{"id":82657,"date":"2017-09-11T10:02:04","date_gmt":"2017-09-11T08:02:04","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=82657"},"modified":"2017-09-11T10:03:05","modified_gmt":"2017-09-11T08:03:05","slug":"grieta-hoofstuk-13","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/","title":{"rendered":"Grieta, hoofstuk 13"},"content":{"rendered":"<p>Magriet het oor die volgende weke geskarrel om haar werke geraam en gemonteer te kry. Sy het weeklikse ontmoetings met Klaus Verdoorn gehad. Sy het geleer om in sy geselskap te ontspan. Hulle kon later oor meer as net die uitstalling gesels. Hulle het van dieselfde skrywers en musiek gehou. Dieselfde liefde vir kontempor\u00eare kuns en dieselfde humorsin.<\/p>\n<p>Sy kon haar verkyk aan hoe sy mond by die hoeke krul as hy lag. Hoe sy o\u00eb \u2019n skakering donkerder raak as hy ernstig is. Hoe dit kan vonkel as hy met geesdrif met sy hande beduie.<\/p>\n<p>Klaus het haar behandel asof sy die enigste kunstenaar is wat nog ooit by hom uitgestal het. Hy het haar spesiaal laat voel en die ekstra myl geloop om haar uitstalling te re\u00ebl. Hy het geweet dit is haar eerste amptelike uitstalling na haar hibernasie van byna twee dekades en hy het haar selfvertroue opgebou tot sy geglo het sy gaan \u2019n\u00a0suksesvolle uitstalling h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n\u00a0klein voorskou van jou werk aan Niko Swart gewys en jy weet hoe vol fiemies hy is. Menige kunstenaars vrees sy resensies in <em>Dagblad<\/em>. Wel, al wat ek tot dusver kan s\u00ea is dat hy my opgewondenheid deel. Jy is \u2019n\u00a0nuwe fonds, Meisiekind. Ek sien \u2019n\u00a0groot pad vir jou oop. \u2019n\u00a0Pad wat ek en jy hopelik saam kan stap.\u201d<\/p>\n<p>Magriet het Klaus se woorde in haar kop rondgerol. In jare het sy\u00a0 nie so spesiaal gevoel nie. Sy het begin glo dat haar werk meriete het. As Niko Swart so dink, dan is haar werk regtig iets besonders. Sy het Niko al \u2019n\u00a0paar keer by uitstallings raakgeloop. Hy is \u2019n\u00a0klein maer mannetjie met \u2019n\u00a0dik swart brilraam. Hy dra altyd \u2019n\u00a0swart polonek-hemp en swart broek. Winter of somer. Sy weet dat Niko \u2019n\u00a0berugte resensent is en dat hy jou loopbaan as kunstenaar kan maak of breek.<\/p>\n<p>\u201cMoenie bekommerd wees\u00a0 nie, Meisiekind. Ek en Niko is maters. Ons deel \u2019n\u00a0passie vir spesiale kunstenaars wat ver buite die parameters van die kassie dink. Kunstenaars soos jy. Ek is hier langs jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Jou werk is uniek. Nes jy.\u201d<\/p>\n<p>Sy kon nie genoeg van Klaus se komplimente kry nie. Soos \u2019n\u00a0uitgedroogde spons het sy die nektar van sy woorde opgesuig.<\/p>\n<p>Klaus hou daarvan om aan mense se arms te raak as hy met hulle praat. Hy het skynbaar \u2019n\u00a0fetisj oor hande en neem gereeld haar hande in syne en soen hulle. Elke keer as hy dit doen, galop haar hormone soos \u2019n\u00a0July-wenperd in die laaste pylvak. Sy het al haar dae gehad om haar gedagtes in toom te hou. \u201cHokaai, Grieta, moenie dat jou emosies met jou weghardloop nie. Die man stal net jou kunswerke uit. Hou jou emosies op hok!\u201d Sy het die waarskuwing oor en oor aan haarself herhaal.<\/p>\n<p>Mariaan het haar waardering vir Klaus se magnetiese persoonlikheid en gevaarlik aantreklike voorkoms gedeel. Mariaan was uiters emosioneel na haar egskeiding en het meer empatie met Magriet se hartseer pad gehad. Die vriendinne het \u2019n\u00a0nuwe gesamentlike belang gehad. Beide het al baie seergekry.