{"id":92341,"date":"2018-03-06T12:01:08","date_gmt":"2018-03-06T10:01:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=92341"},"modified":"2018-03-06T12:53:42","modified_gmt":"2018-03-06T10:53:42","slug":"frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/","title":{"rendered":"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart"},"content":{"rendered":"<p><em>Teks en foto\u2019s deur Ilse Zietsman<\/em><\/p>\n<p>Knyp jouself, herinner ek myself steeds as ek aan my riviervaart \u2013 \u2019n Connoisseur Cruise met Uniworld Boutique River Cruise Collection &#8211; deur Bordeaux terugdink.<\/p>\n<p>So ook as ek aan talle aspekte van die vaart en die totale belewenis dink. \u2019n Volle dag wat aan Sauternes, die ikoniese Franse dessertwyn met sy kenmerkende goue kleur, gewy is, was \u2019n gr\u00f3\u00f3t bederf. Ek kon nie genoeg kry van die kronkelpaadjies tussen wingerde en chateaus deur nie. \u2019n Besoek aan die eksklusiewe Konjakhuis van Remy Martin was sommer drie knype werd. Woorde ontgaan my steeds om die asem-wegslaan argitektuur sowel as die interaktiewe uitstallings van die Cit\u00e9 du Vin (\u2019n wynmuseum in die stad van Bordeaux) te beskryf.<\/p>\n<p>Die weelde op die River Royale, ons rivierboot \u2013 en die Franse wyne en sjampanje wat soos die olie in die Bybelse weduwee se kruik nooit opraak nie \u2013 dra nog verder by tot di\u00e9 gevoel.<\/p>\n<p>Om s\u00f3 \u2019n lekkerbekvaart te kon beleef, wil my ook die woord wat die meeste op sosiale media deur geveinsdes gebruik word, laat opper. Ja, ek was gese\u00ebnd om daar te kon gewees het. Ek bieg egter dadelik dat ek nie (daarmee) verwaand wil wees nie, maar dat ek wel so \u2019n bietjie spog. Glo my, jy sal ook as dit jou te beurt val.<\/p>\n<p>Die riviervaart het in Bordeaux afgeskop. Op die dag wat jy aan boord gaan sowel as die laaste twee dae van die vaart het jy genoeg tyd om die stad van Bordeaux op jou eie of met \u2019n gids te verken.<\/p>\n<p>Bo en behalwe Bordeaux meer die River Royale in Pauillac, Patiras, Blaye, Bourg en Libourne vas.<\/p>\n<p>Die River Royale vaar op drie riviere: die Garonne-, Gironde- en Dordogne-rivier. So leer passasiers die M\u00e9doc-wynroete ken. Daar is verskeie besoeke aan chateaus wat met wynproe\u00eb en keldertoere gepaardgaan.<\/p>\n<div id=\"attachment_92441\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-92441\" class=\"size-full wp-image-92441\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Van-waar-die-River-Royale-van-Uniworld-Boutique-River-Cruises-by-Quai-des-Chartrons-vasmeer-kan-jy-na-die-hart-van-Bordeaux-loop-om-die-straatjies-en-wandelhalle-te-verken.jpg\" alt=\"rt-bordeaux\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-92441\" class=\"wp-caption-text\">Van waar die River Royale by die Quai des Chartrons vasmeer, kan jy na die hart van Bordeaux stap<\/p><\/div>\n<h4>Beleef Bordeaux<\/h4>\n<p>Inkopieslawe kan maar \u2019n nota maak: Bordeaux het die langste inkopiestraat, Rue Saint Catherine, in Europa. Hierby het ek \u2013 helaas \u2013 nie uitgekom nie.<\/p>\n<p>Behalwe vir \u2019n nagrit in \u2019n oopdekbus het ons met \u2019n trem vanaf die Quai des Chartrons waar die River Royale vasgemeer was, na die hartjie van die stad Bordeaux gery. Hier het ons die res van die dag omge\u00ebet, of so het dit gevoel.<\/p>\n<p>Dit was darem terwyl ons rustig deur wandelhalle en systraatjies gedrentel het. As ons nie aan kaviaar, Franse bele\u00eb kaas, roompoffertjies en rum-gegeurde koekies gepeusel het nie, het ons ons aan imposante Gotiese kerke waarbinne die atmosfeer amper tasbaar is, verwonder.