{"id":81990,"date":"2017-09-02T16:00:08","date_gmt":"2017-09-02T14:00:08","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81990"},"modified":"2017-09-18T15:00:41","modified_gmt":"2017-09-18T13:00:41","slug":"gladys-cooper-geesdrif-en-talent","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/","title":{"rendered":"Gladys Cooper: Geesdrif en talent"},"content":{"rendered":"<p>Die jaar 1888 was om verskeie redes \u2019n buitengewone jaar: Jack the Ripper het \u2019n skrikbewind in Londen gevoer, die eerste Kodak-kamera is vervaardig en bekendes soos Irving Berlin en T.S. Eliot is gebore. Nog \u2019n besonderse mens wat ook in daardie jaar, op 18 Desember, die eerste lewenslig aanskou het, is die Britse aktrise en model Gladys Constance Cooper. Sy het aan die naam Gladys geen erg gehad nie maar bloot na haarself as G verwys.<\/p>\n<p>Min het Gladys kleintyd gedink sy sou op die verhoog beland. Haar pa, Charles Cooper, was \u2019n joernalis en teaterresensent maar hy het geglo geen respektabele vrou verdien haar geld op die verhoog nie. Haar ma, Mabel, was deeglik bewus van haar dogtertjie se skoonheid en het haar gereeld na W&amp;D Downey se ateljee in Eburystraat, Londen, geneem om afgeneem te word.<\/p>\n<p>Gladys het in haar loopbaan op honderde poskaarte verskyn. Sy was ook in die Eerste W\u00eareldoorlog \u2019n<em> pin-up<\/em>-meisie wat op talle plakkate en poskaarte verskyn het.<\/p>\n<p>Sy het op skool graag aan skoolkonserte deelgeneem. Een van Gladys se skoolmaats was vasbeslote om haar buiging op die Vaudeville-verhoog te maak. Die dag van hul oudisie het die vriendin kop uitgetrek en Gladys het die rol as instaanspeler vir een van die hoofrolle gekry. Maar om bloot \u2019n instaanspeler te wees was nie vir haar goed genoeg nie en toe sy hoor van oudisies vir \u2019n ander rol, is sy daarheen en het die rol gekry.<\/p>\n<p>Sy het haar eerste man, Herbert John Buckmeister, wat \u2019n paar jaar tevore in die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika geveg het, deur haar verhoogoptredes ontmoet. Buckmeister het \u2019n reputasie as dobbelaar gehad en Gladys se pa het die verhouding nie goedgekeur nie. Dit het die twee nie afgeskrik nie en hulle het in die geheim verloof geraak en is op Saterdag 12 Desember 1908 getroud. Gladys se pa het eers \u2019n jaar later weer met haar gepraat.<\/p>\n<p>Oor die troue het Gladys in haar biografie ges\u00ea: \u201cEk weet nie waar ek die moed gekry het om dit te doen nie. Ongelukkig het my pa aan die generasie pa\u2019s behoort wat met die eerste oogopslag nie van hul dogters se k\u00earels hou nie.\u201d<\/p>\n<p>Gladys het aanvanklik hoofsaaklik in musiekblyspele gespeel, al was sy nooit gemaklik daarmee nie. Aan die einde van 1910, met haar eersgebore dogter \u2019n paar maande oud, het sy haar eerste rol in \u2019n drama gekry en het sy die resensente met haar toneelspel verras.<\/p>\n<p>Met die uitbreek van die Eerste W\u00eareld-oorlog is die stuk waarin sy gespeel het, gekanselleer en het sy lid van \u2019n musiek-vari\u00e9t\u00e9 groep geword wat na Frankryk getoer het om die soldate te vermaak. Wat sy nie vermeld het nie, was dat sy toe weer swanger was.<\/p>\n<p>Die oorlogsjare was werklik swaar. Sy moes alleen vir hul kinders Joan en John sorg, en n\u00e1 Buckmeister se terugkeer het hul huwelik boonop verbrokkel. Hul egskeiding is op hul 13de huweliksherdenking voltrek. Gladys het met die kinders en \u2019n hele klein dieretuin, met onder meer \u2019n apie, ponie, koeie, skape en \u2019n slang in \u2019n huis in Surrey ingetrek. Die apie het akteur Gerald du Maurier eenmaal daar aan die vinger gebyt. Hy het ook \u201cbeswaar\u201d gemaak daarteen dat die lelikste diere in Gladys se dieretuin na sy verhoogkarakters vernoem is.<\/p>\n<p>N\u00e1 die sukses van haar rolprent The Bohemian Girl is sy in 1922 vir die eerste keer Amerika toe. Hoewel die promotor Gilbert Miller haar per kabel gewaarsku het oor wat sy te wagte kan wees, kon niks haar voorberei op die ontvangs wat sy in New York gekry het nie. Sy het reeds in Engeland met die akteur Ivor Novello saamgewerk en hy was \u2019n\u00a0kosbare vriend. Hoewel die koerante die twee graag romanties wou verbind, het Ivor nie in die vroulike geslag belang gestel nie.