{"id":92035,"date":"2018-02-21T10:07:50","date_gmt":"2018-02-21T08:07:50","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=92035"},"modified":"2018-02-21T11:47:14","modified_gmt":"2018-02-21T09:47:14","slug":"boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/","title":{"rendered":"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot"},"content":{"rendered":"<p>Versorg deur Mariette Snyman. Hooffoto\u00a0<a href=\"https:\/\/www.freepik.com\/free-photo\/happy-laughing-baby-girl_1474477.htm\">Freepik<\/a><\/p>\n<p>\u201cJy is so gelukkig soos jou ongelukkigste kind\u201d, lui die spreekwoord. Wel, jou\u00a0kind\u00a0kom nie\u00a0met \u2019n\u00a0handboek\u00a0in die w\u00eareld\u00a0nie,\u00a0en\u00a0jy\u00a0kry\u00a0geen\u00a0opleiding\u00a0of kwalifikasies in kinders grootmaak nie.<\/p>\n<p>Dalk weet\u00a0jy\u00a0net\u00a0jy\u00a0wil\u00a0nie\u00a0jou\u00a0kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie\u00a0 seker\u00a0wat die\u00a0beste\u00a0manier is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">Baie\u00a0ouers\u00a0weet\u00a0nie\u00a0hoe\u00a0belangrik\u00a0hul woorde\u00a0en\u00a0gedrag\u00a0vir \u2019n kind\u00a0se breinontwikkeling\u00a0is\u00a0nie.\u00a0Hulle\u00a0besef\u00a0nie\u00a0dat\u00a0ons\u00a0vandag\u00a0met\u00a0ons\u00a0kennis\u00a0van neurowetenskap, verstandelike en\u00a0emosionele\u00a0intelligensie\u00a0ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige\u00a0en\u00a0positiewe\u00a0mense\u00a0te\u00a0wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: left;\">In sy boek \u2019<em>n Gelukkige Kind: Bemagtig jou kind om positief te dink<\/em> (Lux Verbi, 2018, voorgestelde prys R225) begelei dr.\u00a0Pieter\u00a0van\u00a0Jaarsveld\u00a0jou\u00a0deur\u00a0goed\u00a0begronde\u00a0navorsing\u00a0om\u00a0jou\u00a0kind\u00a0se\u00a0brein te verstaan en\u00a0dit\u00a0van\u00a0vroeg\u00a0af\u00a0reg\u00a0te\u00a0bedraad\u00a0met\u00a0oefeninge\u00a0en speletjies\u00a0sodat\u00a0jou\u00a0kind \u2019n gelukkige, gebalanseerde\u00a0en\u00a0florerende\u00a0grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie\u00a0te ontwikkel\u00a0en\u00a0hoe\u00a0om\u00a0dissipline\u00a0aan\u00a0te\u00a0pak.<\/p>\n<div id=\"attachment_92042\" style=\"width: 267px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-92042\" class=\" wp-image-92042 alignleft\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/pieter-1.jpg\" alt=\"boekuittreksel-maak-gelukkige-kind-groot-pieter-van-jaarsveld\" width=\"257\" height=\"373\" \/><p id=\"caption-attachment-92042\" class=\"wp-caption-text\">Dr. Pieter van Jaarsveld<\/p><\/div>\n<h4>Oor die skrywer<\/h4>\n<p>Dr.\u00a0Pieter\u00a0\u00a0van\u00a0Jaarsveld\u00a0is \u2019n kenner\u00a0op\u00a0die\u00a0gebied\u00a0van\u00a0emosionele\u00a0intelligensie\u00a0en positiewe\u00a0denke. Hy werk\u00a0plaaslik\u00a0en\u00a0internasionaal\u00a0as\u00a0konsultant\u00a0vir\u00a0\u00a0leierskapontwikkeling\u00a0in die sakew\u00eareld. Hy\u00a0het twee\u00a0meestersgrade\u00a0(in\u00a0Sielkunde\u00a0en\u00a0Teologie)\u00a0en \u2019n doktorsgraad vir sy tesis oor die selfdunk en eiewaarde\u00a0van\u00a0mense.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Pieter beantwoord sewe vrae<\/h4>\n<p><strong>Jy is self \u2019n ouer en oupa. Hoe ervaar jy dit?<\/strong><\/p>\n<p>Ek dink ouerskap is \u2019n wonderlike voorreg. Lewe \u2019n mens nie maar op die ou end net vir hulle nie? Nie dat ek daarmee bedoel dat jy nie meer self jou lewe moet geniet nie, maar hulle is tog \u2019n kosbare geskenk. Net jammer hulle is uit \u2019n mens se huis maar nooit uit jou sak nie (lag). En dan natuurlik die kleinkinders. Wow. Dit is inderdaad God se geskenk aan ouer mense. As mens tog maar net die geduld wat jy met jou kleinkinders het, met jou eie kinders gehad het.