{"id":90772,"date":"2023-12-12T19:31:39","date_gmt":"2023-12-12T17:31:39","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=90772"},"modified":"2023-12-12T19:34:36","modified_gmt":"2023-12-12T17:34:36","slug":"die-pad-na-selfhernuwing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/","title":{"rendered":"Die pad na selfhernuwing"},"content":{"rendered":"<p>Dit was doodeenvoudig. Die lewe het gebeur.<\/p>\n<p>\u201cVuiste vol daarvan, en in \u2019n baie kort tyd. Ek kon myself nie meer verweer en die houe wegkeer nie. Jy is die een oomblik nog besig om weer die veters van jou bokshandskoene vas te ryg sodat jy jou teen die lewe kan beskerm, dan kom die volgende houe, di\u00e9 keer van ver buite die periferie van jou sielsoog.<\/p>\n<p>\u201cEn daar wieg jy dan, al kopskuddend en jy probeer so hard; jy probeer s\u00f3 verskriklik hard, om net \u2019n bietjie van jou fokus terug te kry &#8230; \u201d<\/p>\n<p>S\u00f3 het ek in Desember 2013 geskryf oor hoe die lewe my pap geslaan het en ek, gesig eerste, op die grond beland het. En daarna in Denmar.<\/p>\n<p>Maar hoe kom \u2019n mens weer terug? Hoe <em>reinvent<\/em> of herskep jy jouself? Hoe hervestig jy jouself in jou s\u00e9lf, maar ook in die o\u00eb van jou vriende, familie en ander mense wat jy in jou \u201cmal tyd\u201d te na gekom het?<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Hoe hervestig jy jouself in jou s\u00e9lf, maar ook in die o\u00eb van jou vriende, familie en ander mense wat jy in jou \u201cmal tyd\u201d te na gekom het?<\/em><\/h4>\n<p>Ek bedoel daar het vreeslike goed gebeur terwyl ek so met my gesig op die grond gel\u00ea het. Op my man se boekbekendstelling was ek getrek op pille en wyn en dit terwyl ek die onderhoudvoerder was \u2013 onnodig om te s\u00ea dit het glad nie glad verloop nie. Ek het op \u2019n verhoog aan die slaap geraak, of in \u2019n sone van onbewussyn ingeglip by \u2019n gedigte-gedoente op die Woordfees in 2011; ek het my vriende se diep geheime sommer aan almal uitgeblaker &#8230; Die lys is gruwelik aaklig en gruwelik lank. Dit was asof daar \u2019n rukkie lank \u2019n ander mens in my kop kom bly het, en dit was regtig nie \u2019n aangename mens nie. Kortom: ek was verlore.<\/p>\n<p>Maar ek was, of is, darem nie alleen nie. Dit het al met talle mense, bekendes en gewones, gebeur. Trouens, een van my vriende &#8230; of wag, netnou skinder ek weer.<\/p>\n<p>Een van die beste voorbeelde van iemand wat boaan die leer was, lelik afgetuimel het tot heel onder en uiteindelik weer suksesvol opgestaan het, is die akteur <strong>Robert Downey Jr.<\/strong>, bekend vir sy rolle as Tony Stark in <em>Iron Man<\/em> en die titelkarakter in Guy Ritchie se supersuksesvolle <em>Sherlock Holmes<\/em>-reeks.<\/p>\n<p>Downey se verhaal is byna ongelooflik \u2013 as jong akteur het hy ho\u00eb verwagtinge geskep en was selfs geoormerk om \u201ceen van die grootstes van sy generasie\u201d te word. Maar selfs t\u00f3\u00e9 al het hy meer as een keer aan die verkeerde kant van die wet en die norme van ordentlikheid beland.<\/p>\n<p>Hy het in die laat jare negentig geheel en al beheer oor sy lewe verloor, hom aan drank en dwelms oorgegee en is selfs in 1999 drie jaar tronkstraf opgel\u00ea omdat hy sy paroolooreenkoms op \u2019n vorige aanklag verbreek het.<\/p>\n<p>In \u2019n stadium is hy voorgekeer terwyl hy sonder klere, met \u2019n gelaaide geweer en hoog en dronk op die hoofweg voortgesnel het. By \u2019n ander geleentheid het hulle hom gekry waar hy in \u2019n fetusposisie (weer eens sonder klere en vol verdowingsmiddels) tussen die asblikke agter sy hotel l\u00ea.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Kyk, wanneer \u2019n mens van hoog af val, dan val jy v\u00e9r<\/em><\/h4>\n<p>\u201cEk het werklik alles verloor. My vrou, my kind, my selfrespek,\u201d het hy jare later erken. \u201cToe ek uiteindelik my kop skud en alles weer in fokus was, was dit asof ek uit \u2019n twintig jaar lange koma wakker geword het.\u201d<\/p>\n<p>Met die verfilming van <em>Gothika<\/em> het hy in \u2019n verhouding met die vervaardiger, Susan Levin, beland maar sy wou later niks met hom te doen h\u00ea nie &#8211; juis weens sy ander verhoudings: di\u00e9 met dwelms en drank. Dit het hom geskud.<\/p>\n<p>Kort daarna het hy op sy tipiese dramatiese wyse by \u2019n Burger King langs die pad gestop en al sy dwelms in die Stille Oseaan gegooi. Toe het hy \u2019n 12-punt plan gevolg om hom te help om van sy afhanklikheidsgewoontes ontslae te raak, begin mediteer en sedertdien nie weer aan enige sterk stimulante geraak nie. Vandag is hy met die einste Susan getroud, \u2019n toegewyde gesinsman en pa van \u2019n seun, Exton en \u2019n dogtertjie, Avri.