<\/p>\n<p>Tog het dit sy publisiteitsmense gepas om die storie te versprei dat hy smoorverlief was op Gladys, want die publiek sou in 1925 nie gereed gewees het vir sy verhouding met sy sekretaris nie. Ivor was deel van die flambojante verwelkoming in New York se hawe.<\/p>\n<p>In 1924 het sy die kans gekry om die rol van <em>Peter Pan<\/em> te speel in J.M. Barrie se toneelstuk oor die seuntjie wat nooit kon grootword nie. Nes sy alles in haar lewe aangepak het, het sy ook besluit om af te wyk van die standaard-uitbeelding van <em>Peter Pan<\/em> &#8211; wat sedert 1904 deur verskeie aktrises vertolk is. Die getroue <em>Peter Pan<\/em>-bewonderaars het nie ooghare vir Gladys as Peter gehad nie, maar sy het haar nie daaraan gesteur nie.<\/p>\n<p>Gladys se tweede man, sir Neville Pearson, tien jaar jonger as sy, het net voor haar veertigste verjaarsdag op die toneel verskyn. Hulle is in Junie 1928 getroud.<\/p>\n<p>Gladys was in hierdie tyd aan die stuur van sake van The Playhouse-teater naby Charing Cross in Londen. Met haar derde swangerskap het sy vir \u2019n rukkie uit die kollig getree en die teater het in di\u00e9 tyd finansieel erg agteruitgegaan. Haar dogtertjie Sally is in 1930 gebore en was vir haar \u2019n groot vreugde. Gladys het besef sy sal met \u2019n kragtoer moet terugkom om The Playhouse van ondergang te red.<\/p>\n<p>Haar huwelik met sir Neville het ook gesneuwel. Sy het later erken dat seks al band was wat hulle by mekaar gehou het. Sir Neville het jare lank \u2019n front voorgehou maar finansieel het dit nie die las vir Gladys ligter gemaak nie.<\/p>\n<p>By The Playhouse het een na die ander mislukte vertoning vir al meer finansi\u00eble druk gesorg. Selfs \u2019n stuk met \u2019n jong Laurence Olivier daarin het finansieel nie hond haaraf gemaak nie. Die enigste uitweg was om die huur van die teater op te s\u00ea en n\u00e1 sewe jaar het Gladys kop omhoog van The Playhouse weggestap. \u201cWat is daar om depressief oor te voel?\u201d was haar reaksie.<\/p>\n<p>N\u00e1 die mislukking van The Playhouse het sy vir die eerste keer met \u2019n toneelstuk oor die Atlantiese Oseaan getoer. Eers na Kanada en van daar na Broadway. Hier het sy haar derde man, die akteur Phlilip Merivale, ontmoet.<\/p>\n<p>Vir Philip was dit liefde met die eerste oogopslag, al was hy nog getroud en sy vrou sterwend aan kanker. Gladys is saam met Philip en sy siek vrou op \u2019n boot terug Engeland toe. Toe Viva Birkett, Philip se vrou, \u2019n paar weke later sterf, het die twee blitsvinnig bymekaar ingetrek.<\/p>\n<p>Gladys het ware liefde by Philip gevind en hy het die grond aanbid waarop sy geloop het. Hoewel daar baie geskinder is oor die wyse waarop Philip en Gladys bymekaar betrokke geraak het, het \u2019n ander skandaal die skinderstories oor die twee gou laat oorwaai: Edward VIII, die troonopvolger van Engeland, het sy rug na die monargie gedraai en met die geskeide Wallis Simpson getrou. Op 30 April 1937 het Gladys wel Mev. Merivale geword.<\/p>\n<p>Op \u2019n wonderlike manier het haar vriendskap met Gerald du Maurier \u2019n belangrike impak op haar loopbaan gehad. Gladys was ook bevriend met Gerald se dogter, die skrywer Daphne du Maurier, en toe daar \u2019n rolprent van haar trefferboek Rebecca gemaak word, het sy vir Gladys \u2019n rol in die fliek beloof. So het Gladys in Kaliforni\u00eb beland en verlief geraak op die warm seewater, sonskyn en pragtige strande. Hierdie liefdesverhouding sou tot aan die einde van haar lewe duur.<\/p>\n<p>Vir die volgende dertig jaar was Kaliforni\u00eb haar hooftuiste. Ongelukkig het die ateljeebase in Hollywood nooit aan Gladys die respek betoon wat sy verdien het nie. Hulle het eintlik nie \u2019n idee van haar ware talent gehad nie.<\/p>\n<p>Nege jaar nadat sy en Philip getroud is, het hy aan \u2019n harttoestand gesterf. Die einste Philip het eenmaal ges\u00ea: \u201cDis onmoontlik om saam met Gladys te lewe, maar dis net so onmoontlik om sonder haar te lewe.