<\/p>\n<p>Maar Erik, wat Klaus nog nie ontmoet het nie, het nie hulle sentiment gedeel nie. Hy het Klaus as \u2019n\u00a0pierewaaier en losbol ge\u00efdentifiseer op grond van daardie een geel pers berig op Google.<\/p>\n<p>\u201cGrieta, loop lig. As \u2019n\u00a0man een keer draad gespring het, sal hy dit weer doen.\u201d<\/p>\n<p>Magriet was boos.<\/p>\n<p>\u201cDie man is nie \u2019n\u00a0bees nie en jy het geen bewyse dat die berig waar is nie. Jy van alle mense behoort te weet dat jy nie alles kan glo wat jy in die pers lees\u00a0 nie. Jy het die man nog nie eens ontmoet nie!\u201d<\/p>\n<p>Erik was daarna gretig om Klaus te ontmoet sodat hy sy vriendin verkeerd kan bewys.<\/p>\n<p>\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d<\/p>\n<p>Magriet het niks van hierdie negatiewe streep van Erik gehou nie.<\/p>\n<p>\u201cJy het tog self ges\u00ea die man gaan my werk uitstal, ek gaan nie met hom trou nie! Jy is te sinies, Erik. Ek dink jy hanteer te veel egskeidings. Wees \u2019n bietjie positief. Ek glo jy sal\u00a0 baie van Klaus hou as jy hom eers ontmoet. Kom nou, gee die man \u2019n\u00a0kans. En onthou, ek is jou beste pel en jy moet my belange op die hart dra.\u201d<\/p>\n<p>Dit is net die leidraad waarvoor Erik gewag het.<\/p>\n<p>\u201cEk dra juis jou belange op die hart, Grieta. Ek kan sien in watter koers die ding in jou kop gaan en ek wil nie h\u00ea jy moet weer seerkry nie.\u201d<\/p>\n<p>Erik het ingestem om die volgende vergadering met Klaus by te woon. Magriet was skoon op haar senuwees. Sy het gevoel soos \u2019n\u00a0skooldogter wat haar nuwe k\u00earel aan haar kwaai pa moet voorstel. Sy het twee stopsels twak gerook voor Erik haar kom oplaai het.<\/p>\n<p>Klaus het haar oudergewoonte op die terras ingewag. Sy het hom vooraf ges\u00ea sy bring \u2019n\u00a0ou vriend saam, maar nie genoem dat Erik nie juis opgewonde is oor die opbouende hegtheid tussen haar en die galery-eienaar nie. Sy het ook nie genoem dat Erik haar prokureur is nie.<\/p>\n<p>Klaus was sy sjarmante self, maar Grieta kon aanvoel dat Erik\u00a0 nie maklik teenoor hom gaan oopmaak nie. Hy het Klaus byna onder kruisverhoor geneem en Klaus het elke potensi\u00eble strikvraag seepglad omseil.<\/p>\n<p>\u201cHet jy en Magriet al gepraat oor die kommissie wat jy gaan kry op die verkope van haar skilderye?\u201d<\/p>\n<p>Klaus was effe onthuts, maar was blykbaar goed met die tem van sy emosies. Hy het nie vir \u2019n\u00a0sekonde sy sjarme verloor nie.<\/p>\n<p>\u201cJong, ons was so opgewonde oor die uitstalling dat ons nog\u00a0 nie eens geldsake gepraat het nie. Ek hoop jy besef dat hierdie Meisiekind \u2019n\u00a0spesiale talent het wat die kunsbedryf opgewonde gaan maak. Trouens, daar is reeds gerugte oor haar werk. Niko Swart het reeds uitgelek dat hier \u2019n\u00a0nuwe fonds op die horison is.\u201d<\/p>\n<p>Erik het hom nie laat afsit nie. Hy wou weet wat die ooreenkoms gaan wees as Magriet se werke wel soos soetkoek gaan verkoop, soos Klaus belowe het. Hy het die pryslys bestudeer en Magriet was boos oor sy negatiwiteit.<\/p>\n<p>\u201cSjoe, die pryse is gelaai? Is die pryse nie \u2019n bietjie hoog vir \u2019n\u00a0debuut na Magriet so lank uit die bedryf was nie?\u201d<\/p>\n<p>Klaus het die vuurtjie probeer doodslaan voor dit \u2019n\u00a0veldbrand word.<\/p>\n<p>\u201cDit is hoe hoog ek die meisiekind se werk ag.\u201d<\/p>\n<p>Klaus het hom onderbreek.<\/p>\n<p>\u201cHaar naam is Magriet. Kan ons asseblief die gesprek professioneel hou? As haar prokureur wil ek weet wat die ooreenkoms met die kommissie gaan wees.