{"id":90608,"date":"2018-01-18T16:51:47","date_gmt":"2018-01-18T14:51:47","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=90608"},"modified":"2018-01-18T16:51:47","modified_gmt":"2018-01-18T14:51:47","slug":"watter-skooltaal-vir-jou-kind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/","title":{"rendered":"Watter skooltaal vir jou kind?"},"content":{"rendered":"<p>In jou ouerhuis leer jy praat, dink, voel &#8230; leer jy hoe om mens te wees. In di\u00e9 <strong>taal<\/strong> verwoord jy jouself die maklikste en duidelikste en dig, bid of droom jy. Die Engelse skrywer Samuel Johnson stel dit so: Taal is die klere van die gedagte. Ons woorde is die boustene van ons drome &#8230; die grootste skeppende krag en energie wat ons het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Taal is die klere van die gedagte. Ons woorde is die boustene van ons drome &#8230; die grootste skeppende krag en energie wat ons het<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maar moet ons woorde, ons eie taal, noodwendig ook ons onderrigtaal wees?<\/p>\n<p>Tradisioneel Afrikaanse universiteite is besig om een vir een hul onderrigtaal na <strong>Engels<\/strong> te verander. Al meer ouers is bekommerd en wonder of dit nog wys is om hul kinders Afrikaanse skool-opleiding te gee as tersi\u00eare instellings en die ekonomiese w\u00eareld, nie net internasionaal nie, maar ook plaaslik, Engels as voertaal gebruik.<\/p>\n<p>Die uitlatings van politici en opvoedkundiges, soos prof. Jonathan Jansen, dat Engels van skool- tot universiteitsvlak die onderrigtaal moet wees omdat wit Afrikaanse skole \u2019n gevaar vir rasse-verhoudinge inhou, asook die gebruik van taal om leerders uit te sluit, lok sterk reaksie by voorstanders van moedertaalonderrig uit. Aan die ander kant beklemtoon akademici en taalaktiviste die noodsaaklikheid en belangrikheid van moedertaalonderrig.<\/p>\n<p>Mense word deur hul <strong>moedertaal<\/strong> bemagtig, want daar is dikwels \u2019n direkte verband tussen die ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe, hul status en die mate waarin hulle hul taal ontwikkel het. Dis ook \u2019n <strong>grondwetlike reg<\/strong> om in jou moedertaal toegang tot alle stelsels te h\u00ea, maar vir die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking is moedertaalonderrig ongelukkig nie moontlik nie.<\/p>\n<p>Volgens Theo du Plessis, direkteur van die eenheid vir taalfasilitering en bemagtiging aan die Universiteit van die Vrystaat, het kinders hul moedertaal nodig om kognitiewe ontwikkeling te verseker. \u2019n Te vroe\u00eb oorskakeling na \u2019n onderrigmedium wat nie die moedertaal is nie, en sonder die behoud van die moedertaal in die onderwyssituasie, kan katastrofiese gevolge vir die kognitiewe ontwikkeling van sulke kinders inhou. Baie kinders kan nie intellektueel en akademies byhou by kinders wat in hul moedertaal onderrig word nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Baie kinders kan nie intellektueel en akademies byhou by kinders wat in hul moedertaal onderrig word nie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Kinders leer makliker in hul moedertaal lees en skryf. Skrif is \u2019n tegniese middel waardeur taal uitgedruk word en anders as gesproke taal, ontwikkel dit nie spontaan nie. Dis baie makliker vir kinders wat in hul moedertaal leer lees en skryf om die konneksie tussen die geskrewe en die gesproke taal te maak. As jy leer lees het in \u2019n taal wat vir jou maklik is, is dit soveel makliker om die konsepte en vaardighede na \u2019n tweede of \u2019n derde taal oor te dra.<\/p>\n<p>Die <strong>ontwikkelingsvlak<\/strong> van \u2019n kind se moedertaal is \u2019n sterk voorspeller van die ontwikkelingvlak van die kind se tweede taal omdat hulle uit hul onderliggende taalstelsel en hul bestaande taalkennis kan put. As \u2019n kind byvoorbeeld in Afrikaans tydkonsepte leer, hoef hulle nie weer die hele tydsbegrip in Engels te leer nie, maar slegs die oppervlakgegewens, die Engelse labels of woorde. Hulle het reeds die intellektuele basis en begrip. Ander belangrike intellektuele begrippe, soos oorsaak en gevolg, of om tussen hoofgedagtes en ondersteunende detail te kan onderskei, word gemaklik van die moedertaal na \u2019n tweede taal oorgedra.