{"id":87011,"date":"2019-04-06T06:00:57","date_gmt":"2019-04-06T04:00:57","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=87011"},"modified":"2019-03-31T17:30:32","modified_gmt":"2019-03-31T15:30:32","slug":"n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/","title":{"rendered":"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson"},"content":{"rendered":"<p>Toe sy klein was, wou <strong>Rachel Carson<\/strong> \u2019n skrywer word. Om \u2019n w\u00eareld deur woorde weer te gee was haar droom. Maar toe sy op universiteit die lieflikheid van die natuur deur \u2019n mikroskoop ontdek, was haar studierigting en loopbaan vir haar uitgestippel. Sy het \u2019n toegewyde marinebioloog geword wat uiteindelik deur gevoelige prosa haar wetenskaplike kennis en haar kommer oor die verwoesting van die natuur en sy fyn ekologiese samehang met die mensdom kon deel.<\/p>\n<p>Rachel het in haar bekendste boek, die blitsverkoper, <em><strong>Silent Spring<\/strong><\/em>, wat in 1962 verskyn het, die eerste keer feitelik oor die natuurvernietigende gevolge van die wye gebruik van insek- en onkruiddoders geskryf. \u2019n Presidensi\u00eble kommissie wat op grond van di\u00e9 boek aangestel is, het haar bevindings oor die beskadiging van die omgewing beaam en stappe gedoen om die ongebreidelde aanwending van chemikalie\u00eb in toom te hou.<br \/>\nCarson kan met reg beskou word as die grondlegger van die moderne bewustheid van omgewingsbewaring.<\/p>\n<p>Die skugter, saggeaarde <strong>Rachel Louise Carson<\/strong> is op 27 Mei 1907 in Springdale, Pennsilvani\u00eb in die VSA gebore. Sy is nooit getroud nie en was die enigste onder die kinders in haar gesin wat universiteitsopleiding gekry het.<\/p>\n<p>Die Carsons het \u2019n plasie gehad en Rachel het gereeld die omgewing verken. Sy was heelwat jonger as haar broer en suster en meestal alleen, maar sy was nooit eensaam nie. Die diere, vo\u00ebls, plante en insekte het haar geselskap gehou. Rachel se ma, <strong>Maria,<\/strong> was \u2019n onderwyseres en \u2019n natuurliefhebber. Sy het haar liefde en respek vir die natuur met haar dogter gedeel. Rachel het later onthou hoe haar ma nie insekte in die huis doodgemaak het nie, maar hulle uitgedra het buite toe. Daar was nie eens \u2019n vlie\u00ebplak in hul huis nie.<\/p>\n<p>Hoewel hul plasie ver van die see af was, het Rachel \u2019n brandende begeerte gehad om die see te sien. In hul huis was \u2019n groot trompetskulp wat sy dikwels teen haar oor gehou het om die verbeelde geluide van die oseaan te hoor. Sy het daarvan gedroom om op die strand te staan, die slag van die golwe te hoor en die fyn sand oor haar voete te voel spoel.<\/p>\n<p>Die impetus vir haar belangstelling in die see was waarskynlik haar toevallige ontdekking van \u2019n fossiel in \u2019n klip in die veld. Sy het vir haar ma gaan wys en saam het hulle dit in \u2019n boek nageslaan. Dit was die fossiel van \u2019n seediertjie. Miljoene jare gelede was hul stukkie plaas deel van die oseaan! Rachel was gefassineer.<\/p>\n<p>Naas die see was Rachel se grootste droom om \u2019n skrywer te word. Sy was lief vir lees en het gereeld saam met haar pa dorp toe gegaan om boeke by die biblioteek uit te neem. Op skool het sy goed presteer. Sy was \u2019n skugter, hardwerkende kind wat gereeld A-simbole gekry het.<\/p>\n<p>Daar was geen twyfel dat Rachel n\u00e1 skool kollege toe moes gaan nie. Gelukkig het haar goeie skoolresultate vir haar die pad na \u2019n beurs toe oopgemaak en kon sy by die Pennsilvani\u00eb-kollege vir vroue in Pittsburg gaan studeer. Sy het vir \u2019n kursus in Engelse letterkunde en skryfkunde ingeskryf omdat sy \u2019n skrywer wou word maar \u2019n wetenskapkursus was ook \u2019n vereiste vir haar studierigting en in die biologieklas het sy meegevoer na \u2019n klein, eensellige organisme onder die mikroskoop gekyk. Die patrone van re\u00ebndruppels en wolke was daarin vervat en in di\u00e9 eenvoudige organisme het sy die kompleksiteit van die heelal raakgesien.<\/p>\n<p>In \u2019n gedig het Rachel \u2019n re\u00ebl raakgelees wat haar finaal laat besluit het om van studierigting te verander. Di\u00e9 re\u00ebl was: \u201c<em>For the mighty wind arises, roaring seaward, and I go<\/em>\u201d.<\/p>\n<p>Gefassineerd het sy die oseaan en die lewe in die water begin bestudeer en later \u2019n meestersgraad in haar vakgebied aan die Johns Hopkins-universiteit behaal, in daardie tyd \u2019n besondere prestasie deur \u2019n vrou. In 1936 het sy aan die Maryland-universiteit begin klasgee en daarna \u2019n pos by die vis- en wildlewediens van die VSA aanvaar, \u2019n pos wat sy lank beklee het.<\/p>\n<p>Op al haar ekskursies langs die see af en in die veld het sy \u2019n notaboek met haar saamgedra. Om te skryf was steeds \u2019n droom en haar navorsing sou haar daartoe in staat stel. Uiteindelik het sy vier boeke gepubliseer, almal oor die see en die natuur.