{"id":84096,"date":"2017-09-22T12:05:51","date_gmt":"2017-09-22T10:05:51","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=84096"},"modified":"2017-09-22T12:05:51","modified_gmt":"2017-09-22T10:05:51","slug":"estetiese-behandeling-sonder-die-mes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/","title":{"rendered":"Estetiese behandeling: Sonder die mes"},"content":{"rendered":"<h4>Neem dit in ag<\/h4>\n<p>\u2022 Hoe meer ervaring jou dokter het, hoe beter.<br \/>\n\u2022 Dit is belangrik dat jy gemaklik voel met jou dokter of terapeut, en sou jy onseker voel, s\u00ea dit.<br \/>\n\u2022 Met sommige prosedures is die effek eers n\u00e1 \u2019n paar maande sigbaar. Neem \u2019n foto voor die behandeling en weer so \u2019n paar maande later om te kyk of daar \u2019n verskil is (sonder grimering, op dieselfde tyd van die dag en dieselfde plek).<br \/>\n\u2022 Die prosedures is wel aansienlik goedkoper as chirurgie, maar dis steeds duur, en die verandering is nie so ingrypend soos wanneer jy chirurgie sou ondergaan nie.<br \/>\n\u2022 Jy hoef nie narkose te kry nie, en jy lyk gouer weer \u201caanvaarbaar\u201d.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vermy di\u00e9 5 foute<\/h4>\n<p>Dr. Judey Pretorius, biochemiese wetenskaplike en produkontwikkelingskundige en eienaar van Biomedical Skin Emporium, gee di\u00e9 raad:<\/p>\n<p>1 Moenie te veel te vinnig doen nie. As jy nog nooit \u2019n chemiese afskilfering gehad het nie, moenie vir die sterkste een vra nie. Jy moet eers jou vel se sperfunksie \u2019n bietjie vir bietjie versterk met minder intensiewe afskilfering.<\/p>\n<p>2 Moenie te veel behandelings n\u00e1 mekaar laat doen nie. Gee jou vel \u2019n blaaskans van minstens twee weke.<\/p>\n<p>3 Moenie voor of net n\u00e1 \u2019n prosedure was gebruik nie, dit kan \u2019n litteken maak.<\/p>\n<p>4 Moenie aspirien drink voor \u2019n semi-indringende behandeling soos plasmategnologie, mikronaaldbehandeling of mikro-dermabrasie nie sodat jy nie met die behandeling bloei nie.<\/p>\n<p>5 Sekere estetiese behandelings kan jou vel dehidreer. Bevogtig jou vel minstens drie tot vier keer per dag.<\/p>\n<p><strong>LW<\/strong> <em>rooi rose<\/em> glo glad nie dit is noodsaaklik om di\u00e9 soort behandelings te laat doen nie. As jy sulke behandelings oorweeg, doen dit vir jouself en nie vir iemand anders nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><em>Plexr<\/em><\/h4>\n<p><strong>Wat is dit?<\/strong><br \/>\nDi\u00e9 revolusion\u00eare toestel is \u2019n eerste in sy soort. Die gefokuste en beheerde mikrostrale van die toestel verfyn die boonste lagie van die vel sonder om die weefsel daaronder of daarnaas te beskadig. Plexr bied \u2019n doeltreffende en goedkoper alternatief vir kwessies wat eers net met chirurgie reggestel kon word. Dit het vele gebruike &#8211; van tandheelkunde tot ginekologie en estetiese behandelings, soos om littekens, vratjies, plooie en selfs tatoe\u00ebermerke te verwyder.<\/p>\n<p>Dr. Johan Botha, Plexr-segsman, s\u00ea een van die gewildste behandelings is om die ooglede te lig.<\/p>\n<p><strong>Hoe voel dit?<\/strong><br \/>\nEers word \u2019n verdowingsalf op die spesifieke plek aangewend. Aanvanklik voel dit soos klein vonkies wat op die vel skiet, maar n\u00e1 \u2019n ruk raak dit nogal ongemaklik tot seer. En daar hang \u2019n reuk van gebrande hare in die lug!<\/p>\n<p><strong>Wie is die ideale kandidaat?<\/strong><br \/>\nWanneer jy plooie wil takel, moet jy sigbare plooie h\u00ea, veral op dele waar jou vel dunner is. Dit is ook ideaal vir mense met klein, nie-kwaadaardige veluitgroeisels soos vratte en moesies.