<\/p>\n<div id=\"attachment_92438\" style=\"width: 309px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-92438\" class=\"size-full wp-image-92438\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Tong-in-kies-kuns-en-dekor-in-Bordeaux.jpg\" alt=\"rt-dekor-in-bordeaux\" width=\"299\" height=\"448\" \/><p id=\"caption-attachment-92438\" class=\"wp-caption-text\">Tong-in-kies kuns en dekor in Bordeaux<\/p><\/div>\n<h4>Paulliac is puik<\/h4>\n<p>Ch\u00e2teau Mouton-Rothschild, sekerlik een van die bekendste wynlandgoedere ter w\u00eareld, is in die Paulliac-distrik wat jou onmiddellik n aanduiding gee in watter uitgelese geselskap \u2013 en wingerde \u2013 jy jou bevind.<\/p>\n<p>Vanuit die dorpie Paulliac lei al die paaie nie na \u2019n bekende Italiaanse stad (soos Rome) nie, maar na ontelbare mooi afdraaipaadjies van die een chateau na die ander. Ons het ons vergaap aan die Franse platteland en aan dorpies soos Margaux, Saint-Julien en Saint-Est\u00e8phe.<\/p>\n<div id=\"attachment_92447\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-92447\" class=\"size-medium wp-image-92447\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Sonsondergang-in-Nieu-Akwitanie-500x303.jpg\" alt=\"frankryk-beleef-bordeaux-met-riviervaart-Sonsondergang\" width=\"500\" height=\"303\" \/><p id=\"caption-attachment-92447\" class=\"wp-caption-text\">Sonsondergang in Nieu-Akwitani\u00eb<\/p><\/div>\n<h4>Prettig op Patiras<\/h4>\n<p>\u2019n Besoek knap voor skemer aan Patiras-eiland en -vuurtoring streel sommer \u2019n paar sintuie. Die Patiras-vuurtoring wat meer as 150 jaar gelede op die eiland opgerig is, is nie net vir farolo\u00eb (vuurtoringentoesiaste soos ek) strelend op die oog nie \u2013 heelwat van my mede-reisigers klim tot bo en kyk oor die riviermonding uit. Die strelende klanke van \u2019n kitaar wat getokkel word, is steeds dofweg hoorbaar waar ons heelbo staan terwyl ons mik vir selfies of mekaar vra om \u2019n foto te neem.<\/p>\n<p>Onder wag vars artisjokke \u2013 waarvoor die Amerikaners in ons groep hul neus optrek \u2013 ons in. Ook verfrissende dro\u00eb ros\u00e8 waaraan ons teug voor ons luiweg terug na die boot draal.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Besoek aan Blaye<\/h4>\n<p>Die sitadel of klipvesting van Blaye dateer uit die sewentiende eeu. Sommige van die mure is tot tien meter dik. Binne die stadsmure is die ru\u00efnes van \u2019n middeleeuse kasteel, \u2019n klooster, keisteenpleintjies, platdakhuisies en kuns- en snuisterywinkeltjies te sien.<\/p>\n<p>Net buite die stadsmure van Blaye word daar twee dae per week oggendmark gehou. Die verskeidenheid kosstalletjies sal lekkerbekke se monde laat water. Tussen die seekos (verskillende soorte krappe, oesters en garnale) en groente en vrugte (komkommers, blomkool, perskes, nektariens en pampoene) is sonhoede, antieke blikversamelings, afdroogdoeke met katmotiewe, versamelaarsboeke en, les bes, matrasse te koop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Bourg is \u2019n belewenis<\/h4>\n<p>Volgens legende het Koning Louis XIV as jong knapie saam met sy ma die dorpie Bourg in 1650 besoek. Toe die jongeling verby \u2019n boom waaraan \u2018n ryp vy hang, stap, was hy verskriklik lus daarvoor, maar hy was te kort om die vy by te kom. \u2019n Hulpvaardige monnik het hom opgetel sodat hy die vy kon pluk. Destyds was dit egter streng verbode om die koning aan te raak en daarom is die monnik gearresteer. Die koningin het egter later die monnik vrygespreek.<\/p>\n<p>Om die geleentheid te herdenk, het die plaaslike inwoners \u2019n lekkerny ter ere van die gebeurtenis begin maak. Tot vandag toe word vye gedoop in sjokolade, bekend as Bourg-vye, verkoop.<\/p>\n<p>Ons dink eers na die tyd daaraan dat ons ons vriende met ons terugkeer met Remy Martin-konjak en Bourg-vye kon bederf het. Dalk gebruik ons dit nog as \u2019n verskoning om terug te gaan!