{"id":88091,"date":"2018-03-07T13:35:21","date_gmt":"2018-03-07T11:35:21","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=88091"},"modified":"2018-08-25T16:36:00","modified_gmt":"2018-08-25T14:36:00","slug":"beste-wenke-listeria","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/","title":{"rendered":"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer"},"content":{"rendered":"<p>Deur Salome Delport. Foto <a href=\"http:\/\/pixabay.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Pixabay<\/a><\/p>\n<p><em>(Waar staan ons nou met Lidteria? Lees die kort opsomming aan die einde van hierdie artikel. )<\/em><\/p>\n<p>Met die histerie oor die listerie-uitbraak nou iets van die verlede bly mens wonder of dit weer kan gebeur?\u00a0 Hoe weet jy met 100% sekerheid dat die kouevleise (en kase, en roomyse, en so aan) wat jy nou koop nie besmet is nie?<\/p>\n<p>&#8216;n Belangrikste risiko waaroor te min berig word, s\u00ea prof. Pieter Gouws van Voedselwetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, is jy s\u00e9lf in jou eie huis.<\/p>\n<p>Die rede? Anders as vir besighede, resaruante en fabrieke wat voedsel verwerk is daar nie re\u00ebls en regulasies vir ons oor hoe ons etes en skooltoebroodjies tuis moet berei en stoor nie, en niemand kom inspekteer ons kombuise, yskaste en koshouers nie.<\/p>\n<p>&#8220;Voedselfabrieke het eintlik streng regulasies in plek wat besmetting met Listeria en talle ander organismes voortdurend monitor. As jy dink hoeveel tonne voedsel elke minuut van die dag w\u00eareldwyd voorberei word en kyk hoeveel gevalle van Listeria-uitbrake aangeteken word kom relatief min insidente van besmetting vanuit fabrieke.<\/p>\n<p>&#8220;Terselfdertyd weet ons dat een uit elke drie Listeria-uitbrake verband hou met hoe mense tuis met hul kos werk. Jy self is &#8216;n risiko-faktor.&#8221;<\/p>\n<p>Feit is dat Listeria oral in die omgewing aanwesig is. Die manier hoe jy jou kos kook en stoor kan\u00a0skoon, volkome veilige, gekoopte kos besmet. Elkeen wat tuis kos voorberei of selfs net opwarm, beh\u00f3\u00f3rt te weet hoe om tuis Listeria te keer.<\/p>\n<h4>Listeria oorleef oral en maklik &#8211; selfs in jou yskas en vrieskas<\/h4>\n<p>Die Listeria-organisme is geweldig taai, vertel prof. Gouws.<\/p>\n<p>&#8220;Die gewone maniere wat ons gebruik om kos te bewaar, maak nie noodwendig Listeria dood nie:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Verkoeling<\/strong> elimineer dit nie. Listeria oorleef met gemak in die yskas. Dit kan selfs in die yskas vermeerder.<\/li>\n<li>Bevriesing dood dit nie. Listeria vermeerder wel nie in die vrieskas nie maar dit kan <strong>oorleef in die vrieskas<\/strong> &#8211; en vermeerder sodra die kos ontdooi.<\/li>\n<li>Verhitting as beskerming werk ook nie goed nie, aangesien Listeria eers <strong>by 70 \u00b0C afsterf<\/strong>. Met ander woorde, dit kan maklik oorleef in kos wat warm gehou word (dink aan jou warmlaai) of net voor ete warm gemaak word.<\/li>\n<li>Dit <strong>oorleef in sout en pekels.<\/strong>\u00a0Nie eers hierdie twee staatmaker maniere wat ons gebruik om voedsels soos biltong en fetakaas te bewaar beskerm ons volkome nie.<\/li>\n<li>Ons gebruik ook <strong>sure<\/strong> om kos te beveilig maar Listeria kan by\u00a0\u2019n pH van 4.4 oorleef.<\/li>\n<li>Dit kan ook in <strong>dro\u00eb omstandighede<\/strong> oorleef. Navorsing wys dit kan in koeimis en perdemis vir tot drie jaar oorleef.<\/li>\n<li>\u2019n Groot probleem is die vermo\u00eb van Listeria om <strong>dormant<\/strong>\u00a0te raak en te wag tot daar weer gunstige omstandighede is vir vermeerdering.<\/li>\n<li>Dit oorleef maklik in <strong>koel, klam omgewings<\/strong>. Dink aan die missproei-tegniek wat gebruik word om groente vars te hou in supermarkte en die koelkaste van byna enige verwerkingseenheid, winkel en huis.