{"id":87345,"date":"2017-12-14T14:29:28","date_gmt":"2017-12-14T12:29:28","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=87345"},"modified":"2017-12-14T15:28:08","modified_gmt":"2017-12-14T13:28:08","slug":"arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/","title":{"rendered":"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album"},"content":{"rendered":"<p><strong>Arno Carstens<\/strong> het einde 2016 die album <em><strong>Die Aandblom 13<\/strong><\/em> uitgereik &#8211; sy eerste vollengte-album in Afrikaans. Die album het verskeie toekennings ingeryg, insluitend \u2019n <em>Ghoema<\/em> vir beste alternatiewe album asook \u2019n <em>SAMA<\/em> vir beste vervaardigde album.<\/p>\n<p>Die musiekvideo vir <em>Tjoepstil,\u00a0<\/em>wat op <em>Die Aandblom 13<\/em> verskyn, is regtig uniek. Dit is Arno se eerste musiekvideo waarin rekenaaranimasie en spesiale effekte gebruik word. Op die vraag wat die storie agter die video is, antwoord hy: &#8220;Ag, daar was nie eintlik \u2019n verskriklike idee nie. Ek het hierdie p\u00eal van my, <strong>Tyrone Mackay<\/strong>, by \u2019n braai ontmoet en toe gesels ons oor die moontlikheid van \u2019n musiekvideo. Hy het \u2019n besigheid wat <em>special effects<\/em> doen en hy het ges\u00ea dat<em>\u00a0<\/em>hy graag so \u2019n video wil skiet.&#8221; Dis presies wat hulle toe gedoen het. Hulle het eers by Tyrone se studio, <a href=\"http:\/\/heartmedia.tv\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">heartmedia.tv<\/a>,<strong>\u00a0<\/strong>voor \u2019n groenskerm opnames gemaak. Daarna het hulle &#8220;in Kaapstad teen Tafelberg onderin \u2019n ou steengroef gaan staan met die wind wat ons wegwaai,&#8221; onthou Arno. &#8220;Met die verskriklike wind was dit maar \u2019n mismoedige situasie.&#8221;<\/p>\n<p>Hy is egter be\u00efndruk met die eindproduk. &#8220;Wat di\u00e9 ou daaruit gekry het, was nogal <em>amazing<\/em> &#8211; dis 3D-tegnologie en als. Dis \u2019n groot taak, al lyk dit nie altyd so nie. Dit vat ure se <em>rendering<\/em>, so die video het eintlik verrassend lank gevat om te maak.\u00a0Die <em>shoot<\/em> self was in een dag klaar, maar al die rekenaarwerk &#8230; ek kry die gevoel dis altyd \u2019n <em>nice<\/em> idee om <em>special effects<\/em>\u00a0te gebruik maar ek dink mense besef nie hoe lank en uitmergelend die proses is<em>\u00a0<\/em>nie. Maar dit het <em>cool<\/em> uitgekom en ek hou daarvan.<\/p>\n<p>&#8220;Persoonlik sal ek graag in \u2019n volgende video wil vlieg,&#8221; grap Arno. &#8220;Ek is \u2019n wetenskapfiksie-aanhanger en ek is mal oor<strong> Bj\u00f6rk<\/strong> se musiekvideo&#8217;s, so ek is definitief oop vir sulke goed.&#8221;\u00a0Die liedjie\u00a0<em>Tjoepstil<\/em>\u00a0is self \u2019n surrealistiese, abstrakte tipe liefdeslied. &#8220;Meeste van my <em>songs<\/em> is sulke <em>fleeting visual statements.&#8221;<\/em> Hy haal \u2019n paar re\u00ebls aan om te verduidelik: &#8220;Kragopwekker onder my vlerke, stof\/turbo-enjins, my hart verdof.&#8221; Hy hou vol &#8220;dis\u00a0nie \u2019n <em>straightforward love song<\/em> nie; dis eerder kleurvol.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kyk hier na die musiekvideo vir <em>Tjoepstil<\/em><\/h4>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"650\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/Aon8VSlvvrY\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p><em>Tjoepstil<\/em> is die sewende snit op <em><strong>Die Aandblom 13<\/strong><\/em>. Die album is vernoem na die titel van een van die liedjies\u00a0<em>Die Aandblom.