{"id":84266,"date":"2017-08-27T15:11:12","date_gmt":"2017-08-27T13:11:12","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=84266"},"modified":"2017-09-27T15:11:51","modified_gmt":"2017-09-27T13:11:51","slug":"ek-maar-toe-geweet-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/","title":{"rendered":"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026"},"content":{"rendered":"<h4>Chris Chameleon<\/h4>\n<div id=\"attachment_70919\" style=\"width: 398px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-70919\" class=\"wp-image-70919\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Chris-Chameleon-500x500.jpg\" alt=\"Chris-Chameleon\" width=\"388\" height=\"388\" \/><p id=\"caption-attachment-70919\" class=\"wp-caption-text\">Foto verskaf<\/p><\/div>\n<p><em>Chris Chameleon is akteur, sanger, liedjieskrywer (ook bekend vir die toonsetting van Ingrid Jonker se gedigte) en rubriekskrywer.<\/em><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/chris-chameleon-jy-en-ek-en-ek-en-jy\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ook &#8211; Chris Chameleon: Jy en Ek en Ek en Jy<\/a><\/p>\n<p>Beste Chris<\/p>\n<p>Die lewe is rof h\u00ea? Ek sien jou w\u00eareld is vol moeilike mense!<\/p>\n<p>Die ouens op skool pik op jou en kan jou nie uitlos sodat jy kan doen en dink soos jy wil nie. Die meisies op skool is ook moeilik en dit lyk of hulle nie van jou hou nie. Die onderwysers is moeilik. Hulle kyk jou aan op \u2019n manier wat s\u00ea: \u201cJy\u2019s te windgat en ek gaan jou breek, wag net &#8230; \u201c Jou ma is moeilik. Sy skryf voor hoe jy moet dink en wat jy moet doen terwyl jy goed weet wat jy dink en jou eie ding wil doen.<\/p>\n<p>Noudat jy kan sien dat ek darem so \u2019n idee het van wat in jou lewe aangaan, het ek gehoop ek kan so \u2019n paar dinge s\u00ea wat ek dink die lewe vir jou makliker kan maak.<\/p>\n<p>Eerstens wil ek vir jou s\u00ea dat jy jouself onderskat. Sal jy my glo as ek vir jou s\u00ea jy dink minder van jouself as wat ander mense van jou dink? Die ouens maak dit vir jou moeilik omdat daar iets spesiaals is aan jou en nie jy of hulle weet wat dit is nie! So, wanneer dinge rof raak, herinner jouself daaraan dat jy \u2019n skat in jou ronddra. Eendag sal jy sien wat dit is, en dan sal baie dinge skielik baie sin maak, ek belowe!<\/p>\n<p>Meisies hou meer van jou as wat jy dink. Maar as jy hulle sien, raak jy ongemaklik. Hierdie ongemak maak dat jy eintlik minder aantreklik voorkom as wat jy is, so, ontspan net so \u2019n bietjie as jy naby hulle is.<\/p>\n<p>Die onderwysers kyk jou skeef aan omdat hulle jou nie heeltemal verstaan nie. Maar onthou dat hulle daar is om jou met kennis toe te rus. Elke keer as jy \u2019n onnie sien, probeer dink: Dankie vir my geleerdheid! Ek weet dit klink simpel, maar glo my, as jy begin om met dankbaarheid aan jou onnies te dink, gaan hul gesindheid ook baie verander.<\/p>\n<p>Jy het dit al baie gehoor, maar dis waar: Jou ma wil net die beste vir jou h\u00ea. Sy weet hoe wreed die lewe kan wees en sy is eintlik net bang om jou onthalwe. Wees sag met haar, want sy is broos en as iets met jou gebeur, gaan haar hele lewe in duie stort.<\/p>\n<p>Jy word nou \u2019n man, Chris. \u2019n Man moet seker wees, \u2019n man moet regverdig wees. \u2019n Man moet genade teenoor sy geliefdes en vyande betoon. \u2019n Man moet verantwoordelikheid nie net vir homself nie, maar vir sy omgewing en die mense daarin neem. Dis moeilik, maar dis \u2019n groot eer! En dis iets wat jy kan doen, omdat jy, soos jy in jou hart weet, \u2019n goeie ou is.<\/p>\n<p>Ten slotte: oor twee jaar gaan jy in \u2019n kamer met \u2019n rooi blik verf en \u2019n vuurhoutjie wees &#8230; Wat jy dan ook al wil doen, glo my, moet dit liewer nie doen nie!<\/p>\n<p>Sterkte!