<\/li>\n<li>Dit is kan bestand wees teen sekere van die\u00a0<strong>handsanitasiemiddels<\/strong> wat algemeen in fabrieke gebruik word.<\/li>\n<li>Listeria is \u2019n normale grondorganisme, en leef dus in ons <strong>tuine<\/strong> ook. As jy tuinwerk doen en nie jou hande deeglik was nie kan dit hiervandaaan na jou kos versprei.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Hoe ookal, Listeria-uitbrake onder mense word gewoonlik verbind aan een of ander <strong>kos wat met Listeria besmet geraak het<\/strong>.<\/p>\n<h4>Wenke wat Listeria keer<\/h4>\n<p>Mens raak bang om &#8216;n appel wat oop op die supermarkrakke l\u00ea te koop &#8211; of selfs net &#8216;n appel tuis te eet.\u00a0Gelukkig is doodgewone higi\u00ebne genoeg om ons te beskerm. Hier is die beste wenke van verskeie kenners, soos prof Gouws, dr. Malik Hussain, Listeria-navorser van die Lincoln Universiteit in Nieu-Zealand, en die WGO:<\/p>\n<ol>\n<li><strong>Begin met veilige, rou materiaal en gesuiwerde water<\/strong>\u00a0Gebruik net veilige water of behandel jou water. Gebruik kos wat behandel is om veilig te wees, soos gepasteuriseerde melk, eerder as ongepasteuriseerde (&#8216;natuurlike&#8217;) melk.<\/li>\n<li><strong>Begin skoon\u00a0<\/strong>Was jou hande voor jy met kos werk. Was ook al jou kombuistoerusting en jou werksoppervlaktes voor (en na) kosbereiding. Let veral op na items soos blikoopsnyers en voedselverwerkers, waar oorblyfsels heerlike kos vir allerlei kieme kan bied.<\/li>\n<li><strong>Werk veral higi\u00ebnies met die bekende risiko-kositems\u00a0<\/strong> Listeria kan in bykans enige voedsel voorkom maar vir sekere kositems is die risiko groter, soos hoender, kouevleise soos polonie, ham en Weense worsies, klaarbereide kos, sagte kase, roomys, seekos, saadspruite, guacomale, koolslaai, en vars produkte soos blaarslaai en gereed-vir-gaarmaak groente.<\/li>\n<li><strong>Spoel jou groente en vrugte goed af voor jy dit gebruik of rou eet\u00a0&#8211; met\u00a0\u2019n spuitkopkraan, as jy kan<\/strong>\u00a0Listeria is\u00a0\u2019n organisme wat natuurlik en baie algemeen in grond en water voorkom. Aangesien groente uit die grond kom hou dit potensieel risiko in. Groente soos spinasie, pietersielie en roket het allerlei holtetjies waarin die organisme kan wegkruip. Spoel hulle ekstradeeglik af.<\/li>\n<li><strong>Gebruik afsonderlike messe, snyplanke en houers<\/strong>. Gebruik afsonderlike snyplanke vir vleis en groente, om oor-en-weer besmetting te keer.<\/li>\n<li><strong>Kook allles goed gaar<\/strong>\u00a0 Hitte bo 70 \u00b0C vernietig die meeste organismes. Moenie vleis en hoender eet as die vleissap nog effens pienk is nie. Hmmm &#8230; halfgaar biefstuk\u00a0\u00eds &#8216;n moontlike risiko.<\/li>\n<li><strong>Kos wat ure lank lou gehou word het meer risiko<\/strong>\u00a0Hou kos \u00f3f onder 5\u00b0C \u00f3f stomend warm en bo 60\u00b0C, waar organismes die moeilikste groei. As jy gereed-vir-eet kos by die supermark koop maak dit tuis goed warm voor jy dit voorsit.<\/li>\n<li><strong>Hou groente en klaarbereide kos in die yskas\u00a0<\/strong>\u00a0Listeria kan in kos wat by kamertemperatuur staan binne net twee uur in so \u2019n mate vermeerder dat dit mense siek maak. Stoor kos in die yskas &#8211; selfs al gaan julle nou-nou eet. Al kan Listeria in die yskas vermeerder gebeur dit ten minste stadiger, wat jou risiko verminder.<\/li>\n<li><strong>Hou rou en gaar apart in jou yskas<\/strong>\u00a0Hou rou vleise, vis en groente weg van gaar kos.\u00a0 Dit keer dat kieme van rou kos na gaar en gereed-vir-eet kos versprei.<\/li>\n<li><strong>\u00a0Wees op die uitkyk vir slymerigheid\u00a0<\/strong>\u00a0Listeria groei veral maklik in &#8216;n biofilm, soos die wetenskaplikes die slymlagie op bedorwe kos noem. As jy kos in die yskas stoor ondersoek dit voor jy dit gebruik vir enige soort slymerigheid &#8211; veral op klaarbereide groente, vleis, kitskos, en kouevleis soos Weense worsies, polonie en ham.