{"id":81793,"date":"2024-07-31T15:57:58","date_gmt":"2024-07-31T13:57:58","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=81793"},"modified":"2024-07-31T16:01:33","modified_gmt":"2024-07-31T14:01:33","slug":"5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/","title":{"rendered":"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie"},"content":{"rendered":"<h4>1. Nie geluk nie, maar groei<\/h4>\n<p>\u201c<em>Marriage is not meant to make you happy; it\u2019s meant to make you grow<\/em>.\u201d S\u00f3 het dr. John Demartini, bekende Amerikaanse inspirasiespreker en skrywer van onder meer <em>The Heart of Love<\/em> (Hay House, 2007), een van my gevestigde oortuigings by \u2019n seminaar aangevat. Ek was oombliklik omgekrap. Trou jy dan nie om gelukkiger te wees, om iemand te h\u00ea wat jou kan aanvul en voltooi nie?<\/p>\n<p>Mettertyd het ek besef wat hy bedoel. Om te verwag dat jou huwelik(smaat) net geluk sal bring, is onrealisties. Die lewe bestaan uit oppe en affe; ons is op aarde om lig \u00e9n donker te ervaar.<\/p>\n<p>Daarby deug dit nie om iemand anders vir jou geluk verantwoordelik te hou nie. Jy is die een wat die keuses maak, ook oor hoe jy op jou omstandighede reageer. Dis menslik om soms soos \u2019n slagoffer te voel, maar volwassenheid veronderstel verantwoordelikheid vir jouself. En die huwelik is \u2019n uitstekende leerskool vir di\u00e9 soort ding.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>Volwassenheid veronderstel verantwoordelikheid vir jouself<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wanneer jou maat jou knoppies druk, kan jy reageer deur te wonder watter miskende deel van jou nou onder jou aandag kom. Nes die werklikheid bestaan elkeen van ons uit donker \u00e9n lig. Ons is konsensieus \u00e9n laks, vrygewig \u00e9n suinig &#8211; hang net af op watter gebied: fisiek, finansieel, dalk emosioneel.<\/p>\n<p>Dis nuttig om jou maat se optrede in di\u00e9 lig te herinterpreteer: wat is dit wat my ontstel, en waar doen ek dit op my beurt? Tree hy ongevoelig teenoor \u2019n bedelaar op, is \u00e9k dalk ongevoelig teenoor myself. Is hy te trots om ander se wenke te aanvaar, is \u00e9k dalk te trots om God om hulp te vra. Ek kom agter ons is ewe feilbaar. Ons het iets gemeen.<\/p>\n<p>Hierdie spie\u00ebloefening kan \u2019n reusekopskuif verg, maar hou die fokus waar dit hoort: op my en op my groei. Dis dalk \u2019n steiler pad, maar een waarop ek teleurstelling en irritasie kreatief tot selfkennis en \u2019n ryper menswees kan omvorm.<\/p>\n<p>Dis ook waar dat ek eienskappe wat ek in my maat bewonder in \u2019n ander gestalte in myself kan ontdek, maar dis \u2019n storie vir \u2019n ander keer \u2026<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/is-jy-regtig-gereed-om-te-trou\/\">Is jy regtig gereed om te trou?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. N\u00e1 magnetisme kom die magstryd<\/h4>\n<p>Ai &#8211; hoekom gaan die euforiese fase van verliefwees so gou verby? Een oomblik loop jy nog kop in die wolke met jou volmaakte maat aan die hand terwyl jy \u2019n goedvoelhormoon so kragtig soos koka\u00efen afskei, en die volgende ervaar jy onttrekkingsimptome. Skielik het jou maat foute! Jy skynbaar ook.<\/p>\n<p>Volgens Imago-verhoudingsterapiekenners is dit presies wat veronderstel is om te gebeur, weer eens in die naam van groei.<\/p>\n<p>Van kleins af word ons deur interaksie met ons ouers gevorm. Omdat hulle onvolmaak is, word ons verwond. Later word ons aangetrek deur iemand met dieselfde eienskappe as ons ouers; ons onbewuste herskep as\u2019t ware die oorspronklike scenario sodat ons di\u00e9 keer die probleemkwessies kan oplos.<\/p>\n<p>So kan \u2019n man wat kleintyd met ouerbetrokkenheid oorlaai is, trou met \u2019n vrou wat meestal aan haarself oorgelaat is. As volwassene het hy baie alleentyd nodig, terwyl sy angstig voel as sy alleen gelaat word. Hy ervaar haar as klouerig; sy sien hom as afsydig.<\/p>\n<p>Die wonder is dat albei se wonde geheel kan word deur die situasie te verstaan en te strek om in hul maats se behoeftes te voorsien. As hy doelbewus probeer om haar tegemoet te kom, leer hy om emosioneel toegankliker te raak. Deur hom doelbewus ruimte te gun, raak sy onafhankliker. Elkeen word \u2019n heler mens. Die bewuste verhouding word die terapie.