<\/em>\u00a0Dit verwys na die huis waarin hy grootgeword het in Worcester, spesifiek Aandblomstraat 13. Die meeste van die album se kunswerk (behalwe die foto van die trappe) is foto&#8217;s van sy ouerhuis &#8211; Arno se ma woon steeds daar. <em>Die Aandblom<\/em>\u00a0handel oor sy kinderdae: &#8220;Ek is die jongste van vier broers en wanneer ons ouers weg was, het ons altyd partytjies gehou en <em>eventually<\/em>\u00a0sou die polisie opdaag &#8230;&#8221; Dit vertel \u2019n storie, soos baie van die ander liedjies op die album. &#8220;Daar is baie stories op hierdie album, en dan is daar ook goed wat net<em> creative poetry<\/em> is: fantasie, <em>escapism<\/em>.&#8221;<\/p>\n<p>Arno se gunsteling-snit is<em> Chemikalie\u00eb <\/em>en hy s\u00ea ook dat al die lirieke op die album persoonlik is. &#8220;Omdat dit my eerste Afrikaanse album is, het ek besluit om te skryf oor die dinge waarvan ek weet en die plekke waarvan ek hou. Ek het daarna geluister en toe onthou ek dinge uit my jeug &#8211; dit bring baie herinneringe terug.&#8221;<\/p>\n<p>Hoe voel dit om vir die eerste keer lirieke in Afrikaans te skryf? &#8220;Baie keer, in Engels, skryf ek net \u2019n <em>song<\/em> omdat dit \u2019n lekker <em>song<\/em> is, daar is nie \u2019n verskriklike storie agter dit nie: ek wil net \u2019n <em>kickass song<\/em> skryf. Maar in Afrikaans vind ek dis makliker om \u2019n storie te vertel. Ek vind dit miskien bietjie meer lateraal.&#8221;<\/p>\n<p>Omdat Arno gemaklik tussen Afrikaans en Engels kan beweeg, het ek gewonder of hy voel hy druk homself anders uit in die twee tale. &#8220;Ja, hulle s\u00ea as jy \u2019n ander taal praat werk jou brein anders, of as jy \u2019n ander taal leer verander dit die <em>makeup<\/em> van hoe en wat jy dink. Kyk, daar is ooreenkomste tussen my skryfwerk in Engels en Afrikaans; ek hou van surrealisme ensovoorts, en dit kom in my werk voor, maar ek vind dit is makliker om \u2019n storie te vertel in Afrikaans. Jy beskryf goed beter omdat Afrikaans \u2019n meer beskrywende taal is. Aan die begin was dit wel \u2019n bietjie moeilik om in Afrikaans te moet skryf, maar aan die einde was dit \u2019n moerse <em>awesome experience<\/em>.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center\"><em>&#8220;Ek vind dit is makliker om \u2019n storie te vertel in Afrikaans&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Oor die ontvangs van sy eerste Afrikaanse solo-album s\u00ea Arno: &#8220;Dit het redelik goed gedoen; ons het \u2019n <a href=\"http:\/\/ghoema.co.za\/2017-wenners\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Ghoema<\/a> gewen, ons het \u2019n <a href=\"https:\/\/samusicawards.co.za\/sama-2017\/sama23-winners\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">SAMA<\/a> gewen &#8230; Ek meen, ek kon werk saam met <strong>Dane Taylor<\/strong>,\u00a0<strong>Fred den Hartog<\/strong> van <strong>Die\u00a0Heuwels Fantasties <\/strong>en saam met\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jay-joshua-na-die-reen-hunter-kennedy-oor-pa-wees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hunter Kennedy<\/a>. Ek hou van wat hulle gedoen het.&#8221; Hy verduidelik oor die opnames en die produksieproses (die album het immers \u2019n SAMA vir produksie ontvang). &#8220;Ek het die liedjies geskryf, maar dan kyk mens na die manier hoe hulle (Taylor, den Hartog en Kennedy) dit vervaardig het &#8211; hulle bring \u2019n hele ander <em>vibe<\/em> na die vloer. Ek is oop daarvoor: ek hou van elektronika, ek hou van rock, en ek hou van mooi musiek. Jy weet, in my o\u00eb, as jy \u2019n musikant is, moet jy heeltyd na nuwe musiek luister, want jy put inspirasie daaruit om <em>on top of it<\/em> te bly. Ons het eintlik na baie nuwe goed geluister, so die album het \u2019n baie lekker<em> vibe<\/em>.