{"id":84582,"date":"2022-10-03T16:15:19","date_gmt":"2022-10-03T14:15:19","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=84582"},"modified":"2022-10-03T16:16:27","modified_gmt":"2022-10-03T14:16:27","slug":"mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/","title":{"rendered":"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou?"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur <strong>Anys Rossouw.<\/strong>\u00a0 Foto: <a href=\"https:\/\/unsplash.com\/es\/@heftiba?utm_source=unsplash&amp;utm_medium=referral&amp;utm_content=creditCopyText\">Toa Heftiba<\/a> vir Unsplash<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mede-afhanklikheid is die algemeenste vorm van <strong>verslawing<\/strong>. Dis die siekte van \u2019n self wat die verantwoordelikheid vir jou lewe en geluk koppel aan iets of iemand buite jouself. Dis wanneer jy so fokus op dinge en mense buite jouself dat jy voeling met jou innerlike verloor: jou gedagtes, gelowe, gevoelens, ervarings, intu\u00efsie en selfs jou fisieke toestand.<\/p>\n<p>Mede-afhanklikheid se wortels l\u00ea dikwels diep versteek in wonde uit jou kinderdae. Die Amerikaanse psigoterapeut, prof. Charles Whitfield, s\u00ea dit begin as \u2019n kind se gesonde behoeftes nie deur sy gesin en leefw\u00eareld bevredig word nie; wanneer die kind nie kry wat hy fisiek, emosioneel en spiritueel nodig het om in \u2019n aangepaste volwassene te ontwikkel nie.<\/p>\n<p>So \u2019n kind maak sy ouers se ontoereikendheid sy eie en dink sy ouers is reg en die fout l\u00ea by hom. Hy leer om sy behoeftes te misken. Dit veroorsaak oor jare emosionele onderdrukking, afsluiting en doodsheid wat soms in sielkundige toestande soos mede-afhanklikheid, aggressie, depressie, stres, verslawing, eetversteurings, angstoestande en fisieke siektetoestande na vore kom.<\/p>\n<p>\u2019n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie. Maar die seer en die behoefte om beter oor homself te voel en deur ander aanvaar te word, bly.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Melanie se storie<\/h4>\n<p>Die psigoterapeut dr. Susan Forward vertel die verhaal van Melanie, een van haar kli\u00ebnte. Melanie het ges\u00ea dat sy permanent hopeloos voel. \u201cEk voel leeg, of ek nog nooit na aan enigiemand was nie. Ek was twee keer getroud en het met verskillende mans verhoudings gehad. Maar dis of ek altyd die verkeerde een kies. En dink ek sal hom regkry en help. Maar dit werk nooit uit nie. My eerste man het my verneuk. Die tweede een was \u2019n dronklap. En ek was goed vir hulle.\u201d<\/p>\n<p>D\u00eds die klassieke gedrag van iemand wat mede-afhanklik is. Die term mede-afhanklikheid is eers net gebruik vir die lewensmaat van \u2019n alkoholis of dwelmafhanklike wat die verslaafde se gedrag of probleem onwetend eintlik in stand hou. Maar deesdae word die term wyer gebruik. Dit sluit alle mense in wat van hulself slagoffers maak in die proses om iemand te help, en verantwoordelikheid aanvaar vir iemand wat dinge of mense misbruik, kompulsief, verslawend, of ongesond afhanklik is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u2019n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Melanie is aangetrek deur mans met probleme. Sy het geglo as sy goed genoeg is, hulle liefhet en hul probleme vergeef, sal sy hulle help om hul probleme te besef en sal hulle vir haar lief wees. Maar hulle was nie. Wat sy gekry het, was leegheid en \u2019n gevoel van \u201cek word misbruik\u201d.<\/p>\n<p>Sy het haar probleme aan die mans toegeskryf. Sy kon nie insien dat sy elke keer die verkeerde keuses maak nie. Dat liefde jou nie moet verwond nie, het sy nie besef nie. Sy het vir almal gegee, behalwe vir haarself. Sy het ook nie besef dat sy die mans in haar lewe toegelaat het om met hul gedrag voort te gaan nie. Sy het dit onwetend in stand gehou deur hulle nie die verantwoordelikheid en gevolge van hul optrede te laat dra nie. Sy het agter hulle opgevee.<\/p>\n<p>Toe sy oor haar kinderjare begin praat, het die stukkies van die legkaart gepas. Haar patroon om sukkelende mans te help, was \u2019n herhaling van haar verhouding met haar pa. As iets verkeerd geloop het, het hy in duie gestort. Haar ma het haar onttrek en sy moes bemiddel en probeer om hom beter te laat voel &#8211; waarin sy selde kon slaag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kenmerke van mede-afhanklikheid<\/h4>\n<p>1 Ontkenning: \u201cEk drink soms \u2019n paar biere, maar ek is nie \u2019n alkoholis nie.