{"id":84253,"date":"2017-08-29T10:46:12","date_gmt":"2017-08-29T08:46:12","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=84253"},"modified":"2017-09-29T10:47:02","modified_gmt":"2017-09-29T08:47:02","slug":"die-engele-om-ons","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/","title":{"rendered":"Die engele om ons"},"content":{"rendered":"<h4>\u2019n Halwe engel: Laurinda Hofmeyr<\/h4>\n<div id=\"attachment_84258\" style=\"width: 348px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-84258\" class=\" wp-image-84258\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-453x600.jpg\" alt=\"LaurindaHofmeyr_JohanWilke\" width=\"338\" height=\"448\" \/><p id=\"caption-attachment-84258\" class=\"wp-caption-text\">Foto deur Johan Wilke<\/p><\/div>\n<p>Sarah Brightman, Robbie Williams, Jimi Hendrix, Madonna en Dido is maar enkele kunstenaars wat reeds jare lank oor engele sing.<\/p>\n<p>Byna al hierdie liedjies het die internasionale treffersparade gehaal &#8230; Romantiese ballades wat sag op die oor is en die emosies so \u2019n bietjie kielie.<\/p>\n<p>Maar nou het die 42-jarige <strong>Laurinda Hofmeyr<\/strong> \u2019n lied oor \u2019n engel getoonset wat geen van die rosige kenmerke van die oorsese musikante se beter pogings het nie. Die gedig wat sy getoonset het &#8211; &#8220;\u2019n halwe engel\u201d &#8211; is deur <strong>Breyten Breytenbach<\/strong> geskryf.<\/p>\n<p>Hy het sy reputasie gestand gedoen en die gedig is \u2019n komplekse stuk werk.<\/p>\n<p>Breyten het liries geraak oor haar vertolking daarvan. Hy het die musiek wat Laurinda na \u2019n vers bring, as \u2019n diepgang-tweegesprek beskryf: &#8220;Sy bevraagteken die teks, en uit daardie benadering kom \u2019n tweesang. Sy sorg vir die teks soos \u2019n Boeddhis na \u2019n gewonde soldaat of \u2019n blinde ou vrou sou omsien.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Sy bevraagteken die teks, en uit daardie benadering kom \u2019n tweesang. Sy sorg vir die teks soos \u2019n Boeddhis na \u2019n gewonde soldaat of \u2019n blinde ou vrou sou omsien\u201d<br \/>\n<\/em><em>&#8211; Breyten Breytenbach<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Naas haar goeie oor, het Laurinda ook \u2019n groot liefde vir die woord. Sy onthou haar eerste gewaarwording van die roerende krag van die woord toe sy as kind geluister het na gedigte wat die\u00a0spesiale mense in haar lewe voorgedra het.<\/p>\n<p>Musiek was een van haar skoolvakke en in die komposisieklas moes sy dikwels \u2019n paar versre\u00ebls uit gedigte toonset. In standerd agt het sy op \u2019n dag <em>Die Groot Verseboek<\/em> oopgeslaan, op soek na iets om te toonset. Sy het op die bekende gedig van <strong>H.A. Fagan<\/strong>, \u201c<em>Ek het \u2019n huisie by die see<\/em>\u201d besluit. \u201cDit was die enigste gedig wat ek verstaan het,\u201d s\u00ea sy laggend. \u2019n Paar jaar later, in Laurinda se tweede universiteitsjaar, het <strong>Laurika Rauch<\/strong> die liedjie opgeneem.<\/p>\n<p>Dit was gou \u2019n treffer.<\/p>\n<p>Laurinda het probeer om haar eie lirieke te skryf, maar sy het algaande besef dis eintlik die delf in reeds bestaande gedigte wat haar die meeste plesier verskaf. Sy het haar liefde vir die Afrikaanse woord herontdek en opnuut haar visier op goeie gedigte gestel en dit getoonset.<\/p>\n<p>Laurinda besef dat Breyten se gedigte nie altyd maklik verstaanbaar is nie. Juis daarom geniet sy \u2019n produksie soos<em> Verse in my Vingers<\/em> waarby sy tans saam met vier ander akteurs betrokke is. Dis \u2019n program wat <strong>Juanita Swanepoel<\/strong> saamgestel het oor Breyten se lewe en werk.