<\/p>\n<p><strong>Hersteltyd<\/strong><br \/>\nDrie dae tot \u2019n week. \u2019n rooi rose-redaksielid het die behandeling laat doen om oortollige vel op die ooglede weg te neem en het omtrent \u2019n week lank aardig gelyk. N\u00e1 die behandeling lyk dit of jy fyn swart kolletjies op jou o\u00eb het en die o\u00eb is erg geswel. Die kolletjies word later rofies en val af. Vir meer oppervlakkige behandelings is die hersteltyd korter.<\/p>\n<p><strong>Moontlike newe-effekte<\/strong><br \/>\nJou ooglede is maande daarna nog effens rooi. Jy kan ook hiperpigmentasie ontwikkel, veral as jy nie alle UV-blootstelling vermy het nie. Dr. Botha s\u00ea die rooiheid in die eerste twee maande is \u2019n teken van heling en beveel die gebruik van sinksalf (boudjiesalf) en \u2019n goeie gehalte stabiele vitamien C-serum aan. Indien rooiheid voortduur, kan dit \u2019n teken wees van PIH (<em>Post Inflammatory hyperpigmentation<\/em>) en dan moet \u2019n bleikroom voorgeskryf word.<\/p>\n<p><strong>Tuissorg<\/strong><br \/>\nSit ys, of daardie soort jelmaskers wat \u2019n mens in die yskas hou op die o\u00eb om swelling te verminder. \u2019n Sonskerm wat \u2019n fisieke blok bevat, is \u2019n moet, asook \u2019n onderlaag wat dun genoeg is om tussen die rofies aan te wend. Dr. Botha beveel BioNike Liquid Foundation aan, want dit bevat sonskerm en is ook dun genoeg.<\/p>\n<p><strong>Koste<\/strong><br \/>\nOm die ooglede te lig as die vel reeds taamlik gerek\/slap is, kan tot drie behandelings verg (wat minstens drie maande uitmekaar gedoen moet word). Dit kos sowat R12 000 tot R15 000. Dit is nie goedkoop nie, maar aansienlik goedkoper as \u2019n operasie.<\/p>\n<p><strong>Resultaat<\/strong><br \/>\n\u201cDie dele om my o\u00eb lyk vir seker gladder en jonger, hoewel dit n\u00e1 ses maande steeds effens rooi is,\u201d s\u00ea \u2019n <em>rooi rose<\/em>-redaksielid.<\/p>\n<p>Die toestel is deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsraad goedgekeur. Ligloop vir namaaksels, is dr. Botha se raad.<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"http:\/\/www.plexr.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">plexr.co.za<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-84099 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg-3-500x529.jpg\" alt=\"Velsorg\" width=\"398\" height=\"421\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><em>Ellans\u00e9-vullers<\/em><\/h4>\n<p><strong>Hoe werk dit?<\/strong><br \/>\nEllans\u00e9 is soos \u2019n vuller wat onder jou vel (in die sub-dermale laag) ingespuit word. Wat dit anders as ander vullers maak, is dat dit nie net vul nie, maar jou vel ook help om meer kollageen te maak sodat die vel vir langer plomper lyk. Dit kan op jou slape, om die wenkbroue, wangbene, nasolabiale voue, kakebeen, om jou neus, die lyntjies om jou mond en vir kendefinisie gebruik word.<\/p>\n<p><strong>Wat kan jy verwag?<\/strong><br \/>\nJou gesig word met \u2019n ligte inspuiting of verdowingsroom verdoof sodat die proses effens gevoelig maar nie pynlik is nie. Die behandeling word nie aanbeveel as jy reeds ander vullers gebruik het nie.<\/p>\n<p><strong>Wie is die ideale kandidaat?<\/strong><br \/>\nDit is veral gewild onder meer volwasse mense waar meer kollageenafbreking al plaasgevind het. \u201cMaar dit is ook gewild onder jonger mense wat hul profiel wil verander \u2013 deur hul wangbene, neus en of ken anders te laat lyk,\u201d s\u00ea dr. Gerhard van Niekerk.<\/p>\n<p><strong>Hoe lank hou dit?