{"id":84498,"date":"2017-10-02T16:43:03","date_gmt":"2017-10-02T14:43:03","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=84498"},"modified":"2017-10-02T16:43:03","modified_gmt":"2017-10-02T14:43:03","slug":"gemoedsrus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/","title":{"rendered":"Gemoedsrus"},"content":{"rendered":"<p>Jongmense dink soms dat hul jeug die koste van \u2019n mediese fonds onnodig maak, en dink ook nie aan die gevolge as hulle weens \u2019n ongeluk of siekte vir \u2019n paar maande nie \u2019n inkomste verdien nie. Wat van die paaiemente op \u2019n motor? Huurgeld?<\/p>\n<p>Ongelukkig sal versekeringsmaatskappye jou vertel dat die jongklomp se kanse statisties ho\u00ebr is om in \u2019n motorongeluk te wees omdat hulle meer rondry en waarskynlik aan meer risiko\u2019s blootgestel word, s\u00ea Hugo Senekal, mediese fonds-adviseur van Johannesburg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Mediese fonds<\/h4>\n<p>\u201cSommige maatskappye subsidieer bydraes tot \u2019n mediese fonds, maar heelwat probeer die koste vir die maatskappy so laag moontlik hou en die onus rus op jou om \u2019n mediese fonds te kry. As jy vir jouself werk, is die versoeking dikwels groot om nie \u2019n mediese fonds te h\u00ea nie, omdat jy gesond is en jou geld dalk effens skraps is.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dit kan gebeur<\/h4>\n<p>\u2022 \u201cEk is \u2019n klankoperateur en verdien \u2019n karige salaris. As student was ek op sy ouers se mediese fonds, maar toe ek in 2013 begin werk, het ek besluit om eerder die maandelikse mediese fonds-betaling te spaar omdat ek byna nooit siek word nie. In Oktober het ek met blindedermontsteking in die hospitaal beland. N\u00e1 \u2019n noodoperasie was ek perdfris en gesond, maar die mediese koste vir die private kliniek was sowat R60 000 &#8211; wat ek uit my eie sak moet betaal.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 \u201cMy vrou was met haar derde swangerskap blakend gesond en het maklike vorige geboortes gehad. Maar toe word die baba vroeg gebore. Die kindjie was drie maande lank in die hospitaal, ook \u2019n ruk in die ho\u00ebsorgeenheid. Die koste het meer as R300 000 beloop en dit sluit nie eens die noodkeisersnee in nie. Ek weet nie wat ons sonder \u2019n goeie mediese fonds sou gedoen het nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 \u201cMy studentedogter was in \u2019n motorfietsongeluk en is in \u2019n ernstige toestand na \u2019n private kliniek geneem. Die kliniek het op \u2019n deposito van R80 000 aangedring voor hulle haar sou opneem indien sy nie mediese fonds het nie. Gelukkig was sy nog op ons mediese fonds.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat jy moet doen<\/h4>\n<p>Beplan deeglik en bepaal jou risiko. Hoe gesond is jy? Ly jy aan chroniese siektes, is daar chroniese siektes soos diabetes of ho\u00eb cholesterol in jou familie? Laat toets jou bloedglukose, bloeddruk en cholesterol by \u2019n apteek. Het jy \u2019n gesin? Besluit hoeveel geld jy per maand aan \u2019n mediese fonds kan afstaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Re\u00ebls van mediese fondse<\/h4>\n<p>Moenie dink jy kan wag tot jy gesondheidsprobleme het voor jy by \u2019n mediese fonds aansluit nie, s\u00ea Hugo. \u201cAs jy reeds \u2019n voorafbepaalde toestand het, dit sluit swangerskap in, of chroniese medikasie gebruik, kan die mediese fonds op \u2019n wagtydperk van tot en met 12 maande aandring (dit wissel van persoon tot persoon) waar hulle nie die koste vir daardie toestand gaan dek nie. Daar is gewoonlik \u2019n algemene wagtydperk van drie maande as jy nie voorheen (of in die laaste 90 dae) aan \u2019n mediese fonds behoort het nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hospitaaldekking is noodsaaklik<\/h4>\n<p>\u2022 Jonger mense is waaghalsig en het \u2019n aktiewer sosiale lewe wat ook \u2019n ho\u00ebr risiko vir ongelukke beteken. Boonop is hospitaalkoste in private klinieke astronomies hoog. As die jongmens nie dekking het nie, gaan hierdie koste op die ouers se skouers rus.<br \/>\n\u2022 Diabetes en kanker kom ook onder al hoe jonger mense voor<br \/>\n\u2022 Doen die somme: Gaan kyk wat jy werklik maandeliks aan medisyne en dokters bestee. Dalk is dit reeds die moeite werd om \u2019n fonds te h\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hospitaalplanne verskil<\/h4>\n<p>Dekking verskil en jy moet seker maak jy weet wat joune behels. Jy kan een met onbeperkte dekking kies, of een met perke, soos beperkings op die bedrag wat jy jaarliks per lid kan eis, of dit kan sekere prosedures soos knie- en heupvervangings by ouer mense uitsluit.