{"id":85522,"date":"2025-10-10T13:50:28","date_gmt":"2025-10-10T11:50:28","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=85522"},"modified":"2025-10-10T13:51:33","modified_gmt":"2025-10-10T11:51:33","slug":"gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/","title":{"rendered":"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef?"},"content":{"rendered":"<p>Dis die babapoeieradvertensie wat voor jou geestesoog opkom as jy jou eerste baba beplan. Die sagte babageur, \u2019n klein engel oopmond aan\u2019t lag of heerlik in droomland. Langsaan die ma met \u2019n salige uitdrukking op haar gesig. Jy sien nooit die krampwateradvertensie met \u2019n baba wat blou moord skree en \u2019n ma met wydgesperde o\u00eb wat maande laas \u2019n ordentlike nagrus gehad het nie \u2026<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Eerste baba verander jou lewe onherroeplik,\u201d s\u00ea dr. Elzette Fritz, doktor in opvoedkundige sielkunde, \u201cen nie almal hanteer dit ewe maklik nie.\u201d \u2019n Baba is ongelukkig ook die allerlaaste manier om \u2019n wankelrige huwelik te probeer red. \u201cIn baie huwelike verhoog die geboorte van \u2019n baba die spanning tot breekpunt en kan dit \u2019n groot bydraende faktor tot egskeiding wees.\u201d<\/p>\n<p>Onthou, elke klein jakkalsie kan \u2019n monster word as jy moeg, gefrustreerd en vaak is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;\u2019n Eerste baba verander jou lewe onherroeplik&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Vyftig jaar gelede was dinge aansienlik makliker. Die meeste ma\u2019s het nie gewerk nie en kinders was \u2019n natuurlike volgende stap. Vandag werk die meerderheid vroue en word die opsie om kinders te h\u00ea \u2019n baie bewuste keuse tussen twee lewenstyle. As albei partye werk, word die versorging van die baba \u2019n gedeelde verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>Dis juis die onwilligheid van sommige mans om te help wat vroue bitter maak en wat uiteindelik kan lei tot die verbrokkeling van \u2019n huwelik. Volgens \u2019n meningspeiling onder 2000 ouers deur die Britse <em>Mother and Baby Magazine<\/em>, slaap meer as die helfte van alle nuwe pa\u2019s deur die baba se gehuil (of gee voor om nie wakker te word nie). Net \u2019n kwart word wakker, maar die meeste eers nadat die ma reeds wakker is.<\/p>\n<p>Die gebrek aan slaap, met gepaardgaande wrewel wat by die vrou opbou, dryf maklik \u2019n wig tussen \u2019n paartjie in. Ses uit tien paartjies het ges\u00ea dat \u2019n nuwe baba hul verhouding onder \u201contsaglike druk\u201d geplaas het.<\/p>\n<p>Gewillige en beskikbare oumas is ook maar dun gesaai. As hulle nie self nog in \u2019n beroep staan nie, woon hulle baie keer ver. Omdat vroue oor die algemeen later kinders kry, is die oumas ook nie meer so jonk en energiek nie. Dit veroorsaak dat ma\u2019s swaarder steun op pa\u2019s vir hulp en ondersteuning.<\/p>\n<p>\u201cAs daar geen onde\u00adr\u00adliggende ondersteuningstelsel vir nuwe ouers is nie, kan hulle oorweldig voel,\u201d s\u00ea dr. Fritz. Vroue wat gewerk het en deurgaans ten volle in be\u00adheer gevoel het, is nou skielik gekonfronteer met \u2019n situasie waarvoor hul geen opleiding of oplossings het nie. Dit laat so \u2019n ma baie magteloos voel.<\/p>\n<p>Kommunikasie is jou sterkste bondgenoot, s\u00ea dr. Fritz. Pa\u2019s kla dat hulle graag sou wou help, maar nie weet hoe nie. \u201cEk het soos \u2019n buitestander gevoel,\u201d s\u00ea een nuwe pa. \u201cEn as ek aanbied om die baba stil te maak, huil hy net harder.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Kommunikasie is jou sterkste bondgenoot<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Fritz s\u00ea sommige ma\u2019s fokus s\u00f3 op die baba dat die pa afgeskeep voel. Hoewel dit onrealisties is, begin hy dan \u2019n gevoel van wrok\u00adkigheid teenoor die baba opbou. As die onderskeie rolle nie gedurig bespreek en uitgemerk word sodat elkeen \u2019n bydrae lewer nie, voel albei magteloos en oorweldig deur \u2019n situasie wat hulle nie kan beheer nie.<\/p>\n<p>By gebrek aan goeie kommunikasie kry die verontregte ouer ander maniere om die ander een \u201cterug te kry\u201d. So begin \u2019n bose kringloop van verwyt wat moeilik is om te herstel.<\/p>\n<p>Die gebeur ook soms dat \u2019n ma \u2019n nuwe identiteit en domein in die verhouding verkry met haar nuwe status as ma, verduidelik dr. Fritz.\u00a0\u201cAs sy nie vroe\u00ebr een gehad het nie, het sy nou een.