{"id":81991,"date":"2017-09-13T07:00:44","date_gmt":"2017-09-13T05:00:44","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81991"},"modified":"2017-10-09T13:32:43","modified_gmt":"2017-10-09T11:32:43","slug":"20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/","title":{"rendered":"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers"},"content":{"rendered":"<p><strong>Het jy van kleins af in skryf belanggestel?<\/strong><\/p>\n<p>Ja. Ek dink vandat ek begin lees het, wou ek ook skryf. Ek het van vroeg af geweet ek gaan boeke skryf, maar nie besef dit sou eers dekades later realiseer nie.<\/p>\n<p><strong>Vertel die een en ander oor jouself as kind, en as tiener.<\/strong><\/p>\n<p>Ek was een van vier seuns in \u2019n groot familie van baie neefs en niggies, so daar was \u2019n voortdurende wisselwerking tussen kop in die wolke\/boeke en die woelende werklikheid van saamdoen en speel. Dit was \u2019n baie nodige balans vir \u2019n kind soos ek.<\/p>\n<p><strong>Wat het jy geswot?<\/strong><\/p>\n<p>Ek het onderwys en staatswetenskappe studeer.<\/p>\n<p><strong>Beroepsgewys het jy verskeie posisies beklee. Watter ervaringe het jou gevorm, veral met die oog op skryfwerk?<\/strong><\/p>\n<p>Die onderwys is \u2019n wonderlike agtergrond indien jy kinder- en jeugboeke wil skryf. Dit is egter nie verpligtend nie. Enigiets wat jou verbeelding soepel hou, help.<\/p>\n<p><strong>Skryf jy voltyds? Is jy ook besig met ander aktiwiteite?<\/strong><\/p>\n<p>Maak ek my tyd vol met skryf? Nee, maar ek dink wel ek spandeer die grootste deel van my tyd aan woorde en idees en die gevoelens wat daarmee saamgaan. Soms spoel dit oor in boeke en soms spoel dit oor in handewerk (kunspogings) en baie keer gesprekke en kuiers met ander mense. Alles ewe belangrik.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Ek dink menswees is dieselfde vir alle ouderdomme<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Wat gee jou plesier?<\/strong><\/p>\n<p>Skep, kuier en in die natuur wees. Of \u2019n kombinasie daarvan.<\/p>\n<p><strong>Wat is vir jou kosbaar?<\/strong><\/p>\n<p>Wanneer die tydlose in die tydelike sigbaar word.<\/p>\n<p><strong>Jy het al boeke geskryf vir alle ouderdomme, van kleuters tot jong volwassenes. Hoe kry jy dit reg om jou in soveel stadiums van die lewe in te leef?<\/strong><\/p>\n<p>Ek dink menswees is dieselfde vir alle ouderdomme. Tog, almal begin jonk, maar nie almal eindig oud nie. Ek vind die eerste fases van menswees dus besonder fassinerend, want ons ervarings daar bepaal soveel van hoe ons die res van die reis gaan beleef. Verder is die kind in my \u2019n lewendige deel van my eie menswees. Dit help.<\/p>\n<p><strong>Jou boek <em>Die Pro<\/em> is in 2015 verfilm. Hoe voel dit om jou skryfwerk in fliekvorm te sien?<\/strong><\/p>\n<p>Eers effens skrikwekkend, en dan word \u2019n mens net uiters dankbaar dat jou storie vir ander mense soveel beteken het dat hulle dit in \u2019n nuwe medium wil oorvertel. Die skrikwekkende deel is maar net die skok om dit wat binne in jou was so skielik buite jouself te sien.<\/p>\n<p><strong>Jou jongste boek, <em>Pad-van-die-maan<\/em>, is \u2019n aangrypende leeservaring, maar moeilik om te omskryf. Hoe sou jy die boek beskryf?<\/strong><\/p>\n<p>Die storie gaan oor een van die grootste misdade in die mensdom, naamlik waar \u2019n kind opdaag in die lewe en ander mense daardie kind nie wil aanvaar vir wie hy\/sy is nie, en dan so \u2019n kind se menswees probeer verwring en vermink om by hulle behoeftes in te pas. Die ironie is gewoonlik dat dit juis die andersheid van so \u2019n mens is wat hulle <em>gift<\/em>, hulle geskenk, aan di\u00e9 om hulle is. <em>Pad-van-die-maan<\/em> vertel so \u2019n kind se verhaal teen die agtergrond van \u2019n ou Afrika-kultuur.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-81999 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Leon-de-Villiers-495x600.jpg\" alt=\"Leon de Villiers\" width=\"287\" height=\"347\" \/><\/p>\n<p><strong>Op watter lesers en watter ouderdomme is <em>Pad-van-die-maan <\/em>gerig?<\/strong><\/p>\n<p>Ek dink dat ernstige lesers, tieners en volwasse, dit sal kan lees. Ek vermoed dit is een van daardie boeke wat jou \u00f3f algeheel koud sal laat, \u00f3f sal meesleur.