{"id":83993,"date":"2017-09-22T14:26:44","date_gmt":"2017-09-22T12:26:44","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=83993"},"modified":"2017-09-22T14:26:44","modified_gmt":"2017-09-22T12:26:44","slug":"die-landskap-van-anna-davel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/","title":{"rendered":"Die landskap van Anna Davel"},"content":{"rendered":"<p>Die bekroonde sangeres <strong>Anna Davel<\/strong> verskyn eersdaags by Aardklop in die produksie\u00a0<em>Landskap,\u00a0<\/em>waar vier sangers hul toonsettings van Suid-Afrikaanse digters se werke aanbied. Dit sluit in toonsettings van gedigte deur <strong>Ingrid Jonker<\/strong>, <strong>N.P. van Wyk Louw<\/strong>, <strong>Fanie Olivier<\/strong>, <strong>Eug\u00e8ne Marais<\/strong> en <strong>Griekwa-psalms<\/strong>, onder andere. Ons het \u2019n bietjie met haar hieroor gesels.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waaroor handel\u00a0<em>Landskap<\/em>?<\/h4>\n<p>Ek het drie van my gunsteling-kunstenaars (<strong>Laurinda Hofmeyr<\/strong>,<strong> Lizanne Barnard <\/strong>en<strong> Leon Gropp<\/strong>) genader wat uitstekende toonsettings doen van Suid-Arikaanse gedigte, en ek het hierdie produksie saamgestel uit van hul beste werk. Ek het <strong>Rudi Silbermann<\/strong> se werk destyds gesien in tydskrifte, en hom gevra om die digitale films te ontwerp vir elke gedig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe het julle vier bymekaar gekom vir hierdie projek?<\/h4>\n<p>Ek en <strong>Laurinda<\/strong> is vir jare al vriende, en ek is ook \u2019n groot aanhanger van haar werk nog voordat ek haar leer ken het. <strong>Lizanne<\/strong> het ek ontmoet meer as 20 jaar gelede toe sy <em>ATKV Crescendo<\/em> gewen het en ek die verhoogbestuurder was by die Staatsteater. Sedertdien volg ek haar loopbaan en is ek ook \u2019n &#8220;<em>groupie<\/em>&#8221; wat graag haar <em>shows<\/em> bywoon en na haar albums luister. My en\u00a0<strong>Leon Gropp <\/strong>se<strong>\u00a0<\/strong>paaie het ook oor die jare gereeld gekruis by konserte, feeste en op verho\u00eb. Spesifiek is dit die <em>Afri-Spaans-<\/em>vertoning wat ons landwyd saam gedoen het wat my bewus gemaak het van sy talent as \u2019n sanger en liedjieskrywer, buiten sy ongelooflike kitaarspeelvermo\u00eb. Hy was oorspronklik nie deel van die eerste <em>Landskap<\/em>-vertonings by <em>Woordfees<\/em> nie maar toe ek sy toonsettings hoor van <strong>N.P. van Wyk Louw<\/strong> het ek dadelik geweet hy moet deel wees van di\u00e9 produksie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vanwaar die naam <em>Landskap<\/em>?<\/h4>\n<p>Die gedigte besing almal die spesifieke Suid-Afrikaanse konteks; met ander woorde plekke, mense, dorpe en stories eg aan ons land en sy gemeenskap. So, die verskillende diverse landskappe waaroor mense skryf was die inspirasie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waarom is dit belangrik om digters se werk te toonset?<\/h4>\n<p>Die woorde raak soms weg op mens se rak; jy weet dit is briljant en dit roer jou wanneer jy dit die eerste maal hoor, maar wanneer daar musiek bykom kry die woorde nuwe betekenis, energie, atmosfeer en kan dit net nog \u2019n slag wees om die storie te vertel. Dit skep die tipe musiek wat mens oor en oor kan luister, omdat gedigte se woorde dikwels meer om die lyf het, en meer diepte het om te ontgin. Van die gedigte wat ons doen is wel ook lig en komies. Ander is weer lekker ritmies en ander weer magies. Musiek kan regtig die woorde \u2019n nuwe konteks en lewe gee wat dalk veral van die baie ou gedigte toeganklik kan maak vir jong gehoorlede wat dalk nie so bekend is met<strong> Eug\u00e8ne N. Marais<\/strong> en <strong>Sheila Cussons<\/strong> se werk nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe verskil toonsetting teenoor jou eie lirieke?