{"id":83636,"date":"2017-02-18T11:21:43","date_gmt":"2017-02-18T09:21:43","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=83636"},"modified":"2017-09-18T11:24:13","modified_gmt":"2017-09-18T09:24:13","slug":"federico-fellini-nordiese-godin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/","title":{"rendered":"Federico Fellini: Nordiese godin"},"content":{"rendered":"<p>Die toneel wat nie vergeet word nie: <strong>Anita Ekberg<\/strong> met \u2019n sensuele boesem in \u2019n laaggesnyde swart aand-rok in die water van die Trevi-fontein in Rome. Sy roep verleidelik \u201cMarcello, Marcello\u201d na haar metgesel. Di\u00e9 toneel uit <strong>Federico Fellini<\/strong> se <em>La Dolce Vita<\/em> (Die goeie lewe) het van die blonde sterretjie Anita Ekberg \u2019n sekssimbool in die oortreffende trap gemaak.<\/p>\n<p>Di\u00e9 beroemde Italiaanse rolprentregisseur het dolverlief geklink toe hy oor die ster ges\u00ea het: \u201cSy het die skoonheid van \u2019n jong godin. Die gloeiende kleur van haar vel, die helder ysblou o\u00eb, die goue hare en die lewenslus maak van haar \u2019n \u2018<em>grandiose\u2019<\/em> buite-aardse wese, maar terselfdertyd hartroerend en verleidelik.\u201d<\/p>\n<p>Moeilik om te weet of Fellini ernstig was en of hy so \u2019n bietjie gekgeskeer het met Hollywood se beheptheid met sekssimbole. Mooi vroue het Fellini bekoor, maar terselfdertyd was hy glo baie bang vir hulle.\u00a0Een van die joernaliste op die stel van La Dolce het later vertel\u00a0dat Anita bang was dat hy met haar die draak steek. Toe sy ontsteld aanhou met di\u00e9 storie, het Fellini geantwoord: \u201cMaar Anitona, hoe kan ek? Jy is veronderstel om Ava Gardner te wees.\u201d<\/p>\n<p>Jare later, in 2005, het Ekberg oor die Sweedse radio vertel dat die Trevi-toneel in \u2019n koue Europese Februarie verfilm is toe die water naby vriespunt was. \u201cEk het byna gevries. Hulle moes my uit die water trek omdat ek nie meer my bene kon voel nie.\u201d<\/p>\n<p>Anita het die rol gespeel van \u2019n model wat deur die paparazzi agtervolg word. Vir Marcello is sy \u2019n droomvrou wat altyd buite sy bereik bly.<\/p>\n<p>Fellini was moontlik so gefassineer deur die Sweed dat hy haar rolle in drie ander rolprente gegee het. En toe sy ouer was en tot met haar dood in 2014 het sy in Itali\u00eb gewoon.<\/p>\n<p>Anita word nou vir min anders as haar droomoptrede in <em>La Dolce Vita<\/em> onthou &#8211; dalk omdat sy so bekoorlik was en mans om haar pinkie gedraai het; dalk omdat Hollywood nie die regte rolle vir haar gehad het nie; miskien omdat sy nie haar talent ernstig opgeneem het nie.<\/p>\n<p>Ekberg is op 29 September 1931 in die Sweedse stad Malm\u00f6 gebore, die sesde van agt kinders. In haar tienerjare het sy as model gewerk. Haar ma het haar aangemoedig om vir die Mejuffrou Malm\u00f6-kompetisie in te skryf, wat gelei het na die Mejuffrou Swede-kompetisie, wat sy gewen het, en toe is sy Amerika toe om vir Mej. Heelal te probeer. Hoewel sy nie gewen het nie, het sy \u2019n kontrak by <strong>Universal Studios<\/strong> losgeslaan, al kon sy baie min Engels praat.<\/p>\n<p>By Universal het sy lesse in drama, elokusie, dans, perdry en skerm ontvang. Anita het haar dramalesse nie getrou bygewoon nie en eerder in die Hollywoodse heuwels gaan perdry. Sy het later ges\u00ea die ateljeestelsel het haar bederf en sy het nie werklik hard probeer om vir haar \u2019n loopbaan uit te kerf nie. Desondanks het sy in 1953 klein rolletjies in <em>Abbott and Costello go to Mars<\/em> en <em>The Golden Blade<\/em> vertolk.<\/p>\n<p>Die kombinasie van Anita se wellustige uiterlike en haar kleurryke private lewe (soos stories oor verhoudings met <strong>Frank Sinatra,<\/strong> <strong>Yul Brynner<\/strong>, <strong>Errol Flynn<\/strong>, <strong>Rod Taylor<\/strong> en <strong>Tyrone Power<\/strong>) het haar baie publisiteit by skindertydskrifte soos <em>Gossip<\/em> en manstydskrifte soos <em>Playboy<\/em> besorg. Sy was dus nog feitlik voordat sy \u2019n noemenswaardige rol in \u2019n prent gehad het, reeds \u2019n prikkelpop\u00a0van die vyftigerjare. Sy het ook deelgeneem aan publisiteitsfoefies soos om met \u2019n fotograaf af te spreek om \u2019n foto te neem van die voorval toe haar rok in die voorportaal van die Londense Berkeley-hotel by haar borste oopgebars het.