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-87013 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Beeld-009-393x600.jpg\" alt=\"Rachelcarson1\" width=\"393\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>In 1941 het <em>Under the Sea Wind<\/em> verskyn. In helder, verstaanbare taal het sy die geheime van die onderwaterse seew\u00eareld met haar lesers gedeel. Die boek het goeie resensies gekry, maar was nie \u2019n groot verkoper nie, want \u2019n maand n\u00e1 die publikasie het Amerika tot die Tweede W\u00eareldoorlog toegetree. Niemand het belang gestel in \u2019n boek oor die see nie.<\/p>\n<p>Haar tweede boek, <em>The Sea Around Us<\/em>, het in 1951 verskyn en was \u2019n topverkoper. Dit het twee pryse gewen en is in 28 tale vertaal. In die boek het sy onder meer die konsep van ekologiese samehang, iets waarvan min mense nog geweet het, beskryf. Sy was skielik in groot aanvraag as \u2019n spreker. Die skaam, terughoudende mens was nie gemaklik met openbare optrede nie, maar sy het dit gedoen omdat sy vasbeslote was dat mense meer moes leer van die omgewing en die gevare wat dit bedreig.<\/p>\n<p>Die sukses van hierdie boek het haar laat besluit om haar eerste boek te laat herdruk en di\u00e9 keer was <em>Under the Sea-Wind<\/em> \u2019n reuse-sukses. Rachel se finansi\u00eble swaarkrydae was uiteindelik agter die rug. In 1952 het sy haar werk bedank en haar net op skryfwerk toegespits.<\/p>\n<p>Sy het saam met haar ma duisende kilometers langs die kus af gereis om die plante en seelewe in verskillende omgewings te ondersoek en nuwe temas te kry om oor te skryf, en in 1955 het haar derde boek, <em>The Edge of the Sea<\/em>, verskyn \u2013 weer eens \u2019n blitsverkoper. Rachel Carson was nou so bekend dat mense haar in die openbaar herken en lastig geval het.<\/p>\n<p>Sy het baie navorsing gedoen oor die effek wat besoedeling op die w\u00eareld het. Die storting van nywerheidsafval in strome en riviere wat uiteindelik in die see beland, het haar ontstel. Boonop het Amerika in die jare vyftig uitgebreide programme gehad waardeur insekdoders uit vliegtuie op plantasies en katoenlande gespuit is.<\/p>\n<p>Op \u2019n dag het Rachel \u2019n brief van \u2019n vriendin ontvang. Di\u00e9 het haar vertel hoe baie rooiborsies in haar erf dood is weens vergiftiging deur insekdoders wat veronderstel was om muskiete te beheer. Dit het Rachel se volgende navorsingstema geword en in 1962 het haar belangrikste boek, <em>Silent Spring,<\/em> verskyn. Die titel het verwys na die aanbreek van \u2019n lente sonder vo\u00ebls weens plaagdoders. Rachel was ontsteld oor die bedreiging wat die chemikalie\u00eb vir insekte, vo\u00ebls, diere, plantlewe \u00e9n mense ingehou het.<\/p>\n<p>In <em>Silent Spring<\/em> het sy verduidelik dat dit honderde miljoene jare geneem het om lewe op die aarde voort te bring soos dit vandag daar uitsien. Prosesse van aanpassing het oor eeue der eeue plaasgevind. Daar was van die begin af vyande van lewe, maar \u2019n balans is gevind omdat die prosesse oor \u2019n geweldige lang tyd plaasgevind het terwyl dit in die moderne w\u00eareld gestu word deur die haas en impulsiewe optrede van die mens en nie meer deur die vaste gang van die natuur nie. Chemikalie\u00eb waarby lewe moet aanpas, bestaan nie meer net uit minerale wat natuurlik aanwesig is nie, maar ook \u2019n nimmereindigende stroom mensgemaakte chemikalie\u00eb.<\/p>\n<p>Carson het met talle voorbeelde uit die omgewing uitgewys dat insekdoders soos DDT, dieldrin, aldrien en onkruiddoders \u2019n vernietigende uitwerking op die ekologiese samehang gehad het. Die interaksie tussen water, plante, insekte en diere, asook die mens, het tot onberekenbare gevolge gelei. Vo\u00ebls is uitgeroei deurdat hulle vergiftigde insekte eet, of anders het hulle steriel geraak en hul eiers het nie uitgebroei nie. Dieselfde lot het hele visbevolkings in strome en riviere getref, die blare en bas van plante is met \u2019n dodelike gifbolaag bedek en die gif het in die grond agtergebly.<\/p>\n<p><em>Silent Spring<\/em> was \u2019n topverkoper. \u2019n Program oor die boek is ook op TV aangebied en tien miljoen mense het daarna gekyk. Die publiek het kennis geneem van die gevare en druk begin uitoefen teen die ongetemperde gebruik van die gifstowwe.<\/p>\n<p>So oorweldigend was die reaksie op die boek dat die regering van president <strong>J.F. Kennedy<\/strong> \u2019n kommissie van ondersoek na die saak ingestel het. Die kommissie se verslag van 1963 het Rachel se gevolgtrekkings beaam. Nuwe wette is deurgevoer en stappe is gedoen om die gebruik van die middels in te kort. Die gebruik van DDT is later heeltemal verbied. Daar is ook meer navorsing gedoen oor die biologiese pleks van die chemiese bestryding van plae.<\/p>\n<p>Rachel Carson was fisiek nooit \u2019n baie sterk mens nie en in die jare waarin sy navorsing vir <em>Silent Spring<\/em> gedoen het, het haar gesondheid erg agteruit gegaan. In 1960 is kanker by haar gediagnoseer. Sy het deur haar pyn en siekte vasgebyt, haar boek voltooi en lank genoeg geleef om die volslae sukses daarvan te beleef. Sy is in 1964 op die ouderdom van net 56 in Maryland oorlede.