<strong>\u00a0<\/strong><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kon jy dit regkry om gelukkige kinders groot te maak?<\/strong><\/p>\n<p>Ek is bevoorreg om twee wonderlike kinders, Janke en Pieter-Paul, te h\u00ea wat werklik gelukkige kinders is en gelukkig getroud is. Alhoewel ek \u2019n boek \u201cGee jou kind selfvertroue\u201d geskryf het toe hulle klein was, moet ek eerlik wees en my nie daarop beroem dat hulle slegs deur ons toedoen gelukkig is nie. Dit is grootliks genade. Ek weet van soveel wonderlike ouers, baie beter as ek, wie se kinders die pad byster geraak het. Ek besef dus baie goed jy moet maar net jou bes probeer, maar die resultate is nie altyd gewaarborg nie. Soos jy ouer word, besef jy al meer die wonderlike invloed van so baie mense op jou kinders se lewens. Mens moet nooit die wonderlike impak van toegewyde onderwysers vergeet nie. Hulle kry nooit genoeg krediet vir hulle aandeel nie.<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat het aanleiding gegee tot die nuwe boek<\/strong>?<\/p>\n<p>Mense van regoor die w\u00eareld glo geluk as die nommer een behoefte. Baie ouers het, nadat ek \u201cDink jouself gelukkig\u201d gepubliseer het, gevra hoe hulle hul kinders gelukkig moet grootmaak. Daar is tans baie meer klem op die ontwikkeling en bedrading van die brein en hoe ongelooflik belangrik dit in die ontwikkeling van \u2019n kind is. Dit is iets waarvan die meeste ouers nie eens bewus is nie. Toe ons kinders groot gemaak het, het ons niks van die brein geweet nie, allermins dat \u2019n ouer \u2019n invloed daarop het. Tog kan \u2019n ouer se hantering van sy kind in der waarheid sy brein maak of breek.<\/p>\n<p>Ek het self geweldig baie geleer in my navorsing oor hoe die ouer die kind se brein positief en gelukkig kan bedraad. Iets waarvan ons 5-10 jaar gelede niks geweet het nie. Om eerlik te wees, min boeke gee aandag daaraan.<\/p>\n<p>Ek het dus besef hier is \u2019n belangrike leemte wat so spoedig moontlik gevul moes word.<\/p>\n<p>Ek begin dan ook die boek met wat die ouer moet doen om \u2019n emosioneel intelligente ouer te wees. Woorde wek, maar voorbeelde trek. Die tweede hoofstuk hanteer spesifieke aktiwiteite wat die ouer kan doen om \u2019n gelukkige en emosioneel intelligente kind groot te maak. En natuurlik, die groot kopseer vir baie ouers is hoe jy jou kind dissiplineer. In die laaste hoofstuk gee ek aandag aan hoe om op \u2019n emosioneel intelligente wyse jou kind te dissiplineer sodat hy nog steeds gelukkig en positief kan wees, want ek dink daar is \u2019n groot behoefte aan riglyne in hierdie verband.<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat as lesers se kinders al volwasse is &#8211; is dit te laat om die wysheid in die boek hul eie te maak?<\/strong><\/p>\n<p>As \u2019n mens na die nuutste navorsing kyk, dan besef jy die brein is eers teen die middel twintigs ten volle ontwikkel. Wanneer is \u2019n kind dan nou regtig volwasse? Die boek is so geskryf dat dit vir die ouer self ook van nut kan wees omdat ek deurgaans die ouer aanmoedig om eers self gelukkig en positief te word, voordat hy dit op die kind kan toepas. Dit is mos nou eenmaal so dat \u2019n mens nie van alle aktiwiteite gaan hou nie en moet kies wat by jou pas. Die boek sal dus nie net die volwasse kind help nie, maar ek hoop ook vir die ouer self.<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vertel ons meer van beskrywende lof en beskrywende kritiek. <\/strong><\/p>\n<p>Ons weet al vir dekades dat ons die kind moet prys as hy iets goeds doen om sy selfbeeld te bou, maar ons het dit so vreeslik verkeerd gedoen. Ons het gedink woorde soos: \u201cJy is fantasties, die slimste, vriendelikste, vrolikste kind\u201d sal die w\u00eareld se verskil maak. Bly liewer weg van hierdie \u2018ste\u2019-agtervoegsels want dit doen soms meer kwaad as goed. Hierdie soort lof is eenvoudig net te vaag.