{"id":85009,"date":"2017-10-16T16:52:10","date_gmt":"2017-10-16T14:52:10","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=85009"},"modified":"2017-10-16T16:53:25","modified_gmt":"2017-10-16T14:53:25","slug":"gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/","title":{"rendered":"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid"},"content":{"rendered":"<p>Ek sien jy hou \u00f3\u00f3k van Typo?\u201d s\u00ea <strong>Gerrie Nel<\/strong> toe ek my notaboek uithaal. Wie in s\u00fd huis hou dan van Typo, vra ek, verbaas dat hy dit herken. Sy dogter dalk? \u201cNee, ek! Ek sal my hele salaris daar bestee,\u201d bieg die hardekoejawel-aanklaer wat \u2019n polisiehoof agter tralies gekry het en Oscar Pistorius in trane laat uitbars het in kruis-ondervraging. En verklap sommer nog iets interessants oor homself: hy skryf al sedert sy skooldae net met \u2019n vulpen, en hy versamel vulpenne.<\/p>\n<p>Die ys is gebreek, en nou kan ons praat oor Gerrie se verrassende bedanking uit die Nasionale Vervolgingsgesag waar hy een van die bekendste aanklaers was. In sy pienk hemp lyk hy vandag allesbehalwe intimiderend, eerder seunsagtig, skaam selfs. Nie dat hy die afgelope paar dae kon skaam wees nie, want sedert dit bekend geword het dat hy genader is om \u2019n openbare vervolgingseenheid by Afriforum te vestig moes hy behoorlik bontstaan met media-onderhoude.<\/p>\n<p>Maar dit bly vir hom moeilik. \u201cJy sal dit dalk nie glo nie, maar ek h\u00e1\u00e1t dit om oor myself te praat. En ek sukkel nou nog daarmee dat mense my in die openbaar herken.\u201d Hy gee nie om vir die mense wat jou goedgesind is nie. Maar om in \u2019n winkel om te draai en te sien mense staan agter jou om te kyk wat jy wil koop, was vir hom een te veel. (Nou gaan hy vroegoggend winkel toe, voordat dit besig raak.) \u201cEk het omgekyk en gedink: dit kan nie wees nie. Jy weet, sulke goed &#8230; Jy moet skielik heeltyd op jou hoede wees, want jy weet nie wie is jou goedgesind en wie nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy pad tot bekende regsgeleerde \u2013 wat vir hom die bynaam Bulldog losgewerk het \u2013 was doodgewoon. Op skool was hy die kortbroekseun met die koerant onder die arm wat \u00f3f \u2019n predikant \u00f3f \u2019n regsgeleerde wou word, en baie van nuus gehou het.<\/p>\n<p>Hoekom toe \u2019n regsgeleerde? \u201cDit het vir my oor geregtigheid gegaan. Ek verpes onreg, en boelies \u2013 boelies in die bre\u00eb sin van die woord. Dit het vir my gevoel of \u2019n mens dit net deur die reg kan hanteer.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ek verpes onreg, en boelies \u2013 boelies in die bre\u00eb sin van die woord&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy eerste werksdag by die staat was op 9 Februarie 1981, en 36 jaar later, op 31 Januarie 2017 het hy <strong>bedank<\/strong>. Tussen daardie twee datums het hy sy lewe aan geregtigheid gewy, gewoonlik maar iewers in \u2019n hof in Pretoria of Johannesburg, altyd as aanklaer. Daar was \u201chonderde sake\u201d, skat hy. \u201cEk het altyd aangebied om in kollegas se sake ook aan te kla \u2013 ek wou net in die hof wees.\u201d<\/p>\n<p>Een van sy vroegste kennismakings met die mediakollig was as junior aanklaer in die <strong>Chris Hani<\/strong>-moordverhoor (sien onder). Ook as hoof van die Gautengse Skerpioene, \u2019n spesiale ondersoekeenheid binne die Nasionale Vervolgingsgesag wat in 2009 ontbind is, was hy gedurig in die nuus. Dis juis by die Skerpioene waar hy besef het daar is mense in ho\u00eb posisies wat nie noodwendig so gretig op soek is na die waarheid soos hy nie. Hy moes selfs in sy ondersoek na die voormalige hoof van die polisie, <strong>Jackie Selebi<\/strong>, \u2019n nag in die tronk slaap toe hy gearresteer is n\u00e1 \u2019n kastige ondersoek teen hom. Die aanklagte teen hom is later teruggetrek.<\/p>\n<p>Laat dit \u2019n mens nie so \u2019n bietjie twyfel aan die geregtigheid waarna jy streef nie?<\/p>\n<p>\u201cDat Selebi wel skuldig bevind is aan korrupsie, het baie van die seer weggevat. Ek het dit nooit gesien as \u2019n aanval deur die stelsel waarvoor ek werk nie, maar as inmenging deur politici.