<\/p>\n<p><strong>Die leefw\u00eareld van die hoofkarakter, Asjiw\u00ea, is ligjare ver van ons hedendaagse stedelike, tegnologiese omgewing verwyder. Dit voel soos \u2019n vroe\u00ebr tyd in die geskiedenis, toe mense letterlik na aan die aarde geleef het. Hoe het jy daarin geslaag om \u2019n boek in hierdie natuurw\u00eareld te laat afspeel asof jy self so geleef het?<\/strong><\/p>\n<p>Sjoe, moeilike vraag. Ek is self nie seker nie. Vermoedelik het ek dit iewers uit die kollektiewe onderbewussyn gaan haal. Ek weet wel ek moes baie stil word en baie diep in myself ingaan met die skryf van die boek.<\/p>\n<p><strong>Het jy \u2019n agtergrond<\/strong> <strong>in volkekunde of antropologie wat jou gehelp het om die leefw\u00eareld in <em>Pad-van-die-maan<\/em> te skep?<\/strong><\/p>\n<p>Ek <em>love<\/em> geskiedenis en argeologie en alhoewel ek nie argeologie studeer het nie, was ek al gelukkig genoeg om saam met argeolo\u00eb hier in Suid-Afrika in die veld te wees. Hopelik het daar ietsie ingesink uit di\u00e9 belewenisse. Joseph Campbell se werke was ook \u2019n groot inspirasie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Pad-van-die-maan&#8221; gaan oor een van die grootste misdade in die mensdom, naamlik waar \u2019n kind opdaag in die lewe en ander mense daardie kind nie wil aanvaar vir wie hy\/sy is nie<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Hoe sou jy jou diep band met die natuur verwoord?<\/strong><\/p>\n<p>Die <em>magic <\/em>van menswees l\u00ea vir my tot \u2019n groot mate in \u2019n bewuswording van menswees midde in die natuur. Daar is vir my \u2019n geweldige energie en misterie in die natuur. Of jy na \u2019n fossiel kyk en of jy na \u2019n boom kyk, wanneer jy dit sien vir wat dit werklik is en wat dit verteenwoordig, kan jy nie anders as om \u2019n baie diep verwondering (en vreugde) te beleef nie.<\/p>\n<p><strong>En<\/strong> <strong>die verbintenis tussen mens en dier?<\/strong><\/p>\n<p>Die mens is \u2019n dier en dit is geen belediging nie. Dit maak die rykdom van wie ons is en waar ons ons bevind net soveel groter. Ons is \u2019n garingdraadjie in \u2019n wonderlike tapisserie. Hoe jammer dat soveel mense nie belangstel om die boek van die lewe om ons te lees nie. Vir my is dit net so belangrik as enige mensgeskrewe boek.<\/p>\n<p><strong>Jy het \u2019n besonderse vermo\u00eb om karakters te skep, en jy beskryf die \u201cslegte\u201d in elkeen sowel as die \u201cgoeie\u201d. Waar kry jy jou insig in menswees?<\/strong><\/p>\n<p>\u2019n Mens kan net uit jou eie menswees skryf. Die vraag is dus hoe bereid jy is om eerlik deur jou eie innerlike landskappe te reis. Tog, hoe sal \u2019n mens ooit werklik jouself kan leer ken as dit nie vir jou in die mense om jou weerspie\u00ebl word nie?<\/p>\n<p><strong>Wil jy iets s\u00ea oor die name in <em>Pad-van-die-maan<\/em>?<\/strong><\/p>\n<p>Die name kom uit verskeie Afrika-kulture. Ek het dit doelbewus so gekies omdat ek die storie nie aan een spesifieke Afrika-kultuur wou koppel nie. Na alles is alle mense op aarde kinders van Afrika. \u00d3ns mag dit vergeet het, maar ons gene het nie.<\/p>\n<p><strong>Saam met die vrystelling van <em>Pad-van-die-maan<\/em> het die bekendmaking van jou blog, <em>Die hart is die meester<\/em>. W<em>oorde van Aleoander, <\/em>gekom. Wat is die verband tussen die twee?<\/strong><\/p>\n<p><em>Pad-van-die-maan<\/em> het my baie bewus van my eie gesprek met my onderbewuste gemaak. Daardie gesprek het my dieper gedwing en laat besef hoe min ek nou eintlik weet. My vrae het tot \u2019n droom gelei het waarin ek duidelik die woorde gehoor het: Die hart is die meester. Ek het die woorde ernstig opgeneem en so het \u2019n nuwe reis begin. Die blog (gaan kyk of teken in by\u00a0<a href=\"https:\/\/leondevilliersskry.wixsite.com\/leondevilliers\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">leondevilliersskry.wixsite.com\/leondevilliers<\/a> ) is venstertjies op daardie reis.<\/p>\n<div id=\"attachment_82005\" style=\"width: 429px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-82005\" class=\"size-medium wp-image-82005\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/3.Eindelose-wonder-419x600.jpg\" alt=\"iers-aleoander-voorbeeld\" width=\"419\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-82005\" class=\"wp-caption-text\">\u2019n Voorbeeld uit Leon se blog &#8220;Die hart is die meester: Woorde van Aleoander&#8221;<\/p><\/div>\n<p><strong>Wie is Aleoander?<\/strong><\/p>\n<p>Aleoander is my naam vir my innerlike gids op hierdie ontdekkingstog van die hart.