<\/p>\n<p>Imago-verhoudingsterapie rus paartjies met doeltreffende kommunikasie- en ander hulpmiddels toe en verg uiteraard toewyding en geduld. Tog is dit gerusstellend om te weet die magstryd is \u2019n normale fase wat verliefdheid in deurleefde liefde kan help verander.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/grimeerwenke-vir-jou-troudag\/\">Grimeerwenke vir jou troudag<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Jou alles-in-een maat is \u2019n mite<\/h4>\n<p>As jy verlief is, kan die res van die w\u00eareld maar vergaan &#8211; behalwe di\u00e9 elemente wat gekookte etes en skoon klere verskaf. Wanneer jou geliefde daar is, loop jou beker oor. Julle doen alles saam.<\/p>\n<p>Tot jy op \u2019n dag dowwe kolle in jou droom ontdek. Hy lees nie meer jou diep gedigte nie. Die chick fliek laat hom koud. Dis \u2019n teken om weer balans in jou lewe te bring.<\/p>\n<p>\u2019n Huwelik kry swaar wanneer een maat dink dat sy maat se liefde al is wat hy nodig het. Dan neem di\u00e9 maat simbolies die rol van die ouer oor, verduidelik dr. John Townsend in <em>Leef in liefde<\/em> (Struik Christelike Boeke, 2009). \u201cJulle het ander bronne van liefde ook nodig vir passie in jul verhouding, anders sal die een die ander versmoor. Dit help om drie stelle goeie, deernisvolle vriendskappe te h\u00ea: joune, myne en ons s\u2019n.\u201d<\/p>\n<p>In<em> The Heart of Love<\/em> maak dr. Demartini die ongewone stelling dat jou geesgenoot in elk geval 24 uur per dag, sewe dae per week rondom jou is. Om dit te toets, kan jy die volgende oefening probeer:<\/p>\n<p>\u2022 Maak \u2019n lys van wat jy in jou geesgenoot soek. Skryf elke eienskap neer.<br \/>\n\u2022 Kyk nou waar en deur wie elke kenmerk reeds in jou lewe gestalte vind. Wie is lewenslustig, kreatief, suksesvol, of laat jou lag?<br \/>\n\u2022 As jy aanhou soek, sal jy agterkom watter vriend, kollega, familielid of kli\u00ebnt &#8211; of boek, fliek of dagdroom &#8211; hierdie eienskap in jou lewe indra. Jy het reeds alles wat jy begeer.<br \/>\n\u2022 As dit vir jou na skrale troos klink, kan jy s\u00f3 daarna kyk: wat sou jy op die lange duur verkies: een allesomvattende verhouding, of \u2019n ryke ervaring van baie mense, dinge en plekke?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. Ek verstaan hom nie!<\/h4>\n<p>Dis nie ongewoon om een oggend wakker te word en te wonder wie die vreemdeling in jou bed r\u00e9gtig is nie. Sy optrede maak net nie sin nie. En jy was onder die indruk jy weet hoe sy kop werk \u2026<\/p>\n<p>Die enigste betroubare voorspelling wat jy ooit oor ander kan maak, is dat hulle aan hul waardes getrou sal wees, beweer dr. Demartini. \u201cWaardes\u201d hou hier eerder verband met dit wat belangrik is as dit wat reg en verkeerd is.<\/p>\n<p>Dr. Demartini onderskei sewe waardevelde: spiritueel, intellektueel, loopbaan, finansieel, familie, sosiaal en fisiek. Elkeen van ons lys hierdie velde in \u2019n spesifieke volgorde.<\/p>\n<p>Ons lewe wys wat voorop staan &#8211; dit waaroor ons die meeste dink, droom en praat, waarmee ons ons ruimte vul en waaraan ons tyd, geld en energie bestee.<\/p>\n<p>Rangskik gerus jou en jou maat se velde van belangrik na minder belangrik. Nie net maak voorkeure en besluite skielik meer sin nie, maar jy het nou \u2019n kragtige instrument om doeltreffend met jou maat te kommunikeer. Die geheim is om jou hoogste waardes in terme van syne oor te dra.<\/p>\n<p>Gestel jou topprioriteit is familie, en syne intellektueel. Sodra hy voel jy gee te veel aandag aan die kinders, kan jy hom daaraan herinner dat dit hom ekstra tyd gee om interessanthede op die Internet op te soek. Di\u00e9 kuns word breedvoerig in <em>The Heart of Love<\/em> bespreek.<\/p>\n<p>As jy moedeloos wonder hoe twee mense wie se waardes soveel verskil, na aan mekaar kan bly, is hierdie oefening vir jou:<\/p>\n<p>Skryf jou vyf belangrikste waardevelde neer, en sy topvyf langsaan. Lys minstens vyf maniere waarop jou maat se boonste waarde jou help om jou hoogste prioriteit te vervul. Druk deur as dit moeilik voel! Lys nou vyf maniere waarop jou boonste waarde h\u00f3m help om sy prioriteit te vervul. Herhaal die proses vir die ander vier items op elkeen se lys.<\/p>\n<p>Di\u00e9 bedrieglik eenvoudige oefening herbedraad jou brein en open \u2019n nuwe deur tot kommunikasie en intimiteit. Omdat ons waardes kan verander, is dit goed om dit elke kwartaal te herhaal.