<\/h4>\n<p>Dis heeltemal anders. Jy moet in die skrywer se w\u00eareld instap, die landskap leer ken waarvandaan hy skryf, en dan met sy simbole en ritme werk, en baie deurdag werk om dit outentiek te hou. Jy moet jou unieke musikaliteit of klank behou, maar ook die woorde eer en jouself kan verplaas.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wie is jou gunsteling- Afrikaanse digters en waarom?<\/h4>\n<p><strong>Eug\u00e8ne Marais<\/strong> en <strong>N.P. van Wyk Louw<\/strong> se woorde tref my steeds diep. Ek dink dit is \u2019n kombinasie van beide se intellek saam met \u2019n diep gevoelsw\u00eareld. Beide van hulle kyk deur mense se kleinlikheid, sonder om hul menslikheid te misken. Daar is \u2019n hunkering na skoonheid, vrede, stilte, \u2019n verwondering aan die skepping en gebrokenheid of broosheid in beide se werk wat my ontroer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_84115\" style=\"width: 402px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-84115\" class=\" wp-image-84115\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Anna-011-e1506079282332-470x600.jpg\" alt=\"Anna Davel\" width=\"392\" height=\"500\" \/><p id=\"caption-attachment-84115\" class=\"wp-caption-text\">Foto deur Anelia Loubser<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het jou laat besluit om \u2019n kunstenaar te word en hoe het dit gebeur?<\/h4>\n<p>Dit is \u2019n lang, lang storie, en ek sal ten minste \u2019n week neem om dit neer te skryf! In \u2019n neutedop &#8230; Ek het begin liedjies skryf toe ek 20 jaar oud was, en op universiteit hier en daar begin optree en ook agter die verhoog begin werk as \u2019n verhoogbestuurder. Aan die einde van my BA sielkunde-studies het \u2019n vriendin my gebel en ges\u00ea ek moet saam met haar Ligte Musiek by TUT gaan studeer. Ek het binne \u2019n paar minute besluit dit is wat ek gaan doen. Ek is op 25 Pretoria toe, en vandaar het al my energie in musiek gegaan. Dis wonderlik om al vir soveel jare voltyds musikant te kan wees. Ek het \u2019n interessante en vol lewe met heerlike avonture.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe het die kunstelandskap in Suid-Afrika verander sedert jy deel geword het daarvan?<\/h4>\n<p>Mens het baie op CD-verkope staat gemaak. Dit het drasties afgeneem. So, mens moet meer konsentreer op konserte en toere. <em>Social media<\/em> het kunstenaars meer toeganklik gemaak vir die publiek. En andersom. Ek kan baie makliker my konserte adverteer by die regte mense of dorp of platform. Dit neem ongelooflik baie tyd om te <em>post<\/em> en die boodskappe op facebook, twitter, Instagram, en e-pos te beantwoord en kan soms oorweldigend raak wanneer mense wat jy glad nie ken of nog nooit ontmoet het nie vir jou dikwels baie persoonlike boodskappe begin stuur en konstante interaksie verwag. Ek sukkel om by te bly daarmee. Maar die teenkant is ook dat mens \u2019n verhouding het met die lojale ondersteuners wat so lief en dierbaar is, mens se konserte bywoon en albums koop. Daar is mense wat al van die 90s die pad saam met my stap en net altyd daar is \u2013 dis regtig ongelooflik hoe Afrikaanse musiekliefhebbers kunstenaars ondersteun.<\/p>\n<p>Daar is daardie direkte bemoediging en waardering van daardie mense se kant af wat dalk nie 20 jaar terug so maklik by mens sou uitkom nie. So, as jy n\u00e1 \u2019n konsert by die huis kom is daar dikwels \u2019n boodskap wat deurkom om te s\u00ea watter liedjies hulle van gehou het. Dit is wonderlik om sulke terugvoer te kry. Ek het ook al negatiewe terugvoer gekry, en dit help mens ook om te weet as die publiek nie <em>happy<\/em> is nie. As hulle nie <em>happy<\/em> is nie, wil mens dit weet, anders kan jy nie groei nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy het in 2006 \u2019n SAMA gewen en al verskeie ander toekennings en nominasies ook ontvang. Is hierdie toekennings motiverend of maak dit nie eintlik saak nie?