{"id":84502,"date":"2017-10-02T16:57:09","date_gmt":"2017-10-02T14:57:09","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=84502"},"modified":"2017-10-02T16:57:09","modified_gmt":"2017-10-02T14:57:09","slug":"jy-kan-jou-eie-blyplek-koop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/","title":{"rendered":"Jy kan jou eie blyplek koop"},"content":{"rendered":"<p>Vroue koop deesdae huis. In 2009 was net een uit elke drie eerstekopers \u2019n vrou. Nou is ons die helfte. En ons is jonk \u2013 gemiddeld 31 jaar oud.<\/p>\n<p>\u2019n Mens hoor lenings word maklik afgekeur. Toni Fritz, senior bestuurder: huislenings by Standard Bank, s\u00ea jy s\u00e1l suksesvol wees as jy kan bewys dat jy hul vertroue verdien.<\/p>\n<p><strong>Dink so daaroor:<\/strong> jy wil h\u00ea die bank moet jou sowat \u2019n halfmiljoen rand gee. Net so. Net op jou belofte dat jy sal terugbetaal. Vanselfsprekend wil die bank so baie geld in die beste hande sit.<\/p>\n<p><strong>Hoe koop jy jou droomplek?<\/strong> Gebruik ons aftiklys vir al die papierwerk en voorbereiding. Dit \u00eds lank maar hiermee kan jy vanjaar nog saans jou eie voordeur toesluit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10 goed wat jy m\u00f3\u00e9t regkry<\/h4>\n<p><strong>1 Kwalifiseer jy?<\/strong><\/p>\n<p>Dit is die lekkerste eerste stap van jou droom: daardie intik van jou besonderhede op die bank se leningberekenaar op hul webwerf, met die terugvoer: jy kan sowaar Rxxx leen!<\/p>\n<p>Geniet di\u00e9 oomblik voluit. Bel die agente, werk die eiendomstydskrifte deur en boer op die Internet. Maar neem die bedrag met \u2019n gr\u00f3\u00f3t knyp sout, want banke kyk baie dieper.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>2 Kry bewyse vir jou inkomste bymekaar<\/strong><\/p>\n<p>Die bank wil weet jy bring konsekwent genoeg geld in vir \u00e9lke maand se paaiement. Dit is maklik as jy vir \u2019n maatskappy werk: kry net jou salarisstrokies vir die afgelope ses maande. As jy byverdien, of \u2019n rente-inkomste het, sit bewyse daarvan ook by.<\/p>\n<p>As jy op kontrak werk, dien afskrifte van jou kontrakte in en vra jou groot klante om amptelike briewe wat jou inkomste vir die afgelope jaar bevestig.<\/p>\n<p>Werk jy vir jouself? Stel dan \u2019n oortuigende inkomsteprofiel so saam:<br \/>\n\u2022 L\u00ea jou bankstate vir die afgelope 18 &#8211; 36 maande voor (daarom dat jy hulle moes hou. Jy kan hulle terugwerkend trek, maar net die laaste ses maande s\u2019n is gratis).<br \/>\n\u2022 Laat jou boekhouer \u2019n staat van jou inkomste en uitgawes opstel, wat die bank jou bruto wins wys. Langer rekords maak jou saak sterker.<br \/>\n\u2022 Bewys hoeveel geld vorentoe wag. L\u00ea afskrifte voor van kontrakte wat reeds aangegaan is en uitstaande bedrae wat jou klante in die volgende paar maande sal betaal.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>3 Jy weet wat jy kan bekostig <\/strong><\/p>\n<p>Blyplek kos meer as die paaiement: water en krag, heffings, munisipale belasting, parkeerhuur, onderhoud en DSTV kan jou maklik nog R1 500 en baie meer kos.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>4 Bewys jy het geld vir die paaiement <\/strong><\/p>\n<p>Maak \u2019n lys van jou maanduitgawes teenoor jou inkomste sodat die bank sien daar is geld oor. Moenie items weglaat nie, want hulle toets of jy realisties is. As jy \u2019n tipiese uitgawe uitlaat (soos petrol of die motorpaaiement, want jou man dra dit), wys dit spesifiek uit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>5 Kry \u2019n Plan B <\/strong><\/p>\n<p>Dit skep vertroue by die bank as jy \u2019n geldmarkrekening of effektetrusts vir sowat drie maande se paaiemente het, veral as jy vir jouself werk en swaar maande kan tref.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>6 Bou \u2019n deposito op <\/strong><\/p>\n<p>Die feit dat jy \u2019n deposito opbou, beteken dat jy in effek reeds \u2019n paaiement betaal \u00e9n die finansi\u00eble vermo\u00eb en dissipline het om dit te doen. Vir die bank klink dit briljant.