\u201d<\/p>\n<p>Klaus was effe uit die veld geslaan.<\/p>\n<p>\u201cHaar prokureur? Maar dan moes jy my vooraf ingelig het oor die trant van jou gesprek. Ek sou graag die dokumentasie gereed gekry het.\u201d<\/p>\n<p>Klaus het nie geretireer nie.<\/p>\n<p>\u201cEk is bly ons verstaan mekaar nou. Ek en my kli\u00ebnt sal graag wil weet hoe groot jou kommissie op haar werk gaan wees.\u201d<\/p>\n<p>Magriet kon sien Klaus beheer sy humeur. Sy was woedend vir Erik en het uit pure senuwees haar pyp uitgehaal.<\/p>\n<p>Klaus het effe gestamel.<\/p>\n<p>\u201cEk het gedink aan 50% van die verkope aangesien ek dubbeld die moeite en <em>ekspertis<\/em>e insit as wat ek gewoonlik doen. Jy het tereg ges\u00ea dit is Magriet se debuut na baie jare se afwesigheid en daarom neem ek haar stap vir stap deur die proses. Ek stel haar subtiel aan die kunsbedryf bekend en ek glo jy sal weet hoe belangrik die eerste indrukke is wat sy in die ernstige kunsvlak moet skep.\u201d<\/p>\n<p>Erik het uit sy stoel gerank en sy stem dikker as gewoonlik gemaak.<\/p>\n<p>\u201cEk het my navorsing gedoen oor die gemiddelde kommissie op \u2019n\u00a0uitstalling en juis ook op die werke van opkomende kunstenaars. Voor ons enige verdere beplanning doen, stel ek voor dat jy weer gaan nadink oor jou kommissie en dat jy die nodige dokumente aanstaande week na my kantoor sal bring. \u201c<\/p>\n<p>Magriet was siedend kwaad. Hulle was skaars om die eerste draai in die pad toe borrel haar woede uit.<\/p>\n<p>\u201cWat het jy gedink doen jy? Wil jy my eerste kans in die kunsbedryf verongeluk? Weet jy hoeveel invloed het Klaus Verdoorn en Niko Swart? Ek het gedink dat jy as my beste vriend my die kans op sukses sal gun!\u201d<\/p>\n<p>Erik het \u2019n\u00a0rukkie in stilte gery. Toe neem hy Magriet se hand in syne en gee dit \u2019n\u00a0galante soen.<\/p>\n<p>\u201cKlaus is nie die enigste man wat sjarmant kan wees nie, Magriet, en jy is verkeerd, ek kyk juis na jou belange. Jou kop warrel deurmekaar met hierdie man se beloftes. Hy is van plan om \u2019n\u00a0vet klomp geld uit jou te maak.\u201d<\/p>\n<p>Magriet het haar hand teruggeruk en Erik aangegluur.<\/p>\n<p>\u201cEk kan nie glo wat ek hoor nie. Jy is een van die mense wat die naaste aan my is en jy vertrou nie my oordeel nie. Wil jy h\u00ea ek moet vir ewig aan sukkel? Gun jy my nie om suksesvol te wees\u00a0 nie?\u201d<\/p>\n<p>Erik het weer haar hand gevat.<\/p>\n<p>\u201cGrieta, jy is \u2019n\u00a0baie belangrike mens in my lewe, dit weet jy. Ek gun jou al die geluk en sukses wat jou toekom. Jy weet mos teen die tyd dat jy my kan vertrou? Ek voel onrustig oor hierdie man.&#8221;<\/p>\n<p>Magriet wou nie toelaat dat die saadjie van twyfel wat Erik wou plant, in die warboel van haar drome en emosies ontkiemplek kry nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d Erik se negatiwiteit be\u00efndruk Magriet glad nie. Lees hoofstuk 13 hier. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":82662,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[1258,1393,1518,4119,23450],"class_list":["post-82657","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-lees","tag-books","tag-kortverhaal","tag-vervolgverhaal","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>rooi rose-vervolgverhaal: Grieta, hoofstuk 13<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d Erik se negatiwiteit be\u00efndruk Magriet glad nie. Lees hier:\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"rooi rose-vervolgverhaal: Grieta, hoofstuk 13\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d Erik se negatiwiteit be\u00efndruk Magriet glad nie. Lees hier:\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-11T08:02:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-09-11T08:03:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Vrou-hand.