<\/p>\n<p>Prof. Wannie Carstens, direkteur van Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale, wys daarop dat moedertaalonderrig \u2019n menslike reg is wat in die grondwet verskans is, en dus ononderhandelbaar behoort te wees. Dis ook omdat navorsing bewys dat mense die beste in hul moedertaal leer, veel meer verstaan, en hulself skerper en meer gesofistikeerd daarin kan uitdruk. Ons voel ons \u2019n beter mens in ons eie taal omdat ons ons menswees soveel makliker daarin kan uitleef &#8211; lief kan h\u00ea, kan bid of ons fynste gedagtes kan verwoord. Dit verbind ons aan ons kultuur en \u2019n gemeenskap.<\/p>\n<p>Prof. Carstens wys ook tereg daarop dat dit belangrik is om te besef dat ons in Suid-Afrika in \u2019n meertalige omgewing met 25 moedertale leef, waarvan 11 amptelike tale is. Almal se reg op moedertaal moet gerespekteer word, en tale mag nie aan ander opgedwing word nie. Ander moedertale moet ook ontwikkel word sodat dit as onderrigtale kan funksioneer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die voordele van meertaligheid<\/h4>\n<p>Prof. Susan van Rooy, adjunk-dekaan van die Vaaldriehoek-kampus van Noordwes-Universiteit, s\u00ea die w\u00eareld het te klein geword om in net een taal te kan funksioneer. Meertaligheid is die norm, want een taal bied nie meer alles wat \u2019n mens nodig het om in \u2019n postmoderne w\u00eareld te kan funksioneer nie. Mense het minstens twee tale nodig waarin hul geletterd is en minstens nog een vir sosiale verbintenis. Meertaligheid gee betekenis aan jou lewe, open geleenthede, bou br\u00fbe van erkenning na ander se menswees: Ek ag jou, ek kan met jou in jou taal praat. Soos die ou-ou spreekwoord lui: \u201cSoveel tale as jy kan, soveel male is jy man.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Meertaligheid is die norm, want een taal bied nie meer alles wat \u2019n mens nodig het om in \u2019n postmoderne w\u00eareld te kan funksioneer nie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Prof. Ellen Bialystok, \u2019n Kanadese sielkundige, het bevind dat meertaligheid nie net \u2019n mens se brein ontwikkel nie, maar jou ook teen siektes soos dementia beskerm. By meertalige mense wat die geen vir dementia dra, is die aanvang van die siekte gemiddeld sewe jaar later as by eentalige mense.<\/p>\n<p>Talle Afrikaanssprekendes vrees \u2019n terugspoeluitwerking: Indien Afrikaans as tersi\u00eare onderrigmedium gaan verdwyn, sal die vraag na Afrikaanse skole en instellings ook verdwyn omdat talle ouers liewer hul kinders in Engelse skole sal sit. Daar word geglo dat \u2019n taal instellings nodig het vir die beskerming en ontwikkeling daarvan, asook vir sy letterkunde en musiek.<\/p>\n<p>Prof. Van Rooy meen dat ouers eerder vir hul kinders gehalte-skole kies, dikwels ongeag die taal van die skool. Talle ouers sit ook hul kinders in parallelmediumskole. Volgens die resultate van \u2019n studie van een van haar meestersgraadstudente, Stefnie Mostert, sit talle Engelssprekende ouers deesdae hul kinders in Afrikaanse skole omdat hulle glo dat die dissipline en standaard van onderrig soveel beter in Afrikaanse skole is.<\/p>\n<p>Jonathan Jansen skryf in sy boek <em>Knowledge in the Blood<\/em> oor sy klasbesoeke aan skole, en dat hy bevind het dat onderwysers in Afrikaanse skole w\u00eareldklasonderrig gee. Di\u00e9 onderwysers drentel nie, hulle drafstap en nooi hom in, anders as in talle Engelse skole waar hy nie noodwendig so welkom was nie.<\/p>\n<p>Volgens Prof. Van Rooy is Afrikaanssprekendes in \u2019n unieke situasie van werklike tweetaligheid, wat byna n\u00earens in die w\u00eareld voorkom nie. Dis uitsonderlik om te vind dat twee tale op gelyke vlak, in terme van lees en skryf ontwikkel is. Afrikaanse kinders se vaardighede in albei tale is oor die algemeen beter as di\u00e9 van Engelssprekende kinders. Talle ouers besef hulle kan maar hul kinders in Afrikaanse skole hou omdat die standaard van Engels in Afrikaanse skole baie hoog is. Hulle sal goed genoeg voorbereid wees vir tersi\u00eare onderrig in Engels. Prof. Michael le Cordeur het dit vir sy eie kinders gekies, sonder enige beperkende invloed op hul tersi\u00eare studie.