<\/p>\n<p>Hy is ook onlangs aangewys as die grootste lokettrekpleister in die rolprentbedryf en die ongekroonde koning van die silwerdoek.<\/p>\n<p>Waar het die ommekeer begin?<\/p>\n<h4>Wat is daardie belangrikste, eerste stap op die reis na herstel wanneer jy jouself heeltemal verloor het?<\/h4>\n<p>\u201cDit begin daar waar jy aan jouself erken dat jy nou op die grond is. In die donkerste deel van \u2019n gat wat so diep is dat jy nie eens die blou lug daar bo kan sien nie.<\/p>\n<p>\u201cSo, spoeg die grond uit jou mond uit, sit regop en kyk deeglik na jouself,\u201d is die raad van <a href=\"https:\/\/jamesaltucher.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">James Altucher<\/a>, entrepreneur en skrywer van die topverkoper <em>How to Say No<\/em>.<\/p>\n<p>Om \u201cdeeglik na jouself te kyk\u201d, beteken heel moontlik dat jou eie grootste foute jou in die gesig moet staar. Dit behels onder meer dat jy herhaalde \u201cverkeerde gedrag\u201d moet raaksien en erken, slegte gewoontes moet identifiseer en \u2019n prentjie in jou kop moet vorm van hoe jy vir jouself, maar ook vir ander voorkom. Dit is gewoonlik nie \u2019n mooi prentjie nie.<\/p>\n<p><strong>Dit kan \u201ckleiner\u201d dinge wees:<br \/>\n<\/strong>Drink jy te veel wyn? Slaap jy te lank (of te min)? Praat jy te hard en te veel?<\/p>\n<p><strong>Of groter goed:<\/strong><br \/>\nIs jy onkeerbaar verslaaf aan stimulante \u2013 alkohol, pille, aandag, seks? Lieg jy heeltyd, selfs oor onnodige dinge. Skaam jou man\/vrou, familie of vriende hulle vir jou onvoorspelbare of goor optrede in geselskap?<\/p>\n<p>Hoe be\u00efnvloed jou gedrag jou interaksie met ander mense? Hou jy van daardie mens wat haarself so sleg gedra? Moeilike vrae, en nog moeiliker die antwoorde.<\/p>\n<h4>Die volgende stap is die reis na herstel en herskepping<\/h4>\n<p>Kan jy dit op jou eie aanpak?<\/p>\n<p>Die meeste kenners reken dis nie moontlik nie. \u2019n Mens het die hulp van vriende en familie nodig, hoewel die druk op hulle ook ondraaglik kan word \u2013 hulle is immers die mense wat waarskynlik die felste onder daardie optredes deurgeloop het. Soek eerder iemand wat professioneel en onbetrokke met jou kan werk en jou op daardie positiewe roete na selfherskepping kan bystaan. Kry iemand wat jou kan lei op \u2019n pad waar jy kan begryp wat jou in die eerste plek onder in die gat laat beland het en jou met selfkennis en insig kan toerus.<\/p>\n<p>Maar jy sal aktief aan di\u00e9 noodsaaklike proses moet deelneem.<\/p>\n<p>Jy kan nie net sit en verwag dat iemand anders jou moet <em>fix<\/em> nie &#8211; heling en nuutskepping kom van binne af.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Jy kan nie net sit en verwag dat iemand anders jou moet fix nie &#8211; heling en nuutskepping kom van binne af<\/em><\/h4>\n<p>Altucher reken die beste manier om jou sover te kry om die pad na selfvernuwing aan te durf, is om te leer om \u201cnee\u201d te s\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cS\u00ea nee vir alles wat jy nie eintlik wil doen nie. S\u00ea nee vir die goed wat jou seermaak, hetsy fisiek, emosioneel of geestelik. S\u00ea nee vir goed wat jou slaap, tyd, geld en vriende kos. Ons moet leer om nee te s\u00ea sodat ons die tyd en ruimte kan skep om ja te s\u00ea vir die dinge wat ons eintlik wil h\u00ea en wat ons bemagtig &#8230; \u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ook: Wees positief, leef langer<\/a><\/p>\n<p>Dr. Talia Marcheggiani, een van Altucher se studente, het haar eie stappe by di\u00e9 in sy seminale boek gevoeg: Herbedink jou verhoudings en vriendskappe: wie laat jou nie goed voel nie? Wie laat jou aan jouself twyfel? By wie ervaar jy verwerping wanneer jy net jouself in hul geselskap is? Retireer met grasie en distansieer jou van sulke verhoudings. Jy gaan \u2019n ruk lank alleen voel maar soms is alleenheid \u2019n goeie ding.\u201d<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Retireer met grasie en distansieer jou van sulke verhoudings. Jy gaan \u2019n ruk lank alleen voel maar soms is alleenheid \u2019n goeie ding<\/em><\/h4>\n<ul>\n<li>Raak ontslae van al die <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/leef-klottervry\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">klotter<\/a> in jou lewensruimte &#8211; al daardie rondstaangoed wat jou beknop en oorweldig laat voel.<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/om-in-die-stilte-te-beweeg\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Wees stil<\/a>, al is dit net vyf tot tien minute per dag.