\u201d Sy is ook nou die kenner op \u2019n gebied waarvan die man baie min weet. \u201cS\u00f3 word \u2019n baba soms \u2019n pion in \u2019n magstryd waar ouers mekaar probeer troef.\u201d<\/p>\n<p>Niks en niemand berei nuwe ouers genoeg voor vir die ontwrigting van \u2019n nuwe baba nie. Voorgeboorteklasse hou by geboorte op. Die samelewing verwag en aanvaar dat alle vroue natuurlike moeders is. Soms is dit nie so nie, en het die vrou baie ondersteuning nodig om heelhuids anderkant uit te kom. \u201cDaar moet definitief vooraf konsensus wees oor hoe elkeen\u00a0betrokke gaan wees. As een \u2019n geduldiger en gelykmatiger persoonlikheid het, moet daardie een \u2019n groter rol op een vlak speel. Paartjies moet hul sterk en swak punte identifiseer en mekaar aanvul.\u201d<\/p>\n<p>&#8220;Kinders skep nie probleme in \u2019n huwelik nie, hulle maak die be\u00adstaan\u00adde probleme net opvallender,\u201d s\u00ea Elsab\u00e9 van Niekerk, \u2019n berader wat in huweliksprobleme spesialiseer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Kinders skep nie probleme in \u2019n huwelik nie, hulle maak die be\u00adstaan\u00adde probleme net opvallender&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nog \u2019n wanopvatting is dat alle pa\u2019s by die geboorte wil wees,\u201d s\u00ea dr. Fritz. \u201cBespreek dit vooraf. Dalk wil hy nie.\u201d Vir sommige mans is dit so traumaties dat dit daarvan \u2019n nega\u00adtiewe ervaring maak. \u2019n Voornemende ma moet ook hier onder\u00adsteunend wees en dan liewer \u2019n vriendin of haar ma kry om haar by te staan, eerder as om haar man te dwing. Maar hy moet by wees tot sy na die geboortesaal geneem word. Soms word mans in elk geval so meegevoer dat hulle dan uit hul eie kies om by te wees.<\/p>\n<p>Sommige pa\u2019s verras hulself tog met hul staal. Stefaans* was erg huiwerig om die keisersnee van sy eersteling by te woon, want hy is een wat flou val as iemand se neus bloei. Maar hy het gevoel dat sy ondersteuning die minste was wat hy sy vrou kon bied en wou ook nie so \u2019n grootse gebeurtenis misloop nie. \u201cDie ergste was dat die gine\u00adkoloog gemeen het dit sal vir my baie interessant wees en hy het my in detail daardeur gepraat. Dit was by tye nogal erg en die baie bloed het my bekommer. Ek sou dit nogtans vir niks wou misloop nie, maar ek het die dokter se aanbod om die naelstring te knip ferm van die hand gewys.\u201d<\/p>\n<p>Kinders beklemtoon die verskille in paartjies se agtergrond. Klein verskille in waardes, godsdiens, kultuur en dissipline wat vroe\u00ebr jul verhouding interessant gemaak het, word ammunisie vir \u2019n oorlog in jou binnekamer oor verskillende opvoe\u00addingsbenaderings. Bespreek kwessies soos kerkverband, taal en dissipline voor die tyd. Dan kan julle dit minder emosiebelaai doen en hopelik oplossings kry wat julle albei geval.<\/p>\n<p>Voornemende ouers dink selde daaraan dat \u2019n nuwe baba sieklik of gestrem kan wees. Geen twee mense ervaar en verwerk \u2019n krisis dieselfde nie en dit kan tot groot konflik lei.<\/p>\n<p>\u201cOns huwelik het deur \u2019n vuurproef gegaan toe ons eerste baba met \u2019n ernstige defek gebore is en binne \u2019n paar weke oorlede is,\u201d s\u00ea \u2019n pa wat nou al drie kinders het.<\/p>\n<p>\u201cHoewel ons albei verpletter was, het ek n\u00e1 \u2019n ruk gevoel ons moet vrede maak met die verlies en aangaan. My vrou kon die verlies nie verwerk nie en het dieper en dieper in \u2019n depressie verval en verder van my weggedryf. Sy het my ook verwyt dat ek hierdie groot hartseer kon oorkom -\u00ad so asof ek nie genoeg omgegee het nie. Dit was meer as \u2019n jaar voor sy met hulp die trauma kon verwerk. Ek weet nie hoe \u2019n wankelrige huwelik dit sou oorleef nie.\u201d<\/p>\n<p>Daar is ook nie meer \u2019n sosiale stelsel vir vroue met jong kinders nie. Vroe\u00ebr het ma\u2019s met die baba in die stootwa gaan stap en ander jong ma\u2019s by die park ontmoet. Nou is dit baie keer te onveilig en voel ma\u2019s uiters ge\u00efsoleerd. Deesdae se uitstappies na groot winkelsentrums is ook glad nie ontspannend vir ma of baba nie. \u201cDie stimulasie van helder kleure, lig en harde geluide is te veel vir \u2019n baba en wen hom eerder op. As hy dan weens uitputting begin huil, voel die ma soms lus om saam te huil,\u201d s\u00ea dr. Fritz.