<\/p>\n<p>Dalk kry jy in elk geval net 80% &#8211; 90% van die koopsom \u2013 R50\u00a0000 op \u2019n koopsom van R500 000 -R600\u00a0000.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>7 Jy is reg vir transaksiekoste <\/strong><\/p>\n<p>Maak reg vir minstens R15\u00a0000, plus sowat 8% van die koopprys as jy bo R600\u00a0000 koop om die prokureursgeld, oordragkoste en aktekantoor se bedrag te dek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>8 Monitor jou kredietprofiel <\/strong><\/p>\n<p>Bly jy weg van skuld? Dit is \u2019n fout, want daarsonder bou jy nie kredietwaar-digheidsgeskiedenis nie. Dus: kry \u2019n kredietkaart en gebruik dit, of maak \u2019n klererekening oop, kry \u2019n selfoon op kontrak, of huurkoop \u2019n TV of motor. Maar oppas: die bank gaan jou nie \u2019n sent leen as jy klaar in die skuld verdrink nie. Die geheim is skuld, min daarvan en baie getroue terugbetaling.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>9 Gebruik die kredietburo\u2019s se geskenk <\/strong><\/p>\n<p>Hulle gee vir jou jaarliks \u2019n gratis kredietverslag in jou verjaardagmaand. Dit is \u2019n kosbare geskenk, want dit gee jou die kans om seker te maak jou kredietprofiel is skoon \u00e9n om skuld af te betaal voor die bank dit opspoor en jou gevolglik afkeur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>10 Rotsvas en stabiel <\/strong><\/p>\n<p>Dit tel as jy minstens twee jaar op een plek woon, by een maatskappy werk, of konsekwent bevordering kry of groeiende inkomste kan bewys.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jou eerste bankkontak<\/h4>\n<p><strong>11 Vir hoeveel kan jy soek?<\/strong><\/p>\n<p>Jy kan die Internet- leningberekenaar glo en gaan huis soek. Maar dit is net \u2019n bre\u00eb riglyn, en jy kan te duur mik. Of jy kan die bank om \u2019n akkurater leningswaarborg (<em>pledge<\/em>) vra.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>12 Makelaar of direk? <\/strong><\/p>\n<p>Leningsmakelaars (<em>bond originators<\/em>) soos ooba is gerieflik. Hulle kos jou niks nie, aangesien banke hulle \u2019n vindersbedrag betaal. Hulle sal jou \u2019n goeie aanduiding gee van waarvoor jy kwalifiseer en jou hele leningsaansoek hanteer.<\/p>\n<p>Maar jy kan s\u00e9lf bank toe gaan. Die meeste banke reik net waarborge aan hul eie klante uit. Jy is dus tot een bank beperk, teenoor die spektrum van die leningsmakelaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>13 Reg vir die verkennende afspraak <\/strong><\/p>\n<p>Moenie sommer net by die bank\/makelaar opdaag nie: maak \u2019n afspraak. Dit skep vertroue dat jy jou sake verstandig bestuur. Bring alles wat jy in 1-10 reggesit het, plus jou ID en bewys van adres. Nou gaan jy die eerste pluksel vrugte van jou huiswerk oes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy, die ernstige koper<\/h4>\n<p><strong>14 Soek <\/strong><\/p>\n<p>Dis opwindend \u00e9n frustrerend. Maak reg vir vele teleurstellings, soos om jou hart te verloor op \u2019n onbekostigbare plek, of een met t\u00e9 ernstige gebreke, of om \u2019n koop te verloor omdat jy wou dink. Iewers wag jou droom!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>15 Jou eiselysie <\/strong><\/p>\n<p>Hoe lyk jou droomplek? Hmm \u2026 hy bestaan nie. Maar jy kan naby aan hom kom. Deel jou lysie in twee: jou dealbreakers en die lekker ekstras. Fokus op jou ononderhandelbare eise.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>16 Jou adres <\/strong><\/p>\n<p>Watter gebiede werk vir jou? Ligging tel as jy eiendom as \u2019n belegging beskou. Sosio-kulturele aspekte is ewe belangrik \u2013 soos om naby skole te wees, tuis te voel in die omgewing, veiligheid, netjiese sypaadjies en die afstand van jou werk of openbare vervoer. Hoe lyk dit daar op \u2019n Saterdag? Voel jy gemaklik?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>17 Verken wyd<\/strong><\/p>\n<p>Dit gee jou \u2019n aanvoeling vir billike kopies. Buiten eiendomsagente en -publikasies kyk op die Internet soos na banke se terugnemings, en op eiendomswebwerwe soos Go2Homes, met hul selfdoendiens wat jou aan kommissie spaar, en MyRoof.