\u201d<\/p>\n<p>In haar sewentigerjare het Engelse regisseurs en vervaardigers Gladys al hoe minder gebruik. Sy was vir te lank weg uit Engeland en die nuwe generasie regisseurs het haar nie goed genoeg geken nie. Nie een van haar laaste drie Londense vertonings het langer as \u2019n maand oorleef nie en ander aktrises van 71 sou dit dalk as \u2019n skimp gesien het, maar nie Gladys nie. Sy het in di\u00e9 tyd aan \u2019n verslaggewer ges\u00ea dat aftrede nie \u2019n opsie is nie. \u201cI have neither the money nor the inclination for it.\u201d Sy het No\u00ebl Coward se siening gedeel om n\u00e1 \u2019n fiasko in die teater na Kaliforni\u00eb weg te seil vir \u2019n bietjie televisiewerk.<\/p>\n<p>In 1966 het sy haar huis aan die Kaliforniese kus verkoop en na haar huis in Henley langs die Teemsrivier teruggekeer. Al het tagtig gewink, het sy steeds in haar afslaankap Thunderbird deur die strate van Henley gejaag, kleinkinders en honde op die agtersitplek. Oor haar bestuursvermo\u00eb is lang debatte gevoer &#8230;<\/p>\n<p>Gladys was nooit bitter oor die ouderdom nie en het ges\u00ea sy wil nie die verwondering oor die lewe en oor alles wat wag, verloor nie, want dis wat haar dryf.\u00a0Haar laaste teaterrol was in <em>The Chalk Garden<\/em>. Sy was byna 83 en siek aan longkanker. Tog het sy geen simpatie verwag nie en die siekte ge\u00efgnoreer. Die stuk sou n\u00e1 die Haymarket-speelvak verder toer, maar in Billingham het sy so siek geword dat sy vervang moes word.\u00a0Sy het in die tyd \u2019n brief geskryf waarin sy vertel het hoe sy n\u00e1 \u2019n motorongeluk met gekraakte ribbes \u00a0gespeel het, hoe sy met \u2019n gebreekte arm gespeel het, hoe een van haar apies haar gebyt het en sy met die seer hand moes speel. Die resensente het na haar as die \u201cYstervrou\u201d verwys. \u201cNou,\u201d skryf sy, \u201chet ek bewys dat selfs yster kan kraak.\u201d<\/p>\n<p>Op 16 November 1971, enkele dae voordat sy 83 sou word, het Gladys Cooper vreedsaam in haar slaap gesterf. Die dag n\u00e1 haar dood is die teaterligte in Shaftesburylaan gedemp, \u2019n eerbewys waarmee minder as ses akteurs en aktrises in die vorige eeu vereer is.<\/p>\n<p>N\u00e1 haar dood is daar vir haar \u2019n gedenkdiens gehou wat onder meer deur dame Sybil Thorndike bygewoon is. N\u00e1 \u00a0die verrigtinge het dame Sybil opgemerk: \u201c<em>What a lovely party, and how very much Gladys would have enjoyed it!<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Tog was die 83 jaar wat haar lewe geduur het, eintlik te kort\u00a0vir iemand soos Gladys wat alles met oorgawe aangepak het.\u00a0As \u2019n spesiale eerbewys het honderde bewonderaars op ou poskaarte met die beeldskone jong meisie voorop, hul boodskappe van verlies en vertroosting geskryf en aan haar adres in Henley gepos.<\/p>\n<p>Nes dame Sybil s\u00ea: Gladys sou baie daarvan gehou het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die Goue Beeldjie<\/h4>\n<p>Gladys is drie keer vir \u2019n <em>Academy Award<\/em> as beste byspeler benoem, maar sy sou nooit die gesogte Oscar vashou nie. Die eerste benoeming was vir die rolprent <em>Now, Voyager<\/em> in 1943 en die volgende jaar vir <em>The Song of Bernadette.\u00a0<\/em>\u2019n Wonderlike geleentheid wat in haar later jare na haar kant gekom het, was die rol van Mrs Higgins, professor Higgins se ma, in die fliek <em>My Fair Lady<\/em>. Die rol het ook aan haar \u2019n Oscar-benoeming besorg maar weer eens was sy nie die wenner nie. Gladys, getrou aan haar aard, het bloot skouers opgetrek en ges\u00ea: \u201c<em>Always the bridesmaid, never the bloody bride.<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Hierdie artikel het oorspronklik in die Maart 2017-uitgawe van <em>rooi rose<\/em> verskyn.<\/p>\n<p>Bron: Gladys Cooper a biography by Sheridan Morley, Heinemann, Londen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Engelse aktrise Gladys Cooper het die lewe en die liefde met oorgawe aangepak. Haar verhoog-, rolprent- en televisieloopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Deur Alita Steenkamp.  <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":83603,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1387,32261],"class_list":["post-81990","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-celebs","tag-biografie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Gladys Cooper: Geesdrif en talent | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die Engelse aktrise Gladys Cooper het die lewe en die liefde met oorgawe aangepak. Haar loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Deur Alita Steenkamp.