{"id":84120,"date":"2025-07-30T16:45:47","date_gmt":"2025-07-30T14:45:47","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=84120"},"modified":"2025-07-30T16:46:51","modified_gmt":"2025-07-30T14:46:51","slug":"egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/","title":{"rendered":"Egskeiding hoef jou nie te breek nie"},"content":{"rendered":"<p>Dis verby. Jy is <strong>geskei<\/strong>. Die verhouding wat jy so blinkoog aangepak het, is amptelik be\u00ebindig.<\/p>\n<p>Om die brokstukke op te tel en \u2019n nuwe toekoms te bou is makliker ges\u00ea as gedaan. Daar is die praktiese aspekte soos waar jy gaan woon, re\u00eblings oor kinders en jou geldsake. Alleenloper- of enkelouerskap is dalk \u2019n uitdaging, en jy moet verhoudings met familie en vriende herdefinieer. Miskien wroeg jy omdat jy nie jou huwelik kon laat werk soos die samelewing verwag nie. Emosioneel moet jy vrede maak met wat tussen jou en jou eks gebeur het en die droom van \u2019n toekoms saam laat vaar. Intense emosies soos verwyt, selfverwyt, verwarring en wanhoop moet verwerk word. Di\u00e9 spanning kan ook tot <strong>gesondheidsprobleme<\/strong> lei.<\/p>\n<p>\u201cEgskeiding is uiters traumaties en word saam met die dood van iemand n\u00e1 aan jou as die stresvolste ervaring gemeet,\u201d s\u00ea Nellie Prinsloo, kliniese sielkundige, mediator en meewerkende egskeidingspesialis van Alberton. \u201cDie skade wat dit aanrig, hang baie van jou persoonlikheid af &#8211; \u00e9n van hoe jy kies om dit te hanteer.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cDie skade wat dit aanrig, hang baie van jou persoonlikheid af &#8211; \u00e9n van hoe jy kies om dit te hanteer\u201d<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nellie noem verskeie faktore wat mense se hantering van \u2019n egskeiding be\u00efnvloed:<\/p>\n<p>\u201cDie twee partye is dikwels nie ewe <strong>voorbereid<\/strong> nie. Een dink geruime tyd reeds aan skei en het al emosioneel afstand geskep. Wanneer hy of sy dan sonder waarskuwing wil skei, word die ander een onkant betrap, en dring soms vergeefs op die voortsetting van die huwelik aan. Hulle kan selfs probeer om die een wat wil skei van plan te laat verander deur die finansi\u00eble kraantjie toe te draai.<\/p>\n<p>\u201c<strong>Persoonlikheid<\/strong> kleur ook egskeiding in. Onafhankliker mense aanvaar dit as onafwendbaar en stel \u2019n plan van aksie in werking. Afhankliker mense sal tot elke prys aan die huwelik probeer vasklou en pleit of opstandig raak. Dit kan \u2019n teenaanval uitlok en tot geweldige <strong>konflik<\/strong> lei.<\/p>\n<p>\u201cOf die paartjie <strong>gelyke rolle<\/strong> in die huwelik gehad het, is ook ter sake. As een die dominante, besluitnemende rol ingeneem het, gaan hy of sy nie daarvan hou dat die ander een selfgeldend optree nie. As dit \u2019n gelyke, respekvolle verhouding was, is die kans beter dat hulle die egskeiding ook so gaan hanteer.<\/p>\n<p>\u201cOns <strong>vorige ervarings<\/strong>, hetsy as kind of in ons volwasse jare, dra tot ons belewing van stressituasies soos \u2019n egskeiding by. As jou ouers geskei het, gaan jy \u00f3f presies soos jou rolmodel optree \u00f3f \u2013 indien jou rolmodel jou teleurgestel het &#8211; die teenoorgestelde rigting inslaan. Jou optrede hou moontlik meer verband met jou gevoelens oor egskeiding as met die optrede van jou maat.<\/p>\n<p>\u201cEen van die belangrikste faktore is <strong>waardes<\/strong> en <strong>godsdiensbeskouings<\/strong>. As jy glo jy behoort die ander wang te draai, kan jy die egskeiding s\u00f3 benader. Dieselfde geld iemand wat die beginsel van \u2019n oog vir \u2019n oog voorop stel. Paartjies met dieselfde waardes en godsdiens-opvattings kan steeds intense konflik ervaar. Daarom is dit verstandig om professionele mense soos mediators, sielkundiges en prokureurs te kry om met die egskeiding te help.<\/p>\n<p>\u201cWanneer een of albei partye voel die ander se optrede is nie regverdig en menslik nie, bemoeilik dit \u2019n egskeiding. As jy iemand in \u2019n hoek dryf, kan hulle net met weerstand uit daardie hoek kom.<\/p>\n<p>\u201cMense het soms <strong>onrealistiese verwagtings<\/strong>. \u2019n Man kan dink sy vrou is nou vir altyd uit sy lewe, maar solank hulle kinders het, gaan hy waarskynlik steeds met haar in aanraking kom. Verwagtinge oor onderhoud kan tot baie konflik lei. Sommige ouers reken hulle kan hul kind \u2018afteken\u2019 terwyl hulle in werklikheid wettiglik vir die kind verantwoordelik is tot hul eie of die kind se dood.