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kry &amp; koop<\/h4>\n<p><strong>19 Reg of weg? <\/strong><\/p>\n<p>S\u00ea gou ja maar teken stadig. Voor jy teken, vind alles wat jy kan oor jou kopie uit. Vra die munisipale stadsbeplanner omtrent beplande hersonerings vir die omgewing. Google die gebied saam met woorde soos \u201cnew regulations\u201d, \u201csafety\u201d, en \u201cproblem\u201d \u2026 en kyk op Google se vierde bladsy \u00f3\u00f3k.<\/p>\n<p>Kan jy die munisipale rekening, heffings, belasting, tipiese water en ligte en ander verpligte uitgawes per maand op die eiendom bekostig?<\/p>\n<p>As jy \u2019n woonstel of deeltitel koop, vra die bestuursliggaam se jongste finansi\u00eble staat, jaarverslag en notule. Die notule verklap probleme in die kompleks. As hul finansies gesond is, sal daar \u2019n stewige banksaldo en geld vir onderhoud en versekering wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>20 Stry die prys af <\/strong><\/p>\n<p>Die eienaar verwag nie volprys nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>21 Ja dankie! <\/strong><\/p>\n<p>Jy en die eienaar skud hande. Nou kom jou aanbod. Dit word \u2019n koopkontrak sodra hy teken. Waar kry jy \u2019n aanbod\/kontrak? Agentskappe verskaf standaardkontrakte. Of jou prokureur kan een opstel. Of kry \u2019n standaard Suid-Afrikaanse kontrak by CNA of op die Internet. Goeie kontrakte spesifiseer okkupasiehuur, as jy wil intrek voor die eiendom op jou naam is. \u2019n Billike bedrag beloop soveel as huur in die omgewing. Watter vaste items (<em>fixtures &amp; fittings<\/em>) bly agter &#8211; van gordynrelings tot die stoof en skaars tuinplante? Aan watter voorwaardes is die koop onderhewig? Vra uit tot jy elke klousule verstaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kry daardie lening<\/h4>\n<p><strong>22 Vra reg <\/strong><\/p>\n<p>Jou voorbereiding gaan jou nou deurtrek. Sit die kontrak, al jou voorbereide papierwerk, ID en bewys van adres bymekaar en gee dit vir jou leningsmakelaar. Of stap daarmee onder die arm bank toe.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>23 Die naelbyt wag <\/strong><\/p>\n<p>Dit neem tot drie weke voor jou aansoek goed- of afgekeur is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>24 Onderhandel <\/strong><\/p>\n<p>Lenings is gewoonlik teen primakoers plus \u2019n persentasie vir twintig jaar. Alles is onderhandelbaar &#8211; selfs as hulle jou afkeur. Vra of hulle jou sal oorweeg teen \u2019n bekostigbaarder langer afbetaaltyd? Vra die eienaar of hy sy prys sal verminder sodat jy minder kan leen.<\/p>\n<p>As die bank ja s\u00ea, vra of jy kan leen teen laer as prima? As hulle meer as prima vra, vra waarom sodat jy kan kyk hoe jy jou leningsrisiko kan verbeter. Kyk wat gebeur as jy \u2019n vaste of wisselende rentekoers vra.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>25 Teken weer<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Prokureur, aangewys deur die bank, sal die leningskontrak (dit is \u2019n ander kontrak as die koopkontrak) met jou deurgaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>J\u00f3\u00fane!<\/h4>\n<p><strong>26 Skink die vonkelwyn <\/strong><\/p>\n<p>Maar eers n\u00e1 jy deur die hele proses is, met \u2019n hele paar besoeke aan die prokureurs, vorms om te voltooi en so aan. Werk saam, vir \u2019n vlot, vinnige verloop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>27 Maak gereed vir jou eerste paaiement <\/strong><\/p>\n<p>Vra die registrasieprokureur hoe lank registrasies op die oomblik neem sodat jy weet wanneer dit sal wees.