{"id":90645,"date":"2018-01-22T10:29:01","date_gmt":"2018-01-22T08:29:01","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=90645"},"modified":"2018-07-03T11:31:52","modified_gmt":"2018-07-03T09:31:52","slug":"nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/","title":{"rendered":"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal"},"content":{"rendered":"<p>Ek is maar redelik steeks en aweregs as dit kom by \u201cnuwe jaar, nuwe ek!\u201d-verklarings in die regte lewe en in die kuberruim.<\/p>\n<p>Met \u2019n nuwe jaar al drie weke op hande is dit vir my reeds en steeds \u2019n uitdaging om te onthou om die jaartal reg te skryf en die kinders op verskillende plekke \u2013 of dieselfde plekke &#8211; dankie tog vir wedersydse, genetiese begrip en\/of verwarring\u2026 &#8211; op en af te laai.<\/p>\n<p>Ek het regtig nie ooghare vir \u201cnuwe ek, nuwe watookal \u00e9n ooghare\u201d nie.<\/p>\n<p>Tog bewonder ek mense wat elke aanbreek van \u2019n nuwe jaar as nog \u2019n nuwe kans sien om d\u00edt te verander wat hulle wil.<\/p>\n<p>Daar is oefenprogramme, di\u00ebte, lewensstyle, verhoudings, loopbaanrigtings en wat nog wat in die visier is.<\/p>\n<p>As ek die veranderings nie so passief-aggressief op \u2019n afstand gade geslaan het nie, sou ek seker aan meeste wou deelneem \u2013 behalwe daai hardloopgedoente. Mens hardloop mos net vir oorlewing as \u2019n ongedierte jou jaag\u2026? En, dan vreet hy daai duur Asics-tekkies saam met jou op sonder om die verskil te proe? Aik\u00f4na.<\/p>\n<p>Vir meeste ander uitdagings sou ek <em>game <\/em>wees &#8211;\u00a0 mits ek gedink het ek het die stam-Ina daarvoor. Soos byvoorbeeld daai M-graad wat al jare wink. Of die LLB. Of die Honneurs in Sielkunde. Of dergelike ander kursusse. (Let wel hoe al hierdie geensins \u2019n drawwery of oefenskoene behels nie.)<\/p>\n<p>Want, sien, ek vermoed ek het lui geraak en gerieflik in \u2019n groef gaan nesskop. So een, twee of drie keer die afgelope sewe, agt jaar het daar iets gebeur wat my so \u2019n bietjie uit die luie loopgraaf van my lewe laat opspring het. En, dan was ek skouer-aan-die-wiel vir \u2019n beter-ek.<\/p>\n<p>En, dan gebeur die lewe maar weer en dan gebeur die loopgraaf-luiheid maar weer. Ina het haar stam- telkens te vroeg verloor.<\/p>\n<p>Na \u2019n stilstaanjaar is ek nou in Januarie weliswaar nie een van die \u201cspring-op-en-a\u00ebrobies\/kardio-jouself-tot-in-\u2019n-fiksheidskompetisie\u201d of \u201cskryf-jou-memoirs-en-raak-\u2019n-skrywer\u201d begeesterdes nie. Die enigste \u201ccrossfit\u201d wat ek die afgelope twee maande doen, is: \u201cI cross my fingers and hope I fit into those jeans\u201d\u2026<\/p>\n<p>Maar, ek g\u00e1\u00e1n nog oefen. Sodra ek \u2019n tennismaat kry. Of iemand wat weer die Big Walk tussen Simonstad en Kaapstad met my sal stap \u2013 meer as een maal per jaar, want dit is net so \u2019n mooi roete. En, stap is goed vir die siel en denke.<\/p>\n<p>Oefenlopies en \u2013hopies ten spyt, dink ek egter ek gaan weer die meeste weke nie eens presies onthou wanneer watter kind se biblioteekboeke moet in wees nie. Of dat die nuwe babakat moet gaan vir \u2019n inenting nie, al skryf ek dit in op die nuwe kerkalmanak neffens die kombuisdeur.<\/p>\n<p>Ek onthou ook dat iemand my \u2019n boekklub waarna ek s\u00f3 uitgesien het, belowe het in die nuwe jaar. Maar, nou ja, daar is \u2019n nuwe blaadjie omgeslaan.<\/p>\n<p>So, wat wil ek hierdie jaar bereik?<\/p>\n<p>Eerstens, oorlewing.<\/p>\n<p>Hoe ouer ek raak, hoe meer besef ek dat oorlewing nogal nie so \u2019n vanselfsprekende storie is nie.<\/p>\n<p>Vir niemand van ons is dit \u2019n uitgemaakte saak nie.<\/p>\n<p>Daar is in vandag se koerant \u2019n kind wat in Stilbaai verdrink het terwyl hy nog twee jaar van sy skoolloopbaan voor hom gehad het. Daar is ook in ander media \u2019n sewejarige seuntjie wat na sy tweede hartaanval gesterf het. Daar is die pa van een van my dogtertjie se destydse kleuterskoolmaatjies wat weens \u2019n roekelose motorfietsjaer nie nog \u2019n Kersfees saam met sy kind en vrou kon deurbring nie.