\u201d<\/p>\n<p>Dit was nie sy lekkerste saak nie, maar beslis die moeilikste. \u201cOns het in 2006 met die ondersoek begin, en die saak is eers in 2010 afgehandel. Deeglike beplanning en spanwerk is van kardinale belang wanneer jy so \u2019n saak aanpak. Anders sou ons nie kon slaag nie, veral nie met al die eksterne inmenging wat daar heeltyd was nie.\u201d<\/p>\n<p>Al gee hy toe dat die Skerpioene soms foute gemaak het, glo hy steeds in die konsep dat ondersoekers en aanklaers ten nouste saamwerk om skul-diges aan die pen te laat ry. \u201cEk dink steeds dis die enigste manier hoe jy \u2019n groot saak kan oplos.\u201d<\/p>\n<p>Dit was \u2019n skok toe die Skerpioene in 2009 ontbind is. Daar is wyd bespiegel dat die politieke bewindsverandering n\u00e1 Polokwane &#8211; toe Jacob Zuma vir Thabo Mbeki vervang het en Zuma president geword het &#8211; waarskynlik die ware rede vir die ontbinding was. Al die ondersoekers (polisiemanne) is na die Valke toe, en al die aanklaers is terug na die Nasionale Vervolgingsgesag.<\/p>\n<p>Dis vir Gerrie hartseer dat spesialiseenhede binne die polisie ontbind is. \u201cEk glo steeds jy moet \u2019n absolute spesialis op jou gebied wees. Ek kan nie ure voor my rekenaar sit en <em>spreadsheets<\/em> ontleed in \u2019n korrupsiesaak nie.\u201d Hy hou van <em>blood<\/em> en <em>guts<\/em>, skerts hy. \u201cEk wil \u2019n lykskouingsverslag lees, die foto\u2019s van \u2019n moordtoneel sien. Vir my maak dit meer sin. En dan praat ek nog nie eens van die ondersoek van die saak nie. Kom ons neem \u2019n saak soos die ontbondeling van Saambou. Wat maak die arme polisieman wat dit moet ondersoek as dit nie sy belangstelling of spesialisveld is nie?\u201d<\/p>\n<p>Hoekom fassineer moordsake hom so? \u201cEk dink dit pas my persoonlikheid. Dit gaan oor feite wat bymekaarkom en onbetwisbare getuienis wat net op een ding dui: moord.\u201d Dis nie die jag van die moordenaar of die raaisel wat hom fassineer nie. \u201cDis net vir my ongelooflik dat \u2019n mens by die waarheid kan uitkom, op watter manier ook al. Vir my is d\u00edt belangrik.\u201d Of liewer, korrigeer hy homself, so na moontlik aan die waarheid. \u201cWant \u2019n mens kom seker nooit by die volle waarheid uit nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy het nie oornag besluit om by <strong>Afriforum<\/strong> aan te sluit nie. \u201cEk het langer as \u2019n jaar daaroor gedink.\u201d<\/p>\n<p>Maar hoekom 24 uur kennis gee? \u201cWant as \u2019n mens eers \u2019n besluit geneem het &#8230; en jy besef as aanklaer dat jy nie meer nuwe sake kan vat nie. Wat doen jy dan?\u201d<\/p>\n<p>Oor mense wat s\u00ea hy het loopbaanselfmoord gepleeg deur Afriforum te kies, is hy rustig. \u201cDis belangrik dat \u2019n regter steeds in die hof moet kyk na my as \u2019n regsgeleerde, nie \u2019n aktivis nie. Ek het die afgelope 36 jaar \u2019n profiel opgebou, \u2019n reputasie van integriteit \u2013 hoop ek &#8211; wat nie oornag gaan weggaan nie. My skuif hierheen was deursigtig. As jy sien ek het een of ander politieke agenda, spreek dit aan!\u201d Hy benadruk weer: die private vervolgingseenheid wat hy vir Afriforum op die been gaan bring, gaan geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners najaag. \u201cKyk eers wat ons doen, oordeel ons dan,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Is hy spyt oor iets? \u201cNet dat ek nooit kans gekry het om \u2019n saak in die Grondwethof te argumenteer nie, maar dis al, s\u00ea hy met \u2019n glimlag.\u201d<\/p>\n<p>Hy het steeds die volste vertroue in die Suid-Afrikaanse regstelsel. \u201cMy raamwerk is nou wel net die strafreg, maar wat dit betref, het ek volle vertroue. Ek het nog nooit Bloemfontein toe gegaan vir \u2019n app\u00e8l en daar weggegaan en ni\u00e9 gedink ons regstelsel is nie op die regte plek nie. Daar\u2019s \u2019n proses, en die reg loop stadig, maar reg geskied.