{"id":90487,"date":"2025-01-16T15:10:01","date_gmt":"2025-01-16T13:10:01","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=90487"},"modified":"2025-01-16T15:13:09","modified_gmt":"2025-01-16T13:13:09","slug":"wees-positief-leef-langer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/","title":{"rendered":"Wees positief, leef langer"},"content":{"rendered":"<p>Ons almal ken mense vir wie die onweerswolke altyd donker om \u2019n krisis hang terwyl ander in \u2019n soortgelyke situasie weer positief bly, al gaan dinge beroerd. Wat nie so algemeen bekend is nie, is dat jou ingesteldheid \u2019n groot uitwerking op jou <strong>gesondheid<\/strong> het. \u2019n Negatiewe uitkyk plaas druk op jou liggaam. Die resultaat van \u2019n navorsingstudie onder nonne toon selfs dat mense wat vroeg in hul lewe al positief is, tot tien jaar langer leef as di\u00e9 met \u2019n minder positiewe lewensuitkyk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Navorsing onder nonne toon selfs dat mense wat vroeg in hul lewe al positief is, tot 10 jaar langer leef as di\u00e9 met \u2019n minder positiewe lewensuitkyk<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kweek \u2019n positiewe uitkyk<\/h4>\n<p><strong>Positiewe denkers<\/strong> is nie noodwendig mense wat die lewe deur \u2019n rooskleurige bril bekyk nie, s\u00ea Joffrey Supina, \u2019n kenner van positiewe gedrag aan die Universiteit van Argosy in Amerika. Hy beskou positiewe denkers as individue wat die blink kant \u00e9n die negatiewe in \u2019n situasie raaksien, maar hul energie en tyd fokus op die kant wat die beste uitkoms kan h\u00ea.<\/p>\n<p>Maar hoe kry hulle dit reg om vooraf te bepaal watter besluit die positiewe uitkoms gaan h\u00ea? Hulle doen dit op grond van hul waarnemings \u2013 hulle het geleer om dadelik daardie outomatiese negatiewe gedagtes of reaksie te verwerp. Die geheim van \u2019n positiewe beskouing is om jouself te leer om \u2019n realistiese optimis te wees.<\/p>\n<p>Die probleem is dat di\u00e9 soort uitkyk nie so maklik is om baas te raak nie omdat ons <strong>geneties geprogrammeer<\/strong> is om sterker op die negatiewe te reageer en dit langer te onthou. Rick Hanson, \u2019n vooraanstaande kenner van positiewe neuroplastisiteit en skrywer wie se werk die New York Times se topverkoperlys haal, verduidelik die verskynsel aan die hand van oorlewing. \u201cDit was noodsaaklik vir ons oerouers se oorlewing om dadelik negatiewe dinge soos gevaar te registreer en onmiddellik daarop te reageer.\u201d<\/p>\n<p>Negatiewe ervarings en gedagtes registreer dadelik in ons emosionele geheue terwyl positiewe ervarings vyf tot twintig sekondes neem voor ons daarvan bewus word. Dis hoekom jy die een hond wat jou gehap het, baie langer onthou as die honderde honde wie se koppe jy gestreel het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Die geheim van \u2019n positiewe beskouing is om jouself te leer om \u2019n realistiese optimis te wees<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daarom is dit belangrik om bewustelik die brein te help om positiewe ervarings te registreer en te laat insink. Rick glo die lewe is \u2019n mosa\u00efekbeeld wat saamgestel is uit positiewe en negatiewe gedagtes, maar as jy sorg dat jy meer positiewe blokkies het, gaan dit die negatiewes oorskadu. \u201cDie geheim is om uit nuwe positiewe ervarings te leer en te sorg dat dit vorige negatiewe ervarings (soos die hond wat jou gebyt het) vervang.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy kan negatiewe gedrag aanleer<\/h4>\n<p>Ligloop vir aangeleerde gedrag. Sielkundiges noem dit \u201c<em>hand me down blues<\/em>\u201d wanneer ons op dieselfde manier as ons ouers op situasies reageer n\u00e1 ons dit by hulle, of selfs ons grootouers waargeneem het.<\/p>\n<p>Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, \u2019n sielkundige in Johannesburg, s\u00ea in so \u2019n geval moet jy op <em>manual<\/em> gaan en nie outomaties op \u2019n sekere manier reageer net omdat dit die manier is waarop jy dit nog altyd gedoen het nie.