<\/p>\n<p>Teen die middel van die jare vyftig, en n\u00e1 heelwat modelwerk, het die vermaaklikheidsw\u00eareld uiteindelik van Anita kennis geneem. Sy was \u2019n gasster in die TV-vervolgreeks <em>Casablanca<\/em> (1955) en het \u2019n rolletjie in <em>Blood Alley<\/em> gespeel. Vir di\u00e9 rolprent het sy \u2019n <em>Golden Globe<\/em>-toekenning as belowendste nuweling ontvang. Sy het ook in twee prente vir <em>Paramount Pictures<\/em> gespeel: In die komedie <em>Artists and Models<\/em> saam met<strong> Dean Martin<\/strong> en <strong>Jerry Lewis<\/strong> en in die satiriese <em>Hollywood and Bust<\/em>. <strong>Frank Tashlin<\/strong>, die regisseur van laasgenoemde prent, het reggekry wat Fellini later ook sou doen: om die Sweedse ster in \u2019n erotiese satire te gebruik. Sy was in di\u00e9 stadium bekend as <em>Paramount<\/em> se <strong>Marilyn Monroe.<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Ander belangrike gebeurtenis in Anita Ekberg se lewe was toe sy in <em>Valerie<\/em> teenoor <strong>Anthony Steel<\/strong>, een van Brittanje se grootste rolprentsterre in die jare vyftig, gespeel het. Hulle is in 1956 getroud.<\/p>\n<p>Volgens die Britse dagblad The Guardian het di\u00e9 huwelik Steel se loopbaan kortgeknip, want hy is agter Anita aan Hollywood toe. Daar het hy gesukkel om werk te kry en die poniekoerante het na hom as \u201cMeneer Ekberg\u201d verwys. Die stormagtige huwelik is n\u00e1 drie jaar be\u00ebindig. Een van hul openbare \u201cgevegte\u201d het plaasgevind terwyl die paparazzi hulle in Rome agtervolg het. Die rusie het glo sommige tonele in <em>La Dolce Vita<\/em> ge\u00efnspireer, want \u2019n jaar later (in 1960) het Fellini haar haar bekendste rol gegee, di\u00e9 van <em>Sylvia Rank<\/em> in <em>La Dolce Vita<\/em>. Sy was die onbereikbare droomvrou van die karakter <em>Marcello Rubini<\/em>, wat deur <strong>Marcello Mastroianni<\/strong> vertolk is.<\/p>\n<p>Twee jaar later het sy weer vir Fellini gespeel \u2013 di\u00e9 keer in die omnibusprent <em>Boccaccio 70<\/em> in die deel \u201c<em>Le Tentazioni del Dottor Antonio\u201d<\/em>. (Die versoeking van dokter Antonio). Dokter Antonio was ge\u00efrriteerd met die morele verval in sy dorp en protesteer teen die suggestiewe, wulpse model in die drink-meer-melk-advertensie op \u2019n reklamebord naby sy woonplek. Die reusemodel (Anita Ekberg) klim van die reklamebord af en agtervolg hom.<\/p>\n<p>Daarna het Fellini haar nog twee keer gevra om in sy flieks te speel.<\/p>\n<p>Anita het dikwels haar mond verby gepraat in onderhoude, soos om beroemde mense \u201cvan wie sy niks hou nie\u201d se name te noem. Sy is ook meer as een keer aangehaal dat Fellini sy sukses aan haar te danke het, eerder as andersom. Dalk het sy \u2019n (flou) grappie gemaak, of anders is sy \u2019n bietjie dom, want hy word allerwe\u00eb as een van die belangrikste rolprentmakers van die twintigste eeu beskou.<\/p>\n<p>Die Sweedse seksbom is vir \u2019n tweede keer getroud, di\u00e9 keer met die Amerikaanse akteur <strong>Rik van Nutter<\/strong>. As sy naam dalk onbekend klink &#8211; Rik het in heelwat onbelangrike rolprente gespeel. Hulle was van 1963 tot 1975 getroud. In een onderhoud het Anita ges\u00ea sy is jammer dat hulle nie kinders gehad het nie, maar in baie ander onderhoude het sy beweer dat sy nooit kinders wou h\u00ea nie. Sy en Rik het in Spanje en Switserland gebly, waar hulle \u2019n skeepsonderneming begin het.<\/p>\n<p>Hoewel sy meer as vyftig prente oor vyf dekades gemaak het, het Anita se loopbaan teen die laat sewentigerjare nie meer fut gehad nie.<\/p>\n<p>Sy het sedert die vroe\u00eb vyftigerjare nie in Swede gewoon nie en het haar geboorteland selde besoek. Maar sy het wel Sweedse joernaliste in haar huis in Itali\u00eb verwelkom.