<\/p>\n<p><em>Pad-van-die-maan<\/em> as e-boek is by Kobo beskikbaar teen R165 en die boek is beskikbaar by Groep-7 uitgewers teen R180.<\/p>\n<p>Bestellings en meer inligting by <a href=\"https:\/\/leondevilliersskry.wixsite.com\/leondevilliers\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">leondevilliersskry.wixsite.com\/leondevilliers<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Leon de Villiers, bekroonde jeugskrywer van boeke soos &#8220;Die Pro&#8221; waarop die gelyknamige 2015-fliek gegrond is, gesels oor sy jongste boek, Pad-van-die-maan, en splinternuwe blog. Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s verskaf <\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":82000,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[99,1393,1815,23450],"class_list":["post-81991","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-verhale","tag-books","tag-skrywers","tag-entertainment"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die bekroonde jeugskrywer Leon de Villiers gesels oor sy jongste boek, Pad-van-die-maan, en splinternuwe blog. Lees ons onderhoud met hom hier:\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die bekroonde jeugskrywer Leon de Villiers gesels oor sy jongste boek, Pad-van-die-maan, en splinternuwe blog. Lees ons onderhoud met hom hier:\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-13T05:00:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-10-09T11:32:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"281\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"446\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers\",\"datePublished\":\"2017-09-13T05:00:44+00:00\",\"dateModified\":\"2017-10-09T11:32:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/\"},\"wordCount\":1221,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"books\",\"skrywers\",\"entertainment\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/\",\"name\":\"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-13T05:00:44+00:00\",\"dateModified\":\"2017-10-09T11:32:43+00:00\",\"description\":\"Die bekroonde jeugskrywer Leon de Villiers gesels oor sy jongste boek, Pad-van-die-maan, en splinternuwe blog. Lees ons onderhoud met hom hier:\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg\",\"width\":281,\"height\":446,\"caption\":\"Pad van die maan Leon de Villiers\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers | rooi rose","description":"Die bekroonde jeugskrywer Leon de Villiers gesels oor sy jongste boek, Pad-van-die-maan, en splinternuwe blog. Lees ons onderhoud met hom hier:","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers | rooi rose","og_description":"Die bekroonde jeugskrywer Leon de Villiers gesels oor sy jongste boek, Pad-van-die-maan, en splinternuwe blog. Lees ons onderhoud met hom hier:","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-13T05:00:44+00:00","article_modified_time":"2017-10-09T11:32:43+00:00","og_image":[{"width":281,"height":446,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers","datePublished":"2017-09-13T05:00:44+00:00","dateModified":"2017-10-09T11:32:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/"},"wordCount":1221,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg","keywords":["verhale","books","skrywers","entertainment"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/","name":"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg","datePublished":"2017-09-13T05:00:44+00:00","dateModified":"2017-10-09T11:32:43+00:00","description":"Die bekroonde jeugskrywer Leon de Villiers gesels oor sy jongste boek, Pad-van-die-maan, en splinternuwe blog. Lees ons onderhoud met hom hier:","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/456847_d28d7fb386c24ef882d3821ae16100b5mv2.jpg","width":281,"height":446,"caption":"Pad van die maan Leon de Villiers"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/20-vrae-aan-die-skrywer-leon-de-villiers\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81991","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81991"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81991\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/82000"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81991"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81991"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81991"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}