{"id":86259,"date":"2017-11-10T15:08:20","date_gmt":"2017-11-10T13:08:20","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=86259"},"modified":"2017-11-10T15:08:20","modified_gmt":"2017-11-10T13:08:20","slug":"bietjie-meer-oor-bibi-slippers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/","title":{"rendered":"Bietjie meer oor Bibi Slippers"},"content":{"rendered":"<p>As jy al vir Bibi Slippers ontmoet het, sal jy weet sy is nie \u2019n <strong>skapie<\/strong> wat agter die trop aanloop nie. (Maar sy hou genoeg van skape dat sy nege speelse tatoe\u00ebermerke van skape op haar arm het, en sy teken hulle ook graag.) \u201cAweregs\u201d is \u2019n woord wat by my opkom wanneer ek aan haar dink. En goudgeel, soos \u2019n sonneblom. Laasgenoemde het dalk iets te doen met die vrolike geel buiteblad van haar <strong>digbundel<\/strong>, of dalk met die rok wat sy na die ATKV Woordveertjie-toekennings gedra het (waar sy haar <strong>vierde letterkundeprys<\/strong> vir die jaar ontvang het). Maar waarskynlik alles met die feit dat sy haarself nie te ernstig opneem nie \u2013 al is sy baie ernstig oor dinge soos werk en die digkuns.<\/p>\n<p>\u201cEk sien myself glad nie as \u2019n openbare figuur nie, en dit was nogal moeilik om aan mense se kommentaar oor my op <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sosiale-media-se-flaters\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">sosiale media<\/a> gewoond te raak. Toe <em>delete<\/em> ek myself op <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/facebook-en-die-dood\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">facebook<\/a> en <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-jouself-die-voet-twiet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Twitter<\/a>,\u201d verklaar sy.<\/p>\n<p>Bibi \u2013 sy is <strong>Beatrice Barbara<\/strong> gedoop, maar niemand noem haar ooit so nie \u2013 is nie net vanjaar se Groot Nuus as dit kom by po\u00ebsie nie. Lesers sal haar naam herken van <em>LitNet<\/em>, waar sy inhoudsbestuurder en redakteur van kreatiewe skryfwerk was, en ook as artikelredakteur en joernalis by <em>My Tyd<\/em>, die Sondagkoerant <em>Rapport<\/em> se tydskrif van \u2019n klompie jare gelede.<\/p>\n<p>\u201cDie lekkerste storie wat ek daar gedoen het, was die een oor plattelandse haarkappers,\u201d onthou sy. \u201cEk het in twee dae my hare drie keer laat knip, en so tussen al die lawwighede het daar \u2019n pragtige storie uitgekom. Al was van daai haarsnye ook skokkend, het \u2019n mens byna gered gevoel. Want haarkappers is <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/stres-minder-kyk-na-die-6-denkpatrone\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">sielkundiges<\/a>, biegmoeders, alles.\u201d<\/p>\n<p>Haar joernalistieke vernuf is al twee keer met ATKV Media-veertjies bekroon, en dis werk wat sy geniet.\u00a0 \u201cEk is mal daaroor om na mense se <strong>stories<\/strong> te luister. Dit begeester my.\u201d Een so \u2019n ervaring, onthou sy, was toe sy \u2019n klompie jaar gelede by <em>LitNet<\/em> gevra is om oudregter Albie Sachs na die Richmondse Boekefees te neem. \u201cDie gees in daardie man &#8230; Dit het \u2019n massiewe indruk op my gemaak. Hulle maak nie meer sulke mense nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cDie gees in daardie man &#8230; Dit het \u2019n massiewe indruk op my gemaak. Hulle maak nie meer sulke mense nie.\u201d\u00a0<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>N\u00e1 \u2019n kort draai by die tydskrif <em>VISI<\/em>, verdien Bibi deesdae haar daaglikse brood as inhoudsregisseur van <em>Flits<\/em>, <strong>kykNET<\/strong> se program oor mode, kuns en vermaak. Boekliefhebbers sal haar dalk ook onthou vir haar aweregse Via-boekprogram <em>In die bed met Bibi<\/em>. Tussendeur skryf sy alles van bemarkingskopie vir Showmax tot artikels en boekresensies.