<\/p>\n<p>Dis veral ouer ma\u2019s, dalk die enigste in hul vriendekring met \u2019n baba, wat ge\u00efsoleerd voel. Ouer ma\u2019s het die voordeel dat hulle soms geduldiger is, hul verhouding sterker is en hulle finansieel sterker is. Hierdie ma\u2019s voel onge\u00adlukkig soms die ontwrigting die ergste omdat hulle n\u00e1 jare in \u2019n beroep skielik nie enige intellektuele stimulasie het nie, en hulle verkwalik mans wat \u2019n kind en \u2019n beroep kan h\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Dis veral ouer ma\u2019s, dalk die enigste in hul vriendekring met \u2019n baba, wat ge\u00efsoleerd voel&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Juis hieroor is kommunikasie uiters belangrik &#8211; sodat elke ouer weet wat sy rol is. Pa\u2019s kan baie doen om hul gewilligheid te wys en op ander maniere (soos oor naweke) sorg dat die ma welverdiende rus kry. Ma\u2019s moenie in die stilligheid \u2019n wrok opbou as hy sit en rugby kyk terwyl sy gehoop het hy gaan die baba oppas en haar \u2019n blaaskans gee nie. Bespreek dit aan die begin van die naweek sodat elkeen weet wat van hom verwag word.<\/p>\n<p>\u201cAs jy dolgraag \u2019n baba wil h\u00ea, en jou geliefde te\u00ebsinnig inwillig, moet jy seker maak van \u2019n ondersteuningstelsel,\u201d waarsku dr. Fritz. Daar is altyd \u2019n buitekans dat hy deur die momentum en emosie oorgehaal gaan word, maar dit kan geweldige konflik veroorsaak as jy groot betrokkenheid van hom verwag terwyl hy te\u00ebsinnig was.<\/p>\n<p>Moenie dat mans wegkom met die argument dat hulle nie borste het nie en dus snags geen rol kan speel nie. As die baba reeds gedrink het en weer wakker word, is dit sy beurt. Terwyl ma\u2019s met kraamverlof is, is dit logies dat hulle \u2019n groter rol speel, maar waar albei voltyds werk, m\u00f3\u00e9t die pa sy kant bring.<\/p>\n<p>Kombineer seks met min slaap en die frustrasie en magteloosheid wat nuwe ma\u2019s soms aanvanklik ervaar, en dit word \u2019n vloekwoord. Vroue herstel emosioneel en liggaamlik in verskillende tempo\u2019s. Sommige vroue is uiters in voeling met hul vrou-wees na \u2019n geboorte, terwyl seks vir die meeste tot heel laaste op die \u201conthoulysie\u201d skuif. In \u2019n menings\u00adpeiling in Brittanje het meer as drie kwart van die nuwe ouers erken dat min slaap hul liefdeslewe ondermyn, en die meeste vroue het ges\u00ea dat hulle slaap bo seks verkies.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Kombineer seks met min slaap en die frustrasie en magteloosheid wat nuwe ma\u2019s soms aanvanklik ervaar, en dit word \u2019n vloekwoord&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sommige mans voel ook afgehaal omdat hulle met die baba om die vrou se borste moet kompeteer en sal die vrou soms aanmoedig om op te hou borsvoed. \u201cDie belangrikste is om hierdie kwessies te bespreek en saam \u2019n oplossing te soek. As die vrou moeg is en liggaamlike ongemak het, kan sy haar man dalk op \u2019n ander manier plesier.\u201d<\/p>\n<p>Volgens dr. Fritz lyk dit asof postnatale de-pressie aan die toeneem is en nie altyd betyds gediagnoseer word nie. \u201cDit kan wees omdat vroue minder ondersteuning het. Skielik sit sy en haar huilende baba vasgekluister in die huis. Mans werk oor die algemeen baie langer ure as \u2019n paar dekades gelede en kom baie keer eers tuis na die baba gebad, gevoed en aan die slaap gesus is. Verkeer veroorsaak ook dat mense in die oggend vroe\u00ebr werk toe vertrek.<\/p>\n<p>Maar dis nie alles rampe en ellende nie. Dis belangrik om te onthou dat dit net tydelik is en dat hul lewe weer later in \u2019n normale ritme gaan val, paai die kenners.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-158456 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-vlada-karpovich-8359624-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Voor die tyd<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Ontleed jul verhouding en kyk waar moontlike probleme is. Werk eers aan die probleme v\u00f3\u00f3r julle aan kinders dink.<\/li>\n<li>Praat met mense wat reeds kinders het en stel vas waar hul uitdagings gel\u00ea het. Besluit hoe julle dit gaan hanteer.<\/li>\n<li>Baken rolle af en bespreek elkeen se betrokkenheid.<\/li>\n<li>Identifiseer elkeen se sterk en swak punte en kyk hoe julle mekaar kan aanvul sodat die verantwoordelikheid gedeel word.<\/li>\n<li>Bespreek verskille in waardes en agtergrond voor die tyd. Konflik oor dissipline, kultuur en godsdiens kan groot spanning veroorsaak.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Oppas vir:<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Ons is besig om uitmekaar te dryf, maar \u2019n baba sal ons nader aan mekaar bring.