&#8221;<\/p>\n<p>Oor die ontvangs van die album brei hy ook meer uit. &#8220;Kyk, die groot ding is <em>obviously<\/em>\u00a0dat dit <em>scary<\/em>\u00a0is om vir die eerste keer iets nuuts te doen,&#8221; s\u00ea hy van die skuif na \u2019n Afrikaanse album. &#8220;Dit kon netsowel loutere snert gewees het! <em>But we did well<\/em>\u00a0&#8230; jy weet, Fred-hulle is so goed en talentvol en ek het geweet dit gaan <em>flippen awesome<\/em> wees toe die album klaar was en dat mense daarvan gaan hou. Ek het dit baie geniet en ek het daardie tyd al geweet dis \u2019n spesiale album.&#8221; Ek het klaar vir Hunter-hulle bespreek om te werk op my volgende album.&#8221; Hy lag &#8220;&#8230; <em>Die Aandblom 14<\/em>!&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is volgende op sy agenda?<\/h4>\n<p>&#8220;Ek werk nou aan \u2019n nuwe\u00a0<strong><em>Springbok Nude Girls<\/em><\/strong>-album, wat natuurlik in Engels is, en ek beplan om einde 2018 nog \u2019n Afrikaanse album uit te bring. Dan sal ek \u2019n tydjie wag &#8211; \u2019n jaar of twee &#8211; voordat ek weer \u2019n solo-album vrystel.<\/p>\n<p>Arno en die ouens van <em>Springbok Nude Girls<\/em>\u00a0(waarvan hy die voorsanger is), kom elke jaar bymekaar vir \u2019n handvol konserte en hulle het hierdie jaar ook saam met die<em><strong> Pixies<\/strong><\/em> getoer toe di\u00e9 groep in Suid-Afrika was. &#8220;Ons gaan in Januarie weer ateljee toe om aan nog \u2019n paar liedjies te werk. Kom ons kyk wat gebeur, maar die hoop is om \u2019n nuwe album vry te stel in 2018.&#8221; Indien dit gebeur, sal hulle graag \u2019n toer vir die nuwe album meemaak &#8211; dalk selfs Europa toe. Toe ek hom vra waarheen in Europa s\u00ea hy: &#8220;Nee, nee, nee, dis nog te vroeg! Maar seker Londen, Amsterdam &#8230; Wat gebeur sal gebeur. Deesdae is ons plan met die <em>Nude Girls<\/em> meer om dit te geniet en om dit te vier dat ons steeds saam kan musiekmaak,&#8221; verduidelik Arno oor di\u00e9 rockgroep wat al sedert die middel-negentigs aan die gang is. &#8220;Die <em>live shows<\/em> is steeds\u00a0<em>amazing<\/em> en die gehoor is nog net so <em>volatile<\/em> en mal soos altyd &#8211; almal is net \u2019n bietjie ouer,&#8221; s\u00ea hy grappenderwys.<\/p>\n<p>Hou Arno se optredes en nuwe vrystellings dop op <a href=\"https:\/\/arnocarstensmusic.wordpress.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">sy webblad<\/a> en op <a href=\"https:\/\/twitter.com\/ArnoCarstens?ref_src=twsrc%5Egoogle%7Ctwcamp%5Eserp%7Ctwgr%5Eauthor\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">sosiale media<\/a>.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-87362 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/DSCF7991-400x600.jpg\" alt=\"Arno Carstens\" width=\"301\" height=\"452\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor die tipe musiek wat hy skryf &#8230;<\/h4>\n<p>\u2019n Paar jaar gelede, toe sy seun gebore is, het Arno in \u2019n onderhoud genoem dat hy besluit het om twee keer te dink oor die tipe musiek wat hy skryf &#8211; veral omdat die <em>Nude Girls<\/em> soms geneig was om wilder musiek te maak. Voel hy nou, byna vyf jaar later, steeds dieselfde? &#8220;Ag, ek&#8217;s oor dit. My seun is nou \u2019n <em>Linkin Park<\/em>-aanhanger, so ek dink dis <em>fine,&#8221; <\/em>s\u00ea hy oor die feit dat hy steeds harder rock speel. &#8220;Te danke aan <em>Transformers<\/em> luister ek deesdae baie na\u00a0<em>Linkin Park<\/em>. Het jy geweet al die <em>Transformer<\/em>-video&#8217;s word op YouTube deur hul musiek begelei?\u00a0<em>So there we go, I think we&#8217;re fine<\/em>,&#8221; s\u00ea hy en begin lag. Hy s\u00ea wel dat hy nie dink dit is noodwendig goed om kinders (insluitende sy eie) by optredes\u00a0te h\u00ea nie &#8211; dis nie altyd die plek daarvoor nie, veral nie iets soos <em>Nude Girls <\/em>se\u00a0opvoerings nie.