hom staan. Die man het die oom net rustig staan en aanstaar. Byna geen emosie op sy gesig gewys nie.\u201d<\/p>\n<p>Chrissie het die man probeer uitvra oor waar hy vandaan kom en hoe hy met die 50 km-grondpad uit die dorp op die plaas aangekom het. Die man se voete was vol stof en eelte, soos iemand wat loop waarheen hy wil gaan.<\/p>\n<p>\u201cOns het na die tyd probeer uitvind of iemand wat ons ken hom nie dalk opgelaai het nie. Dit was inderdaad asof hy uit die lug na die plaas neergedaal het. Uit die niet. Ek onthou ek het hoendervleis gekry. Dit was baie vreemd, byna spookagtig. Baie mense het na die tyd ges\u00ea dit is die drie kruise daar op die berg wat hom hierheen gelok het. Oom Thomas se oupa en pa het daardie kruise nog geplant. Diep gelowige mense gewees.\u201d<\/p>\n<p>Mens kan die kruise nogal nie miskyk wanneer jy uit die dorp aangery kom nie. Jy kan jou byna verbeel jy is op pad na die Bybelse Golgota as jy met die grondpad aangery kom. Die drie kruise se silhoe\u00ebt teen die horison vertel mens baie van die inwoners van die plaas. Mens twyfel nie dat geloof\u00a0\u2019n\u00a0groot rol in hul lewens speel nie.<\/p>\n<p>Chrissie s\u00ea oom Thomas het huilend uit sy stoel probeer opstaan.<\/p>\n<p>\u201cU het gekom! Rabboni!\u201d<\/p>\n<p>Chrissie het hom probeer keer uit vrees dat hy gaan val. Tant Esther was hewig ontsteld en het Chrissie gestuur om haar man se kalmeerstroop te gaan haal. Sy was bang hy kry\u00a0\u2019n toeval.<\/p>\n<p>Chrissie moes sommer ook vir Soois, die plaasvoorman, roep om van die vreemde man ontslae te raak.<\/p>\n<p>\u201cSy het die vreemdeling gekonfronteer en ges\u00ea hy moet die plaas dadelik verlaat of\u00a0sy bel die polisie. Die man het haar net staan en aanstaar. Oom Thomas was ontsteld dat sy vrou nie kan sien die man is inderdaad die Here nie. Tant Esther het nooit rondlopers toegelaat nie. Veral oor daar reeds plaasmoorde in die omgewing plaasgevind het. Sy het nooit aan vreemdelinge werk gegee nie. Net as\u00a0\u2019n ander boer hom aanbeveel het.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Chrissie het die drama op die stoep vererger toe Mariaantjie haar pa begin glo dat dit inderdaad Jesus is wat die plaas besoek. Sy het opgewonde rondgetrippel en soms stip na die man gestaar.<\/p>\n<p>\u201cNes ek gedink het hy lyk! Kyk, Mamma! Nes in my Bybel! Hallo Jesus! Ek ken baie liedjies oor jou! Hoor net: Liewe liewe Jesus, vlekkelose lam. Hy is die leeu &#8230;\u201d<\/p>\n<p>Chrissie het haar hande vol gehad op die stoep. Oom Thomas en Mariaantjie was emosioneel en tant Esther kwaai, het sy vertel. Mariaantjie was die een mens wat die tannie week kon maak. Sy het nie toegelaat dat enigiets of enigiemand Mariaantjie ontstel nie. Die plaashuis op Leeufontein was die kokon waarin sy Mariaantjie toegespin het om haar te beskerm teen\u00a0\u2019n wrede w\u00eareld wat nie mense met beperkte verstandelike vermo\u00ebns verstaan of aanvaar nie.<\/p>\n<p>\u201cDie chaos op die stoep het al erger geword. Oom Thomas was skoon moeilik omdat sy vrou so bruusk met sy Verlosser was. Hy het die man aanbiddend aangestaar en Mariaantjie het al die kinderkoortjies wat sy ken luidkeels gesing. Vir\u00a0\u2019n buitestaander moes dit soos\u00a0\u2019n sirkus gelyk het.<\/p>\n<p>As ek nou terugdink, was dit\u00a0\u2019n ironiese situasie. Oom Thomas en Mariaantjie het geglo dit is Jesus wat op die grasperk voor die stoep staan, maar alle hel was los. Mariaantjie het haar gunstelingliedjie oor Jesus gesing: &#8216;Jesus min my salig lot, ek leer dit uit die woord van God, al is ek ook swak en blind, nogtans noem Hy my sy kind.'&#8221;<\/p>\n<p>Mariaantjie se Kinderbybel het tussen my en Chrissie op die koffietafel gel\u00ea terwyl ons praat.<\/p>\n<p>\u201cEk het so baie kere vir haar hieruit gelees. Sy het elke storie geken. En weet jy wat? Sy was reg, Die man wat hier aangekom het, het nes die prentjie van Jesus in die Kinderbybel gelyk.