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vier verhore wat voorbladnuus was<\/h4>\n<p>Die <strong>sluipmoord<\/strong> op 10 April 1993 op die <strong>ANC-leier Chris Hani<\/strong> het byna die vredesonderhandelinge vir die nuwe Suid-Afrika ontspoor. Die belangrike taak om Hani se moordenaars, Clive Derby-Lewis en Janusz Walu\u015b, agter tralies te kry, het op die skouers van die legendariese adv. Klaus von Lieres und Wilkau gerus. \u2019n Junior aanklaer, ene Gerrie Nel, is aangewys om hom te assisteer.<\/p>\n<p>Dertig jaar later, op 14 Februarie 2013, skiet <strong>Oscar Pistorius<\/strong> sy meisie, <strong>Reeva Steenkamp<\/strong>, en Gerrie Nel is die senior aanklaer in nog \u2019n saak wat w\u00eareldwyd selfs meer opslae maak. Dit verbaas hom steeds dat die saak soveel belangstelling ontlok het. Hy het gedurende die verhoor stapels korrespondensie van regoor die w\u00eareld gekry. En nie net e-posse nie, outydse briewe,<br \/>\nhonderde van hulle, by die hof afgelewer.<\/p>\n<p>\u201cDit was bloot geadresseer aan Mr Gerrie Nel, Prosecutor, South Africa. Vir my was d\u00edt baie interessant,\u201d s\u00ea die man wat nog nooit na televisieopnames van die verhoor gekyk het nie, so half verle\u00eb.<\/p>\n<p>Om aan die hordes joernaliste in die hof gewoond te raak was die vreemdste ervaring van sy hele loopbaan. \u201cToe ek daardie eerste oggend by die borgtogverhoor opdaag, was daar glad nie vir my plek in die hof nie. Hulle moes eers joernaliste vra om te skuif.\u201d Die saak bly vir hom \u201ctragies\u201d, en hy het hom nie gesteur aan die kritiek dat hy tydens die verhoor \u201cvir die kamera\u201d gespeel het nie. \u201cDis so onwaar en vergesog dat ek nie my aandag en\u00a0 energie daarop kon mors nie.\u201d Hy het \u2013 vreemd soos dit ook al mag klink \u2013 simpatie met al Oscar se aanhan-gers wat hom so graag slegges\u00ea het. \u201cHy was vir hulle \u2019n held. En ek het dit vir myself uitgemaak dat hulle m\u00fd nie noodwendig haat nie, maar dat dit vir hulle oor hul eie gevoel gaan. Ek verstaan dit regtig.\u201d<\/p>\n<p>Die interessantste saak waaraan hy tot laat verlede jaar nog gewerk het, is die <strong>moord op Chantelle Henning<\/strong> (25) van Pretoria wat voor \u2019n kleuterskool in Pretoria doodgeskiet is. Gerrie vertel entoesiasties van die \u201congelooflike ondersoek\u201d waarin selfoontegnologie en selfs Google Maps as getuienis gebruik is. Andr\u00e9 Gouws, \u2019n oud-polisieman, en die voormalige Nigeriese Olimpiese atleet <strong>Ambrose Monye<\/strong> het, nadat hulle aan moord skuldig bevind is, erken dat hulle Chantelle vermoor het. Gouws het ter strafversagting getuig dat hy dit gedoen het nadat hy deur haar gewese man, <strong>Nico Henning<\/strong>, gemanipuleer is en \u2019n groot bedrag geld aangebied is. (Die saak teen hom is verlede jaar teruggetrek. \u201cVir eers,\u201d s\u00ea Gerrie.)<\/p>\n<p>In die saak teen <strong>Gouws <\/strong>en<strong> Monye<\/strong> is onder meer gewerk met foto\u2019s wat Gouws sou geneem het van bakens langs die roete na die kleuterskool om die skieters (<strong>Pieterse <\/strong>en<strong> Du Plessis<\/strong>) te help om die pad te onthou. Gouws het die foto\u2019s met sy selfoon geneem en later uitgevee. Maar die foto\u2019s is deur kol. <strong>Francois M\u00f6ller<\/strong> herwin. \u201cDis toe gebruik om \u2019n kaart saam te stel van die roete wat hulle gery het om haar te gaan skiet. Ons het ook in die hof vir die eerste keer met die hulp van Google Maps inspeksie in loco gehad, en kon vir die regter op groot skerms wys hier is die kruising, daar is die gebou, dis hoe hoog dit is. Die tegnologie in die saak was ongelooflik. Elke keer as daar so \u2019n nuwe ontwikkeling is, maak dit jou weer opgewonde oor jou werk.\u201d<\/p>\n<p>En sy moeilikste saak? \u201cBeslis die een teen Jackie Selebi.\u201d<\/p>\n<p>*<em>Hierdie artikel het in die April 201-uitgawe van rooi rose verskyn.