<\/p>\n<p>\u201cHoewel ek glo my Breytenbach-toonsettings kan op eie bene staan &#8211; ek sluit heelwat van hulle in my programme in &#8211; kom die woorde soveel meer tot hul reg as dit in konteks gehoor word. Op hul eie kan sommige gedigte soms \u2019n bietjie <em>weird<\/em> klink as hulle gesing word.\u201d Sy glimlag ondeund.<\/p>\n<p>Oor \u201c<em>\u2019n halwe engel\u201d<\/em> gesels Laurinda graag. \u201cBreyten se gedigte is baie visueel en sensueel. Agter die skoonheid en soms kruheid van sy woorde l\u00ea daar altyd \u2019n groot rykdom van betekenis om te ontgin.\u201d<\/p>\n<p>Laurinda is \u2019n realis met die gees van \u2019n kunstenaar. Sy het haar eie verstaan van Breyten se gedig. \u2019n Gedig oor die liefde, eindelose horisonne, die bloed van versoening en drome van \u2019n huis vol sterre.<\/p>\n<p>Of engele waarlik bestaan, is nie iets waaroor sy wonder nie.<\/p>\n<p>\u201cEk weet wel dat onvolmaakte mense soms wonderlike goed laat gebeur. Soos my pa altyd ges\u00ea het, &#8220;Die Here kan \u2019n reguit hou met \u2019n krom stok slaan.&#8221;&#8221;<\/p>\n<p>\u201cTog is ek baie bewus van \u2019n teenwoordigheid van iets wat die oog nie kan sien nie. Maar of engele bestaan of nie, hier waar ons nou is, gaan die essensie oor mense. Ons gemeenskap met mekaar, ons gee van onsself aan mekaar, ons nagmaal met mekaar. As ons aan onsself sterf en mekaar kan vergewe soos daar vir ons gesterf en vergewe is, word verhoudings heel en ons word verlos en vry&#8230;&#8221;<\/p>\n<p>\u201cEn as d\u00edt \u2019n mite is, is dit die waarste mite wat ek nog gehoor het.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die aartsengel: Colleen Naidoo<\/h4>\n<div id=\"attachment_84355\" style=\"width: 373px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-84355\" class=\" wp-image-84355\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/DECENGEL02RR-458x600.jpg\" alt=\"DECENGEL02RR\" width=\"363\" height=\"476\" \/><p id=\"caption-attachment-84355\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Johan Wilke<\/p><\/div>\n<p>Van kleintyd af het ouerlose en verwaarloosde kinders\u00a0die 48-jarige <strong>Colleen Naidoo<\/strong> van Mitchells Plain na aan die hart gel\u00ea. Vandag het di\u00e9 engel van \u2019n vrou dertig kinders in haar huis vir wie sy uit eie sak sorg \u00e9n met liefde oorlaai.<\/p>\n<p>Sy het die volk se harte geraak toe haar verhaal onlangs op die radiostasie Kfm 94.5 gehoor is. Soveel liefde en empatie vir hulle wat nie \u2019n stem het nie, het selfs die siniesste siel oorweldig.<\/p>\n<p>Colleen is \u2019n groot gees in die lyfie van \u2019n Dresden-pop. Sy is \u2019n toonbeeld van nederigheid en praat met \u2019n mengsel van Afrikaans en Engels soos wat jy net op die Kaapse Vlakte hoor &#8211; ryk en vol kleur. Wat aan die politieke front of in Hollywood gebeur, raak haar nie. Al haar passie en energie word daagliks saam met tonne liefde op die dertig kinders in haar huis uitgestort.<\/p>\n<p>As kind het Colleen nie \u2019n sagte plek gehad om te val nie. Sy moes vinnig grootword om haar teen die aanslae binne haar gesin te beskerm. Instinktief het sy begin om die kleiner kindertjies in die gesin en in die omtrek so ver moontlik buite gevaar te hou.<\/p>\n<p>\u201cEk wou graag \u2019n maatskaplike werker word,\u201d vertel sy. \u201cEk glo ek is vandag een &#8211; sonder die nodige papierwerk.\u201d Toe sy sowat 18 jaar gelede swanger was met haar derde kind, het Colleen haar man daarop voorberei dat dit haar laaste baba sou wees. Sy wou liewer haar gesin aanvul met die talle ouerlose en verwaarloosde kinders wat haar hulp nodig het.