<\/p>\n<div id=\"attachment_92444\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-92444\" class=\"size-full wp-image-92444\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-Gascogne-sitkamerkroeg-op-die-River-Royale-bied-knus-hoekies-en-meubelgroeperings-waar-al-die-passasiers-na-ekskursies-asook-saans-heerlik-kan-kuier.jpg\" alt=\"gne-sitkamerkroeg op die River Royale bied knus hoekies en meubelgroeperings waar al die passasiers na ekskursies asook saans heerlik kan kuier\" width=\"448\" height=\"254\" \/><p id=\"caption-attachment-92444\" class=\"wp-caption-text\">Die Gascogne sitkamerkroeg op die River Royale<\/p><\/div>\n<h4>Dis lekker in Libourne<\/h4>\n<p>Tot redelik onlangs was Libourne nog \u2019n slaperige dorpie wat min aftrek by toeriste gekry het. Deesdae is Libourne egter besig om te ontpop in \u2019n gewilde dorp om te besoek sonder dat die rustige plattelandse karakter verlore gegaan het.<\/p>\n<p>Op \u2019dorpsdae\u2019 word daar boeremark gehou. Dis wanneer dorpenaars na die hoofplein en omringende straatjies stroom om vars blomme, heuning, plaasbrood, vleissnitte, wildesampioene, groente en vrugte aan te koop.<\/p>\n<p>Daar\u2019s ook \u2019n binnehuise mark met vis-en-seekoshandelaars en kaastoonbanke wat jou na Libourne wil laat emigreer.<\/p>\n<p>Knyp \u2019n tydjie af om \u2019n draai by een van die menige skoenwinkels, \u2019n klein dog steeds eksklusiewe tak van Galeries Lafayette en Sephora (vir grimering met speelse name soos Drunk Elephant en Urban Decay) te maak.<\/p>\n<p>Dis egter nie of jy iets n\u00f3dig het om jou aan s\u00f3 \u2019n lekkerbek-riviervaart te laat terugdink of hunker nie. Daarvoor is die herinneringe (aan smake en andersins) genoeg. \u2019n Paar tossel-en-bandjie-sandale was egter nie te versmaai nie. #s\u00eamaarnet.<\/p>\n<div id=\"attachment_92439\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-92439\" class=\"size-full wp-image-92439\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-nagliggies-van-Libourne.jpg\" alt=\"rt-Die-nagliggies-van-Libourne\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-92439\" class=\"wp-caption-text\">Die nagliggies van Libourne<\/p><\/div>\n<p>Niemand wil regtig na die tyd daaroor praat nie, maar na afloop van s\u00f3 \u2019n lekkerbek-vaart span jou broek \u2019n bietjie stywer.<\/p>\n<p>Hoe kan dit nou anders met geregte soos die sjef se keuse van hors d\u2019 oeuvre wat uit foie gras (eend- of ganslewer) met vyekonfyt, gerookte salm, blini (gevulde suurdeegpannekoekies; enkelvoud blin) met roomkaas en kaviaar, en piekelkomkommers in dillesous bestaan? Om nie te praat nie van gerookte eendborsie met kersie-compote, varkkotelette met dragonsous en Peer Belle H\u00e9l\u00e8ne (vanieljeroomys met \u2019n geposjeerde peer, warm sjokoladesous, Chantilly-room en geroosterde amandels) wat op \u2019n \u2019gewone aand\u2019 aan boord in die Le Bordelais Restaurant my keuse van geregte uitmaak. Hoe kan ek vergeet van die kreef thermidor wat by die gala-afskeidsete voorgesit is?!<\/p>\n<div id=\"attachment_92454\" style=\"width: 451px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-92454\" class=\"size-full wp-image-92454\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/River-Royale.jpg\" alt=\"frankryk-beleef-bordeaux-met-riviervaart-kos-river-royale\" width=\"441\" height=\"336\" \/><p id=\"caption-attachment-92454\" class=\"wp-caption-text\">Elke maaltyd op die River Royale was keurig voorberei<\/p><\/div>\n<p>Terug by die huis het ek reeds van die resepte in Bea Tollman (die president en stigter van die Red Carnation Collection waarvan Uniworld Boutique River Cruise Collection deel is) se boek <em>A Life in Food<\/em> in my kombuis uitprobeer. So hou ek die herinneringe aan die riviervaart en die Bordeaux-wynstreek in Frankryk lewend.<\/p>\n<p><em>Ilse Zietsman was \u2019n gas op die Connoisseur Cruise van Uniworld Boutique River Cruise Collection.<\/em><\/p>\n<p><em>Kyk na die riviervaarte wat tydens 2018 aangebied word by: <\/em><a href=\"http:\/\/www.uniworld.com\/za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><em>www.uniworld.com\/za\/<\/em><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Reisblogger Ilse Zietsman skryf oor haar lekkerbek-riviervaart met die River Royale op drie riviere in die M\u00e9doc-wynroete in Frankryk. Die wyne en sjampanje het gevloei, kronkelpaadjies het na keisteenpleintjies en chateaus gelei, en herinneringe aan die eet-ervarings sal \u2019n leeftyd hou.