<\/p>\n<p>\u201cEk vryskut asof my vaste kontrak m\u00f4re tot \u2019n einde kom,\u201d bieg sy. Sy het ook die verskillende uitdagings nodig om te keer dat sy verveeld raak. \u201cMaar ja, so nou en dan klink \u2019n vervelige, rustige lewe nogal lekker!\u201d s\u00ea sy laggend. \u201cEk het buitengewoon ho\u00eb energievlakke en moet besig bly.\u201d<\/p>\n<p>Haar hardwerkendheid kry sy by haar familie. \u201cHulle is almal werkholiste. Ek onthou Kersdae wat ons by my pa se werk by die Universiteit van Zoeloeland deurgebring het. My ouers het van sulke werksdruk altyd groot pret gemaak.\u201d<\/p>\n<p>Maar hoe gebeur dit dat die enigste dogter van \u2019n maatskaplike werker en \u2019n akademikus wat in dierevoeding spesialiseer, \u2019n uiters kreatiewe digter\/joernalis\/kunstenaar word?<\/p>\n<p>\u201cMy pa, Stephen, is nou wel \u2019n akademikus, maar hy is baie <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/doen-dit-self-marmer-op-jou-vingerpunte\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">kreatief<\/a>. My ma, Betsie, is nie net maatskaplike werker nie, maar het ook in \u2019n stadium \u2019n klerefabriek gehad en trourokke gemaak. Albei is ook uitstekende <strong>storievertellers<\/strong>. Jy moes die lekker lang, snaakse e-posse sien wat hulle vir my geskryf het toe ek oorsee gewerk het.\u201d<\/p>\n<p>Haar broer, ook Stephen, werk in logistiek.\u00a0Haar ouers is ook groot lesers.<\/p>\n<p>\u201cMy pa was nog altyd, en noudat my ma rustiger is en nie meer so hard werk nie, lees sy ook baie.\u201d<\/p>\n<p>Of kom haar kreatiwiteit en woordvernuf dalk van haar verlangse verbintenis aan moederskant met <strong>C.J. Langenhoven<\/strong>?<\/p>\n<p>N\u00e1 matriek op Empangeni was sy \u201cgoed op pad na \u2019n dramaloopbaan\u201d, \u2019n feit wat glad nie as \u2019n verrassing kom nie. Vra maar die gehoor wat by vanjaar se ATKV Mediaveertjies amper geflous is toe \u2019n opgewonde Bibi op die verhoog hardloop om \u2019n (fop) Veertjie te gaan ontvang vir \u2019n produksie wat nie bestaan nie. Di\u00e9 poets was deel van die aand se amptelike pret, en natuurlik \u2019n skertsende verwysing na vanjaar se Oscar-glips toe <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/en-die-wenner-toe-nie-la-la-land-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">La La Land<\/a> verkeerdelik as beste rolprent aangekondig is. Sy het van kleins af van kulturele aktiwiteite soos drama en kunswedstryde gehou. \u201cIn graad twee was ek \u2019n vis in die skoolkonsert. Ek het toe al gevoel ek moes eintlik die praatrol gekry het,\u201d s\u00ea sy droogweg.<\/p>\n<p>Maar \u2019n <em>gap<\/em>-jaar as lid van <strong>C-Kruis<\/strong>, \u2019n musikale bediening, het haar genees van loopbaandrome oor aktrise word.<\/p>\n<p>\u201cOns het \u2019n jaar lank rondgetoer, en ek het net besef die leefstyl is glad nie ideaal vir my temperament nie. Ek soek meer vastigheid.\u201d Toe skryf sy in vir \u2019n B.A. in beeldende kuns by Tuks.<\/p>\n<p>In haar tweede jaar wou sy summier opskop om rolprentkunde te studeer. \u201cUniversiteit<em> \u2018shows you the size of your mind\u2019<\/em>,\u201d haal sy die skrywer J.D. Salinger aan. Toe besluit sy maar om toestemming te kry om ekstra vakke by te neem, en in 2007 gradueer sy toe met nie een nie, maar twee BA-grade: een in beeldende kuns en die ander een in tale. Ja, erken sy, dit was \u201cnogal\u201d harde werk. Op universiteit het sy haar eerste proesel <strong>joernalistiek<\/strong> gesmaak as vryskut-kunsresensent vir <em>Beeld<\/em>.