<\/p>\n<p>Chris<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Laurinda Hofmeyr<\/h4>\n<div id=\"attachment_84258\" style=\"width: 347px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-84258\" class=\" wp-image-84258\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-453x600.jpg\" alt=\"LaurindaHofmeyr_JohanWilke\" width=\"337\" height=\"446\" \/><p id=\"caption-attachment-84258\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Johan Wilke<\/p><\/div>\n<p><em>Laurinda Hofmeyr was aanvanklik bekend as liedjieskrywer, en nou \u2019n kunstenaar uit eie reg met drie CD\u2019s. Sy het gedigte van o.m. Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Sheila Cussons getoonset.<\/em><\/p>\n<p>Liewe Laurinda<\/p>\n<p>Ek is nie so seker of ek jou kan raad gee nie. Miskien kan jy my eerder herinner aan wat jy nou reeds weet. Jy het \u2019n redelike sterk <em>gut<\/em>-gevoel oor dinge. My raad kan miskien net wees dat jy genoeg in jouself moet glo, om daardie gevoel te bly vertrou.<\/p>\n<p>Moenie dink die regte lewe gebeur \u201ceendag\u201d nie. Jy, soos jy nou is, en die mense wat op die oomblik na aan jou is, dra gewig, ook in die konteks van jou hele lewe. Daardie liedjie wat jy so pas gemaak het, \u201c<em>Ek het \u2019n huisie by die see<\/em>\u201d, gaan nog \u2019n belangrike rol in jou lewe speel en daar\u2019s \u2019n ou in jou klas wat jy so pas op \u2019n kamp beter leer ken het\u2026 wel, ek kan maar net s\u00ea dat jy baie van die belangrike mense in jou lewe reeds ken. En dis nie om te s\u00ea jou lewe gaan saai wees nie. Inteendeel, jy is in vir \u2019n avontuurlike reis!<\/p>\n<p>Maar Juffrou Craig is reg: jy sien jouself te klein. En dis nie goed of edel nie, dis ongesond. Daardie soort \u201dnederigheid\u201d kan jou laml\u00ea. \u2019n Oordrewe bewustheid van wat jy nog nie is nie, dien geen doel nie. Jy is reeds genoeg. Glo in jouself en maak jou foute met oorgawe. Anders gaan jy baie oud moet word om jou hele, vol lewe geleef te kry!<\/p>\n<p>Jy gaan op en af tye h\u00ea. Registreer die landskap en wat met jou gebeur sodat jy jou kan verwonder en ervaar hoe dit is om \u2019n mens te wees. Ja, laat die klem val op verwondering, nie op vrees nie. Op die oomblik is die lewe vir jou oorwegend net pret maar later kan jy \u2019n aaklige frons ontwikkel. Moenie! Moet jou nie bekommer nie.<\/p>\n<p>Jy hou daarvan om mense tevrede te stel. Maar dis daardie ding in jous\u00e9lf wat jy tevrede moet stel. Dit gebeur net met harde werk. Begroot genoeg tyd vir wat jy moet doen. Tyd. Ai, foeitog. Onthou maar om jouself te vergewe en elke dag nuut te begin.<\/p>\n<p>Dis waar dat \u2019n mens dinge moet l\u00e1\u00e1t gebeur maar gelukkig (en jy kan jou sterre dank daarvoor!) is dit nie die hele waarheid nie. Dinge gebeur ook m\u00e9t jou. Wonderlike dinge. Sodra jy die kleinste voel, gebeur iets met jou wat jou weer in \u2019n positiewe rigting stuur. Jy moet net probeer om min of meer jou neus in die regte rigting te hou. (\u2019n Goeie rigtingwyser is gewoonlik dit wat jou bang maak maar jy tog begeer.)<\/p>\n<p>Eintlik wil ek jou net gerus stel, miskien kan dit die plooie en grys hare so effe uitstel. Oor twee jaar van nou af gaan jou vriend Wallie vir jou s\u00ea: <em>\u201cOne tends to become what one wants to become.\u201d<\/em> Met die beperkte ervaring tans tot my beskikking kan ek tog s\u00ea: Dis waar. Die lewe van waar ek nou kyk, is asemrowend mooi. En as jy regtig wens en hoop en bid, gebeur die wonderlikste dinge!<\/p>\n<p>Dus, my liewe Laurinda, maak soos daardie teksvers s\u00ea: Moenie vrees nie. Glo net.<\/p>\n<p>Lekker leef<\/p>\n<p>Laurinda<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Rian van Heerden<\/h4>\n<div id=\"attachment_74809\" style=\"width: 344px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-74809\" class=\"wp-image-74809\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/Rian-van-Heerden-440x600.jpg\" alt=\"Rian van Heerden\" width=\"334\" height=\"455\" \/><p id=\"caption-attachment-74809\" class=\"wp-caption-text\">Foto Peter Whitfield<\/p><\/div>\n<p><em>Rian van Heerden is aanbieder by OFM, rubriekskrywer en TVpersoonlikheid.