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n <strong>Slagoffermentaliteit<\/strong> word deur persoonlikheid bepaal en sluit baie <strong>passiewe aggressie<\/strong> in. As ek my in die slagofferrol plaas, moet my huweliksmaat en ander my jammer kry. Die persoon wat my los, moet skuldig voel oor dit wat hy of sy aan my gedoen het. In \u2019n sekere sin weier slagoffers om met hul lewe aan te gaan. Partykeer dra hulle die trauma van \u2019n egskeiding soos \u2019n kroon op die kop.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-156431 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4695797-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>My eks het \u2019n maat!<\/h4>\n<p>Hoe benader jy dit wanneer jou eks \u2019n volgende verhouding aanknoop, of weer trou terwyl jy nog in die <strong>roufase<\/strong> is? Dis pynlik om te aanvaar dat jul verhouding nou onomkeerbaar afgesluit is, en sy viering van die liefde beklemtoon jou hartseer en vrees dat jy alleen gaan oud word.<\/p>\n<p>\u201cDis algemeen dat \u2019n paartjie op verskillende tye na volgende verhoudings begin kyk,\u201d s\u00ea Nellie. \u201cDit hang af van hoe betrokke hulle was in die huwelik wat verby is. Ongelukkig is dit net in<br \/>\nsepies waar iemand gedwing kan word om ons lief te h\u00ea en by ons te bly.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Ongelukkig is dit net in sepies waar iemand gedwing kan word om ons lief te h\u00ea en by ons te bly&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die tyd wat dit neem om oor \u2019n egskeiding te kom wissel van mens tot mens. Hoe beter iemand se <strong>emosionele gesondheid<\/strong> is, of indien hulle hul vroe\u00ebr reeds emosioneel afgesluit het, vind dit gouer plaas. Daar is geen \u2018tydsbeperking\u2019 nie maar wanneer die <strong>verwerkingstydperk<\/strong> oor jare strek, is professionele hulp nodig.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-156430 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-enginakyurt-2174625-500x334.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe gemaak as jy voel jou eks floreer terwyl jy krepeer?<\/h4>\n<p>\u201cDie eerste stap is om eerlik aan jouself te erken jy <em>cope<\/em> nie. Tweedens moet jy besef net jy kan verantwoordelikheid vir jou lewe en lewensgehalte aanvaar. Jy het die <strong>mag<\/strong> om te kies hoe jy oor die situasie dink en hoe jy dit wil hanteer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Jy het die mag om te kies hoe jy oor die situasie dink en hoe jy dit wil hanteer&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDis soms vreesaanjaend om \u2018voor te begin\u2019. In een of ander stadium was jy nie in \u2019n verhouding nie, of het jy \u2019n nuwe fase aangepak. Die eienskappe wat jou toe gehelp het, is steeds daar.<\/p>\n<p>\u201cPut krag uit di\u00e9 besef, asook uit die <strong>steunstelsels<\/strong> in jou lewe: vriende, familie, sielkundiges, beraders \u2013 maak net seker terapeute is by die HPCSA geregistreer. Daar is werkwinkels vir geskeides, asook gemeenskapsgroepe soos <a href=\"http:\/\/www.sadsa.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">sadsa.co.za<\/a> of\u00a0<a href=\"http:\/\/www.divorcecare.org\/countries\/za of www.meetup.com\/Johannesburg-Divorce-Support\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">divorcecare.org<\/a><\/p>\n<p>\u201cParty mense is bang dat professionele hulp in \u2019n hofsaak rakende ouerlike toesig teen hulle kan tel. Dis ni\u00e9 die geval nie. As jy verantwoordelik genoeg is om hulp te kry wanneer jy dit nodig het, tel dit in jou guns.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-156429 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-karolina-grabowska-7876038-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ek is daardeur<\/h4>\n<p>Estelle* was <strong>elf jaar getroud<\/strong> met twee jong kinders toe Louis*, haar man, onverwags aankondig dat hulle gaan skei.<\/p>\n<p>\u201cDaar was lank reeds \u2019n stramheid in ons verhouding, in so \u2019n mate dat ek ingestem het om saam met hom \u2019n sielkundige te gaan spreek. Die sessies het gefokus op maniere om nader aan mekaar te beweeg. Daar was geen sprake van egskeiding nie.