\u201d<\/p>\n<p>2 Elke geval lyk anders:<\/p>\n<ul>\n<li>Die redders is altyd besig om iemand anders te help en te red ten koste van hulself en hul eie behoeftes. Hulle verloor hul identiteit in ander.<\/li>\n<li>Die mens wat ander tevrede wil stel, sukkel om nee te s\u00ea en hul eie wil en behoeftes te kommunikeer.<\/li>\n<li>Oorpresteerders probeer hul leegheid met prestasies vul en probeer so aanvaarding kry.<\/li>\n<li>Die verloorders het \u2019n swak selfbeeld, voel skaam en sonder selfvertroue.<\/li>\n<li>Perfeksioniste word gedryf deur \u2019n vrees vir mislukking.<\/li>\n<li>Die slagoffer. \u201cNiemand verstaan my nie.\u201d \u201cWas dinge maar net anders.\u201d Hulle aanvaar selde verantwoordelikheid vir hul probleme en sukkel om dinge deur te voer.<\/li>\n<li>Die martelaars sug gedurig, weier hulp, want hulle het al \u00e1lles probeer en dit werk nie. Hulle kla oor verantwoordelikheid, vermom hulle dikwels as helpers, is dikwels baie religieus en moet dan maar al klaend hul lot aanvaar.<\/li>\n<\/ul>\n<h4><\/h4>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Jy kry die indrukwekkende macho-manne of die vreeslike breekbare, fyn, vroulike vroue&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Die verslaafdes se verslawing kan baie vorme aanneem: Alkoholiste, werkholiste of die slawe van dwelms, kos, dobbel, kompulsiewe koop, mense of dinge.<\/li>\n<li>Die indrukwekkende macho-manne het die groot ego\u2019s en opgeblaasde selfvertroue, of jy kry die vreeslike breekbare, fyn, vroulike vroue.<\/li>\n<li>Die narcis of selfsugtige het eintlik \u2019n swak selfbeeld en probeer sy leegheid vul deur net op homself te fokus en die middelpunt van die aandag te wees. Hulle misbruik en mishandel ander meestal subtiel.<\/li>\n<li>Die boelies haal hul onsekerheid op ander uit en probeer hulle emosioneel en fisiek beheer om sterker te voel.<\/li>\n<li>Die verlore kinders is dikwels die latere kind in \u2019n wanfunksionele gesin. Hulle voel oorweldig omdat daar nie aan hul behoeftes voldoen word nie. Dan gee hulle moed op, onttrek of raak siek.<\/li>\n<li>Die grapjas of klein prinses is dikwels die familie se gelukbringer of troetelkind. Hulle het geleer om die aandag te kry deur oulik te wees of almal te vermaak en snaaks te wees. Hulle reageer dan op elke situasie met humor, of dit van toepassing is of nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ons moet ophou om ons mag weg te gee volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Robert Burney, skrywer van <em>Codependance: The Dance of Wounded Souls<\/em>, s\u00ea ons moet ophou om ons mag weg te gee deur op te hou om volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef. Ons moet leer om tussen waarheid en ons eie verwronge persepsies van situasies te onderskei. Ons moet die moed h\u00ea om die emosionele wonde wat ons houdings, gedagtes en lewe beheer, te erken, te voel en te heel. Ons moet die verskil tussen mede-afhanklikheid en interafhanklikheid verstaan.<\/p>\n<p>In mede-afhanklikheid gee jy jou mag weg, want jou selfbeeld, selfwaarde en wie jy is, hang van dinge en mense buite jou af. Interafhanklikheid is om bondgenote te maak &#8211; om met mense te deel en jou aan hulle te verbind. In die proses gee jy ook mag weg, maar jy het nog die beheer.<\/p>\n<p>Maar dis belangrik om te besef dat om heel te word \u2019n groeiproses is wat nie oornag of met \u2019n enkele wilsbesluit gebeur nie. Dikwels is dit \u2019n moeisame pad wat moeilik is om alleen aan te pak. Die hulp van \u2019n professionele persoon maak dit net makliker om oor \u2019n paar van die berge te kom.<\/p>\n<p>Elkeen van ons is geluk aan onsself verskuldig &#8211; vry om lief te h\u00ea sonder vrese vir verwerping.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Toets of jy mede-afhanklik is<\/h4>\n<ul>\n<li>Om sy probleme op te los of sy pyn minder te maak, is die belangrikste ding in my lewe.<\/li>\n<li>My positiewe gevoelens hang van sy goedkeuring af.<\/li>\n<li>My gedagtes en denke is op hom gefokus &#8211; om hom tevrede te stel.<\/li>\n<li>Sy probleme en swaarkry affekteer my emosies en vermo\u00eb om dinge te kan hanteer.<\/li>\n<li>Ek probeer hard om hom te kry om dinge te doen soos ek dit wil h\u00ea.<\/li>\n<li>Ek heg meer waarde aan sy mening en manier van doen as aan my eie.<\/li>\n<li>Ek is nie altyd bewus van hoe ek voel en wat ek wil h\u00ea nie.<\/li>\n<li>Ek doen alles om sy verwerping te vermy.<\/li>\n<li>Ek is \u2019n perfeksionis en blameer myself vir alles wat verkeerd loop.