<\/p>\n<p>Terwyl ons probeer oorleef, kan ons dit netsowel goed probeer doen. En, dit vir die mede-oorlewendes ook \u2019n aangename ervaring probeer maak.<\/p>\n<p>So, <strong>doelwit 1:<\/strong> Maak oorlewing vir jouself en ander lekker.<\/p>\n<p>Staan op met \u2019n glimlag \u2013 al moes jy eers frons en knor en sug as die wekker afgaan.<\/p>\n<p>Grom vir die d\u00eam wekker soveel jy wil. Maar, glimlag daarna vir jouself in die spie\u00ebl. Jy gaan daai mooi glimlag nodig h\u00ea later vandag. En, as jy dit eers vir jouself gegee het, behoort dit makliker te wees om vir ander ook uit te deel deur die dag.<\/p>\n<p><strong>Doelwit 2:<\/strong> Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar sorg ook vir j\u00f3\u00fa.<\/p>\n<p><strong>Doelwit 3:<\/strong> Moenie jou humeur of humorsin verloor in die skoolverkeer nie. Al lyk daai agtersitplekpassassiers h\u00f3\u00e9 onbetrokke en onoplettend, sal d\u00edt wat jy die domdingeskanjyniejouflikkergebruiknie toesnou, deur die dag in hulle ore weergalm. En, dalk in \u2019n onvoorsiene oomblik by hulle monde uitglip. Skoolverkeer kan \u2019n pyn wees \u2013 moenie jy ook een wees en laat wees nie.<\/p>\n<p><strong>Doelwit 4:<\/strong> Moenie <em>moan<\/em> nie. As jy saam met \u2019n vriendin \u2019n langverwagte koffie drink en haar foon onophoudelik lui, moenie <em>moan<\/em> nie, nie eens in jou kop nie. Gebruik die tyd om jou eie foonsake af te handel \u2013 of in stilte \u2019n warm koppie koffiewinkelkoffie te geniet. Wie weet wanneer jy weer die kans sal h\u00ea om so saam met \u2019n vriendin om \u2019n tafel te sit en koffie drink? Ek het die afgelope jaar geleer dit is nie \u2019n gegewe nie. Koffiedrinkmaats kan eensklaps en wreed uit \u2019n mens se lewe weggeraap word. Geniet die samesyn so lank dit hou.<\/p>\n<p><strong>Doelwit 5:<\/strong> Foonvrae kan \u2019n ontsaglike pyn raak. Moenie dat jy \u2019n pyn raak weens dit nie.<\/p>\n<p>Soos die nuwe akademiese jaar afskop, kan jy dalk ervaar hoe mense wat gewoonlik nie bewus is van jou bestaan nie, skielik vrae oor skooldinge begin vra. Antwoord dit steeds so goed jy kan. Want, indien niks anders nie, sal jy ten minste steeds menswaardig voel danksy jou antwoord. Jou kind hoef nie te weet dat die een wat hom boelie en slegs\u00ea, se ma vir jou noodboodskappe stuur nie. En, as hy uitvind, is dit ook \u2019n lewensles vir hom. As hy slim is, sal hy die hele konsep snap.<\/p>\n<p><strong>Doelwit 6:<\/strong> Die skooljaar is nog geweldig lank. As jou kinders oulike klas- en vakonderwysers het, wees dankbaar. Jy hoef nie die onderwyser reeds in die eerste week ruikers te stuur of te oorweldig met teks-emotikons nie (en verkieslik nooit verder die jaar nie\u2026), maar, dit sal wel goed wees as jy deurgans positief bly oor die rol wat die onderwyser(-s) in jou kind se lewe speel.<\/p>\n<p><strong>Doelwit 7:<\/strong> Onthou dat die mense wat saam met jou werk, ook maar, soos jy, net mense is. Hulle raak moeg. Hulle het geite. Hulle het gesinne en families. Hulle <em>worry <\/em>oor goeters \u2013 nes jy. Kyk met sagte o\u00eb na hulle \u2013 soos jy wil h\u00ea hulle moet na jou en jou goeters kyk. En, praat met sagte woorde met hulle al wil jy skel. Al is \u2019n kollega \u2019n reuse vlieg in die salf: Jou sagte woorde kan dalk salf wees vir sy sawwe siel.<\/p>\n<p><strong>Doelwit 8:<\/strong> Ek dink daar kan nog baie meer doelwitte en dinge wees. Maar, dis Januw\u00f4rrie en ek is wegspringmoeg. Daar is boonop nog wat, \u2019n maand\u2026? oor van hierdie eerste langste maand.<\/p>\n<p>Wees net daardie ekstra bietjie gaaf met almal wat jou pad kruis. Veral daardie wat jou geduld beproef \u2013 hulle het dit die nodigste.<\/p>\n<p>En, al kom die gaafheid nie dadelik met die wat-jy-saai-sal-jy-maai na jou toe nie, kan jy weet: Jy het vir iemand vir wie die nuwe jaar alreeds aan die keel gegryp en hakskene gehap het, dit ook bietjie makliker probeer maak.