<\/p>\n<p>N\u00e1 universiteit is sy Australi\u00eb toe vir \u2019n vriendin se troue, en een ding het tot \u2019n ander gelei. So beland sy en haar destydse k\u00earel toe in Nieu-Seeland, waar Bibi onder meer kopie geskryf het.<\/p>\n<p>Later is sy terug Australi\u00eb toe. Dis juis daar in Nieu-Seeland waar sy begin <strong>gedigte<\/strong> skryf het.<\/p>\n<p>\u201cEk dink dit het iets te doen met daardie gevoel van buitestaander wees wat \u2019n mens kry as jy in die <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/brugjaar-ja-nee\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">buiteland<\/a> woon, al is jy ook hoe gelukkig. Jy begin onwillekeurig binnetoe kyk. Jy voel steeds ontwortel.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Jy begin onwillekeurig binnetoe kyk. Jy voel steeds ontwortel.\u201d\u00a0<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dis toe dat sy aansoek gedoen het om \u2019n meestersgraad in <strong>kreatiewe skryfkuns<\/strong> aan die Universiteit van Stellenbosch onder leiding van prof. Marlene van Niekerk en dr. Willem Anker te doen. (Sy het tussen haar M-graad deur by <em>LitNet<\/em> en ook as joernalis gewerk.)<\/p>\n<p>Sy het dit geniet om haar in die akademiese aspek van skryfkunde te verdiep. \u201cEk is baie leergierig en mal daaroor om heeldag net diep en lekker oor dieselfde ding te kan <strong>dink<\/strong>. Ek sal dalk nog eendag my Ph.D. wil\u00a0 doen \u2013 ek hou van uitdagings.\u201d<\/p>\n<p>Die skryfdeel van die meestersgraad was vir haar die moeilikste, al het <em>Fotostaatmasjien<\/em>, die praktiese resultaat daarvan, vanjaar behoorlik die Afrikaanse po\u00ebsiew\u00eareld oorrompel. (Dit is vanjaar al bekroon met die Eug\u00e8ne Marais-prys, die UJ-debuut-prys, die Elisabeth Eybers-prys en \u2019n ATKV Woordveertjie as beste digbundel, en was ook op die kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir po\u00ebsie.)<\/p>\n<p>Die titel kom van haar liefde vir <strong>fotostaatmasjiene<\/strong> (haar gunstelingwoord is \u201cXerox\u201d.) \u201cEk hou regtig baie van fotostaatmasjiene. Ek het op universiteit derduisende rande se fotostate gemaak, en ook ander mense se weggooi-fotostate uit asdromme gevis en versamel. Ek het steeds bokse en bokse vol beeldskone fotostate \u2013 die gradi\u00ebnte van wit na grys na swart is mooi; die teksture wat die masjien voortbring. Iets aan die estetika van fotostaatmasjiene spreek eenvoudig kliphard tot my.\u201d<\/p>\n<p>Die digbundel was vir seker die moeilikste ding wat sy in haar lewe aangepak het. \u201cEk het altesaam sewe jaar daaraan gewerk, en was einde 2014 al gereed om dit in te gee.\u201d Sy lag toe sy vertel h\u00f3\u00e9 kwaad sy was toe prof. Van Niekerk vir haar s\u00ea dat dit nog nie reg was nie. \u201cDit het seker maar eintlik oor my brose ego gegaan. Ek het toe mos al gedink ek k\u00e1n skryf.\u201d\u00a0 \u2019n Jaar later, in 2015, het sy uiteindelik haar meestersgraad in kreatiewe skryfkunde behaal.<\/p>\n<p>Vandag is sy dankbaar dat sy binne die veilige ruimte van prof. Van Niekerk se meestersklas aan die bundel kon bly slyp, en nog \u2019n jaar saam met haar uitgewer Tertius Kapp daaraan kon \u201ctorring\u201d. Want as \u2019n bundel eers daar buite is, in die openbare oog, kan jy niks meer doen aan verdoemende kritiek nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-86270 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Bibi-Slippers-2-271x600.jpg\" alt=\"Bibi Slippers\" width=\"271\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het die skryf van\u00a0<em>Fotostaatmasjien<\/em> haar geleer?