<\/strong><br \/>\nSowat 12 tot 48 maande, afhangend van wat gebruik is.<\/p>\n<p><strong>Hersteltyd<\/strong><br \/>\nJy kan dalk effense kneusing h\u00ea maar niks wat onderlaag nie kan toemaak nie.<\/p>\n<p><strong>Tuissorg<\/strong><br \/>\nGeen spesifieke tuissorg is nodig nie, net \u2019n gewone goeie velsorgroetine word aanbeveel.<\/p>\n<p><strong>Koste<\/strong><br \/>\nR4 000 vir een ampule en R8 000 vir twee ampules. Die koste hang ook af van die gedeelte wat behandel word.<\/p>\n<p><strong>Hoe voel dit?<\/strong><br \/>\n\u201cJou vel voel effens styf n\u00e1 die behandeling, maar dis nie pynlik nie. Plek-plek, veral langs die neus en mond, kan jy selfs\u00a0hoor hoe die produk ingespuit word &#8230; \u2019n bietjie grillerig!\u201d <em>rooi rose<\/em>-redaksielid.<\/p>\n<p><strong>Resultaat<\/strong><br \/>\n\u201cJy sien dadelik die resultate, jou o\u00eb lyk wyer oop en die wangbene meer prominent &#8211; die kontoere van die gesig is beter uitgelig. Jou mondhoeke lyk vriendeliker sonder die lyntjies wat dit aftrek, en die nasolabiale lyn langs die neus af is voller. En as jy dink hoe min daar eintlik gespuit word, is dit merkwaardig. N\u00e1 14 dae begin kollageen vorm en dan word die resultate nog meer sigbaar.\u201d <em>rooi rose<\/em>-redaksielid<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"http:\/\/www.drgerhardvanniekerk.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">drgerhardvanniekerk.com<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><em>Plaatjieryke plasma-behandeling (PRP)<\/em><\/h4>\n<p><strong>Wat is dit?<\/strong><br \/>\nJou bloed word getrek en in \u2019n spesiale masjien gespin wat die plaatjies van die bloed skei. Die plaatjies word dan in jou gesig, nek of hande teruggespuit.<\/p>\n<p>Met die jongste PRP-behandelings word die bloed deur \u2019n unieke dubbelspinproses geplaas. Die plasma word geskei in \u2019n super-gekonsentreerde plaatjieryke plasma (ook bekend as vloeibare goud) en plaatjieryke en -arm plasma. Die plaatjieryke plasma word op probleemplekke gebruik, want dit lewer die beste resultate. Die plaatjie-arm plasma word op al die ander dele gebruik, verduidelik dr. Tony van der Merwe van Skin &amp; Body Renewal, Claremont.<\/p>\n<p>Die behandeling help kollageenproduksie aan, wat die vel fermer en sterker maak en die algemene toestand van die vel verbeter. Plooie is ook minder opsigtelik.<\/p>\n<p><strong>Wat kan jy verwag? <\/strong><br \/>\n\u2019n Verdowingsroom word aangesmeer op die dele wat behandel gaan word en \u2019n suster trek jou bloed. Jou bloed word gespin terwyl jy wag dat die verdowingsroom werk. Die plaatjieryke en plaatjie-arm plasma word in \u2019n Dermapen (soos \u2019n reuse-pen met \u2019n klomp superfynnaalde) geplaas en jou gesig en nek word behandel. Dit is pynloos. Daarna word die super-gekonsentreerde plaatjies met \u2019n inspuiting op probleemplekke soos die voorkop, om die o\u00eb, nekplooie en hande gespuit. Dit brand nogal.<\/p>\n<p><strong>Moontlike newe-effekte<\/strong><br \/>\nWeinig, want jou eie bloed word gebruik wat allergiese reaksies beperk. Pigmentasievlekke kan tot op drie weke erger lyk en dan verbeter.<\/p>\n<p><strong>Hersteltyd<\/strong><br \/>\nEffense rooiheid en swelling n\u00e1 die behandeling en rooiheid vir twee tot vier dae.<\/p>\n<p><strong>Tuissorg<\/strong><br \/>\nGebruik die eerste aand \u2019n room wat jou sperfunksie beskerm, en daarna produkte wat pigmentasie onderdruk.<\/p>\n<p>Moenie in die volgende drie weke afskilferaars gebruik nie. Onthou sonskerm elke dag en vermy die son sover moontlik vir minstens die eerste drie weke.