<\/p>\n<p>Goethe, die Duitse skrywer en staatsman, het ges\u00ea: \u201c<em>The person who knows only one language does not truly know that language<\/em>.\u201d Tweetalige mense is meer buigsaam in hul denke omdat hulle inligting met twee taalstelsels prosesseer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe bevorder jy meertaligheid?<\/h4>\n<p>Die beste is om kinders van geboorte af konsekwent en gelyktydig twee tale aan te leer. Kleuters meng aanvanklik die twee tale, bloot omdat hul woordeskat nog beperk is. Hulle leen wedersyds woorde om hulself beter uit te druk. Hul woordeskat is aanvanklik kleiner per taal as kinders wat slegs een taal praat, hoewel hul gesamentlike Afrikaanse en Engelse woordeskat gewoonlik dieselfde as di\u00e9 van slegs moedertaalsprekers is. Die kleiner woordeskat hou eerder verband met die kind se geheuekapasiteit op daardie ouderdom en kinders haal di\u00e9 \u201cagterstande\u201d wel in. Die taalvaardigheid van die ouers is wel bepalend vir die kind se taalontwikkeling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die beste is om kinders van geboorte af konsekwent en gelyktydig twee tale aan te leer<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hoe beter die kind se woordeskat, hoe makliker kan sy haar idees, behoeftes en oortuigings aan ander oordra en hoe beter is haar leer- en begripsvermo\u00eb. \u2019n Beperkte woordeskat beperk \u2019n kind se vermo\u00eb om verbande tussen vreemde konsepte te trek, en ook om opdragte, humor en figuurlike taalgebruik te verstaan. Dit kan kinders sosiaal ongemaklik maak en isoleer as hulle nie vir ander se grappies lag, of hulself kan uitdruk nie, en in die proses \u2019n gek van hulself maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waarom stuur Afrikaanse ouers hul kinders na Engelse skole?<\/h4>\n<p>Soveel ouers, soveel redes:<br \/>\n\u2022 <strong>Bemagtiging<\/strong> vir \u2019n w\u00eareld van werk wat oorwegend Engelssprekend is<br \/>\n\u2022 Om hulle ook <strong>internasionaal<\/strong> te kan handhaaf<br \/>\n\u2022 Uit <strong>vrees<\/strong> dat hulle op universiteit met Engels sal sukkel<br \/>\n\u2022 Sodat hulle taalvaardig genoeg kan wees om te kan <strong>emigreer<\/strong><br \/>\n\u2022 <strong>Gehalte-onderrig<\/strong>. Hulle is bekommerd oor die gehalte van staatskole en kies private, Engelse skole<br \/>\n\u2022 Hulle hou van die gees van trots en tradisie, asook die outydse waardes van <strong>private skole<\/strong><br \/>\n\u2022 Hulle glo dat Engelse skole meer <strong>ruimte<\/strong> vir \u2019n kind se eie stem, individualiteit en kreatiwiteit bied.<\/p>\n<p>Navorsers is dit eens dat \u2019n mens moet onderskei tussen sosiale taalvaardighede en akademiese geletterdheid. Akademiese geletterdheid is onder meer die vermo\u00eb om akademiese woordeskat in konteks te verstaan; onderskeid te tref tussen hoofsaak en bysaak, oorsaak en gevolg, feite en menings en in staat te wees om gegewens te klassifiseer en te kategoriseer; om metafore, idiome en dubbelsinnigheid in akademiese tekste te verstaan, verbande in te sien en afleidings en gevolgtrekkings te kan maak; om te kan bewys en te beredeneer en om die groter betekenis van wat gelees is, te verstaan.<\/p>\n<p>Ouers wat \u2019n tweede taal as onderrigtaal kies, glo dat hul kinders heeltemal vlot in die taal is en dat die taalverandering nie \u2019n beduidende impak op hul kind se vordering sal h\u00ea nie. Al kan hul o\u00ebnskynlik gemaklik kommunikeer, byt hulle die spit af wanneer akademiese taalvaardigheid van hulle verwag word. Hul woordeskat is armer en lees-, begrip-, skryf- en spelvaardighede, wat sentraal in die leerproses staan, ly daaronder.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Ouers wat \u2019n tweede taal as onderrigtaal kies, glo dat hul kinders heeltemal vlot in die taal is en dat die taalverandering nie \u2019n beduidende impak op hul kind se vordering sal h\u00ea nie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Op universiteit word agterstande in akademiese geletterdheid direk in verband gebring met studente wat nie die pyp rook nie en nie hul grade binne die verwagte tyd voltooi nie. Aan die Universiteit van Pretoria l\u00ea eerstejaarstudente jaarliks \u2019n akademiese geletterdheidstoets af. Studente met agterstande word verplig om \u2019n oorbruggingskursus te\u00a0volg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ondersteun jou kind wat nie moedertaalonderrig kry nie<\/h4>\n<p><strong>Opvoedkundige sielkundiges<\/strong> en veral <strong>spraakterapeute<\/strong> kan ouers met die <strong>besluitnemingsproses<\/strong> help, maar ook om vroeg reeds <strong>leemtes te identifiseer<\/strong> wat leerpobleme kan voorkom.