<\/h4>\n<p>Dit was vir my 3de solo-album: <em>Godinne op die Grondpad<\/em>. Dis altyd <em>great<\/em> om \u2019n toekenning te kry. Veral as mens besig is met \u2019n niche-tipe produksie soos <em>Landskap<\/em> is dit fantasties om \u2019n prys te wen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Pak jy musiek en toneelspel verskillend aan of behels dit min of meer dieselfde vermo\u00eb?<\/h4>\n<p>Nee, toneelspeel is baie moeiliker en meer spesifiek. Jy moet in \u2019n formaat werk \u2013 jy het \u2019n regisseur met \u2019n visie, mede-akteur met wie jy elke woord en beweging moet beplan, alles be\u00efnvloed mekaar. So dit is baie meer sistematies en konsekwente werk. Musiek is vry, oop, ek kan elke liedjie interpreteer net soos ek wil in my solo-<em>shows<\/em>. Ek verander soms die tempo, ritme of struktuur van liedjies terwyl ek besig is met die <em>show<\/em>. Die gehoor bepaal ook baie hoe ek my program saamstel. Met toneelspeel moet mens <em>stick<\/em> by die teks en die visie van die regisseur anders foeter jy jou medespeler en die vloei van die produksie deurmekaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy behartig ook gereeld die regie en vervaardiging van vertonings. Jy is regisseur en vervaardiger van \u201cLandskap\u201d en jy was ook regisseur vir Leon Gropp se vertonings van \u201cRooidag.\u201d Wat is die belangrikste aspekte van \u2019n regisseur?<\/h4>\n<p>Jy moet seker wees dat die vloei van die musiek en teks sin maak, dat die energie, verloop en emosionele<em> journey<\/em> van die gehoor vervullend is. Jy wil nooit h\u00ea \u2019n gehoorlid moet uitstap en teleurgesteld wees met wat ookal op die verhoog gebeur het nie. Ek dink die regisseur se hoofdoel is om al die elemente so te bind dat dit \u2019n eenheid vorm wat die gehoor wegneem uit hulle alledaagse lewe en hulle iets anders laat belewe. Iets wat hulle nuut laat dink, voel, laat omgee, kwaad maak, hartseer maak, of bly maak. As hulle niks voel nie en n\u00earens heen beweeg nie, het jy gefaal, al is die elemente h\u00f3\u00e9 afgerond. Die inhoud van die woorde, die spanningslyne, die ontknopings, alles bepaal of die gehoor uitstap en voel dat hulle meegesleur was of nie. Ander tegniese dinge soos klank en beligting is ook baie belangrik, en die regisseur moet seker maak dat die omstandighede en tegniese aspekte gunstig is vir die akteurs en musikante om hulle storie te vertel of hulle musiek na die beste van hul vermo\u00eb uit te voer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jy was destyds ook deel van die a capella-groep <em>Cutt Glas<\/em> wat w\u00eareldwyd gereis het. Vertel ons meer van hierdie ervaring.<\/h4>\n<p>Dit was \u2019n groot avontuur om deur die w\u00eareld te toer met die formidabele klomp vroue. Ons het soveel pret gehad, baie gelag en regtig \u2019n baie kleurvolle loopbaan gehad. Ek dink my lewe sou baie armer gewees het as dit nie vir daardie beginjare was saam met Cutt Glas nie. Ek het soveel geleer wat ek nooit op my eie sou kon leer nie<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat was, tot dusver, hoogtepunte in jou loopbaan?<\/h4>\n<p><em>Starlight Classics,<\/em> waar ek saam met kunstenaars soos <strong>Lira<\/strong> opgetree het saam met \u2019n simfonie-orkes. Die <em>KKNK Pops<\/em> in die 90\u2019s: om saam met <strong>Johannes Kerkorrel<\/strong> op die verhoog te staan en vir hom agtergrondsang te doen op \u201c<em>Hillbrow.\u201d<\/em><\/p>\n<p>Niks kom ooit by die eerste keer wanneer jy jou eerste CD in jou hand vashou nie. Dit is ongelooflik.