<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/takel-die-finansies-voor-julle-trou\/\">Takel die finansies voor julle trou\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Die liefdesvuur verflou<\/h4>\n<p>Al lyk dit aanvanklik onwaarskynlik, kom daar \u2019n dag dat jy jou skaars aan jou man steur as hy stomend uit die stort kom, of dat hy &#8211; al is jy hoe skraps geklee &#8211; kwalik \u2019n wenkbrou lig.<\/p>\n<p>Seks eb en vloei in langtermynverhoudings. Afgesien van oorsake soos gesondheidsprobleme, kinders wat aandag verg, moegheid, werk- of finansi\u00eble druk, onverwerkte trauma of onopgeloste verhoudingskwessies, is daar ook \u2019n dieper dinamiek.<\/p>\n<p>Waardevervulling &#8211; om te voel jou waardes word raakgesien en in ag geneem &#8211; speel \u2019n groot rol in seksuele vervulling, s\u00ea dr. Demartini. Daarby kan jy die ruimte tussen julle verryk deur dit vir jou maat veilig te maak om te s\u00ea en te leef wie hy is. Dit vra \u2019n nieveroordelende houding.<\/p>\n<p>Hoe beter jy jou eie skadukant ken en integreer, hoe minder sal jou maat se \u201cfoute\u201d jou pla. Dr. Demartini se boek <em>The Breakthrough Experience<\/em> (Hay House, 2002) is \u2019n stap vir stap innerlike transformasieproses wat jy tuis as selfhelpmiddel kan gebruik. Jy kan ook \u2019n naweekwerkwinkel bywoon<\/p>\n<p>Eienskappe van jou maat (of jouself) wat seksuele vervulling kortwiek, kan deur di\u00e9 proses geneutraliseer word. Dieselfde geld \u2019n ongelyke verhouding in terme van eiewaarde.<\/p>\n<p>Dikwels het een maat &#8211; s\u00ea maar die vrou &#8211; op een of meer gebiede min eiewaarde, terwyl haar man homself oorskat. \u201cHulle begin dan bekende rolle speel, soos ouer en kind of die een wat beheer en die een wat beheer word,\u201d skryf dr. Demartini in <em>The Heart of Love<\/em>. \u201cHoe groter die magsverskil, hoe meer demp dit die liefdeslus. Wie wil met hul pa of ma getroud wees?\u201d Di\u00e9 situasie moet bewustelik hanteer word.<\/p>\n<p>\u2019n Gulde re\u00ebl is om doelbewus jou potensiaal in elke waardeveld te ontwikkel. Dit maak jou \u2019n aantrekliker mens, en sommer ook interessanter vir jouself!<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vir-ewig-en-altyd\/\">Vir ewig en altyd? L\u00ea die fondament vir \u2019n gelukkige huwelik<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vraag aan lesers: Is of was jy getroud, en indien wel, vir hoe lank? Wat het jy n\u00e1 die troue oor die huwelik agtergekom waarop jy glad nie voorbereid was nie?<\/h4>\n<p><strong>Herine Fourie<\/strong><br \/>\nEk is 34 jaar lank met my tweede man getroud. My eerste huwelik het n\u00e1 twee jaar op die rotse geloop. Met my eerste huwelik het ek met \u2019n skok ontdek dat ek met \u2019n man getrou het wat dieselfde eienskappe as my pa gehad het.\u202fEk was lief vir my pa, maar blind vir die feit dat my ma \u2019n sielsongelukkige mens was.\u202fEk het eers later die volgende geleer:<\/p>\n<p>1. Hoe swaar die verantwoordelikheid van \u2019n gesin op \u2019n vrou se skouers rus.\u202fDit klink romanties om te trou en \u2019n baba of twee te h\u00ea. Maar babas bly nie lank babas nie &#8211; \u202fbinne \u2019n paar jaar is hulle groot en begin die harde werk wat lewenslank duur.<br \/>\n2. \u2019n Mens verander namate jy ouer en meer volwasse word. Met die jare ontdek jy dat julle nie meer dieselfde mense is as die twee wat destyds met mekaar getrou het nie.<br \/>\n3. Die huwelik is geen waarborg vir lewenslange geluk nie. D\u00ede moet jy in jouself ontdek.<\/p>\n<p><strong>Caren Kretsman<\/strong><br \/>\nEk is twee jaar gelede geskei n\u00e1 \u2019n huwelik van twaalf jaar. Ek het besef dat \u2019n geesgenoot nie noodwendig \u2019n troumaat is nie, want die invloed van jou vormingsjare is \u2019n groot skakel in die keuses wat jy in jou volwasse lewe maak. Jy moet eers jouself kan liefh\u00ea voordat jy liefde aan \u2019n ander kan betoon.<\/p>\n<p><strong>Cleona Goosen<\/strong><br \/>\nEk is agtien maande lank getroud.\u202fDaar is baie huwelikskwessies waarvan ek eers n\u00e1 die troue bewus geword het, maar een van die belangrikste is dat jou liefde elke dag groei en jy elke dag aan jou verhouding moet werk. Met die ekonomiese krisis op ons voorstoep is dit moeilik om kop bo water te hou. Spanning kan jou maklik kop laat verloor en selfs daartoe lei dat elkeen sy frustrasies op die ander uithaal. Daarom moet jy naby God en mekaar leef! Die lewe is wreed, maar liefde oorwin alles.