{"id":92266,"date":"2018-02-23T10:13:59","date_gmt":"2018-02-23T08:13:59","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=92266"},"modified":"2018-02-23T10:13:59","modified_gmt":"2018-02-23T08:13:59","slug":"beskerm-jou-oe-teen-blou-lig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/","title":{"rendered":"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig"},"content":{"rendered":"<p>Deur Salom\u00e9 Delport. Foto ALOTOFPEOPLE\/istock images<\/p>\n<p>As jy deesdae in \u2019n oopplanwerkplek vol <em>techies<\/em> stap, begroet \u2019n see van brille jou. \u00c1lmal dra \u2019n bril. Selfs di\u00e9 met 20\/20-visie. En nie enige bril nie. Di\u00e9 brille het bloupers lense, amper soos die superkoel neonpienk, geel en groen brillense van \u2019n paar jaar gelede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is dit met die bloulensgier?<\/h4>\n<p>Rekenaarkenners weet dat <strong>rekenaarskerms<\/strong> se blou lig hul sig kan beskadig. Aangesien hulle nog baie dekades voor die rekenaarskerm wil bly werk en speel, sorg hulle dat hulle hul o\u00eb beveilig met rekenaarbrille wat spesifiek blou lig uitskakel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat doen blou lig aan jou o\u00eb?<\/h4>\n<p>Blou lig is immers deel van ons normale sonlig, en alles wat leef, is van die begin van die w\u00eareld af aan blou lig blootgestel. Hoekom dan nou bekommerd wees?<\/p>\n<p>Die kwessie is die hoeveelheid, intensiteit en baie ure van blootstelling wat deesdae geld, s\u00ea Jacques du Toit, optiese tegnikus van Spectacle Warehouse, wat hul eie lenswerkwinkel het.<\/p>\n<p>\u201cAlle rekenaars, TV-skerms en selfs ons selfone het nou <strong>ho\u00ebdefinisieskerms<\/strong> met hul baie beter beeld. Maar hulle gebruik almal lig van LED\u2019s en ander soorte ligbronne wat \u2019n baie ho\u00eb proporsie blou lig verskaf.\u201d<\/p>\n<p>Daarby is ons binne \u2019n dekade byna ongemerk deur \u2019n ligrevolusie. Die gloeilampie en selfs die neonlig is in 2018 so te s\u00ea museumstukke. Onthou jy die Eskom-kragonderbrekings? In ons land was dit die laaste stootjie wat ons na <strong>LED-ligte<\/strong> laat oorskakel het. Ons het tuis en by die werk alle gewone ligte deur LED\u2019s vervang. Die gevolg is dat ons nou, buiten ons daaglikse dosis digitale blou lig van ons skerms af, vanaf ons algemene beligting tuis en by die werk nog \u2019n groot skoot blou lig ontvang. Waar jy nou ook al gaan, is jy dag \u00e9n nag deur blou lig omring. En nog meer, as jy \u2019n naguil of skofwerker is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Waar jy nou ook al gaan, is jy dag \u00e9n nag deur blou lig omring<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Celia S\u00e1nchez-Ramos, Spaanse navorser wat sedert die jare tagtig op blou lig en sig werk, noem hierdie moderne grootskaalse blouligblootstelling \u201cligbesoedeling\u201d. En dikwels is die graad van blootstelling so omvattend dat sy glo dit kom op fototoksisiteit neer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moenie later \u2019n bloutjie loop nie<\/h4>\n<p>Die redes hoekom ons oorgeskakel het, is puik en bly geldig. LED-lampies hou immers drie tot tien keer langer en gebruik net 10% van die krag van die ouer generasie gloeilampe en skermbatterye.<\/p>\n<p>Maar ons moet ook die risiko\u2019s verstaan en bestuur, s\u00ea Inge Loubser, oogkundige by Mellins in Bloemfontein.<\/p>\n<p>\u201c<strong>UV-lig<\/strong>, wat blou lig insluit, is die deel van die ligspektrum met korter golflengtes, wat ook beteken dat hierdie kleur ligstrale meer energie oordra &#8211; en dat dit skade kan doen.<\/p>\n<p>\u201cOns weet dat jou ooglens UV-lig \u2018vang\u2019 en keer dat dit dieper in die oog kan inkom. Maar jou ooglens kan nie die blou deel van lig keer nie. Dit kan dus tot op die agterste deel van jou oog (die retina) deurdring.<\/p>\n<p>\u201cOns weet lankal dat UV-lig katarakte op die ooglens veroorsaak. Net soos UV-lig die ooglens beskadig, beskadig blou lig jou retina.<\/p>\n<p>\u201cOns dink dit veroorsaak makul\u00eare degenerasie van die retina. Hierdie soort skade is permanent en onomkeerbaar. Katarakte weens UV-skade word vandag maklik reggestel \u2013 as jy dit kan bekostig. Maar daar is geen raad vir skade aan die retina nie.\u201d<\/p>\n<p>Die nuwe siening is gegrond op deurbraakwerk van dr. S\u00e1nchez-Ramos en haar span van die Complutense de Madrid-universiteit. In een van hul talle ondersoeke is retinaselle 36 uur lank aan LED-lig blootgestel om te kyk of dit die selle aantas. Hulle het verwag dat van die selle sal sterf. Die uitslag was \u2019n lelike verrassing: blou lig het 93% van die selle gedood. Maar as \u2019n skerm wat blou lig uitfiltreer tussen die LED-lig en die selle geplaas word, het 90% van die selle goed oorleef. Die logiese afleiding is dat LED-lig die retina onomkeerbaar sal beskadig, terwyl blouligfilters die oog uitstekend beskerm.