<\/p>\n<p>Ons gesprek keer terug na die feit dat Arno kan beweeg tussen verskeie optredes en tussen Afrikaans en Engels. &#8220;Hierdie Afrikaanse aspek het my optredes ryker gemaak. Ek vind dit nou weer bietjie interessanter.\u00a0Dit is \u2019n gawe om in twee tale te kan sing.&#8221; Hy skryf hierdie besef toe aan die tyd toe hy saam met <strong>Celine Dion<\/strong> getoer het. &#8220;Sy het altyd vier Franse liedjies gehad wat sy tydens haar optredes sou sing en ek het regtig baie van daardie liedjies gehou &#8211; amper meer as van di\u00e9 in Engels. Toe my platemaatskappy voorstel dat ek \u2019n Afrikaanse album moet oorweeg, het ek gereken ek moet.&#8221; Ek is mal oor wat tweetaligheid vir Celine Dion se musiek gedoen het; ek voel dit verbreed jou optredes en maak dit meer interessant.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center\"><em>&#8220;Dit is \u2019n gawe om in twee tale te kan sing&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Watter musikante het die nuwe album be\u00efnvloed? Baie sangers van lande waar Engels nie die hooftaal is nie: Duitsland, Itali\u00eb, Frankryk. &#8220;En ook <strong>Serge Gainsbourg<\/strong> se dogter, <strong>Charlotte Gainsbourg<\/strong>.&#8221; Arno s\u00ea die rede waarom hy musiek in ander tale wou luister is om bietjie anders oor sy moedertaal te dink. &#8220;Ek ken Afrikaans en ek is Afrikaans, maar mens moet die taal sien uit die o\u00eb van vreemdelinge.&#8221; Hy verduidelik hoe mens byvoorbeeld oor Franse musiek voel wanneer jy nie Frans kan praat nie. &#8220;Ek dink mens moet die taal uit \u2019n ander hoek sien. Toe ek oorspronklik saam met die <em>Nude Girls<\/em> begin sing het, was dit interessant omdat ek sekere woorde direk uit Afrikaans vertaal het. Engels was nie my eerste taal nie en die resultaat was iets heeltemal anders, Engelse mense sou die lirieke verseker nie soos ek stel nie. <em>Dit<\/em> is vir my kreatief want dan kom die kreatiewe po\u00ebsie uit. Ek skryf steeds my lirieke so, maar na 10 of 11 albums in Engels be\u00efndruk jy nie meer jouself nie. Daarom vind ek nou Afrikaans weer verskriklik vars. Ek het \u2019n tweede asem gekry &#8211; dinge voel weer vars in my musiek.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center\"><em>&#8220;Ek het \u2019n tweede asem gekry &#8211; dinge voel weer vars in my musiek&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;<strong>Stef Bos<\/strong>\u00a0is byvoorbeeld ongelooflik,&#8221; verduidelik hy oor die inspirasie om met ander o\u00eb na jou eie taal te kyk. &#8220;Ek hou van ou Afrikaans en van suiwer Afrikaans.&#8221; Waar kom sy waardering vir vroe\u00eb Afrikaans vandaan? &#8220;My pa het my van kleins af blootgestel aan mense soos<strong> C.J. Langenhoven<\/strong>, maar ek lewe ook nou, in 2017. Ek probeer om ouer Afrikaans te inkorporeer met \u2019n ander, meer eietydse denkwyse. Dit beteken nie dat ek enigsins deel is van die kaliber mense soos Langenhoven nie,&#8221; voeg hy vinnig by, &#8220;maar ek hou net van die gedagtegang wat in sy konteks gevolg is.&#8221;<\/p>\n<p>Ander Afrikaanse musikante wat volgens hom iets interessants en inspirerends met Afrikaans doen sluit in <strong>Francois van Coke<\/strong>, saam met wie hy getoer het voordat hy <em>Die Aandblom 13<\/em> opgeneem het. &#8220;Ek is ook mal oor <strong>Bittereinder<\/strong> se\u00a0<strong>Jaco van der Merwe<\/strong>. Sy lirieke is ongelooflik!&#8221; Arno verwys daarna dat van der Merwe dalk ook met ander o\u00eb na Afrikaans en Engels kyk omdat &#8220;hy \u2019n Engels onderwyser is.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Daar is baie inspirasie agter die album en agter die hele proses, wat dit in my o\u00eb suksesvol maak.