<\/p>\n<p>In Desember 2011 het Italiaanse koerante berig dat die tagtig-jarige Anita Ekberg behoeftig was nadat sy meer as drie maande met \u2019n gebreekte dybeen in \u2019n hospitaal in Rimini, Federico Fellini se tuisdorp, gel\u00ea het. In di\u00e9 tyd is daar by haar huis ingebreek en byna al haar meubels en juwele is gesteel. \u2019n Deel van die huis is ook in \u2019n brand beskadig. Anita, in \u2019n rolstoel, het by die Fellini-stigting om hulp aangeklop, maar di\u00e9 stigting het destyd ook reeds finansi\u00eble probleme gehad.<\/p>\n<p>Sy is op 83 in armoede oorlede. Haar begrafnisdiens is in die Lutherse-Evangeliese Christuskerk in Rome gehou, waarna sy veras is en haar oorskot is in die begraafplaas van die Skan\u00f6rkerk in Swede begrawe.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Die Italiaanse reaksie<\/h4>\n<p><em>La Dolce Vita<\/em> het in 1960 in Itali\u00eb alle vorige kaartjieverkope verbygesteek. Die kaartjies is op die swartmark teen fenomenale pryse verkoop en mense het ure lank in toue gestaan om die \u201cimmorele prent\u201d te sien voordat die sensors dit verban. By \u2019n eksklusiewe Milaanse vertoning het \u2019n woedende fliekganger op Fellini gespuug, en ander het beledigings na hom geslinger. Regses het die prent in die parlement verguis. Die Vatikaan se amptelike blad,<em> L\u2019Osservatore Romano,<\/em> het voorspraak vir sensuur gemaak. Toe die prent die <em>Palme d\u2019Or<\/em> in Cannes wen, het die feesskare die hoofbeoordelaar, die Belgiese skrywer <strong>Georges Simenon<\/strong>, uitgejou. Nou word die fliek w\u00eareldwyd deur studente in die rolprentkuns bestudeer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Federico Fellini<\/h4>\n<p>Die beroemde Italiaanse regisseur word as een van die beste en invloedrykste rolprentmakers van die twintigste eeu beskou. Van sy rolprente, s\u00ea <em>Cahiers du Cin\u00e9ma<\/em> en <em>Sight and Sound<\/em>, is van die beste rolprente wat tot nog toe gemaak is. Sy loopbaan het oor vyftig jaar gestrek en hy het onder meer toekennings in Itali\u00eb, Frankryk, Brittanje en Amerika gewen en hy is ook vir twaalf Oscars benoem. Vier van sy prente het Oscars vir \u201cdie beste buitelandse prent\u201d gewen en \u2019n Oscar vir \u201cLewenslange Prestasie\u201d is by die 65ste jaarlikse Akademietoekennings in Los Angeles aan hom oorhandig.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Mastroianni oor Anita<\/h4>\n<p>Anita se medester in <em>La Dolce Vita<\/em> was aanvanklik glad nie be\u00efndruk deur haar nie. \u201cSy laat my dink aan \u2019n Duitse soldaat wat my na \u2019n vragmotor aankeer,\u201d het hy volgens <em>The Guardian<\/em> ges\u00ea. Maar n\u00e1 \u2019n week waarin sy in die koue in die fontein moes staan en daarna haar rok in die son moes laat droogword, het hy vir haar respek, selfs toegeneentheid, gehad.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sekssimbole in rolprente<\/h4>\n<p>Sedert die veertigerjare het verleidelike vroue (en mans) as sekssimbole bekend geword. (Dit het niks met talent te doen nie, hoewel sommige sekssimbole soos <strong>Elizabeth Taylor<\/strong>, <strong>Jane Fonda<\/strong> en <strong>Sophia Loren<\/strong> ook toneel kon speel.) Vroulike sekssimbole van die jare vyftig en sestig was onder andere <strong>Marilyn Monroe<\/strong>, <strong>Ann-Margre<\/strong>t, <strong>Brigitte Bardot<\/strong>, <strong>Raquel Welch<\/strong>, <strong>Jayne Mansfield<\/strong>,<strong> Catherine Deneuve<\/strong> en <strong>Anita Ekberg<\/strong>. Manlike sekssimbole in di\u00e9 tyd was sterre soos <strong>Elvis Presley<\/strong>, <strong>James Dean<\/strong> en <strong>Paul Newman<\/strong>.