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die logiese afleiding is dat LED-lig die retina onomkeerbaar sal beskadig, terwyl blouligfilters die oog uitstekend beskerm<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar geen mens gaan 36 uur lank op \u2019n kort afstand na \u2019n LED-lig staar nie?<\/p>\n<p>Toegegee. Daarom word wyd aanvaar dat LED-lig veilig is, s\u00ea sy. Maar wat van die skade wat bietjie vir bietjie oor dekades opbou?<\/p>\n<p>Ons wat op rekenaars werk, weet dat ons aan die einde van elke werksdag ses, sewe en selfs meer uur op minder as 50 cm na ons rekenaarskerms staar.<\/p>\n<p>Dr. S\u00e1nchez-Ramos skat dat ons o\u00eb gemiddeld 6 000 uur per jaar oop is, waarvan die meeste daarvan in LED-lig is.<\/p>\n<p>Sy meen blou lig sal nie binne \u2019n dag of wat skade doen nie. \u201cMaar niemand weet hoe ons retinale selle n\u00e1 \u2019n dekade of twee, drie gaan lyk nie, want niemand in die w\u00eareld se hele bestaan is al so intensief aan blou lig blootgestel nie.\u201d<\/p>\n<p>Beleidmakende liggame soos die EU se Scientific Committee: Effects of Blue Light, gee ook toe dat blou lig ons o\u00eb kan be\u00efnvloed maar s\u00ea daar is nog nie sterk bewyse daarvoor in mense nie.<\/p>\n<p>Hoe ook al, totdat ons meer duidelikheid het, is blouligfilters niks minder as verstandige voorsorg nie.<\/p>\n<p>\u201cOns s\u00ea al baie lank jy moet \u2019n sonbril buite dra wat UV-lig en blou uitskakel,\u201d s\u00ea Inge. \u201cWat nou bykom, is skermblootstelling. Ons moet almal daarmee \u00f3\u00f3k \u2019n plan maak.<\/p>\n<p>\u201cAl verskaf \u2019n UV-beskermende sonbril presies die regte soort beskerming, werk dit nie vir die kantoor of saans tuis voor die TV nie. Daarvoor het jy nou jou eie digitale brilletjie nodig \u2013 selfs al kan jy uitstekend sien.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: left;\">Soorte blouligfilters<\/h4>\n<p>Gelukkig het jy \u2019n paar opsies:<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Verstel jou digitale skerms<\/strong><br \/>\nBaie selfone, tablette en rekenaarskerms het nou \u2019n skermstelling wat blou lig saans uitfiltreer. Soek by <em>Settings<\/em> en skakel <em>night shift<\/em> of <em>night mode<\/em> aan. Hulle sal jou saans beskerm \u2013 hoewel jou huisligte steeds blou lig uitstraal.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Laai \u2019n bloulig-app af<\/strong><br \/>\nDie meeste is gratis, soos f-lux, Blue Light Filter for Eye Care, EyePro Blue Light Filter en Blue Light Filter Night Mode. Maar \u2019n mens weet nie hoe doeltreffend hulle is nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Sit \u2019n bloufilterlagie by jou bril<\/strong><br \/>\nJacques s\u00ea hierdie lagie kos sowat R1 200 vir twee lense.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Kry \u2019n digitale brilletjie<\/strong><br \/>\nWat as jy perfek sien en sonder bril lees en werk? Die bloufilter-rekenaarbril of -nie-leesbril is perfek saans tuis en op kantoor wanneer jy rekenaarwerk doen. Hulle filtreer blou lig uit, sonder om te vergroot of te verklein. Te kry by vooraanstaande optometriste en groot takke van Clicks.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Het jy \u2019n bril vir jou uitrusting?<\/h4>\n<p>Jy kies soggens jou skoene, handsak en juweliersware met oorleg. Maar wat van \u2019n bril? As jy katarakte en onherstelbare swak sig wil keer, het jy minstens tw\u00e9\u00e9 brille nodig: een goeie sonbril om op pad en buite te dra, plus een bril wat blou lig uitfiltreer, vir rekenaarwerk op kantoor en ook om saans blou lig van jou digitale skerms en huis se LED-ligte uit te filtreer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Aandbril vir slaaploses?<\/h4>\n<p>Daardie dosis blou lig van ons huisligte en rekenaarskerms kan die rede wees waarom baie van ons sukkel om aan die slaap te raak.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/6-slaapprobleme-6-oplossings\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ook: 6 slaapprobleme, 6 oplossings<\/a><\/p>\n<p>Moeder Natuur gebruik blou lig om jou dag\/nagritme aan en af te skakel, verduidelik Inge. \u201cEen van jou slaap\/wakker neuroskakelaars is <strong>melatonien<\/strong>. Dit is hoog snags wanneer jy moet slaap, en laag bedags wanneer jy op en wakker moet wees.<\/p>\n<p>\u201cBlou lig is die knoppie wat melatonien letterlik soos \u2019n ligskakelaar aan- en afskakel. Soggens as die son opkom en blou lig volop is, verminder dit jou melatonienvlak. Van jou brein tot jou gemoed en metabolisme word \u2018wakker\u2019 en jy kan op jou beste werk. Daar is selfs navorsing wat wys dat mense wat by die werk aan blou lig blootgestel is, produktiewer is.<\/p>\n<p>\u201cSaans, wanneer die son sak en die blou lig uit ons omgewing verdwyn, hou dit op om ons melatonienvlak te onderdruk, wat dan styg tot daar genoeg is om jou vaak te maak.