<\/p>\n<p>Ons is almal maar hier op die kantelende blou bal vir \u2019n korterige tydjie. Ons kan dit netsowel pret en plesierig probeer maak vir mekaar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar sorg ook vir j\u00f3\u00fa.&#8221; Blog deur Ina Genade. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":90647,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,55176,3476],"tags":[1245,23450],"class_list":["post-90645","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-ina-genade","category-ontspanning","tag-bloggers","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&quot;Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar ook vir j\u00f3\u00fa.&quot;\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&quot;Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar ook vir j\u00f3\u00fa.&quot;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-01-22T08:29:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-07-03T09:31:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Vrou-koffiebeker.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal\",\"datePublished\":\"2018-01-22T08:29:01+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-03T09:31:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/\"},\"wordCount\":1267,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Vrou-koffiebeker.jpg\",\"keywords\":[\"bloggers\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Ina Genade\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/\",\"name\":\"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Vrou-koffiebeker.jpg\",\"datePublished\":\"2018-01-22T08:29:01+00:00\",\"dateModified\":\"2018-07-03T09:31:52+00:00\",\"description\":\"\\\"Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar ook vir j\u00f3\u00fa.\\\"\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Vrou-koffiebeker.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Vrou-koffiebeker.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"www.pexels.com\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal | rooi rose","description":"\"Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar ook vir j\u00f3\u00fa.\"","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal | rooi rose","og_description":"\"Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar ook vir j\u00f3\u00fa.\"","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-01-22T08:29:01+00:00","article_modified_time":"2018-07-03T09:31:52+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Vrou-koffiebeker.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal","datePublished":"2018-01-22T08:29:01+00:00","dateModified":"2018-07-03T09:31:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/"},"wordCount":1267,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Vrou-koffiebeker.jpg","keywords":["bloggers","entertainment"],"articleSection":["Blogs","Ina Genade","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/","name":"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Vrou-koffiebeker.jpg","datePublished":"2018-01-22T08:29:01+00:00","dateModified":"2018-07-03T09:31:52+00:00","description":"\"Moenie jou ontbytkoffie s\u00f3 koud laat raak terwyl jy vir die res sorg, dat jy die koue koffie op die res blameer nie. Sorg vir hulle, maar ook vir j\u00f3\u00fa.\"","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Vrou-koffiebeker.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Vrou-koffiebeker.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"www.pexels.com"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nog-n-jaar-op-die-kantelende-blou-bal\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nog \u2019n jaar op die kantelende blou bal"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=90645"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90645\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/90647"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=90645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=90645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=90645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}