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor skilder<\/h4>\n<p>Arno <strong>skilder<\/strong> wanneer hy nie musiek maak nie en hy het onlangs van sy werk in die Kaap uitgestal. Volgens hom was hy maar power met sport op skool, so hy het meer na die kunste toe geneig, en natuurlik sy eie styl gehad. Hy beskryf sy styl as &#8220;ekspressionisties, of, donker goed met helder kleure. As mens so iets maak, beteken dit natuurlik dat jy nie baie kommersieel is nie, maar ek werk daaraan,&#8221; vertel hy oor sy kunswerke en styl.&#8221; Dis \u2019n stokperdjie en ek werk nou maar eers aan my tweede uitstalling vir volgende jaar. Dit gaan baie stadig: dis een tree vorentoe en vyf-en-twintig tre\u00eb terug. Om te verf beteken vir my om heeltyd te snoei. Partykeer begin jy en dan dink jy &#8220;Jinne, dis terrible &#8230; dis terrible&#8221; en dan werk jy dit totdat dit<em> cool<\/em> is. Jy moet net weet waarvan jy hou, dan sal jy reg wees &#8230; En jy moet weet wanneer dit regtig sleg is sodat jy dit kan regmaak,&#8221; lag hy. Jy kan na sy kunswerke kyk op sy <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/arnocarstensfineart\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Instagram-blad<\/a> en inligting oor toekomstige uitstallings kry.<\/p>\n<p>Alhoewel beide musiekmaak en skilder skeppende prosesse is, beteken dit nie noodwendig dat dieselfde paadjie gevolg word om in hierdie media te werk nie. Om te skilder is vir Arno senutergend. &#8220;Met musiek het jy mense om jou wat jou help om iets regtig wonderlik te laat klink, maar met verf is jy heeltemal op jou eie.&#8221; Hy noem wel dat daar soms ooreenstemmings is: &#8220;Partykeer skryf jy iets mooi en dan kom dit so gemiddeld uit wanneer jy dit opneem. Ander kere is jy nie so trots op iets nie, maar as jy dit opgeneem het klink dit wonderlik!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center\"><em>&#8220;Jy sit maar met \u2019n blok en jy moet \u2019n hamer en beitel neem en wegkap tot jy iets kry waarvan jy hou&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-88016 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/DSCF9673-copy-e1512571826258-476x600.jpg\" alt=\"ArnoAandblom1\" width=\"381\" height=\"480\" \/><\/p>\n<p>As \u2019n kunstenaar wat al as solo-musikant \u00e9n saam met groot name honderde optredes meegemaak het, het ek gewonder of daar een optrede is wat sterk uitstaan. &#8220;Jou eerste minnaar is altyd jou beste,&#8221; antwoord hy dadelik. &#8220;Die <em>Nude Girls<\/em> se eerste groo<em>t show<\/em> was saam met <strong>INXS<\/strong>\u00a0en\u00a0ons het na die <em>show<\/em> lekker saam met die ouens ge-<em>party.<\/em> \u2019n Maand later is<strong> Michael Hutchence<\/strong> (die groep se voorsanger)<strong>\u00a0<\/strong>dood. Hy was die naaste aan<strong> Jim Morrison<\/strong> wat ek nog ooit gesien het: wonderlike stem, <em>sex on legs<\/em>, \u2019n partytjiedier. Hy was net daai hele <em>rock \u2019n roll<\/em>-pakket en ek dink ons o\u00eb was so groot soos pierings &#8211; ons was heeltemal verstom.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center\"><em>&#8220;Jou eerste minnaar is altyd jou beste&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Arno het ook onlangs vir die laaste keer saam met <strong>Johnny Clegg<\/strong>\u00a0in Johannesburg opgetree.\u00a0Clegg, wat die afgelope twee jaar teen pankreaskanker veg, tree binnekort af. &#8220;Dit was baie hartseer maar \u2019n groot eer om deel te kon wees van daardie konsert. Dit was \u2019n baie emosionele <em>show<\/em>,&#8221; vertel Arno. &#8220;Die eerste rock-konsert waarna ek gaan kyk het &#8211; ek was seker so standerd 8 &#8211; was \u2019n Johnny Clegg-konsert wat in die stadsaal in Worcester plaasgevind het. Later, met die<em> Nude Girls,<\/em> het ons ge-<em>open<\/em> vir Johnny by die Neelsie in Stellenbosch &#8211; dit was die eerste groot rockgroep saam met wie ons gespeel het.