<\/p>\n<p>Kies jou maandelikse paaiementdatum, soos net n\u00e1 jou salarisdatum. As jy vir jouself werk, maak elke maand seker jou saldo op di\u00e9 datum dek die paaiement. As jy vasbrand, bel die bank vooraf en tref \u2019n re\u00ebling vir watter dag die paaiement moet afgaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy kan vanjaar nog jou eie blyplek koop! Gebruik ons aftiklysie en doen dit stap vir stap. Deur Salom\u00e9 Delport<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":84504,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680,662],"tags":[2091,2157,24434,29127,30122,34811,24,2049],"class_list":["post-84502","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld","category-jou-lewe","tag-finansies","tag-eiendom","tag-success","tag-money","tag-belegging","tag-private-fiance","tag-sukses","tag-geld"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy kan jou eie blyplek koop | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy kan vanjaar nog jou eie blyplek koop! Gebruik ons aftiklysie en doen dit stap vir stap. Deur Salom\u00e9 Delport\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy kan jou eie blyplek koop | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy kan vanjaar nog jou eie blyplek koop! Gebruik ons aftiklysie en doen dit stap vir stap. Deur Salom\u00e9 Delport\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-10-02T14:57:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Huissleutels.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Jy kan jou eie blyplek koop\",\"datePublished\":\"2017-10-02T14:57:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/\"},\"wordCount\":1577,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Huissleutels.jpg\",\"keywords\":[\"finansies\",\"eiendom\",\"success\",\"money\",\"belegging\",\"private fiance\",\"sukses\",\"geld\"],\"articleSection\":[\"Sukses en geld\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/\",\"name\":\"Jy kan jou eie blyplek koop | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Huissleutels.jpg\",\"datePublished\":\"2017-10-02T14:57:09+00:00\",\"description\":\"Jy kan vanjaar nog jou eie blyplek koop! Gebruik ons aftiklysie en doen dit stap vir stap. Deur Salom\u00e9 Delport\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Huissleutels.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Huissleutels.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Huissleutels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy kan jou eie blyplek koop\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy kan jou eie blyplek koop | rooi rose","description":"Jy kan vanjaar nog jou eie blyplek koop! Gebruik ons aftiklysie en doen dit stap vir stap. Deur Salom\u00e9 Delport","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy kan jou eie blyplek koop | rooi rose","og_description":"Jy kan vanjaar nog jou eie blyplek koop! Gebruik ons aftiklysie en doen dit stap vir stap. Deur Salom\u00e9 Delport","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-10-02T14:57:09+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Huissleutels.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Jy kan jou eie blyplek koop","datePublished":"2017-10-02T14:57:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/"},"wordCount":1577,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Huissleutels.jpg","keywords":["finansies","eiendom","success","money","belegging","private fiance","sukses","geld"],"articleSection":["Sukses en geld","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/","name":"Jy kan jou eie blyplek koop | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Huissleutels.jpg","datePublished":"2017-10-02T14:57:09+00:00","description":"Jy kan vanjaar nog jou eie blyplek koop! Gebruik ons aftiklysie en doen dit stap vir stap. Deur Salom\u00e9 Delport","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Huissleutels.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Huissleutels.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Huissleutels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-blyplek-koop\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy kan jou eie blyplek koop"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84502","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84502"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84502\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/84504"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84502"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84502"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84502"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}