<\/p>\n<p>\u201cKyk nuut na situasies en analiseer jou reaksies. Is jy werklik so onaantreklik soos jy dink? Is jy werklik nie kunstig nie? Jou gedagtes bepaal ongelukkig jou eie beperkings. As jy glo dat jy nie goed genoeg is nie, is jy nie goed genoeg nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Jou gedagtes bepaal jou eie beperkings. As jy glo dat jy nie goed genoeg is nie, is jy nie goed genoeg nie&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cAs jy nie van nature \u2019n optimistiese, vrolike persoon is nie, moet jy daaraan werk\u201d, s\u00ea Hannetjie. \u201cAs jy bewus is van die negatiewe lokvalle in jou omgewing, is dit makliker om daardie slaggate te vermy. Kyk vrolike flieks wat jou laat lag. Kry jouself so ver om te glimlag &#8211; gebruik die <em>fake it till you make it<\/em>-beginsel &#8211; jou lyf kan blykbaar nie te goed tussen \u2019n werklike skaterlag en \u2019n geforseerde laggie onderskei nie. Maak die TV-nuus jou swartgallig? Lees dit op \u2019n digitale <em>app<\/em> waar jy net die hooftrekke sonder die emosie kry.<\/p>\n<p>\u201cDie eerste stap om na \u2019n positiewe uitkyk oor te skakel is om \u2019n bewustelike besluit te neem. As alleenheid jou probleem is, besluit om iets daaraan te doen. \u2019n Voor die hand liggende oplossing is om by \u2019n klub of groep in jou omgewing aan te sluit. \u2019n Google-soektog vir byvoorbeeld fotografieklubs in Johannesburg het \u2019n verskeidenheid opsies gebied, of vra by spesialiswinkels in jou belangstellingsveld of daar klubs in jou omgewing is. Gaan maak \u2019n draai by \u2019n paar tot jy die een kry wat by jou persoonlikheid en vereistes pas.\u201d<\/p>\n<p>Hannetjie meen jou <strong>sosiale portefeulje<\/strong> (dis nou jou basis van vriende) is net so belangrik soos daardie finansi\u00eble portefeulje waarmee jy vir jou aftrede voorsiening maak. Kinders en kennisse verhuis of emigreer, en dis noodsaaklik dat jy jou ondersteuningsnetwerk uitbrei en kontak met bestaande vriende hou.<\/p>\n<p>Navorsers verduidelik dat negatiewe gedagtes aansteeklik is, maar dieselfde geld positiewe energie. Die Amerikaanse selfhelpskrywer en motiveringspreker, <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/results?search_query=wayne+dyer+change+your+thoughts+change+your+life+\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">dr. Wayne Dyer<\/a>, demonstreer op YouTube hoe die energie van verhoogakteurs kan afneem, selfs al is dit net die gehoor in \u2019n teater wat aan negatiewe dinge dink. Bly liefs uit die geselskap van negatiewe mense en soek positiewes op.<\/p>\n<p><strong>Kyk hierdie inspirerende YouTube-video van dr. Wayne Dyer:<\/strong><\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"560\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/wEM0SF04Rw4\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Trap die slaggate mis<\/h4>\n<p>As jy op negatiewe gedagtes voorbereid is, kan jy dit vermy. Dis soos \u2019n slaggat in die pad. As jy weet daar is een aan die kom, swaai jy gewoon uit. Staal jou vooraf wanneer jy weet \u2019n bepaalde sosiale geleentheid gaan jou gemoed be\u00efnvloed. Herinner jou n\u00e1 die geselligheid weer daaraan dat jy nie moet toelaat dat die aand se gesprekke jou aftrek nie.<\/p>\n<p>Hannetjie glo dat dankbaarheid nuwe positiewe breinpaaie skep. \u201cDink elke aand aan die goeie dinge wat die dag gebeur het. Dit hoef nie groot goed te wees nie. Dit kan die lieflike geur wees van blomme aan die struik by jou kantoorvenster. Is jy een van daardie mense wat saans voor die TV eet? Maak \u2019n re\u00ebl dat geen kos op die tafel mag verskyn voor die televisie en selfone nie afgeskakel is nie, en sit mooi musiek op. Stimuleer positiewe bevestiging en laat elkeen drie positiewe dinge wat daardie dag gebeur het, opnoem.\u201d<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/lag-n-slag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Lag \u2019n slag<\/a><\/p>\n<p>Op di\u00e9 manier is almal meer in voeling met mekaar en is dit makliker om agter te kom wanneer een van jou mense met \u2019n probleem sukkel. Dis veral moeilik om tieners se gemoed te peil. Dit leer kinders ook waardevolle sosiale vaardig-hede wat soms agterwe\u00eb bly in \u2019n era van onpersoonlike sosiale media.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>As jy op negatiewe gedagtes voorbereid is, kan jy dit vermy<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Positiewe mense leef langer<\/h4>\n<p>Wetenskaplikes glo dat \u2019n positiewe ingesteldheid \u2019n buffer-uitwerking op die newe-effekte van negatiewe gebeure het. Dit kan selfs die potensiaal h\u00ea om die stres te verminder wat negatiewe emosies op die kardiovaskul\u00eare stelsel het. Dit beteken dat positiewe mense negatiewe gebeure met selfvertroue benader omdat hulle glo dat die toekoms steeds positiewe dinge inhou en dat die huidige moeilike situasie net tydelik is.