<\/p>\n<p>Met <strong>beskrywende lof<\/strong> word bedoel jy sien wat die kind doen en s\u00ea dan presies waarom dit goed en aanvaarbaar en nie verkeerd is nie. Kom ons neem \u2019n voorbeeld: \u201cJy eet pragtig\u201d, maar wat beteken dit nou eintlik? Beter sal wees: \u201cEk is so bly om te sien jy eet jou kos sonder om daaroor te kla\u201d. Nou verstaan die kind wat hy <em>doen<\/em> is goed. Of: \u201dEk is so bly om te sien hoe mooi julle met die Lego\u2019s speel sonder om mekaar s\u2019n te gryp\u201d. Die klem val dus op die doen. Dit is beter om oordrewe woorde soos \u201congelooflik\u201d, \u201cwonderlik\u201d en \u201cfantasties\u201d te vermy.<\/p>\n<p>Hoe graag sal ons nie net ons kind wil prys nie, maar ongelukkig is hulle nog nie engeltjies nie en moet jy kritiseer ook. Kom ons neem \u2019n vierjarige kind wat aan sy ma pluk terwyl die ma oor die foon met haar eie ma praat. As sy vir die kind sou s\u00ea: \u201cJy is irriterend en stop dit nou dadelik!\u201d is dit heel duidelik nie goed vir die selfbeeld nie, maar hoe dan nou tog?<\/p>\n<p>Dit is goed om vir die kind jou <em>eie gevoel<\/em> oor die situasie te gee en dan wat <em>hy verkeerd gedoen<\/em> het. Nou val die klem op die daad van die kind en nie op homself en sy selfbeeld nie. So, die ouer kon s\u00ea: \u201cEk is regtig kwaad (<em>gevoel)<\/em> as jy aan my pluk <em>(daad)<\/em> want nou kan ek nie konsentreer op wat ouma s\u00ea <em>nie (gevolg van die daad wat nie altyd nodig is om uit te wys nie<\/em>).\u201d<\/p>\n<p>Kom ons neem nog \u2019n voorbeeld: &#8220;Jy is regtig stout! Hoeveel keer moet ek nog s\u00ea dat jy moet vra voordat jy my iPad vat!\u201d Jy kan dus die volgende elemente in jou beskrywende kritiek insluit: Hoe jy voel, wat het hy verkeerd gedoen, die uitwerking op ander en wat die kind eintlik moes gedoen het alhoewel die laaste nie altyd nodig is nie. Jy kan dus s\u00ea: \u201cEk is vies omdat jy my iPad gebruik het sonder om te vra (<em>jou gevoel en die verkeerde daad<\/em>). Nou het ek \u2019n halfuur gemors deur daarvoor te soek. As jy gevra het of jy dit kon gebruik, sou ek geweet het waar dit was\u201d (<em>wat hy eintlik moes gedoen het en die effek op ander<\/em>).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kan jy vir ons \u2019n voorbeeld gee van \u2019n speletjie wat \u2019n kind se brein reg kan bedraad?<\/strong><\/p>\n<p>Ek het speletjies en aktiwiteite in die boek gesit wat die kind kan leer om die brein reg te bedraad, om spesifieke gedrag, vaardighede of emosies aan te leer en wat terselfdertyd tot pret kan lei. \u2019n Belangrike tegniek om die brein reg te bedraad is die beginsel van neuroplastisiteit. Dit beteken elke gedagte wat oor en oor herhaal word en op \u2019n gefokusde manier deur die brein gaan, verander die bedrading van die brein. \u2019n Speletjie hiervoor is waar die ouer en die kind \u2019n bewertjie (<em>mobile<\/em>) maak en positiewe stellings daarop sit wat die kind gereeld kan lees en sodoende die brein positief kan bedraad. Daar gaan daagliks 60,000 gedagtes deur \u2019n mens se brein waarvan 70% negatief is. Hierdie toestand maak jou nie net negatief nie, maar veroorsaak stres en maak jou siek. Op hierdie speelse manier leer die kind van jongs af hoe om sy brein positief te bedraad.<strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat is jou wens vir die kinders van die w\u00eareld?<\/strong><\/p>\n<p>Dat hulle as gelukkige en positiewe kinders sal grootword wat nie net alleen suksesvol sal wees in hul verhoudinge nie, maar ook beter presteer op skool en in die lewe, dat hulle ook gesonder sal wees en les bes, langer leef.