<\/p>\n<p><strong>Hoe gereeld moet jy dit doen? <\/strong><br \/>\nTwee tot agt behandelings, vier tot ses weke uitmekaar, afhangend van die toestand van jou vel.<\/p>\n<p><strong>Wenk<\/strong><br \/>\n\u2019n Kostedoeltreffende manier is om die volle behandeling af te wissel met \u2019n Dermapen-sessie deur \u2019n terapeut.<\/p>\n<p><strong>Koste<\/strong><br \/>\nVanaf R5 200 vir \u2019n behandeling met die Dermapen. Di\u00e9 prosedure word deur \u2019n suster of terapeut gedoen en sluit nie die dokter in wat die gekonsentreerde plaatjies op probeemplekke inspuit nie. Die volle behandeling kos R7 050.<\/p>\n<p><strong>Resultaat<\/strong><br \/>\n\u201cMy pigmentasie het die eerste drie weke erger gelyk en toe verbeter. My vel lyk vir seker meer glansend en voel gesonder, en veral my hande lyk jonger. Danksy die kollageenvorming het my vel n\u00e1 twee maande skielik voller gelyk.\u201d <em>rooi rose<\/em>-redaksielid.<\/p>\n<p>Meer inligting en pryse by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.skinrenewal.co.za\/vampire-stem-cell-lift\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">skinrenewal.co.za<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-84104 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg-2-500x400.jpg\" alt=\"Gesiggaring\" width=\"408\" height=\"326\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><em>Gesiggaring <\/em><\/h4>\n<p><strong>Wat is dit? <\/strong><br \/>\n\u201cDi\u00e9 behandeling behels stekies wat jou gesig en nekstrukture lig,\u201d verduidelik dr. Alek Nikolic, estetiese mediese dokter en stigterslid van SA Allergan Medical Aesthetics Academy.<\/p>\n<p>Die gare word deur die vetlagie van jou vel \u201cgeryg\u201d en het \u201chakies\u201d wat seker maak die steke bly waar hulle moet. Mettertyd stimuleer dit kollageenproduksie wat die vel stywer laat lyk en lig.<\/p>\n<p><strong>Wat kan jy verwag? <\/strong><br \/>\nJou gesig word ontsmet en dan word die plekke en rigting gemerk waar die gare geryg moet word. Die in- en uitgaanplekke word met \u2019n verdowingsroom behandel. Die gaatjies word met \u2019n naald gemaak en die gare word met \u2019n mikronaald deur die vetlagie van jou vel getrek.<\/p>\n<p><strong>Wie is die ideale kandidaat?<\/strong><br \/>\nMense tussen 35-55 wie se vel nog nie te veel styfheid of volheid verloor het nie, want die gare gaan onderdeur die onderliggende vetlagie, en as jy te min vet het, sal jy die gare kan sien.<\/p>\n<p><strong>Hoe gereeld moet jy dit laat doen?<\/strong><br \/>\nDie Silhouette Soft Thread hou 12 tot 18 maande.<\/p>\n<p><strong>Hersteltyd<\/strong><br \/>\nJou vel lyk vir so twee tot sewe dae of dit \u201cgevou\u201d is, dis vir twee tot vyf dae geswel en vir vyf tot veertien dae gekneus. \u2019n Pasi\u00ebnt met wie ons gesels het, was gelukkig, want sy het byna geen kneusing gehad nie, en het min geswel.<\/p>\n<p><strong>Koste<\/strong><br \/>\nDie meeste mense het een tot twee garings per kant nodig. Een paar (een per kant) kos sowat R9\u00a0000, twee pare R16 000 en drie pare R22 000.<\/p>\n<p><strong>Hoe voel dit? <\/strong><br \/>\n\u201cMinder indringend as om na \u2019n tandarts te gaan,\u201d was \u2019n pasi\u00ebnt se mening. \u201cJy voel wel \u2019n bietjie trek en stoot, maar dit is heel uithoubaar.\u201d<\/p>\n<p><strong>Resultate<\/strong><br \/>\n\u201cEk voel en lyk wonderlik!\u201d &#8211; pasi\u00ebnt van dr. Nikolic.<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"http:\/\/www.dralek.