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-maniere-om-positief-te-bly\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: 10 maniere om positief te bly<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker mooi vol, want \u2019n positiewe uitkyk kan jou langer laat leef. Deur Anet Schoeman. Foto Bruce Mars, Pexels.<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":150309,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[1773,9910,24093,36224,42210,42212,42265],"class_list":["post-90487","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-geluk","tag-positiwiteit","tag-wellbeing","tag-happiness","tag-denkpatrone","tag-mindset","tag-positive"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wees positief, leef langer | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker mooi vol, want \u2019n positiewe uitkyk kan jou langer laat leef.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wees positief, leef langer | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker mooi vol, want \u2019n positiewe uitkyk kan jou langer laat leef.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-01-16T13:10:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-01-16T13:13:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1706\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2235\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Wees positief, leef langer\",\"datePublished\":\"2025-01-16T13:10:01+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-16T13:13:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/\"},\"wordCount\":1233,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg\",\"keywords\":[\"geluk\",\"positiwiteit\",\"wellbeing\",\"happiness\",\"denkpatrone\",\"mindset\",\"positive\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/\",\"name\":\"Wees positief, leef langer | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg\",\"datePublished\":\"2025-01-16T13:10:01+00:00\",\"dateModified\":\"2025-01-16T13:13:09+00:00\",\"description\":\"Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker mooi vol, want \u2019n positiewe uitkyk kan jou langer laat leef.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/01\\\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg\",\"width\":1706,\"height\":2235},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wees-positief-leef-langer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wees positief, leef langer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wees positief, leef langer | rooi rose","description":"Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker mooi vol, want \u2019n positiewe uitkyk kan jou langer laat leef.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wees positief, leef langer | rooi rose","og_description":"Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker mooi vol, want \u2019n positiewe uitkyk kan jou langer laat leef.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-01-16T13:10:01+00:00","article_modified_time":"2025-01-16T13:13:09+00:00","og_image":[{"width":1706,"height":2235,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Wees positief, leef langer","datePublished":"2025-01-16T13:10:01+00:00","dateModified":"2025-01-16T13:13:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/"},"wordCount":1233,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg","keywords":["geluk","positiwiteit","wellbeing","happiness","denkpatrone","mindset","positive"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/","name":"Wees positief, leef langer | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg","datePublished":"2025-01-16T13:10:01+00:00","dateModified":"2025-01-16T13:13:09+00:00","description":"Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker mooi vol, want \u2019n positiewe uitkyk kan jou langer laat leef.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/pexels-rdne-5637566-scaled-e1737033033625.jpg","width":1706,"height":2235},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wees-positief-leef-langer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wees positief, leef langer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90487","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=90487"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/90487\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/150309"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=90487"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=90487"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=90487"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}