{"id":82632,"date":"2025-07-01T16:32:48","date_gmt":"2025-07-01T14:32:48","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=82632"},"modified":"2025-07-01T16:38:42","modified_gmt":"2025-07-01T14:38:42","slug":"swanger-bo-40","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/","title":{"rendered":"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte"},"content":{"rendered":"<p>Talle bekendes het op die rype ouderdom van 38+ babas gekry en dit het dalk meegehelp om die idee van swangerskap bo veertig meer aanvaarbaar te maak. Hier het bekendes soos <strong>Therese Bam<\/strong>, <strong>Margit Meyer-R\u00f6denbeck<\/strong>, <strong>Debra Patta<\/strong> en <strong>Gillian van Houten<\/strong> digby of oor die ouderdom van veertig babas gehad. Die lys internasionale sterre wat ouer ma\u2019s is, is lank en sluit vroue soos <strong>Jane Seymour<\/strong> (45), <strong>Susan Sarandon<\/strong> (46), <strong>Cherie Blair<\/strong> (45), <strong>Nicole Kidman<\/strong> (41) en<strong> Madonna<\/strong> (41) in. Die 45 van vandag is immers die 35 van \u2019n dekade of twee gelede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Dr. Johan van Rensburg<\/strong>, \u2019n ginekoloog in Johannesburg s\u00ea in hul praktyk is daar al meer veertigplussers wat om hulp kom aanklop om swanger te word.<\/p>\n<p>\u201cDaar is veral drie redes vir die verskynsel: Baie vroue wag dat hul werk- of finansi\u00eble omstandighede verbeter. Baie vroue trou laat, of vir \u2019n tweede keer en dan wil hulle en die nuwe eggenoot saam \u2019n baba h\u00ea. Daar is ook heelwat vroue bo veertig wat besluit hul kinders is groot en uit die hand, en nou is dit tyd vir \u2019n laatlammetjie. By ons praktyk is die afsnypunt vyftig. Daarna help ons nie graag \u2019n vrou om swanger te word nie.\u201d<\/p>\n<p>Die tendens om later kinders te h\u00ea neem w\u00eareldwyd stadig maar seker toe.<\/p>\n<p>Die toename in swangerskappe bo veertig is onder meer toe te skryf aan die nuwe, verbeterde infertiliteitsbehandelings. Wanneer \u2019n vrou die menopouse nader, stel die liggaam al minder eiertjies vry en word die kans al skraler om natuurlik swanger te word. Daarby is daar ook \u2019n afname in die gehalte van die eiers.<\/p>\n<p>\u201cWanneer \u2019n vrou gebore word, is al haar eiertjies reeds daar en word niks meer gemaak nie, die eierstokke stel dit bloot vry. Namate \u2019n vrou ouer word, verlaag die gehalte van die eiertjies en die kanse vir chromosoomafwykings raak groter. Wanneer \u2019n eiertjie met \u2019n chromosoomafwyking bevrug raak, sal die liggaam dit verwerp. Die enigste van hierdie chromosoomafwykings wat op \u2019n vaste basis nie verwerp word nie, is Downsindroom. Op veertig is die kanse vir \u2019n abnormale chromosoomtelling op \u2019n eiertjie reeds tagtig persent en is slegs een uit elke vyf eiertjies normaal. Daarom vat dit langer om op veertig natuurlik swanger te word,\u201d verduidelik dr. Van Rensburg.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die gehalte van die eiertjies neem af omdat hulle dan reeds veertig jaar in die eierstok sit en hulle is ook vir daardie tydperk aan dinge soos besoedeling, X-strale, medisyne en siektes blootgestel. By die meeste vroue is daar n\u00e1 veertig nog genoeg eiertjies oor wat bevrug kan word, maar dit neem beslis langer en vereis \u2019n aggressiewer behandeling waarin die vrugbaarheid beheer moet word. As dit nie aktief gedoen word nie, is die kans skraal om swanger te word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Word \u2019n swangerskap anders benader wanneer \u2019n vrou bo veertig is?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Eers sal toetse gedoen word om seker te maak die vrou is gesond genoeg. Die toetse kan die moontlikheid van siektes soos diabetes en ho\u00eb bloeddruk uitwys. Nes \u2019n vrou van watter ouderdom ook al, is dit belangrik om so gesond moontlik te wees as jy swanger wil word.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens sal uit die aard van die saak versigtiger wees wanneer die toekomstige ma ouer as veertig is en daarom sal jy meer noukeurige toetse doen. Ons doen nie \u2019n roetine-amniosentese nie, want op twaalf weke kan jy met ander toetse soos sonarskanderings en bloedtoetse die onderskeid tussen ho\u00eb- en laerisiko-swangerskappe tref. Ons sal net \u2019n amniosentese op \u2019n ho\u00ebrisikoswangerskap doen. Die kans om n\u00e1 \u2019n amniosentese te aborteer is \u2019n half persent, en daarom doen jy dit nie sommer net vir die grap nie,\u201d s\u00ea dr. Van Rensburg.<\/p>\n<p>\u201cAs \u2019n vrou bo veertig swanger wil word, is dit miskien goed dat sy na \u2019n erkende infertiliteitskliniek gaan, want daar is die dokters toegerus en opgelei om haar te monitor en na al die gevaartekens te kyk. Gewone ginekolo\u00eb is knap mense, maar nie almal is altyd goed genoeg ingelig oor hierdie soort swangerskap nie. Ek beveel vroue aan om na \u2019n kundige te gaan wat presies weet hoe om jou vrugbaarheidsvlakke te meet, jou eierreserwes te meet en jou ovulasie te monitor. Wanneer jy dan swanger is en die gevaartyd (die eerste drie maande) is verby en die Downsindroom-toetse is gedoen, kan jy na jou gewone ginekoloog, teruggaan.