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-92044 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Gelukkige-Kind-high-res1.jpg\" alt=\"boekuittreksel-maak-gelukkige-kind-groot-voorblad-gelukkige-kind\" width=\"288\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Lees hierdie kort uittreksel uit \u2019<em>n Gelukkige Kind: Bemagtig jou kind om positief te dink<\/em><\/h4>\n<p><em>Neuroplastisiteit en biologiese veranderinge<\/em><\/p>\n<p>Dit is waar dat \u2019n groot deel van ons gedrag geneties vasgel\u00ea is (ons het dit van ons voorouers ge\u00ebrf). Dit hoef ons egter nie te verdoem nie. Die nuutste navorsing in die veld van epigenetika (die studieveld wat handel oor die verband tussen die omgewing en die individu se gene) wys daarop dat ons ons gene, \u00e9n ons breinselle, kan verander.<\/p>\n<p>Een van die wonderlikste ontdekkings die afgelope tyd gaan juis oor die neuroplastisiteit van die brein. Dit beteken die brein kan verander word. In lekker Afrikaans, die brein kan wel herbedraad word. Neuroplastisiteit word beskryf as \u201cthe ability to rewire and create new neural circuits at any age to make substantial changes in quality of your life\u201d. \u201cNerve cells that fire together, wire together.\u201d<\/p>\n<p>Jy kan dus \u2019n veranderde mens word!<\/p>\n<p>Die wonderlike implikasie hiervan vir jou, en jou kind, is: Enige gedagte wat herhaaldelik op \u2019n gefokusde manier deur jou brein gestuur word, verander die bedrading van jou brein.<\/p>\n<p>Kom ons kyk eers na negatiewe gedagtes. As jy gedurig vir jouself sou s\u00ea: \u201cEk is moeg,\u201d laat jy, in eenvoudige terme gestel, letterlik \u201cEk is moeg\u201d-breinselle in jou brein groei. Jou liggaam reageer hierop deur chronies moeg te wees.<\/p>\n<p>Dink dan net wat kan gebeur as jy elke dag vir jouself sou s\u00ea: \u201cEk is \u2019n gelukkige ouer en net goeie dinge gaan vandag met my gebeur.\u201d S\u00f3 bou jy aan jou brein om \u2019n gelukkige ouer te word.<\/p>\n<p>Positiewe gedagtes is \u2019n magtige wapen wat jy moet gebruik om goeie \u201cpaaie\u201d in jou kind se brein vas te l\u00ea en s\u00f3 \u2019n gelukkige kind groot te maak.<\/p>\n<p>Begin sommer met hierdie eerste uitdaging en s\u00ea elke dag vir jouself: \u201cEk is \u2019n baie gelukkige ouer en wil net die beste vir my kind gee sodat hy gelukkig kan wees.\u201d Dink nou al wat wil jy elke dag in jou kind se brein programmeer.<\/p>\n<p>Soos ek reeds ges\u00ea het, is een van die grootste uitdagings van \u2019n ouer om van die bykans 70% negatiewe gedagtes ontslae te raak. Jou negatiwiteit be\u00efnvloed immers:<\/p>\n<ul>\n<li>jouself<\/li>\n<li>jou gesondheid<\/li>\n<li>ander mense<\/li>\n<li>\u00e9n jou kind<\/li>\n<\/ul>\n<p>Daar is verskeie redes waarom ons gedagtes byna 70% negatief is. Dit het onder meer te doen met ons ingeboude vlug-veg-of vries-respons. Ek wil nou egter eerder fokus op die invloed van die mense rondom jou op jou. Dit sal jou help om nie net jouself te verstaan nie, maar ook die impak wat jy en ander mense op jou kind het.<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"http:\/\/nb.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">nb.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kennis van verstandelike en emosionele intelligensie en die neurowetenskap kan ons help om positiewe, vervulde kinders groot te maak. Dr. Pieter van Jaarsveld beskryf in sy nuwe boek hoe om dit te doen.<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":92158,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[24093,24736,150,834,1027,1393,4159,23444],"class_list":["post-92035","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-wellbeing","tag-family","tag-ouers","tag-kinders","tag-boeke","tag-books","tag-familie","tag-parenting"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Gelukkige kinders maak hul ouers gelukkiger. In sy boek \u201c\u2019n Gelukkige kind\u201d beskryf dr. Pieter van Jaarsveld hoe om \u2019n gelukkige kind groot te maak.