<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":92437,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[157,628,3830,36638],"class_list":["post-92341","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-vakansie","tag-travel","tag-rondrits","tag-holiday"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Reisblogger Ilse Zietsman skryf oor haar lekkerbek-riviervaart met die River Royale op drie riviere in die M\u00e9doc-wynroete in Frankryk.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Reisblogger Ilse Zietsman skryf oor haar lekkerbek-riviervaart met die River Royale op drie riviere in die M\u00e9doc-wynroete in Frankryk.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-03-06T10:01:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-03-06T10:53:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart\",\"datePublished\":\"2018-03-06T10:01:08+00:00\",\"dateModified\":\"2018-03-06T10:53:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/\"},\"wordCount\":1343,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg\",\"keywords\":[\"vakansie\",\"travel\",\"rondrits\",\"holiday\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/\",\"name\":\"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg\",\"datePublished\":\"2018-03-06T10:01:08+00:00\",\"dateModified\":\"2018-03-06T10:53:42+00:00\",\"description\":\"Reisblogger Ilse Zietsman skryf oor haar lekkerbek-riviervaart met die River Royale op drie riviere in die M\u00e9doc-wynroete in Frankryk.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg\",\"width\":640,\"height\":427,\"caption\":\"rt-lewensreddingsgordel\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart | rooi rose","description":"Reisblogger Ilse Zietsman skryf oor haar lekkerbek-riviervaart met die River Royale op drie riviere in die M\u00e9doc-wynroete in Frankryk.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart | rooi rose","og_description":"Reisblogger Ilse Zietsman skryf oor haar lekkerbek-riviervaart met die River Royale op drie riviere in die M\u00e9doc-wynroete in Frankryk.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-03-06T10:01:08+00:00","article_modified_time":"2018-03-06T10:53:42+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart","datePublished":"2018-03-06T10:01:08+00:00","dateModified":"2018-03-06T10:53:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/"},"wordCount":1343,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg","keywords":["vakansie","travel","rondrits","holiday"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/","name":"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg","datePublished":"2018-03-06T10:01:08+00:00","dateModified":"2018-03-06T10:53:42+00:00","description":"Reisblogger Ilse Zietsman skryf oor haar lekkerbek-riviervaart met die River Royale op drie riviere in die M\u00e9doc-wynroete in Frankryk.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Die-River-Royale-het-ons-wildste-verwagtinge-oortref.jpg","width":640,"height":427,"caption":"rt-lewensreddingsgordel"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/frankryk-beleef-bordeaux-met-n-riviervaart\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Frankryk: Beleef Bordeaux met \u2019n riviervaart"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92341","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=92341"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92341\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/92437"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=92341"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=92341"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=92341"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}