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/n-fotograaf-se-wenke-vir-jou-troudag\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">\u2019n Fotograaf se wenke vir jou troudag<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Watter voornemende bruid met \u2019n kop vol kant, kleurkombinasies en kapelkeuses wil hoor dat daar beproewings anderkant die kansel wag? vra Mariette Snyman. Elke bruid hoop immers heimlik dat h\u00e1\u00e1r verhouding die uitsondering sal wees. Maar vir die wis en die onwis het sy raad vir vyf van daardie senutergende huwelikskwessies wat jou liefdesgeluk kan steel. Foto Pexels. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":146867,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[46,135,1112,1515,27480,30971],"class_list":["post-81793","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-raad","tag-verhoudings","tag-tussen-ons","tag-trou","tag-advice","tag-wedding"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Bruide: hier is raad vir vyf kwessies wat jou liefdesgeluk kan steel wat eers na die troue kan kop uitsteek. Deur Mariette Snyman.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bruide: hier is raad vir vyf kwessies wat jou liefdesgeluk kan steel wat eers na die troue kan kop uitsteek. Deur Mariette Snyman.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-07-31T13:57:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-07-31T14:01:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie\",\"datePublished\":\"2024-07-31T13:57:58+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-31T14:01:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/\"},\"wordCount\":1994,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg\",\"keywords\":[\"raad\",\"Verhoudings\",\"tussen ons\",\"trou\",\"advice\",\"wedding\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/\",\"name\":\"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg\",\"datePublished\":\"2024-07-31T13:57:58+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-31T14:01:33+00:00\",\"description\":\"Bruide: hier is raad vir vyf kwessies wat jou liefdesgeluk kan steel wat eers na die troue kan kop uitsteek. Deur Mariette Snyman.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/07\\\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie | rooi rose","description":"Bruide: hier is raad vir vyf kwessies wat jou liefdesgeluk kan steel wat eers na die troue kan kop uitsteek. Deur Mariette Snyman.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie | rooi rose","og_description":"Bruide: hier is raad vir vyf kwessies wat jou liefdesgeluk kan steel wat eers na die troue kan kop uitsteek. Deur Mariette Snyman.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-07-31T13:57:58+00:00","article_modified_time":"2024-07-31T14:01:33+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie","datePublished":"2024-07-31T13:57:58+00:00","dateModified":"2024-07-31T14:01:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/"},"wordCount":1994,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg","keywords":["raad","Verhoudings","tussen ons","trou","advice","wedding"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/","name":"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg","datePublished":"2024-07-31T13:57:58+00:00","dateModified":"2024-07-31T14:01:33+00:00","description":"Bruide: hier is raad vir vyf kwessies wat jou liefdesgeluk kan steel wat eers na die troue kan kop uitsteek. Deur Mariette Snyman.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/pexels-jeremy-wong-382920-1043902.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/5-dinge-wat-niemand-jou-vertel-voor-jy-trou-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81793","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=81793"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/81793\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/146867"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=81793"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=81793"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=81793"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}