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Profeet is \u2019n splinternuwe, kort novelle uit die pen van ons gewilde skrywer Martie Swanepoel. As jy van ons vervolgverhaal Grieta gehou het, moet jy beslis hierdie verhaal volg. <\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":93360,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[99,1392,1393,1471,3230,23450],"class_list":["post-93356","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-verhale","tag-short-stories","tag-books","tag-kortverhale","tag-vervolgverhale","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die Profeet, hoofstuk 1 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die Profeet is \u2019n splinternuwe, kort novelle uit die pen van ons gewilde skrywer Martie Swanepoel. As jy van Grieta gehou het, lees hierdie!\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Profeet, hoofstuk 1 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Profeet is \u2019n splinternuwe, kort novelle uit die pen van ons gewilde skrywer Martie Swanepoel. As jy van Grieta gehou het, lees hierdie!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-03-16T09:48:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Plaaspad.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"549\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Die Profeet, hoofstuk 1\",\"datePublished\":\"2018-03-16T09:48:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/\"},\"wordCount\":1432,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Plaaspad.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"short stories\",\"books\",\"kortverhale\",\"vervolgverhale\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/\",\"name\":\"Die Profeet, hoofstuk 1 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Plaaspad.jpg\",\"datePublished\":\"2018-03-16T09:48:12+00:00\",\"description\":\"Die Profeet is \u2019n splinternuwe, kort novelle uit die pen van ons gewilde skrywer Martie Swanepoel. As jy van Grieta gehou het, lees hierdie!\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Plaaspad.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/03\\\/Plaaspad.jpg\",\"width\":1000,\"height\":549,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-profeet-hoofstuk-1\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die Profeet, hoofstuk 1\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Profeet, hoofstuk 1 | rooi rose","description":"Die Profeet is \u2019n splinternuwe, kort novelle uit die pen van ons gewilde skrywer Martie Swanepoel. As jy van Grieta gehou het, lees hierdie!","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Profeet, hoofstuk 1 | rooi rose","og_description":"Die Profeet is \u2019n splinternuwe, kort novelle uit die pen van ons gewilde skrywer Martie Swanepoel. As jy van Grieta gehou het, lees hierdie!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-03-16T09:48:12+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":549,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Plaaspad.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Die Profeet, hoofstuk 1","datePublished":"2018-03-16T09:48:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/"},"wordCount":1432,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Plaaspad.jpg","keywords":["verhale","short stories","books","kortverhale","vervolgverhale","entertainment"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/","name":"Die Profeet, hoofstuk 1 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Plaaspad.jpg","datePublished":"2018-03-16T09:48:12+00:00","description":"Die Profeet is \u2019n splinternuwe, kort novelle uit die pen van ons gewilde skrywer Martie Swanepoel. As jy van Grieta gehou het, lees hierdie!","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Plaaspad.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/Plaaspad.jpg","width":1000,"height":549,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-profeet-hoofstuk-1\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die Profeet, hoofstuk 1"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93356","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=93356"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93356\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/93360"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=93356"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=93356"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=93356"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}