<\/p>\n<p>Colleen het by Protocall, Mitchells Plain se welsynafdeling, aangesluit. Eers was sy slegs as naweek- en tydelike ma betrokke terwyl sy nog na die hele straat se kinders omgesien het as die ouers hul brood verdien &#8211; iets wat sy 28 jaar lank gedoen het.<\/p>\n<p>Maar 19 jaar gelede het sy haar huis in <em><strong>Colleen\u2019s Place of Hope<\/strong><\/em> omgeskep. Dertig kinders tussen twee maande en 23 jaar is nou by haar. \u201cDie kinders verlaat nooit regtig die huis nie,\u201d lag sy.<\/p>\n<p>Hulp is net beskikbaar as Colleen se beursie dit kan bybring.<\/p>\n<p>\u201cKorrektiewe dienste stuur elke twee weke iemand om met die strykwerk te help. Daar is ook twee dames wat inwoon. Maar dis nie genoeg om voor te bly nie. Die wasgoed en strykwerk het geen einde nie.\u201d<\/p>\n<p>Almal in die huis is gewoond daaraan om mekaar by te staan. Sy vertel hoe die groter kinders die kleintjies help grootmaak. Ook haar man dra baie by tot die sukses van die ongewone gesin.<\/p>\n<p>Die kinders van <em><strong>Colleen\u2019s Place of Hope<\/strong><\/em> kom uit uiteenlopende omstandighede. \u2019n Paar van hulle is MIV-positief. Ander kom uit huise waar drank- en dwelmmisbruik die oorhand gekry het.<\/p>\n<p>Colleen het \u2019n spesiale, sagte plekkie vir die vierjarige *Thula. \u201cSy is as pasgebore baba in \u2019n plastieksak onder \u2019n klerereling in \u2019n kettingwinkel in Kaapstad gekry. Ek probeer al vier jaar lank om haar wettig aan te neem. Dit is onmoontlik om te glo hoe moeilik dit is om selfs \u2019n verwerpte kind soos *Thula jou eie te maak.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Sy is as pasgebore baba in \u2019n plastieksak onder \u2019n klerereling in \u2019n kettingwinkel in Kaapstad gekry&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy was tot dusver suksesvol met die wettige aanneming van een meisietjie, *Kate. Colleen vertel trots: &#8220;Sy is vandag \u2019n Naidoo.\u201d<\/p>\n<p>Sy kan nie uitgepraat raak oor die tweeling in haar sorg nie: \u201cHulle was pap babas toe hulle aan my sorg toevertrou is. Albei MIV-positief. Die dokters het geen hoop vir die tweetjies gehad nie.<\/p>\n<p>Vandag is hulle nege jaar oud en word in die huis as \u201c<em>Princess<\/em>\u201d en \u201c<em>Queen<\/em>\u201d aangespreek. \u201cJa, ons het selfs <em>royalty<\/em> in <strong><em>Colleen\u2019s Place of Hope,<\/em><\/strong>\u201d skater Colleen. \u201cNet die red carpet is invisible.\u201d<\/p>\n<p>Colleen vertel hoe \u2019n tipiese dag in haar huis verloop: \u201cEk staan vyfuur op om die pap op te sit en die wasmasjien te laai. Tussendeur word die babas gevoed. Die groter kinders sorg dat die kleuters gevoer en vir skool aangetrek kom. Intussen word daar toebroodjies vir die nimmereindigende aantal kosblikkies gemaak.\u201d<\/p>\n<p>Sommige van die kinders het erg getraumatiseer by die huis van hoop aangekom en Colleen se grasperk l\u00ea dikwels vol nat matrassies wat in die son droog word.<\/p>\n<p>\u201cEk wens soms dat ek \u2019n paar rolskaatse kon h\u00ea om als vinniger te kan doen. Ek slaap gewoonlik voor ek die kussing tref.\u201d<\/p>\n<p>Colleen spog soos enige trotse mamma met foto\u2019s van haar kroos. \u201cDit is *Jenna,\u201d s\u00ea sy glimlaggend. \u201cEk het haar gekry toe sy sewe maande oud was. Sy was ook MIV-positief met erge tering.<\/p>\n<p>Ook vir haar was daar weinig hoop. Vandag is sy al vyftien maande en \u2019n regte pokkel met \u2019n reuse-persoonlikheid.