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gelukkige kinders maak hul ouers gelukkiger. In sy boek \u201c\u2019n Gelukkige kind\u201d beskryf dr. Pieter van Jaarsveld hoe om \u2019n gelukkige kind groot te maak.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-02-21T08:07:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-02-21T09:47:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"741\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot\",\"datePublished\":\"2018-02-21T08:07:50+00:00\",\"dateModified\":\"2018-02-21T09:47:14+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/\"},\"wordCount\":2062,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg\",\"keywords\":[\"wellbeing\",\"family\",\"ouers\",\"kinders\",\"Boeke\",\"books\",\"familie\",\"parenting\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/\",\"name\":\"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg\",\"datePublished\":\"2018-02-21T08:07:50+00:00\",\"dateModified\":\"2018-02-21T09:47:14+00:00\",\"description\":\"Gelukkige kinders maak hul ouers gelukkiger. In sy boek \u201c\u2019n Gelukkige kind\u201d beskryf dr. Pieter van Jaarsveld hoe om \u2019n gelukkige kind groot te maak.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/02\\\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg\",\"width\":1000,\"height\":741,\"caption\":\"Foto: www.freepik.com\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot | rooi rose","description":"Gelukkige kinders maak hul ouers gelukkiger. In sy boek \u201c\u2019n Gelukkige kind\u201d beskryf dr. Pieter van Jaarsveld hoe om \u2019n gelukkige kind groot te maak.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot | rooi rose","og_description":"Gelukkige kinders maak hul ouers gelukkiger. In sy boek \u201c\u2019n Gelukkige kind\u201d beskryf dr. Pieter van Jaarsveld hoe om \u2019n gelukkige kind groot te maak.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-02-21T08:07:50+00:00","article_modified_time":"2018-02-21T09:47:14+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":741,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot","datePublished":"2018-02-21T08:07:50+00:00","dateModified":"2018-02-21T09:47:14+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/"},"wordCount":2062,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg","keywords":["wellbeing","family","ouers","kinders","Boeke","books","familie","parenting"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/","name":"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg","datePublished":"2018-02-21T08:07:50+00:00","dateModified":"2018-02-21T09:47:14+00:00","description":"Gelukkige kinders maak hul ouers gelukkiger. In sy boek \u201c\u2019n Gelukkige kind\u201d beskryf dr. Pieter van Jaarsveld hoe om \u2019n gelukkige kind groot te maak.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/Gelukkige-kind-wat-lag.jpg","width":1000,"height":741,"caption":"Foto: www.freepik.com"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/boekuittreksel-maak-n-gelukkige-kind-groot\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Boekuittreksel: Maak \u2019n gelukkige kind groot"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92035","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=92035"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92035\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/92158"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=92035"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=92035"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=92035"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}