<\/em><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rian-van-heerden-die-mag-van-die-woord\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ook &#8211; Rian van Heerden: die mag van die woord<\/a><\/p>\n<p>Beste Rian<\/p>\n<p>Dit is 21 jaar later en ek sit en kyk na \u2019n foto van jou. Die eerste ding wat my opval, is al daardie hare van jou! Ek is jammer om vir jou te s\u00ea, maar jy sal aansienlik minder daarvan oorh\u00ea teen die tyd dat jy my ouderdom bereik. Maar nou ja, soos die Engelsman s\u00ea: <em>\u201cIn this life you will win some and you will lose some.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Daar is eintlik \u2019n baie groot waarheid in daardie gesegde. Sien, as jy altwee werklik al ervaar het, bring dit \u2019n balans &#8230; \u2019n rustigheid en \u2019n wysheid en as jy daar is, en besef dat die lewe s\u00f3 uitspeel, d\u00e1n is jy \u2019n volwassene.<\/p>\n<p>Ek wil jou vra om meer te ervaar op hierdie ouderdom van jou waar jy foute makliker kan verduidelik. En nee, hiermee bedoel ek nie jy moet met allerhande verbode middels gaan eksperimenteer nie. Nee, kyk of jy in \u2019n verhouding of twee betrokke kan raak. Jy sien, hoewel jy nou dink dat jy alleen berge kan versit, is dit tog nodig dat iemand jou sal aanmoedig en troos in jou pogings. Jy moet nou al begin leer van die liefde, van sy ongelooflike betowering maar ook sy ongenaakbaarheid. Leer hom ken. Begin nou al sodat hy jou nie later met sy kinkels sal verras nie.<\/p>\n<p>Leer meer dinge waarmee jy mense eendag kan verras. Probeer \u2019n bedrewenheid met iets aanleer wat jou soms van agter jou boeke sal wegneem.<br \/>\nWord \u2019n goeie perderuiter of \u2019n surfer &#8211; leer asseblief net eers swem! Leer meer van wat onder \u2019n kar se enjinkap aangaan en maak tog seker jy let op as Pa hoender braai. Vertrou my met daardie een.<\/p>\n<p>Wees gereed om in die toekoms verras te word. Soms vir die goeie, soms vir die slegte. Ek weet jy maak nou groot planne, maar verstaan dat die lewe in sy eie baan beweeg wat net soms parallel met jou planne loop. Omdat jy \u2019n deel van \u2019n legkaart vorm, sal jy geplaas word presies waar jy moet wees. Jy sal langs die pad verskeie tekens kry wat vir jou die rigting daarheen sal aandui &#8211; wees bewus van elkeen van hulle.<\/p>\n<p>Jy sal in die toekoms frustrasie ervaar. Beskou dit as deel van \u2019n manier om duidelikheid oor jou eie vermo\u00ebns te kry. En probeer asseblief vinnig besef wanneer iets nie die moeite werd is nie: iewers in jou agterkop sal die gevaarligte flikker.<\/p>\n<p>Moenie jou oor onsinnighede bekommer nie &#8211; dit is inderdaad presies soos \u2019n wyse man ges\u00ea het: Die dinge waaroor jy jou bekommer, gebeur byna nooit nie. Dit is altyd d\u00edt waaroor jy jou nie bekommer nie, wat oor jou pad kom.<\/p>\n<p>O ja, gaan swot sielkunde pleks van regte. Ek weet dat regte nou baie aantreklik lyk met die status van \u2019n advokaat en die uiteindelike doel om eendag \u2019n politikus te word. Maar glo my, dinge in Suid-Afrika gaan sodanig verander dat politiek die kool is wat dalk nie die sous werd is nie. In jou geval die korsie. Ek weet mos hoe mal jy oor kool met \u2019n korsie is.<\/p>\n<p>Andersins: doen wat jy doen.<\/p>\n<p>Dinge s\u00e1l uitwerk.<\/p>\n<p>Groetnis<br \/>\nRian<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Rachelle Greeff<\/h4>\n<p><em>Rachelle Greeff is bekroonde skrywer (romans, kortverhale en dramaturg van die trefferverhoogstuk Naaimasjien), tot onlangs Rapport se boekeredakteur en nou uitgewer by Lapa.<\/em><\/p>\n<p>Hallo jou pragtige, skamerige babbelbek van \u2019n sellulietlose dingetjie<\/p>\n<p>Met na-kennis kan \u2019n mens baie slim wees. Dit \u2013 en nog baie ander welkome, sowel as onwelkome dinge \u2013 het ek geleer in die 37 jaar sedert ek laas met jou gesels het.<\/p>\n<p>Ek sien jy hou van mooi goeters, van lappe, krale en armbande. Jy\u2019s gek na ballet en musiek maak jou huil of dronk van ligvoetigheid. Jy\u2019s dol op \u2019n<br \/>\n<em>sexy<\/em> seunskind, jy verslind boeke. Asook (sug) soetgoed. Jy glo my seker nie, maar wanneer jy \u201ceendag groot is\u201d gaan dit alles presies nog net so wees.