<\/li>\n<li>Raak weer <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lag-n-slag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">opgewonde<\/a> oor die goed wat jou as kind gefassineer het, selfs al is dit net \u2019n ou televisieprogram of \u2019n strokiesboek.<\/li>\n<li>Begin met \u2019n \u201c<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">dankbaarheidsbottel\/-boek<\/a>\u201d. Elke dag moet daar tog iets wees wat jou dankbaar maak, al is dit net omdat die son skyn. Of dit re\u00ebn. Of omdat daar kaas in die yskas is.<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-maniere-om-positief-te-bly\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees!<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/6-slaapprobleme-6-oplossings\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Slaap<\/a> minstens agt uur per nag.<\/li>\n<li>En ja, eet jou <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gesonde-spinasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">groente<\/a>, veral die groenes &#8230; Onthou daardie ou Spartaanse gesegde: \u2019n Gesonde liggaam huisves \u2019n gesonde gees.<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oefen-jouself-fiks-en-sterk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Oefen<\/a>, al gaan stap jy net om die blok.<\/li>\n<li>Sien om na jouself. <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspan-volgens-jou-persoonlikheid\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Pamperlang<\/a> jouself.<\/li>\n<li><strong>Doen iets kleins<\/strong> wat jou laat voel dat jy iets afgehandel het, soos skottelgoedwas.<\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/laat-gaan-en-word-vry\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Laat gaan<\/a> daardie dinge wat nie vir jou bestem is nie, soos vorige verhoudings, verlore kanse, die perfekte tydskrifhuis &#8230;<\/li>\n<li>En op laas, die belangrikste: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">vergewe jouself<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Elke mens (of die meeste mense) kom iewers in hul lewe op \u2019n plek waar hulle hul greep op die werklikheid verloor, of oorweldig word deur die lewe. Die graad van verlorenheid verskil miskien, maar die basis daarvan bly dieselfde.<\/p>\n<p>Ons is glad nie alleen wanneer ons ons op daardie plek van volslae gesigloosheid bevind nie.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Ons is glad nie alleen wanneer ons ons op daardie plek van volslae gesigloosheid bevind nie<\/em><\/h4>\n<p>Dit help ook geweldig om vir jou doelstellings te skep. Vra jouself af: \u201cHoe wil ek wees, gesien word, optree &#8230; wanneer ek uit hierdie gat gekruip het?\u201d Visualiseer dit. Dink na oor daardie gewoontes wat jy moet verander of heeltemal laat gaan om die mens te word wat jy eintlik wil wees. Doen dit.<\/p>\n<p>Hoe \u201chervestig\u201d jy jou weer tussen daardie mense wat jy teleurgestel het, hetsy familie, vriende of die publiek?<\/p>\n<p>Stadig, helaas.<\/p>\n<p>Begin van voor af, het ek geleer. Dis pynlik, dis alleen, dis bitter moeilik. Mense vergeet maklik dat jy jare lank \u2019n gesonde, gebalanseerde mens was sodra jy skielik die een sotlikheid na die ander begin aanvang.<\/p>\n<p>Jy kan verduidelik tot jy blou in die gesig is wat die redes daarvoor was. Dis net \u2019n nuwe manier van doen wat hulle sal oortuig.<\/p>\n<p>Niemand verander of herstel oornag nie. Daardie proses van selfherskepping kan selfs vyf jaar of langer duur, of in die geval van Robert Downey Jr., twintig jaar.<\/p>\n<p>Maar jy kan seker wees: Dit \u00eds moontlik om weer die beste mens te word wat jy kan wees.<\/p>\n<h4>Die 5-punt plan<\/h4>\n<p><strong>Stap 1<\/strong><br \/>\nErken aan jouself dat jy diep in die moeilikheid is en wil verander.<\/p>\n<p><strong>Stap 2<\/strong><br \/>\nSoek hulp en kry insig.<\/p>\n<p><strong>Stap 3<\/strong><br \/>\nWerk saam \u2013 iemand anders gaan jou nie heelmaak nie, jy moet ook daaraan werk.<\/p>\n<p><strong>Stap 4<\/strong><br \/>\nSkep vir jouself nuwe doelstellings \u2013 en visualiseer dit.<\/p>\n<p><strong>Stap 5<\/strong><br \/>\nMoenie haastig wees nie. Niemand verander of herstel oornag nie. Laat soveel as vyf jaar toe om die hele proses te voltooi.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kry-stres-jou-onder\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kry stres jou onder?