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-155315 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-amina-filkins-5427235-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4><strong>Die moontlikhede<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nie alle veertigplussers sal hulp nodig h\u00ea om swanger te word nie, maar as jy nie vanself swanger word nie, en jy wil graag nog \u2019n baba h\u00ea, kan jy die volgende opsies oorweeg:<\/p>\n<ul>\n<li>Vrugbaarheidsmiddels kan die eierstokke stimuleer en die produksie van eiertjies verhoog wat die kans om bevrug te word groter maak.<\/li>\n<li>Tegnieke soos in vitro-bevrugting en kunsmatige bevrugting kan \u2019n moontlikheid wees.<\/li>\n<li>Eierskenking kan ook oorweeg word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Hou die volgende in gedagte<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hoewel daar genoeg navorsing is wat bewys dat daar geen werklike gevare vir \u2019n gesonde vrou is wanneer sy swanger raak nie, behoort ouer vroue die volgende dinge wat moontlik die swangerskap kan belemmer in gedagte te hou:<\/p>\n<ul>\n<li>Bo 35 verminder \u2019n vrou se spier- en veerkragtigheid en daarom is dit waarskynlik dat haar baba met \u2019n keisersnee gebore sal word.<\/li>\n<li>Ouer vroue het \u2019n groter kans op dinge soos voortydige kraam, ho\u00eb bloeddruk en swangerskap-diabetes.<\/li>\n<li>N\u00e1 veertig verhoog die kans op \u2019n kind met Downsindroom soos volg: Tot op 40 is \u2019n vrou se kans betreklik skraal \u2013 1 uit 300. Op 40 is vroue se kans 1 uit 100. Op 42 is dit 2 persent en op 46 sowat 4 persent. (Die syfers is net geldig indien \u2019n vrou se eie eiers bevrug word).<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Skenkereiers<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>W\u00eareldwyd word al meer skenkereiers in infertiliteitsbehandelings gebruik. Hier in Suid-Afrika, by klinieke soos Medfem bied die tegniek \u2019n oplossing vir baie vroue.<\/p>\n<p>\u201cWanneer ouer vroue by ons kom aanklop om swanger te word, gee ons hulle die beste moontlike raad. Dis belangrik om te besef dat die gehalte van die eiertjies al \u2019n paar jaar voor die einde van die vrugbare jare begin afneem. Eierskenkings wen daarom baie veld. \u2019n Derde van my pasi\u00ebnte word deur eierskenking swanger. Die vrou bo veertig ontdek haar vrugbaarheid is baie min, of sy besluit sy wil nie \u2019n kans waag met \u2019n swak gehalte of ou eiertjie nie, en dan bied eierskenking vir haar die oplossing. \u2019n Vrywillige\u00a0gesonde vrou tussen twintig en dertig skenk een van haar siklus se eiertjies. Dit word uit haar liggaam verwyder, met die man se sperms bevrug en die bevrugte embrio word in die potensi\u00eble ma se baarmoeder geplaas. Haar kanse op \u2019n suksesvolle swangerskap is dan gelykstaande aan di\u00e9 van \u2019n twintigjarige. Ouderdom het geen invloed op die baarmoeder se vermo\u00eb om die baba te laat ontwikkel nie.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Van Rensburg s\u00ea wanneer \u2019n ouer vrou hom kom spreek om swanger te raak, gee hy haar al die feite en sy neem haar eie besluite. Sommige vroue verkies dit om eers vir \u2019n paar maande te probeer om vanself swanger te word voor hulle die opsie van skenkereiers oorweeg. Op daardie manier kry hulle berusting indien dit nie gebeur nie, want dan voel dit nie asof iets van hulle weggeneem is nie. Indien die dokters sien haar eierreserwes is baie min \u2013 dit kan vooraf met \u2019n bloedtoets vasgestel word \u2013 dring hulle \u2019n bietjie meer daarop aan om so te keer dat sy te veel van haar tyd mors.<\/p>\n<p>\u201cWanneer ons skenkereiers gebruik, word die pasi\u00ebnt se baarmoeder kunsmatig voorberei en dit verklaar ook hoekom skenkereiers so \u2019n goeie kans op swangerskap gee. Eerstens werk ons met jong eiers, en tweedens kan ons die vrou se baarmoeder kunsmatig voorberei, beter as wat haar liggaam dit kan doen. Ons suksessyfer met skenkereiers is die hoogste van enige vorm van infertiliteitsbehandeling.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Oorweeg bevriesing<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dr. Van Rensburg moedig jong vroue, wat reeds weet dat hulle eendag \u2019n gesin wil h\u00ea, maar nog nie die regte man raakgeloop het nie, of diegene wat eers aan hul loopbane wil werk, aan om van hul eiers te laat bevries. Di\u00e9 eiers kan dekades lank gevries bly. Op daardie manier kan jy verseker dat jy gesonde, goeie eiers uit jou eie liggaam kan gebruik indien jy wel later wil swanger word. Die beste tyd om dit te doen is voor 35, maar dis n\u00f3g beter om dit voor 32 te doen.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Nie meer die uitsondering nie<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Daar is eintlik geen rede waarom gesonde, emosioneel stabiele vroue ouer as veertig nie kan swanger word nie, s\u00ea dr. Van Rensburg.