<\/li>\n<li><strong>Moenie kos laat oud word nie<\/strong>\u00a0Ons stoor graag deugsaam en spaarsaming oorskietkos maar as daar net een Listeria-organisme in een van al daardie bakkies en pakkies ou kos in jou yskas skuil kan dit binne dae vermeerder en versprei na die ander kos in jou yskas. Gooi liewer ou kos weg. Dit is vir ni\u00e9mand veilig nie.<\/li>\n<li><strong>Span ontsmetmiddels in <\/strong> Sal dit help as jy \u2019n bietjie asyn of \u2019n bietjie Milton by die spoelwater voeg? Dr. Malik dink so maar hy s\u00ea ook dat dit nie &#8216;n waarborg teen Listeria is nie. Skrop veral houtsnyborde deeglik.<\/li>\n<\/ol>\n<p><strong>\u2019n Interessante waarneming<br \/>\n<\/strong><a href=\"https:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pmc\/articles\/PMC5368540\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Navorsing<\/a> wys dat Listeria effens makliker \u2019n slymlagie vorm wanneer kos in glas en vlekvrye staal gestoor word as wanneer dit in polistereenhouers gestoor word. Polistereen is hidrofobies (stoot water weg). Gevolglik bly dit dro\u00ebr, wat dit minder aantreklik maak vir organismes.<\/p>\n<p>(<strong><em>Nota oor\u00a0die Suid-Afrikaanse listerie-uitbraak van 2017\/2018<\/em><\/strong><br \/>\n<em>Vroeg Desember 2017 \u00a0is 304 gevalle in Gauteng vir die hele 2017 aangemeld, met 103 in die res van die land. Teen 4 Maart 2018 het die syfer na 972 gevalle landwyd gestyg &#8211; meer as dubbeld in \u2019n kwart van die tyd. Sover is 24 babas dood; meer as 100 babas is met ernstige, omvattende breinskade gelaat en \u2019n onbekende getal miskrame is waarskynlik te wyte aan listeriose. Op 4 Maart 2018 het\u00a0die minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, saam met die NICD (National Institute for Communicable Diseases) aangekondig dat die bron van die Listeria-organisme in die Suid-Afrikaanse uitbraak uiteindelik gevind is, na \u2019n intensiewe speurtog oor sowat twaalf maande. Die spesifieke lyn van Listeria monocytogenes wat van die siek pasi\u00ebnte ge\u00efsoleer is, is opgespoor in weense worsies en kouevleise van\u00a0Enterprise Foods en Rainbow Chicken Limited (RCL).<\/em><\/p>\n<p><em>Produksie is reeds gestaak by die spesifieke verwerkingsentrums, en winkels en voedselverskaffers is opdrag gegee om alle verdagte produkte van die rakke te verwyder. <\/em><\/p>\n<p><em>Dit beteken nie dat alle kouevleise en polonies nou onder verdenking is nie &#8211; nie eers di\u00e9 van Enterprise en Rainbow Chicken nie, aangesien die probleem sedertdien opgelos is. Enterprise en so aan is so veilig as vantevore.)<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bron van listeriose in die Suid-Afrikaanse uitbraak is uiteindelik gevind, n\u00e1 \u2019n intensiewe speurtog oor sowat twaalf maande. Weense worsies en polonie is uitgewys. Maar jy kan ook self jou silwerskoon gekoopte kos tuis met Listeria besmet. Tensy jy weet hoe om dit te vermy &#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":92714,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[45716,278,1783,2023,3679,4451,4554,23664,23728,26754,40107,40131,40132,40133,40134],"class_list":["post-88091","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-kitskos","tag-groente","tag-swangerskap","tag-verkoue","tag-vegetables","tag-diarree","tag-voedselvergiftiging","tag-health","tag-flu","tag-pregnancy","tag-food-poisoning","tag-vars-kos","tag-fresh-food","tag-frozen-food","tag-gevriesde-kos"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy kan self &#039;n listerie-uitbraak tuis veroorsaak, as jy onveilig met kos in jou eie kombuis en yskas werk. Beskerm jou huismense met hierdie 12 kennerwenke.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy kan self &#039;n listerie-uitbraak tuis veroorsaak, as jy onveilig met kos in jou eie kombuis en yskas werk. Beskerm jou huismense met hierdie 12 kennerwenke.