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Grieta, hoofstuk 13\",\"datePublished\":\"2017-09-11T08:02:04+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-11T08:03:05+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/\"},\"wordCount\":1595,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Vrou-hand.jpg\",\"keywords\":[\"lees\",\"books\",\"kortverhaal\",\"vervolgverhaal\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/\",\"name\":\"rooi rose-vervolgverhaal: Grieta, hoofstuk 13\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Vrou-hand.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-11T08:02:04+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-11T08:03:05+00:00\",\"description\":\"\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d Erik se negatiwiteit be\u00efndruk Magriet glad nie. Lees hier:\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Vrou-hand.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Vrou-hand.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/grieta-hoofstuk-13\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Grieta, hoofstuk 13\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"rooi rose-vervolgverhaal: Grieta, hoofstuk 13","description":"\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d Erik se negatiwiteit be\u00efndruk Magriet glad nie. Lees hier:","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"rooi rose-vervolgverhaal: Grieta, hoofstuk 13","og_description":"\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d Erik se negatiwiteit be\u00efndruk Magriet glad nie. Lees hier:","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-11T08:02:04+00:00","article_modified_time":"2017-09-11T08:03:05+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Vrou-hand.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Grieta, hoofstuk 13","datePublished":"2017-09-11T08:02:04+00:00","dateModified":"2017-09-11T08:03:05+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/"},"wordCount":1595,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Vrou-hand.jpg","keywords":["lees","books","kortverhaal","vervolgverhaal","entertainment"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/","name":"rooi rose-vervolgverhaal: Grieta, hoofstuk 13","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Vrou-hand.jpg","datePublished":"2017-09-11T08:02:04+00:00","dateModified":"2017-09-11T08:03:05+00:00","description":"\u201cEk het ervaring van die soort man, Grieta. Glo my, ek kan moeilikheid op \u2019n\u00a0myl ruik.\u201d Erik se negatiwiteit be\u00efndruk Magriet glad nie. Lees hier:","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Vrou-hand.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Vrou-hand.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grieta-hoofstuk-13\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Grieta, hoofstuk 13"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/82657","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82657"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/82657\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/82662"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82657"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=82657"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=82657"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}