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Vrou van twintig wat swanger word, voel dikwels, veral as dit onbeplan was, dat sy van iets ontneem is, want sy wou nog die lewe geniet, of sy wou nog studeer. In haar eie gemoed is sy nog \u2019n kind. Wanneer jy ouer as veertig is, wil jy meestal niks meer bewys nie, en jy het in jou loopbaan jou toppunt bereik. Jy het waarskynlik reeds die w\u00eareld gesien, klaar gestudeer en emosioneel is jy rustig en kalm. \u2019n Jong ma is nog baie perfeksionisties en ongeduldig en wil haar kind na haar sin verander.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cOp veertig het \u2019n vrou die wysheid om te weet sy wil nie haar kind verander nie, maar bloot elke oomblik van ouerskap geniet. Sy is ten volle toegewyd en dit kan emosioneel baie bevredigend wees.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swangerskap-stres-en-jou-werk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Swangerskap, stres en jou werk<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Paar dekades gelede het mense se wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig of ouer swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie en die neiging neem w\u00eareldwyd toe. Deur Alita Steenkamp. Foto Pexels. \u2019n Paar dekades gelede het mense se wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig of ouer swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie en die neiging neem w\u00eareldwyd toe. Deur Alita Steenkamp. Foto Pexels. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":155313,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[134,1783,23664,26754,27503],"class_list":["post-82632","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-ouerskap","tag-swangerskap","tag-health","tag-pregnancy","tag-parenthood"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"In die verlede het mense wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig-plus swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In die verlede het mense wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig-plus swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-07-01T14:32:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-07-01T14:38:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7155528.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte\",\"datePublished\":\"2025-07-01T14:32:48+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-01T14:38:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/\"},\"wordCount\":1561,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7155528.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"swangerskap\",\"health\",\"pregnancy\",\"parenthood\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/\",\"name\":\"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7155528.jpg\",\"datePublished\":\"2025-07-01T14:32:48+00:00\",\"dateModified\":\"2025-07-01T14:38:42+00:00\",\"description\":\"In die verlede het mense wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig-plus swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7155528.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/07\\\/pexels-yankrukov-7155528.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/swanger-bo-40\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte | rooi rose","description":"In die verlede het mense wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig-plus swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte | rooi rose","og_description":"In die verlede het mense wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig-plus swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-07-01T14:32:48+00:00","article_modified_time":"2025-07-01T14:38:42+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7155528.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte","datePublished":"2025-07-01T14:32:48+00:00","dateModified":"2025-07-01T14:38:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/"},"wordCount":1561,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7155528.jpg","keywords":["ouerskap","swangerskap","health","pregnancy","parenthood"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/","name":"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7155528.jpg","datePublished":"2025-07-01T14:32:48+00:00","dateModified":"2025-07-01T14:38:42+00:00","description":"In die verlede het mense wenkbroue gelig wanneer hulle hoor dat \u2019n vrou van veertig-plus swanger is. Deesdae is dit niks snaaks nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7155528.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/pexels-yankrukov-7155528.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Swanger bo 40: Hou die volgende in gedagte"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/82632","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82632"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/82632\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":155319,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/82632\/revisions\/155319"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/155313"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82632"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=82632"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=82632"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}