{"id":8194,"date":"2014-10-25T10:05:00","date_gmt":"2014-10-25T08:05:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/"},"modified":"2018-04-06T13:05:23","modified_gmt":"2018-04-06T11:05:23","slug":"plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/","title":{"rendered":"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Naam<\/strong><\/span><br \/>\nMichelle Nortje<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Waar ons was<\/strong><\/span><br \/>\nAfrican Pride Irene Country Lodge<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wie almal daar was<\/strong><\/span><br \/>\nMichelle Nortje<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ligging<\/strong><\/span><br \/>\nAfrican Pride Irene Country Lodge is gele\u00eb in Irene, Gauteng<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Soort akkommodasie<\/strong><\/span><br \/>\nLuukse plattelandse lodge met spa<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Tariewe<\/strong><\/span><br \/>\nEksklusiewe aanbod:\u00a0Romantic Rendezvous, Spring into Summer, Family Fun Getaway, Leisure Getaway. Om te bespreek of vir meer inligting, <a href=\"http:\/\/www.irenecountrylodge.co.za\/accommodation\/exclusive-offers\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">besoek hul webblad hier<\/a>.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Atmosfeer<\/strong><\/span><br \/>\nStylvolle, plattelandse gevoel in die hartjie van die stad. Luuksheid in \u2019n ontspanne luim.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wanneer<\/strong><\/span><br \/>\n3 en 4 Oktober 2014<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Waar ons oorgeslaap het<\/strong><\/span><br \/>\nDeluxe King Rooms met patio<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wat het dit onvergeetlik gemaak<\/strong><\/span><br \/>\nDie rustige, plattelandse gevoel in die hartjie van die stad laat jou onmiddellik ontspan. Wanneer jy die groot skuifdeur met dik houtrame in jou kamer ooptrek, op die patio uitstap en kaalvoet op die lowergroen grasperk staan, vergeet jy van alles om jou. Die stilte, die natuur se skoonheid en die plaasdiere wat verlangs wei, bring \u2019n stille vrede in jou gemoed wanneer jy die skoonheid van God se skepping indrink.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/DSCN0187.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong><br \/>\nHistoriese sjarme<\/strong><\/span><br \/>\nAfrican Pride Irene Country Lodge laat jou terugverlang na \u2019n rustige plattelandse lewe. Die 13jaaroue lodge, gele\u00eb langs \u2019n eer en omring deur \u2019n melkplaas en \u2019n gholfbaan, se historiese sjarme maak die ervaring onvergeetlik.<\/p>\n<p>Die Irene-dorpie (gele\u00eb in Centurion), bevat \u2019n eeu se geskiedenis. Die Irene-landgoed is in 1895 gestig en in die jaar 1908 het die voormalige eerste Minister, Generaal Jan Smuts, \u2019n derde van die oorspronklike Doornkloof-plaas (vandag Irene), gekoop.<\/p>\n<p>Vandag is die dorpie die tuiste van African Pride Irene Country Lodge en die Irene-melkplaas wat deur die Van der Byl-familie besit word (reeds in hul vyfde generasie). Die familie was verantwoordelik vir die opbou van die groot trop koeie op die plaas en hulle het ook honderde bome geplant, lank voordat omgewingsbewustheid \u2019n <em>trend <\/em>geword het.<\/p>\n<p>Die gholfbaan, gele\u00eb tussen die melkplaas en die Smuts-huis, is oorspronklik in 1911 deur Bertie van der Byl en Generaal Jan smuts uitgel\u00ea. Vandag is dit steeds een van min gholfbane in Gauteng waar dit voel of jy op \u2019n plattelandse wandeling is.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Luukse slaapplek<\/strong><\/span><br \/>\nDie African Pride Irene Country Lodge is in 1998 geopen en bied vyfster-akkommodasie en onvergeetlike kookkuns. Slegs 25minute se ry van die OR Tambo Internasionale-lughawe, is hierdie die perfekte plek om vir \u2019n naweek weg te breek en asem te skep.<\/p>\n<p>Die lodge bevat 75 luukse kamers, elk ontwerp in moderne-eietydse styl met \u2019n eg Suid-Afrikaanse gevoel van \u2019n plattelandse herehuis. Hierdie luukse kamers is onlangs opgeknap en elkeen bevat sy eie balkon of patio met asemrowende uitsigte oor die meer.<\/p>\n<p>8 Superior King Rooms en 6 Superior Loft Rooms is weggesteek in die natuurlike Camdeboo-woud met \u2019n uitsig oor die pragtige grasgroen weiveld.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Deluxe-1.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong><br \/>\nAnder fasiliteite<\/strong><\/span><br \/>\nProfessionaliteit is \u2019n hooffokus vir die lodge. \u2019n Fynproewerrestaurant, funksie- en trou-fasiliteite, die bekroonde Camdeboo-dagspa asook die nostalgiese Irene-melkplaas oorkant die pad verseker \u2019n wegbreek wat jy nie sommer sal vergeet nie.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Aktiwiteite<\/strong><\/span><br \/>\nWanneer jy die lodge vir \u2019n naweek besoek, maak seker jy ruim tyd in vir al die lekker aktiwiteite wat by die lodge en in die area aangebied word. Besoek die melkplaas, die Smuts House Museum, die Rietvlei-natuurreservaat of speel \u2019n potjie gholf op Irene of Centurion se gholfbane. Een van die area se groot aantreklikhede, die Irene-mark is gele\u00eb op die Smuts House Museum se gronde en bevat meer as 300 stalletjies wat die kreatiewe siel in jou sal aanwakker. Kunstenaars, handwerkers, versamelaars, tuisnywerhede en fynproewers van oor die land heen, is elke tweede en laaste Saterdag van die maand by die mark.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Camdeboo-dagspa<\/strong><\/span><br \/>\nDie dagspa is omsluit deur \u2019n asemrowende tuin en omvou deur enorme eikebome. Rustigheid, saligheid, stilte en vrede is maar \u2019n paar woorde wat die atmosfeer van die spa beskryf. Ek was bederf met \u2019n heerlike kop-, nek- en rugmassering deur \u2019n erapeut wat met die hande van \u2019n engel gebore is. Jy kan nie anders as om ontspanne en verfris daar weg te stap nie.<\/p>\n<p>Die spa bied behandelings aan wat op die vel se reinheid fokus. Organiese velsorg, natuurlike naelpolering en volroom kokonne afkomstig van die Irene-melkplaas se room verseker \u2019n gevoel naby aan die natuur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/Camdeboo-Spa---Main-Entrance.