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gladys Cooper: Geesdrif en talent | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Engelse aktrise Gladys Cooper het die lewe en die liefde met oorgawe aangepak. Haar loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Deur Alita Steenkamp.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-09-02T14:00:08+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-09-18T13:00:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-002.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"351\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"499\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Gladys Cooper: Geesdrif en talent\",\"datePublished\":\"2017-09-02T14:00:08+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-18T13:00:41+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/\"},\"wordCount\":1879,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-002.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"biografie\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/\",\"name\":\"Gladys Cooper: Geesdrif en talent | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-002.jpg\",\"datePublished\":\"2017-09-02T14:00:08+00:00\",\"dateModified\":\"2017-09-18T13:00:41+00:00\",\"description\":\"Die Engelse aktrise Gladys Cooper het die lewe en die liefde met oorgawe aangepak. Haar loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Deur Alita Steenkamp.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-002.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/Beeld-002.jpg\",\"width\":351,\"height\":499,\"caption\":\"Beeld 002\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Gladys Cooper: Geesdrif en talent\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gladys Cooper: Geesdrif en talent | rooi rose","description":"Die Engelse aktrise Gladys Cooper het die lewe en die liefde met oorgawe aangepak. Haar loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Deur Alita Steenkamp.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Gladys Cooper: Geesdrif en talent | rooi rose","og_description":"Die Engelse aktrise Gladys Cooper het die lewe en die liefde met oorgawe aangepak. Haar loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Deur Alita Steenkamp.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-09-02T14:00:08+00:00","article_modified_time":"2017-09-18T13:00:41+00:00","og_image":[{"width":351,"height":499,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-002.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Gladys Cooper: Geesdrif en talent","datePublished":"2017-09-02T14:00:08+00:00","dateModified":"2017-09-18T13:00:41+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/"},"wordCount":1879,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-002.jpg","keywords":["celebs","biografie"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/","name":"Gladys Cooper: Geesdrif en talent | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-002.jpg","datePublished":"2017-09-02T14:00:08+00:00","dateModified":"2017-09-18T13:00:41+00:00","description":"Die Engelse aktrise Gladys Cooper het die lewe en die liefde met oorgawe aangepak. Haar loopbaan het oor meer as sewe dekades gestrek. Deur Alita Steenkamp.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-002.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/Beeld-002.jpg","width":351,"height":499,"caption":"Beeld 002"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/gladys-cooper-geesdrif-en-talent\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Gladys Cooper: Geesdrif en talent"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81990","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81990"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81990\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/83603"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81990"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81990"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81990"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}