&#8221; Arno het ook later, in 2014, \u2019n liedjie saam met Clegg opgeneem vir sy album <a href=\"https:\/\/arnocarstensmusic.wordpress.com\/albums\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><em>Lightning Prevails<\/em><\/a>. &#8220;Ek het <em>Another Universe<\/em> in balladevorm verwerk en opgeneem en Johnny het tradisionele Zoeloe-mondboog gespeel. Dit was die voltooiing van \u2019n bittersoet sirkel om deel te kon wees van sy laaste optredes.&#8221;<\/p>\n<p>Arno gesels oor sy bewondering vir musikante soos Clegg. &#8220;Oor die jare het hierdie ou regtig Afrika-kulture omhels, \u00e9n om \u2019n Suid-Afrikaner te wees omhels. Ek dink dis \u2019n groot ding wat my nogal baie be\u00efnvloed het &#8211; om die kulture en die w\u00eareld om jou te omhels, en dit uit te beeld in jou musiek.&#8221;<\/p>\n<p>En die ouer generasie musikante wat oor Suid-Afrikaanse ervarings skryf? &#8220;Ja, ek het die ander dag saam met <strong>David Kramer<\/strong> gespeel. Hierdie ouens is regtig baie goed en hulle is sulke <em>entertainers<\/em>, dis ongelooflik. Dit voel soms of kuns oud kan raak, maar op die ou einde is die beste kunstenaars werklik diegene met die ervaring. In hierdie bedryf leer jy baie by ouer kunstenaars. Ja, dis lekker om be\u00efnvloed te word deur nuwe klanke, maar die basis van \u2019n goeie boek kom tog uit ervaring.&#8221;<\/p>\n<p>(Lees ook ons eksklusiewe onderhoud met Johnny Clegg in ons Desember 2017-uitgawe.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter raad sal hy aan jong musikante gee wat die bedryf betree?<\/h4>\n<p>&#8220;Omhels die toekoms.&#8221; Hy herhaal dit en mens kan sien dat dit wat hy s\u00ea iets is wat uit sy eie ervaring spruit. &#8220;Omhels die toekoms want jy het nie \u2019n idee wat met jou gaan gebeur nie. Ek is bly dit het gewerk vir my. Ek dink altyd aan die tyd toe ek in matriek was en na <em><strong>U<\/strong><strong>2<\/strong><\/em>\u00a0geluister het. Ek sou nooit in \u2019n miljoen jaar kon dink ek sou vir hulle <em>open<\/em> nie; ook nie vir die <em><strong>Rolling Stones<\/strong><\/em>, of vir\u00a0<em><strong>INXS<\/strong><\/em> nie. So, klim op die bus, doen jou bes,<em> stick to your guns<\/em> en hou by jou integriteit as kunstenaar. Daar is \u2019n moontlikheid dat niks kan gebeur nie, maar as dit wel gebeur, is jy in vir \u2019n <em>great ride<\/em>.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Arno Carstens het onlangs die musiekvideo vir sy enkelsnit, &#8220;Tjoepstil&#8221;, uitgereik. Ons het met hom hieroor gesels, oor sy eerste solo-album in sy moedertaal wat verwys na sy moederhuis, asook oor dit wat voorl\u00ea. Deur Catherine Schenck. Foto&#8217;s: Jaco S. Venter <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":88342,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,5134,24339,28097,40563],"class_list":["post-87345","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-afrikaanse-musikante","tag-local-celebs","tag-ons-bekendes","tag-south-african-artists"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons het met Arno Carstens gesels die musiekvideo vir Tjoepstil, sy eerste solo-album in Afrikaans, en oor dit wat voorl\u00ea. Foto&#039;s: Jaco S. Venter.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons het met Arno Carstens gesels die musiekvideo vir Tjoepstil, sy eerste solo-album in Afrikaans, en oor dit wat voorl\u00ea. Foto&#039;s: Jaco S. Venter.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-12-14T12:29:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-12-14T13:28:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/arno-portrait-e1513088988718.