<\/p>\n<p><strong>Onthou<\/strong>, in die geval van mediese fondse kry jy waarvoor jy betaal. Jy kan nie goud uit strooi spin as jy te\u00ebspoed het nie. Maak seker jy lees die fynskrif en hersien jaarliks jou dekking namate jou finansies verbeter of jou risiko verhoog.<\/p>\n<p>Inligting verskaf deur Hugo Senekal, 011 858 3600 | <a href=\"mailto:hugo@RFSfin.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">hugo@RFSfin.co.za<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Spaar slim<\/h4>\n<p>Baie jongmense meen hulle het te min geld om finansi\u00eble advies te regverdig, maar dis juis dan belangrik om goeie besluite te neem sodat jou geld hard vir jou gaan werk, s\u00ea Neil van Loggerenberg, \u2019n finansi\u00eble adviseur van Johannesburg.<\/p>\n<p>\u201cEk het kli\u00ebnte wat R200 tot R300 per maand bel\u00ea. Onthou, hoe jonger jy begin spaar, hoe groter is jou wins aan die einde. Baie maatskappye sorg vir \u2019n pensioenfonds as deel van jou pakket. Tog is dit belangrik om eienaarskap te neem van jou spaargeld om te sien of die keuse wat hulle vir jou geld gemaak het, vir jou werk. Dalk is dit nie \u2019n optimale keuse vir jou ouderdom en lewenstyl nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe beskerm jy jou inkomste?<\/h4>\n<p>As jy vir jouself werk, of tydelike of kontrakwerk doen, is jy in \u2019n verknorsing as \u2019n ernstige siekte jou lank uit die werk hou. Of dalk val jy van jou bergfiets af en breek jou arms.<\/p>\n<p>Jy het verskeie beleggingsopsies. Jy kan die geld vir \u2019n tydperk vas bel\u00ea waar jy bv. vir vyf jaar nie toegang tot die geld het nie, of jy kan dit so bel\u00ea dat jy dit enige tyd kan gebruik.<\/p>\n<p>\u201cDis my ervaring dat mense groter hoeveelhede bel\u00ea as hulle toegang tot die fondse het.\u201d<\/p>\n<p>Jy kan ook \u2019n ongeskiktheidpolis uitneem wat \u2019n enkelbedrag sal uitbetaal as jy weens siekte of gestremdheid nie meer kan werk nie. Die polis sal waarskynlik nie uitbetaal as die toestand nie permanent is nie. As jy in \u2019n ernstige motorongeluk was en vir twee jaar nie kan werk nie, sal die polis dalk nie uitbetaal nie, omdat die prognose is dat jy gaan herstel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Pensioenfonds<\/h4>\n<p>As jy vroeg in jou twintigerjare begin spaar, kan \u2019n klein bedrag eksponensieel groei, maar dit is net moontlik as jy wel vroeg begin spaar. Daar is verskeie opsies en jy sal baat vind daarby om \u2019n adviseur te gaan spreek sodat jy die regte produk kan kies.<\/p>\n<p>Op 25 voel jou aftrede nie so dringend nie. As jy vir \u2019n salaris werk en daar word outomaties 15% afgetrek vir \u2019n pensioenfonds, dink jy nie daaroor nie. As jy vir jouself werk en die geld in jou rekening sien, is dit moeilik om die selfdissipline toe te pas om dit te spaar terwyl daar ander wolwe voor die deur is. Of dalk is jy bloot lus om jou geld te geniet.<\/p>\n<p>Neem aan dat inflasie met 6% toeneem, jou belegging met 9% groei, jy op 65 aftree en tot op 85 gaan leef. En as jy wil aftree met 75% van jou salaris, moet jy die volgende doen:<br \/>\nAs jy op 25 begin spaar, moet jy 13,3% van jou inkomste spaar, op 35 jaar 25,4%, op 45 jaar 44,5% en op 55 jaar 3% meer as wat jy verdien. Hoewel jy uit verskeie produkte kan kies, stel Neil voor dat indien jy vir jouself werk, jy \u2019n produk oorweeg waar jy bydraes kan verhoog en verminder soos jou inkomste verander. Jy kan ook enige tyd staak en weer begin met die wete dat die geld wat klaar bel\u00ea is nie geraak word nie. Dis uiters belangrik dat jy wel die beste opbrengs op lang termyn kry. \u2019n Voorbeeld: \u2019n belegging van R10 000 wat teen 6% groei oor 40 jaar sal<br \/>\nR102 857 beloop. Sou jy \u2019n groei van 12% kon handhaaf, het jy R930 509 uitgekry!<\/p>\n<p>Maak seker wanneer jy bel\u00ea dat die prestasie van jou fondse sowel as jou opsies gereeld hersien word. Hier kan \u2019n spesialis van onskatbare waarde wees, want hierdie beleggings gaan eendag vir meer as twintig jaar na jou moet omsien.<\/p>\n<p>Inligting verskaf deur Neil van Loggerenberg, finansi\u00eble beplanner. <a href=\"mailto:Neil@purewealth.