<\/p>\n<p>Hierdie artikel het oorspronklik in die Februarie 2016-uitgawe van <em>rooi rose<\/em> verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die toneel wat nie vergeet word nie: Anita Ekberg met \u2019n sensuele boesem in \u2019n laaggesnyde swart aand-rok in die water van die Trevi-fontein in Rome. Sy roep verleidelik \u201cMarcello, Marcello\u201d na haar metgesel. Di\u00e9 toneel uit Federico Fellini se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":83639,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,32172,32261],"class_list":["post-83636","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-biography","tag-biografie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Federico Fellini: Nordiese godin | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Federico Fellini: Nordiese godin | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die toneel wat nie vergeet word nie: Anita Ekberg met \u2019n sensuele boesem in \u2019n laaggesnyde swart aand-rok in die water van die Trevi-fontein in Rome. Sy roep verleidelik \u201cMarcello, Marcello\u201d na haar metgesel. Di\u00e9 toneel uit Federico Fellini se [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-02-18T09:21:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-09-18T09:24:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-005.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"694\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1042\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Federico Fellini: Nordiese godin\",\"datePublished\":\"2017-02-18T09:21:43+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-18T09:24:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/\"},\"wordCount\":1652,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-005.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"biography\",\"biografie\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/\",\"name\":\"Federico Fellini: Nordiese godin | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-005.jpg\",\"datePublished\":\"2017-02-18T09:21:43+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-18T09:24:13+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-005.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-005.jpg\",\"width\":694,\"height\":1042,\"caption\":\"Beeld 005\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/federico-fellini-nordiese-godin\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Federico Fellini: Nordiese godin\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Federico Fellini: Nordiese godin | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Federico Fellini: Nordiese godin | rooi rose","og_description":"Die toneel wat nie vergeet word nie: Anita Ekberg met \u2019n sensuele boesem in \u2019n laaggesnyde swart aand-rok in die water van die Trevi-fontein in Rome. Sy roep verleidelik \u201cMarcello, Marcello\u201d na haar metgesel. Di\u00e9 toneel uit Federico Fellini se [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-02-18T09:21:43+00:00","article_modified_time":"2017-09-18T09:24:13+00:00","og_image":[{"width":694,"height":1042,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-005.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Federico Fellini: Nordiese godin","datePublished":"2017-02-18T09:21:43+00:00","dateModified":"2017-09-18T09:24:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/"},"wordCount":1652,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-005.jpg","keywords":["celebs","biography","biografie"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/","name":"Federico Fellini: Nordiese godin | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-005.jpg","datePublished":"2017-02-18T09:21:43+00:00","dateModified":"2017-09-18T09:24:13+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-005.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-005.jpg","width":694,"height":1042,"caption":"Beeld 005"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/federico-fellini-nordiese-godin\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Federico Fellini: Nordiese godin"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83636","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=83636"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/83636\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/83639"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=83636"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=83636"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=83636"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}