<\/p>\n<p>\u2022 Die <strong>onderrigtaal<\/strong> mag nie die moedertaal heeltemal vervang nie. Hou sy moedertaal, die taal waarin hy dink, in stand.<br \/>\n\u2022 Maak seker dat die kind se leerervarings <strong>positief<\/strong> is &#8211; dit bepaal haar selfbeeld en selfgeloof.<br \/>\n\u2022 Maak seker dat jou kind <strong>akademies geletterd<\/strong> is.<br \/>\n\u2022 Sorg vir \u2019n <strong>ondersteuningstelsel<\/strong> tuis en elders as dit nodig is om emosionele en skolastiese probleme op te klaar. Ongelukkige en gefrustreerde kinders onderpresteer.<br \/>\n\u2022 Help jou kind om ook op <strong>sosiale vlak<\/strong> in die nuwe omgewing in te skakel.<br \/>\n\u2022 Maak die kind se <strong>taalomgewing<\/strong> in albei tale so ryk moontlik met genoeg ontspannings- en inligtingsmateriaal: boeke, tydskrifte, koerante &#8230;<br \/>\n\u2022 Wees die beste <strong>voorbeeld<\/strong> van die noodsaaklikheid en vreugde van lees.<br \/>\n\u2022 Skaf <strong>taalspeletjies<\/strong> aan waarmee jy hul taal speel-speel kan ontwikkel.<br \/>\n\u2022 Verwag dat <strong>vermenging<\/strong> van die twee tale gaan voorkom. Moenie foute voortdurend korrigeer nie \u2013 wees liewer \u2019n goeie spraakmodel.<\/p>\n<p>Daar is talle suksesverhale van kinders wat in hul tweede taal onderrig word. Dit is makliker as hulle van die begin af in hul tweede taal leer, of as die oorskakeling tussen laerskool en ho\u00ebrskool is. Hulle pas op sportgebied, sosiaal en akademies aan; word Dux-leerlinge, hoofseuns of hoofmeisies. Verskillende kinders pas natuurlik verskillend aan. Dit werk nie vir almal ewe goed nie &#8211; daar is soveel faktore wat \u2019n rol speel. Een skool kan vir \u2019n kind ongelooflik goed werk en vir \u2019n ander een glad nie. As dit nie slaag nie, moet ouers inspring en \u2019n plan maak. Taal help mense om te leer, te wees, te leef &#8230; om hul diepste wese uit te druk. Daarom mag \u2019n kind nooit minderwaardig voel oor sy agtergrond, taal en identiteit nie. Dit ondermyn selfvertroue en ten diepste sy menswees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2019n Kind mag nooit minderwaardig voel oor sy agtergrond, taal en identiteit nie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat om in ag te neem voor jy kies<\/h4>\n<p>\u2022 Bepaal jou kind se <strong>taalvaardigheid<\/strong>, <strong>taalvermo\u00eb<\/strong> en <strong>aanleg<\/strong> en veral sy <strong>intellektuele akademiese geletterdheid<\/strong> in albei tale voor jy die keuse maak. Kinders met agterstande onderpresteer en ontwikkel skolastiese probleme.<br \/>\n\u2022 Die <strong>gehalte-onderrig<\/strong> wat die kind gaan ontvang.<br \/>\n\u2022 Is daar \u2019n <strong>ondersteuningsnetwerk<\/strong> vir haar by die huis en by die skool?<\/p>\n<p>\u2022 Is die <strong>voertaal<\/strong> van die skool ook die onderwysers se eerste taal?<br \/>\n\u2022 Jou kind se <strong>intellektuele vermo\u00eb<\/strong>. Hoe ho\u00ebr, hoe makliker.<br \/>\n\u2022 <strong>Ouers se taalvermo\u00eb<\/strong> in albei tale.<br \/>\n\u2022 Hoe <strong>ryk<\/strong> is die taalomgewing? (Die beskikbaarheid van lees- en leerstof).<br \/>\n\u2022 Die <strong>persoonlikheid<\/strong>, <strong>houding<\/strong>, <strong>motivering<\/strong> en <strong>selfbeeld<\/strong> van die leerder.<br \/>\n\u2022 Haar <strong>emosionele en sosiale aanpasbaarheid<\/strong>.<br \/>\n\u2022 Die grootste <strong>probleem<\/strong> wat kan ontstaan, is wanneer nie een van die twee tale behoorlik ontwikkel is nie, want dan verloor die kinders ook die voordeel van twee- of meertaligheid.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moedertaalonderrig en meertaligheid het voordele en nadele. Die besluit oor die onderrigtaal van \u2019n kind is kompleks omdat daar soveel faktore is wat \u2019n rol speel. Daar is nie \u2019n klinkklare regte of verkeerde keuse nie. Deur Anys Rossouw. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":90610,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[1030,23444,23445,24093,42137,134,834],"class_list":["post-90608","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-skool","tag-parenting","tag-children","tag-wellbeing","tag-school","tag-ouerskap","tag-kinders"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Watter skooltaal vir jou kind? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Moedertaalonderrig en meertaligheid het voordele en nadele. Die besluit oor die onderrigtaal van \u2019n kind is kompleks! Lees meer hier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Watter skooltaal vir jou kind? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Moedertaalonderrig en meertaligheid het voordele en nadele. Die besluit oor die onderrigtaal van \u2019n kind is kompleks! Lees meer hier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-01-18T14:51:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Kind-leer.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Watter skooltaal vir jou kind?\",\"datePublished\":\"2018-01-18T14:51:47+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/\"},\"wordCount\":2256,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Kind-leer.jpg\",\"keywords\":[\"Skool\",\"parenting\",\"children\",\"wellbeing\",\"school\",\"ouerskap\",\"kinders\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/\",\"name\":\"Watter skooltaal vir jou kind? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Kind-leer.jpg\",\"datePublished\":\"2018-01-18T14:51:47+00:00\",\"description\":\"Moedertaalonderrig en meertaligheid het voordele en nadele. Die besluit oor die onderrigtaal van \u2019n kind is kompleks! Lees meer hier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Kind-leer.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/01\\\/Kind-leer.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"www.pixabay.com\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Watter skooltaal vir jou kind?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Watter skooltaal vir jou kind? | rooi rose","description":"Moedertaalonderrig en meertaligheid het voordele en nadele. Die besluit oor die onderrigtaal van \u2019n kind is kompleks! Lees meer hier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Watter skooltaal vir jou kind? | rooi rose","og_description":"Moedertaalonderrig en meertaligheid het voordele en nadele. Die besluit oor die onderrigtaal van \u2019n kind is kompleks! Lees meer hier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-01-18T14:51:47+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Kind-leer.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Watter skooltaal vir jou kind?","datePublished":"2018-01-18T14:51:47+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/"},"wordCount":2256,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Kind-leer.jpg","keywords":["Skool","parenting","children","wellbeing","school","ouerskap","kinders"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/","name":"Watter skooltaal vir jou kind? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Kind-leer.jpg","datePublished":"2018-01-18T14:51:47+00:00","description":"Moedertaalonderrig en meertaligheid het voordele en nadele. Die besluit oor die onderrigtaal van \u2019n kind is kompleks! Lees meer hier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Kind-leer.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/01\/Kind-leer.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"www.pixabay.com"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-skooltaal-vir-jou-kind\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Watter skooltaal vir jou kind?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90608","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=90608"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90608\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/90610"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=90608"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=90608"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=90608"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}