<\/li>\n<li>Ek voel dikwels kwaad, misbruik en dat niemand my waardeer nie.<\/li>\n<li>Ek gee voor alles is in die haak.<\/li>\n<li>My vrese vir sy verwerping bepaal meestal wat ek s\u00ea en doen.<\/li>\n<li>My eie aktiwiteite, stokperdjies en vriende word eenkant toe geskuif en ons fokus op syne.<\/li>\n<li>Ek offer soms van my waardes ter wille van die verhouding op.<\/li>\n<li>Ek gebruik omgee en sorg as \u2019n manier om ons verhouding te probeer beveilig en red.<\/li>\n<li>My pogings om sy liefde te wen, oorheers my lewe.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-om-te-doen-as-jou-kind-in-n-slegte-verhouding-is\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat om te doen as jou kind in \u2019n slegte verhouding is<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? As di\u00e9 liefde pynlik is, ly jy dalk aan mede-afhanklikheid en maak jy van jouself \u2019n slagoffer. Mede-afhanklikheid kan ook versorging (&#8220;caregiving&#8221;) raak. Deur Anys Rossouw. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":133868,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[23449,27517,29661,33319,34937,34938,34940,34941,35370,241,730],"class_list":["post-84582","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-psychology","tag-stress","tag-well-being","tag-depression","tag-mede-afhanklikheid","tag-co-dependency","tag-caregiving","tag-versorging","tag-aggressie","tag-depressie","tag-stres"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? Jy ly dalk aan mede-afhanklikheid.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? Jy ly dalk aan mede-afhanklikheid.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2022-10-03T14:15:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2022-10-03T14:16:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou?\",\"datePublished\":\"2022-10-03T14:15:19+00:00\",\"dateModified\":\"2022-10-03T14:16:27+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/\"},\"wordCount\":1431,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg\",\"keywords\":[\"psychology\",\"stress\",\"well being\",\"depression\",\"mede-afhanklikheid\",\"co-dependency\",\"caregiving\",\"versorging\",\"aggressie\",\"depressie\",\"stres\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2022\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/\",\"name\":\"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg\",\"datePublished\":\"2022-10-03T14:15:19+00:00\",\"dateModified\":\"2022-10-03T14:16:27+00:00\",\"description\":\"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? Jy ly dalk aan mede-afhanklikheid.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/10\\\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou? | rooi rose","description":"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? Jy ly dalk aan mede-afhanklikheid.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou? | rooi rose","og_description":"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? Jy ly dalk aan mede-afhanklikheid.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2022-10-03T14:15:19+00:00","article_modified_time":"2022-10-03T14:16:27+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou?","datePublished":"2022-10-03T14:15:19+00:00","dateModified":"2022-10-03T14:16:27+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/"},"wordCount":1431,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg","keywords":["psychology","stress","well being","depression","mede-afhanklikheid","co-dependency","caregiving","versorging","aggressie","depressie","stres"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2022","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/","name":"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg","datePublished":"2022-10-03T14:15:19+00:00","dateModified":"2022-10-03T14:16:27+00:00","description":"Kies jy altyd die man met probleme wat jy wil regkry en help deur hom lief te h\u00ea, maar dit werk nooit uit nie? Jy ly dalk aan mede-afhanklikheid.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/10\/toa-heftiba-a7XUtljVEMc-unsplash-1.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mede-afhanklikheid-vernietig-jou-liefde-jou\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mede-afhanklikheid: vernietig jou liefde jou?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84582"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84582\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/133868"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84582"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}