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-03-07T11:35:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-08-25T14:36:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Worsies.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"757\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer\",\"datePublished\":\"2018-03-07T11:35:21+00:00\",\"dateModified\":\"2018-08-25T14:36:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/\"},\"wordCount\":1385,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/Worsies.jpg\",\"keywords\":[\"kitskos\",\"groente\",\"swangerskap\",\"verkoue\",\"vegetables\",\"diarree\",\"voedselvergiftiging\",\"health\",\"flu\",\"pregnancy\",\"food poisoning\",\"vars kos\",\"fresh food\",\"frozen food\",\"gevriesde kos\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/\",\"name\":\"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/Worsies.jpg\",\"datePublished\":\"2018-03-07T11:35:21+00:00\",\"dateModified\":\"2018-08-25T14:36:00+00:00\",\"description\":\"Jy kan self 'n listerie-uitbraak tuis veroorsaak, as jy onveilig met kos in jou eie kombuis en yskas werk. Beskerm jou huismense met hierdie 12 kennerwenke.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/Worsies.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/Worsies.jpg\",\"width\":1000,\"height\":757,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/beste-wenke-listeria\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer | rooi rose","description":"Jy kan self 'n listerie-uitbraak tuis veroorsaak, as jy onveilig met kos in jou eie kombuis en yskas werk. Beskerm jou huismense met hierdie 12 kennerwenke.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer | rooi rose","og_description":"Jy kan self 'n listerie-uitbraak tuis veroorsaak, as jy onveilig met kos in jou eie kombuis en yskas werk. Beskerm jou huismense met hierdie 12 kennerwenke.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-03-07T11:35:21+00:00","article_modified_time":"2018-08-25T14:36:00+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":757,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Worsies.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer","datePublished":"2018-03-07T11:35:21+00:00","dateModified":"2018-08-25T14:36:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/"},"wordCount":1385,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Worsies.jpg","keywords":["kitskos","groente","swangerskap","verkoue","vegetables","diarree","voedselvergiftiging","health","flu","pregnancy","food poisoning","vars kos","fresh food","frozen food","gevriesde kos"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/","name":"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Worsies.jpg","datePublished":"2018-03-07T11:35:21+00:00","dateModified":"2018-08-25T14:36:00+00:00","description":"Jy kan self 'n listerie-uitbraak tuis veroorsaak, as jy onveilig met kos in jou eie kombuis en yskas werk. Beskerm jou huismense met hierdie 12 kennerwenke.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Worsies.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/Worsies.jpg","width":1000,"height":757,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beste-wenke-listeria\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Listeria in jou eie kombuis? 12 maniere wat keer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88091","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=88091"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/88091\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/92714"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=88091"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=88091"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=88091"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}