\u201d<\/p>\n<p>Dit werk uitstekend. Of dit h\u00e9t. Noudat ons aande omsit voor ons LED-TV\u2019s, skootrekenaars en Kindles, verloor ons die boodskap dat dit afskakeltyd is.<\/p>\n<p>\u2019n Oordosis blou lig saans word ook aan slaaponderbreking gekoppel. Een ondersoek wys dat mense wat saans net aan rooi lig blootgestel is gemiddeld 4,5 keer wakker word, terwyl mense wat aan blou lig blootgestel is gemiddeld 6,7 &#8211; 7,6 keer wakker word. Hulle voel ook die volgende dag moe\u00ebr en minder goed as di\u00e9 wat die vorige aand aan rooi lig blootgestel was.<\/p>\n<p>Gelukkig hoef ons digitale generasie nie af te skakel nie. Ons kan bloot van sononder af \u2019n aandbril dra en so ons liggaam op koers hou.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/digitale-detoks-hoekom-en-hoe\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ook: Digitale detoks &#8211; hoekom en hoe?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Het jy al jou eie digitale bril? Dit is nie net \u2019n gier nie, eerder \u2019n moet. Hier is die redes. <\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":92269,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[6357,23664,37758,39560,45213,1166,2888],"class_list":["post-92266","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-digitaal","tag-health","tag-technology","tag-glasses","tag-digital","tag-tegnologie","tag-brille"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Beskerm jou o\u00eb teen blou lig | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Het jy al jou eie digitale bril? Dit is nie net \u2019n gier nie, eerder \u2019n moet. Hier is die redes.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Het jy al jou eie digitale bril? Dit is nie net \u2019n gier nie, eerder \u2019n moet. Hier is die redes.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-02-23T08:13:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Digitale-bril.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig\",\"datePublished\":\"2018-02-23T08:13:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/\"},\"wordCount\":1469,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Digitale-bril.jpg\",\"keywords\":[\"digitaal\",\"health\",\"technology\",\"glasses\",\"digital\",\"tegnologie\",\"brille\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/\",\"name\":\"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Digitale-bril.jpg\",\"datePublished\":\"2018-02-23T08:13:59+00:00\",\"description\":\"Het jy al jou eie digitale bril? Dit is nie net \u2019n gier nie, eerder \u2019n moet. Hier is die redes.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Digitale-bril.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Digitale-bril.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1000,\"caption\":\"Foto: ALOTOFPEOPLE \\\/ istock images\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig | rooi rose","description":"Het jy al jou eie digitale bril? Dit is nie net \u2019n gier nie, eerder \u2019n moet. Hier is die redes.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig | rooi rose","og_description":"Het jy al jou eie digitale bril? Dit is nie net \u2019n gier nie, eerder \u2019n moet. Hier is die redes.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-02-23T08:13:59+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1000,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Digitale-bril.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig","datePublished":"2018-02-23T08:13:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/"},"wordCount":1469,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Digitale-bril.jpg","keywords":["digitaal","health","technology","glasses","digital","tegnologie","brille"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/","name":"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Digitale-bril.jpg","datePublished":"2018-02-23T08:13:59+00:00","description":"Het jy al jou eie digitale bril? Dit is nie net \u2019n gier nie, eerder \u2019n moet. Hier is die redes.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Digitale-bril.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Digitale-bril.jpg","width":1000,"height":1000,"caption":"Foto: ALOTOFPEOPLE \/ istock images"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beskerm-jou-oe-teen-blou-lig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Beskerm jou o\u00eb teen blou lig"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92266","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=92266"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92266\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/92269"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=92266"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=92266"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=92266"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}