<\/li>\n<li>Ons het nie een regtig lus vir \u2019n baba nie, maar almal s\u00ea dis tyd dat ons kinders kry.<\/li>\n<li>Ek het lus, maar my geliefde nie. Ek is seker as die baba eers daar is, sal hy mal wees oor die kind.<\/li>\n<li>Onthou, die baba moet altyd die prioriteit wees. Moenie \u2019n kind h\u00ea om j\u00f3\u00fa lewe te vul nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Swanger bo 40<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dinge skaaf \u2019n bietjie tussen julle, maar \u2018n baba sal julle sekerlik nader aan mekaar bring. Reg of verkeerd? Deur Anet Schoeman. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":158454,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[134,2053,23443,23444,23446,29661],"class_list":["post-85522","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-huwelik","tag-relationships","tag-parenting","tag-marriage","tag-well-being"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dinge skaaf \u2019n bietjie tussen julle, maar \u2018n baba sal julle sekerlik nader aan mekaar bring. Reg of verkeerd? Deur Anet Schoeman.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dinge skaaf \u2019n bietjie tussen julle, maar \u2018n baba sal julle sekerlik nader aan mekaar bring. Reg of verkeerd? Deur Anet Schoeman.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-10-10T11:50:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-10-10T11:51:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1043\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef?\",\"datePublished\":\"2025-10-10T11:50:28+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-10T11:51:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/\"},\"wordCount\":2093,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"huwelik\",\"relationships\",\"parenting\",\"marriage\",\"well being\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/\",\"name\":\"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg\",\"datePublished\":\"2025-10-10T11:50:28+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-10T11:51:33+00:00\",\"description\":\"Dinge skaaf \u2019n bietjie tussen julle, maar \u2018n baba sal julle sekerlik nader aan mekaar bring. Reg of verkeerd? Deur Anet Schoeman.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1043},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef? | rooi rose","description":"Dinge skaaf \u2019n bietjie tussen julle, maar \u2018n baba sal julle sekerlik nader aan mekaar bring. Reg of verkeerd? Deur Anet Schoeman.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef? | rooi rose","og_description":"Dinge skaaf \u2019n bietjie tussen julle, maar \u2018n baba sal julle sekerlik nader aan mekaar bring. Reg of verkeerd? Deur Anet Schoeman.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-10-10T11:50:28+00:00","article_modified_time":"2025-10-10T11:51:33+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1043,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef?","datePublished":"2025-10-10T11:50:28+00:00","dateModified":"2025-10-10T11:51:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/"},"wordCount":2093,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg","keywords":["ouerskap","huwelik","relationships","parenting","marriage","well being"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/","name":"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg","datePublished":"2025-10-10T11:50:28+00:00","dateModified":"2025-10-10T11:51:33+00:00","description":"Dinge skaaf \u2019n bietjie tussen julle, maar \u2018n baba sal julle sekerlik nader aan mekaar bring. Reg of verkeerd? Deur Anet Schoeman.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/bethany-beck-ueSlN9J2lPU-unsplash-e1760096897331.jpg","width":1920,"height":1043},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gaan-jou-huwelik-n-baba-oorleef\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Gaan jou huwelik \u2019n baba oorleef?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85522","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=85522"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85522\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":158457,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85522\/revisions\/158457"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/158454"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=85522"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=85522"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=85522"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}