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1812\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1258\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album\",\"datePublished\":\"2017-12-14T12:29:28+00:00\",\"dateModified\":\"2017-12-14T13:28:08+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/\"},\"wordCount\":2892,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/arno-portrait-e1513088988718.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"afrikaanse musikante\",\"local celebs\",\"ons bekendes\",\"south african artists\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/\",\"name\":\"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/arno-portrait-e1513088988718.jpg\",\"datePublished\":\"2017-12-14T12:29:28+00:00\",\"dateModified\":\"2017-12-14T13:28:08+00:00\",\"description\":\"Ons het met Arno Carstens gesels die musiekvideo vir Tjoepstil, sy eerste solo-album in Afrikaans, en oor dit wat voorl\u00ea. Foto's: Jaco S. Venter.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/arno-portrait-e1513088988718.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/12\\\/arno-portrait-e1513088988718.jpg\",\"width\":1812,\"height\":1258,\"caption\":\"Foto: Jaco S. Venter\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album | rooi rose","description":"Ons het met Arno Carstens gesels die musiekvideo vir Tjoepstil, sy eerste solo-album in Afrikaans, en oor dit wat voorl\u00ea. Foto's: Jaco S. Venter.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album | rooi rose","og_description":"Ons het met Arno Carstens gesels die musiekvideo vir Tjoepstil, sy eerste solo-album in Afrikaans, en oor dit wat voorl\u00ea. Foto's: Jaco S. Venter.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-12-14T12:29:28+00:00","article_modified_time":"2017-12-14T13:28:08+00:00","og_image":[{"width":1812,"height":1258,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/arno-portrait-e1513088988718.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album","datePublished":"2017-12-14T12:29:28+00:00","dateModified":"2017-12-14T13:28:08+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/"},"wordCount":2892,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/arno-portrait-e1513088988718.jpg","keywords":["celebs","afrikaanse musikante","local celebs","ons bekendes","south african artists"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/","name":"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/arno-portrait-e1513088988718.jpg","datePublished":"2017-12-14T12:29:28+00:00","dateModified":"2017-12-14T13:28:08+00:00","description":"Ons het met Arno Carstens gesels die musiekvideo vir Tjoepstil, sy eerste solo-album in Afrikaans, en oor dit wat voorl\u00ea. Foto's: Jaco S. Venter.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/arno-portrait-e1513088988718.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/12\/arno-portrait-e1513088988718.jpg","width":1812,"height":1258,"caption":"Foto: Jaco S. Venter"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/arno-carstens-oor-sy-eerste-afrikaanse-album\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Arno Carstens oor sy eerste Afrikaanse album"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/87345","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87345"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/87345\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/88342"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87345"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=87345"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=87345"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}