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Neil@purewealth.co.za<\/a>, 011 679 3059<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maak seker iets soos \u2019n ongeluk is net \u2019n tydelike terugslag en nie \u2019n voortslepende finansi\u00eble fiasko nie. Hier is finansi\u00eble adviseurs se raad aan jongmense oor mediese fondse en inkomstebeskerming. Deur Anet Schoeman <\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":84501,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[680,662],"tags":[29127,31533,31711,24,2049,2091,5222,6410,24434],"class_list":["post-84498","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sukses-en-geld","category-jou-lewe","tag-money","tag-career","tag-private-finance","tag-sukses","tag-geld","tag-finansies","tag-medies","tag-inkomste","tag-success"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Gemoedsrus | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Maak seker iets soos \u2019n ongeluk is net \u2019n tydelike terugslag en nie \u2019n voortslepende finansi\u00eble fiasko nie. Hier is adviseurs se raad aan jongmense.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gemoedsrus | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Maak seker iets soos \u2019n ongeluk is net \u2019n tydelike terugslag en nie \u2019n voortslepende finansi\u00eble fiasko nie. Hier is adviseurs se raad aan jongmense.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-10-02T14:43:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Geld-spaarvarkie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Gemoedsrus\",\"datePublished\":\"2017-10-02T14:43:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/\"},\"wordCount\":1293,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Geld-spaarvarkie.jpg\",\"keywords\":[\"money\",\"career\",\"private finance\",\"sukses\",\"geld\",\"finansies\",\"medies\",\"inkomste\",\"success\"],\"articleSection\":[\"Sukses en geld\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/\",\"name\":\"Gemoedsrus | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Geld-spaarvarkie.jpg\",\"datePublished\":\"2017-10-02T14:43:03+00:00\",\"description\":\"Maak seker iets soos \u2019n ongeluk is net \u2019n tydelike terugslag en nie \u2019n voortslepende finansi\u00eble fiasko nie. Hier is adviseurs se raad aan jongmense.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Geld-spaarvarkie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/10\\\/Geld-spaarvarkie.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: www.pexels.com\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gemoedsrus\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Gemoedsrus\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gemoedsrus | rooi rose","description":"Maak seker iets soos \u2019n ongeluk is net \u2019n tydelike terugslag en nie \u2019n voortslepende finansi\u00eble fiasko nie. Hier is adviseurs se raad aan jongmense.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Gemoedsrus | rooi rose","og_description":"Maak seker iets soos \u2019n ongeluk is net \u2019n tydelike terugslag en nie \u2019n voortslepende finansi\u00eble fiasko nie. Hier is adviseurs se raad aan jongmense.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-10-02T14:43:03+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Geld-spaarvarkie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Gemoedsrus","datePublished":"2017-10-02T14:43:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/"},"wordCount":1293,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Geld-spaarvarkie.jpg","keywords":["money","career","private finance","sukses","geld","finansies","medies","inkomste","success"],"articleSection":["Sukses en geld","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/","name":"Gemoedsrus | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Geld-spaarvarkie.jpg","datePublished":"2017-10-02T14:43:03+00:00","description":"Maak seker iets soos \u2019n ongeluk is net \u2019n tydelike terugslag en nie \u2019n voortslepende finansi\u00eble fiasko nie. Hier is adviseurs se raad aan jongmense.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Geld-spaarvarkie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/10\/Geld-spaarvarkie.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: www.pexels.com"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gemoedsrus\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Gemoedsrus"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84498","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84498"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84498\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/84501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84498"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84498"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84498"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}