<\/h4>\n<p>\u201cOm aan so \u2019n skynbaar \u2019nuttelose\u2019 ding soos \u2019n <strong>digbundel<\/strong> te bly werk oor so \u2019n lang tydperk, het my beslis \u2019n ander perspektief op <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-altyd-laat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">tyd<\/a> gegee. En as ek deesdae wil tou opgooi met iets, herinner ek my daaraan dat ek \u2019n meestersgraad kon klaarmaak en dat ek beslis nog kan uithou.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wag daar iewers in haar toekoms nog \u2019n digbundel?<\/h4>\n<p>\u201cNie gou nie. Maar ek gaan beslis nie ophou dig nie. Ek sal ook graag iets heeltemal anders wil skryf. Dalk <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-skepper-van-annemieke-mentz\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">kortverhale<\/a> wat saam een storie maak. \u2019n Storie het \u2019n interne momentum wat \u2019n digbundel nie het nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy sal in elk geval maar sien wat die tyd oplewer, want Bibi glo ook daaraan om haarself elke kort-kort te vernuwe. \u201cMy kort-kort is so drie jaar. Dis omtrent hoe lank my aandagspan is.\u201d<\/p>\n<p>Ons gesels oor <em>In die bed met Bibi<\/em>. Waar het die idee vandaan gekom om \u2019n TV-onderhoud te doen waar die gas en die aanbieder albei in die bed oor boeke sit en\u00a0 gesels?<\/p>\n<p>\u201cDie konsep was myne. Ek het gedink as jy iemand uit sy gemaksone dwing, kan jy \u2019n lekker ander soort onderhoud doen.\u201d<\/p>\n<p>En haar lekkerste opname vir die program? \u201cBeslis die een met tannie Schalkie van Wyk en haar Yorkie. Sy\u2019t meer energie as ek gehad! Sy het in \u2019n stadium selfs <em>push ups<\/em> gedoen,\u201d lag Bibi. \u201cOns vibreer op dieselfde golflengte.\u201d<\/p>\n<p>Bibi woon sedert 2014 in Johannesburg in die voorstad Linden. Sy is mal oor die stad van Goud, maar erken dat sy met \u2019n swaar hart hierheen getrek het.<\/p>\n<p>\u201cEk het baie van my lewe in die <strong>Kaap<\/strong> gehou. Ek mis dit nou nog om in die see te swem en fiets te ry werk toe, maar ek sorg dat ek minstens twee maal per maand Kaap toe gaan.\u201d<\/p>\n<p>Het sy \u2019n <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-liefde-is\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">k\u00earel<\/a> in die Kaap? Sy bloos bloedrooi voor sy vaag antwoord: \u201cDaar is iemand.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees<\/strong> is haar lekkerste tydverdryf. \u201cEk fliek \u2019n paar keer per jaar, maar besit nie eens \u2019n televisie nie \u2013 wat seker taamlik vreemd is as jy dink ek werk in die TV-bedryf. Wanneer ek kan, lees ek \u2013 en daar is nog stapels ongeleesde boeke op my rak. Ek het nou al vrede gemaak daarmee dat ek eenvoudig nie by alles gaan uitkom nie.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bibi Slippers, wat vanjaar (2017) al met vier groot letterkundepryse bekroon is, het die Afrikaanse boekew\u00eareld soos \u2019n warrelwind getref. Maar wie is die vrou met die naam Bibi nou eintlik? Deur Ilse Salzwedel. Foto&#8217;s deur Andrea Caldwell<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":86261,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1027,1387,1393,24339,28097,34454],"class_list":["post-86259","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-boeke","tag-celebs","tag-books","tag-local-celebs","tag-ons-bekendes","tag-digters"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Bietjie meer oor Bibi Slippers | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Bibi Slippers, wat vanjaar al met vier groot letterkundepryse bekroon is, het die Afrikaanse boekew\u00eareld soos \u2019n warrelwind getref. Lees meer hier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bietjie meer oor Bibi Slippers | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bibi Slippers, wat vanjaar al met vier groot letterkundepryse bekroon is, het die Afrikaanse boekew\u00eareld soos \u2019n warrelwind getref. Lees meer hier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-11-10T13:08:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Bibi-Slippers.