<\/p>\n<p>Ek het ook vir<strong> Madiba<\/strong> gesing as deel van \u2019n groep van so 6 sangers by die KKNK waar hy \u2019n toespraak gemaak het. Hy het na die tyd na elkeen van ons gestap en ons elkeen in die o\u00eb gekyk en ons individueel ge<em>hug<\/em> en bedank. Dit was \u2019n groot oomblik. Soveel liefde en respek van iemand van wie ek dit glad nie verdien nie. Dit is die tipe leierskap wat Suid-Afrika nodig het. Iemand wat almal in hierdie land liefhet, ongeag waar hulle vandaan kom of wat hulle ouers en grootouers gedoen het of nie gedoen het nie. Al wat ons het is nou, en ons het net mekaar. Hy het dit geweet, en hy het na die toekoms gekyk en dit was \u2019n hoogtepunt om in die teenwoordigheid van iemand te wees wat so tasbaar liefde en vergifnis uitleef.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Met watter ander projekte is jy op die oomblik nog besig?<\/h4>\n<p>Ek doen ook <em>Afri-Frans<\/em> by <strong>Aardklop<\/strong>, met die internasionale sangeres Myra Maud. Dit is Afrikaanse musiek vertaal in Frans. Dit is \u2019n beeldskone produksie en ek sien uit om dit weer te doen.<\/p>\n<p>Ek is ook betrokke by <em>PG du Plessis: \u2019n Lewe vol &#8230;<\/em> Dit is \u2019n huldigingsproduksie van hierdie wonderlike skrywer en iemand vir wie ek baie lief was.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pg-du-plessis-se-woorde-bly-vloei\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ons onderhoud met PG du Plessis hier<\/a><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Wat is die belangrikste les wat jy al geleer het?<\/h4>\n<p>Om mense met respek te behandel. Dit is soms vir my baie moeilik, maar ek streef daarna om meer geduld, liefde en toeganklikheid teenoor my medemens te h\u00ea. Ek kan soms maar lekker kort van draad wees, en is ook soms te reguit en se \u2019n ding dalk te vinnig en te kras. So ek werk daaraan. Elke konsert of <em>email<\/em>\u00a0of bespreking is belangrik. Of jy nou voor 7 mense of 7 000 optree. Elke noot wat jy sing en elke konsert wat jy doen is ewe belangrik en verdien jou onverdeelde aandag en fokus.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is jou groot liefdes?<\/h4>\n<p><em>Sushi<\/em>, koffie, sjokolade, lees, en kuier saam met my naaste geliefdes.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is jou gunsteling-landskap?<\/h4>\n<p>In Suid-Afrika is dit die see by Heroldsbaai, Rosendal se berge in die Vrystaat en die berge in Franschhoek. Die Drakensberge en <em>Underberg<\/em> in KwaZulu-Natal en enige poel, rivier, water, of dam.<\/p>\n<p>Ek hou van reis na onbekende lande.<\/p>\n<p>Oorsee is dit Lake Louise in Kanada, Interlaken en Gimmelwald in Switserland, Rio de Janero se strande, Scarborough se strand in die Verenigde Koninkryk en die Phi Phi-eilande in Thailand.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/groot-nuus-rooi-rose-is-vanjaar-by-aardklop\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees hier <\/a>om meer uit te vind oor Landskap wat by Aardklop opgevoer word.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/mooi-anna-davel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lees ook ons onderhoud: Mooi Anna Davel<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons gesels met Anna Davel wat eersdaags te sien sal wees in die produksie &#8220;Landskap&#8221; by die 2017 Aardklop-kunstefees. Sy vertel ons meer van di\u00e9 toneelstuk, die musieklandskap en h\u00e1\u00e1r gunsteling-landskap. Deur Catherine Schenck. Foto&#8217;s deur Anelia Loubser. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":84022,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[22,147,2693,3434,26157,29390],"class_list":["post-83993","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-onderhoud","tag-bekendes","tag-local","tag-ons-mense","tag-interview","tag-celeb"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die landskap van Anna Davel | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Ons gesels met Anna Davel wat eersdaags te siene sal wees in die produksie &quot;Landskap&quot; by die 2017 Aardklop-kunstefees. Foto&#039;s deur Anelia Loubser.