<\/p>\n<p>Jy sal net nie nou kan raai dat jy ook lief gaan raak vir eienaardige kos soos soesji nie. Wat\u2019s soesji? Toemaar, een van die triljoene opwindende ontdekkings wat wag.<\/p>\n<p>Terloops, jy bak mos elke Vrydagmiddag n\u00e1 skool \u201cTannie Wiehahn se Groot Koek\u201d met die vier eiers. Jou bak-repertoire, soos jou heupe, gaan uitbrei.<\/p>\n<p>Eendag sal jy sit met hierdie resep, geskryf in jou ma se handskrif, en middeldeur breek van die seer. Oor \u2019n koekresep?<\/p>\n<p>Nee, oor alles wat goed was \u2013 en nou vir goed verby is. Soos jou kinderlike geloof dat iets wonderliker onverwags as die hier en nou agter die bult wag. Of om te glo sonder om te twyfel of om vrae te vra. Of dat daar een\u00a0<em>stunning\u00a0<\/em>prins gaan wees wat jou vir altyd en ewig gaan gelukkig maak. Hieroor sal dit voel of jou hart op daardie dag soos \u2019n koppie op die vloer geval het en in stukke gebreek het. Maar ook van verligting, gelukkig oor al die slegte goed wat verby is.<\/p>\n<p>Die beste nuus? Dat jy die hele liewe lot sal oorleef.<\/p>\n<p>Maar jy sal daardie dag in jou eie kombuis, vol van jou ma se goed, en baie ander dae ook, hartseer wees oor almal wat jy nou so liefhet wat jy langs die pad gaan verloor. Die lewe stuur mense in verskillende rigtings, en die lewe bring die dood. Dirkje Somers gaan dood wees, hoewel ek dit nie eintlik vir jou wil s\u00ea nie. Henri Viljoen op wie jy nou so verlief is, die een met die potblou o\u00eb, gaan jonk verongeluk. W., ook, \u2019n ligtekop met blou o\u00eb (jou ma s\u00ea hulle woon aan die verkeerde kant van die spoor en jy mag nie eintlik daar kom nie), gaan jou knie\u00eb lam maak tot lank nadat jy hom\u00a0eendag met \u2019n baba op jou heup raakloop. Jy het \u2019n geneigdheid tot \u201cstout\u201d seuns, ai, my liewe, liewe meisiekind. Maar, toemaar, jou babas \u2013 ook ligtekopseuns met hemelblou o\u00eb, ook brekers van meisieharte \u2013 gaan jy maak met \u2019n verstandige man en \u2019n goeie pa. Jy sal soms die regte keuses maak, dikwels die verkeerdes.<\/p>\n<p>Oor party gaan jy spyt wees en goddank oor ander nie.<\/p>\n<p>Jou lewe gaan gepak wees met onherhaalbare mense. Dis \u2019n geluk en \u2019n genade.<\/p>\n<p>\u2019n Wenresep vir koek bestaan; vir die lewe nie. Maar hier\u2019s tien helpertjies:<br \/>\n*Lag.<br \/>\n*Leer ook chemie en fisika. Jy gaan later in jou lewe ontdek dis amper soos po\u00ebsie.<br \/>\n*Leer Latyn. Al bied jou simpel skool dit nie aan nie. Leer Duits, al sny die onderwyser gras op die skooltrekker pleks van klasgee. Leer Italiaans. Leer alles.<br \/>\n*Lag. Sonder skaamte.<br \/>\n*Huil. Ook sonder skaamte.<br \/>\n*Dra altyd, te alle tye, onderklere wat j\u00f3\u00fa fantasties laat voel.<br \/>\n*Pas jou o\u00eb op.<br \/>\n*Moenie tou opgooi nie. Maar soms moet jy. Dan: <em>cut your losses<\/em>.<br \/>\n*Huil dan. Die lag kom weer.<br \/>\n*Behou jou geloof. Dis al wat jy altyd het. Niemand kan dit van jou wegneem nie. Maar katvoet om vromes en ampsdraers in georganiseerde godsdienste.<\/p>\n<p>Baie liefde, Rachelle<\/p>\n<p>NS Ek hoop jy maak \u2019n lieflike 82, so oud soos jou immer-lewenslustige ma nou is. Ek sal net een lekker verrassing verklap: sy\u2019t op 81 weer getrou n\u00e1 jou pa se dood 14 jaar tevore. Terwyl jy dink sy\u2019s klaar met die een voet in die graf en liefde en luste is net vir 16-jariges!<\/p>\n<p>*Hierdie artikel het oorspronklik in die Desember 2010-uitgawe van <em>rooi rose<\/em> verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met wat jy nou weet, sou jy jou op 16 van baie wroeging kon verlos. Ons het vier bekende Suid-Afrikaners gevra om met die insig en wysheid wat die tyd gebring het \u2018n brief te skryf aan daardie 16-jarige tiener wat hulle eens was. Saamgestel deur Corlia Fourie. Hooffoto Pexels.