<\/p>\n<p>Hierdie artikel het oorspronklik in die rooi rose Julie 2016 uitgawe verskyn.<\/p>\n<p><strong>Bronne:<\/strong> Boeke: Rachel Carson, Silent Spring, E-boekformaat; Amy Ehrlich, The Story of Rachel Carson, E-boekformaat; Sarah Fabiny, Who was Rachel Carson? E-boekformaat.<br \/>\nInternet: Bob McDonald, \u201cSilent Spring Still Relevant, 50 Years Later\u201d (www.cbc.ca\/newsblogs\/technology\/quirks-quarks-blog\/2012\/09\/silent-spring-still-relevant-50-years-later.html); \u201cIs Rachel Carson\u2019s Thesis in Silent Spring Still Relevant Today? (www.enotes.com\/homework-help\/rachel-carsons-thesis-silent-spring-still-398973); Obituary: \u201cRachel Carson Dies of Cancer\u201d (www.nytimes.com\/learning\/general\/onthisday\/bday\/0527.html).<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die mens is slegs \u2019n klein onderdeeltjie in \u2019n wye, ingewikkelde heelal, maar het die mag om die ragfyn natuur te vernietig. Rachel Carson was een van die vroegste stemme wat hierteen gewaarsku het. Deur Regina Malan. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":87016,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[32171,147,29390],"class_list":["post-87011","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-beeld-van-n-vrou","tag-bekendes","tag-celeb"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die mens het die mag om die ragfyn natuur te vernietig. Rachel Carson was een van die vroegste stemme wat hierteen gewaarsku het. Deur Regina Malan.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die mens het die mag om die ragfyn natuur te vernietig. Rachel Carson was een van die vroegste stemme wat hierteen gewaarsku het. Deur Regina Malan.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-04-06T04:00:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Beeld-0009.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"458\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"683\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson\",\"datePublished\":\"2019-04-06T04:00:57+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/\"},\"wordCount\":1598,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Beeld-0009.jpg\",\"keywords\":[\"beeld van n vrou\",\"bekendes\",\"celeb\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/\",\"name\":\"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Beeld-0009.jpg\",\"datePublished\":\"2019-04-06T04:00:57+00:00\",\"description\":\"Die mens het die mag om die ragfyn natuur te vernietig. Rachel Carson was een van die vroegste stemme wat hierteen gewaarsku het. Deur Regina Malan.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Beeld-0009.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Beeld-0009.jpg\",\"width\":458,\"height\":683,\"caption\":\"rachelcarlson2\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson | rooi rose","description":"Die mens het die mag om die ragfyn natuur te vernietig. Rachel Carson was een van die vroegste stemme wat hierteen gewaarsku het. Deur Regina Malan.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson | rooi rose","og_description":"Die mens het die mag om die ragfyn natuur te vernietig. Rachel Carson was een van die vroegste stemme wat hierteen gewaarsku het. Deur Regina Malan.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-04-06T04:00:57+00:00","og_image":[{"width":458,"height":683,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Beeld-0009.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson","datePublished":"2019-04-06T04:00:57+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/"},"wordCount":1598,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Beeld-0009.jpg","keywords":["beeld van n vrou","bekendes","celeb"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/","name":"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Beeld-0009.jpg","datePublished":"2019-04-06T04:00:57+00:00","description":"Die mens het die mag om die ragfyn natuur te vernietig. Rachel Carson was een van die vroegste stemme wat hierteen gewaarsku het. Deur Regina Malan.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Beeld-0009.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Beeld-0009.jpg","width":458,"height":683,"caption":"rachelcarlson2"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-lente-sonder-voelsang-rachel-carson\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"\u2019n Lente Sonder Vo\u00eblsang: Rachel Carson"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/87011","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87011"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/87011\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87016"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87011"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=87011"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=87011"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}