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gerrie Nel is een van die bekendste en mees gevreesde aanklaers in die land, en in *April 2017 het hy groter planne gehad: om \u2019n private vervolgingseenheid vir Afriforum op die been te kry. Lees ons in-diepte onderhoud met di\u00e9 hardekoejawel-aanklaer. Deur Ilse Salzwedel. Foto Peter Whitfield<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":85014,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,6348,24339,28097],"class_list":["post-85009","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-politiek","tag-local-celebs","tag-ons-bekendes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Gerrie Nel is een van die bekendste en mees gevreesde aanklaers in die land, en het hy groter planne: om \u2019n private vervolgingseenheid op die been te kry.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gerrie Nel is een van die bekendste en mees gevreesde aanklaers in die land, en het hy groter planne: om \u2019n private vervolgingseenheid op die been te kry.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-10-16T14:52:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-10-16T14:53:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Gerrie-Nel.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid\",\"datePublished\":\"2017-10-16T14:52:10+00:00\",\"dateModified\":\"2017-10-16T14:53:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/\"},\"wordCount\":1811,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Gerrie-Nel.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"politiek\",\"local celebs\",\"ons bekendes\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/\",\"name\":\"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Gerrie-Nel.jpg\",\"datePublished\":\"2017-10-16T14:52:10+00:00\",\"dateModified\":\"2017-10-16T14:53:25+00:00\",\"description\":\"Gerrie Nel is een van die bekendste en mees gevreesde aanklaers in die land, en het hy groter planne: om \u2019n private vervolgingseenheid op die been te kry.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Gerrie-Nel.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Gerrie-Nel.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1500,\"caption\":\"Foto: Peter Whitfield\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid | rooi rose","description":"Gerrie Nel is een van die bekendste en mees gevreesde aanklaers in die land, en het hy groter planne: om \u2019n private vervolgingseenheid op die been te kry.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid | rooi rose","og_description":"Gerrie Nel is een van die bekendste en mees gevreesde aanklaers in die land, en het hy groter planne: om \u2019n private vervolgingseenheid op die been te kry.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-10-16T14:52:10+00:00","article_modified_time":"2017-10-16T14:53:25+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1500,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Gerrie-Nel.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid","datePublished":"2017-10-16T14:52:10+00:00","dateModified":"2017-10-16T14:53:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/"},"wordCount":1811,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Gerrie-Nel.jpg","keywords":["celebs","politiek","local celebs","ons bekendes"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/","name":"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Gerrie-Nel.jpg","datePublished":"2017-10-16T14:52:10+00:00","dateModified":"2017-10-16T14:53:25+00:00","description":"Gerrie Nel is een van die bekendste en mees gevreesde aanklaers in die land, en het hy groter planne: om \u2019n private vervolgingseenheid op die been te kry.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Gerrie-Nel.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Gerrie-Nel.jpg","width":1000,"height":1500,"caption":"Foto: Peter Whitfield"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gerrie-nel-n-man-vir-die-waarheid\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Gerrie Nel: \u2019n man vir die waarheid"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85009","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=85009"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/85009\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/85014"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=85009"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=85009"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=85009"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}