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">dralek.co.za<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><em>Exilis Elite <\/em><\/h4>\n<p><strong>Wat is dit? <\/strong><br \/>\n\u2019n Behandeling wat jou vel styf maak deur radio-frekwensie en ultraklank saam te gebruik. Die behandeling kan op verskeie dele van jou gesig gedoen word, asook die arms, maag, agterstewe, labia en bobene.<\/p>\n<p>\u2019n <em>rooi rose<\/em>-redaksielid het dit op haar maag laat doen. Die beste resultate word verkry deur Btl X-Wave vooraf te gebruik. Die klankgolwe is veral goed vir selluliet, littekens en rekmerke. Die golwe moedig ook bloedvloei en kollageenvorming aan en help om gifstowwe uit te skei. N\u00e1 die tyd word die gebruik van \u2019n limfdreineringsbroek, die BTL 6000 Lymphastim, aanbeveel om die gifstowwe wat afgebreek is, uit te skei.<\/p>\n<p>\u201cMet die gebruik van die drie masjiene kry ons wonderlike resultate,\u201d s\u00ea Elizabeth Token, eienaar van New Life Aesthetics in Durbanville.<\/p>\n<p><strong>Wat kan jy verwag?<\/strong><br \/>\n\u2019n Jel word aan die plek gesmeer wat behandel gaan word en dan word die X-Wave gebruik. Dit klink en voel amper soos \u2019n klein hamertjie wat op die vel slaan. Dis nie seer nie, net effens ongemaklik. Met die Exilis vryf die terapeut die toestel oor die gedeelte. Dit verhit jou vel tot min of meer 42 \u00b0C. Dit is effens ongemaklik, maar die terapeut verlaag die temperatuur as jy dit nie kan uithou nie. Die proses maak jou vel stywer en \u201csmelt\u201d die vet (wat deur normale metaboliese prosesse uitgeskei word). Dit was heel gemaklik tussen 40 \u00b0C tot 42 \u00b0C.\u201d <em>rooi rose<\/em>-redaksielid.<\/p>\n<p><strong>Moontlike newe-effekte <\/strong><br \/>\nWeinig, tensy die terapeut nie opgelei is nie en sy jou dalk brand. Jy kan ligte hoofpyn ervaar weens die ontgiftingsproses, en jou vel kan n\u00e1 die tyd effens songebrand voel en rooi wees.<\/p>\n<p><strong>Koste<\/strong><br \/>\nExilis-maag R1 600 (gewoonlik vier tot agt sessies), X-wave R350 per gedeelte (agt sessies word aanbeveel) en limf-dreinering R300 per sessie. Spesiale pakkette wat alles insluit, is ook beskikbaar.<\/p>\n<p><strong>Resultaat<\/strong><br \/>\n\u201cSonder enige verandering in my oefenprogram of dieet het ek n\u00e1 agt sessies 5 cm om my maag verloor. Dieet en oefening het nie juis \u2019n verskil daaraan gemaak nie, so ek is baie tevrede met die 5 cm wat ek verloor het.\u201d <em>rooi rose<\/em>-redaksielid.<\/p>\n<p>Meer inligting by <a href=\"http:\/\/www.newlifeaesthetics.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">newlifeaesthetics.co.za<\/a> en <a href=\"http:\/\/www.btlaesthetics.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">btlaesthetics.com<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vraag na estetiese behandelings groei besonder vinnig. Gelukkig het die ewigdurende jeug-voorkoms plek gemaak vir \u2019n natuurliker voorkoms met \u2019n fokus op \u2019n gesonde vel wat homself kan vernuwe. Deur Suzanne Kotz\u00e9. Foto deur Kristina Stojiljkovic <\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":84098,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[666],"tags":[124,607,1389],"class_list":["post-84096","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-skoonheid","tag-velsorg","tag-trends","tag-beauty"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Estetiese behandeling: Sonder die mes | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die vraag na estetiese behandelings groei besonder vinnig. Gelukkig het die ewigdurende jeug-voorkoms plek gemaak vir \u2019n natuurliker voorkoms.