\u201d<\/p>\n<p>Colleen kry \u2019n staatstoelaag vir vyf van die kinders. Hoewel sy aansoek kan doen vir geldelike bystand vir die ander 25, verkies sy om dit nie te doen nie. &#8220;Om hierdie geld te kry moet ek by welsynsdienste registreer. Hulle besluit dan watter kinders aan my toegeken sal word en watter nie. Ek kan dit nie aanvaar nie omdat ek nooit \u2019n kind voor my deur sal wegwys nie.\u201d<\/p>\n<p>Colleen het lank en hard gespook voor die laerskool haar tegemoet gekom en die kinders se skoolgeld verminder het. \u201cGod voorsien altyd. Selfs met skoolklere en mediese uitgawes. Ek kan eerlik s\u00ea dat ek my nooit bekommer oor waar die volgende maal vandaan gaan kom nie. God het ons nog nooit in die steek gelaat nie.<\/p>\n<p>\u201cOm al die kinders saam te sien is \u2019n gesig! Hulle is die spreekwoordelike orrelpypies. Maar ek sal my lewe saam met hulle vir niks verruil nie. Ek is waarlik gese\u00ebn.\u201d<\/p>\n<p>*Skuilname<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Ongewone engel: Sanna Swart<\/h4>\n<div id=\"attachment_84356\" style=\"width: 329px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-84356\" class=\" wp-image-84356\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/DECENGEL03RR-458x600.jpg\" alt=\"DECENGEL03RR\" width=\"319\" height=\"418\" \/><p id=\"caption-attachment-84356\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Johan Wilke<\/p><\/div>\n<p>Die 42-jarige <strong>Sanna Swart<\/strong>\u00a0is gestroop van enige fieterjasies. Haar\u00a0eerlikheid betrap jou onkant. Sy gesels rustig oor haarself, haar lewe en haar beelde.<\/p>\n<p>Sy verloor nooit oogkontak nie en weeg nie haar woorde nie. As sy lag, skater sy sonder pretensie diep uit haar maag.<\/p>\n<p>\u201cEk is beslis \u2019n voortreflike voorbeeld van AT\/HS. Ek kon nog nooit lank op een ding konsentreer nie, en werk so in die bolling,\u201d gesels sy, haar natuurlike sin vir humor altyd voorop.<\/p>\n<p>Oor haar liefde vir kuns het sy lang stories. &#8220;My ouers was albei lief vir die kunste. My pa was vir seker \u2019n gefrustreerde prokureur met sy kop by argitektuur. My ma is \u2019n koekstruif van kreatiwiteit &#8211; van binnenshuise versiering tot skryf.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cEk was skaars skool toe toe ek vir die eerste keer besef het dat ek \u2019n beeldhouer wou word. Ek het die geleentheid gehad om \u2019n beeldhouwerk van <strong>Anton van Wouw<\/strong> van naby te sien. Ek het voor die beeld tot stilstand gekom. Dit was vir my beeldskoon. Net daar het ek op die brose ouderdom van ses amptelik aangekondig dat ek ook eendag sulke beelde wou maak.\u201d<\/p>\n<p>Van daardie dag af het sy ernstiger met klei omgegaan. \u201cEk het my eerste portretstudie gedoen toe ek nege was. Ek was maar van\u00a0altyd af \u2019n anderster soort kind. Ek het nooit fyn gespeel nie. Dit was <em>survival of the fittest<\/em> met drie boeties in die huis. Nog \u2019n groot invloed op my lewe was my oupa wat \u2019n plaatmetaalwerker was. Op negejarige ouderdom het ek my eerste sweisles by hom gekry. Vandaar my liefde vir metaal.\u201d<\/p>\n<p>Nadat Sanna haar graad in skone kunste aan Tukkies verwerf het, is sy met behulp van \u2019n beurs Amerika toe vir verdere studie aan die <em>Johnson Atelier Technical Insitute of Sculpture<\/em> in New Jersey. Hier het sy geleer om in brons, vlekvrye staal, silwer en gietyster te giet.