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die landskap van Anna Davel | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons gesels met Anna Davel wat eersdaags te siene sal wees in die produksie &quot;Landskap&quot; by die 2017 Aardklop-kunstefees. Foto&#039;s deur Anelia Loubser.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-22T12:26:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Anna-04-e1506082117151.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"826\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Die landskap van Anna Davel\",\"datePublished\":\"2017-09-22T12:26:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/\"},\"wordCount\":2038,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Anna-04-e1506082117151.jpg\",\"keywords\":[\"onderhoud\",\"bekendes\",\"local\",\"ons mense\",\"interview\",\"celeb\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/\",\"name\":\"Die landskap van Anna Davel | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Anna-04-e1506082117151.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-22T12:26:44+00:00\",\"description\":\"Ons gesels met Anna Davel wat eersdaags te siene sal wees in die produksie \\\"Landskap\\\" by die 2017 Aardklop-kunstefees. Foto's deur Anelia Loubser.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Anna-04-e1506082117151.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Anna-04-e1506082117151.jpg\",\"width\":1000,\"height\":826,\"caption\":\"Anna Davel\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-landskap-van-anna-davel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die landskap van Anna Davel\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die landskap van Anna Davel | rooi rose","description":"Ons gesels met Anna Davel wat eersdaags te siene sal wees in die produksie \"Landskap\" by die 2017 Aardklop-kunstefees. Foto's deur Anelia Loubser.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die landskap van Anna Davel | rooi rose","og_description":"Ons gesels met Anna Davel wat eersdaags te siene sal wees in die produksie \"Landskap\" by die 2017 Aardklop-kunstefees. Foto's deur Anelia Loubser.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-22T12:26:44+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":826,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Anna-04-e1506082117151.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Die landskap van Anna Davel","datePublished":"2017-09-22T12:26:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/"},"wordCount":2038,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Anna-04-e1506082117151.jpg","keywords":["onderhoud","bekendes","local","ons mense","interview","celeb"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/","name":"Die landskap van Anna Davel | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Anna-04-e1506082117151.jpg","datePublished":"2017-09-22T12:26:44+00:00","description":"Ons gesels met Anna Davel wat eersdaags te siene sal wees in die produksie \"Landskap\" by die 2017 Aardklop-kunstefees. Foto's deur Anelia Loubser.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Anna-04-e1506082117151.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Anna-04-e1506082117151.jpg","width":1000,"height":826,"caption":"Anna Davel"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-landskap-van-anna-davel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die landskap van Anna Davel"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83993","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=83993"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83993\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/84022"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=83993"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=83993"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=83993"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}