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Estetiese behandeling: Sonder die mes | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die vraag na estetiese behandelings groei besonder vinnig. Gelukkig het die ewigdurende jeug-voorkoms plek gemaak vir \u2019n natuurliker voorkoms.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-22T10:05:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"784\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Estetiese behandeling: Sonder die mes\",\"datePublished\":\"2017-09-22T10:05:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/\"},\"wordCount\":2159,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Velsorg.jpg\",\"keywords\":[\"velsorg\",\"trends\",\"beauty\"],\"articleSection\":[\"Skoonheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/\",\"name\":\"Estetiese behandeling: Sonder die mes | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Velsorg.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-22T10:05:51+00:00\",\"description\":\"Die vraag na estetiese behandelings groei besonder vinnig. Gelukkig het die ewigdurende jeug-voorkoms plek gemaak vir \u2019n natuurliker voorkoms.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Velsorg.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Velsorg.jpg\",\"width\":1000,\"height\":784,\"caption\":\"Foto: Kristina Stojiljkovic\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Estetiese behandeling: Sonder die mes\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Estetiese behandeling: Sonder die mes | rooi rose","description":"Die vraag na estetiese behandelings groei besonder vinnig. Gelukkig het die ewigdurende jeug-voorkoms plek gemaak vir \u2019n natuurliker voorkoms.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Estetiese behandeling: Sonder die mes | rooi rose","og_description":"Die vraag na estetiese behandelings groei besonder vinnig. Gelukkig het die ewigdurende jeug-voorkoms plek gemaak vir \u2019n natuurliker voorkoms.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-22T10:05:51+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":784,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Estetiese behandeling: Sonder die mes","datePublished":"2017-09-22T10:05:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/"},"wordCount":2159,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg.jpg","keywords":["velsorg","trends","beauty"],"articleSection":["Skoonheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/","name":"Estetiese behandeling: Sonder die mes | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg.jpg","datePublished":"2017-09-22T10:05:51+00:00","description":"Die vraag na estetiese behandelings groei besonder vinnig. Gelukkig het die ewigdurende jeug-voorkoms plek gemaak vir \u2019n natuurliker voorkoms.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Velsorg.jpg","width":1000,"height":784,"caption":"Foto: Kristina Stojiljkovic"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/estetiese-behandeling-sonder-die-mes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Estetiese behandeling: Sonder die mes"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84096","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=84096"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/84096\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/84098"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=84096"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=84096"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=84096"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}