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"325\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong><br \/>\nMaaltye vir \u2019n fynproewer<\/strong><\/span><br \/>\nAs jy lief is vir goeie kos, is daar twee restaurante waaruit jy kan kies \u2013 die Meadow Green en die Camdeboo. Verwag fynproewerdisse met keuses tussen buffet en a la carte.<\/p>\n<p>Een van die lekkerste oomblikke was toe ek \u2019n skemerkelkie geniet het voordat ek vir aandete moes aansit. Doen jouself \u2019nguns en bestel \u2019n glas yskoue vonkelwyn by die Lakeside Lounge. Sit terug in gemaklike, stylvolle stoele en kyk hoe die son oor die meer sak (daar is selfs \u2019n swart swaan of twee wat jou met hul elegante houdings sal hipnotiseer).<\/p>\n<p>Na \u2019n smaaklike ete (van sushi tot beesfilet wat elke smaakklier aanwakker), is die stappie terug na jou kamer een van rustigheid en stilte \u2013 so in die middel van die stad. Slaap sag, word wakker in die rustigheid van die natuur en geniet \u2019n regte plaasontbyt voordat jy elke moontlike aktiwiteit in die area aandurf. Dit is absoluut die moeite werd.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/DSCN0231.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"306\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/DSCN0217.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/div>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong><br \/>\nHet jy geweet?<\/strong><\/span><br \/>\n\u2022 Wanneer die melkplaas se koeie dragtig is, word hulle na die African Pride Irene Country Lodge (oorkant die pad), geskuif om in rustigheid te wei voordat hulle geboorte skenk aan hul pragtige kleintjies.<br \/>\n\u2022 Die lodge huisves meer as 50 vo\u00eblsoorte.<\/p>\n<p>Vir meer inligting, besoek African Pride Irene Country Lodge se webblad by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.irenecountrylodge.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.irenecountrylodge.co.za\/<br \/>\n<\/a>Facebook:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/pages\/African-Pride-Irene-Country-Lodge\/152756454867703?fref=ts\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.facebook.com\/pages\/African-Pride-Irene-Country-Lodge\/152756454867703<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/DSCN0194.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Naam Michelle Nortje Waar ons was African Pride Irene Country Lodge Wie almal daar was Michelle Nortje Ligging African Pride Irene Country Lodge is gele\u00eb in Irene, Gauteng Soort akkommodasie Luukse plattelandse lodge met spa Tariewe Eksklusiewe aanbod:\u00a0Romantic Rendezvous, Spring [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":15866,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[3,4,2892,2893],"class_list":["post-8194","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-rooi-rose-reis","tag-reis-in-sa","tag-platteland","tag-african-pride-irene-country-lodge"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Naam Michelle Nortje Waar ons was African Pride Irene Country Lodge Wie almal daar was Michelle Nortje Ligging African Pride Irene Country Lodge is gele\u00eb in Irene, Gauteng Soort akkommodasie Luukse plattelandse lodge met spa Tariewe Eksklusiewe aanbod:\u00a0Romantic Rendezvous, Spring [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-10-25T08:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-06T11:05:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014102510510.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"480\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad\",\"datePublished\":\"2014-10-25T08:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T11:05:23+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/\"},\"wordCount\":912,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014102510510.jpg\",\"keywords\":[\"rooi rose reis\",\"reis in sa\",\"platteland\",\"African Pride Irene Country Lodge\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/\",\"name\":\"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014102510510.jpg\",\"datePublished\":\"2014-10-25T08:05:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-06T11:05:23+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014102510510.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014102510510.jpg\",\"width\":640,\"height\":480},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad | rooi rose","og_description":"Naam Michelle Nortje Waar ons was African Pride Irene Country Lodge Wie almal daar was Michelle Nortje Ligging African Pride Irene Country Lodge is gele\u00eb in Irene, Gauteng Soort akkommodasie Luukse plattelandse lodge met spa Tariewe Eksklusiewe aanbod:\u00a0Romantic Rendezvous, Spring [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-10-25T08:05:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-06T11:05:23+00:00","og_image":[{"width":640,"height":480,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014102510510.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad","datePublished":"2014-10-25T08:05:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T11:05:23+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/"},"wordCount":912,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014102510510.jpg","keywords":["rooi rose reis","reis in sa","platteland","African Pride Irene Country Lodge"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/","name":"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014102510510.jpg","datePublished":"2014-10-25T08:05:00+00:00","dateModified":"2018-04-06T11:05:23+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014102510510.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014102510510.jpg","width":640,"height":480},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/plattelandse-luuksheid-in-die-hartjie-van-die-stad\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Plattelandse luuksheid in die hartjie van die stad"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8194","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8194"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8194\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/15866"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8194"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8194"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8194"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}