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":84268,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[24339,28097,348,1387],"class_list":["post-84266","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-local-celebs","tag-ons-bekendes","tag-inspirasie","tag-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wat jy nou weet sou jou op 16 van wroeging kon verlos. Ons het vier bekendes gevra om te skryf aan die tiener wat hulle eens was. Deur Corlia Fourie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wat jy nou weet sou jou op 16 van wroeging kon verlos. Ons het vier bekendes gevra om te skryf aan die tiener wat hulle eens was. Deur Corlia Fourie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-08-27T13:11:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-09-27T13:11:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/letter_pexels.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"750\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026\",\"datePublished\":\"2017-08-27T13:11:12+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-27T13:11:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/\"},\"wordCount\":2387,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/letter_pexels.jpeg\",\"keywords\":[\"local celebs\",\"ons bekendes\",\"inspirasie\",\"celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/\",\"name\":\"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/letter_pexels.jpeg\",\"datePublished\":\"2017-08-27T13:11:12+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-27T13:11:51+00:00\",\"description\":\"Wat jy nou weet sou jou op 16 van wroeging kon verlos. Ons het vier bekendes gevra om te skryf aan die tiener wat hulle eens was. Deur Corlia Fourie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/letter_pexels.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/letter_pexels.jpeg\",\"width\":1000,\"height\":750,\"caption\":\"letter_pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ek-maar-toe-geweet-het\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026 | rooi rose","description":"Wat jy nou weet sou jou op 16 van wroeging kon verlos. Ons het vier bekendes gevra om te skryf aan die tiener wat hulle eens was. Deur Corlia Fourie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026 | rooi rose","og_description":"Wat jy nou weet sou jou op 16 van wroeging kon verlos. Ons het vier bekendes gevra om te skryf aan die tiener wat hulle eens was. Deur Corlia Fourie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-08-27T13:11:12+00:00","article_modified_time":"2017-09-27T13:11:51+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":750,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/letter_pexels.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026","datePublished":"2017-08-27T13:11:12+00:00","dateModified":"2017-09-27T13:11:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/"},"wordCount":2387,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/letter_pexels.jpeg","keywords":["local celebs","ons bekendes","inspirasie","celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/","name":"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/letter_pexels.jpeg","datePublished":"2017-08-27T13:11:12+00:00","dateModified":"2017-09-27T13:11:51+00:00","description":"Wat jy nou weet sou jou op 16 van wroeging kon verlos. Ons het vier bekendes gevra om te skryf aan die tiener wat hulle eens was. Deur Corlia Fourie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/letter_pexels.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/letter_pexels.jpeg","width":1000,"height":750,"caption":"letter_pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ek-maar-toe-geweet-het\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"As ek maar t\u00f3\u00e9 geweet het \u2026"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84266","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84266"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84266\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/84268"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84266"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84266"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84266"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}