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe herskep jy jouself as die lewe jou pap slaan en jy gesig eerste op die grond geval het? Hoe hervestig jy jou in die o\u00eb van die mense wat jy in jou \u2018mal tyd\u2019 te na gekom het? Deur Ronel Nel. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":141490,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[135,231,9910,23443,24093,27106,42869,42870],"class_list":["post-90772","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-verslawing","tag-positiwiteit","tag-relationships","tag-wellbeing","tag-abuse","tag-dankbaarheid","tag-gratitude"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die pad na selfhernuwing | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hoe herskep jy jouself as die lewe jou pap slaan? Hoe hervestig jy jou in die o\u00eb van die mense wat jy in jou \u2018mal tyd\u2019 te na gekom het? Lees hier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die pad na selfhernuwing | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe herskep jy jouself as die lewe jou pap slaan? Hoe hervestig jy jou in die o\u00eb van die mense wat jy in jou \u2018mal tyd\u2019 te na gekom het? Lees hier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-12-12T17:31:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-12-12T17:34:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1440\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Die pad na selfhernuwing\",\"datePublished\":\"2023-12-12T17:31:39+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-12T17:34:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/\"},\"wordCount\":1836,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"Verslawing\",\"positiwiteit\",\"relationships\",\"wellbeing\",\"abuse\",\"dankbaarheid\",\"gratitude\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/\",\"name\":\"Die pad na selfhernuwing | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-12-12T17:31:39+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-12T17:34:36+00:00\",\"description\":\"Hoe herskep jy jouself as die lewe jou pap slaan? Hoe hervestig jy jou in die o\u00eb van die mense wat jy in jou \u2018mal tyd\u2019 te na gekom het? Lees hier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1440},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-pad-na-selfhernuwing\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die pad na selfhernuwing\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die pad na selfhernuwing | rooi rose","description":"Hoe herskep jy jouself as die lewe jou pap slaan? Hoe hervestig jy jou in die o\u00eb van die mense wat jy in jou \u2018mal tyd\u2019 te na gekom het? Lees hier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die pad na selfhernuwing | rooi rose","og_description":"Hoe herskep jy jouself as die lewe jou pap slaan? Hoe hervestig jy jou in die o\u00eb van die mense wat jy in jou \u2018mal tyd\u2019 te na gekom het? Lees hier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-12-12T17:31:39+00:00","article_modified_time":"2023-12-12T17:34:36+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1440,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Die pad na selfhernuwing","datePublished":"2023-12-12T17:31:39+00:00","dateModified":"2023-12-12T17:34:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/"},"wordCount":1836,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg","keywords":["Verhoudings","Verslawing","positiwiteit","relationships","wellbeing","abuse","dankbaarheid","gratitude"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/","name":"Die pad na selfhernuwing | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg","datePublished":"2023-12-12T17:31:39+00:00","dateModified":"2023-12-12T17:34:36+00:00","description":"Hoe herskep jy jouself as die lewe jou pap slaan? Hoe hervestig jy jou in die o\u00eb van die mense wat jy in jou \u2018mal tyd\u2019 te na gekom het? Lees hier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/caroline-veronez-bbjmFMdWYfw-unsplash.jpg","width":1920,"height":1440},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-pad-na-selfhernuwing\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die pad na selfhernuwing"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90772","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=90772"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90772\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/141490"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=90772"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=90772"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=90772"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}