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1324\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Bietjie meer oor Bibi Slippers\",\"datePublished\":\"2017-11-10T13:08:20+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/\"},\"wordCount\":1800,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Bibi-Slippers.jpg\",\"keywords\":[\"Boeke\",\"celebs\",\"books\",\"local celebs\",\"ons bekendes\",\"digters\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/\",\"name\":\"Bietjie meer oor Bibi Slippers | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Bibi-Slippers.jpg\",\"datePublished\":\"2017-11-10T13:08:20+00:00\",\"description\":\"Bibi Slippers, wat vanjaar al met vier groot letterkundepryse bekroon is, het die Afrikaanse boekew\u00eareld soos \u2019n warrelwind getref. Lees meer hier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Bibi-Slippers.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/11\\\/Bibi-Slippers.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1324,\"caption\":\"Foto: Andrea Caldwell\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Bietjie meer oor Bibi Slippers\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bietjie meer oor Bibi Slippers | rooi rose","description":"Bibi Slippers, wat vanjaar al met vier groot letterkundepryse bekroon is, het die Afrikaanse boekew\u00eareld soos \u2019n warrelwind getref. Lees meer hier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Bietjie meer oor Bibi Slippers | rooi rose","og_description":"Bibi Slippers, wat vanjaar al met vier groot letterkundepryse bekroon is, het die Afrikaanse boekew\u00eareld soos \u2019n warrelwind getref. Lees meer hier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-11-10T13:08:20+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1324,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Bibi-Slippers.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Bietjie meer oor Bibi Slippers","datePublished":"2017-11-10T13:08:20+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/"},"wordCount":1800,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Bibi-Slippers.jpg","keywords":["Boeke","celebs","books","local celebs","ons bekendes","digters"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/","name":"Bietjie meer oor Bibi Slippers | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Bibi-Slippers.jpg","datePublished":"2017-11-10T13:08:20+00:00","description":"Bibi Slippers, wat vanjaar al met vier groot letterkundepryse bekroon is, het die Afrikaanse boekew\u00eareld soos \u2019n warrelwind getref. Lees meer hier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Bibi-Slippers.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/11\/Bibi-Slippers.jpg","width":1000,"height":1324,"caption":"Foto: Andrea Caldwell"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bietjie-meer-oor-bibi-slippers\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Bietjie meer oor Bibi Slippers"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/86259","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=86259"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/86259\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/86261"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=86259"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=86259"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=86259"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}