<\/p>\n<p>\u201cEen aand n\u00e1 \u2019n kuier by vriende het Louis ges\u00ea ons huwelik is verby. Dit was \u2019n <strong>geweldige skok<\/strong>. Die volgende oggend is hy na ons ouers om te s\u00ea ons huwelik is op die rotse en niks kon dit red nie. Hy het ges\u00ea dis sy skuld, maar het my pa \u2013 en my &#8211; verseker daar is niemand anders nie.<\/p>\n<p>\u201cDie kinders mag niks geweet het nie, want ons moes hulle \u2018reg benader\u2019. Weke lank het ons nog \u2019n bed gedeel. Louis het ges\u00ea ons moes na dieselfde prokureur gaan, maar ek het gou besef die verdeling van ons bates is in sy guns. Toe ek na \u2019n ander prokureur is, het hy gedreig dat dit my meer sou kos as wat ek besit het.<\/p>\n<p>\u201cLouis het die kinders vertel ons skei \u2018omdat Pappa en Mamma te veel baklei\u2019 en daarna uitgetrek. Ons het die vorige jaar van Kaapstad na Johannesburg verhuis en ek het min mense geken. Dit was \u2019n <strong>uiters traumatiese, eensame tyd<\/strong>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Dit was \u2019n uiters traumatiese, eensame tyd<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cHuisvriende van ons in Kaapstad was ook besig om te skei. Ons vriend het gebel en wou my kom sien. Toe Louis dit hoor, het hy gevra hoe ek \u2019n <strong>affair<\/strong> sou definieer. \u2018Wanneer jy aandag wat jou huweliksmaat toekom aan iemand anders gee,\u2019 was my antwoord. \u2018In daardie geval \u00eds daar iemand anders in my lewe,\u2019 het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cOns huisvriend het bandjies gehad van telefoongesprekke tussen my man en sy vrou wat deur \u2019n privaat-speurder opgeneem is. Ek het \u2019n <strong>angsaanval<\/strong> gekry toe ek besef hoe lank die verhouding reeds aan die gang is.<\/p>\n<p>\u201cOns is in Julie geskei. Die kinders het by my gebly en was gereeld by Louis. Hulle sou die Desembervakansie saam met hom Kaap toe gaan en Kersfees by my deurbring. Toe ek die tweetjies op die lughawe kry, sien ek my dogtertjie se hare is kort gesny. Haar lang hare was haar trots. Om haar aandag van my geskokte gesig af te trek, vra ek of die blomme in haar hand vir my was. \u2018Dis van Pappa se troue!\u2019 het sy huilend ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cIn die motor het my seuntjie van sewe hartstogtelik begin snik en van die troue vertel. Hy het ges\u00ea: \u2018Ek wil nooit weer die woord \u201cliefde\u201d hoor nie.\u2019 Sy sussie se hare is afgesny omdat dit glo te veel gekoek het.<\/p>\n<p>\u201cEk en die kinders is dadelik na my ouers vir Kersfees.<\/p>\n<p>My ma was woedend om van die troue te hoor. Sy het my kinders bly vertel watter sonde hul pa gedoen het.<\/p>\n<p>Ek het gevoel ek moes hom beskerm \u2013 hy was immers hul pa, en \u2019n goeie pa daarby. Ek kon nie my eie seer wys of oor die nuus van die troue rou nie.<\/p>\n<p>\u201cEk was lank <strong>depressief<\/strong>, maar moes regop bly ter wille van die kinders. Omdat ek glo \u2019n kind het \u2019n pa \u00e9n \u2019n ma nodig, het ek Louis na skoolgesellighede en die kinders se verjaardae bly nooi. Bitterheid tussen geskeide ouers kan \u2019n kind se lewe ondraaglik maak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Bitterheid tussen geskeide ouers kan \u2019n kind se lewe ondraaglik maak<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk het besluit om my eks en my vriendin te <strong>vergewe<\/strong>, en <strong>terapie<\/strong> gekry. Dit was nie maklik nie. Dit het lank geneem om my eiewaarde en vertroue in die liefde te herstel. Ek is later weer getroud en het vandag \u2019n vol lewe. Dis regtig die moeite werd om jou kinders se geluk voor jou eie seer en wrokkigheid te stel.\u201d<\/p>\n<p>*skuilname<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/beplan-onderhoud-vir-jou-kinders-na-n-egskeiding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Beplan onderhoud vir jou kinders na \u2019n egskeiding<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy spartel om n\u00e1 jou egskeiding op jou voete te kom. Om sout in jou wonde te vryf, straal jou eks in \u2019n volgende verhouding. Hoe kry jy jou balans? Deur Mariette Snyman. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":156427,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[5684,6304,23443,23444,23446,27517,29661,134,730,832,833,1373,2053],"class_list":["post-84120","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-trauma","tag-divorce","tag-relationships","tag-parenting","tag-marriage","tag-stress","tag-well-being","tag-ouerskap","tag-stres","tag-egskeiding","tag-sielkunde","tag-emosies","tag-huwelik"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Egskeiding hoef jou nie te breek nie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy spartel om n\u00e1 jou egskeiding op jou voete te kom. Om sout in jou wonde te vryf, straal jou eks in \u2019n volgende verhouding. Hoe kry jy jou balans?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Egskeiding hoef jou nie te breek nie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy spartel om n\u00e1 jou egskeiding op jou voete te kom. Om sout in jou wonde te vryf, straal jou eks in \u2019n volgende verhouding. Hoe kry jy jou balans?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-30T14:45:47+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-30T14:46:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2290\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Egskeiding hoef jou nie te breek nie\",\"datePublished\":\"2025-07-30T14:45:47+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-30T14:46:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/\"},\"wordCount\":1743,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg\",\"keywords\":[\"trauma\",\"divorce\",\"relationships\",\"parenting\",\"marriage\",\"stress\",\"well being\",\"ouerskap\",\"stres\",\"egskeiding\",\"sielkunde\",\"emosies\",\"huwelik\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/\",\"name\":\"Egskeiding hoef jou nie te breek nie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-30T14:45:47+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-30T14:46:51+00:00\",\"description\":\"Jy spartel om n\u00e1 jou egskeiding op jou voete te kom. Om sout in jou wonde te vryf, straal jou eks in \u2019n volgende verhouding. Hoe kry jy jou balans?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg\",\"width\":1920,\"height\":2290},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Egskeiding hoef jou nie te breek nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Egskeiding hoef jou nie te breek nie | rooi rose","description":"Jy spartel om n\u00e1 jou egskeiding op jou voete te kom. Om sout in jou wonde te vryf, straal jou eks in \u2019n volgende verhouding. Hoe kry jy jou balans?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Egskeiding hoef jou nie te breek nie | rooi rose","og_description":"Jy spartel om n\u00e1 jou egskeiding op jou voete te kom. Om sout in jou wonde te vryf, straal jou eks in \u2019n volgende verhouding. Hoe kry jy jou balans?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-30T14:45:47+00:00","article_modified_time":"2025-07-30T14:46:51+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":2290,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Egskeiding hoef jou nie te breek nie","datePublished":"2025-07-30T14:45:47+00:00","dateModified":"2025-07-30T14:46:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/"},"wordCount":1743,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg","keywords":["trauma","divorce","relationships","parenting","marriage","stress","well being","ouerskap","stres","egskeiding","sielkunde","emosies","huwelik"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/","name":"Egskeiding hoef jou nie te breek nie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg","datePublished":"2025-07-30T14:45:47+00:00","dateModified":"2025-07-30T14:46:51+00:00","description":"Jy spartel om n\u00e1 jou egskeiding op jou voete te kom. Om sout in jou wonde te vryf, straal jou eks in \u2019n volgende verhouding. Hoe kry jy jou balans?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-cottonbro-4098213-e1753886655210.jpg","width":1920,"height":2290},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hoef-jou-nie-te-breek-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Egskeiding hoef jou nie te breek nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84120","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84120"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84120\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156433,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84120\/revisions\/156433"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/156427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84120"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84120"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84120"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}