<\/p>\n<p>Sanna se passie vir die gevleuelde vorms van engele het reeds op universiteit vlam gevat. &#8220;Ek is gefassineer deur die simboliek eerder as die vorm. Kryger, beskermer en gids. Hemelse skild vir ons gebrokenheid as mense. So het ons ook \u2019n skild om ons teen die w\u00eareld en sy oordeel te beskerm. Die beskutting is \u2019n gevoel van veiligheid op \u2019n psigiese vlak omdat ons idee rondom die voorkoms van \u2019n engel geromantiseer is. Ons weet nie hoe hy of sy lyk nie, maar tog het dit universeel as \u2019n gevleuelde vorm ontaard. Dit is nie toeval nie.<\/p>\n<p>\u201cDit is maklik om die mens te roer met die engelfiguur. Mense se visuele alfabet is nie almal ewe groot nie. My engele is nie die popgesig, geromantiseerde en kommersi\u00eble engel nie, maar eerder suggesties van \u2019n vorm wat aan almal bekend is. My engele het name soos Droomengel, Aartsengel of Krygerengel.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Dit is maklik om die mens te roer met die engelfiguur. Mense se visuele alfabet is nie almal ewe groot nie.&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sanna het \u2019n baie kosbare oomblik beleef in die teenwoordigheid van \u2019n wese wat sy as \u2019n engel identifiseer. \u201cEk het een aand in Belgi\u00eb laat gewerk toe die krag skielik afgaan. Ek het na die hoofskakelaar gestap en dit aangeskakel. Ek weet nie hoeveel volt deur my liggaam is nie, maar my kollega het my op my bors begin slaan om my hart weer aan die klop te kry. Ek onthou hoe ek letterlik opgetel is en afgekyk het na my liggaam op die vloer. Ek glo dat dit my beskermengel was.\u201d<\/p>\n<p><strong>Sanna, Lizz Meiring<\/strong> en <strong>Willie Straus<\/strong> het vanjaar kragte saamgesnoer om \u2019n produksie oor engele op die planke te bring. Die verhoogstuk se naam is <em>Daai een met die vlerke<\/em>. Die produksie is \u2019n kombinasie van pragtige lirieke en stories. Lizz, wat die regie behartig, het voorgestel dat hulle \u2019n visuele element byvoeg en Sanna het \u2019n deursigtige staalengel gebou. Die engel is uitmekaar gehaal en aanvanklik is net die los stukke op die verhoog sigbaar.<\/p>\n<p>Namate Willie se vertoning vorder, bou hy aan die engel en met die afsluiting van die verhaal is die engel ook voltooi. Volledig.<\/p>\n<p>Moenie Sanna se engele op hul vlerke takseer nie. Talle is opgeneem in private versamelings in Amerika, Indi\u00eb, Frankryk, Belgi\u00eb, Bolivia, Hongarye, Doebai, Kanada en Australi\u00eb.<\/p>\n<p>*Hierdie artikel het oorspronklik verskyn in die Desember 2009-uitgawe van <em>rooi rose<\/em>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die mistieke teenwoordigheid van hulle met vlerke word reeds eeue lank geromantiseer. Ons sing daaroor, skryf daaroor en net soms loop ons die ware Jakob raak. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke.<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":84258,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[5451,6418,24339,28097,34454,34455,34456,34457,1387,1815],"class_list":["post-84253","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-engele","tag-sangers","tag-local-celebs","tag-ons-bekendes","tag-digters","tag-kunstenaars","tag-angels","tag-artists","tag-celebs","tag-skrywers"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die engele om ons | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die mistieke teenwoordigheid van di\u00e9 met vlerke word reeds eeue lank geromantiseer. Soms loop ons die ware Jakob raak. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die engele om ons | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die mistieke teenwoordigheid van di\u00e9 met vlerke word reeds eeue lank geromantiseer. Soms loop ons die ware Jakob raak. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-08-29T08:46:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-09-29T08:47:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-e1506505002247.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1133\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Die engele om ons\",\"datePublished\":\"2017-08-29T08:46:12+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-29T08:47:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/\"},\"wordCount\":2381,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Laurinda-e1506505002247.jpg\",\"keywords\":[\"engele\",\"sangers\",\"local celebs\",\"ons bekendes\",\"digters\",\"kunstenaars\",\"angels\",\"artists\",\"celebs\",\"skrywers\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/\",\"name\":\"Die engele om ons | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Laurinda-e1506505002247.jpg\",\"datePublished\":\"2017-08-29T08:46:12+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-29T08:47:02+00:00\",\"description\":\"Die mistieke teenwoordigheid van di\u00e9 met vlerke word reeds eeue lank geromantiseer. Soms loop ons die ware Jakob raak. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Laurinda-e1506505002247.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Laurinda-e1506505002247.jpg\",\"width\":1133,\"height\":1500,\"caption\":\"Foto deur Johan Wilke\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-engele-om-ons\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die engele om ons\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die engele om ons | rooi rose","description":"Die mistieke teenwoordigheid van di\u00e9 met vlerke word reeds eeue lank geromantiseer. Soms loop ons die ware Jakob raak. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die engele om ons | rooi rose","og_description":"Die mistieke teenwoordigheid van di\u00e9 met vlerke word reeds eeue lank geromantiseer. Soms loop ons die ware Jakob raak. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-08-29T08:46:12+00:00","article_modified_time":"2017-09-29T08:47:02+00:00","og_image":[{"width":1133,"height":1500,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-e1506505002247.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Die engele om ons","datePublished":"2017-08-29T08:46:12+00:00","dateModified":"2017-09-29T08:47:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/"},"wordCount":2381,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-e1506505002247.jpg","keywords":["engele","sangers","local celebs","ons bekendes","digters","kunstenaars","angels","artists","celebs","skrywers"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/","name":"Die engele om ons | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-e1506505002247.jpg","datePublished":"2017-08-29T08:46:12+00:00","dateModified":"2017-09-29T08:47:02+00:00","description":"Die mistieke teenwoordigheid van di\u00e9 met vlerke word reeds eeue lank geromantiseer. Soms loop ons die ware Jakob raak. Deur Corn\u00e9l Dunn. Foto\u2019s Johan Wilke.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-e1506505002247.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Laurinda-e1506505002247.jpg","width":1133,"height":1500,"caption":"Foto deur Johan Wilke"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-engele-om-ons\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die engele om ons"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84253"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84253\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/84258"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}